Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 38 - 21 November
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Riglyne vir die viering van Wêreld-Vigsdag - 1 Desember 2008
Algemene Sinodale Moderamen besluit
oor Zimbabwe
Aandag jongmense: MES se Josua
Diensjaarprogram
Week van Gebed 2009 sluit aan by die 500ste geboortejaar
van Johannes Calvyn
“The Old Testament against its
Environment,” en: ‘n Geleentheid vir die Jeug
Sonheuwels bied heerlike vermaak
aan
Konferensie oor Inter-kulturele
bediening
Vakature vir mede-leraar
in NG Kerk Fichardtkruin
Dit was vandeesweek ‘n
besondere ervaring om tydens die afgelope week vyf nagte op Robbeneiland deur
te bring, die gevangenis te besoek, te kyk na die melaatses se begraafplaas, en
die geskiedenis van die eiland in te drink. Ek vertel julle in ‘n volgende uitgawe meer van my indrukke.
Ek sal ook
vertel van die kursus in diversiteit L en die onvoorsiene
redes waarom ek dink die diverse groep so ongelooflik met mekaar gebind het J en sodoende ‘n modernistiese konflikmodel L vir die hantering
van diversiteit oorkom het. Dit het alles met die storie van Robbeneiland te
doen.
Robbeneiland is
natuurlik die rede waarom hierdie week se eNuus later
as gewoonlik is.
En ja, daar is vreeslik baie konyne!
Riglyne
vir die viering van Wêreld-Vigsdag - 1 Desember 2008
Klik gerus op hierdie skakel om die volledige
riglyne vir die liturgiese viering van Wêreld-Vigsdag
op 1 Desember 2008 te lees. Dit is die produk van die Verenigde Diensgroep
Diens en Getuienis se betekenisvolle werk.
Algemene
Sinodale Moderamen besluit oor Zimbabwe
Ben du Toit (Vrydagnuus) laat weet:
Zimbabwe se situasie
is werklik verby metings van haglikheid. Alle moontlik druk op
intervensie deur die buitewêreld is van lewensbelang. Hierdie inligting
is ook belangrik vir ons lidmate om te besef dat die hele Christelike
geloofsgemeenskap verenig is in die veroordeling van die menseregte-vergrype in
Zimbabwe, dat ons meen Suid-Afrika en Afrika behoort sterker en meer
daadwerklik op te tree – en veral dat Zimbabwe lankal nie meer in staat is om
intern sy probleme op te los nie. Daar MOET fisiese ingryping van buite
kom
Intussen rig ons as NG Kerk, na aanleiding van 'n ASM-besluit in
hierdie verband, 'n ernstige skrywe aan die Suid-Afrikaanse Presidensie oor die
deursigtige aanwending van die R300 miljoen skenking deur die SA-regering aan
Zimbabwe vir verligting van hongersnood in daardie land.
Hieroor het die ASM
(3-5 Nov 2008) soos volg besluit:
ZIMBABWE
1 Die Moderamen spreek sy diepe kommer uit oor die voortslepende krisis
in Zimbabwe.
2 Die Moderamen versoek die SA regering om alle moontlik opsies so
spoedig moontlik te benut ten einde werklike en tasbare sukses in die die mediasiepogings te
bewerkstellig. Dit sou mediasie deur die VN insluit. Die lyding van duisende
mense het so groot geword dat geen eie belange of trots meer in die geringste
mate mag keer dat `n oplossing nou gevind word nie.
3 Die Moderamen ondersteun die R300 miljoen wat deur die SA
regering vir hulp aan Zimbabwe bewillig is, maar versoek dat `n dringende oudit
gedoen word oor hoe die geld aangewend word. Dit behoort op `n deursigtige wyse
aan die publiek bekend gemaak te word.
4.Intussen word lidmate en gemeentes aangemoedig om langs bestaande weë
alle moontlike hulp en bystand aan Zimbabwe te bly gee. Ons opregte dank word
hiermee uitgespreek teenoor hulp wat reeds gegee is en steeds gegee word.
We the leaders of the World Council of Churches,
Lutheran World Federation, World Alliance of Reformed Churches, World YWCA,
World Student Christian Federation and the World Alliance of YMCAs – enjoined
by the Zimbabwe Advocacy Office in Geneva, hereby make this solemn and urgent
statement in the wake of the latest Extra-Ordinary Summit of the SADC Heads of
States on the crises in Zimbabwe and the Democratic Republic of Congo.
We are deeply disappointed and saddened that the SADC
leadership and Zimbabwe's political leaders have once again squandered an
opportunity to take decisive, credible and transformative action in the
interests of the right to life, dignity and democracy in Zimbabwe.
By failing to fully address the growing humanitarian
catastrophe and question of illegitimacy of the current government, SADC
leaders have let down the people of Zimbabwe who dutifully went to vote for a
new government on March 29, 2008 and are today still waiting for a government
of their choice.
It is time to give priority to the people through
servant leadership instead of self-serving power politics. It is also time for Africa’s leaders to face up to each other with
honesty and truth and take firm decisions that will provide a foundation for a
durable solution to the protracted crisis in Zimbabwe.
Since August a severe cholera outbreak has claimed
hundreds of lives and more are dying everyday across the country. People living
with HIV/AIDS have no access to life-saving drugs or food. Schools and
hospitals are closing daily because there are no teachers, doctors, nurses or
medicines. Millions of Zimbabweans are starving despite the best efforts of aid
agencies.
Church leaders in Zimbabwe have confirmed that many
are now surviving on wild fruit. Gaining access to water, food, electricity and
even cash from the bank has become a daily nightmare for ordinary Zimbabweans.
Everyday women and children are bearing the brunt of these hardships as
providers, care-givers and vulnerable members of society.
Yet amidst all this suffering the state finds itself
guilty of misappropriating funds mobilised to buy
life saving drugs for the sick as well as providing jobs for at least 50,000 Zimbabweans
in the health sector. Up to 4 million Zimbabweans find themselves trapped in
Southern Africa and beyond, unable to return home in the absence of a credible
resolution of the political and economic meltdown. With a hungry and demoralised civil service, no one is taking proper
responsibility to ensure accountable and efficient public service delivery.
As we call for an urgent affirmation and protection of
the right to life and dignity for all Zimbabweans, we also call for adherence
to democratic principles and processes in the mediation process and a return of
the rule of law inside Zimbabwe. Since the current negotiations began in 2007,
ordinary Zimbabwean people have been further and further excluded from a
process that affects their present and future. We further note with great
sadness reports of escalating violence and violations against human rights
defenders, especially Zimbabwean women’s organisations
calling for an end to the humanitarian crisis.
* We therefore call on the SADC Facilitator, SADC and the
African Union to enhance transparency and broaden the talks to include civil
society and churches to bring in voices from the streets, townships and
villages. African leaders must re-commit themselves to protecting the integrity
of elections and the right of citizens to freely choose leaders of their own
choice.
* We further call upon the ZANU PF party and the MDC to
form a government based on the will of the voters, true equity and in the
interest of real and durable political progress, socio-economic transformation
and national healing. Unilateral decisions on the formation of the new
government will only lead to further international isolation and exacarbate the suffering and misery in Zimbabwe.
* We also call upon Zimbabwe's uniformed forces to treat
their fellow citizens humanely and with respect. To politicians that have lost
their conscience and seek to profit from the misery of fellow Zimbabweans, the
world is watching. Justice as we have witnessed elsewhere in the world, will one
day be served.
* We also call on the United Nations, the European Union
and especially the President-elect of the United States of America, Barack
Obama to mobilise and increase direct humanitarian
support for the long-suffering people of Zimbabwe.
* To international human rights and humanitarian agencies
please keep your focus on Zimbabwe and diligently exercise your responsibility
to protect the right to life in this country.
* To the people of Zimbabwe please hold onto hope. Be
encouraged by the word of God, ‘Return to your stronghold, O you prisoners of hope ; today I declare that I will restore to you double’
(Zechariah 9 :12). We stand in steadfast solidarity with you and keep you in
our hearts and prayers – justice, peace and prosperity are surely at hand. Your
suffering is not in vain.
Issued at Geneva,
Friday, 14 November 2008
Signed :
1. Rev Dr Samuel Kobia,
General Secretary - World Council of Churches
2. Rev Dr Ishamel Noko,
General Secretary - Lutheran World Federation
3. Rev Dr Setri Nyomi, General Secretary - World Alliance of Reformed
Churches
4. Ms Nyaradzai Gumbonzvanda, General
Secretary - World YWCA
5. Rev Michael Wallace, General Secretary - World
Student Christian Federation
6. Dr Bartholomew Shaha, General Secretary - World Alliance
of YMCAs
7. Mr Marlon Zakeyo -
Zimbabwe Advocacy Office in Geneva
The World Alliance of Reformed Churches (WARC)
brings together 75 million Reformed Christians in 214 churches in 107 countries
- united in their commitment to making a difference in a troubled world. The
WARC general secretary is Rev. Dr. Setri Nyomi of the Evangelical Presbyterian Church, Ghana. WARC's
secretariat is based in Geneva, Switzerland.
Inhoud
Aandag
jongmense: MES se Josua Diensjaarprogram
Paul Chris de Vos, Joshua Diensjaar Programkoördineerder
van Port Elizabeth (verbonde aan die Maranatha Sentrum) laat weet:
MES (Metro Evangeliese Sorg) in Hillbrow is besig om uit te brei en
saam te smelt met ons nie-winsgewende, Christen organisasie in Port Elizabeth.
Hulle het die afgelope paar jaar matrikulante met sukses gewerf om ‘n paar jaar lank betrokke te raak by hul Josua Jeug
Ontwikkeling en Diensjaar Programme. Die Joshua student lewer nie net ‘n diens nie, maar ontvang self opleiding in kindersorg;
rekenaarvaardighede; hulp met ‘n bestuurslisensie en
ander rigtings. Daar word beplan om ten minste 10 studente te werf vir Port
Elizabeth. Beide meisies en seuns kan aansoek doen.
Die volledige
afkondiging tesame met die pamflet is
net ‘n klik ver.
Wat mag mag vermag?
Prof Dirkie Smit in Smit
in Burger, 15.11.2008:
As Jesus se
volgelinge geroep is om mense “in enige vorm van lyding en nood by te staan” en
dáárom “getuig en stry teen enige vorm van onreg”
sodat “die reg aanrol soos watergolwe” (Amos 5:24), dán is hulle ook geroep om
met woord en daad te “getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit
selfsug hul eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel” (Belhar).
Teenoor politici wat hul mag misbruik – nie dien nie, maar uit selfsug eie
voordeel soek. Teenoor verkose leiers wat op korrupte wyse hul beleid en
optrede laat beïnvloed deur dié wat heimlik voordele bied, beloftes, gawes.
Teenoor leiers wat nepotisties sorg dat eie mense
aangestel word, familie poste kry, vriende kontrakte. Teenoor plaaslike
amptenare wat meer dink aan pakkette as aan diens lewer, aan eie aansien en
gerief as aan buurte, strate en veiligheid. Teenoor bevoorregtes wat ylings
skatte najaag om eie hebsug te versadig, maar die oë sluit vir armes, dié wat
uitgesluit bly, agtergelaat word, nooit tel nie. Teenoor gewapendes
wat met mes en vuurwapen onskuldiges oorval en beroof, wond en dóód – net omdat lem en koeël hul mag gee oor weerlose
slagoffers. Teenoor bendes wat buurte verskrik, seuns hul kind-wees ontneem,
meisies in vrees laat lewe. Teenoor geweldenaars wat blindweg terreur saai,
omdat ordentlikes nie na dieselfde middele gryp ter verdediging nie. Teenoor
misdadigers wat menswaardigheid sinies minag en dwelms versprei om eie sakke te
vul. Teenoor mans wat hul vroue aanrand, verneder en verkneg net omdat hulle
fisies, geestelik en finansieel kán – voel hulle “is” as hulle kan slaan en
seermaak; omdat die vroue afhanklik, weerloos en sonder heenkome is, besorg oor
hul kinders, vol vrees vir húl veiligheid en toekoms, en dáárom
verduur. Teenoor magtiges wat agendas bepaal en ongestraf doen wat hul wil.
Teenoor dié wat leuens versprei, propaganda en misleiding in stede van
waarheid. Teenoor ouers wat uit selfsug eie behae soek en nie omgee nie.
Teenoor dié wat uit kulturele vooroordeel – ras, taal, seks – alles en almal
wat ánders lyk en lewe veronreg, uitsluit, gelyke plek wil ontsê. Téénoor al
diesulkes getuig hulle. Tóé, en nóú.
Bly bely dat mag nié mag net omdat dit kán nie, al is dit wié. – DJS
Week van Gebed 2009 sluit aan by die
500ste geboortejaar van Johannes Calvyn
Dr Gideon van der Watt van die Verenigde Diensgroep
vir Diens en Getuienis laat weet:
Volgende jaar vier
Gereformeerde Kerke oor die wêreld heen die 500ste herdenking van die
geboortejaar van die groot Hervormer Johannes Calvyn. Oral word kongresse
beplan, reekse publikasies uitgegee en feestelike byeenkomste gereël. Dit is
goed dat Gereformeerde Kerke in die 21ste eeu weer hulle wortels en diepste
identiteit ontdek en vier. Met die oog op hierdie vieringe neem die Wêreldbond
van Gereformeerde Kerke leiding met ’n besondere handboek: “The
Legacy of John Calvin: Some actions
for the Church in the 21st Century” deur die
bekende Switserse teoloog Lukas Vischer.
Dit gaan egter hier nie net maar om ’n verering van die mens Calvyn
nie. Hy sou die eerste wees om sy eie feilbaarheid te erken. Deur die insigte
van Calvyn het die Here egter ’n verruiming en verdieping in die kerk gegee, ’n
fokus op Christus, ’n nuwe waardering vir die werk van die Heilige Gees, die
bevestiging van gesag van die Skrif, maar veral ook ’n nuwe verstaan van die
roeping van die kerk in die wêreld. Dit gaan ten diepste om die eer van God op
elke duimbreedte van ons bestaan.
Die NG Kerkfamilie se Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis het
besluit om by hierdie vieringe aan te sluit, onder andere met die uitwerk van
die temas vir volgende jaar se Week van Gebed en die Pinksterreeks. As
oorkoepelende tema is besluit op:
Bid en werk tot eer van God– in
die nalatenskap van Calvyn.
Dit is ’n mooi gebruik dat gemeentes die jaar se werksaamhede met ’n
Week van Gebed afskop. Verskillende temas word vir die gebedsgeleenthede
voorgestel. By elke tema word inleidende gedagtes gegee en voorstelle gemaak
oor teksgedeeltes en ander bronne. Liturgiese- en gebedsriglyne word ook gegee.
Die volgende temas word vir volgende jaar se Week van Gebed voorgestel:
* Ons
roeping om te bid (aanbidding en voorbidding)
* Ons
roeping om onder leiding van die Gees betrokke te raak in die wêreld
* Ons
roeping om te bid en te werk vir geregtigheid (gehoorsaamheid aan God se Woord)
* Ons
roeping om te bid en te werk vir vrede (teenoor die geweld in ons
samelewing)
* Ons
roeping om te bid en te werk vir versoening en eenheid in die kerk
* Ons
roeping om te bid en te werk vir die heling en versorging van mense in nood
* Ons
roeping om te bid en te werk vir die herstel van die skepping
* Ons
roeping om oral tot eer van die Here te leef
Die uitgewerkte temas word ook in Engels, Sotho en Xhosa vertaal. Dit
sal DV binnekort beskikbaar wees by die volgende adresse: amanda@clf.co.za of by 021 8736972, op
Bybelmedia se webwerf www.bybelmedia.co.za
of die van die NG Kerk www.ngkerk.org.za
Dr Gideon van der Watt
Taakgroep vir Week van Gebed
“The Old Testament against its Environment,” en: ‘n Geleentheid vir die Jeug
Vasco Seleoane van African Enterprise laat weet:
We
have had very exciting conferences these past weeks by Dr Michael Cassidy on
“Leadership Transformation in Africa” and Dr Richard Pratt on “The Old
Testament Against its Environment”. We decided to put these teachings on MP3
format to make them affordable. I am planning to have them distributed at
R50.00 each excluding postage. The teachings in these CDs are incredibly
valuable for Christian leaders. Please feel free to place your orders to: modell@ae.org.za.
I
again appeal to you to recruit youth in your churches who are interested in music, poetry, dance, drama and art to register for “Gospel
and Arts” that is taking place from the 12 – 15
December 2008 at the AE conference centre. Details attached. The is still space for those who would like to enrol for a
certificate in Theology from Moore College. The course starts on the 17 – 28 November 2008 at R500
excluding transport. Pray for our program and be blessed.
Vasco Seleoane
African
Enterprise Leadership Training Centre
Lees in die jongste Kerkbode van 21
November
* Nie God én Mammon nie. Die NG Kerk het hom
by monde van die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) sterk uitgespreek teen
ekonomiese stelsels wat tot bandelose materialisme lei. Die kerk sê hy hoop
die wêreldwye ekonomiese krisis sal die einde inlui van gierigheid en die
tragiese gevolge wat kooplustige materialisme vir mense en die wêreld inhou.
* Eerlike gesprek oor belydenisse nou nodig – Braam Hanekom. Daar is ’n diepe
besorgdheid by hom oor die wyse waarop belydenisskrifte tans binne die NG
Kerkfamilie hanteer word en funksioneer. So sê die moderator van die NG Kerk
se jongste Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland, dr Braam Hanekom.
* Moderne ark laat wenkbrou lig. Die eeu oue
vraag of Noag se ark bestaan het, is weer op almal se lippe nadat ’n
Nederlander twee jaar lank aan ’n replika van die ark gebou het en dit sedert
verlede jaar oop is vir die publiek.
* Kerk en kultuur. Die evangelie moet ’n vormende
uitwerking op beide kultuur en kerk te hê (en nie andersom nie). Wanneer ’n
kerk egter die evangelie eenkant toe skuif ter wille van kulturele aspirasies,
beland hy op ’n dwaalspoor.
|
*
Proponente-uitgawe.
Die teologiese fakulteite aan die Universiteit van Stellenbosch, Pretoria en
Vrystaat asook die Noordelike Teologiese Skool vir VGK-studente se
legitimasie-plegtighede vind vandeesmaand plaas om proponente van die NG
Kerkfamilie vir die bediening te legitimeer. Kerkbode plaas die persoonlike
inligting oor al die proponente. |
LIG: Desember 2008/Januarie 2009
* ’n Drieling vir Nianell,
drie vroue wat booswigte uitoorlê het en die drie singende Snyman-broers. Dít
alles vind jy in die Kersuitgawe van LIG - jóú gesinstydskrif.
* Fanus Rautenbach, Wilna Snyman, Marion Holm,
Heinz Winckler, Pedro Kruger en Laurinda Hofmeyr sit aan by die LIG-Kerstafel om oor dankbaarheid te gesels en die
Coetzee-gesin van Grabouw vertel waarom hulle in ’n plakkerskamp woon.
* Lees ook oor gawe skoonma’s en vriendelike
skoondogters, mans met depressie, kinder-veiligheid, die nut van stokperdjies,
aanlyn-kinders se kuierplekke, oorgaan-skenking, die ondersteuning van jou kind
se onderwyser en die euwel van oordadigheid.
Koop nou jou LIG - dit sál ’n verskil
in jou lewe maak.
Besondere vennootskap…Bybel-Media en
gemeentes
* Met publikasies
en produkte wat fokus op ondersteuning
van leraars/gemeentes/ lidmate, glo ons dat Bybel-Media in 2008 gehelp het om
’n verskil te maak.
* Ons het groot
waardering vir al die sinodes, ringe
en gemeentes waar Bybel-Media-personeel kon optree met uitstallings,
DVD-bekendstellings en preekbeurte.
* 'n Hartlike dankie aan die tientalle gemeentes wat Bybel-Media
ondersteun met ’n jaarlikse bydrae uit hul begroting en/of ’n gereelde
deurkollekte.
* ’n Baie groot
dankie aan al die leraars vir hulle
welwillendheid en samewerking.
* Dis werklik
'n besonderse vennootskap wat elke jaar wyer uitkring.
*
Gemeentes wat in 2009 ’n
besoek/bekendstelling/preekbeurt van Bybel-Media personeel kan inpas, kan
my dadelik kontak om reëlings te tref.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ’n pragtige Boland.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en
Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Sonheuwels
bied heerlike vermaak aan
Ds Deon van Staden van Sonheuwels vertel van twee
besondere geleenthede wat die gemeente aanbied:
1) Kersmark by Sonheuwels gemeente (Bougainvillearylaan, Westering) op Vrydag 28 November vanaf 14:00 - 22:00. Stalletjies kan bespreek word teen R20-00 by Arinda (tel. 041 3605148). Daar sal behalwe die groot verskeidenheid artikels, ook eetgoed te koop wees. (Amper soos by 'n basaar!) Die kinders sal met elke aankoop by 'n stalletjie 'n kans kry om 'n geskenkie te trek uit ons "voel en vat drom."
2) Francois en Elizabeth Fourie, die bekende sangpaar, tree op 7 Desember om 9:00 op by Sonheuwels gemeente met 'n kersprogram wat beloof om 'n belewenis te wees! Toegang is gratis - daar sal wel 'n kollekte opgeneem word. Vir navrae skakel vir Deon by 041 3601496.
Konferensie
oor Inter-kulturele bediening
Die NG Kerk beskik oor ‘n Forum for Intercultural Ministry (FIM)
wat ten doel het om:
* interkulturele bedieninge
pastoraal te ondersteun;
* materiaal vir
interkulturele bedieninge te versprei (liturgieë, formuliere e.s.m.), en
* as
gespreksruimte te dien om relevante sake vir hierdie soort bedieninge te
hanteer.
Die FIM-konferensie vir 2009 vind
tussen 2 en 5 Februarie te Orchards Retreat Centre in
Johannesburg plaas. Die tema is: Intercultural Ministry and Suburbia.
Gemeentes wat reeds met interkulturele bedieninge besig is, word genooi om die
konferensie by te woon. Gemeentes wat belangstel in so ‘n
bediening, word genooi om die Opedag op 3 Februarie 2009 oor hierdie
aangeleentheid by te woon.
Belangstellendes kan dr Mark Rathbone kontak by 082 771 0738 of mwrath@mweb.co.za. ‘n CD-Rom met liturgieë en formuliere kan by Ryk Brink bestel
word (082 825 1233).
Vakature
vir mede-leraar in NG
Kerk Fichardtkruin
Dié gemeente het ‘n vakature
vir ‘n medeleraar - volledige besonderhede hier.
CONFIDENCE:
Once
all village people decided to pray for rain. On the day of prayer all people gathered and only
one boy came with an umbrella......
that's Confidence...
TRUST:
Trust should be like
the feeling of a one year old
baby when you throw him
in the air; he laughs.....because he knows you
will catch him........
That's Trust............
HOPE:
Every night we go to bed, we have
no assurance to get up
alive in the next morning but
still we set the alarms to wake us
up and still make plans for the
coming day..........
That's Hope..........
Put your Confidence; Trust & Hope
in the Lord for He is Faithful and Just ...
(Dankie Ron Reynolds)
Hier is ‘n goue oue, ingestuur deur
een van ons lesers - wat in sy eie belang naamloos sal bly ;-)
MAKLIKE KERSKOEK
RESEPPIE
(Hierdie is die maklikste resep ooit!)
Bestanddele:
1 Koppie Water
1 Teelepel Koeksoda
1 Koppie Suiker
1 Teelepel Sout
1 Koppie Bruin Suiker
Suurlemoensap
4 Groot Eiers
Neute
1 Bottel Brandewyn
2 Koppies droë Vrugte
Metode:
Proe die Brandewyn om die gehalte te
toets.
Neem 'n groot mengbak en proe die
Brandewyn.
Maak seker dis die beste gehalte,
skink een koppie vol en drink dit. Herhaal.
Skakel die menger aan. Klits een
koppie botter in 'n donsige bak.
Voeg 'n teelepel suiker by. Klits
weer.
Maak seker die Brandwyn
is sjteeds goed.
Drink nog 'n koppie vir die wis en onwis.
Skakel die menger af.
Breek twee eiers, gooi dit en die
droëvrugte by. Tel die vrugte van die vloer af op. Meng die
skakelaar aan.
As die droëvrugte vassjit,
sjkroewedraaier dit losj.
Proe die Brandewyn vir gifterigheid. Sif nou twee koppies sout of so
iets. Wie gee om? Proe die Brandewyn. Sif die suurlemoenspa,
dreineer dei neuter en gooi
'n tafel by.
Dan een lepel sjuiker,
of sjo ietsj. Wat jy
ook al kan kry.
Smjeer die
oond. Draai die koekpan 360° en moenie val nie.
Menger die afskakel.
Gooi die bak deurrie
venster en drunkie laasjte
Brandewyn op.
Gekersde Seënfees!
Sinodale Kommunikasie