|
NG Kerk in Oos-Kaapland
Aansoeke vir
Ringsprojekfondse : 2009-10
Tuisblad
- Ringe
- Ringsprojekte
2010-11
Riglyne: Begrotingstoekenning vir
Ringsprojekte
Hantering van Projekaansoeke deur die SK
en Administratiewe Handleiding
Aanbeveling van die SK-Dagbestuur aan die Sinodale Kommissie in sitting
op 27 November 2008
Goedgekeurde Projekaansoeke vir
2009/2010
NG Kerk in Oos-Kaapland
Opsomming van Bedrae Goedgekeur deur die
Sinodale Kommissie vir Ringsprojekte
2009 tot 2010
(27 November 2009)
Bedrag beskikbaar:
R830,129
Nota:
1. Klik op die titel van elke projek om
die volledige aansoek te besigtig.
2. Waar daar 'n 0-syfer met 'n asterisk verskyn (*), staan
goedkeuring oor tot in Februarie 2009 omdat motivering waarvoor gevra is
nie ontvang / nie betyds ontvang is nie. Die asterisk (*) dui aan dat
die syfer kan verander. Projekte 1.5 (R12,000) en 10.10
(R12,000) word hierdeur geraak.
| 1. ALBANIE |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 1.1
Vorming van Spiritualiteit |
Ds LR Swanepoel |
Spiritualiteitsvorming,
ontwikkeling van prediking, liturgie, musiek, stilte en gebed; verstaan
van die konteks waarbinne die Woord gebring word, en aktivering
van die amp van gelowige. |
14,000 |
14,000 |
14,000 |
| 1.2
A-Z Beleid |
Ds G Olivier |
Gee uitvoering aan A tot
Z-Beleid vir versorging van ring se predikante en emeriti dmv 'n
predikante retraite wat oor 3 dae strek |
8,500 |
8,500 |
8,500 |
| 1.3
Transkei- uitreik en Bybelverspreiding |
Mnr Izak Kleyn |
Uitreik in 2009 na
gemeente Lusikisiki / Bambisana in Transkei, Bybelverspreiding aldaar,
en die vestiging van 'n landwye vennootskap om die bediening in die
vakante gemeente te ondersteun |
126,000 |
126,000 |
15,000 |
| 1.4
Bemagtiging van gemeentes |
Ds F Louw |
Om die jeug van alle
bevolkingsgroepe (swart, wit, bruin) te bereik dmv plaaslike uitreike in
die ringresort. Verdiep jeugbediening. Help gemeentes om die grens na
die jeug oor te steek |
47,000 |
47,000 |
0 |
| 1.5
Finansiële hulp NGK Fort Beaufort |
Ds F Terblanche |
Om die NGK Fort-Beaufort
finansieel te help oor 'n tydperk van 3 jaar: 2009 - R36,000; 2010 -
R24,000; 2011 - R12,000 |
36,000 |
36,000 |
0* |
| SUBTOTAAL 1 |
|
|
231,500 |
231,500 |
37,500 |
| 2. ALGOA |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 2.1
Vennootskap van Gestuurde Gemeentes |
Ds J Kampman |
Lidmaatskap van die
Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes;
Subsidieer program van "Doelgerig deur die Bybel in 40 dae" |
18,000 |
18,000 |
10,000 |
| 2.2
Bybelvertaling |
Dr G Olivier |
Vertaling van die Ou
Testament in Makhua Xirima, 'n taal van Noord-Mosambiek. R51,600 word
uit eie fondse gedra, subsidie word gevra. |
61,600 |
10,000 |
10,000 |
| 2.3
Vrouebamagtiging PE-Noord |
Ds J van der Westhuizen |
Bemagtig PE-Noord se vroue
en vroue uit die gemeenskap om met waardigheid en selfvertroue vrou,
moeder en vriend te wees, en selfgeldend op te tree. |
16,000 |
12,800 |
12,800 |
| 2.4
Bediening skoolgaande jeug - PE-Noord |
Ds J van der Westhuizen |
Ondersteun NGK PE-Noord in
geestelike werk onder skoolgaande jeug in die Ferguson, Sidwell en
Marais-woonbuurte. Sluit geestelike bediening en voedingskema in |
31,800 |
25,440 |
25,000 |
| 2.5
Betaling van Sinodale Dankoffers |
Ds J van der Westhuizen |
Ondersteun NGK PE-Noord
(4,554) en NGK Grasvoëlkop (5,344) om hul sinodale dankoffers te kan
betaal |
9,898 |
9,898 |
9,898 |
| 2.6
Versorgingsoorde Voorskoolse Oorde |
Ds MH Langenhoven |
Finansiële ondersteuning
aan twee ongesubsidieerde versorgingsoorde (Ilinge Creche en Gloria Deo
Day Care Centre) vir voorskoolse kinders in samewerking met VGK en CMR |
158,100 |
158,100 |
0 |
| 2.7
Besoek Spreker Veritas College |
Ds C Crouse |
Besoek van Emad Sami,
Direkteur Veritas College Noord-Afrika Midde Ooste (NAMO) aan SA
in Junie/Julie 2009. Dit sal praktiese betrokkenheid van gemeentes in
NAMO bevorder, asook by die Veritas Kollege. Groter bewussyn van die
geestelike nood van Moslems en bedreiging van Islam. |
15,000 |
15,000 |
10,000 |
| 2.8
VBO-Program |
Ds J van der Westhuizen |
Om gemeenteleraars van
veral die noordelike voorstede van PE finansieel te ondersteun tov die
VBO-program. |
3,000 |
3,000 |
3,000 |
| 2.9
Finansiële
hulp PE-Noord |
Ds J Kampman |
Om die gemeente, wie se
finansiële posisie die afgelope 5 jaar dramaties verbeter het, te help om
haar oortrokke rekening af te los. |
55,000 |
55,000 |
0 |
| SUBTOTAAL 2 |
|
|
368,398 |
307,238 |
80,698 |
| 3. BURGERSDORP |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 3.1
Theophostic Gebedsbediening |
Ds F Greeff |
Opleiding van 'n
fasiliteringspan om lidmate dmv die Theophostic Gebedsbediening te
begelei |
24,240 |
24,240 |
16,540 |
| 3.2
Kingfisher Mobilisering |
Ds F Greeff |
Leraars en gemeenteleiers
word deur die Kingfisher-program opgelei om dissipelmakers te wees met
die uiteindelike doel 'n gestuurde gemeente |
21,010 |
21,010 |
21,010 |
| 3.3
Communitas-opleiding |
Ds DH Davel |
Die aanbieding van die
Commnunitaskursus in Geloofsonderskeiding |
24,000 |
24,000 |
14,000 |
| 3.4
Missie
Japan |
Ds AC van der Westhuizen |
Bewusmaking en
ondersteuning van Missie Japan se werk in die Ringe van Burgersdorp,
Dordrecht en wyer Noord-Oos Kaap / Suid-Vrystaat |
5,000 |
5,000 |
5,000 |
| 3.5
Leierskapsontwikkeling |
Ds AC van der Westhuizen |
Leiers en lidmate word
gehelp om te groei in die proses van eenheids, herstel van verhoudinge
en geloofsonderskeiding. Betrek ook
die VGK en gemeenskapsleiers - gebruik Communitas se
Geloofsonderskeidingskursus en fasilitering. |
14,000 |
14,000 |
0 |
| SUBTOTAAL 3 |
|
|
88,250 |
88,250 |
56,550 |
| 4. CRADOCK |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 4.1
Bedieningshulp NGK Noupoort |
Ds JN Taljaardt |
Befondsing van 'n gedeelte
van die bediening in NGK Noupoort |
10,000 |
10,000 |
10,000 |
| 4.2
Leierskapsopleiding in Mosambiek |
Ds AA Terblanche |
Aanbied van
leierskapsopleiding in Mosambiek volgens Veritas program, versterk
leierskap in Luia-gemeente |
6,000 |
6,000 |
6000 |
| 4.3
Evangelisasie-uitreik Luia Mosambiek |
Ds EGJdeG Schutte |
Bediening van die
evangelie aan mense in die Luia-omgewing in Mosambiek, dmv 'n
korttermyn-uitreik vanuit Cradock. Eie fondse word ingesamel. |
90,000 |
15,000 |
15,000 |
| 4.4
Skuiling
vir Haweloses |
Ds EGJdeG Schutte |
Bied 'n nagskuiling aan
haweloses aan - 'n gesamentlike projek van die 5 NGK Familiegemeentes te
Cradock |
240,000 |
10,000 |
10,000 |
| 4.5
Gesamentlike Ringsbyeenkoms Kerkfamilie |
Ds EGJdeG Schutte |
'n Parallelle
ringsbyeenkoms vir die Familie van NG Kerke in die ringsgebied.
Ringsgemeentes neem verantwoordelikheid vir 'n gedeelte van die koste. |
10,000 |
10,000 |
10,000 |
| 4.6
Gestremde
leerders |
Mnr H van Zyl |
Ondersteun die Cradock Leerders
met Spesiale Behoeftes - Sentrum wat op 1 Mei 2008 begin is.
Cradock-gemeentes en gemeenskap maak 'n groot bydrae. |
160,000 |
9,000 |
9,000 |
| 4.7
Retraite vir Ringspredikante |
? |
'n Retraite vir
ringspredikante om hulle te laat ontspan in God se teenwoordigheid en
toe te rus vir die uitdagings van die bediening. Ook bydrae uit die
ringsgemeentes |
10,000 |
10,000 |
10,000 |
| SUBTOTAAL 4 |
|
|
526,000 |
70,000 |
70,000 |
| 5. DORDRECHT |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 5.1
Retraite vir Ringsleraars |
Ds WA van Zyl |
Ringsretraite vir 6 leraars en hul gades |
8,700 |
8,700 |
8,700 |
| 5.2
Vestiging van Kerkkantoor vir NGK Indwe |
Ds WA van Zyl |
Vestiging van 'n kerkkantoor twv
aanstelling van 'n gemeentebestuurder. Weens finansiële onvermoë het die
gemeente nie 'n kerkkantoor, en ly gevolglik skade. Projek behels 'n
rekenaar en sagteware |
10,800 |
10,800 |
5,000 |
| 5.3
Voortgesette Bedieningsontwikkeling |
Ds WA van Zyl |
Hulp aan gemeentes sodat hul leraars aan
die VBO-program kan deelneem (Ugie, Maclear, Umtata) |
6,000 |
6,000 |
6,000 |
| 5.4
Ringsretraite vir Leraars en kerkraadslede |
Ds C Thomas |
Ringskerkraadretraite. Leraars en
kerkraadslede, 20 persone |
9,400 |
9,400 |
9,400 |
| 5.5
Barmhartigheidsprojek vir Sinethemba |
Ds W Botes |
Huisvesting vir 52 kinders te Sinethemba
Sentrum vir Spesiale Vaardighede vir verstandelike en fisies-gestremde
kinders word tans opgerig. Geute word benodig om water op te vang vir
die huis. |
12,475 |
12,475 |
0 |
| 5.6
Bekendstelling van SAVGG |
Dr J Richter |
Verandering van gemeentekulture om na
buite gekeerd te lewe met 'n getuienis teenoor die konteks dmv die SAVGG
- bekendstelling van die werk en metode van die SAVGG in buurgemeentes.
Sluit Barkly-Oos se ledegeld van die SAVGG in. |
10,200 |
10,200 |
10,200 |
| 5.7
Opleiding van lidmate in bedieningshulp |
Dr J Richter |
Opleiding van lidmate in veral Elliot en
Indwe om bedieningshulp te lewer. |
8,500 |
8,500 |
8,500 |
| 5.8
Voltooiing VGK Kerkgebou Dordrecht |
Ds J Marais |
'n Sinkdak vir die VGK Dordrecht word
tans met sinodale fondse opgerig. Nou word die gooi van 'n sementvloer
benodig. |
41,040 |
10,000 |
0 |
| 5.9
Gesamentlike Ringsbyeenkoms met VGK |
Ds W Schoeman |
'n Gesamentlike ringsbyeenkoms van die
ringe van die VGK in die Transkei en die Ring van Dordrecht ten einde
verhoudinge te bou. |
8,000 |
8,000 |
8,000 |
| 5.10
Kamp
vir koshuiskinders |
Ds W Schoeman |
Kamp saam met koshuiskinders,
ervaringsleer-beginsels word gebruik om Bybelse beginsels te ontdek -
kinders uit Ringe van Dordrecht en Burgersdorp |
15,000 |
15,000 |
10,000 |
| SUBTOTAAL 5 |
|
|
130,115 |
99,075 |
65,800 |
| 6. GRAAFF-REINET |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 6.1
Bedieningsopleiding van lidmate |
Ds A Liebenberg |
Opleiding van lidmate vir
prediking en pastorale versorging |
12,100 |
12,100 |
12,000 |
| 6.2
VBO en ander
opleiding vir leraars |
Ds M van der Spuy |
VBO vir ringsleraars |
14,000 |
14,000 |
12,000 |
| 6.3
Gesamentlike
ringsitting met VGK |
Ds M van der Spuy |
Om 'n gesamentlike
ringsitting met die VGK te hou |
6,500 |
6,500 |
6,500 |
| 6.4
Mentorskap,
induksie en brugpredikante |
Ds A Beyers |
Om leraars op te lei vir
mentoraatskap, induksie en as brugpredikante |
16,500 |
16,500 |
16,500 |
| 6.5
Retraite vir
predikante |
Ds JEW Esterhuysen |
Om 'n ringsretraite vir
leraars te hou |
4,000 |
4,000 |
4,000 |
| SUBTOTAAL 6 |
|
|
53,100 |
53,100 |
51,000 |
| 7. HUMANSDORP |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 7.1
Vrouebemagtiging Oos-Kaapland |
Me C Higgs |
Rus die vroue van die
Oos-Kaap toe en bemagtig hulle deur 'n naweekkamp, "Dress to kill". |
15,000 |
14,800 |
14,800 |
| 7.2
Byeenkoms vir emeriti en sendelinge |
Me M Smith |
'n Projek gerig op alle
emeriti en afgetrede sendelinge in die Oos-Kaap, met die oog daarop om
waardering te betuig vir hul diens. 'n Byeenkoms van 3 ure met Kobus
Neethling as gasspreker |
22,100 |
22,100 |
0 |
| 7.3
Voorkoming van alkohol-misbruik |
Ds BIC Steyn |
'n Diens aan alle
gemeenskappe in die Langkloof om alkohol- en dwelmmisbruik te voorkom,
en sodoende mense se lewensstandaard te verhoog en maatskaplike verval
te voorkom. Salaris-aanvulling van koördineerder |
15,000 |
15,000 |
5,000 |
| 7.4
Bediening van plaaswerkers |
Mnr DVDM du Preez |
Bereik plaaswerkers in die
Gamtoosvallei met die evangelie. Hierdie projek het 'n eie inkomste, 'n
gedeeltelike subsidie van die tekort word aangevra. 'n Deurlopende
projek. |
98,820 |
36,000 |
36,000 |
| 7.5
Evangelisasie-uitreik in Kareedouw-omgewing |
Mnr D Rademeyer |
Gesamentlike
evangelisasie-aksie vanuit NGK Kareedouw en NGK Tsitsikamma. Verskeie
kampe, aksies en byeenkomste word beoog. Het ook ander inkomste |
148,200 |
50,000 |
18,000 |
| 7.6
Bevordering van Gesondheidsorg |
Me R Troskie |
Finansiële ondersteuning
van JBay Care Services, 'n bediening van NGK Jeffreysbaai wat nou
gegroei het tot 'n NGO. Lewer 'n verskeidenheid maatskaplike dienste.
Betrek verskeie rolspelers. Het ook eie inkomste. |
162,600 |
54,000 |
0 |
| 7.7
Retraite vir ringsleraars en gades |
Ds J van der Merwe |
Retraite vir ringsleraars
en hul gades olv 'n Communitas-fasiliteerder |
15,000 |
15,000 |
7,000 |
| 7.8
Bediening van Barmhartigheid |
Ds D Oelofse |
'n Navorsingsprojek, saam
met die CMR, rondom die vraagstuk van armoede en die oplossing van die
probleem. Wil die probleem eerder as die simptoom aanspreek |
16,000 |
16,000 |
0 |
| 7.9
Huwelike |
Ds D Higgs |
Om lewenspare in die Ring van Humansdorp te begelei en
toe te rus in huweliksgroei en ontwikkeling om ‘n verskil te maak in en
buite hulle leefkringe |
13,000 |
13,000 |
3,000 |
| SUBTOTAAL 7 |
|
|
505,720 |
235,900 |
83,800 |
| 8. OOS-LONDEN |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 8.1
Geestelike verryking vir vroue |
Me E Labuschagne |
Om vroue in die Oos-Kaap
geestelik op te bou en te bemagtig dmv 'n vrouekamp en ook 'n
huweliksverrykingsnaweek - finansiële hulp vir die reiskoste van die
sprekers |
10,000 |
10,000 |
7,500 |
| 8.2
Programme vir Voedselkweek |
Ds JH Kleynhans |
Behoeftige gesinne word
gehelp met die vestiging van selfonderhoudende groentetuine |
41,340 |
41,340 |
20,000 |
| 8.3
Ringsretraite vir Leraars |
Ds AP Coetzee |
Ringsretraite mdo
roepingsverdieping |
15,000 |
15,000 |
8,000 |
| 8.4
Opleiding van lidmate in bedieningshulp |
Ds AP Coetzee |
NG en VGK lidmate word
bemagtiging in terme van die sinodale programme vir prediking en
pastoraat |
15,000 |
15,000 |
7,000 |
| 8.5
Mosambiek-uitreik Cambridge Gemeente |
Ds JSJ Swart |
Cambridge gemeente
onderneem 'n korttermyn-uitreik na Mosambiek om die evangelie te deel,
sendelinge te ondersteun en hande-arbeid te verrig. Gemeente dra sowat
R20,000 by. |
34,600 |
15,000 |
6,500 |
| 8.6
Vennootskap van Gestuurde Gemeentes |
Ds JH Kleynhans |
Ledegeld vir SAVGG vir 2
gemeentes |
12,000 |
12,000 |
10,000 |
| 8.7
Geleenthede vir lof- en aanbidding |
Ds N Bezuiden-hout |
Jeuggerigte lof- en
aanbiddingsgeleenthede in die Guilde-teater, 'n internetbediening en
deelname van jongmense aan die aanbieding van die lof- en
aanbiddingsgeleenthede |
15,000 |
15,000 |
0 |
| 8.8
Aanbidding-geleenthede vir vroue |
Me AM Olivier |
Inter-denominasionele en
nie-rassige gesamentlike aanbiddingsgeleenthede waar vroue ook geestelik
opgebou word. |
7,120 |
7,120 |
6,000 |
| 8.9
Sendingskool te Kabwe in Zambië |
Ds R van der Mescht |
Lidmate van Nahoon besoek
die Kabwe en Good News 11 sendingstasies om praktiese hulp te verleen
(bouprojek) en die sendelinge te ondersteun. Sendelinge word ook na SA
op besoek gebring. |
60,000 |
30,000 |
6,500 |
| 8.10
Bybelverspreiding |
DJS van Zyl |
Gratis Bybelverspreiding
aan behoeftige persone wat dit andersinds nie kan bekostig nie - in
Oos-Londen gebied |
13,100 |
13,100 |
7,500 |
| SUBTOTAAL 8 |
|
|
223,160 |
173,560 |
79,000 |
| 9. PORT ELIZABETH |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 9.1
MES-Aksie |
Mnr Wimke Jurgens |
Berei die kerk in PE voor
vir die netwerkvorming wat nodig sal wees wanneer MES sy bediening in PE
vestig deur verteenwoordigers van gemeentes aan die werk van MES in
Johannesburg bloot te stel. |
27,200 |
27,200 |
10,000 |
| 9.2
2010 Evangelisasie |
Dr M Muller |
Betrek al 13 ringe van die
NGKOK (sover moontlik) om toegerus te word om deel te neem aan die
bedieningsgeleentheid van die 2010 Wêreldsokkerbeker. Deur
grootskermtegnologie kan elke gemeente in die provinsie deelneem. |
35,000 |
35,000 |
25,000 |
| 9.3
Rekenaarvaardighede / Holistiese evangelisasie |
Ds GJ Noeth |
Om alle bevolkingsgroepe
in die PE-Sentraal area op 'n holistiese wyse met die evangelie te
bedien, op te lei en nuwe gemeente ontwikkeling toe te pas |
66,500 |
66,500 |
45,000 |
| SUBTOTAAL 9 |
|
|
128,700 |
128,700 |
80,000 |
| 10. PORT ELIZABETH-WES |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 10.1
Retraite vir Ringsleraars |
Ds JC Coetzee |
Retraite mdo
predikante-begeleiding en -ondersteuning |
5,500 |
5,500 |
5,500 |
| 10.2
Toerusting van Sangleiers |
Me EB Coetzee |
SA
Kerkorreliste-vereniging se jaarlikse toerustingsgeleentheid in die
Oos-Kaap |
750 |
750 |
750 |
| 10.3
Pinkster 2009 |
Dr JP Cloete |
Om tussen Pinkste en
Hemelvaart die kursus te doen: "Doelgerigte lewe vir God" |
5,000 |
5,000 |
5,000 |
| 10.4
Voeding vir minderbevoorregtes |
Me L Erasmus |
Ondersteuning van leerders
van minderbevoorregte skole in die St Albans-omgewing |
8,000 |
8,000 |
8,000 |
| 10.5
Hadassa-Konferensie vir Vroue in Oos-Kaapland |
Me A van der Merwe |
Die aanbied van 'n
Hadassa-konferensie vir die vroue van Oos-Kaapland |
9,000 |
9,000 |
9,000 |
| 10.6
Bybels vir
Noord-Indië |
Mnr J van der Westhuizen |
Beskikbaarstelling van
Bybels in Hindi onder die Bhaipuri bevolkingsgroep in Varanasi,
Noord-Indië |
5,000 |
5,000 |
5,000 |
| 10.7
Jeugbediening |
Ds D van Staden |
Kwartaallikse jeuggerigte
prys- en lofsangaande, uitreik na PE se jongmense en 'n kamp vir
hoërskoolleerders. |
14,000 |
14,000 |
8,000 |
| 10.8
Opleiding
van Mentors |
Dr K Prinsloo |
Opleiding van Ringsleraars
as mentors |
5,000 |
5,000 |
5,000 |
| 10.9
Opvoeding minderbevoorregte leerders |
Dr K Prinsloo |
Ondersteun Hi's Place, 'n
skool vir kinders uit die armste gedeelte van die bevolking in
Groenbossies |
4,000 |
4,000 |
4,000 |
| 10.10
Salarissubsidie NGK Sydenham |
Ds M Lourens |
Finansiële bystand aan
Sydenham-gemeente vir hul leraarspos |
18,000 |
18,000 |
0* |
| SUBTOTAAL 10 |
|
|
74,250 |
74,250 |
50,250 |
| 11. QUEENSTOWN |
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 11.1
Jeugbediening |
Mnr Neels Nieuwoudt |
Vestig 'n bediening in ses
Queenstownse laer- en hoërskole, asook in ouderdomsgroep 18-35 jaar, olv
'n Jeugbedienaar en 'n span jongmense. Inter-denominasioneel en
nie-rassig. |
162,000 |
162,000 |
0 |
| 11.2
Kantoortoerusting kerkkantore |
Ds W van Straaten |
Kleiner gemeentes in die
Ring word met rekenaarhardeware en sagteware toegerus |
46,300 |
46,300 |
5,000 |
| 11.3
Communitas-opleiding |
Ds DH Davel |
Aanbied van
Communitaskursus in geloofsonderskeiding |
24,000 |
24,000 |
12,000 |
| 11.4
Ervaringsleer |
Me M Bekker |
Ringsgemeentes
(Queenstown, Tarkastad, Cathcart, Stutterheim) en NGK Jeffreysbaai word
bemagtig om werklik oor grense by jongmense uit te kom en hulle met die
Woord te bedien. Benut Ervaringsleer se metodologie. |
45,500 |
45,500 |
35,500 |
| 11.5
Kontrakpos NGK Cathcart |
Ds JS Kloppers |
Ondersteun
termyn-kontrakpos ten einde volhoubare bediening te skep. |
25,000 |
25,000 |
12,000 |
| SUBTOTAAL 11 |
|
|
302,800 |
302,800 |
64,500 |
| 12. SONDAGSRIVIER
|
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| Geen projekte ontvang |
|
|
0 |
0 |
0 |
| SUBTOTAAL 12 |
|
|
0 |
0 |
0 |
| 13. UITENHAGE
|
Projekleier |
Doel van Projek |
Ring se
Begroting |
Fondse
aangevra |
Fondse
Goedgekeur |
| 13.1
Xtreme
Adventures |
Ds JJD Nel |
Begelei jongmense deur
ervaringsleer om dissipels te wees; identifiseer en ontwikkel
jeugleiers; lei spanbouleiers op; lei nuwe personeel op in ervaringsleer
en ontwikkel bestaande personeel |
101,560 |
101,560 |
10,000 |
| 13.2
Retraite vir leraars van die Ring |
Ds JJD Nel |
Die opbou van ringsleraars
om een, heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die
heiliges op die dorp moontlik te maak. |
17,200 |
17,200 |
10,000 |
| 13.3
Skoolverlaterskampe |
Ds JJD Nel |
Die hou van
skoolverlaterskampe vir jongmense van oor die hele Oos-Kaap |
67,709 |
67,709 |
67,000 |
| 13.4
Voedingskema Blikkiesdorp |
Me K du Toit |
Die mees kwesbare kinders
in die Blikkiesdorp'/ Greenfieldsarea word van 'n voedende maal
voorsien, met die Woord bedien en die tafelgebed geleer. Samewerking met
CMR |
38,955 |
38,955 |
0 |
| 13.5
Materiële nood CMR groepe |
Me K du Toit |
Verlig kwesbare persone
wat by CMR om hulp aanklop se materiële behoeftes, spreek wanvoeding
aan, en verhoog immuniteit. |
39,950 |
39,950 |
0 |
| 13.6
Ringskamp vir Finalejaar-Katkisante |
Ds JJD Nel |
Berei sowat 100 jongmense
voor vir openbare belydenis van geloof, en maak hulle deel van die Ring
se visie vir die dorp Uitenhage |
8,220 |
8,220 |
0 |
| SUBTOTAAL 13 |
|
|
273,594 |
273,594 |
87,000 |
| |
|
|
Ringe se
Begroting |
Fondse
aangevra |
** Fondse
Goedgekeur |
| GROOTTOTAAL |
|
|
2,807,387 |
2,037,967 |
806,098 |
** Goedgekeurde fondse sluit tans projekte
1.5 en 10.10 ter waarde van 12,000 elk uit. 'n Besluit oor hierdie
projekte sal in Februarie 2009 geneem word, nadat die nodige motivering
ontvang is.
|