Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 34 - 23 Oktober
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Datums vir Padberade met leraars
en kerkraadsleiers in Ringsverband
Datums vir die Sinodale Kommissie,
SK-Dagbestuur en SRK
Word deel van ‘n
evangelisasie-aksie rondom 2010
Ds Bossie Minnaar beantwoord
gemeentes se navrae oor die sentralisering van gemeenteregisters
Internasionale dag van gebed vir
lydende kerk: 9 of 16 November
Nuus van Veritas Kollege se
bediening in die Oos-Kaap en verder
Gebedsbrief van Biblia
Hawesending, Port Elizabeth
Boekbespreking: Geloof nie soos teorie, maar soos
liefdesverhouding
Chris van Wyk oor die “ware tragedie”
van Belhar
Konferensie oor noue Samewerking en Eenheidsmodelle
Nuutste teologie by Kovsies nou
beskikbaar
Christo van Heerden het onlangs die wenbrief in Die Burger. Hier is sy wenbrief
waarin hy oor die kerk as die Bruid van Christus skryf:
Hoe sal die kerk lyk as hy die alleenweg
inslaan? ‘n Eenoog dinosourus wat heeldag sy eie
naeltjie bewonder en die wonders van genade van die Skepper mis. Sy gees
probeer steeds om Afrikaner-Nasionalisme te verteer, terwyl hy geblokkeerde are
opdoen en sy hartklop droewig sukkel om lewe deur sy are te stoot, so hy
versteen stadig van buite af. Hy sukkel om asem te haal met sy neus in sy
naeltjie, maar hy beskuldig ander daarvan dat hulle sy suurstof steel. Die
gebrekkige sirkulasie en ongemaklike posisie maak dat sy vel skubagtig en leeragtig
ontwikkel om aanslae van buite af te skrik. Hy ontwikkel ook die vermoë om vuur
te spoeg op elkeen wat sy persoonlike ruimte bedreig, maar hy glo steeds mense
val oor hul voete om sy guns te wen.
Ek verkies die bruid wat vir Christus gereed gemaak word: jonk, pragtig
en lewenslustig. Sy sing vrolike liedere op strate, deel vryelik blomme uit aan
elkeen wat sy ontmoet. Sy waardeer die sonskyn op almal, trek gordyne in donker
kamers oop en laat ‘n vars briesie van genade daardeur trek.
Sy is vol teenstrydighede – eenmaal vrou! Terwyl sy armes en siekes met
sagte hande en troosliedere versorg, staan sy vreesloos dwars voor almal hul
son wil steel. Terwyl sy in die veld dans en geurige blomme pluk sodat muwwe
harte weer nuwe lewe kan kry, sal sy met blitsende oë tussen slagordes in storm
waar sy broos en weerloos, maar fier en ferm sal aandring op vrede. Uiteindelik
sal sy ook al die gewondes versorg.
Sy soog babas met melk wat lewe gee. Sy nooi almal na die feesmaal van
brood en wyn. Gasvry, vrygewig maak haar teenwoordigheid dat vyande en
vreemdelinge vriende word. Sy skep nuwe alliansies teen boosheid, korrupsie en
verrotting.
Haar repertoire is wiegeliedjies, aandliedere, klap hande op nuwe
ritmes met die tieners en staan grootoog in katedrale na korale en luister. Sy
sing Engels, Xhoza, Frans en Spaans, ook Afrikaans!
Sy gaan deur haar oop deure uit op die strate. Nooi die skugteres, skames, verlorenes en vuiles na haar tafel. Daar salf sy hulle voete en leer
hulle om weer te lag en nuwe liedere te sing.
Sy is die hartklop van die gemeenskap. Haar trippelstap laat mense wuifend in die strate verskyn en al neuriënd
werk toe stap.
Ag ja, ek is verlief!! (nie op die stertjagende
monster nie)
Die twee Voortgesette Bedieningsopleiding-weke vir 2009
is:
1) Dinsdag 3 Maart tot Donderdag, 5 Maart;
2) Dinsdag 6 Oktober tot Donderdag 8 Oktober.
Die bedoeling is om by elke geleentheid ten minste twee goedgekeurde
VBO-kursusse gelyklopend aan te bied.
Datums
vir Padberade met leraars en kerkraadsleiers in Ringsverband
Vir 2009 vind die padberade met leraars en ander
kerkraadsleiers weer in ringsverband plaas. Die datums is 20 tot 23 April 2009
en 4 tot 6 Mei. Die rooster vier die byeenkomste sal volgende jaar vroeg
gekommunikeer word. Merk solank dié datums liggies in potlood op jou dagboek.
Datums
vir die Sinodale Kommissie, SK-Dagbestuur en SRK
Die volle Sinodale Kommissie kom op die volgende dae bymekaar:
- 7 Mei
- 26 November
Die SK-Dagbestuur vergader op:
- 22 Januarie
(Geloofsonderskeiding vir 2009)
- 12 Februarie
- 16 April
- 20 Augustus
- 28 Oktober
(middagsessie, begroting)
- 29 Oktober
Die Sinodale Regskommissie (SRK) vergader op:
- 15 April
- 28 Oktober
Ringe het die volgende datums bepaal vir hul vergaderings
in 2009:
|
Ring |
Datum |
Plek / Gemeente |
|
Albanie |
7 tot 8 September |
|
|
Algoa |
7 tot 9 September |
PE-Lorraine |
|
Burgersdorp |
31 Augustus |
Ugie - saam met Dordrecht |
|
Cradock |
13 tot 14 September |
Cradock |
|
Dordrecht |
31 Augustus |
Ugie - saam met Burgersdorp |
|
Graaff-Reinet |
1 September |
|
|
Humansdorp |
7 September |
Jeffreysbaai |
|
Oos-Londen |
16 tot 17 Augustus |
|
|
Port Elizabeth |
14 tot 15 Augustus |
Somerstrand |
|
PE-Wes |
13 tot 14 September |
|
|
Queenstown |
Word nog bepaal |
|
|
Sondagsrivier |
6 September |
Sondagsrivier-Suid |
|
Uitenhage |
11 tot 13 Augustus |
NGK Uitenhage De-Mist |
Word
deel van ‘n
evangelisasie-aksie rondom 2010
Dr Mike
Muller vertel:
Die nuwe 2010 Sokkerstadion in Port
Elizabeth word binne die grense van die Ring van PE gebou. Dit het die Ring aan
die dink gesit, en ons het besluit om 'n Sokker-evangelisasieprojek met die oog
op die Wêreldbeker te loods. By navraag blyk dit dat daar regoor die wêreld
teen baie billike tariewe grootskerm fasiliteite gebruik na word om die
wedstryde via satelliet te herlei. Fifa het spesiale reëlings in die verband.
Gemeenskappe kan oral bymekaarkom om saam na die wedstryde te kyk. Kerke
het dit reeds wêreldwyd met verskeie ander toernooie gedoen.
Dit beteken dat die potensiaal van die
projek heeltemal te groot is vir net een Ring om te hanteer. Die Ring van PE
nooi daarom al die ander Oos-Kaaplandse ringe en gemeentes uit om hul gewig
agter hierdie projek in te gooi - ons kom hierop terug.
Daar is nog meer. Ons het ook
vasgestel dat daar reeds evangelisasie beplan word deur 'n
koördineringsliggaam, met die titel Global Events. Dié organisasie, wat ook verteenwoordigers in PE
het, het al drie Olimpiese Spele en drie Wêreldsokkerbekertoernooie
met groot sukses hanteer. Global Events
is absoluut afhanklik van die ondersteuning van plaaslike gemeentes en ander
rolspelers. 'n Totaal van 15,000 lede wêreldwyd (kerke, sportorganisasies en
besighede wat 'n Christelike fokus het) is reeds deur Fifa aanvaar en
goedgekeur.
Uitnodiging
Omdat ons Ring graag 'n bydrae
tot die evangelisasie van die deelnemers aan die toernooi, die baie
besoekers wat gaan kom, en ons plaaslike gemeenskappe wat uitgenooi kan word na
grootskerm-byeenkomste waar die wedstryde in ons kerksale, skoolsale
en ander gemeenskapslokale deur ons bemiddeling vertoon kan word, en omdat ons
die groot potensiaal van hierdie byeenkomste regoor ons provinsie kan insien, het
ons besluit om elke ander ring, en eintlik ook al die gemeentes in die
Oos-Kaap uit te nooi om die projek saam met ons aan te pak.
Indien julle die uitnodiging aanvaar,
sal julle deel word van 'n baie groot netwerk kerke en ander ondernemings wat
deur Christelike gasvryheid en liefde na gemeenskappe en besoekers uitreik.
Die naam van die projek waardeur ons
almal se uitreikpogings gekoördineer word, is THE
ULTIMATE GOAL. 'n Beplanningsvergadering van The Ultimate Goal word op 4 November 2008 in PE
gehou. By dié vergadering word die verteenwoordiging van alle samewerkende
kerke en instansies geregistreer.
Besoek gerus die webblad www.smpsa.com vir meer inligting. Soek na The Ultimate Goal.
In ons geestesoog sien ons Christelike
vriendskap wat teenoor besoekers betoon word. Maar ons sien veral ook tientalle
NG Kerke wat grootskermvertonings van wedstryde
in die kerksale van ons stede, dorpe, dorpies en selfs huise reël waarheen
ons mense uit die gemeenskap nooi - mense wat dalk lankal nie meer kontak met
volgelinge van die Here het nie - en vreiende met
hulle word.
Dringende versoek
Ons dringende versoek is dat elke Ring
asseblief 'n Ringsverteenwoordiger vir die projek benoem. Die persoon sal veral
verantwoordelik wees om inligting te kommunikeer en te koördineer. Ons sal ook
bly wees as hierdie persoon die byeenkoms op 4 November in PE kan bywoon.
Gee hierdie benoeming asseblief so gou
moontlik per e-pos deur aan sokker@ngkok.co.za.
Ons wil die nodige besonderhede aan hierdie persone stuur.
Julle is welkom om telefoniese navrae
aan my te rig by tel/faks 041 368-4755, sel: 083 455 9572
Ds
Bossie Minnaar beantwoord gemeentes se navrae oor die sentralisering van
gemeenteregisters
Die SK-Dagbestuur het op 23 Oktober 2009 ‘n indringende gesprek met ds Bossie Minnaar,
onder-voorsitter van die Algemene Sinode se Taakspan vir Bestuurs-
en Inligtingsdienste gevoer. Dit was op versoek van ABID.
Danksy die konsultasieproses met
gemeentes het heelwat vrae, sommige daarvan baie krities, onder ons aandag
gekom. Ds Minnaar het baie moeite gedoen om die vrae te beantwoord.
Julle kan sy antwoord - wat op ons
webblad beskikbaar is - lees deur hier
te klik.
Internasionale
dag van gebed vir lydende kerk: 9 of 16 November
Wêreldwyd bid Christelike kerke op 9 of 16 November vir
die lydende kerk. Meer Christene het in die 20ste vir hul geloof gesterf as in
die vorige 19 eeue.
Gemeentes wat bronne hiervoor wil gebruik, kan gerus www.idop.org besoek.
Hier is ‘n uittreksel uit die gebedsbrief van die International Day of Prayer for the
Persecuted Church-organisasie:
DURING OCTOBER
WE HAVE PRAYED CONCERNING:
* LAOS,
where persecution is intense and Christians -- including youths -- are
dispossessed and even imprisoned and tortured for refusing to renounce their 'foreign
religion'.
* EGYPT,
where religious tensions are escalating and violence against the indigenous
Coptic Christian community is becoming more intense. The government's
preference for 'reconciliation sessions' (where the Copts forfeit their rights
and drop all charges in exchange for 'peace') rather than law, justice and
reparation is only fuelling the situation by emboldening belligerent Muslims.
Pray for God to 'reveal himself to the Egyptians' as promised in Isaiah 19.
* IRAQ,
where, after serious threats and 12 assassinations in two weeks, some 750
Christian families totalling 3,750 individuals had
fled for their lives between 4 and 12 October to seek refuge with relatives or
in churches and monasteries in various Christian-majority towns across Nineveh.
Iraq's Christians are under siege, facing genocide, and running out of places
to go.
* AFGHANISTAN:
ANOTHER CHRISTIAN AID WORK ASSASSINATED
On Monday 20 October Taliban 'mujahideen'
shot and killed Gayle Williams (34, from London) as she walked to work in
Kabul. Miss Williams becomes the 29th aid worker to be murdered in Afghanistan
by the Taliban this year. In August, three women working with the New
York-based International Rescue Committee were ambushed and murdered by the
Taliban for being part of 'the foreign invader forces'. The Taliban claimed
responsibility for Gayle Williams' murder saying that their investigations
revealed that 'this woman came to Afghanistan to teach Christianity to the
people of Afghanistan', so the Taliban leadership 'issued a decree to kill this
woman'. Miss Williams had been in Afghanistan for two years assisting mentally
disabled Afghans with the British-registered charity 'Serving Emergency Relief
and Vocational Enterprises' (SERVE) which has been working with Afghan refugees
since 1980.
SERVE's
chairman, Mike Lyth, dismissed the Taliban's claims
to have targeted Miss Williams for religious revenge as 'opportunistic'. He
said that while the charity is motivated by Christianity, it does not actively proselytise. Pray for a witness to be preserved in
Afghanistan that the church may grow.
* INDIA:
KANDHAMAL GENOCIDE PROGRESSES UNCHECKED
As if it weren't enough that 180 churches and 4,500
homes had been destroyed creating 50,000 Christian refugees, Christians in Kandhamal's relief camps are even being prevented from
meeting for prayer and are being pressured to go home. Fr Ajay Singh reports
the displaced are given one blanket per family, the
relief camps have no sanitation, counselling services
are not permitted and the emotional health -- particularly that of the women --
is 'deteriorating rapidly'. Meanwhile, according to AsiaNews
and the Global Council of Indian Christians (GCIC), a campaign to 'cleanse the
land' is under way with Hindutva outfits physically
removing all evidence of a past Christian presence. Efforts to forcibly convert
Christians to Hinduism under threat of death have gathered pace.
The situation
in the states of Orissa and Karnataka is very tense.
The Central
Government appears paralysed while the BJP state
governments continue to blame Christians and justify the Hindutva
outfits that 'respond' with extreme violence and the full knowledge they are
guaranteed impunity. The situation is extremely serious and unlikely to improve
significantly in the seven months before the May 2009 general elections as the Hindutva forces escalate their efforts to advance Hindutva for political gain.
Ds Nico Bezuidenhout van Oos-Londen skryf:
Ons gemeente
het ‘n spesiale bediening aan matrikulante waar ons
veral in dié tyd vir hulle voorbidding doen vir die eindeksamen. As deel van
hierdie bediening het ek boekmerkies gemaak vir die matrikulante met gebede op
(wat deur my kollega, Johan Labuschagne, en myself geskryf is), vir die
eksamentyd. Die een is ‘n gebed vir
matrieks, en die ander boekmerk is spesifiek vir die laaste
dag van die eksamen.
Ons voel dat dit bruikbaar is en dat ons dit met so veel
as moontlik matrikulante wil deel. Dit is tog so maklik met die hedendaagse
tegnologie. Jy kan dit gerus met die gemeentes deel. Dit is in JPEG formaat, so
dit kan soos ‘n foto gedruk word of gewoon op die
drukker by die huis.
Baie dankie, Nico en Johan, vir dié inisiatief.
Nuus
van Veritas Kollege se bediening in die Oos-Kaap en verder
Ds Riaan Terblanche, verteenwoordiger van die Veritas
Kollege in die Oos-Kaap, vertel hoe dit met hierdie bediening gaa,. Veritas bied opleiding in Bybellees-vaardighede en leierskapstoerusting vir lidmaatleiers. Die materiaal word
wyd in van ons gemeentes benut::
Ek word hierdie
Sondag bevestig word as tentmaker van Cradock Moedergemeente met die opdrag
Veritas Kollege. Ek is baie dankbaar teenoor die Here dat Hy ons
verbind aan ‘n gemeente wat my as’t ware uitstuur om
op verskillende plekke in SA en Mosambiek kerkleiers op te lei. Ook is
dit vir ons wonderlik om ‘n versorgingsbasis te
hê, en ook meer betrokke te raak by die gemeentelewe.
Ek beplan om vanaf 24 tot 28 November ‘n
fasiliteerderskursus vir Module 1 in Cradock aan te bied, en het tot dusver ‘n goeie reaksie van 7 persone gekry wat as fasiliteerders
opgelei wil word. Hulle kom van uit ‘n wye
area: van Umtata, George, Cradock, Graaf-Reinet, tot by Rietbron!
Ander goeie nuus is dat die Here ‘n egpaar
van Cradock, Charl en Sonja Greyling, geroep het om as sendelinge in Mosambiek
te gaan werk. Charl is werksaam by ‘n
proefplaas en wil graag in Luia, waar die NG Kerke in
Cradock vir baie jare werksaam is, die Mosambiekers help met boerdery, terwyl
Sonja op mediese terein opgelei is om met mediese
sorg te help. Bid saam met ons dat die Here hierdie roeping sal bevestig,
en die deure sal oopmaak. Die Here het met Charl gepraat toe hy Julie vanjaar
op ‘n korttermyn-uitreik was na Luia.
Dit bevestig net die onskatbare waarde van korttermyn uitreike!
Al kos die uitreik baie geld ens, gebruik die Here
dit om veel meer te bereik as wat geld kan koop! Prys die Here daarvoor.
Gebedsbrief
van Biblia Hawesending, Port Elizabeth
Liewe gebedsmedewerkers
Baie dankie vir u getroue
gebede vir ons hier by Biblia. Dit bly vir ons ’n groot inspirasie en
motiveering om aan te gaan omdat jy weet daar is ’n skare van geloofsgetuies en
medewerkers wat op een of ander manier hier by ons betrokke is. Ek wens ek kan
vir elkeen persoonlik bedank maar dit is ongelukkig onmoontlik. Ons kan u wel
verseker dat ons hier by Biblia ook vir u bid.
Ons het ’n e-pos
van bybelstudie groep aan boord van ’n ertsdraer wat in ons hawe was gekry. Die leier skryf “we are now
steaming smoothly across the Indian
Ocean. Thank you so much for
including us in your prayers. We had another successful Bible Fellowship yesterday. We just want to thank you
for the bibles
that you have given us.
The guys really like it
and enjoy our bible fellowship. We meet every Sunday between
1pm and 2 pm. Please continue pray for
a continuous harmonious relationship here on board . thank you
for being such a blessing on our vessel”
Op ’n ander skip is
ALEX, hy is ’n christen van Indië. Ons kommunikeer gereeld met hom waar ons vir
hom bybelstudie stukke stuur ,maar ook in die selfde tyd is ons ook in kontak
met sy vrou waar sy ’n bybelstudie groep van ongeveer 20 vrouens lei. Ons stuur
ook 2 X per week vir haar studie materiaal. Ongelooflik om te dink dat ons
vanuit die kantoor betrokke kan raak by
Bybelstudie groepe duisende km van hier af. ALEX skryf “ The mail you send us are very helpful for
our prayer here on board three of us get together
for prayers and bible study on
Thursday and Sundays Please continue sending us bible topics
that we can share amongst us.
Please pray that we can do the same for the
crew that you are doing for us.”In sy laaste e-pos sê ALEX
hy wil graag by ’n Bybelskool aansluit om Teologie te studeer. Ook dat dit goed
gaan met sy vrou se groep,maar ongelukkig het sy haar ma verloor. Bid vir
haar(PASLIN) en ook vir ALEX. Op ’n ander Houerskip waar ons meer as m jaar
terug ook ’n Bybelstudie groep begin het,het van lede se kontrak verstreik en
is huis toe. Van die nuwe bemannings lede het by die studie groep aangesluit en
toe die skip weer by ons kom ook vir ’n Bybel, aangesien die ander hulle bybels
huis toe geneem het.
Een van die dae is
dit weer kersfees en ons wil weer vir die bemanningslede wat oor die
kersseisoen ons hawe aandoen so ietsie van God se liefde op ’n tasbare manier
aan die bemanning bewys, ons poog om so ongeveer 200 kersakkies uit te deel.
Die sakkie word gevul met toiletware, lekkergoed, kouse, ens. dit kos ongeveer
R35 om so sakkie te vul. Bid dat die Here die fondse sal voorsien..
Ons sê ook dankie
vir die Here vir Brian Cowie wat sorg
dat ons Finansieële state op datum is. Ook vir Joey van Dyk wat ons gaan help
met ons nuusbrief. Bid asseblief baie dat die HERE tog vir ons toegewyde mense
sal stuur om op ons komitee te dien. Ons
dank die Here vir dié wat al jare saam met ons kom. Hierdie mense speel ’n
groot en belangrike rol in Biblia.
Tot volgende keer
Jesus groete
Martin en Sus
Boekbespreking:
Geloof nie soos teorie, maar soos liefdesverhouding
Gerrit Brand, Die Burger, 19 Okt 2008
What are we doing
when we pray – on Prayer and the Nature of Faith
Outeur: Vincent
Brümmer
Wat dink
jy doen jy?
Gestel
iemand sou dié vraag aan jou vra wanneer jy bid.
Is gebed ’n manier om God te kry om iets te doen, of ’n
oefening ter selfstigting? Verwag jy dat jou gebed
verhoor sal word? Kan die “doeltreffendheid” van gebed getoets word?
Veronderstel gebed ’n persoonlike God wat in die wêreld handel? Hoe rym dít
met wat ons oor natuurwette weet? Maak dit sin om versoeke te rig aan ’n wese
wat as almagtig, alwetend, onveranderlik en volmaak goed beskou word? Wat sê
die praktyk van gebed oor hoe gelowiges hul verhouding met God verstaan?
Vrae soos dié is in 1984 beredeneerd en verhelderend
behandel in die boek What are we Doing
when we Pray? deur die
godsdiensfilosoof Vincent Brümmer, ’n emeritus-professor aan die Universiteit
van Utrecht in Nederland, en ’n gebore Suid-Afrikaner.
Die nuwe, uitgebreide uitgawe is opgedra aan John Murray
(1826-’82), Nicolaas Hofmeyr (1827-1909) en Andrew Murray (1828-1917). Dié “Pioneers of spirituality in South
Africa”, sê Brümmer (met apologie aan GK Chesterton),
se geloof was “not a thing like a theory but
a thing like a love-affair”.
Op die agterplat word die boek
deur die teologiese swaargewigte Anthony Thiselton,
David Basinger, John Sanders en Christoph Schwöbel hoog aangeprys. Laasgenoemde noem dit ’n “classic”. Tog jammer Brümmer se invloedryke oeuvre, waarvan
’n “collected writings”,
Brümmer on Meaning and the Christian Faith, in 2006 verskyn het, kon nog nie in sy
moedertaal verskyn nie (maar wel in verskeie ander tale) en is moeilik in sy
geboorteland verkrygbaar.
Die oorspronklike teks is verfyn en bygewerk, onder meer in
aansluiting by die hedendaagse debat onder evangeliese teoloë in die VSA oor
die “openheid” van God, en met ’n aangepaste bespreking van die Christelike
mistiek.
Die kern van die betoog is steeds dat die praktyk van gebed
die beste verstaan kan word aan die hand van ’n persoonlike Godsbegrip en die
metafoor van ’n liefdesverhouding tussen God en gelowiges: Voorbidding,
danksegging en aanbidding bring wel verandering teweeg. Wat verander, is nie óf
die bidder óf die een aan wie gebid word nie, maar hul verhouding.
Drie nuwe hoofstukke is egter ook bygevoeg: “Prayer and the Nature of Faith”,
“The Eyes of Faith” en
“Faith and the Nature of Religious
Belief”. Hierin vra Brümmer wat die betekenis van sy
ontleding van gebed vir ons verstaan van geloof as sodanig is. Die reeds
vermelde Chesterton-aanhaling, oor “a thing like a theory” en “a things like a love-affair”,
som die strekking van sy betoog netjies op.
Vir Brümmer is geloof nie, soos die moderne mens geneig is
om te dink, ’n teoretiese gegewe nie, maar ’n lewenswyse wat uit die geloofstradisie se metafore-, verhale- en begrippeskat put
om die werklikheid sinvol te verstaan en ervaar. Dit konkurreer dan ook nie met
die wetenskap wat ’n heel ander funksie het nie, maar met ander, teenoorstaande
maniere om die lewe met sy eise aan te pak.
Al is dit ’n teologiese boek, word tegniese vakkennis nie
daarin veronderstel nie. Dit vereis wel ’n aandagtige en denkende leser.
ASHGATE PUBLISHING COMPANY, ALDERSHOT. (SAGTEBAND, 186
BLADSYE, ISBN 9 780 75466 209 9.) Bestel by www.ashgate.com.
Chris
van Wyk oor die “ware tragedie” van Belhar
Dr Hennie Conradie
skryf die week in sy forum artikel: “Die ware TRAGEDIE” in Die Burger (Dinsdag
21 Oktober) oor sy probleme met die belydenis van Belhar.
Dr Chris van Wyk
reageer daarop as volg:
Dit is regtig jammer dat dr Conradie bronne in sy artikel gebruik wat
meesal uit die tagtigerjare kom. Hy erken daarmee glad nie die afgelope
meer as 20 jaar se intense gesprekke wat in die NG Kerk plaasgevind het
nie. Die NG Kerk het by al sy sinodes, sowel as by die Algemene Sinode, ‘n hele aantal besluite geneem wat die belydenis van Belhar
anders waardeer as wat hy doen. Die Algemene Sinode van die NG Kerk het
byvoorbeeld in 1998 reeds besluit dat dit “aanvaar dat die Belydenis van
Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Eenheid in stryd is
nie,” en dat dit “die wesenlike inhoud van die Belydenis van
Belhar” aanvaar.
Kort en kragtig: die Algemene Sinode oordeel dat die belydenis van
Belhar nie in stryd is met ons Gereformeerde belydenisse of die Bybel nie.
Die feite moet verreken word in sy skrywe.
Dieper egter as dié gebrek in sy betoog, is twee ander ernstige sake
wat hy aanroer in sy artikel.
Eerstens: Hy verkwalik die skrywers van die belydenis van Belhar van ‘n kontekstuele teologie – asof ‘n
teologie ooit sonder ‘n konteks tot stand kan
kom.
‘n Gesonde hermeneutiek werk immers altyd met beide die
Bybelteks wat verstaan moet word EN die konteks waarvoor die Bybelteks ‘n woord het. Selfs die oer-Gereformeerde teologie
was kontekstueel as ‘n reaksie op die heersende
teologiese en politiese situasie van die 16de eeu. Dit maak ook nie saak
by watter punt van teks of konteks ‘n mens begin nie,
solank albei aspekte verreken word. Om die belydenis van Belhar verdag te
maak deur na die beweegredes daarvoor te verwys, soos in die artikel gedoen
word, wys net dat dr Conradie nie deernis het met die konteks van dié belydenis
nie, d.w.s. met die konteks van lidmate, leiers en leraars van die VG Kerk nie.
Dit sê nog niks oor die teks van die belydenis van Belhar nie. Teks en
konteks moet altyd saam verreken word.
Tweedens: Hy verkwalik die belydenis van Belhar van ‘n
horisontalistiese versoeningsleer wat niks maak van
die vertikale versoening met God nie.
Enigeen wat egter die teks van die belydenis van Belhar lees, sal dit
kan bestry.
Beide die vertikale versoening met God EN die horisontale versoening
met mense word eksplisiet in die belydenis van Belhar genoem. Die belydenis van Belhar sê bv. in artikel
2: “Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in die kerk as
geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar
versoen is.” Deur hier van vertikale EN horisontale versoening in
dieselfde sin te praat, is juis die geweldige waarde van die belydenis van
Belhar. Hierin volg dit die woorde van Jesus na, wat die liefde vir God
en die liefde vir die naaste as die gesamentlike vervulling van die wet
beskou. En ons almal weet, dit is wanneer die vertikale versoening met
God sonder die horisontale kant daarvan verkondig word, wat groot onreg
op menslike vlak gebeur, soos ons in ons eie geskiedenis met die sisteem van
apartheid gesien het.
Die versoening van Christus het ‘n kruis
gekos en nie ‘n paal nie.
Konferensie oor
noue Samewerking en Eenheidsmodelle
Soos bekendgemaak in Vrydagnuus:
Goeie nuus: dit is steeds moontlik om met kerkvereniging te vorder! ’n
Konferensie oor noue samewerking en eenheidsmodelle tussen gemeentes van die NG
Kerk en die VG Kerk, word op Woensdag 5 November 2008 by die NG Kerk
Wynberg aangebied.
Prof Leo Koffeman, dosent in
kerkreg aan die Protestantse Teologiese Universiteit in Utrecht, gaan twee
beproefde modelle bespreek wat in die Protestantse Kerk in Nederland gebruik
word. Hy was nou betrokke by die verenigingsproses tussen die Hervormde Kerk,
die Gereformeerde Kerk en die Lutherse Kerk in Nederland en het dikwels leiding
geneem oor hoe die proses plaaslike gemeentes geraak het. Wynberg se model om
’n gesamentlike gemeente te vorm, gaan ook bespreek word.
Die konferensie word deur die gemeente van Wynberg in
samewerking met Communitas aangebied. Dit begin om 11:00
en duur tot 16:00. Registrasie geskied vanaf 10:30.
Belangstellendes kan voor 3 November by
die Kerkkantoor van Wynberg 021 797 8340 ngkwyn@iafrica.com
) of by Divine Robertson van Communitas
021 808 3265 dr@sun.ac.za ) inskryf. Lidmate,
kerkraadslede, predikante en kerkleiers is welkom om dit by te woon.
Belangstellendes kan dr. Danie Nel by 021 797 7115 of
dr. Frederick Marais by 021 808 3265 skakel vir meer besonderhede.
Leopold Scholtz skryf in By van 18 Oktober 2008:
Die Belydenis van
Belhar is “ ’n Marxistiese dokument”. Dit is deel van die teologie
van die revolusie wat ’n kommunistiese staat in Suid-Afrika wou voorberei.
Dié siening is die een pool wat ’n mens tans op internet-kletsruimtes
kan lees. Sommige van diegene wat dié standpunt aanhang, sê hulle is teen een
nierassige Calvinistiese kerk in Suid-Afrika gekant; ander sê hulle het in
beginsel niks teen so ’n kerkvereniging nie, solank die nuwe kerk hom nie met
die bevrydingsteologie wat in Belhar verkondig word, vereenselwig nie.
Aan die ander kant reken sommige die Belydenis verkondig ’n stuk
ortodokse Gereformeerde teologie waarteen geen beswaar ingebring kan word nie.
Dit blyk ook uit peilings dat die wit lidmate van die NG Kerk (NGK) –
en selfs die predikante – steeds minder ooghare vir Belhar het.
Dus is die vraag: Wat sê Belhar dan wat so omstrede is, en wat is die
rede vir die gebrek aan geesdrif by die NGK-lidmate en -dominees?
Die Belydenis van Belhar is oorspronklik in 1982 opgestel, hoofsaaklik
deur prof. Dirkie Smit (destyds van die fakulteit teologie aan die Universiteit
van Wes-Kaapland), met hulp van prof. Jaap Durand (van dieselfde fakulteit), ds.
Gustav Bam van die NG Sendingkerk (NGSK) en dr. Allan Boesak, wat indertyd
president van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke was.
Op die NGSK-sinode van daardie jaar het dié Kerk ’n status confessionis oor die teologiese regverdiging van apartheid
afgekondig, wat beteken dat die Kerk só sterk daaroor gevoel het dat hy dit tot
’n afwyking van die ware Bybelse leer uitgeroep het.
In effek is die NGK daardeur tot ’n ketterse kerk verklaar.
In 1986 is die Belydenis in marginaal aangepaste vorm deur die NGSK as
vierde belydenisskrif aanvaar naas die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls, oftewel
die Drie Formuliere van Enigheid. Toe die NGSK en die grootste deel van die NG
Kerk in Afrika saamgesmelt het, het dié nuwe Verenigende
Gereformeerde Kerk (VGK) dit eweneens so aanvaar.
Met die samesprekings tussen die NGK en die VGK oor eenwording het
Belhar ’n ernstige struikelblok geblyk.
Waarom was Belhar nodig? Die opstellers van die dokument het sedertdien
in verskeie artikels en onderhoude verduidelik dat die Drie Formuliere uit die
16de en 17de eeu dateer en dat dit aan ’n bepaalde behoefte voldoen het,
naamlik om die reformatoriese verskille met veral die Rooms-Katolieke Kerk en
in ’n mindere mate ook die Lutherane duidelik te artikuleer.
Die drie het bitter min, indien enigiets, te sê gehad oor sake soos
maatskaplike onreg en rassediskriminasie – sake wat destyds glad nie aktueel
was nie, maar wat teen die 1980’s in Suid-Afrika juis erg brandende kwessies was.
En dus, is gevoel, is dit belangrik om duidelik te maak wat die Bybel
te sê het vir die oorwegend bruin NGSK-lidmate in hul aktuele situasie van
onreg en diskriminasie.
Wat sê die Bybel vir hulle as mense wie se menswaardigheid so intens
deur apartheid beledig word?
Daar moes ook standpunt ingeneem word oor die NGK se jare lange
onbybelse teologiese regverdiging van apartheid.
Is Belhar inderdaad ’n “Marxistiese” dokument? Is dit deurdrenk van die
teologie van die revolusie?
Die dokument verwerp die NGK se beleid om aparte kerkgenootskappe vir
wit, bruin, swart en Indiër te skep, saam met die destydse regering se
apartheidsbeleid, as onbybels. Selfs die NGK stem deesdae hiermee saam.
Diegene wat Belhar as ’n voorbeeld van die bevrydings- teologie beskou,
baseer hulle egter veral op paragraaf 4, wat só begin:
“Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat
geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg
en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die
veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan
verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee.”
Ek is geen teoloog nie. Maar as ek my Bybel lees, sien ek in veral die
Ou Testament ’n voortdurende bevel om vir die weduwees en die wese as die
swakkes in die samelewing te sorg, ’n voortdurende aanklag teen die regeerders
dat hulle hul mag misbruik, hulself verryk en die armes laat krepeer.
Ek lees in die brief van Jakobus ’n vlammende oproep dat jy nie vir die
armes kan sê gaan heen en word versadig, en hulle dan nie met kos versorg nie.
Die twee Gereformeerde teologiese reuse in die laat 20ste eeu in die
NGK was proff. Johan Heyns en Willie Jonker. Albei het vierkant agter Belhar
gestaan. Soos trouens die res van die Gereformeerde wêreld buite Suid-Afrika.
In my naïwiteit meen ek dit sê nogal iets.
Daar is natuurlik ’n goeie rede waarom Belhar by baie mense so ’n
slegte naam het.
Die 1980’s was moeilike jare in Suid-Afrika. Die land het gebrand.
Mense het betoog en klippe gegooi en bomme geplant; die staat het met brute
geweld teruggeslaan.
In dié omstandighede het wit teoloë soos Smit, Bam en Durand effens op
die agtergrond geraak. Die Belhar-man wat op die voorgrond getree en in sekere
sin die openbare gesig van die Belydenis geword het, was Boesak.
Nou ja, Boesak was destyds nie die man wat hy vandag is nie. Sy
vlammende toesprake het dikwels (dalk teen sy sin, maar tog) meegewerk tot
geweldsituasies by optogte en betogings.
Bowendien het hy ’n hele paar keer in sy toga onder die rooi banier met
die hamer en sekel van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party verskyn. Wat nie
gehelp het om sy geloofwaardigheid by NGK-lidmate te vestig nie.
En só het Belhar ’n politieke en Marxistiese openbare gesig gekry wat
beslis nie aan die inhoud te wyte is nie. Die dokument het ’n politieke bagasie
gekry wat die gereformeerde inhoud in die persepsie van baie NGK-lidmate
verdring het.
Die vraag is net: Die bloedige 1980’s lê nou agter ons. Kan ons nie die
politieke bagasie nou agter ons laat en die dokument beoordeel vir wat hy
werklik is nie, naamlik ’n intens reformatoriese belydenis oor ’n teologiese
dwaling?
Ja, Belhar het mý by implikasie ook tot ketter verklaar, iets waaroor
ek destyds kwaai beledig gevoel het. Maar dit was toe en ons is nou veel
verder.
Kom ons aanvaar Belhar. Bowenal: Gaan lees die dokument met ’n
onbevange gemoed en sien self dat dit nie deel van Josef Stalin se erfenis is
nie.
Nuutste teologie by Kovsies nou beskikbaar
Die laaste paar take vir
hierdie jaar wag vir afhandeling. Dit is
die ideale tyd om na te dink oor mikpunte, bronne en uitdagings. Spiritualiteit speel hier 'n belangrike rol. In verskillende kontekste word spiritualiteit
gedebatteer, nagevors en beleef. In
hierdie uitgawe word die spiritualiteit van die pastor, so wel as die
spiritualiteit van die "markplein" en die spiritualiteit van
grootheid ondersoek. Kan 'n persoon gereformeerd
en charismaties wees? Verskeie
belangwekkende konferensies is by die Fakulteit Teologie aangebied. Elk hiervan kan verrykend inwerk op die
bediening in elke gemeente. Hierby die skakel vir die nuutste Teologie@Kovsies, http://www.uovs.ac.za/newsletter/newsletter.php?sid=87
Puik nuwe publikasies – noodsaaklik vir elke gemeenteleier!
Die relevansie van die kerk deur prof WD Jonker (R139.95)
Hierdie
opwindende publikasie van een van Suid-Afrika se bekende teoloë verskyn nou vir
die eerste keer postuum in Afrikaans.
Die aanslag op die kerk se relevansie het
diep historiese wortels. Volgens Jonker is die “kritieke situasie waarin die
kerk in ons tyd beland het” die rype vrug van prosesse wat reeds met die
Verligting begin het. Dit is die uiteinde van die ontwikkelings van moderne werklikheidsopvattings, die resultaat van die emansipasie
van die menslike gees en ’n toenemende versekularisering. Onder die invloed van
hierdie Westerse gees het al groter groepe van die kerk en sy boodskap afvallig
geword. Die stroom het aangegroei tot ’n afkeer van die kerk en enige
Christelike invloed. In baie samelewings het die openlike teenstand teen die
kerk verminder en plek gemaak vir ’n verstikkende
ongeïnteresseerd-heid in sommige kringe, ’n
intuïtiewe oortuiging en vanselfsprekende aanname dat die kerk wesenlik niks meer vir die moderne mens kan beteken nie.
Die
relevansie van die kerk is omvattende en indringende navorsing oor die
invloed van die Verligting op die kerk. Die kerk moet op só ’n manier relevant
wees dat die evangelie self, die boodskap, die inhoud, nie op enige wyse in die
gedrang sal kom of opgeoffer sal word nie.
Die voorwoord tot hierdie uiters tydige
publikasie is geskryf deur Dirkie Smit.
Om Christus beter te ken deur
dr Annes Nel (R99.95)
Hierdie publikasie is spesifiek gemik op
gemeenteleiers wat eredienste moet lei. Dié preekbundel bestaan uit 13 volledige
eredienste, onder andere vir Kersfees, Goeie Vrydag, Paassondag en
Pinkstersondag. ’n Volledige erediens vir ’n begrafnisdiens is ook ingesluit.
Pluspunte:
* Goeie teologiese inhoud
* Verskeidenheid van temas
* Eredienste vir spesiale feesdae in die kerkjaar
* Voorgestelde liedere kom uit
Die Liedboek
* Hulpmiddel vir elke ouderling
Preekstudies 2009: Prys: R150.00
Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009 – Revised Common Lectionary: Jaar B
Bevat 56 volledige preekvoorstelle, responsoriese
liturgieë vir doop, nagmaal, begrafnis en vir dankoffertyd.
Die preekstudies het ook ’n CD
in WORD-formaat as hulpmiddel teen R30.00 ekstra.
Leesrooster 2009: Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009 Prys: R50.00
Die Leesrooster bring
deur middel van ’n fokusteks eenheid tussen die
erediens, huisgodsdiens en groepsgesprekke. Dit moedig lidmate aan om al die
feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te ervaar.
Bybel-Media en Jeugfokus-katalogusse:
Elke kerkkantoor/skriba het reeds die Jeugfokus-katalogus 2009 (al die jongste
kategese produkte) en die Bybel-Media-katalogus 2008/2009 ontvang. Sou jy
meer katalogusse
benodig, kan jy die gemeente se adres per e-pos stuur na bestel@bmedia.co.za
en ons sal dit dadelik vir jou stuur.
Inligting,
Navrae en Diensverskaffing:
Skakel
0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ’n pragtige Boland.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
A little boy was visiting his grandparents on their farm.
He was given a slingshot to play with out in the woods.
He practiced in the woods; but he could never hit the target
Getting a little discouraged, he headed back home for dinner.
As he was walking back when he saw Grandma's pet duck.
Just out of impulse, he let the slingshot fly, hit the duck square in
the head and killed it.
He was shocked and grieved!
In a panic, he hid the dead duck in the wood pile, only to see his
sister watching!
Sally had seen it all, but she said nothing.
After lunch the next day Grandma said, "Sally, let's wash the
dishes."
But Sally said, "Grandma, Johnny told me he wanted to help in the
kitchen."
Then she whispered to him, "Remember the duck?"
So Johnny did the dishes.
Later that day, Grandpa asked if the children wanted to go fishing, and
Grandma said, "I'm sorry but I need Sally to help make supper."
Sally just smiled and said, "Well that's all right because Johnny
told me he wanted to help."
She whispered again, "Remember the duck?"
So Sally went fishing and Johnny stayed to help.
After several days of Johnny doing both his chores and Sally's, he
finally couldn't stand it any longer
He came to Grandma and confessed that he had killed the duck.
Grandma knelt down, gave him a hug and said, "Sweetheart, I
know.
You see, I was standing at the window and I saw the whole thing, but
because I love you, I forgave you.
I was just wondering how long you would let Sally make a slave of
you."
Thought for the day and every day hereafter . . .
Whatever is in your past, whatever you have done and the devil keeps
throwing it up in your face . . . (lying, cheating, debt, fear, bad habits, hatred,
anger, bitterness, etc.) . .
Whatever it is, you need to know that God was standing at the window and
He saw the whole thing
He has seen your whole life.
He wants you to know that He loves you and that you are forgiven.
He's just wondering how long you will let sin make a slave of you.
The great thing about God is that when you ask for forgiveness, He not
only forgives you, but He forgets.
It is by God's grace and mercy that we are saved.
(Dankie Ron Reynolds)
30 Oktober 2008 - Prof Pieter Coertzen praat om 10:00 by
PE-Hoogland oor die Grondwet en ‘n Handves vir
Godsdiensregte - skakel Danie Mouton by 082 9234 178
1 November 2008 - Van Standersrivier-gemeente, PE, hou
kermis.
1 November 2008: PE-Heideveld se vrouediens hou ontbyt en
feminaar - skakel Annette by 041 3711042 of 084 549 2525
6 November 2008 - Manne-lofprysingsaand om 19:00 te NGK
PE-Hoogland, Port Elizabeth - skakel die kerkkantoor by 041 367-1485
Datum: 7-14 Desember 2008
Vertrek 7 Des van
Uitenhage en is 14 Des DV weer terug op Uitenhage.
Toer deur Patensie,
Baviaanskloof, Oudtshoorn, Calitzdorp, George, Hartenbos, Tuinroete terug.
Koste: R1600 (Reis, verblyf, kos, alles ingesluit)
Absail, snorkel, kayakke, rafting, paintball, kloofing, hiking, boogskiet,
bergfiets ry, veld-oorlewing, wyntoer ens, ens.
Dis ‘n week vol pret.
Sluitingsdatum: Ons het dit verleng
tot einde Oktober (Op die inskrywingsvorm is dit 12 Oktober)
Annette van der Merwe,
voorsitter van PE-Heideveld gemeente se vrouediens, laat weet dat hulle ‘n baie besondere afsluitingsfunksie vir vanjaar beplan.
Dis ‘n ontbyt en feminaar
op Saterdag, 1 November. Mariëtte
Rossouw, bekende Baaienaar, tree as speker op. Klik hier vir die kennisgewing.
Navrae: Kontak Annette by 041 3711042 of 084 549 2525
A six-year-old boy told his father he wanted to marry the little girl
across the street. The father, being modern and well-schooled in handling
children, hid his smile behind his hand.
"That's a serious step," he said. "Have you thought it out
completely?"
"Yes," his young son answered. "We can spend one week in
my room and the next in hers. It's right across the street, so I can run home
if I get scared of the dark."
"How about transportation?" the father asked.
"I have my wagon, and we both have our tricycles," the little
boy answered.
The boy had an answer to every question the father raised.
Finally, in exasperation, his dad asked, "What about babies? When
you're married, you're liable to have babies, you know."
"We've thought about that, too," the little boy replied.
"We're not going to have babies. Every time she lays an egg, I'm
going to step on it!"
Sinodale Kommunikasie