Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 32 - 9 Oktober
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Missie Japan
Oos-Kaap bekendstelling
Mercy Ministries
as “voertuig” om eenheid en versoening met die kruis as middelpunt te bewerk.
Manne-ontbyt saam met dr. Stéphan
van der Watt
Elke uur
van die horlosie het 'n boodskap
Indien kerke
in Suid-Afrika die swaard van irrelevansie bo hul koppe voel, steek hulle dit
soms baie goed weg. Net verlede maand is berig kerkgangers het met 22% afgeneem
sedert verlede jaar, volgens die Amps-syfers van die Suid-Afrikaanse Reklamenavorsingstigting.
Intussen het die Verenigende
Gereformeerde Kerk (VGK) dié week op Hammanskraal, waar hy sinode hou, finaal
sy humeur verloor met sy Nederduits Gereformeerde suster (NGK). Die algemene
sinode plaas ’n moratorium op die herenigingsgesprek tussen die VGK en NGK
totdat die NGK “ernstig, toegewyd en gereed” is vir eenheidsgesprekke.
Praat van ‘n eenheid-opstopper.
Dr. Braam Hanekom, moderator van die NGK-sinode van Wes- en
Suid-Kaapland, reageer op die VGK se afsê met iets van ’n wedstrydplan vir dié
“hartseer situasie”:
“Die moderatuur wil hiermee ’n dringende versoek rig tot
gemeentes en leraars om op plaaslike vlak met hernude ywer na mekaar as familie
van die NG Kerk uit te reik om verhoudinge te verstewig en toegewyd die ideaal
van kerkeenheid na te streef. Op moderatuursvlak sal ons graag dieselfde wil
doen.”
Die VGK het egter dié week weer ’n lyn in die sand getrek,
wat die kerkbankies vir Belhar-agnostici waarskynlik net daai bietjie harder en
ongemakliker sal maak: “(Die sinode besluit) dat die geloof, moed en werk van
plaaslike sinodes, ringe, kommissies van die kerk en plaaslike gemeentes
gerespekteer en eerbiedig sal word deur hulle aan te moedig, waar alle pogings
tot vereniging uit geloofsoortuiging en met integriteit aangewend word, in
gehoorsaamheid tot die wekroep deur Christus en op die grondslag van die
aanvaarding van die Belydenis van Belhar, om vol te hou met dié pogings; om
sodoende tekens te bly van hoop, versoening en liefde, ter volvoering van
geregtigheid, die opvoeding en getuienis van die kerk en die heerlikheid van
God.”
Vir die Latyns-vermoeides onder ons wat moes leer hoe dié
geskrif rondom 1982 uit ’n Status confessionis (staat
van belydenis) tot stand gekom het, is daar nou dus boonop sprake van ’n soort
sine qua non met betrekking tot die inhoud van Belhar. Wel, niemand het gesê
eenheid is eenvoudig nie.
Inteendeel, dr. Hanekom gaan so ver as om te sê: “Ons sal
nooit van die feit kan wegkom dat die groot rasseskeiding in die land onder
meer gebou is op van die standpunte wat in die NGK geformuleer is en ook gemaak
het dat daar in die familie vier rasgebonde kerke tot stand gekom het nie.
“Hierdie virus van verdeeldheid kleef steeds in baie
opsigte aan die land. Ons het ’n verantwoordelikheid om dit reg te maak.”
’n Verdere garnering by die onminresep
tussen die VGK en NGK dié week was prof. Piet Strauss, moderator van die NGK,
se groetboodskap aan die VGK-sinode, wat laasgenoemde genoop het tot die
amptelike versoek tot ’n repudiëring van Strauss.
Die sinode het trouens sy “totale teleurstelling”
uitgespreek oor wat hy beskryf as ’n persoonlike aanval op die moderator, prof.
Thias Kgatla.
Intussen, op Piketberg, word die kerk daar se 175ste
verjaardag gevier – met musiek deur Manuel Escorsio.
Missie Japan Oos-Kaap bekendstelling
Ons Sinodale Kommissie amptelik hul seën oor die Missie
Japan-werksaamhede uitgespreek en moedig gemeentes aan om die projek te
ondersteun. Die SK is dankbaar dat hierdie projek (weer eens) ‘n stap vorentoe neem deur middel van ‘n
Oos-Kaapse leraarspaar. Eers het ds Tobieen Annelie
de Wet in 2000uit Port Elizabeth
teruggekeer Japan toe, en nou gaan hul dogter, Carina, en haar eggenoot,
dr Stéphan van der Watt vroeg in 2009 ook aansluit by
die bediening van die Reformed Church in Japan. Die Oos-Kaap het al hoe meer en meer belang
by die werk in Japan!
Hiermee verskaf Stéphan die besonderhede van
besoeke wat hy eersdaags aan gemeentes in ons omgewing bring:
Do 16 Okt: Cradock
(10h30); Kingfisher Radio-onderhoud (16h00)
Vry 17 Okt: Humansdorp-Moedergemeente
(10h00)
Sat 18 Okt: Bless the Nations
Sendingskool (14h00)
Son 19 Okt:
NGK Walmer (09h00); RCA Calvary in Malabar 10h30
(erediens), 14h00 (bekendstelling) en 15h00 (gebeds-geleentheid)
Ma 20 Okt: NGK Gamtoosvallei-Oos (12h00); NGK Newtonpark (18h30)
Di 21 Okt: NGK PE-Wes (09h00); NGK Uitenhage-Noord
(18h30)
Woe 22 Okt: NGK Sondagsrivier-Kirkwood (19h00)
Do 23 Okt: NGK Jeffreysbaai
(12h00 voorlopig); NGK Joubertina (19h00)
Son 26 Okt: NGK
Humansdorp-Oos (09h00 en 18h00)
Enige iemand is
welkom om enige van die byeenkomste by te woon. Indien jy nie een van die
bekendstellings-geleenthede kan bywoon nie, kontak my gerus dan maak ons ‘n ander afspraak in die oop tye tussenin. Baie dankie!
Vrede
Stéphan
jsvdwatt@lantic.net / 084 513
8516
Mercy Ministries
as “voertuig” om eenheid en versoening met die kruis as middelpunt te bewerk.
Lizeth Taljaardt
van Colesberg lê hierdie praktiese getuienis af oor die verskil wat ‘n versoeningsproses in haar en haar man, ds Japie Taljaardt, en hul gemeente se lewens bewerk het:
Te midde van die
stryd van die NG kerkfamilie om eenheid te bewerk glo ek dat daar baie
kerkleiers met hulle hande in hulle hare sit, omdat hulle net nie weet waar en
hoe om te begin nie. Daar is reeds soveel sake wat aandag moet geniet.
Terselfdertyd is daar meningsverskille binne elke gemeente oor dié onderwerp,
met die gevolg dat dit baie sensitief benader moet word.
Ons het vyf jaar gelede met Ds. Fanie en Mada
Engelbrecht, S.A. Koördineerders van MMSA, kennis gemaak. Intussen het ds.
Neels en Annabet Els hulle ook by die voltydse span gevoeg, en saam met Maria
Dos Santos (ook voltyds) en ander medewerkers van verskillende etniese
afkomste, word werkwinkels regoor die land dwarsdeur die jaar aangebied. Hulle
het die afgelope vier jaar vier Healing the Wounds of Ethnic
Division werkwinkels en `n Leierskap-opleidingwerkwinkel
op Colesberg aangebied. Hulle het ook 'n Pinksterreeks by ons en die VGK
aangebied, gebaseer op die werkwinkelmateriaal.
Hulle is 'n geloofsgebaseerde organisasie. Nie een van die permanente
werkers ontvang 'n salaris nie. Alles wat hulle doen, word in biddende
afhanklikheid teenoor die Here gedoen.
Japie en ek het aan die einde van verlede jaar 'n Retreat saam met die
span in Heidelberg bygewoon. Die stigter van Mercy Ministries Internasionaal, Dr. Rhiannon
Lloyd van Wallis, het die geestelike toerusting vanuit die Bergpredikasie
aangebied. Sy het net teruggekeer van Ruanda, waar die eerste Mercy Ministries werkwinkels
ongeveer 12 jaar gelede tussen die christen Hutus en Tutsis aangebied is, en opgewonde vertel hoe hulle nou
saamwerk om 'n kerk wat deur die een groep afgebrand is, weer op te bou.
Die volgende stories en getuienisse kom van verskeie werkwinkels
in S.A.:
1.
'n
Ouerige Kleurlingvrou het dit baie moeilik gevind om haar “pyn” aan die kruis
vas te spyker. Na baie trane en berading het sy dit uiteindelik reggekry. Die
volgende dag het sy oorgeloop van blydskap en vir die groep vertel: “Gisternag
was die eerste nag in 60 jaar dat ek kon gaan slaap sonder om myself aan die
slaap te huil.” Haar storie: Toe sy 'n klein dogtertjie van ongeveer 5 was, het
hulle op `n plaas gewoon. Haar boetie van 8 het na die vrugteboord gegaan en
vrugte gesteel. Die boervrou was op pad terug van die dorp af, en het hom op
heterdaad betrap. Sy het besluit om hom 'n stamp met die bakkie te gee, wat
ongelukkig sy dood veroorsaak het. Al die plaaswerkers is bymekaar geroep en
gewaarsku dat, as hulle met iemand oor die gebeurtenis sou praat, dieselfde lot
vir hulle sou tref. Vir meer as 60 jaar het sy nooit daaroor gepraat nie en die
aaklige geheim van haar broer se dood in haar hart bewaar. Nou was sy bevry en
het volkome genesing ontvang. Sy kon die storie sonder die brandende pyn en
bitterheid vertel.
2.
'n Swart
pastoor vertel: As jongman het hy in `n kantoor gewerk. Hy moes skoonmaak, tee
maak, die baas se koerant bring, ens. Op 'n dag was hy op sy knieë besig om die
vloer skoon te maak toe die wit vrou wat ook in die kantoor gewerk het, ingekom
het, en vir hom 'n skop gegee het. Daarna het hy gehoor hoe sy en die baas in
sy kantoor lag. Hulle het uit die kantoor gekom, na hom gekyk en vir hom gelag.
Dit was uiters vernederend vir hom. Hy het tuis vir sy vrou en kinders gaan
vertel: “Moet nooit 'n wit vrou vertrou nie.” Vir meer as 50 jaar het hy met
hierdie bitterheid in sy hart rondgeloop. Toe hy hierdie storie gedurende die
“belydenis” sessie vertel, het die witman ('n afgetrede boer) en wit vrou wat
saam met hom was, saam met hom gekniel en sy voete gewas. Hy kon teenoor die
groep getuig dat hy genesing van sy pyn ontvang het, en kon nie wag om vir sy
vrou en kinders te gaan vertel dat alle wit vroue nie dieselfde is nie.
3.
'n
Kleurlingpastoor wat eers tydens die “belydenis”- sessie by die groep
aangesluit het, het aanskou hoe 'n wit vrou 'n swart man se voete was, en om
vergifnis vra vir al die ongeregtighede van die verlede, toe het 'n wit
Engelsman gekom en die pastoor se voete gewas, en om verskoning gevra vir alles
wat die Kleurlinge deurgemaak het. Na die sessie het hy homself verskoon en
verdwyn. Die aand, nadat feitlik al die verrigtinge klaar was, en die
verskillende groepe seëninge oor mekaar uitgespreek het, kom 'n groot groep
mense daar aan – almal netjies aangetrek. Toe kom die pastoor en sy vrou in. Hy
vra toe 'n spreekbeurt en vertel vir die groep: “Ek het baie rondgereis en as
spreker in baie Afrika lande opgetree, maar toe ek vandag hier sit, die
belydenisse aanhoor en die voetewas ervaar, het God
vir my gewys dat ek 'n rassis is. Ek het 'n diep haat teenoor die Wittes
gekoester vir wat hulle aan my ouers en my groep gedoen het. Vandag het die
Here my van rassisme genees. Ons moes vanaand 'n gebedsbyeenkoms
in ons kerk hê, maar ek het my gemeente gevra om saam te kom. Ek het iets om te
doen. Kan ek asseblief die voete was van die twee Wittes wat die werkwinkel
gereël het?” Terwyl die trane oor hulle wange gerol het, het hy die voete van
die twee organiseerders gewas.
4.
'n Witman
wat duidelik baie verbitterd was, het voor die belydenissessie
gesê: “Niemand hoef my voete te was nie. Hulle is skoon, ek kan hulle self was
as dit nodig is.” maar soos wat die belydenis-sessie vorder, kniel 'n
Kleurlingvrou by sy voete en vra om vergifnis omdat sy kinders na Australië
moes verhuis a.g.v. die negatiewe omstandighede in S.A., met die gevolg dat
hulle nooit hulle kleinkinders sien nie. Voor hy kon protesteer het die res van
die Kleurlinge in die groep om hom vergader en om vergifnis gevra en seëninge
oor hom gebid. Dit was net te veel vir hom en hy het emosioneel geword.
5.
In een
werkwinkel het 'n plaasboer die voete van sy plaaswerkers, wat ook teenwoordig
was, gewas, en om verskoning gevra oor ongeregtighede wat deur hom, sy pa en
oupa oor baie jare teenoor hulle gedoen is. Die oggend na die werkwinkel het hy
al sy plaaswerkers bymekaar geroep, hulle voete gewas en om verskoning gevra.
6.
'n
Kleurlingman wat 'n werkwinkel bygewoon het, het vir baie jare vir 'n straat
met ongure elemente in sy buurt gebid. Vandag werk hy daagliks in die straat,
en deel God se liefde met die uitgeworpenes. Hy het 'n selgroep in 'n
restaurant waar dwelmverbruikers en -handelaars,
Nigeriërs en mense van ander Afrikastate aandoen, begin. Sy groep het reeds tot
150 gegroei. Hy sê: “Ek weet intensiewe gebed lewer resultate, daarom het ek
begin bid vir hierdie straat. Vandag kan ek sê God het nie hierdie straat vergeet
nie. Al wat die mense nodig het, is God se Liefde. My liefde en belangstelling
sê vir hulle iemand gee vir hulle om as mense. Hierdie opregte liefde bring
genesing van hulle verwonding en help hulle om weg te breek van dwelms. Dit is
die lering van Mercy Ministries
wat my gehelp het om vry te kom van etniese bevooroordeling en die “reg”om te oordeel.”
Kontakbesonderhede
van Mercy Ministries:
Ds. Fanie
Engelbrecht: Sel. 079 5165428 / 082 3770087. Faks. 086 6471522
epos: mercyminsa@lantic.net
Dit is die visie van die
kerkraad om ’n rekenaarkamer in die kerkgebou op te stel. Die doel hiervan is tweedoelig:
1)
2)
Hiervoor het die gemeente ten
minste 6 rekenaars nodig plus sagteware.
Elke rekenaar sal ongeveer R5 500 kos. Die totale uitgawe hiervoor beloop dus R33
000. ’n Verdere koste vir die
voorbereiding van die kamer self (sekuriteit, internet, matte, dataprojektor +
installering ens.) word beraam teen R15 000.
Die totale uitgawe van hierdie
projek word dus beplan teen ’n koste van R48
000 (geen klasgelde is by hierdie bedrag ingesluit nie).
Ons is onseker hoeveel klasgelde sal benodig word, maar daar is reeds ongeveer
15 persone (meeste is buitelanders) wat belangstel.
Die Ring van Port Elizabeth is tans kliphard besig om planne te maak om
hierdie bediening moontlik te maak.
Manne-ontbyt saam met dr. Stéphan van der Watt
(Stephan is predikant by die NG Kerk Aliwal-Noord en
het ‘n doktorsgraad oor die uitdagings van
Christen-man wees vandag.)
Saterdag 18 Oktober om 8:00
NG Kerk Somerstrand
Louis Bothasingel 77
Volwassenes R75
Leerders en Studente R50
Kaartjies by Kerkkantoor, NGK Somerstrand 041 583 5115
(kantoorure)
Kom kuier saam met ander manne om ‘n
heerlike ontbyt!
(Stephan sal ook die aanddiens van 19 Oktober om 18:30
by Somerstrand lei.)
(En: Stephan se doktorale
verhandeling is hier op
ons webblad beskikbaar)
Hopeville: A new drama series is currently being developed.
Called “Hopeville” this series will tell the gripping
story on one man’s effort against all odds to restore a broken down swimming
pool in a rural town. His efforts galvanise the people and turns the town from
hopelessness to hope. The series has a strong youth and family emphasis.
Broadcast is scheduled to start on the 24th February 2009.
My indruk is dat
hierdie reeks weer van dieselfde hoë kwaliteit as die vorige reeks, wat oor 8
waardes gehandel het, sal wees. Gemeentes kan gerus moeite doen om nou reeds te
beplan om hierdie beeldsending by hul bedieninge in te skakel. Daar word weer ‘n volledige werkboek gepubliseer. Kleingroepe en ander
bedieninge kan baie baat vind by die verhaal wat hierdie reeks gaan vertel.
Ek wil graag ‘n besondere publikasie onder u aandag bring wat ek glo vir
die jeug in Suid Afrika nie net baie kan beteken nie, maar hulle ook diep onder
die indruk sal bring van God se genade in ‘n wêreld
waar die verleiding van dwelms, drank en seksuele losbandigheid aan die deure
van hulle harte klop.
Hoe om jou lewe te
verwoes voor jy 16 is deur
Johan Smith, is ‘n boek wat elke jong mens tot
nadenke sal stem. Dit sal hulle onder dit indruk bring van die waarhede van die
Bybel en die vreugde wat hulle daaruit kan put deur hulle lewe aan Jesus
Christus oor te gee. Lees
hier meer oor die publikasie.
Ons sal graag hierdie
boek teen ‘n afslag van 25% aan u gemeente wil
verskaf indien hoeveelhede van 10 en meer bestel. Die boek is
beskikbaar by alle CUM winkels regoor die land.
Broodnodige
katalogusse is reeds aan gemeentes gepos
Jeugfokus katalogus 2009
‘n Wye
verskeidenheid produkte vir junior en senior kategese, kleuter- en kinderkerk
en jeugbyeenkomste. Opwindende nuwe hulpmiddels vir senior en junior
jeuggroepe!
Bybel-Media
katalogus 2008/2009
Hierdie volkleur katalogus
stel Bybel-Media se hulpmiddels met trots aan jou bekend: Bybelstudieboeke, dagboeke, boeke wat gemik
is op gemeentehulp, die huwelik en gesin; daar is ook ’n wye verskeidenheid
DVD’s en CD’s, om maar net ’n paar produk-kategorieë op te noem!
Lees in die November-uitgawe van
LIG:
Voorblad: Henny
en sy trouvrou, Marissa.
Terwyl die volmaan soos ’n goue kaas aan die hemelruim
hang, gesels Hennie Jacobs (7de Laan se “Diederik”) en sy verloofde,
Marissa Vosloo, oor toekomsplanne, gedeelde passies en die Anker in hulle
verhouding.
Kuier saam
by: Derek
van Dam, e.tv se weerman en ons eie STORMJAGTER.
Noot
vir Noot se Jaconell Mouton is kaalvoet in
haar Porche.
Lees ook:
Ma, jou kilojoule-obsessie kan jou dogter SIEK
maak.
My kind moet KOSHUIS toe.
SELFBEHEERSING - jou sleutel tot sukses.
Leer jou kind die krag van GEBED.
Verstaan ’n DROMER.
PAK-ESEL, gooi af jou
vrag!
Begin die kerkjaar met die Leesrooster 2009 en Preekstudies 2009
Leesrooster 2009: Advent 2008 tot Koninkrykstyd 2009 Prys: R50.00
Die Leesrooster bied
aan lidmate die geleentheid om die erkende teksrooster
(Revised Common Lectionary: Jaar B) elke week te volg met die oog op
persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en groepbyeenkomste. Dit help lidmate om
die boodskap van die Bybel oor ’n tydperk van drie jaar in sy groter omvang te
lees en te leer ken.
Die Leesrooster bring
deur middel van ’n fokusteks eenheid tussen die
erediens, huisgodsdiens en groepsgesprekke. Dit moedig lidmate aan om al die
feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te ervaar.
Preekstudies 2009: Prys: R150.00
Advent 2008 tot Koninkrykstyd
2009 – Revised Common Lectionary: Jaar B
Bevat 56 volledige
preekvoorstelle, responsoriese liturgieë vir doop,
nagmaal, begrafnis en vir dankoffertyd.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ’n pragtige Boland.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en
Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223
De-privatisation
Mike Gorman
There has been
a lot of discussion on this blog about the question, “What are we reclaiming
Paul from?” It seems to me that there are several important answers to that
query, but for now I want to focus on just one (though I think it has
wide-ranging implications)—reclaiming Paul from the private sphere.
In much interpretation of Paul there has been a very strong, and
sometimes nearly exclusive, emphasis on Paul’s message as one of individual
justification or salvation or union with Christ. This privatization of Paul
misses at least three key elements of his theology and spirituality.
First, Paul’s understanding of justification is incredibly communal and
relational. I am not primarily referring to the argument of the “new
perspective” that justification is fundamentally about the inclusion of Gentiles,
as Gentiles, in the people of God. Rather, the very idea of justification or
salvation in Paul depends on a notion of sin that means breaking covenant with
others, as well as with God. The covenantal dysfunctionality
described, for example, in Romans 1:18-3:20, involves the breakdown of human
relationships as well as direct rebellion against God per se. If justification
does not renew and restore human relationships, it does not address the human
condition as Paul perceives it. This project of restoration and renewal
includes, for Paul, the cessation of violence toward others—the undoing of the
human condition reflected in texts like Romans 3:15-17: “‘Their feet are swift
to shed blood; ruin and misery are in their paths, and the way of peace they
have not known.’” Few interpreters of Paul have drawn sufficient attention to
this aspect of Paul’s theology.
Second, and in a similar vein, when Paul describes new life in Christ,
or the fruit of the Sprit, this too is communal and relational. For example, when
Paul in Galatians 5 contrasts the “works of the flesh” with the “fruit if the
Spirit,” he makes it clear that Spirit-filled living is not merely a matter of
personal piety but an ongoing project of reconciliation.
Finally, Paul’s spirituality is thoroughly political. It is about being
a new entity (the body of Christ) taking up public space. Nearly every key item
in his theological lexicon is a political word, from justification/justice to
peace to Lord to ekklesia to parousia.
In the spirit of Paul, we want above all to move forward, not look
backward (Philippians 3:13-14), but to do so faithfully requires some
reclaiming, and that includes the de-privatization of the apostle.
LG Swanger:
In the late
1970’s, when I went to Drew Theological School and studied Paul’s epistles
under the professorship of Lala Kalyan
Kumar Dey, we read Krister Stendahl’s seminal essay Paul among Jews and Gentiles.
I was introduced to a way of interpreting Paul that transcended the prevailing
understandings shaped by the Protestant-Roman Catholic debate (to put it
nicely) on the question “How am I to find a gracious God?”
I think it’s the wrong question to ask. I have come to the tentative
conclusion that Paul’s understanding of the gospel is closer to Jesus’
understanding of the Kingdom of God than I first supposed. If the kingdom is
about community formation under the rule of God, then Paul’s post-resurrection
gospel seems to me to be similar in that he seeks to help persons form
community under the Lordship of Jesus (as distinct from and superior to the
Lordship of Caesar, i.e. political government).
I’m constantly amazed as to how often Paul’s letters, as proxies for his
personal presence, continue to serve to help Christians form community under
Jesus’ Lordship. I recently gave a sermon series on in my church on Romans: the
Church as Mission Strategy. Most of my people never thought of Paul and
community formation under Jesus’ Lordship. Paul therefore also tries to answer
the first (and twenty-first) century question, “Who is my neighbor?”
With this kind of reading of the Pauline corpus, I can see how the Law
functions more as a symbol of ethnic privilege, faith as the great equalizer
accessible to all, and boasting in works as antithetical to community formation
(and hierarchy).
So I think you all are “right on the money” when you say that Paul needs
to be de-privatized. I’m elated that more are thinking about what it means to
be an Easter people rather than preoccupied with individualistic belief in
Jesus as hell fire insurance.
Elke uur van die horlosie het 'n boodskap.
EENUUR sê vir my ek leef net een maal en daarom
moet ek die lewe waardeer en my tyd hier op aarde reg gebruik.
TWEE-UUR sê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en gehoorsaam.
DRIE-UUR herinner my aan die Drie-enige God wat ek met my hele hart moet
dien.
VIERUUR herinner my aan die vier windstreke en dat waar ek ook
al mag gaan ek die Hemel se kompas (die Bybel) nodig het om vir
my rigting aan te dui.
VYFUUR dui op die vyf vingers aan elke hand waarmee ek moet
werk om my brood eerlik te verdien en diensbaar moet wees vir die
Here.
SESUUR sê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae van
die week werk.
SEWE-UUR sê vir my dat ek op die sewende dag moet rus en kerk
toe moet gaan.
AGTUUR laat my dink aan die agt siele in Noag se ark wat in die
sondvloed behoue gebly het, en dat ek net so behoue sal bly as ek by
Christus skuiling soek.
NEGE-UUR herinner my aan die nege melaatses wat nie
teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle gesond geword
het nie en maan my om dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat
ek uit Sy hand ontvang
TIENUUR herinner my aan tien jong meisies waarvan vyf nie
gereed was toe die bruidegom gekom het nie en waarsku my om nie
so dwaas soos hulle te wees nie
ELFUUR herinner my aan so baie mense wat tot elfder uur uitstel
om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe kom. Dit maan my
om altyd gereed te wees om die Here te ontmoet.
TWAALFUUR sê vir my die genadetyd is haas verby. Om
middernag kom die Bruidegom en ek moet sorg dat ek nie agterbly
as Hy Sy kinders kom haal nie.
ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,
ELKE KLOP VAN DIE HART
BIED 'N GELEENTHEID,
GEBRUIK DIT TOT EER VAN DIE HERE
Sinodale Kommunikasie