Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 35 - 30 Oktober
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Dag van Gebed en Verootmoediging met
die oog op die droogte: 9 November 2008
Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen?
Wat moet die kerk NOU doen?
Angus Buchan
in Port Elizabeth
Vervolging van Christene in
Indië duur voort
Alan Boesak en die demoon van rassisme
Biblia:
Foto’s bewys hoe welkom die musse is
Sinode
Hoëveld neem standpunt oor kerkhereniging
PE-Sentraal hou basaar : Saterdag
1 November 2008
Werksgeleentheid met voorskoolse kinders
Aandag Jeugwerkers: ConneXellence-toerusting - Operasie Mobilasie
TeenStreet - 'n avontuurlike jeugkamp om nie te mis nie
Potchefstroom : PUK-Kandelaar se Eerstejaarskamp : 2009
Dag
van Gebed en Verootmoediging met die oog op die droogte: 9 November 2008
Die Oos-Kaap is droog. Verlede naweek, op pad na die
oostelike dele van die provinsie, het dit my opgeval hoe droog dit ook daar is.
Die weste van ons provinsie loop al lank onder ‘n
knellende droogte deur.
Christiaan Kotze deel gister ‘n soortgelyke
ervaring in ‘n e-pos aan OosKaap
eNuus: “Ek
het die afgelope naweek van Ugie af deur Colesberg Hopetown toe gery en weer
deur Bloemfontein teruggekom. Ek is diep getref deur die ernstige
droogtetoestand waarmee die boere tans worstel”.
By verlede week
se SK-Dagbestuursvergadering het lede ook onder die
indruk van die erns van die droogte gekom op grond van terugvoer uit
verskillende dele van die provinsie..
Derhalwe word
gemeentes versoek om op Sondag 9
November 2008 ‘n dag van verootmoediging en gebed te hou met die oog op die droogte.
Wat moet die kerk ophou doen?
Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?
Die ervare en gewaardeerde
kerksake-verslaggewer van Beeld, Neels Jackson, gee in ‘n
onlangse voordrag baie belangrike perspektiewe oor die kerk. Hy het meegaande
voorlesing op 21 Oktober 2008 by ADGO (Algemene Diensgroep
Gemeente-Ontwikkeling) se jaarvergadering in Johannesburg gelewer.
Dit getuig van die besondere insig waarvoor Neels bekend geword het.
Angus Buchan in Port Elizabeth
Nadat Angus Buchan enkele weke
gelede in Oos-Londen opgetree het, het hy die afgelope naweek ‘n gehoor van meer as twintig duisend mense in Port
Elizabeth op die plaaslike universiteit se sportveld toegespreek.
Dit was ‘n goeie ervaring om Angus persoonlik in aksie te sien, na
al die kritiek wat mens van hom gehoor het.
Angus is
ongetwyfeld ‘n goeie man van uitstaande integriteit.
Die Here is vir hom ‘n lewende werklikheid en hy wil
die goedheid van die Here met ander mense deel. Hy is nie teologies anti-intellektueel of kerklik anti-establishment nie (“ek
is lief vir al julle dominees” en “gaan terug na jou plaaslike gemeente en dien
die Here daar”). Hy wil mense help om die Here te ontdek en beklemtoon die
belangrikheid daarvan dat elkeen ‘n getuienis van die
Here se werk moet hê.
Verder is hy
innemend, sjarmant en witty. Sy bediening is om mense tot ‘n persoonlike geloofskeuse op te roep en mense te help om
in die regte verhouding met die Here te leef. Jy kan nie maar doen wat jy wil
nie, daar is norme waaraan jy jou moet hou. Jy kan keuses uitoefen wat jou in
doodloopstrate laat beland.
Die byeenkoms
was in alle gevalle sober en eenvoudig. Dit geld ook die voorafsang.
(Net die seremoniemeester, ‘n plaaslike pastor, het se
refs het tot
byna histeriese vlakke - minute lank - gestyg toe hy Jesus in die stadium
welkom geheet het.)
Dit is ‘n grootse ervaring om duisende Christene saam te hoor sing.
Ek sal die woorde van Lied 334 - God is liefde, juig ons harte - soos Saterdag
gesing, nie gou vergeet nie.
Angus se
boodskap gaan oor die basiese inhoud van die geloof. Hy spreek nie die
komplekse dimensies van baie mense se geloofservaring aan nie, en sal ook nie
iets te sê hê vir hulle nie. Maar hy het sy plek. En hy sal onthou word vir die
belangrike rol wat hy in SA speel. Hy beklemtoon die rol van roeping en moedig
mense aan om positief te wees oor die land, en die Here hier te dien.
Hy weet ook dat
gesinsverhoudinge belangrik is, en dat mans ‘n
verantwoordelikheid het om toe te sien dat hulle in gesonde verhoudings met die
res van die gesin moet leef. Sy klem op die “hoofskap” van die man wat die
priester van die huis is - wel, ek wag nog altyd op iemand wat kan sê waar dit
presies in die Bybel staan.
Ons het Angus nodig.
Maar ons het in ons boodskap en getuienis ook veel meer as Angus nodig.
Lees gerus wat Neels Jackson oor Angus sê in
sy voordrag wat in die vorige berig in hierdie eNuus
aangekondig word.
Vervolging
van Christene in Indië duur voort
By Daily
Mail Reporter - 26th October 2008
A nun who was allegedly raped by more than 40 men during an outbreak of
anti-Christian violence in India has accused local police of shielding her
attackers.
The nun said she was sexually assaulted by a rioting mob at the end of August,
days after the murder of a Hindu priest sparked attacks by Hindu extremists on
the Christian community in the East coast Orissa state.
Nun Mina Barwa,
aged 29, said she was dragged to a burned-out Christian home and was beaten
with sticks and paraded semi-naked in the streets as mobs threatened to gang
rape her.
Breaking down repeatedly while
speaking to reporters in New Dehli, she said: 'They
pulled out my sari and one of them stepped on my right hand and another on my
left hand and then a third person raped me.'
'They had already torn away my blouse
and undergarments and they went on beating me with their hands on my cheeks and
head and with sticks on my back.'
More than half-a-dozen people have been arrested over the incident, but Barwa has called for a federal investigation as she 'had
little faith in local Orissa police'.
'State police failed to stop the
crimes, failed to protect me from the attackers, they were friendly with the
attackers, and they tried their best to make sure that I did not make
complaints against police.
'I was raped and now I don't want to
be victimised by the Orissa police.'
At least 35 people have died during
weeks of anti-Christian attacks in Orissa and nearly 50,000 have fled their
homes, remaining in state-run shelters.
Human rights activist John Dayal said: 'The conditions in those relief shelters are
terrible. There are no toilets and officials say tribal women don't need any
toilets.
'People have no faith in police.'
Dozens of churches, prayer halls and
Catholic-run schools have been attacked in the state, which is ruled by a
political party allied to India's Hindu nationalist party.
Hardline
Hindu groups accuse missionaries of bribing poor tribes
people and low-caste Hindus to convert to Christianity by offering free
education and health care.
Catholic groups say Christians in the
state are being forced to reconvert to Hinduism.
Pope Benedict XVI has strongly
condemned the violence.
India's Supreme Court this week
rejected a plea by a Catholic bishop for a federal investigation into the
alleged rape, saying the matter should be probed by the Orissa police.
Religious clashes erupt periodically in India where only 2.3 percent of the
more than 1.1 billion population are practising Christians.
http://www.dailymail.co.uk/news/worldnews/article-1080745/Nun-attacked-gang-raped-40-men-anti-Christian-violence-India.html
Inhoud
Alan
Boesak en die demoon van rassisme
Ds Willem Petzer van Oos-Londen-Wesheuwels
vra vandeesweek waarom die kerkleiding ds Alan Boesak
nêrens gerepudieer het oor sy stelling dat die “demoon van rassisme” die NG
Kerk nog nie finaal verlaat het nie. Die NG Kerk is, soos die VGKSA, deel van
die Liggaam van Christus. Dit tas die eer van Christus aan as so ‘n stelling gemaak word.
Hierdie
opmerking is deel van ‘n skrywe van dié kerkraad oor
onlangse verwikkelinge in die kerkherenigingsproses. Die NG Kerk se moderamen
moes dadelik verskoning aanteken vir prof Piet Strauss se uitlatings te
Hammanskraal, lui die skrywe, maar dr Boesak kan so ‘n
skreiende opmerking maak en geen haan kraai daarna nie.
Die kerkraad se
skrywe sal deur die Sinodale Kommissie bespreek word.
Biblia:
Foto’s bewys hoe welkom die musse is
Martin Britz van Biblia
Hawebediening in PE wys vir ons met ‘n paar foto’s
hoe winter op die see regtig lyk. Klik hier.
Nou sal almal
wat so gaaf is om vir seevaarders musse te brei, verstaan hoe welkom die musse
is!”, sê Martin.
As jy wil saam
kyk na die foto’s, besoek www.ngkok.co.za/biblia.
Sinode Hoëveld neem standpunt oor
kerkhereniging
Die Sinodale Dienskommissie
(SDK) van Sinode hoëveld het op 2008-10-20 vergader en die volgende
beginselbesluite geneem rakende die kwessie van kerkhereniging:
1.
Die SDK herbevestig Sinode Hoëveld se verbintenis tot kerkhereniging; en
2.
Die SDK besluit om in die lig van die spanning met die VGKSA vir die
huidige nie te fokus op gesprekke oor strukturele kerkeenheid nie, maar op
gesprekke en aksies van Bybelse versoening.
3.
Die SDK bevestig dat die basis vir die gesprekke en aksies Sinode
Hoëveld se verstaan van ons missionêre aard van kerkwees
is; (Ons streef versoening na omdat ons
glo dat ons nie sonder ander in die gemeenskap ’n verskil kan maak nie.)
4.
Die SDK bevestig dat ons die gesprek eerstens met die lede van ons eie
kerklike familie wil voer, maar so ook met almal met wie ons saam en in
gehoorsaamheid aan die Here in die wêreld hoop kan bring en ʼn verskil kan
maak;
5.
Die SDK bevestig dat die waardes van die versoeningsgesprek gerig word
deur ons eie Belydenisskrifte ÉN deur sieninge en belydenisse van ons
gespreksgenote (bv. die VGKSA wie se Belydenis van Belhar ʼn besondere
fokus op eenheid, geregtigheid en versoening in die gesprek kan indra).
6.
Die SDK besluit om die Diensgroep Genesing van die Land te versoek om
ondersoek in te stel na hoe die Belhar Belydenis ons kan help om die genesing
van die land beter te kan verstaan.
7.
Die SDK versoek die ASM om die saak van eenwording op hul Agenda te
behou; om die saak meer prakties te benader in hul besinning daaroor, met ander
woorde om ook die praktiese aspekte en konsekwensies van eenwording in die
praktyk tot op grondvlak deeglik te verdiskonteer en om nie net op die
teoretiese beginsels daarvan te bly fokus nie.
(Uit: Kruis en Dwars,
amptelike nuusblad van Sinode Hoëveld)
In die geledere van kerklike koerante spog Kerkbode loshande met die
grootste oplaag. Selfs die grote Rooms Katolieke Kerk se oplaag van 11,000 vir
sy koerant Southern Cross vergelyk maar power met Kerkbode se 25,559. Kerkblad
(van die Geref Kerke) se oplaag beloop 4,800 terwyl Hervormer (van die
Ned Herv Kerk) 10,000 kopieë op ’n slag druk.
Die NG Kerk se gesinstydskrif Lig
doen glad nie sleg met rakverkope in boekwinkels nie. Die aantal wat dáár
verkoop word, het in 2008 gespring na 11,416 (teenoor die 6,997 van 2007).
Ongelukkig is verspreiding deur gemeentes nie naastenby die
hoofverspreidingskanaal vir Lig nie. Dit is jammer!
Hierdie gegewens het aan die lig
gekom toe (dr) Pieter Fourie, Direkteur: Media van Bybel-Media, onlangs ’n
oorsig van die werk van Bybel-Media aan die Algemene Diensgroep vir
Gemeenteontwikkeling in Kemptonpark gegee het.
(Met dank aan Clem Marais van
Feldnuus, Namibië)
PE-Sentraal
hou basaar : Saterdag 1 November 2008
“Weet
jul lesers hoe lekker ons op Saterdag, 1 November, 2008 gaan basaar hou!”, vra
PE-Sentraal-gemeente? “Nee, vertel ons.”
Almal is natuurlik meer as welkom want daar
gaan oorgenoeg wees om aan te smul...braai hoender, koeke en pannekoek,
lekkers, worsrolle, en moenie die heerlikste
"basaar-poeding" vergeet nie! Daarsonder sal geen kerk-basaar wat sy
naam werd is gevang wil word nie!!!
Kom
geniet die heerlike pret met lekker musiek en samesyn.
Ons begin om 10uur en belowe om nie op te
hou totdat die laaste een flou neerval nie!!!
Charl
Meyer skryf:
NGK
Vanstadensrivier hou Saterdag 1 November 2008
kermis. So vanaf 09:00. Ou Kaapweg, St Albans. Heerlike vars produkte - groente, vleis, melk,
pannekoek, kerrie en rys, sosaties, hamburgers, boereworsrolle,
jaffels, kerrievetkoeke, slap chips,
spitbraai, poedings, terte, groot koeke, klein koekies, brood, beskuit,
lekkergoed, ingemaakte vrugte en konfyt, teetuin, koeldrank en nog baie meer...
Mooi
plante, struike en bome....net reg om te plant!
Speletjies,
springkasteel en baie verrassings vir die jongklomp!
Oorgenoeg
parkering!!
Werksgeleentheid met voorskoolse kinders
Ron Reynolds van PE-Sentraal laat
weet:
'n
Pos is beskikbaar vir 'n jonge dame, vanaf skoolverlaat ouderdom tot so om en
by 25 jaar, by die STIMULANTIA PRIVAAT SKOOL, Newton Park as onderwyser vir
kinders
in die klas 1 tot 5 jaar. Vorige
ondervinding 'n
plus
maar volledige indiens-opleiding word gratis verskaf.
Liefde
vir kinders 'n moet. Salaris
onderhandelbaar. Vir verdere inligting
of om aansoek te doen kontak Hilda van Zyl, Kantoor 041-3650886 Selfoon
0829300044 epos hildavz@telkomsa.net of faks
041-3657186.
Petrus Meyer hou kerskonsert
Musiekonderwyser van formaat, Petrus Meyer, skryf:
Hi almal! Hierdie is 'n spesiale uitnodiging na
Petrus se eie Kerskonsert met Klaviermusiek by NG Kerk PE Hoogland in Charlo op
Vrydagaand 14 November. As jy wil ontspan na die jaar se harde werk en stres,
kom luister dan na die klawerklanke van kersliedere soos Herders Op Die Ope Velde, What Child Is This?,
en nog vele meer om jou te laat ontspan! Kaartjies kos R20 per persoon en
Petrus se CD, Christmas
Classics,
sal ook daardie aand te koop wees teen R60. Die konsert begin 19:00 en
kaartjies kan bespreek word by 072 833 6226 en bring jou familie en
vriende saam na hierdie feestelike geleentheid. Moet dit nie misloop nie!
Aandag
Jeugwerkers: ConneXellence-toerusting - Operasie Mobilasie
Operasie
mobilasie beskryf hierdie jeugwerker-toerusting as
van die beste wat ter wêreld beskikbaar is.
Uit die brosjure die volgende:
‘ConneXellence’ is ‘the art of creating unforgettable
moments’. ‘ConneXellence’ is making excellent
connections. Today we are surrounded by the next generation who lives for the
moment. If we, as followers of Jesus, are going to connect with these young
people, we must learn the art of creating moments . . . unforgettable moments.
This intensive course is created
and taught by Dan & Suzie Potter, also known as DUZIE. Dan & Suzie are
international creative youth consultants with Operation Mobilisation
training youth workers all over the globe and authors of the book by the same
title ‘ConneXellence . . . the art of creating
unforgettable moments’. They have trained and spoken in several churches in
South Africa over the last ten years. They take youth workers into a new
understanding of the next generation.
Klik hier vir meer
besonderhede.
Datum: 7-14 Desember 2008
Vertrek 7 Des van
Uitenhage en is 14 Des DV weer terug op Uitenhage.
Toer deur Patensie,
Baviaanskloof, Oudtshoorn, Calitzdorp, George, Hartenbos, Tuinroete terug.
Koste: R1600 (Reis, verblyf, kos, alles ingesluit)
Absail, snorkel, kayakke, rafting, paintball, kloofing, hiking, boogskiet,
bergfiets ry, veld-oorlewing, wyntoer ens, ens.
Dis ‘n week vol pret.
Sluitingsdatum: Ons het dit verleng
tot einde Oktober (Op die inskrywingsvorm is dit 12 Oktober)
TeenStreet - 'n avontuurlike jeugkamp om nie te mis nie
Fred van der
Westhuizen van Operasie Mobilisasie in Port Elizabeth, beveel hierdie
OM-jeugkamp baie sterk aan. Dis in Pretoria, maar dalk is daar
Oos-Kapenaars wat daar kan of wil uitkom. Lyk 'n heerlike manier om vakansietyd
te bestee...
Potchefstroom : PUK-Kandelaar se Eerstejaarskamp :
2009
Die NG Studentekerk te
Potchefstroom, Kandelaar, het pas die besonderhede van hulle eerstejaarskamp in
2009 bekendgemaak. Vir die Oos-Kapenaars wat in Potchefstroom gaan studeer, is
dit goeie nuus. Klik
hier vir die volle besonderhede.
Vir die pret daarvan
- Bantu Holomisa vandeesweek oor die politiek en die wederkoms:
"In
hindsight we can safely say that after Polokwane, the
politics in this country will never be the same. Indeed who would have thought
that today we would be witnessing the split in the ruling party, even though
their leadership was still recently fond of saying the ANC would rule this
country until Jesus returns? If that is the case, then we are not far from that
prophetic date.
1 November - Van Standersrivier-gemeente, PE, hou kermis.
1 November - PE-Sentraal hou kermis.
1 November: PE-Heideveld se vrouediens hou ontbyt en feminaar - skakel Annette by 041 3711042 of 084 549 2525
6 November - Manne-lofprysingsaand om 19:00 te NGK
PE-Hoogland, Port Elizabeth - skakel die kerkkantoor by 041 367-1485
14 November - Petrus Meyer hou ‘n
kerskonsert by PE-Hoogland
A first grade teacher collected well known proverbs.
She gave each child in her class the first half of a proverb and asked them to
come up with the remainder of the proverb. This is what they came up with.
Better
to be safe than.............to punch a 5th grader.
Never
underestimate the power of............termites.
You
can lead a horse to water but...............how?
Don't
bite the hand that..................looks dirty.
A
miss is as good as a..........................Mr.
You
can't teach an old dog new..............math.
If
you lie down with dogs, you'll......stink in the morning.
Love
all, trust........................................me.
The
pen is mightier than the...................pigs.
An
idle mind is...............................the best way to relax.
Where
there's smoke there's..................pollution.
Happy the bride who.........................gets all
the gifts.
A
penny saved is...................................not much.
Two's
company, three's...................the Musketeers.
Don't
put off till tomorrow what...you put on to go to bed.
None
are so blind as.............................Stevie Wonder.
Children
should be seen and not.....spanked or grounded.
If
at first you don't succeed...............get new batteries.
When
the blind leadeth the blind.......get out of the way.
Better late than............................pregnant.
Sinodale Kommunikasie