Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 37 - 14 November
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Groeiende bediening in die
industriële stadsgebied: “Ons kies om van jongmense dissipels te maak”
Ring van PE reël suksesvolle
MES-gesprek
Kerke
wat gedy: doeltreffender kerklike programme nie die antwoord - Stephan Joubert
Seën die Volkere: ‘n Besondere webblad om te besoek
Finansiële besonderhede
van Missie Japan
Sonheuwels bied heerlike vermaak
aan
Datums, waaronder VBO-datums, en
Kalender
Konferensie oor Inter-kulturele
bediening
Toerustingsburo Interkulturele Werkers (TIW): Hugenote
Kollege
Calvyn-konferensie Stellenbosch 2009: Die relevansie van Calvyn vir
vandag
Prettig en verrassend om
in Afrika te leef
Groeiende
bediening in die industriële stadsgebied: “Ons kies om van jongmense dissipels
te maak”
“Daar was ‘n tyd toe ons gedink het ons rol as kerk is om
jongmense deur vermaak van die straat te hou. Maar dit het nie gewerk nie, die
kompetisie is te sterk, en die Here het ons oortuig dis nie ons werk nie”. Aan
die woord is Jacques en Lindi Bruwer van die NG Kerk PE-Noord, ‘n gemeente in
die geïndustrialiseerde stadsgebied van PE.
Vroeër jare was PE-Noord een van dié
gemeentes in die Baai, maar die inbeweeg van industrieë in hul gemeente,
twintig jaar gelede, het die tradisionele hart uit die gemeente geruk en ‘n
stryd om oorlewing het gevolg. Vyf jaar gelede het die gemeente téén oorlewing
en blote instandhouding gekies, en besluit hulle is daar vir die gemeenskap.
Die grootste gedeelte van die gemeente is lidmate wat dit self nie breed het
nie, baie is staatspensioenarisse, maar die gemeente is aangegryp deur hulle
roeping as God se verteenwoordigers in hul konteks. Oor die afgelope drie jaar
het hierdie gemeente se dankoffers met 180% gestyg.
“Hoe bedien mens jongmense? En ek
bedoel nou al die jongmense van ons omgewing?” Dis weer Jacques, jeugleier, aan
die woord. “Ons het besef ons moet elke jongmense die geleentheid gee om die
Here te kan ken, nie net as Verlosser nie, maar ook as die lewende Here wat
mense elke dag in jou lewe navolg en dien”. Die jeugleiers is onverskrokke
daaroor: jy word deel van die jeugbediening omdat jy ondersoek wil instel of jy
die Here wil volg, en - indien jy kies om dit te doen - om voluit die pad van
dissipelskap te loop.
“Die Here het dit vir ons op die hart
gedruk om te kyk waar die stad die Here se genesing nodig het. Waar is daar
stukkendheid, dinge wat verkeerd is, waar is hulp, liefde en bystand nodig”,
vertel Jacques. Hulle het ‘n bus gekry en deur die stad gery gekyk na die
kroeë, prostitusie, klubs met dwelmmisbruik, hulle het gebroke gesinne en
gebroke kinders raakgesien. Hulle het oumense waargeneem wat liefde en aandag
ontbeer.
Die jeug begin - en hierdie proses gebeur
ook op ander vlakke in die gemeente - om uit te reik na hierdie afvlerk-mense,
soos PE-Noord hulle noem. Die wonder is dat die eredienste n die aande verander
het en gasvrye geleenthede word waar die mense na wie hulle uitreik, verwelkom
word. Baie gereelde aanddiens-gangers is nie tradisionele NG-lidmate nie. Dit
maak ook nie saak nie, hulle is geesgenote en mense op die lewensreis om Jesus
na te volg.
PE-Noord is ‘n gasvrye gemeente wat
weet hoe om beide uit te reik en te verwelkom.
Dit is vir my ‘n wonderlike ontdekking
om hierdie stil, nederige gemeente beter te leer ken. In volgende uitgawes van
eNuus vertel ek julle van die ander wonderlike goed wat daar gebeur.
Ring
van PE reël suksesvolle MES-gesprek
Die Ring van Port Elizabeth begeer dat NG lidmate
barmhartige lewens sal lei. Daar is soveel getuienis dat mense deur omgee vir
hulle medemens en direkte, persoonlike kontak met armes ‘n geweldige impak op
noodlydendes se lewens maak.
Die bekende MES
Middestad-Evangelisasiebediening van Johannesburg brei tans uit na Port
Elizabeth. Die Ring het geoordeel dat Mes ‘n manier kan wees om Christene
bymekaar te bring in ‘n gemeenskaplike liefdesdiens aan mense in nood. MES
beskik oor die broodnodige vaardigheid om verskillende rolspelers - dienende
gelowiges, kerke, sakemanne, en professionele diensorganisasies soos die CMR,
ACVV en Maranatha bymekaar te bring.
Vanoggend, Vrydag 14 November, is ‘n
besondere suksesvolle ontbyt aangebied waarin Johan Krige, bestuurder en
Francois, die finansiële direkteur, ‘n wyd-uiteenlopende groep kerklike,
gemeenskaps, en leiers uit die maatskaplike dienstesektor in PE toegespreek
het. Dit was een van die mees ekumeniese byeenkomste wat die NG Kerk nog in PE
gereël het, en daarom ‘n baie besondere ervaring.
Vir die Ring, sê Wimke Jurgens van
Somerstrand, organiseerder van die byeenkoms, is die doel nie groot strukture
nie, maar mense wat saam met noodlydende medemense leef. Hy vertel as jong
volwassene hoedat sy portuurgroep uitgedaag voel om Christen te wees sáám met
noodlydende mense.
Bravo! Mag ons kerk meer en meer deur
barmhartige lewens gekenmerk word.
Kerke wat gedy: doeltreffender kerklike
programme nie die antwoord - Stephan Joubert
Stephan
Joubert, Godsdiens-aktueel: Beeld, Nov 09 2008
’n Nuwe wêreld het
amptelik aangebreek. Verby is die dae van groot sterre of magsinstellings wat
hul invloed van bo laat geld. Ons nuwe wêreld is virtueel, platter en meer
geestelik. Vandag se snelgroeiendste inkopiesentrum, kuier- en kerkplek is die
internet. Time berig dat daar in 2006 sowat 161 miljard gigagrepe se inligting
in die virtuele wêreld rondbeweeg het. Dis 3 miljoen keer meer as alle
boekkennis vanaf die begin van menseheugenis! Tussendeur is die ewe gewilde
universele kommunikasieformaat daardie 160 karakters wat SMS-boodskappe ons
bied, of die ietwat minder karakters van Twitter. MXit en Skype is oubekendes.
En om te dink dat egte verhoudings afwesig is op die virtuele en elektroniese
hoofweë, is om die nuwe wedstrydplan te mis. Waar pas die kerk in hierdie
onderstebo wêreld in? Wel, ek het onlangs ’n nuwe hartklop gehoor tussen 15
“buite-die-boks-”- geestelike leiers wat op Hervormingsdag (31 Oktober) in
Wittenberg, Duitsland, daaroor saamgedink het. Vir mense soos Leonard Sweet,
George Barna, Christian Schwarz, Ron Martoia, Younglae Kim, Elija Mahlangu,
Mark Batterson, Stuart Murray, Johan Geyser en Nelus Niemandt is die uiterlike
hervorming van bestaande kerklike strukture, of die ontwikkeling van
doeltreffender kerklike programme nie die antwoord nie.
Die sleutel is ’n radikale nuwe lewensverbintenis aan Jesus wat sy eie
lewe prysgegee het om God se vrede tussen ons te laat aanbreek. Ook is
diensgerigte verhoudings met ons naaste, en ’n aktiewe betrokkenheid van ons
elkeen by die uitdagings en pyne van moederaarde, krities belangrik. Weg is die
dae dat ’n klein groep amptelike leiers die hartklop van kerkwees vergestalt.
Vandag se nuwe wysgere is die jonges, die geringes en randfigure, soos Jesus
ons lankal geleer het. As Barack Obama kon snap dat hy sy verkiesingsveldtog op
hierdie groeperings moet fokus, dan is dit hoog tyd dat kerklikes dit ook
begryp! Verby is die dae dat mense van die een kerkbyeenkoms na die ander
skarrel om geestelik te groei – maar sonder om hul hande ooit vuil te maak deur
die behoeftiges te dien. Navolgers van Jesus weet vandag se generasie is oper
vir God, maar hy is ook meer skepties oor godsdienstige instellings. Eietydse
dissipels plaas nie hul hoop op amptelike kerklike aksies om buitekerklikes te
bereik nie. Hulle meld sommer regstreeks aan as heeltydse markpleinbedienaars.
Hulle besef hulle moet die reg verdien om gehoor te word deur hul eie leefstyl
van dienslewering en omgee. Kerklike binnegevegte oor die regte
aanbiddingsvorms, strukture en leerstukke maak geen sin in ’n wêreld wat na
nuwe antwoorde op vandag se globale vraagstukke soek nie. Die Kopenhagen-konsensus,
’n globale gesprekgroep oor krisisse wat die mensdom bedreig (www.copenhagenconsensus.com),
meen die grootste probleme in ons wêreld sluit klimaatsverandering, armoede,
politieke korrupsie, migrasie, wanvoeding, waterbesoedeling, armoede en
ekonomiese onstabiliteit in. Hoewel dié krisisse in formele godsdienskringe
maklik misgekyk word, word aangrypende aksieprogramme deur individuele
gelowiges en eietydse gemeentes van stapel gestuur. Die internet word gebruik
om konkrete hulpprogramme te dryf, nuwe teologiese leerervarings te skep en
verhoudings te fasiliteer. Vandag se wêreld is te vinnig vir uitgediende
onderrigmetodes; die nood te groot vir onpersoonlike kerkwees.
Kerke wat gedy, is verhoudinggedrewe en organies van aard. Hulle is
minder gestruktureerd, meer vrygewig en uitverkoop aan Christus en ander. Hulle
waag dit om die onvoorspelbare, verhoudinggedrewe wêreld van diens en koinonia
te betree sonder om die uitkoms daarvan te probeer manipuleer. Hulle omhels
diegene wat nie soos hulle lyk, glo, dink of praat nie. Hulle benut hul
eietydse kommunikasiemiddele om dienend aanwesig te wees binne die nuwe,
tegnologiese ervaringsruimtes van ons dag. Hulle besef die speelveld het van
formele instellings na lewende organismes verskuif. Gewone lewens praat harder
as amptelike preke. Die regte leerstellings word nou hoorbaar in lewens wat
geskoei is op die verhaal van Christus, eerder as in formele kerklike
leerboeke. [Joubert is buitengewone professor in Nuwe Testament aan Tuks. www.ekerk.co.za]
Ds Pieter Raath, moderator van
die jongste sinode van KwaZulu-Natal, vertel van die Moderamen Algemene Sinode
se gesprek oor grondhervorming, en verwys ook na wat in KZN gebeur:
Tydens ons onlangse ASM-vergadering het ons oa kennis geneem van die
feit 95% van die 79 000 grondeise al afgehandel is, met net omtrent 4 000 baie
moeilike eise wat oorstaan.
Mens besef net opnuut dat dit vir die regering en die land ‘n
prioriteitsaak is, maar met groot verleentheid moes ons ook kennis neem dat die
praktiese toepassing van die grondhervorming hierdie dringende saak grootliks
laat misluk. Dinge gebeur net nie.
Nog groter verleentheid vir die regering is waarskynlik die besef dat
drie miljard rand net verdwyn het. Dit bevorder nie enige positiewe sentimente
rondom ‘n baie negatiewe saak nie.
Maar die kerk moet ook die geleenthede wat daar is gebruik om verder te
bou aan verhoudings. In die opsig is ons in KZN dalk die res van die land ‘n
bietjie voor met SW Scott-hulle se inisiatiewe via die KZNCC. Vir meer
inligting hieroor kies “KZN Grondsake en betekenisvolle vordering – 12
September” op die webblad. Direkte skakeling daarheen:
http://www.ngkerk.org.za/kzn/nuus.asp?PerPage=10&dienste_id=PageNum=2
Hiermee is een werklikheid weer onderstreep: Die sukses of mislukking
van grondhervorming gaan in die streke bepaal word. Daarom beplan die Algemene
Sinode se Taakspan Grondhervorming om volgende jaar ook KZN te besoek.
Die besoek word beplan, oa ter ondersteuning van ons eie inisiatiewe, maar ook
vir ander om te sien watter suksesse rondom ons eie inisiatiewe en prosesse
deur God se genade reeds bereik is.
(Oorgeneem
uit ePosduif, nuusbrief van KZN)
Seën die
Volkere: ‘n Besondere webblad
Prof Jean Greyling, voorsitter van die gevestigde
Baaise sendingnetwerk en sendingrolspeler laat weet:
Besoek gerus die Seën
die Volkere Webblad (www.blessthenations.co.za)
, waar jy na die volgende onderhoude kan luister:
* Heinrich Alberts (Hoogland) and Jan Kampman
(PE Wes) oor hul besoek aan Egipte
* Wikus en Cariena VD Walt (Calvary, Malabar)
oor hul roeping na Canzibe, Transkei
* Frits en Nickey vd Merwe (Muapula, Mosambiek)
oor die Afrika Wereldbeskouing
* Stephan en Cariena VD Watt oor hul roeping na
Japan
* Danie Mouton oor die uitdagings van
kruis-kulturele werk
Daar is ook ‘n
boodskap van Giep Louw oor die geskiedenis van sending in die Oos Kaap
Hoe
gaan dit met die opwindende nuwe fase in Missie Japan se bediening?
Stéphan van der Watt, Oos-Kaapse dominee wat DV in
2009 saam met sy vrou, Carina, en hul jong dogter na Japan vertrek as leraar
van die Japanse Gereformeerde Kerk (RCJ) skryf in sy jongste nuusbrief:
Verlede week ry ek êrens en dink oor hoop. Dit was na aanleiding van ‘n gesprek met
iemand wat moed verloor het, en nie weet watter kant toe nie. Kort daarna
herinner ‘n yskasmagneet my tydig aan Paulus se gebed in Rom. 15:13 -
“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede
vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige
Gees!” En ek besef weer opnuut: God bly die bron van AL ons hoop. Hoop in God
is ons “veilige en onbeweeglike lewensanker” (Hebr. 6:19). Dis die wete
dat God Sy Woord gestand doen. Hy vind vreugde daarin om getrou te wees (Jes.
42:21), daarom hoop ons ook i.t.v. Missie Japan “op wat ons nie sien
nie, en wag daarop met volharding.” (Rom. 8:24). Dit bly maar ‘n
groot uitdaging, maar met al die gebedsondersteuning wat ons kry, is dit
moontlik!
Ons kyk ‘n oomblik terug ná 3 maande
Die tyd sedert middel Augustus was ‘n baie intense
en tog opwindende hoofstuk in ons lewens. Die laaste deeltjie daarvan was in
die Suidoos-Kaap, waar dit ook baie lekker was om heelwat ou bekendes en
families tussenin te sien – baie dankie vir almal se gasvryheid! Die bekendstellings-geleenthede
by gemeentes en groepe was en is ’n noodsaaklike geleentheid om die roeping en
visie van wêreldsending met baie mense te deel. Ons reise van etlike
duisende kilometers, oorslaap in vele ander mense se huise en die konstante
verandering van elke-dag se roetine, is egter veral vir klein Annlie ’n groot
ontwrigting (en daarom ook vir ons). Ons ervaar dat die eise van hierdie
kruispad in ons lewens ’n groot invloed het op al ons energievlakke. Die
realiteit is dat ons voor 1 Desember moet meewerk om voldoende finansiële (en
ander) ondersteuning te werf, sodat Missie Japan se uitvoerende bestuur finale
besluite kan neem oor ons uitstuur-tyd na Japan.
Draers van hoop
Daar is ’n diep dankbaarheid in ons harte en
gebede aan God, dat soveel wyd uiteenlopende individue, kleingroepe en
gemeentes reeds aangedui het dat hulle wel wil betrokke raak by Missie Japan.
Hulle is almal draers van hoop en deel van die span medewerkers in God
se groot opdrag tot aan die uithoeke van die wêreld (Jes. 49). Ons is veral
bemoedig deur te sien dat, te midde van die wêreldwye finansiële krisis, mense
in die geloof steeds bereid is om groot opofferings te maak. Missie Japan het
reeds ongeveer 45% van die maandelikse bedrag wat ons nodig sal hê vir ons werk
daar, ontvang - in beloftes en bedrae wat reeds per debietorder betaal word.
Boonop is daar verskeie gemeentes regoor die land wat nog hierdie maand / vroeg
2009 moet besluit of hulle ons in hierdie saak sal ondersteun.
Ons wil graag almal wat dalk reeds ’n oortuiging
het om verder betrokke te raak vriendelik uitnooi om so gou moontlik hulle
verbintenisse en inbetalings te maak, en oor te dra aan Missie Japan. Vir meer
besonderhede oor finansiële bydraes, kliek hier.
Wes-Kaapse besoeke
Vanaf 16-23 November is ons weer in die Kaapstad omgewing. Sondag 16 Nov is ek by die 08h30 en
10h00 eredienste van NGK Durbanville-Bergsig. Van Maandag 17 – Donderdag 20
Nov besoek ek verskeie kleingroepe, getuienis-aksies en individue. Ek is
ook in daardie week vir 3 dae betrokke by die Universiteit van Stellenbosch se
finale jaar teologie studente se laaste eksaminering en legitimasie. Op Sondag
23 Nov lei ek om 09h00 die erediens by NGK Kuilsrivier De Eike. Kontak my gerus om ‘n afspraak te reël in die oop
tye.
Ander
sake om van kennis te neem
* Ons webtuiste is nog
onder konstruksie – dankie vir jou geduld. Besoek dit vanaf 17 Nov by: www.missiojapan.org.za en loer onder
die opskrif “Latest news” om die volgende af te laai:
- Twee nuwe Engelse onderhoude
(30 minute) van my en Carina met Prof. Jean Greyling van Bless the Nations.
- ‘n PowerPoint-aanbieding oor die fokus
van Missie Japan se werk (soos wat ek dit aanbied orals), asook ‘n PDF-brosjure
om met iemand te deel.
* Maak ‘n nota om Sondag 7
Des te luister na RSG se “Kollig op die Kerk” êrens tussen
07h30-08h00, vir ‘n kort onderhoud wat ek DV binnekort sal voer oor Missie
Japan.
* Hieronder is twee dokumente
wat jy dalk nog nie kans gehad het om te lees nie. Vir meer oor die baie
belangrike Waarom sendelinge uit Suid-Afrika na Japan?, wat geskryf is
deur Prof. Makita (leier van die RCJ in Shikoku), kliek
hier. Jy kan ook my roepingsverhaal lees met
meer agtergrond oor die pad tot hier.
* Laastens, kontak my gerus as
jy meer wil hoor oor ‘n geleentheid om onderwys te gee in Yemen
vir Christen-kinders uit verskillende lande.
Gebedsonderwerpe
* Dankie sê vir God se sorg en
trou i.t.v. die afgelope weke se ondersteuning wat ons ontvang het.
* Vra vir gesondheid en balans
vir die tyd wat voorlê in die Wes-Kaap.
* Vra vir aanvaarding van ons
roeping, asook volhoubare ondersteuning deur gemeentes en individue wat die
bekendstellings sal bywoon.
* Vra vir wysheid en leiding vir
Missie Japan se uitvoerende bestuur wat op 1 Desember amptelike besluite moet
neem oor ons vertrek na Japan.
Baie dankie dat ons kan staatmaak op
julle gebede!
Vrede
Stéphan en Carina
jsvdwatt@lantic.net / cvdwatt@lantic.net / 084 513 8516
Finansiële besonderhede van Missie Japan:
Rekening
naam: Missie Japan
Bank:
ABSA
Takkode:
632005
Rekening
nr: 4049690248
* Alle fondse word administreer deur me. Thea
Bosman by die Getuieniskantoor van die NG Kerk Vrystaat.
* Haar kontakbesonderhede is 051-406 6729 en getuienis@ngkerkovs.co.za
* By ‘n inbetaling kan u asseblief u naam en
van, asook die verwysing VDW byvoeg.
* Indien u self ‘n debietorder ingestel het,
stuur asb 'n e-pos of faks aan die getuienis-kantoor om te sê van watter dag en
maand af dit in werking tree.
Baie
dankie vir u bereidheid om ons roeping ‘n realiteit te maak.
U
is ‘n volwaardige medewerker wat saam met ons gestuur is na Japan.
Stéphan van der Watt
Iemand met die naam Estelle skryf vandeesweek op die
Emerging Africa Blog:
I was born into a good, Calvinist, Dutch Reform family. Although I went
to dull, dry services and although I kicked the pew in front of me until it was
time to go home, I used to pretend that the sunlight falling through the
stained glass windows onto the bench was actually God himself coming to sit
next to me. I saw green, red and yellow slithers that danced and I believed
that that was God.
I don't think that I was wrong.
Of course, as I grew older, I grew more disillusioned. I lived as an
agnostic for a long time. In college, I was met by a group of fundamentalist
Christians who invited me to Bible study. It would be the first time I would
read the Bible myself. They counselled me through my depression, offered me
love and friendship and acceptance, and eventually baptized me for the
forgiveness of my sins.
But the shine soon wore off. The immense control of the group and its
long lists of rules and codes of conduct tore me down. Being a Christian
equaled oppression and harm. I was told how to spend my time, I was told how to
believe, I was told to confess every intimate sin, I was told how to cut my
hair and who to date and what to wear. Around about the time I decided that I
could no longer live with the burden of God in my life, I was introduced to the
writings of Rob Bell, Brian McLaren, Doug Pagitt and Phyllis Tickle. At first,
their books made me so angry that I threw them against the wall. They were the
"spiritual pornographers" my church had warned me against. But later,
the freedom they offered was engrossing.
I have been a Reformist, a Restorationist, a Wiccan. I have worked for
Evangelicals and I currently work for the Dutch Reform Movement. I am married
to a man ingrained in the Jewish way of thinking. I've been a missionary and an
atheist.
What drew me to the emergent movement was the idea that I no longer had
to have all the answers. I no longer had to listen to a "brother" who
told me that I was going to hell for wearing a skirt that rose above the knee
or a pastor who called me a liberal fool.
I no longer had to decide – for once and for all – that whether or not
my homosexual best friend was going to hell or not. I no longer cared whether
the Creationist or the Scientific view of Genesis was accurate. I no longer had
to judge others. I no longer had to judge myself and my own performance.
But I also struggled with boundaries. Because at the end of the day,
when you have more questions than answers, you feel a little bit lost. The
freedom I found after leaving the church, soon become oppressive in itself.
I occasionally feel as though I'm in spiritual limbo. I don’t attend any
more churches, because I hate the abuse that comes with fundamentalism and
moral absolutes as well as the chaotic, emotive "worship" of more
liberal churches. But I miss being part of something.
Yann Martel said, "If Christ spent an anguished night in prayer, if
He burst out from the cross, "My God, my God, why have you forsaken
me?" then surely we are also permitted doubt. But we must move on. To
choose doubt as a philosophy of life is akin to choosing immobility as a means
of transportation."
Nota: In ‘n mooi
respons op Estelle se skrywe, sê een van die respondente hy vertrou haar
kerkfamilie sal haar bly omhels en as kerk altyd minder Reformed en méér
Reforming bly.
Sonheuwels
bied heerlike vermaak aan
Ds Deon van Staden van Sonheuwels vertel van twee
besondere geleenthede wat die gemeente aanbied:
1) Kersmark by Sonheuwels gemeente (Bougainvillearylaan, Westering) op Vydag 28 November vanaf 14:00 - 22:00. Stalletjies kan bespreek word teen R20-00 by Arinda (tel. 041 3605148). Daar sal behalwe die groot verskeidenheid artikels, ook eetgoed te koop wees. (Amper soos by 'n basaar!) Die kinders sal met elke aankoop by 'n stalletjie 'n kans kry om 'n geskenkie te trek uit ons "voel en vat drom."
2) Francois en Elizabeth Fourie, die bekende sangpaar, tree op 7 Desember om 9:00 op by Sonheuwels gemeente met 'n kersprogram wat beloof om 'n belewenis te wees! Toegang is gratis - daar sal wel 'n kollekte opgeneem word. Vir navrae skakel vir Deon by 041 3601496.
NG KERK PATMOS
KUNSMARK
DATUM: Saterdag
15/11/08
TYD: 9H00 – tot wanneer die koffie op is!!!!
PLEK: Patmos
Kerk gebou
h/v
Buckingham – en Kaapweg PE
Bondel jou familie in of gryp ‘n
vriend of vriendin en kom verryk jou siel en lig jou gemoed!
KYK UIT EN SIEN
JOU VERSEKER DAAR!!!!!!
Datums,
waaronder VBO-datums, en Kalender
Die sinodale jaarbeplanning vir 2009, waaronder
VBO-datums, is op die web beskikbaar. Besoek www.ngkok.co.za/datums.
Verder is die datums ook in kalendervorm vir 2009
vasgevang - besoek www.ngkok.co.za/datums/kalender.htm.
TWEE OPMERKINGS:
1. Die VBO-datums
en -besonderhede is nog nie volledig nie - daar is nog bykomende geleenthede,
bv die datum vir mentorsopleiding, wat tans nie beskikbaar is nie. Kom dus oor
‘n week of wat, of - beter - herhaaldelik deur die jaar terug na dié blad.
2. Die kalender
bevat geen gegewens vir 2008 nie. Dit sal waarskynlik by November 2008 oopmaak
- jy moes dus self vorentoe klik tot
in 2009.
Konferensie
oor Inter-kulturele bediening
Die NG Kerk beskik oor ‘n Forum for Intercultural Ministry (FIM) wat ten doel het om:
* interkulturele
bedieninge pastoraal te ondersteun;
* materiaal vir
interkulturele bedieninge te versprei (liturgieë, formuliere e.s.m.), en
* as
gespreksruimte te dien om relevante sake vir hierdie soort bedieninge te
hanteer.
Die FIM-konferensie vir 2009 vind
tussen 2 en 5 Februarie te Orchards Retreat Centre in Johannesburg plaas. Die
tema is: Intercultural Ministry and
Suburbia. Gemeentes wat reeds met interkulturele bedieninge besig is, word
genooi om die konferensie by te woon. Gemeentes wat belangstel in so ‘n
bediening, word genooi om die Opedag op 3 Februarie 2009 oor hierdie
aangeleentheid by te woon.
Belangstellendes kan dr Mark Rathbone
kontak by 082 771 0738 of mwrath@mweb.co.za. ‘n CD-Rom met liturgieë en formuliere kan by
Ryk Brink bestel word (082 825 1233).
Toerustingsburo
Interkulturele Werkers (TIW): Hugenote Kollege
Maak asseblief
die volgende oriënteringskursus vir voornemende sendelinge na die buiteland in
u gemeente, u organisasie en die gemeenskap bekend
Die doel van die
kursus is om vir voornemende sendelinge ʼn oorsig te gee van enkele van die
belangrikste sake wat hulle aandag, tyd, geld en studie vereis ten einde ʼn
sinvolle interkulturele bediening te verseker.
Na afloop van die
oriënteringskursus behoort die voornemende sendelinge onder andere:
* Hulle roeping
en die implikasies daarvan aan ander mense te kan bevestig en omskryf;
* Die sending
van God en die Kerk in die wêreld beter te verstaan;
* Die
aard, werking, funksie en invloed van kultuur binne die sendingkonteks
te verstaan en areas geïdentifiseer het waaraan hulle t.o.v. dinge soos
kennis, houding, of vaardighede aandag sal moet gee ten einde ʼn
optimale interkulturele bediening te verseker;
* ʼn
Duidelike beeld te hê van wat hulle by die binnetrede van vreemde nuwe
kultuurgemeenskappe moet wees en moet doen om te verseker dat vertroue en
gemeenskap geskep word, die volle potensiaal van die werker en die gemeenskap
tot ontplooiing kom en volhoubaarheid gedien word;
* Gemotiveerd
te wees om aan die hand van riglyne die uitdagings wat interkulturele
kommunikasie en die verkondiging van die Evangelie aan hulle stel,
die hoof te bied;
* Begrip
te toon vir verskillende psigiese, emosionele of geestelike ervaringe
wat hulle persoonlik, hulle eggenote en gesinne tydens die interkulturele
bediening mag ervaar en te weet hoe om dit van die aanvang af sinvol te hanteer
sodat hulle, hulle eggenote en gesinne optimaal kan funksioneer in die
interkulturele opset..
* ʼn
Oorsig te hê van al die praktiese voorbereiding en reëlings wat getref
moet word voordat ʼn sendeling na die buiteland vertrek
Wanneer: 23 Januarie tot 1 Februarie in 2009
Waar: Naby Potchefstroom
Sluitingsdatum: 5 Januarie September 2008
Taal: Afrikaans/Engels
Inskrywingsvoms en
navrae: Dr. R. van Velden, Tel. 021-8730025(k);
0828574368; E-pos: tiw@hugenote.co.za
Calvyn-konferensie
Stellenbosch 2009: Die relevansie
van Calvyn vir vandag
'n Konferensie ter viering van die 500-jarige herdenking van Johannes
Calvyn se geboortedag word vir 30 Augustus tot 2 September 2009 beplan.
Dit word by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van
Stellenbosch aangebied as deel van hulle 150-jarige feesvieringe.
Die tema van die konferensie is: Die relevansie van Calvyn vir
vandag.
Internasionale sprekers soos Nicholas Wolterstorff (Yale Universiteit),
Setri Nyomi (Sekretaris-generaal van die Wêreldbond van Gereformeerde
Kerke), Katie Cannon (Union Theological Seminary, Richmond, Virginia) en
Rachel Baard (Villanova Universiteit) het reeds hulle deelname bevestig, asook
Suid-Afrikaanse teoloë soos Allan Boesak, Coenie Burger, Ernst Conradie, John
de Gruchy, Dirkie Smit en Robert Vosloo.
Vir meer inligting oor die voorlopige program, registrasie, verblyf en
so meer, sien www.sun.ac.za/theology/calvin09
Vir verdere navrae kan Robert Vosloo gekontak word: rrvosloo@sun.ac.za
Teken gerus solank hierdie datums op u kalender aan.
(Oorgeneem uit
Vrydagnuus, NGK Wes- en Suid-Kaap)
‘n Bloginskrywing deur Scot McKnight
Pastor (Park
Street Church Boston) Daniel Harrell's new book, Nature's Witness: How Evolution Can Inspire Faith
(Living Theology)
, is the book we need. Here is someone who can translate science into
theology and theology into science, and do so in engaging, fun, and clear prose.
Here's an opener: "What if, instead of getting all threatened and
frightened by scientific advances, we viewed scientific advancement as new
vistas for theological consideration, new mountains to explore?" (10) He
concludes: "This may sound like a compromised theology. But it's not. It
is an adjusted theology, that's nothing new" (132). And: "God is the
God of both evolution and the Bible" (134).
Before we get to a basic summary of this book, let me sketch some of
what has happened to me in this issue of how to affirm the orthodox faith and,
at the same time, be unafraid of the discoveries of science -- defeating as
they do at times our treasured interpretations of the Bible. When I say this, I
say it as one who remains sensitive to those who think evolution is dangerous
and who believes holding on to God as Creator is fundamental for the Christian
faith. But ...
I learned to think and rethink what I believe from a college Bible
teacher who was a rock-bottom fundamentalist and, truth be told, a modernist to
boot. His constant refrain to me: base your views of what you believe about the
Bible on evidence. He taught me a naked evidentialist approach to what to
believe; go wherever the evidence led me.
Another Bible teacher. I took a class on the Pentateuch with him. There
were four of us in the class. He asked us to read through Bernard Ramm's A Christian's View of Science and Faith,
or something like that. I don't remember all that much about the class but I
(think I) remember Ramm's epoch theory of the word "day" in Genesis 1
and it led me to accept an old earth and whatever date science might come up
with and to expand the length of the days in Genesis 1.
The operating principle I came away with was this: "Go with the
evidence, regardless of the tradition you learned." This is a form of modernity,
and one I embraced: find the evidence, examine the evidence, make up your mind
so far as you are able. (At times, as in the deeper reaches of science, one has
to rely on experts one trusts.) So, I did. This fundamentalist method, though,
undercuts the fundamentalist view of Genesis 1-2.
My contention is this: embracing some theory of evolution is one of the
logical outcomes of embracing a "go with the evidence" approach I
learned from my fundamentalist Bible teachers.
Now, apply that principle to science and the Bible. Go with the
evidence. Let it guide you. So, when I got to Genesis 1-11 the evidence led me
to think that the interpretation
of those texts, the tradition I had received that evolution is a hopper of
hooey was wrong. A good long draft of Enuma Elish and Atra Hasis, two ancient
texts about such matters, led me to say, "This is not about history as we
would write it." Scientists prove that either God made the world
incredibly old (which makes it look like evolution) or God guided the creation
of the earth through evolution. Either way you've got evolution. But, the first
view makes God something close to a deceiver; the second one makes God a
creator-by-evolution.
So, I'm quite happy to find a book about how evolution can help our
faith, which is what Daniel Harrell offers us in Nature's Witness. He introduces us to Aunt Bernice, who says
all the right things for an anti-evolutionist, anti-intellectual,
commonsensical Christian who thinks book learning makes a head grow too big. He
also introduces us to Dave, his friend, who simply doesn't think this concern
with evolution and faith matter one bit. Harrell's use of these characters
makes the book better and more enjoyable. And funny at times. One chp takes the
tack of Augustine: it's a private conversation with God.
One of my favorite lines: "Faith allows for a perspective greater
than human perception can muster, but this is never to deny the perspective
that human perception can
muster" (66). Or this one: "Theology's beef is not with the things
that science discovers but with the way some scientists interpret what science
discovers" (83).
"As reliable witnesses of nature, we can only become more reliable
witnesses to God" (137).
His new word sums it up: "Believolution."
Scot McKnight is a widely-recognized
authority on the New Testament, early Christianity, and the historical Jesus.
He is the Karl A. Olsson Professor in Religious Studies at North Park
University (Chicago, Illinois). A popular and witty speaker, Dr. McKnight has
given interviews on radios across the nation, has appeared on television, and
is regularly asked to speak in local churches and educational events throughout
the USA and in Denmark and South Africa. Dr. McKnight obtained his Ph.D. at the
University of Nottingham (1986).
Scot McKnight is a member of the Society of
Biblical Literature and the Society for New Testament Studies. He is the author
of more than twenty books, including the award-winning The Jesus Creed: Loving God, Loving Others (Paraclete, 2004),
which won the Christianity Today
book of the year for Christian Living. Recent books include Embracing Grace: A Gospel for All of Us
(Paraclete, 2005), The Story of the
Christ (Baker, 2006), Praying
with the Church (Paraclete, 2006), and The Real Mary: Why Evangelical Christians Can Embrace the Mother of
Jesus (Paraclete, 2007). A recent book, A Community called Atonement (Abingdon, 2007), has been
nominated for the Grawameyer Award. He broadened his Jesus Creed project in
writing a daily devotional: 40 Days
Living the Jesus Creed (Paraclete, 2008). His studies in conversion were
expanded with his newest book, Finding
Faith, Losing Faith (Baylor, 2008), a book he co-authored with his
former student Hauna Ondrey. His most recent book is The Blue Parakeet: Rethinking How You Read the Bible (Zondervan,
2008).
Our prayer today, Our Father, is for President-Elect Barack Obama.
[Please add your prayers as well.]
Our prayers include:
That You, the infinite font of wisdom, might grant him wisdom daily.
That You, the loving God of all, might grant him love for you and for others,
including our enemies.
That You, the holy and righteous God of justice, might empower him to do what
is right in all that he does.
That You, the Lord, might grant him the charisma of insight to lead in this
turbulent world and time.
That You, the Healer, might grant him the grace of reconciling damaged
relations in this country and in the world about us.
That You, the God of Life, might grant him a commitment to act for all -- the
unborn and born, the young and old, the civilian and the soldier -- to preserve
life and honor that each of us is fashioned in the image of God.
That You, the Father, might grant him the time and wisdom to father his two
young daughters and love Michelle, his wife.
And that You, the God of all comfort, might grace him and his family as they
mourn the loss of his grandmother.
Lord, hear our prayer.
Through Christ our Lord, who lives and reigns with you and the Holy Spirit, one
God, forever and ever. Amen.
Arnold van der
Westhuizen sê sy vrou se onlangse val met ‘n quadbike het hom met nuwe
waardering hierdie lewensles geleer:
Uit die pen van Corné
Grundling (Ex SAUK Joernalis)
"Hoe ouer ek word, hoe meer geniet ek Saterdagoggende. Miskien is
dit die stil alleenheid wat daarmee kom om eerste op te staan, of miskien die
uitbundige vreugde om nie werk toe te gaan nie. Hoe dit ookal sy, die eerste
paar ure op 'n Saterdagoggend is die lekkerste.
"'n Paar weke gelede was ek op pad na die motorhuis met 'n stomende
koppie koffie in die een hand en die oggendkoerant in die ander hand. Wat as 'n
tipiese Saterdag begin het sou draai in een van daardie lesse wat die lewe van
tyd tot tyd vir 'n mens gee. Laat ek vir jou hiervan vertel.
"Ek is 'n radioamateur en het my ontvangstoestel ingeskakel op die
telefoniese band om na die Saterdagoggend gesprekke te luister. Met die luister
na die gesprekke kom ek af op 'n man wat ouerig klink, met 'n sterk sein en 'n
goue stem. Jy weet 'n stem wat klink of hy in die uitsaaiwese hoort. Hy was
besig om te vertel, wie ookal wou luister van 'n ding met 'n duisend albasters.
Ek was skielik geïnteresseerd en besluit om te luister na wat hy te sê
het.
"'Wel Tom, dit klink sekerlik dat jy baie besig is in jou werk. Ek
is seker dat hulle jou goed betaal, maar dit is hartseer dat jy soveel weg is
van die huis en jou gesin. Dit is moeilik om te glo dat 'n jong man sestig tot
sewentig uur 'n week moet werk om deur te kom. Dit is hartseer dat jy jou
dogter se dansopvoering gemis het. Maar laat ek jou iets vertel wat my gehelp
het om my prioriteite reg te hou.'
"Dit is toe wat die man sy teorie van 'n duisend albasters verduidelik.
"'Jy sien, ek het eendag gesit en 'n bietjie somme gemaak. Die gemiddelde
persoon leef 75 jaar. Ek weet, sommige leef meer en sommige minder, maar
gemiddeld, leef mense ongeveer 75 jaar.
"'Wat ek toe doen is om 75 te vermenigvuldig met 52 en ek het die getal
3900 gekry - dit is die aantal Saterdae wat die gemiddelde mens in sy hele
leeftyd het. Hou nou net 'n bietjie uit Tom, ek kom nou by die belangrike deel.
Ek het eers op die ouderdom van 55 jaar begin dink aan hierdie detail, en by
daardie tyd het ek reeds deur meer as 2800 Saterdae geleef. Ek had nog ongeveer
'n duisend Saterdae oor om te geniet. So het ek na die speelgoedwinkel gegaan
en al die albasters in die winkel gekoop. Uiteindelik moes ek by nog twee
speelgoedwinkels ingaan om by 'n 1000 albasters uit te kom. Ek het die
albasters huis toe geneem en hulle in 'n groot, helder deursigtige plastiese
fles geplaas - alles hier in my stoorkamer langs al my goed
"'Van daardie dag af het ek elke Saterdagoggend een albaster uitgehaal
en weggegooi. Ek het agtergekom soos ek die albasters sien minder raak, ek al
meer gefokus het op die regtige belangrike dinge in die lewe.
"'Daar is niks soos om te sien hoe jou tyd op die aarde besig is om
uit te hardloop, om jou te help om jou prioriteite reg te kry nie.
"'Wel, laat ek jou vertel voordat ek van die lug afgaan om my lieflike
vrou vir ete uit te neem. Vanoggend het ek die laaste albaster uit die fles
gehaal. Ek reken indien ek dit volgende Saterdag maak, is ek 'n klein bietjie
ekstra tyd gegun. En die een ding wat ons almal kan gebruik is 'n klein bietjie
ekstra tyd.
"'Dit was lekker om met jou te kon gesels, Tom, ek hoop jy spandeer
meer tyd met jou gesin, en ek hoop ons ontmoet weer hier op die lug. Dit is 'n
75-jarige ou man, K9NZQ wat groet, oor en uit.'
"Jy kon 'n speld op die lug hoor val toe die man van die lug afgaan.
Ek reken hy het vir ons almal iets gegee om oor na te dink. Ekself het beplan
om die oggend te werk aan die antenna van my radio, en daarna was ek van plan
om met 'n paar van die ander radioamateurs saam te werk aan ons klub se
nuusbrief.
"Ek het egter - instede daarvan om dit te doen - die trappe opgeklim
na ons slaapkamer en my vrou met 'n soen wakker gemaak. 'Komaan my vroutjie, ek
neem vir jou en die kinders vir ontbyt. Sy het regop gesit met 'n glimlag: 'Wat
het gemaak om dit mee te bring?' Ek het na haar gekyk en gedink hoe gelukkig ek
is. 'Ag wat, niks besonders nie, dit is slegs 'n lang tyd gelede dat ons 'n
Saterdagoggend saam met mekaar en met die kinders spandeer het. En terwyl ons
nou uitgaan, kan ons stop by die speelgoedwinkel? Ek het nodig om albasters te
koop.'"
Prettig
en verrassend om in Afrika te leef
Hier
is ‘n paar wilde kennisgewings:
In 'n restaurant in Zambia: "Open seven days a week and weekends
Op die hekke van 'n privaatskool in
Suid-Afrika: "No trespassing without
permission."
Op 'n venster van 'n Nigeriese winkel: "Why go elsewhere to be cheated when you
can come here?."
Op 'n plakkaat in Ghana: "Are you an adult who cannot read? If so,
we can help."
In 'n hotel in Mozambiek: "Visitors are expected to complain at
the office between the hours of 9.00 am and 11.00 am daily."
By 'n rivier in die Demokratiese Republiek van
Congo: "Take note: When this sign
is submerged, the river is impassable."
Op 'n gebou in Sierra Leone: "Mental Health Prevention Centre."
In die kraamsaal van 'n kliniek in
Tanzania: "No children allowed!"
In 'n Namibiese nagklub: "Ladies are not allowed to have children
in the bar."
Sinodale Kommunikasie