Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 39 - 28 November
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Finesse Vroue van Hoop - Foto-album
op die Web
Vir alle Eerstejaars van 2009: “Oerkamp”, Eersterivier (naby Kareedouw), 2009
VGK-Kerkorde versus
Belhar-Belydenis?
Geweld teen vroue en kinders: 16 dae
van aktiewe optrede
‘n Besondere CD-Toer deur ‘n
Jerusalemse Kerk dien die evangelie
Wat ‘n
vreugde om Wendy Watson te ontmoet
Vakature Jeugwerker NG Gemeente Overkruin, Pretoria
Heartlines
wil graag leraarskringe ontmoet
Riglyne vir die viering van Wêreld-Vigsdag - 1 Desember 2008
Vanaf die Christen Vigsburo - oor Wêreld Vigsdag
Almal welkom by die afskeid van ds
Wikus van der Walt (RCA): 30 November
Transkei
Werkers-Aksie : 50-jaar reünie!!
Freebie’s
vir liturgiese gebruik
Aandag jongmense: MES se Josua
Diensjaarprogram
Volgende Lausanne
Sendingkonferensie
Pampoenkop met die genade van ‘n
aasvoël
Finesse
Vroue van Hoop - Foto-album op die Web
Al die dames, wat die Veremarksaal volgepak het tydens
die Finesse Vroue van Hoop-byeenkoms in Oktober, kan gerus gaan kyk na die foto-album
op die internet. Christine Higgs was so gaaf om die foto’s aan te stuur.
Klik gerus op hierdie
skakel. Klik op die klein foto’tjie (thumbnail) en ‘n groter weergawe word sigbaar. Die foto’s is in ‘n photo-stream geplaas - kyk regs bo, jy kan elke keer
op die volgende foto’tjie klik om ‘n groter weergawe
te sien.
Julle kan ook
die volgende webskakel as gunstelingblad merk - www.flickr.com/photos/ngkok - ons
sal in die toekoms nog foto’s hier plaas.
Daar is trouens ook reeds foto’s van ander ringsprojekte op dié blad
beskikbaar. Julle is welkom om van die foto’s te gebruik in jul gemeentelike
kommunikasie.
Vir
alle Eerstejaars van 2009: “Oerkamp”,
Eersterivier, Kareedouw, 2009
Die Klema Eerstejaarskamp van 22-25 Januarie is ‘n
omvattende studente ervaring waar studente-leiers, tans studente by die NMMU en
ander tersiêre inrigtings, hulle wysheid deel en al die eerstejaars se vrae
antwoord en hulle gemoed gerusstel. Dit is ook ‘n
geleentheid om nuwe vriende, wat moontlik dieselfde rigting studeer, te ontmoet
in ‘n pret, Christelike atmosfeer. Die kamp vind
plaas by Eersterivier, ‘n beeldskone kampterrein naby
Kareedouw, reg by die see. Die kampterrein is van so aard dat ons baie pret
aktiwiteite by die see en in die natuur
Die kamptema
is “Oerkamp” waar ons saam met die eerstejaars graag
al die fasette van kampuslewe en studentelewe wil ontdek en saam met hulle ‘n pad wil loop deur hulle studie-jare om hulle by te staan
en ondersteun asook motiveer en lekker ontspan. Vir meer besonderhede klik op
hierdie skakel: http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/1stejaarkamp2009.pdf
VGK-Kerkorde
versus Belhar-Belydenis?
In ‘n uiters teleurstellende
verwikkeling het die VGK-ring van Wynberg aangedui dat hulle nie te vinde is
vir die pogings van die NG Kerk Wynberg en VGK-Wynberg om een gemeente te word
nie. Die gemeentes wil ‘n samewerkingsverband vestig,
waarvan die Belydenis van Belhar ‘n deel uitmaak.
In Kerkbode van
21 November verskyn ‘n volledige berig oor die saak.
Volgens die berig is die VGK-Ring se besware gebaseer op kerkordelike
prosedures wat blykbaar nie gevolg word nie. Daarom is die eenheid
onkerkregtelik.
Vir waarnemers
lyk dit dus of die gesonde appèl tot eenheid van die Belhar-Belydenis
ondergeskik gemaak word aan kerkordelike prosedures. Spyt en beswaar hieroor
word uit die geledere van die twee gemeentes en ook uit ander kringe van die
VGK self uitgespreek.
Berig uit Kerkbode van 21 November 2008:
Die NG
Kerk se leiers wil vrede maak met die Verenigende
Geref Kerk (VGK) voordat hulle enigiets anders doen. Die NG Kerk se Alge¬mene Sinodale Moderamen sê hulle wil die onenigheid
tussen die twee kerke in die lig van Matt 5:23-24 persoonlik met die VGK se
moderamen gaan uitpraat.
In die betrokke teks staan geskryf: “As jy dus jou gawe na
die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het,
laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en
kom dan en bring jou gawe.”
Die moderamen het besluit om die VGK persoonlik om
verskoning te gaan vra vir die wyse waarop die NG Kerk se groeteboodskap vroeër
vanjaar tydens die VGK se Algemene Sinode by Hammanskraal oorgedra is. Die
besluit is tydens die afgelope vergadering van die moderamen op Kempton Park
geneem.
Tydens die vergadering het prof Piet Strauss, moderator van
die NG Kerk se Algemene Sinode, die moderamen opnuut verseker dat hy jammer is
vir die wyse waarop hy sy boodskap oorgedra het. Die moderamen het sy
verskoning aanvaar.
Die moderamen het die gesprek oor die omstrede
groeteboodskap in camera gevoer, maar daar is na afloop van die gesprek aan
Kerkbode gesê dit was ’n reguit en oop gesprek wat in ’n goeie gees plaasgevind
het.
Die moderamen het die gebeure by Hammanskraal en die
groeteboodskap van prof Piet Strauss in behandeling geneem waarna
moderatuurslede geleentheid gehad het om reguit en eerlik daaroor gesprek te
voer.
In ’n verklaring wat ná die tyd uitgereik is, sê die
moderamen hulle wil prof Strauss se verskoning asook die moderamen se versko¬ning aan die VGK se moderamen en aan prof Thias Kgatla, moderator van die Algemene Sinode van die
VGK, persoonlik gaan oordra.
Die NG Kerk wil ook van aangesig tot aangesig met die VGK
in gesprek tree oor die VGK se besluit om nie die NG Kerk se aansoek te steun
om lid te word van die All Africa
Conference of Churches
(AACC) nie. Die VGK wil nie hê die NG Kerk moet lid van dié ekumeniese
organisasie word voordat daar volgens hulle nie “vordering gemaak word met die
wegdoen van apartheid in die NG Kerk nie”. Die NG Kerk se moderamen sê die
beoogde fasiliteringsproses van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WGK)
kan dalk een van die geleenthede wees om so ’n gesprek te voer. Die NG Kerk se
algemene sekretaris, dr Kobus Gerber, is gevra om ’n dokument op te stel wat as
basis vir die gesprek gebruik kan word.
-
jean@tydskrifte.co.za
Geweld
teen vroue en kinders: 16 dae van aktiewe optrede
Jaarliks, reg om die wêreld, word hierdie aksie teen
geweld teenoor vroue en kinders van stapel gestuur. Vanjaar begin dit op 25
November, en duur tot 10 Desember.
Hierdie is nie net ‘n probleem
in ander gemeenskappe nie, maar ook binne die NG Kerk. Gemeentes word derhalwe
versoek om binne die volgende weke ook aan hierdie tema aandag te gee. ‘n Erediens kan selfs hieraan afgestaan word.
Daar is ook ‘n webwerf
beskikbaar waar meer inligting verkry kan word: http://www.womensnet.org.za/campaign/16-days-activism-against-gender-violence
Do men suffer spousal abuse?
By Zama Mvulane
"I
was getting struck by this woman while I was holding my daughter. The funny
thing is that I could not even call the police.
I could not even speak to any of my friends about
it," writes a domestic violence victim on one of the growing numbers of
websites that seem to be the only effective support for men suffering abuse at
the hands of their partners.
The day marks the start of the 16 Days of Activism
against gender violence.
Since the launch of this campaign, there is no doubt
that great strides have been made in highlighting the plight of women and
children who fall victim to gender based violence.
However, there is a lack of acceptance that men, too,
are increasingly becoming silent victims of domestic abuse and violence at the
hands of their partners, and that there is a growing number of same-sex couples
experiencing domestic violence from their partners.
In fact, there seem to be similarities between men and
same-sex couples when it comes to dealing with domestic violence.
Both groups have more difficulty finding appropriate
support and victims seeking support have to con-front a number of negative
perceptions and stereotypes before accessing assistance.
Although figures on the extent of male victims vary
considerably, there is growing agreement among researchers that men also suffer
domestic physical and emotional abuse at the hands of their partners or
spouses.
In a recent study on emerging attitudes and patterns
of domestic violence, Glasgow University found that of the 200 women surveyed,
60 percent said "it was acceptable for women to hit their husbands"
while 35 percent admitted assaulting their partners and a total of 8 percent
admitted to physically injuring them.
Although physical abuse is considered the most obvious
form of domestic abuse, emotional abuse by way of insults, intimidation, and
other methods can be more devastating than physical abuse, because it is
difficult to prove and therefore hard to stop.
Owing to societal pressures and socialisation, men are
less likely to talk about the abuse they suffer behind closed doors.
And not much is done to encourage men to report cases
of domestic abuse, although many civil society organisations fighting domestic
abuse and violence claim to represent men as well.
Although there are a handful of organisations that
directly engage men on issues of domestic violence in South Africa, the most
commonly known ones - Agisanang Domestic Abuse Prevention
and Training (Adapt) men's programme, One Man Can and South African Men as
Partners Network - seem to have chosen to ignore the abuse of men.
Many of these organisations use outdated approaches
that assume men are the main perpetrators and thus miss out on the growing
number of male victims.
For example, on its website, One Man Can boldly
proclaims "undeniably, it is men who commit the majority of all acts of
domestic and sexual violence".
Recently the new minister of safety and security,
Nkosinathi Mthethwa, highlighted the need to deal
with attitudes in the police service as a key priority in dealing with domestic
violence.
Central to this is the need to educate the police to
take cases of abuse against men just as seriously.
The dynamic of domestic abuse and violence is
different between men and women. The reasons, purposes and motivations are
often very different.
There are many reasons why people assume men are not
victims and why women often ignore the possibility.
In most cases, the actual physical damage inflicted by
men is much greater than the actual physical harm inflected by women, so the
impact of domestic violence is less apparent and the violence less likely to
come to the attention of others when men are abused.
Even when men do report domestic abuse and violence,
people may be so astonished that the men end up feeling as though nobody
believes them.
What hurts a man mentally and emotionally can be very
different from what hurts a woman. For some men, being called a coward,
impotent or a failure can have a very different psychological impact from the
one it would have on a woman.
Cruel words hurt, but they hurt in different ways and
linger in different ways. In most cases, men are more deeply affected by
emotional abuse than physical abuse.
(Independent Online Newspaper)
‘n Besondere CD-Toer deur ‘n Jerusalemse Kerk dien die evangelie
‘n Oos-Kapenaar wat baie naby aan
Kopties-Ortodokse Christene in Jerusalem leef, het op ‘n
blink idee gekom om ‘n kerkgebou, wat baie belangrike
vir Koptiese Christene is (en boonop ‘n prima
toeriste-aantreklikheid in Jerusalem), te gebruik om die evangelie te
kommunikeer. Hier is die verhaal (uiteraard anoniem):
Die visie vir die projek: “Tour of the Holy Sepulchre” (die kerk waar
Jesus volgens oorlewering gekruisig is en opgestaan het.) het in 2000 ontstaan,
nadat ek tot die besef gekom het, dat daar by hierdie historiese plek, waar tog
die kern van ons Christelike geloof afgespeel het, geen duidelike verkondiging
van die Blye Evangelie is nie. Stadig maar seker het die projek die vorm van ‘n CD aangeneem.
Tans bestaan die CD uit 2 dele.
Die eerste deel is ‘n Video-toer wat die 15
plekke van belang binne die Holy Sepulchre kortliks beskryf. Daar word ook ‘n
Bybelse teks gelees by die plekke van die kruisiging en opstanding. Die toer eindig in St. Helena se grot, waar
die kruis volgens oorlewering gevind is.
Na afloop van die toer, is daar ‘n kort
meditasie oor die betekenis van die Kruisiging en Opstanding vir
gelowiges. Die toer is oorspronklik
geskryf deur Vader Afraym van die Koptiese kerk en ek
het dit hier en daar aangepas met sy goedkeuring.
Die tweede deel van die CD is huidiglik nog net ‘n
klankopname wat die vraag: “Why did
Jesus die?” bespreek. Die CD is tot op
hede in 6 tale nl. Arabies, Duits, Engels, Frans, Hebreeus en Russies,
beskikbaar. Daar is ook die moontlikheid
(dit was die oorspronklike idee) om die hele toer as ‘n
oudio-deurstap-toer te gebruik, maar ek kon nog nie
die praktiese logistiek daaraan verbonde uitsorteer nie.
Die teiken gehoor vir die CD is Tradisionele Christene (maw Katolieke en Ortodokse Christene) en persone van ander
gelowe wat die Kerk besoek.
Die Here het my ongelooflik baie bemoedig met die produksie van die
CD. Baie mense het gehelp om dit ‘n werklikheid te maak.
Ek vertrou dat die Here hierdie CD in Sy koninkryk sal gebruik soos
Hyself dit beoog.
Dink
asseblief in julle gebede aan die mense wat hierdie CD koop en benut.
Dit was werklik ‘n ervaring om verlede
week vir 5 nagte op Robbeneiland te kon oorbly vir die Robben Island Diversity Experience. Ek kon die atmosfeer en geladenheid van die
eiland indrink deur vroeg-oggend staptogte, en ook deur verkenningstoggies deur
die dag. Ons besoek aan die hoë-sekuriteit gevangenis was ook ‘n besondere ervaring.
Sedert die dae
van Jan van Riebeeck was Robbeneiland gebruik om mense eenkant toe te skuif,
veral diegene wat die samelewing wou straf, of met wie die heersende owerhede
en magte dit nie kon uithou nie. Eva Krotoa was in Van Riebeeck se ty hierheen verban.
Makana Nxele, ‘n
Xhosa leier, is in 1819 na Robben Eiland verban nadat
hy ‘n opstand teen die Britse koloniale owerheid by
Grahamstad gelei het. ‘n Moderne skets in een van die
voormalige tronkgeboue herdenk sy lewenslange vonnis. Hy het verdrink in ‘n mislukte poging om van die eiland te ontsnap.
Vanaf 1836 tot
1931 is die eiland as kolonie vir die isolering van melaatses gebruik. Mens kan
vandag nog die Good Shepherd
Church besoek wat
verantwoordelik was vir die bediening aan die melaatses. Die melaatse begraafplaas is ook nog sigbaar.
Dit raak mens om bv een van die grafskrifte wat dui op die
destydse opvatting dat melaatses onrein was - vandaar die isolasie.
Robert Sobukwe, bekend as stigter van die Pan African Congress
is in die sestigerjare in volkome isolasie op die eiland aangehou - in sy eie, private sel. Die bekendste
gevangene - een van sowat drieduisend - was natuurlik Nelson Mandela. Robbeneiland was
sedert die 1960’s totdat ‘n museum in 1996 geword
het, ‘’n hoë sekuriteit gevangenis.
In 1986 het die
sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies ‘n
beeldhouwerk, “Captive”, onthul as ‘n simbool van die stryd teen apartheid. Dié beeldhouwerk
word vandag op Robbeneiland uitgestal.
Ek het my
Robbeneiland foto’s op my persoonlike Flickr-webruimte
geplaas - jy kan die volledige twee stelle foto’s - “sets”
- hier (1) en hier (2) besoek.
Wat ‘n vreugde om Wendy Watson te ontmoet
Een van die kursusgangers op Robbeneiland, Wendy Watson,
het ‘n besondere persoonlike geskiedenis. Sy was vir
18 jaar met ‘n Anglikaanse priester getroud, en het ‘n aktiewe rol in die bou van ‘n
menseregtekultuur gespeel. Na die verbrokkeling van hul huwelik, het sy haar
toegelê op ondersoeke na staatsgeweld. Sy het aan die hoof van ‘n organisasie gestaan wat die slagoffers van staatsgeweld
- deur besering of die dood - medies laat assesseer het, met die oog op
toepaslike kompensasie. Vanuit dié rol is sy genader om deel van die Waarheids-
en Versoeningskommissie se personeel te word.
Hierdie ervaring het haar aangemoedig
om ‘n boekie te publiseer, Brick by Brick, met die subtitel: An informal guide to the
history of South Africa (verkrygbaar
by Exclusive Books, in 2007
gepubliseer). Sy het die skryfwerk begin tydens haar herstel van kanker in
2002.
Hoewel sy vir jare kerklik uiters
betrokke was, beskryf sy haarself vandag as ‘n
evangeliese ateïs. Sy identifiseer haarself met die strekking van die
evangelie, maar weet nie of daar regtig ‘n God is
nie. Intussen is sy regtig iemand deur wie die koninkryk van God kom, hoe
vreemd dit ook al mag klink om so te sê. Ons het lang gesprekke op die eilandtjie gehad. Ek
het haar vertel hoe ‘n ervaring die lees van The shack vir my
was. Sy gaan dit ook nou lees, en sê
daarop ewe droog: “God may be
calling me back”. Ek hoop dit is so.
Waarom ‘n
voorreg om haar te ontmoet? Sy is ‘n besondere vrou,
ferm is haar oortuigings, maar gemaklik en akkommoderend, ook teenoor
Afrikaanssprekendes. Sy is besonder wys, en - hoewel reeds in haar sestigerjare
- steeds verbind aan die heil van haar medemens. Sy kan die verhaal van die
Suid-Afrikaanse wonderwerk rondom 1994 op ‘n
besondere manier - vanuit ‘n perspektief so anders as
ons eie - vertel, en dit met deernis en begrip doen. Dit is lekker om na
jouself en na jou mense deur die bril van ‘n
intelligente, ingeligte waarnemer te kyk. Hier is ‘n foto van Wendy.
Vakature Jeugwerker NG Gemeente
Overkruin, Pretoria
NG Gemeente Overkruin
in die noorde van Pretoria is op soek na ‘n voltydse
Jeugwerker (verkieslik met ‘n B.Diac-graad
of soortgelyke kwalifikasies) vanaf 1 Maart 2009. Vir navrae kontak ds Heinrich Carstens by 083
566 1490 of heinrich.carstens@telkomsa.net. Skriftelike aansoeke vergesel van ’n volledige CV
(maksimum twee bladsye) asook die name van drie onlangse referente met hulle
volledige kontakbesonderhede, kan voor of op 30 Januarie 2009 gerig word aan:
Verkieslik per e-pos aan jcvzyl@mweb.co.za of aan
heinrich.carstens@telkomsa.net of alternatief aan: Die DVK-voorsitter, NG Gemeente Overkruin,
Posbus 13956, Sinoville, 0129 of per faks aan 012 567 2177.
Heartlines wil
graag leraarskringe ontmoet
Alan Keeling, Port Elizabethse
verteenwoordiger van Heartlines,
wil graag verskillende predikantekringe ontmoet om meer inligting oor die Heartlines-projek
te gee. Heartlines
het nuwe inisiatiewe om waardes in die samelewing te bevorder. ‘n Nuwe TV-reeks “Hopeville”
begin op 24 Februarie 2009 en die werkboeke is eersdaags beskikbaar. Daar is ook promosie-DVD’s vire leraars beskikbaar.
Alan gee elke Sondagoggend om ongeveer 08:10 ‘n 3-4 minute Heartlines-update op Radio Kingfisher,
Port Elizabeth.
Leraars wat Alan Keeling wil ontmoet, is welkom om hom te
skakel by 041 365-6747
Stéphan van der Watt het ons sinode pas
by die Kuratorium van die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, verteenwoordig. Hy
gee hierdie verslag deur wat deur Heinrich Theunissen van KwaZulu-Natal
opgestel is - oorspronklik vir ePosduif, nuusbrief
van daardie sinode. Heinrich skryf:
Dit was weereens ‘n voorreg om die NG Kerk in KZN by die Kuratorium en
Eksamenkommissie in Stellenbosch te verteenwoordig. ‘n
Mens bly bewus van die moeite wat gedoen word om teologiese studente op te lei
sodat hulle akademies bekwaam en bedieningsgereed is.
Ek noem die
volgende sake ter verslaggewing:
1. Vanjaar is twaalf studente en vier colloquiums’s gelegitimeer. Sewe van die sestien
kandidate is vroulik en verteenwoordig ‘n positiewe
toename van dames in die predikantekorps. Dit is ook
betekenisvol dat die eerste Xhosa dame aan VGK kant gelegitimeer is!
2. Die legitimasie het saam met die VGK
plaasgevind te Sarepta (anderkant Kuilsrivier) en was ‘n wonderlike erediens wat byna 3 ure geduur het. NG Kerk
studente word nie verplig of versoek om Belhar te onderteken nie. Hulle doen
dit op eie inisiatief. Dit was interessant dat twee van die studente nie Belhar
onderteken het nie.
3. In 2008 was daar 373 studente aan die
Fakulteit. ‘n Goeie 80% van die voorgraadse komponent
is studente van die kerklike vennote (NGK – 58%, VGK – 14.5%,
Presbiteriane). Ons moet egter besef dat 67% van die groot totaal uit nagraadse
studente bestaan.
4. Indringende gesprekke rondom herkurrikulering
is steeds aan die gang (in oorleg met ander Kuratoria en AKTO). Sake wat onder
andere ter sprake is, is:
a. Die
regering se nuwe kwalifikasieraamwerk (Higher Education Qualifications Framework – 5 Oktober 2007). Vanaf 1 Januarie 2009 moet
kwalifikasies hiervolgens ontwerp word. Daar is tans nog ‘n
oponthoud vanaf regeringskant.
b.
Herbesinning oor die amp van predikant. Is groter differensiasie en dus
verskeidenheid van teologies kwalifikasies dalk nodig? Die moontlikheid bestaan
om vanaf ‘n teologiese kernkurrikulum wat almal
deurloop, in verskeie kwalifikasies verder te studeer.
c.
Hantering van tweedeloopbaan studente.
Akademies en telematies gesproke.
d.
Legitimasie met beperkte bevoegdheid (dowes, arm gemeentes, klein
gemeentes, ens)
e. Die
geweldige tekort van predikante wat binne die afsienbare toekoms verwag word.
In die verband is
aan myself, Hannes Windell en Braam Hanekom opdrag gegee om na iets
prinsipieel (NT en Kerkreg) en prakties te kyk om voor te lê aan AKTO.
Bogenoemde raak
regtig dringend en ‘n tweede vergadering vir
die volle Kuratoria van die NGK en VGK word gereël vir 19-20 Maart 2009. Onthou
dat die VGK se Algemene Sinode ‘n 5 jaar opleiding
goedgekeur het wat onmiddellik implementeer word! Die vergadering handel
net oor herkurrikulering.
5. Die Eksamenkommissie se werkswyse is intussen
meer sinvol verander. ‘n Kleiner kommissie het
deurlopend kontak met studente. Die volle kommissie word in vier groepe verdeel
en elke groep het ruim tyd (5 ure) om met vier studente rondom
bedieningsgereedheid te gesels.
6. Opleiding het voortaan drie
komponente wat geïntegreer word, naamlik ‘n formele
akademiese baan (Fakulteit se verantwoordelikheid), ‘n
kerklike baan (NG Kerk se verantwoordelikheid) en ‘n
diensleerbaan (voorskrif van US). Laasgenoemde beteken dat leerinhoude in die
praktyk diensbaar moet wees.
7. Die Jeugwerk dosente en studente van
Hugenote Kollege is in die loop van 2008 verskuif na die Fakulteit met die
nodige akkreditasies van dosente en modules. Die vroeëre leemtes rondom
jeugopleiding word hiermee ondervang.
8. Die beweging na groter samewerking tussen
die NG Kerk en VGK Kuratoria is steeds op dreef. Die Kuratoria het saam
vergader om die Dekaansverslag en ander gemeenskaplike sake te bespreek.
9. Dit dien vermeld te word dat die akademiese
uitset van die Fakulteit die afgelope jaar weereens van die hoogste van
alle Fakulteite te Stellenbosch was. Onder die leiding van Prof Elna Mouton as
dekaan, lewer die fakulteit ‘n uitnemende diens as ‘n ekumeniese Fakulteit.
Riglyne
vir die viering van Wêreld-Vigsdag - 1
Desember 2008
Klik gerus op hierdie skakel om die volledige
riglyne vir die liturgiese viering van Wêreld-Vigsdag
op 1 Desember 2008 te lees. Dit is die produk van die Verenigde Diensgroep
Diens en Getuienis se betekenisvolle werk.
Vanaf
die Christen Vigsburo - oor
Wêreld Vigsdag
Die Christian AIDS Bureau for Southern
Africa (CABSA) begelei reeds sedert 2001 kerke wêreldwyd om
Kanale van Hoop te word. Ons droom van
Christen gemeenskappe wat omgee, versoening en hoop bring in ‘n wêreld met
MIV. Ons dra by tot MIV
bevoegde Christen gemeenskappe deur:
- voorspraak
(advocacy)
- verskaf
van inligting
- mobilisering (deur die
oplei van fasiliteerders) en
- netwerk
skepping.
Ons wil u graag aanmoedig om op
Sondag 30 November of op Sondag 7 Desember in ‘n erediens ruimte te maak om op hierdie
onderwerp te fokus. Preekmateriaal is
beskikbaar op die webblad vir Wêreld
Vigsdag en die 16
Dae Veldtog teen Geweld.
Besoek gerus www.cabsa.co.za of kontak ons vir meer inligting
In Wellington – 021 873 0028
In Randburg – 011 796 6830
Almal
welkom by die afskeid van ds Wikus van der Walt (RCA): 30 November
Ds Wikus van der Walt
van die Reformed Church in Africa
Calvary, Malabar, Port Elizabeth, ontvang op Sondag
30 November 2009 om 10:00 demissie. Hy verskuif na ‘n
nuwe Oos-Kaaplandse werkkring, die VGK Canzibe in die
voormalige Transkei.
Die kerkgebou waar
afskeid geneem word, is in Oceanviewrylaan 2, Malabar
geleë.
Tee word na die
erediens bedien.
Transkei Werkers-Aksie : 50-jaar
reünie!!
Transkei Werkersaksie vier hierdie jaar hul
50ste bestaansjaar en beplan om groot fees te vier die naweek van die sesde
en sewende Desember 2008. Was jy al ooit deel van die studente-aksie wat
die oudste in die land is, en het jy nog kontak met dié wat saam met jou op die werkerskamp was? Ons wil graag van
jou hoor en nooi jou hartlik uit om saam te kom kuier en na stories van die halwe
eeu te luister.
Ons beplan die volgende:
Saterdag, 6 Desember 2008: ’n Dag van stories vertel en lekker saam
kuier.
Sondag, 7 Desember 2008: ’n Gesamentlike oggend-kerkdiens met ’n afsluitingstee.
Plek: Hofmeyersaal, Kerkstraat,
Stellenbosch
Kostes: R120-00 p.p. (Ingesluit is middag- en aandete vir
Saterdag, asook verversings)
RSVP: 1 Desember 2008 (Inskrywingsvorms beskikbaar by nicoladomburg@gmail.com - faks of
e-pos dit terug)
Akkommodasie kan self gereël word by:
Bonne Esperance (B&B) 021 887 0225
Fynbos Villa (B&B) 021 883
8479
Malans Gastehuis (B&B) 021 887
8859
Universiteit koshuise 021 808 2895
Betalings kan gedoen word by:
NG Kerk Stellenbosch
Nedbank Business Winelands
Takkode: 149 821
Tjekrekening: 149 804 3232
Verwysing: TWA reünie en u naam.
Ons sien baie daarna uit om
van u te hoor. Nooi asseblief al u mede-spanlede om
die geleentheid saam met ons te kom vier. Kontak my gerus met enige navrae.
Vriendelike groete
Nicola Domburg
Sel: 082 724 1053
Faks: 021 883 2513
Freebie’s vir
liturgiese gebruik
Rethie van Niekerk laat weet dat Worshiphousemedia.com vanjaar weer van 1 Desember af
elke dag ‘n freebie beskikbaar
het. Gaan loer gerus.
Aandag
jongmense: MES se Josua Diensjaarprogram
Paul Chris de Vos, Joshua Diensjaar Programkoördineerder
van Port Elizabeth (verbonde aan die Maranatha Sentrum) laat weet:
MES (Metro Evangeliese Sorg) in Hillbrow is besig om uit te brei en
saam te smelt met ons nie-winsgewende, Christen organisasie in Port Elizabeth.
Hulle het die afgelope paar jaar matrikulante met sukses gewerf om ‘n paar jaar lank betrokke te raak by hul Josua Jeug
Ontwikkeling en Diensjaar Programme. Die Joshua student lewer nie net ‘n diens nie, maar ontvang self opleiding in kindersorg;
rekenaarvaardighede; hulp met ‘n bestuurslisensie en
ander rigtings. Daar word beplan om ten minste 10 studente te werf vir Port
Elizabeth. Beide meisies en seuns kan aansoek doen.
Die volledige
afkondiging tesame met die pamflet is
net ‘n klik ver.
Volgende Lausanne
Sendingkonferensie
Ons is besonder bevoorreg dat die volgende groot internasionale Lausanne konferensie oor Wêreldevangelisasie in Suid-Afrika plaasvind, in Kaapstad van 16-25 Oktober 2010. Vir meer inligting besoek gerus www.lausanne.org/cape-town-2010/cape-town-2010.html.
(Met dank aan BM Monitor.)
Nuusbrief:
TeologieByKovsies
Lyzette Hoffman skryf oor die jongste nuus van die
Fakulteit Teologie by Kovsies en gee die webskakel na
hul jongste nuusbrief:
Dit
is die einde van nog ‘n besige jaar vol allerhande
gebeurlikhede op kerklike, politieke en ekonomiese terrein wêreldwyd. Dit dien
ook as teken vir verandering in baie akademici se lewens aan die Fakulteit
Teologie. Prof Hermie van Zyl, voormalige dekaan van die Fakulteit, tree einde
van die jaar af, maar gaan op kontrakbasis klas gee in 2009. Prof Johan van
Rensburg en Dr David Keta van die Departement
Praktiese Teologie, asook Prof Fanie Riekert, Departement Bybel en
Godsdienskunde, tree ook af. Mag dit ‘n mooi nuwe era
in hul lewe wees. Mag hul ervaar wat Pred 4:23 sê:
“Harde werk bring beloning”. Die fondament wat hulle deur God se genade in
talle teologiese studente se lewens gelê het, sal vrug dra in God se Koninkryk.
Lees
volledig hieroor by:
http://www.ufs.ac.za/newsletter/newsletter.php?sid=88
Wat van die volgende sal werk vir jou? Wat nie?
1. Pray
2. Go to bed
on time.
3. Get up on
time so you can start the day unrushed.
4. Say No to
projects that won't fit into your time schedule, or
that will compromise your mental health.
5. Delegate
tasks to capable others.
6. Simplify
and unclutter your life.
7. Less is
more. (Although one is often not enough, two are often too many)
8. Allow
extra time to do things and to get to places.
9. Pace yourself.
Spread out big changes and difficult projects over time; don't lump the hard
things all together.
10. Take one
day at a time.
11. Separate
worries from concerns . If a situation is a concern,
find out what God would have you do and let go of the anxiety
. If you can't do anything about a situation, forget it.
12. Live
within your budget; don't use credit cards for ordinary purchases.
13. Have
backups; an extra car key in your wallet, an extra house key buried in the
garden, extra stamps, etc.
14. K.M.S.
(Keep Mouth Shut). This single piece of advice can prevent an enormous amount
of trouble.
15. Do
something for the Kid in You everyday.
16. Carry a
Bible with you to read while waiting in line.
17. Get enough
rest.
18. Eat right.
19. Get organized
so everything has its place.
20. Listen to
a tape while driving that can help improve your quality of life.
21. Write down
thoughts and inspirations.
22. Every day,
find time to be alone.
23. Having
problems? Talk to God on the spot. Try to nip small problems in the bud. Don't
wait until it's time to go to bed to try and pray.
24. Make
friends with Godly people.
25. Keep a folder of
favourite scriptures on hand.
26. Remember
that the shortest bridge between despair and hope is often a good 'Thank you
Jesus.'
27. Laugh.
28. Laugh some
more!
29. Take your
work seriously, but not yourself at all.
30. Develop a
forgiving attitude (most people are doing the best they can).
31. Be kind to unkind people (they probably need it the most).
32. Sit on
your ego.
33. Talk less;
listen more.
34. Slow down.
35. Remind
yourself that you are not the general manager of the universe.
36. Every
night before bed, think of one thing you're grateful for that you've never been
grateful for before.
Gatiep
Innie Court
Regter:
"Hoe kan jy onskuldig pleit as 5 mense jou sien steel het?"
Gatiep:
"Djou Honour, ek kan thousands
bring wat my nie gesien steel het nie!"
Gatiep
se Voicemail
My
bra, Gatiep is nie available nie.
Los djou naam en nomma en ek stuur
vir djou a "please call me".
Gatiep
innie skool
Juffrou
vra vir Gatiep: "Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel
aartappels gaan elkeen kry?"
Gatiep:
"My ma's nie stupid nie, sy maak mash!"
Die
tou
Gatiep
sleep 'n tou die straat af en loop verby Maraai.
Maraai
sê vir Gatiep: "Hoekom sleep jy die tou?"
Gatiep:
"Het djy al 'n tou try
stoot?"
The one and only
Gatiep
word aangekla dat hy vir Meraai 'n BIETS genoem het.
Tydens
kruisverhoor sê Gatiep: "Djy't da' boe oppie balcony gastaan,
en ek da' onner innie
straat."
"Ja,"
sê Meraai.
"Daar
was mos baie mense by djou oppie
balcony," sê Gatiep.
"Ja,"
sê Meraai.
"Nou
hoe wiet djy dan ek het met
djou gapraat?"
"Omlat ek die enigste BIETS daar was," sê Meraai.
Selle
ou storie
Die
Regter kyk vir Gatiep in die oog en sê:
'Dis
nou die 6de jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
''Djou honour,' sê Gatiep, 'moenie vir my blame
omlat jy nie promotion kan
kry nie.'
(Ingestuur deur Isa
Goosen)
Pampoenkop met die
genade van ‘n aasvoël
Ek
gaan toe mos die ander dag inkopies doen in Pretoria .
Toe
ek uit die winkels kom is die spietkop besig om 'n
kaartjie te skryf.
Ek
stap toe maar na hom en sê, "Ag kom nou meneer.... kan jy nie 'n man 'n
kans gee nie? Ek kom nie veel stad toe
nie en nou wraggies dit..."
Maar
hy is 'n steengesig en bly net skryf.
Toe
noem ek hom 'n pampoenkop met die genade van 'n aasvoël.
Hy
ignoreer my soos ek 'n stopstraat ignoreer en begin 'n tweede kaartjie skryf
vir die bande waarvan die ryvlak nie meer so lekker is nie.
Toe
noem ek hom 'n idioot wat op die strate rondlê met niks beter om te doen nie -
en boonop daarvoor betaal word.
Hy
staar koud na my en begin 'n derde kaartjie skryf. Vir die krakie in die voorruit..
Dit
het vir minstens twintig minute aangegaan.
Hoe
meer ek skel, hoe meer kaartjies skryf hy.
"Vetsak! Boepens!" en vele meer het sy nek en gesig na 'n diep
skakering van pers laat verander terwyl sy bloeddruk die hoogte ingeskiet het
en hy net meer kaartjies geskryf het.
Eindelik
het my bus opgedaag en toe klim ek op.
Ek
probeer om elke dag 'n bietjie pret te hê.
Dit is belangrik!
(Ingestuur deur Ron Reynolds)
Sinodale Kommunikasie