Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 36 - 6 November
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Besluite van die Moderamen Algemene
Sinode (ASM) - 3-5 November 2009
Oor potgooie en bipolêre
versteuring
Genadedood meer aanvaarbaar onder sekere groepe
Liturgiese wenke vir Aflegging van
Belydenis van Geloof
Prof Dirkie Smit lewer die jaarlikse
Willie Jonker-lesing
Nee, Petrus: Belhar handel oor ewige
sake!
Radio-onderhoud met prof Piet Strauss
en dr Mary-Ann Plaatjies-Van Huffel
Prof Dirkie Smit oor hoe
Gereformeerde Belydenisvorming werk
Teks van Belhar en eietydse Kommentaar
daarop
Besluit van die Noordelike Sinode
se Sinodale Diensraad oor die kerkherenigingsproses
Datums, waaronder VBO-datums, en
Kalender
Konferensie oor Inter-kulturele
bediening
Om met God te wandel - ‘n
Konferensie oor gebed en spiritualiteit
Dag van Gebed en
Verootmoediging met die oog op die droogte: 9 November 2008
From slavery to the White House
Besluite
van die Moderamen Algemene Sinode (ASM) - 3-5 November 2009
Klik
hier om die wye verskeidenheid belangrike besluite van die ASM te besigtig.
Die besluite handel oor sake soos gelukwense aan Barack Obama, die nuwe
president in Zambië, Zimbabwe, kerkhereniging, herstrukturering van die werksaamhede
van die Algemene Sinode, en nog meer. Die ASM het van 3 tot 5 November 2008
vergader.
Oor
potgooie en bipolêre versteuring
Op ‘n baie beskeie manier word klankopnames van
radio-programme en ander geleenthede nou versamel.
Vandeesweek het Freek Robinson ‘n baie
goeie gesprek met ‘n dr Liebenberg, psigiater, oor bipolêre gemoedversteuring
gehad. Dit is ‘n genetiese kondisie. Dit was ook aangrypend om te luister na
inbellers en die verhale wat hulle daaroor vertel.
Jy kan na die program luister deur na www.ngkok.co.za/potgooi te gaan en op
die toepaslike skakel te klik.
O ja, wat is ‘n potgooi? Dit is RSG se
vertaling van die gewilde internet-term podcast,
wat weer ‘n afleiding van broadcast
is. ‘n Podcast is ‘n broadcast wat jy via die internet
ontvang, en wat - gewoonlik - spesifiek geskep is vir verspreiding deur iTunes
of ander internet-gekoppelde klankprogram.
Genadedood
meer aanvaarbaar onder sekere groepe
Dr Christa Basson het pas haar doktorsgraad aan die
Universiteit van die Vrystaat verwerf met ‘n ondersoek rondom medici se houding
oor genadedood:
Medici is oor die
algemeen ten gunste van genadedood. Daar
is egter faktore wat ‘n belangrike rol speel by die bepaling van hul houding
teenoor genadedood.
Daar is bevind dat ras ‘n sterk determinant van medici se houdings
teenoor genadedood is. Die swart
rassegroep is die sterkte aanduider van ‘n negatiewe houding teenoor genadedood,
terwyl die wit rassegroep weer ‘n sterk determinant is van ‘n positiewe houding
teenoor genadedood. Dit beteken dat
swart medici sterk gekant is teenoor genadedood en dat wit medici goedgesind is
daarteenoor.
Spesialisering is ook ‘n sterk bepalende faktor ten opsigte van houding
teenoor genadedood. Spesialiste en
chirurge is beduidend meer positief teenoor genadedood as algemene praktisyns.
Geloof is nog ‘n belangrike bepalende faktor. Die ongelowige groep (ateïste en agnostici)
is die positiefste teenoor genadedood en die nie-Christen-groep (Moslem en
Hindoe-gelowe) die negatiefste teenoor genadedood. Die
evangelies-Christen-groep (Gereformeerde kerk, Nederduitse Gereformeerde kerk,
ens.) is meer gekant teenoor genadedood as die ongelowige groep, maar meer
positief daarteenoor as die nie-Christen-groep.
Daar is laastens bevind dat chirurge wat tussen 11 en 15 jaar lank al
praktiseer, ‘n beduidend groter aanvaarding toon van genadedood as die ander
groepe medici in dieselfde praktykstermyn.
Altesaam 217 medici by private hospitale in die Vrystaat het aan die
ondersoek deelgeneem. Sekere faktore wat
medici se houdings teenoor genadedood beïnvloed, is geïdentifiseer, naamlik
rassegroep, geslag, ouderdom, spesialiteitsrigting, aantal jare in die praktyk
en geloof. Hierdie faktore is ook in die
betrokke studie ondersoek.
Die studie kon egter nie aantoon dat daar beduidende verskille voorkom
ten opsigte van geslag en ouderdom by medici se houdings teenoor genadedood
nie.
Aangesien medici se houdings teenoor genadedood en hulle gedrag
daarteenoor in ‘n mate konsekwent is, beteken dit dat indien genadedood in
Suid-Afrika gewettig sou word, die moontlikheid bestaan dat sommige van die
medici genadedood sal toedien aan pasiënte wat dit versoek.
Die doel van die studie was om medici vanuit verskillende rassegroepe
se houdings teenoor genadedood te ondersoek.
Genadedood word al vanaf antieke tye uitgevoer en gedebatteer en is
wettig in lande soos Nederland, België, Switserland en die staat Oregon in die
VSA.
Aktiewe genadedood behels dat ‘n aksie uitgevoer moet word (‘n middel
word deur ‘n medikus toegedien) wat die dood van ‘n pasiënt tot gevolg
het. Passiewe genadedood behels die
weerhouding of opskorting van aksie wat die pasiënt se lewe sal verleng of die
mislukking om op te tree om die pasiënt se lewe te verleng.
Vrywillige genadedood is wanneer die pasiënt toestemming gee of self
vra dat genadedood op hom of haar toegepas word. Nie-vrywillige genadedood vind plaas wanneer
die betrokke pasiënt nie toestemming kan gee vir die toediening van die
genadedood nie, omdat hy of sy nie oor die vermoë verskik om toestemming te kan
gee nie en ander persone dit in sy of haar beste belange ag om op die tydstip
te sterf.
Medikus-geassisteerde selfmoord is die toediening, voorskryf of
voorsiening van medikasie deur ‘n medikus, op die eksplisiete versoek van die
pasiënt, sodat hy of sy, sy of haar eie lewe daarmee kan beëindig. So is morfien byvoorbeeld ‘n pynstiller, maar
dit is ook ‘n respiratoriese depressant wat kan lei tot longontsteking,
hipoventilasie of apnee, wat uiteindelik die pasiënt se dood kan
vooroorsaak. In Suid-Afrika mag medici
tans passiewe genadedood toepas, maar aktiewe genadedood is steeds teen die
wet.
Voorstanders van genadedood gebruik argumente soos die kwaliteit van
die pasiënt se lewe, die beginsel van selfbeskikking, sekere mediese argumente
en genade-argumente, terwyl die teenstanders argumente soos die
verskuiwingsargument, minagting vir die heiligheid van mense se lewens, die
bedreiging van individuele outonomie en vele ander argumente gebruik.
(Ph.D
- Studie oor ras en ander faktore
wat ‘n belangrike rol in genadedood speel - uit: Die Bult)
Liturgiese
wenke vir Aflegging van Belydenis van Geloof
Ds Laurie Naud’e van Bethlehem maak interessante
voorstelle vir die liturgie van ‘n diens waarin belydenis van geloof afgelê word. Julle kan hier
klik om dit te lees. (Met dank aan Vrypos, enuusbrief van die Vrystaatse
sinodale kantoor.)
Prof Dirkie
Smit lewer die jaarlikse Willie Jonker-lesing
Op Hervormingsondag, 26 Oktober 2008,
het prof Dirkie Smit die derde WD Jonker gedenklesing van die Ring van die Kaap
die Goeie Hoop gelewer. Die titel van sy voordrag was:
En ook gehoor? Vrae rondom die Gereformeerde siening van die kerk.
‘n Kort uittreksel: Die evangelie (is) altyd aktueel vir elke
tyd, mits dit reg verstaan en verkondig word. Dit is die taak van die kerk om
goed genoeg na die boodskap van die evangelie te luister om dit in elke tyd
opnuut te verstaan, te verkondig en uit te lewe as die bevrydende woord vir
daardie tyd met sy spesifieke omstandighede. Wat ons land vandag nodig het, is
dat die NGK in hierdie uur die evangelie van die koninkryk so goed sal verstaan
en met woord en daad sal vertolk, dat dit in die krisissituasie waarin ons ons op
hierdie oomblik bevind, gehoor en ervaar kan word as die woord van verlossing,
hoop en bevryding.
Die volledige voordrag is op die web beskikbaar - klik
hier.
Sien ook die nuusbriefie van Bybel-Media hieronder vir
‘n splinternuwe boek uit die pen van prof Willie Jonker, in lewe professor in
sistematiese teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit is ‘n moet-lees-boek.
Die titel is: Die relevansie van die
kerk.
Nee,
Petrus: Belhar handel oor ewige sake!
Hierdie is ‘n uittreksel uit By, bylaag tot Die Burger
van 3 November 2009. Dr Francois Wessels
van die Cape Peninsula Reformed Congregation (‘n NG gemeente) lewer kommentaar
op ‘n radio-gesprek waarin prof Piet Strauss gemeld het dat die
Belhar-Belydenis nie as kwalifiseer kwalifiseer nie, omdat dit nie teologiese
kernwaarhede bevat nie.
(Sien ook die volgende opskrif/paragraaf, waar die
skakel na die radio-onderhoud aangedui word.)
31 Oktober was Hervormingsdag, die 491ste verjaarsdag van die
Protestantse Hervorming – die beweging wat daarop aanspraak maak dat dit in die
16de eeu die kernwaarhede van die Christelike geloof herstel het.
Die kernwaarhede waarom dit in 1517 gegaan het, het te make gehad met
die versoening tussen God en mens: dit kom deur die genade van God alleen,
ontvang deur die geloof alleen.
Die vraag in 2008 is watter kernwaarhede van die Christelike geloof in
die 21ste eeu bedreig word.
Volgens die Belhar-Belydenis is daar drie bedreigde kernwaarhede van
die Christelike geloof: 1) die sigbare eenheid van die kerk, 2) Christus se
versoening van mens en mens en 3) die geregtigheid van God op aarde.
Daarom het die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) in 1986 die
Belhar-belyenis as kerklike belydenisskrif aanvaar.
Volgens prof Piet Strauss, moderator van die NG Kerk se Algemene
Sinode, is dié drie sake belangrik – maar nie belangrik genoeg om dit
“belydenismateriaal” te maak nie. Die drie kwessies handel nie oor “wesenlike,
ewige sake”, oor “kernwaarhede” van die Christelike geloof nie (Strauss se
woorde).
Dit is waaroor daar tans tussen die NG Kerk en die VG Kerk onenigheid
is. Vir die VG Kerk is dié drie sake wesenlike “kernwaarhede”, wat deel is van
die hart van die evangelie. Volgens Strauss is dit nie wesenlike “kernwaarhede”
van die geloof nie – en dus nie sake wat in ‘n belydenisskrif hoort nie.
Dit mag klink na hare kloof oor tegniese terme, maar dié verskille het
ernstige implikasies.
As die sigbare eenheid van die kerk, die versoening van mens tot mens
en God se geregtigheid op aarde nie kernwaarhede van die Christelike geloof is
nie, beteken dit is tweederangse sake – verdienstelike sake, miskien, maar nie
sake waartoe Christene verplig is om hulle te verbind nie.
Dié standpunt herinner ‘n mens aan die standpunt van die apostel Petrus
in die destydse gemeente in Antiogië. Vir Petrus was die versoening tussen
Joodse en nie-Joodse Christene op daardie stadium ‘n verdienstelike saak, maar
nie ‘n “kernwaarheid” nie. In Antiogië het die Joodse en nie-Joodse gelowiges
dikwels hulle eenheid in Christus gevier deur saam te eet. Paulus het gewoonweg
daarmee saamgegaan. Later het sommige Joodse gelowiges hulle egter onttrek en
op hulle eie begin eet. Dit het ‘n onenigheid veroorsaak. Vir Petrus was dit
egter nie doodsake nie. Hyself was ‘n Joodse gelowige, en hy hom tydens
etenstye “onttrek en hom eenkant begin hou”.
Hiermee het sy junior kollega Paulus glad nie saamgestem nie, en die
senior apostel in die openbaar, “voor almal” tot verantwoordelikheid geroep.
Volgens Paulus was dié openbare optrede nodig, want Petrus se onttrekking van
die tafelgemeenskap was nie net ‘n mindere fout of ‘n onvriendelike optrede
nie. Petrus se weiering was ‘n weiering om nie-Joodse gelowiges volkome as
mede-gelowiges in die liggaam van Christus te aanvaar.
Petrus se optrede was niks minder nie as ‘n afwyking “van die pad van
die evangeliese waarheid”, volgens Paulus.
Paulus se reaksie op sy senior kollega Petrus se openbare optrede was
duidelik en ondubbelsinnig. Nie ‘n vertroulike gesprek tussen vier oë nie, maar
‘n openbare teregwysing. Hy skryf in hoofstuk 2 van sy Brief aan die Galasiërs
dat hy “daar voor almal” vir Petrus gesê dat “sy optrede duidelik verkeerd
was”:
“Nee, Petrus!”
Die rede vir Paulus se skerp antwoord was eenvoudig. Hy het besef dat
die Christelike boodskap van versoening tussen God en mens onskeidbaar is van
die boodskap dat, in Christus, mense met mekaar versoen kan word. Vyande kan
vriende word. Mense wat tradisioneel niks met mekaar te doen wou hê nie, soos
die Jode en nie-Jode, is deur hulle geloof in Christus versoen.
Dié versoening was nie net “in die gees” nie. Dit was ook ‘n
“liggaamlike”, sigbare versoening. Dus kon die Joodse en nie-Joodse
volgelinge van Jesus saam eet. Daarom moes Joodse en nie-Joodse
gelowiges saam eet – om so die eenheid wat God gegee het, te handhaaf deur in
vrede met mekaar te leef.
Vir Paulus was dié eenheid en versoening tussen mede-gelowiges nie ‘n
bysaak nie. Dit was ‘n kernwaarheid van die evangelie. Daarom waarsku hy: wie
dié eenheid en versoening nie erken en soek nie, verkondig ‘n “ander evangelie”
(Galasiërs 2:6).
Kan ons sê Christus se versoening tussen mens
en mens, die eenheid tussen gelowiges die geregtigheid van God op aarde is nie
“kernwaarhede” nie – nie “ewige of blywende” sake nie?
“Nee Petrus!”
(Bron: Paulus se Brief aan die Galasiërs,
Radio-onderhoud met prof Piet Strauss oor die Afrikaanse internet-uitsaaistasie
Uitsaaines, 9 Oktober 2008.)
Francois Wessels is leraar van die Cape Peninsula
Reformed Congregation, ‘n gemeente van die NG Kerk in Kaapstad.
Radio-onderhoud
met prof Piet Strauss en dr Mary-Ann Plaatjies-Van Huffel
Die moderator van die NG Kerk se
Algemene Sinode, prof Piet Strauss, en die assessor van die
VGK se Algemene Sinode, dr Mary Ann Plaatjies-van Huffel,
gesels reguit met mekaar oor kerkeenheid nadat alle formele gesprekke oor
kerkeenheid in Oktober 2008 deur die VGK opgeskort is tydens die VGK se
Algemene Sinode op Hammanskraal.
In die program Reguitklets op die
Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines, wou Jean Oosthuizen by die twee
kerkleiers hoor presies waaroor gaan die verskille en hoekom sukkel die twee
kerke so om een te word.
Klik op hierdie
skakel om na die radioprogram te luister.
Prof
Dirkie Smit oor hoe Gereformeerde Belydenisvorming werk
Die debat oor die Belhar-Belydenis duur voort.
Deelnemers kan gerus lees hoe belydenisvorming plaasvind
in die Gereformeerde tradisie, en hoe Gereformeerdes die band met die
belydenisse sien.
Oor die afgelope twee jaar wat meegaande
artikel van prof Dirkie Smit reeds op ons webblad is, bly dit een van die
mees gewilde artikels wat gelees en afgelaai word.
Die moderamen van die NG Kerk van Wes-en-Suid-Kaap het ’n dokument oor
die Bybelse begronding van die eenheid van die kerk aanvaar as ’n belangrike
riglyn vir ons denke hieroor. Dit is in samewerking met SKLAS en Communitas
opgestel.
Elke kerkraad en ring kan
gerus deur hierdie dokument werk. Dit is op ons webblad beskikbaar - klik
hier. (Met dank aan Vrydagnuus).
Teks
van Belhar en eietydse Kommentaar daarop
Iemand skryf vandeesweek dat die meeste lidmate oor
Belhar praat, en dié belydenisskrif afskiet, sonder om regtig te weet wat
daarin staan.
Dit is noodsaaklik om die belydenis goed deur te lees en
spesifiek en konkreet vir jouself te besluit hoe jy daaroor dink en voel. Hier
is die teks.
Dan is daar vir die tweede Konvent in 2004 ook ‘n eietydse
kommentaar op die Belydenis van Belhar geskryf. Piet Naudé was die
eindredakteur. Die kommentaar
is in drie tale op ons webblad beskikbaar - ook noodsaaklike leesstof om ‘n
ingeligte standpunt te formuleer.
Besluit
van die Noordelike Sinode se Sinodale Diensraad oor die kerkherenigingsproses
Die verbintenis van
die NG Kerk se sinodale leierskappe tot kerkhereniging blyk ook uit hierdie
besluit van die Noordelike Sinode se Sinodale Diensraad:
1 Die SDR neem
kennis
1.1 dat die VGKSA se Algemene Sinode tydens sy
vergadering by Hammanskraal besluit het om ‘n moratorium op
herenigingsgesprekke met die NG Kerk te plaas; (“The General Synod puts a moratorium on the
re-unification talks between the URCSA and DRC until the DRC is serious
committed and ready for unity talks.”)
1.2 dat
die VGK se Algemene Sinode, ten spyte van die moratorium, sinodes, ringe, kommissie
en plaaslike gemeentes aanmoedig om met herenigingsgesprekke voort te gaan.
2 Die SDR
2.1 besluit om
* in die lig van die Bybelse oproep oor
die kwaliteit van die verhoudings tussen gelowiges,
* sinodale
besluite oor kerkhereniging,
* en die
daaropvolgende verwikkelings in die proses (sien 1)
binne die SDR te fokus op die voortgaande versoening
tussen mense in ons land en vertrou dat ringe en gemeentes binne eie konteks
erns sal maak met die opregte soek na mekaar. Ons leef met die verwagting dat
die proses in ons sinode sal help dat die meer formele proses van die Algemene
Sinode in ’n omgewing van groter vertroue sal funksioneer.
2.2 moedig
Ringe en gemeentes aan om
* met wysheid,
deernis en fyn aanvoeling na gespreksgenote te luister;
* in die lig van
sinodale besluite die gesprekke
eerstens met die lede van ons eie kerklike familie te voer;
* maar so ook
met almal met wie ons saam en in gehoorsaamheid aan die Here hoop kan bring en
‘n verskil kan maak.
2.3 herinner
Ringe en gemeentes dat die waardes van die versoeningsgesprek gerig word deur
ons eie Belydenisskrifte maar dat
ons in die lig van sinodale besluite ook met erns moet kyk na die sienings en
belydenisse van ons gespreksgenote (bv die VGKSA wie se Belydenis van Belhar ‘n
besondere fokus op eenheid, geregtigheid en versoening in die gesprek kan
indra).
Datums,
waaronder VBO-datums, en Kalender
Die sinodale jaarbeplanning vir 2009, waaronder
VBO-datums, is op die web beskikbaar. Besoek www.ngkok.co.za/datums.
Verder is die datums ook in kalendervorm vir 2009
vasgevang - besoek www.ngkok.co.za/datums/kalender.htm.
TWEE OPMERKINGS:
1. Die VBO-datums
en -besonderhede is nog nie volledig nie - daar is nog bykomende geleenthede,
bv die datum vir mentorsopleiding, wat tans nie beskikbaar is nie. Kom dus oor ‘n
week of wat, of - beter - herhaaldelik deur die jaar terug na dié blad.
2. Die kalender
bevat geen gegewens vir 2008 nie. Dit sal waarskynlik by November 2008 oopmaak
- jy moes dus self vorentoe klik tot
in 2009.
Konferensie
oor Inter-kulturele bediening
Die NG Kerk beskik oor ‘n Forum for Intercultural Ministry (FIM) wat ten doel het om:
* interkulturele
bedieninge pastoraal te ondersteun;
* materiaal vir
interkulturele bedieninge te versprei (liturgieë, formuliere e.s.m.), en
* as
gespreksruimte te dien om relevante sake vir hierdie soort bedieninge te
hanteer.
Die FIM-konferensie vir 2009 vind
tussen 2 en 5 Februarie te Orchards Retreat Centre in Johannesburg plaas. Die
tema is: Intercultural Ministry and
Suburbia. Gemeentes wat reeds met interkulturele bedieninge besig is, word
genooi om die konferensie by te woon. Gemeentes wat belangstel in so ‘n
bediening, word genooi om die Opedag op 3 Februarie 2009 oor hierdie
aangeleentheid by te woon.
Belangstellendes kan dr Mark Rathbone
kontak by 082 771 0738 of mwrath@mweb.co.za. ‘n CD-Rom met liturgieë en formuliere kan by
Ryk Brink bestel word (082 825 1233).
NG KERK PATMOS
KUNSMARK
DATUM: Saterdag
15/11/08
TYD: 9H00 – tot wanneer die koffie op is!!!!
PLEK: Patmos
Kerk gebou
h/v
Buckingham – en Kaapweg PE
Bondel jou familie in of gryp ‘n
vriend of vriendin en kom verryk jou siel en lig jou gemoed!
KYK UIT EN SIEN
JOU VERSEKER DAAR!!!!!!
Om met
God te wandel - ‘n Konferensie oor gebed en spiritualiteit
Communitas hou op 17-18 Februarie 2009 werklik ‘n
besondere gebedskonferensie by die NG Kerk Stellenberg. Volledige program- en
inskrywingsbesonderhede is hier
beskikbaar.
Die gesaghebbende Britse Financial Times het onlangs ‘n onderhoud met die Britse
beleggingsbankier, Ken Costa gepubliseer. Costa is ook voorsitter van Alpha
Internasionaal, die wêreldwye evangelisasieprogram, en skrywer van die resente
boek, God at Work.
In die onderhoud vertel Costa van sy studentedae aan Wits
in Suid-Afrika, waar hy deel van die anti-apartheidsbeweging was, sy nagraadse
studie aan Cambridge, en sy geloof. Hy reflekteer oor die Alpha-kursus wat
wêreldwyd reeds deur meer as 10 miljoen mense bygewoon is, en beantwoord die
vraag waarom hy oortuig is van “Christianity’s
rightness”: Well, it was a case of being persuaded that claims made by Jesus
were, in fact, true.”
Costa voeg by dat die spirituele klimaat in
Brittanje besig is om te verander: “There is a greater openness than ever before for people to discuss the
issues of religion... I’m absolutely convinced that the 21st century will show
a heightened interest in spirituality. The global world will encounter
spirituality that is has never had to deal with before because major
corporations will be employing people of different faiths. It’s going to become
an issue for every boardroom.”
In sy boek, God at
work, bespreek Costa die verband tussen geloof en werk. Die boek is by
toonaangewende boekwinkels beskikbaar.
Goeie nuus: Die NG
Kerk-webblad se aantal “unieke” besoeke, met ander woorde die aantal enkel
persone wat 'n blad per berekende maand besoek, het in Oktober met amper
2000 toegeneem na 6212. Let wel, dis nie die meting van “hits” nie, maar enkel
besoekers.
Lees in die jongste Kerkbode
• Wêreldbond van Geref Kerke stem in om as bemiddelaar
tussen die kerke van die NG Kerkfamilie op te tree
• Christelike Uitgewersmaatskappy skenk R50
000 vir Kerkbode-Kersfonds
• Bybel-Media publiseer prof Willie Jonker se Die
relevansie van die kerk postuum – 25 jaar nadat hy dit geskryf het
• Bybel-Media en Bothaville deel ’n werknemer
• Vigskrisis skep kairos-oomblik vir die kerk
– Elna Mouton
• Lux Verbi.BM sluit betekenisvolle ooreenkoms
met Focus on the family
• Noord-Kaap hou sinode in Kimberley
• Prof Jaap Durand antwoord op die vraag of
daar ’n weg uit die krisis ten opsigte van kerkhereniging is
• Grondsake: ’n kruitvat om te ontlont
• Onbesonne e-posse en SMS’e stel sendelinge
in gevaar
• Piet Strauss sê waarom die NG Kerk nie
kritiek lewer oor die ideaal van Suid-Afrika as ’n regstaat nie
• Slagoffers en misdadigers: ons het ’n
roeping
• Pagan Christianity – ’n ongemaklike,
vreemde boek
Puik nuwe publikasies
Leef (nou) soos julle
geroep is ... deur Johnnie
Roberts (R39.95)
13 Bybelstudies oor Efesiërs - ’n Bybelkorstudiegids
Die verdeeldheid in
Efese het Paulus ’n brief aan die gemeente laat skryf met die vermaning: Leef
nou soos julle geroep is. Die 13 Bybelstudies ontgin die ryke inhoud van
Efesiërs. Dit sal gelowiges aanspoor om mekaar te vind en die eenheid onder
mekaar te koester.
Verdraagsaamheid
Dit is toe dat
Paulus ’n brief aan die gemeente in Efese skryf: Los julle onderlinge
struwelinge, lewe in vrede met mekaar en verdra mekaar met geduld. Laat julle
roeping julle leefstyl bepaal ... leef nou soos julle geroep is.
PLUSPUNTE:
· Geskik vir groep- en individuele Bybelstudie
· Geskryf deur ’n kenner van die Efesiërsbrief
· Aktuele tema
· Bekostigbare prys
Die relevansie van
die kerk deur prof
WD Jonker (R139.95)
Hierdie opwindende
publikasie van een van Suid-Afrika se bekende teoloë het nou vir die
eerste keer postuum in Afrikaans verskyn.
Die relevansie van
die kerk is omvattende en indringende navorsing oor die invloed van die
Verligting op die kerk. Die bydraes en invloed van talle moderne teoloë word
ontleed en verreken om die gesprek oor die betekenis van die kerk vir die
moderne mens te stimuleer.
Waar was God? van Andries Cilliers (R49.95)
Hierdie gewilde
Bybelstudieboek is na vier maande uitverkoop en die eerste herdruk het
pas verskyn by Bybel-Media.
’n Tien-week
Bybelstudie – oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad te (oor)leef.
In tien
Bybelstudies vir groepe ondersoek Andries Cilliers alle kante van hierdie
aktuele kwessie. Die skrywer lei mense om na te dink oor waar God was toe ons
Hom nodig gehad het, wat die rol van die Bose is en hoekom mense misdaad pleeg.
Uiteindelik lei hy ook die Bybelstudiegroep om na te dink oor sake soos versoening,
vergifnis en hoop.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
• Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
• Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ’n pragtige Boland.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
Dag
van Gebed en Verootmoediging met die oog op die droogte: 9 November 2008
Die Oos-Kaap is droog. Verlede naweek, op pad na die
oostelike dele van die provinsie, het dit my opgeval hoe droog dit ook daar is.
Die weste van ons provinsie loop al lank onder ‘n knellende droogte deur.
Christiaan Kotze deel gister ‘n soortgelyke ervaring in ‘n e-pos aan
OosKaap eNuus: “Ek
het die afgelope naweek van Ugie af deur Colesberg Hopetown toe gery en weer
deur Bloemfontein teruggekom. Ek is diep getref deur die ernstige
droogtetoestand waarmee die boere tans worstel”.
By verlede week
se SK-Dagbestuursvergadering het lede ook onder die indruk van die erns van die
droogte gekom op grond van terugvoer uit verskillende dele van die provinsie..
Derhalwe word
gemeentes versoek om op Sondag 9
November 2008 ‘n dag van
verootmoediging en gebed te hou met die oog op die droogte.
From slavery to the White House
Washington
- Key dates in the history of African-Americans in the United States leading up
to Tuesday's historic election of Barack Obama as the country's first black
president:
- 1619: The first African slaves are landed in the English colony of Virginia.
Slavery is to become a key motor in the development of what will become the
United States.
- 1776: American patriots declare independence from Britain in a quarrel over
taxes. But there is no dispute over slavery, which is even practiced by the new
country's first president, George Washington.
- Early 19th century: Slavery and the slave trade are gradually abandoned by
most European states.
-
1861-65: Slavery, widespread in the Confederate South but generally opposed in
the North, is the main issue behind the American Civil War, which ends with
victory for the North.
- 1865: The 13th amendment to the constitution formally abolishes slavery. The
Ku Klux Klan, a violent white supremacist secret society, is founded.
- 1896: A Supreme Court ruling authorizes racial segregation, a widespread
practice in the southern states. Saying the races may be "separate but
equal," the ruling allows so-called "Jim Crow" discrimination
laws.
- 1909: Foundation of the National Association for the Advancement of Colored
People (NAACP).
- 1941-45: African-Americans fight for the United States in World War II, but
generally in separate units.
- 1949: A presidential decree formally ends segregation in the armed forces.
- 1954: The Supreme Court outlaws segregation in schools.
- 1955: A black civil rights activist, Rosa Parks, sparks a mass movement by
refusing to give up her seat to a white person in an Alabama bus. Rise to
prominence of Martin Luther King, a charismatic civil rights leader.
- 1957: Congress enacts the Civil Rights Act, guaranteeing all black people the
right to vote. But it remains a dead letter in many southern states.
- 1960: An amendment to the Civil Rights Act introducing penalties for anyone
who obstructed someone's attempt to register to vote or vote.
- 1963: At the apogee of the civil rights movement, which has seen serious
violence is many parts of the country, Martin Luther King addresses 200 000
people in Washington, DC.
"I have a dream that my four little children will one day live in a nation
where they will not be judged by the color of their skin," he declares.
-- 1966: Radical activists in California found the Black Panther Party.
- 1968: Martin Luther King is assassinated, and race riots shake the country.
Athletes taking part in the Olympic Games in Mexico give "black
power" salutes.
- 1989: Colin Powell becomes the first African-American to head the US armed
forces. He goes on to become the first black secretary of state.
- 1992: Race riots sparked by the beating of a black motorist by police leave
at least 59 people dead in Los Angeles.
- 1995: A rally organized by the Nation of Islam attracts some 800,000 African
American men to Washington.
- 2005: Condoleezza Rice becomes the first black woman to serve as secretary of
state.
- 2008: Barack Obama, a Democratic senator from Illinois, becomes the first
African-American elected president of the United States. - AFP
(Independent
Newspapers - www.iol.com)
November
9, 1989 marks the fall of the Berlin Wall and symbolizes the end of the Cold
War, the dissolution of the Soviet block, and the re-unification of
Germany. I don't have the expertise to unpack all the implications of
this event, but surely this is clear: the destruction of the Wall
signalled to everyone that communism had failed and that there were other and
greater powers in the world.
When Christianity entered the
ancient world another wall symbolized even deeper, more intractable
alienation among the world's peoples. This was the temple wall that
separated the "court of the gentiles" from the inner courts
accessible only to Jews. Gentiles who tried to pass the barrier were
subject to a penalty of death not unlike Germans who tried to escape
from East to West Berlin.
It is likely that Paul
alludes to this wall when he states that Christ "is our peace, who has
made the two [Jew and Gentile] one and has destroyed the barrier, the dividing
wall of hostility . . . to create in himself one new man out of the two,
thus making peace" (Eph. 2:14-16). This text is crucial for Paul's
framing of the gospel. The reconciliation of Jew and Gentile is not
some kind of happy "extra" that Jesus brings. Rather, it is
integral to how Paul interprets the effect of Christ's death and
resurrection.
In the cross God is
reconciling the world to himself, but he is also reconciling humans with one
another. Reconciliation
is vertical and horizontal. The
challenge of integrating Jews and Gentiles into one body was not only
difficult--as we see in Acts and Romans--it was strategically important to the
mission of God and the effectiveness of Paul's ministry. The plausibility
of the message about Jesus was established in part by the visibility of Jews
and Gentiles transcending centuries of hostility.
Bringing reconciliation among
the peoples of the world must always be part of the missional agenda. The
horrors of Rwanda in the bloody massacres of 1994 were perpetrated in a nation
estimated to be 80-90% "Christian." It has been argued that the
tribal animosities that drove much of the conflict were created in part by
colonialist and missionary literature, and anthropological
studies of the early 20th century.[1] In other
words, Western missionaries in Rwanda were complicit in building hostility
rather than bridging it.
But we should not flatter
ourselves in thinking we have avoided these problems ourselves. Racial
alienation is alive and well in the church in North America. We continue
struggling with the challenge of "dividing walls." In a
post-Christian society where our words have less impact, we must refocus on the
powerful witness of "lived out" reconciliation among peoples of
different color and culture.
I was reminded of this
recently while visiting with a new friend, Dr. Paul Husband, who has been the
pastor of Tunica Presbyterian Church for 20 years. We met to talk about
the missional church movement. I think I learned more from our time
together than Paul did.
Located 35 miles south of
Memphis, Tunica County, Mississippi made headlines in 1988 as the poorest
county in America. Few black families live above the poverty level and
the county is well-known for its racial segregation. I was quite taken by
Paul's account of what God has been doing in Tunica over the last two decades,
so I asked him to share the story:
When I came to Tunica in 1988 I thought I would get to know several black
pastors so I could share what I had learned in seminary. But the pastors
were so busy working secular jobs 40 to 50 hours a week, and then preaching on
Sundays, that they did not have time to sit under my tutelage. It's a good
thing they didn't!
In the
spring of 1996 black pastor Rodney Hibbler invited me to attend the youth group
he and his wife, Jenny, led on Tuesday nights. Rodney had only a high
school education and no seminary training. I thought I would be able to help
him with his youth group since I had been a youth minster for seven years and
had an MDiv and PhD in church history. Was I ever wrong!
When I
arrived that night about 120 teenagers were packed into a small church singing
praise and worship songs with all their might. Rodney next opened the
floor for one-sentence testimonies. One by one the teenagers stood and
gave their praise to God: "I just thank God for the privilege of singing
His praise tonight," "I praise God for the Bible," "I praise
my Lord Jesus for changing my heart and forgiving me all my
sins...." Everyone had something for which they gave thanks and
praise to the Lord. Next the Bible study began and the teenagers
participated by quoting verse after Bible verse with Rodney and Jenny. I
had planned on helping them do youth ministry--even though I had a hard time
getting 15 teenagers to attend my youth group, much less sing praises with
gusto, give testimonies, and quote Scripture. God humbled me that night
and showed me how much I could learn from my black brothers and
sisters.
The Lord knit our hearts
together, and I soon learned that Rodney knew his Bible backwards and forwards
and could preach circles around me. I invited Rodney, his son, and his
brother to attend a Promise Keepers rally in Memphis in the fall of 1996.
As we continued to fellowship and pray together, we believed the Lord was
calling us to bring the black and white pastors in Tunica County together to
fulfill the Great Commission. The result was a newly formed Ministers Association
of five black pastors and four white pastors who met weekly in my home for
Henry Blackaby's Experiencing God Bible study. Out of that study
we began planning an outreach effort together, agreeing to bring short term
missions to Tunica.
Seth Barnes,
executive director of Adventures in Missions (AIM), said in his yearly
publication, Aim Opportunities: "Since the early nineties Tunica
has been targeted as a gambling mecca by major casinos. Indeed, millions
of dollars have flowed into the county, yet the poverty and attendant social
pathologies are as bad as ever. In the midst of this, Christians here
have seen God at work in powerful ways. Although the black churches are poor
financially, they have wonderful men of God for their pastors, men with vision
and passion to show the love of Christ to all the people of their county.
Pastor Rodney Hibbler (who is black) and Pastor Paul Husband (who is white)
have a passion to fulfill the Great Commission and to bring racial
reconciliation to Tunica. Christ is at work in uniting the ministers as
He breaks down the walls that have separated the races for so long."
Rodney
and I invited AIM, Southern Baptists, Christian colleges, and the Evangelical
Presbyterian Church (EPC) to partner with us in short-term missions
and help facilitate racial reconciliation in Tunica County.
Over the past 12 years we have joined forces to host over 5,500 short-term
missionaries who come to pray with and for those in need, and help us
share the love of Christ in our community.
Mission
activity has consisted of repairing and painting homes of the poor, re-roofing
homes and churches, conducting acation Bible schools, basketball camps, health
clinics, a nursing home ministry, sports evangelism, prayer ministries,
door-to-door evangelism, and local jail evangelism. We have placed New
Testaments with gospel tracts in over 2,500 homes and our gracious Lord has
allowed us to see over 4,000 professions of faith in Christ as a result of the
mission effort here in Tunica County since 1997. We now have plans to
expand to other small Mississippi delta towns.
So, just a few concluding thoughts from me:
1. To be missional is
not just talk but action. My friend Paul was engaged in missional
ministry before I even started talking about it.
2. As I have said
in other articles, being missional is about moving back into the neighborhood
and discerning what God is doing. Too
much of our understanding of ministry is focused internally--our denomination, our church, our
building.
3. The serious pursuit
of racial reconciliation is a humbling process. Arrogance thrives behind
the walls of racial insularity. When the gospel begins to tear down the
walls, we often find that God's Spirit has already been at work in powerful
ways on the other side. And we find that our own experience of the gospel
is now enriched in the fellowship of those we previously feared or avoided.
4. What I have called the horizontal dimension of the gospel is not an
optional add-on once we accomplish the real task of getting people
"saved." Rather, salvation in Christ is a
comprehensive restoration of our relationship to God, to one another, and to
the world. Churches committed to embracing reconciliation vertically and
horizontally have incredible potential for transforming our culture.
Just as the destruction of the Berlin Wall demonstrated the presence of greater
powers than those of the Soviet empire, so the removal of "the dividing
wall of hostility" by Christians practicing peace gives clear evidence of
the power of the gospel.
[1] http://www.geocities.com/missionalia/rwanda1.htm
Predikant
bedien nagmaal en vra: Wie het nog nie die beker gekry nie?
Toe
staan al die Bloubulle op....
Sinodale Kommunikasie