Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 33 - 16 Oktober
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Ds
Lucas Plaatjie amptelik as voorsitter van die Moderamen VGK Kaapland aangewys
Positiewe
verwikkelinge in die verhoudinge met die VGK
Dosente sê: NGK moet Belhar as gawe toe-eien
Missie Japan Oos-Kaap
bekendstelling
Transkei Werkersaksie [TWA ] se 50 jaar reunie!!
Eerstejaarskampe 2009 op Stellenbosch – help
verwarring voorkom asseblief!
Sterre
en Planete-Aand te Jeffreysbaai: 24 Oktober 2008
Gevaarligte flikker oor selfmoord
Ds Lucas Plaatjie amptelik as
voorsitter van die Moderamen VGK Kaapland aangewys
Baie geluk aan ‘n goeie vriend, ds Lucas Plaatjie, assessor van die
jongste sinode van die VGK Kaapland, wat amptelik as voorsitter van die VGK
Kaapland se moderamen aangewys is. Dit volg op die bedanking van dr Alan Boesak
uit hierdie rol.
Lucas is ‘n Oos-Kapenaar in murg en been. Hy
is op Adelaide (as ek reg onthou, dit mag ook Bedford wees) gebore, en het die
grootste deel van sy bediening in die Oos-Kaap deurgebring. Lucas was lank
leraar te Cradock, en het daarna die VGK Motherwell in Port Elizabeth bedien.
Hy is twee jaar gelede in die VGK se Kaaplandse kantoor as senior administratiewe
beampte aangestel.
Lucas handhaaf ‘n fasiliterende styl van
leierskap. Hy fokus sterk op die bou van verhoudinge, is ‘n
eerlike en vriendelike kommunikeerder, en beskik oor die vermoë om die
samewerking van mense te verkry. Tydens die Konvent van 2004 te Brackenfell het
hy op die tweede dag die dagwyding uit Filippense 2 gelei. Min van die
aanwesiges sal die deurbraak wat hierop gevolg het, vergeet.
Baie geluk aan ‘n broer en vriend! Ons sien uit na die bereiking van ons kerke
se gemeenskaplike roeping saam met jou.
Positiewe verwikkelinge in die
verhoudinge met die VGK
Chris van Wyk, moderator van die jongste
Oos-Kaaplandse sinodale vergadering, gee sy indrukke direk na afloop van
vandeesweek se Algemeen-Sinodale moderamenvergadering. Hy rapporteer oor
positiewe verwikkelinge in die gesprek met die VGK:
Ek sit op die lughawe na die moderatorskonferensie en dink na oor wat
vandag gebeur het. Die rede vir ons gesprek is vir julle bekend, die
hewige reaksie van die VGK op Piet Strauss se groeteboodskap en die eensydige
opskorting van die gesprek tussen die NGK en die VGK.
Die goeie
nuus is die volgende:
* Die VGK moderatuur het die NGK moderatuur
uitgenooi vir 'n gesprek dié Vrydag. In die gees van Matt 5: "as
iemand iets teen jou het," gaan daar opnuut verskoning gevra word en
probeer word om die verhoudinge te herstel. Dit gee my hoop.
* WARC het ingestem tot 'n fasiliterende rol in
die gesprek tussen die familie van NG Kerke. Dit is eintlik die enigste
moontlikheid om die proses van kerkhereniging uit sy impasse op Algemene
Sinodale vlak te haal – 'n ordentlike gefasiliteerde proses. Ek bepleit
dit al 5 jaar.
* Die moderators het 'n baie oop, eerlike en
wydlopende gesprek gehad wat by die Moderamen voortgesit sal word vir
besluitneming oor die pad vorentoe. Ons het dit reggekry om meer
geloofsonderskeidend met mekaar te praat. Ek het die ervaring dat ons
almal se kompasse weer in dieselfde rigting wys, al is daar steeds groot
verskille.
Wat het ek geleer uit die proses:
* Ons is brose en feilbare mense.
* Ek kan nie anders as om aan Paulus se brief
aan die Korintiërs (2de brief hoofstuk 4) te dink, wat ons ook in die
vergadering gelees het nie: "7 Ons wat hierdie
skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek." Maar dit is ook
waar, dat: "die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons
nie." en al is ons: "8 oor raad verleë," is ons: "nie
radeloos nie."
* Die beweging wat ons met vorige sinodes aan
die gang gesit het, om lidmate te ken en saam te neem in die proses, kan baie
maklik as 'n demokratisering van ons prosesse gesien en ervaar word. Daar
is uiteindelik maar net een oorweging wat mag geld in ons besluite op sinodale-
en rings- en gemeente-vlak: Wat vra die Here van
ons? En is ons daaraan gehoorsaam?
* Ons het meer geloofsonderskeidende prosesse
nodig. Die vaardighede van die Seisoen van Luister moet nou in gewoontes
omvorm word. Geen vergadering kan eintlik meer daarsonder werk nie. Ons
moet ruimte skep waar ons God kan ontmoet, want Hy is die Hoof van die kerk en
koninkryk.
* Die belydenis van Belhar roep ons nie net op
tot eenheid nie, maar ook tot versoening en geregtigheid. Daardie
kwessies moet in ons reis saam met die VGK en die ander lede van die familie
net soveel aandag kry.
* En dit is tyd dat die belydenis van Belhar
ook deur die leiers van ons kerk omhels word as 'n blik op die waarheid wat ook
ons belydenis is.
* Plaaslike inisiatiewe is waar die energie lê
en ons as sinode moet dit sterk aanmoedig, soos ons as SK ook opdrag gegee is
deur ons eie vorige sinode.
Ek het geleer by Niebuhr dat God in alles is wat met ons gebeur, en dat
ons nie op die dinge as sodanig moet reageer nie, maar op God in die gebeure
van die dag.
As ek met daardie bril kyk, sien ek groter eerlikheid, groter
oortuiging, groter nederigheid, meer broosheid by ons eie leierskap. En
dit laat my droom van 'n kerk wat regtig ook deur dié drif deur die Here van
die kerk gedra sal word, as 'n getuienis, dat al maak ons droog, God is genadig
wat alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.
Terwyl die Verenigende
Gereformeerde Kerk (VGK) en die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) op
sinodevlak hare kloof oor eenwording, waardes en die Belydenis van Belhar, het
twee gemeentes van dié kerke hulle die afgelope week in Wynberg, Kaapstad,
kontraktueel verbind.
“Ja, daar was ’n huwelik; buite
gemeenskap van goedere,” sê dr. Danie Nel, enigste predikant van dié gemeente
wat vroeër die herder van die NG gemeente Wynberg was.
Ds. James Buys van die VGK Wynberg,
wat saam met Nel aan die eenwordingsproses hier gewerk het, het in Maart
vanjaar selfmoord gepleeg.
Nel het Vrydag bevestig die gemeentes
is die eerste van dié twee kerke in die land wat regstegnies saamsmelt en
voortaan as die Gesamentlike Gemeente van Wynberg bekend sal staan.
Mev. Sylvia Maasdorp,
kommunikasiebeampte, sê al die lidmate het op ’n gemeentevergadering besluit
hulle is moeg vir die politiekery. “Ons skop die politiek onder die jis. Ons
kry verskriklik seer oor die bakleiery. Ons hou kerk en aanbid die Here saam met
mekaar. Ons hou ook saam basaar.” En boonop, sê Maasdorp, is dit op die
gemeente se hart gelê om Buys se nagedagtenis te eer. “Voordat hy dood is, het
hy aan Danie geskryf: ‘Gaan aan …’ Ons kan mos nou nie anders nie. “As jy
aanhou vaskyk in allerhande klippies in die skoen, gaan jy nêrens heen nie.
James het hard hiervoor gewerk. Dit gaan nié verniet wees nie. “Ons het ons
gemeente geken in al die belangrike besluite en dit per SMS aan hulle
deurgegee. “Ons was nog meer gemotiveerd ná dit wat dié maand by die sinode
gebeur het. “Toe skryf ons só aan die gemeente: ‘Goeie nuus! Die proses van
eenheid tussen die Wynberg-gemeentes word nie geraak deur die probleme tussen
die sinodes nie. Ons in Wynberg gaan ’n positiewe simbool wees.’ ”
Nel sê “buite gemeenskap van goedere”
beteken dat die gemeente alles saamdoen en saambestuur. “Ons kan net nie
eiendomme saam besit nie, volgens die bepalings van die eiendomsreg.
“Ons eenwording is eenparig deur die Wynbergse ring goedgekeur. Daar’s aan ons gesê dit wat die
twee gemeentes wil doen, kan geakkommodeer word binne die huidige reglemente
van die twee kerke.”
Oor die Belhar-belydenis sê Nel: “Ons
erken die belydenisskrifte van albei gemeentes, wat die Belydenis van Belhar
insluit.”
Dosente sê:
NGK moet Belhar as gawe toe-eien
As lidmate van die NG
Kerk en as dosente by die fakulteit teologie in Stellenbosch waar studente van
die NGK en die VGK saam opgelei word, is dit ons hoop dat die NG Kerk die
Belydenis van Belhar vanuit innerlike oortuiging as ’n gawe sal toe-eien.
Dit sal die NG Kerk se ondubbelsinnige verbintenis tot kerk- hereniging
duidelik maak. Verder glo ons dat die waarde van die Belydenis van Belhar
ten diepste in die teologiese aard daarvan te vinde is. In ’n tyd waarin
die versoeking al sterker raak vir kerke – ook vir kerke vanuit die
gereformeerde tradisie – om geloof tot private verbruikersgodsdienstigheid en
goedkoop sentimentaliteit te vereng, dien dié belydenis as ’n belangrike
herinnering en motivering vir kerke om getrou aan hul gereformeerde karakter
die evangeliese eis tot eenheid, versoening en geregtigheid op openbare wyse te
beliggaam. Teen die einde van sy outobiografie, Selfs die Kerk Kan
Verander (Tafelberg, 1998), skryf Willie Jonker: “Waar die stryd die afgelope
veertig jaar hoofsaaklik om die deurbreking van die volkskarakter van die NGK
gegaan het, sal dit in die volgende dekades waarskynlik om die uitbouing van
die eenheid van die NG familie van kerke gaan, sowel as om die bewaring van die
gereformeerde karakter van hierdie kerke en hulle profetiese roeping in die
samelewing” (bl. 221). Dit is ons mening dat die Belydenis van Belhar
gelowiges en kerke ’n wonderlike bron vir teologiese oriëntasie en evangeliese
selfkritiek bied om hul gereformeerde karakter op ’n getroue en dinamiese wyse
te bewaar – én om hul profetiese roeping ten opsigte van álle
vorme van ongeregtigheid in die samelewing met moed en hoop uit te leef.
Robert Vosloo en Ian Nell, Stellenbosch
Heinrich Alberts van
PE-Hoogland skryf:
Ek wil jou en die
manne van jou gemeente uitnooi na ʼn Manne Lofprysingsaand op die
6de November 2008. Ons gemeente, NGK PE-Hoogland, gaan julle gasheer vir
die aand wees. Dit is ʼn stadswye inisiatief van
TCN (Transformation Christian Network)
en die tema vir die aand is “Men Accountable”.
Ons gaan so ʼn kort bekendstelling doen oor die tema en dan net lekker “Praise en Worship” Dit sal
wonderlik wees as jy en ʼn paar manne van jou gemeente kan kom.
Ons gaan voor die tyd so ʼn bietjie “koffie en koeksusters” in ons kerksaal
en dan oorskuif na die kerk toe. Skakel my gerus as jy nog info nodig het.
Hoop om julle daar te
sien!
Heinrich
NS. Hier is al
die inligting vir jou afkondigings:
Manne Lofprysingsaand
by PE-Hoogland
Tema:
Lofprysing
Spreker: Neville Goldman
Aanbiddingsleier: Andrew
Greeff
Plek: NGK
PE-HOOGLAND (Op die hoek van Isobellaan & Constanceweg,
Charlo, PE)
Tyd: 18:00
- 19:00 - Koffie en koeksusters in kerksaal (ons gaan eers lekker fellowship)
19:00 - 20:30 –
Lofprysing en Aanbidding in kerkgebou
Navrae: Heinrich
Alberts @ 084 608 3818, of die kerkkantoor @ 041 367-1485 (weeksdae 08:00
- 13:00)
Datum: 7-14 Desember 2008
Vertrek 7 Des van
Uitenhage en is 14 Des DV weer terug op Uitenhage.
Toer deur Patensie,
Baviaanskloof, Oudtshoorn, Calitzdorp, George, Hartenbos, Tuinroete terug.
Koste: R1600 (Reis, verblyf, kos, alles ingesluit)
Absail, snorkel, kayakke, rafting, paintball, kloofing, hiking, boogskiet,
bergfiets ry, veld-oorlewing, wyntoer ens, ens.
Dis ‘n week vol pret.
Sluitingsdatum: Ons het dit verleng
tot einde Oktober (Op die inskrywingsvorm is dit 12 Oktober)
Missie Japan Oos-Kaap bekendstelling
Ons Sinodale Kommissie amptelik hul seën oor die Missie
Japan-werksaamhede uitgespreek en moedig gemeentes aan om die projek te
ondersteun. Die SK is dankbaar dat hierdie projek (weer eens) ‘n stap vorentoe neem deur middel van ‘n
Oos-Kaapse leraarspaar. Eers het ds Tobieen Annelie
de Wet in 2000uit Port Elizabeth
teruggekeer Japan toe, en nou gaan hul dogter, Carina, en haar eggenoot,
dr Stéphan van der Watt vroeg in 2009 ook aansluit by
die bediening van die Reformed Church in Japan. Die Oos-Kaap het al hoe meer en meer belang
by die werk in Japan!
Hiermee verskaf Stéphan die besonderhede van
besoeke wat hy eersdaags aan gemeentes in ons omgewing bring:
Do 16 Okt:
Cradock (10h30); Kingfisher Radio-onderhoud (16h00)
Vry 17 Okt: Humansdorp-Moedergemeente
(10h00)
Sat 18 Okt: Bless the Nations
Sendingskool (14h00)
Son 19 Okt:
NGK Walmer (09h00); RCA Calvary in Malabar 10h30
(erediens), 14h00 (bekendstelling) en 15h00 (gebeds-geleentheid)
Ma 20 Okt: NGK Gamtoosvallei-Oos (12h00); NGK Newtonpark (18h30)
Di 21 Okt: NGK PE-Wes (09h00); NGK Uitenhage-Noord
(18h30)
Woe 22 Okt: NGK Sondagsrivier-Kirkwood (19h00)
Do 23 Okt: NGK
Jeffreysbaai (12h00 voorlopig); NGK Joubertina (19h00)
Son 26 Okt: NGK
Humansdorp-Oos (09h00 en 18h00)
Stéphan wys
spesifiek op die volgende:
* Die byeenkoms by die RCA Calvary
in Malabar, PE is veral belangrik omdat ons graag daar soveel moontlik mense
van verskillende kerkgroepe daar bymekaar sal wil sien, en die bekendstellings-geleentheid
(van 14h00 af) sal wil afsluit met ‘n spesiale “Concert of prayer” (15h00). Nooi
gerus enige belangstellende persone.
* Op Saterdag-oggend 18 Okt
om 08h00 sal ek ‘n manne-ontbyt lei by NGK
Summerstrand oor die tema “Die unieke uitdagings van
Christen-man wees vandag”
* Op Sondag-aand
om 18h30 sal ek die aanddiens lei by dieselfde gemeente oor die tema: “Counter-chauvinisme in die lig van die kruis en die opstanding” (as deel van hulle aandreeks oor “counter-culture”)
Enige iemand is welkom om enige van die
byeenkomste by te woon. Indien jy nie een van die bekendstellings-geleenthede
kan bywoon nie, kontak my gerus dan maak ons ‘n ander
afspraak in die oop tye tussenin. Baie dankie!
Vrede
Stéphan
jsvdwatt@lantic.net / 084 513
8516
Transkei Werkersaksie [TWA ] se 50 jaar reunie!!
Dr Hannes Koornhof van die
Moedergemeente op Stellenbosch skryf:
Transkei
Werkersaksie vier hierdie jaar hulle 50ste bestaansjaar ! Ons beplan om groot
fees te vier. Hierdie uitreik is die oudste studente-aksie in die land. Was jy
al ooit deel van 'n Transkei-Werkerskamp? Het jy nog
kontak met die wat saam met jou op die span was? Ons wil graag van jou hoor en
nooi jou hartlik uit om saam te kom kuier, na stories van die halwe eeu te
luister en die Here saam te loof.
Datum: 6 & 7 Desember 2008. Plek: Die Hofmeyrsaal
in Kerkstraat, Stellenbosch. Navrae:
Nicola Domburg, Sel 082 724 1053, epos nicoladomburg@gmail.com
Woordwyser help Bybellesers
Op die Oostelike Sinode se webblad by http://www.sinoos.co.za/books is ’n
skakel na Woordwyser, wat Bybellesers en gemeenteleiers help om God se
stem helder en duidelik te hoor deur die konteks van die Bybelgeskrifte te
ontsluit. (Met dank aan Ben du Toit, Vrydagnuus).
Eerstejaarskampe
2009 op Stellenbosch – help verwarring voorkom asseblief!
Die Wes- en Suid-Kaapse Kantoor
vir kommunikasie skryf:
Die Here seën die Studentebediening op Stellenbosch, wat sedert 2007 deel
is van Stellenbosch Moedergemeente, op ’n wonderlike manier. Elke aand sit die
Moederkerk en die Kruiskerk (ou Studentekerk-gebou)
feitlik stampvol en daar is wonderlike toewyding by die leierskap en
betrokkenheid by die aksies.
Ons het groot verwagtings van die eerstejaarskampe wat DV van Sondag 18
tot Woensdag 21 Januarie 2009 gehou word. In 2008 het 500 studente die
kampe bygewoon en in 2009 kan dit selfs meer wees.
Maar ons vra dat die predikante ons asseblief sal help om
verwarring te voorkom. Al die
kerkgenootskappe op Stellenbosch hou eerstejaarskampe. Dit gebeur jaarliks dat
matrieks dink hulle skryf vir die NG Kerk se kamp in en dan beland hulle by ’n
ander kerk se kamp. Veral omdat sommige kerke (ongelukkig soms doelbewus) nie
hulle naam by hulle kampe sit nie.
Ons vra vir predikante en gemeenteleiers om asb
die inskrywingsvorm vir NG Moedergemeente se eerstejaarskampe aan hulle
matrieks te besorg. Gee dit sommer vir die matrieks by julle plaaslike
hoërskool voordat hulle volgende week begin eksamen skryf
Vir enige navrae bel asb 021 887 5020 of 021
883 3458. Vir e-pos navrae: venita@moederkerk.co.za
of richard@moederkerk.co.za.
Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die gemeente se webwerf by www.moederkerk.co.za
Sterre en Planete-Aand te Jeffreysbaai:
24 Oktober 2008
Mev MG Claassen, oordbestuurder van Jeffreysrus, ‘n behuisingsoord vir bejaardes te Jeffreysbaai, skryf:
Jeffreysrus se
Bestuur het vir Hennie Maas en Louis Barendse van RSG-faam genooi om met hul groot skerm en telekope vir ons meer van die Hemelruim te vertel en te
wys. Fondse wat op dié wyse gegenereer
sal word, is ten bate van Jeffreysrus se Pasiëntefonds.
Graag word u
samewerking gevra om dit asseblief by u gemeente bekend te maak, want
ons soek die groots moontlike opkoms.
Wanneer: Vrydagaand, 24 Oktober 2008 om 19h00.
Waar: N G Kerk-kompleks, h/v Torchwood en Olienhoutstraat, Wavecrest, Jeffreysbaai.
Toegang: R50 per
volwassene / R30 skoliere / voorskoolse kinders - gratis.
(Kerrie en rys vir betaalde
kaartjies ingesluit).
Dis nie nodig om
plekke te bespreek nie – almal behoort ewe goed te sien. Diegene wat oor teleskope beskik, mag dit
saambring.
Kaartjies is by Jeffreysruskantoor of by die deure die
Vrydagaand van die vertoning te koop.
Dit sal net gaaf wees
as diegene wat belangstel, ons sal
skakel (042-2932112) sodat ons kan weet vir hoeveel mense ons moet voorberei.
By voorbaat dankie
vir u hulp en ondersteuning in dié verband.
Charl Meyer skryf:
NGK
Vanstadensrivier hou Saterdag 1 November 2008 kermis. So vanaf 09:00. Ou Kaapweg, St Albans. Heerlike vars produkte - groente, vleis, melk, pannekoek,
kerrie en rys, sosaties, hamburgers, boereworsrolle, jaffels, kerrievetkoeke, slap chips,
spitbraai, poedings, terte, groot koeke, klein koekies, brood, beskuit, lekkergoed,
ingemaakte vrugte en konfyt, teetuin, koeldrank en nog baie meer...
Mooi
plante, struike en bome....net reg om te plant!
Speletjies,
springkasteel en baie verrassings vir die jongklomp!
Oorgenoeg
parkering!!
Annette van der Merwe,
voorsitter van PE-Heideveld gemeente se vrouediens, laat weet dat hulle ‘n baie besondere afsluitingsfunksie vir vanjaar beplan.
Dis ‘n ontbyt en feminaar
op Saterdag, 1 November. Mariëtte
Rossouw, bekende Baaienaar, tree as speker op. Klik hier vir die kennisgewing.
Navrae: Kontak Annette by 041 3711042 of 084 549 2525
Gevaarligte
flikker oor selfmoord
Kaapstad. – ’n
Effense toename in selfmoordgevalle is beduidend genoeg om gevaarligte te laat
aangaan, aangesien daar steeds nie voldoende nasionale voorkomende programme of
strategieë in plek is om dit mee aan te pak nie. Luidens ’n verslag wat
deel vorm van die Mediese Navorsingsraad se verslag Cr ime,
Violence and Injury Prevention in South Africa, is
selfmoordgedrag ’n groot openbare gesondheidsprobleem en is dié programme
uiters nodig. Volgens syfers van die Wêreld-gesondheidsorganisasie het
tot ’n miljoen mense wêreldwyd in 2000 weens selfmoord gesterf. Dít is byna een
sterfte elke 40 sekondes. Selfmoord is volgens dié syfers ook dertiende
op die lys van sterfte-oorsake en gaan met groot ekonomiese en sielkundige
koste gepaard. Prof. Lourens Schlebusch, ’n internasionale kenner van
selfmoord en stres-stoornisse, sê selfmoordgevalle sal in aanloop tot die
matriekeindeksamen toeneem. Schlebusch het gister gesê daar word geraam
depressie sal teen die jaar 2020 die grootste gesondheidsuitdaging wees. – Alicestine October, Die Burger,
10 Oktober 2008
Once upon a time, in a village,
a man appeared and announced to the villagers that he would buy monkeys for $10
each.
The villagers,
seeing that there were many monkeys around, went out to the forest and started
catching them. The man bought thousands at $10 and, as supply started to
diminish, the villagers stopped their effort.
He further
announced that he would now buy at $20 for a monkey.
This renewed the
efforts of the villagers and they started catching monkeys again. Soon the
supply diminished even further and people started going back to their farms.
The offer increased to $25 each, and the supply of monkeys became so small that
it was an effort to even find a monkey, let alone catch it!
The man now
announced that he would buy monkeys at $50! However, since he had to go to the
city on some business, his assistant would now buy on behalf of him.
In the absence of
the man, the assistant told the villagers. "Look at all these monkeys in
the big cage that the man has collected. I will sell them to you at $35, and
when the man returns from the city, you can sell them to him for $50
each."
The villagers
rounded up all their savings and bought all the monkeys.
They never saw the
man nor his assistant again, only monkeys everywhere!
With all the new technology regarding fertility
recently, a 65-year-old friend of mine was able to give birth. When she was
discharged from the hospital and went home, I went to visit.
'May I see the new baby?' I asked
'Not yet,' She said 'I'll
make coffee and we can visit for a while first.'
Thirty minutes had passed, and I asked, 'May I see the
new baby now?'
'No, not yet,' She said.
After another few minutes had elapsed,
I asked again, 'May I see the baby now?'
'No, not yet,' replied my friend.
Growing very impatient, I asked, 'Well, when can I see
the baby?'
'WHEN HE CRIES!' she told me.
'WHEN HE CRIES?' I demanded. 'Why do I have to wait
until he CRIES?'
'BECAUSE I FORGOT WHERE I PUT
HIM, O.K.?!!'
(Dankie aan Ron Reynolds)
Sinodale Kommunikasie