Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 30 - 19 September
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Vryheid van geloof geld steeds
RSG Paat Saam - met Freek Robinson: 'n Inbel-gesprek met dr Ben
du Toit
Moreletapark: “Ekskuus, maar homoseksualiteit bly sonde”
….dat
die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en
nood
moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die
kerk
sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid
sodat
die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid
soos
'n standhoudende stroom;
….dat
die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy
staan,
naamlik teen die onregtigheid en by die
veronregtes;
dat die kerk as volgelinge van Christus moet
getuig
teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit
selfsug
hulle eie belang soek en oor andere beskik en
hulle
benadeel.
Daarom
verwerp ons enige ideologie wat vorme van
veronregting
legitimeer en enige leer wat nie bereid is om
vanuit
die evangelie so 'n ideologie te weerstaan nie.
(Ef 4:15-16, Hand 5:29-33, 1 Pet 2:18-25, 1 Pet 3:15-18)
5.
Ons glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en
te
doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste
Hoof,
al sou ook die owerhede en verordeninge van mense
daarteen
wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde
wees.
Jesus is die Heer. Aan dié enige God, Vader, Seun
Dit is werklik, as
mense sou kon vergeet van die historiese en/of emosionele bagasie wat party
hieroor saamdra, asof die belydenis net vir ‘n tyd
soos hierdie geskryf is.
Geestelikes van oor ‘n baie
wye kerklike spektrum in Port Elizabeth het saam ‘n
verklaring uitgereik oor die kerk se grondwetlike reg om eie gedragskodes te
formuleer. Hier is die teks van die verklaring:
DIE KERK HET STEEDS
’N BOODSKAP
Die onlangse uitspraak
in die hofgeding tussen Strydom en die NG Kerk Moreleta
Park is in kerklike kringe met kommer begroet: het die kerk steeds die reg om
haar eie gedragskodes te formuleer, gebaseer op haar interpretasie van die
Bybel?
As ‘n groep Port Elizabethse
kerkleiers het ons die uitspraak sorgvuldig bestudeer, en besef dat die
grondwetlike reg van godsdiensvryheid nie in die hofsaak ter sprake kom nie.
Hier gaan dit oor die indiwidu se reg tot gelykheid in die werkplek. Die
uitspraak beteken dat die kerk, in haar arbeidspraktyke, nie bo die wette van
die land verhewe is nie. Ons ondersteun die hof hierin.
Geen ander konstitusionele reg word deur regter Basson se uitspraak
geraak nie, veral nie die reg op godsdiensvryheid nie. Indien kerke van die
oortuiging is dat sekere verhoudings of lewenstyle onaanvaarbaar is, het die
kerk die grondwetlike reg om (met reg) te diskrimineer teen diegene wat nie
dieselfde oortuigings onderskryf of handhaaf nie.
Die saak tussen Strydom en Moreleta Park het
gehandel oor die billikheid van diskriminasie in die arbeidsomgewing.
As kerke kan ons waardevolle lesse hieruit leer. Een daarvan is dat dit
verstandig is om in pos-advertensies en werksonderhoude nie net ‘n posbeskrywing uit te spel nie, maar ook ‘n morele kode en/of ‘n
geloofstandpunt in te sluit. Dit sal ook die onus op die voornemende werknemer
plaas om alle bekende faktore uit te spel wat moontlik ‘n
impak op die werkgewer-werknemer verhouding kan maak, omdat dit in stryd met die
werknemer se morele kode en geloofstandpunt mag wees.
Die kerk in Port Elizabeth is verbind aan die heil van die stad. Die
kerk wil geregtigheid en waarheid dien, soos dit ook deur ons grondwet
verteenwoordig word. Ons het godsdiensvryheid en ons het as kerk ‘n morele stem: ‘n stem wat ons
waaksaam en energiek in die belang van ons land en sy mense hoorbaar wil maak.
Ons werk onverpoosd om waarheid, vryheid en genesing aktief in ons stad
te bevorder. Daarom verwelkom ons die inisiatief van prof Pieter Coertzen en
andere om ‘n Handves van Godsdienstige Regte en
Vryhede in SA by die Wet op Menseregte in te sluit. Die Konsep-Handves is te
vind by www.ngkok.co.za/charter3.pdf.
Indien so ‘n handves behoorlik benut word, kan dit
die kollektiewe stem van die kerk versterk. Mag die waarheid en genade van ons
geloof, ‘n blywende impak in ons stad maak!
Pastoor
Biskop
Pastoor
Pastoor
Pastoor
Biskop
Pastoor Jerome Liberty, Victory Ministries
International
Ds Danie Mouton, NG Kerk
Biskop
Dr
Pastoor
Pastoor
Biskop
Biskop
Vryheid van geloof
geld steeds
Uit Die Burger van 02/09/2008:
Het die Moreletapark-uitspraak verlede week die klok laat
lui vir godsdiensvryheid? Cassie Aucamp
neem dié vraag onder die loep.
Die uitspraak van regter Dion Basson
in die gelykheidshof dat die NG kerk Moreletapark in Pretoria onregverdig teen
mnr. Johan Strydom gediskrimineer het deur hom weens sy homoseksuele lewenswyse
as musiekdosent te ontslaan, het die alarms laat afgaan.
Allerlei afleidings is in berigte,
koerantopskrifte en briewe oor die uitspraak gemaak: “Godsdiensvryheid is
ondergeskik aan die regte van die individu”; “Die pad is oopgemaak vir gay
predikante op die preekstoel”; “Hof dwing kerk om weer te besin oor sy standpunt
teen gays”.
In die spervuur is die kerk, die
vertolking van die Bybel, en godsdiensgemeenskappe se reg om volgens hul
geloofsoortuigings op te tree.
Is hierdie alarmistiese afleidings uit
die uitspraak geregverdig?
Is die kerk se teuels nou ernstig ingetrek?
Oorheers die Grondwet nou die Here se wet?
Die wet ter sprake
Om hierop te antwoord, moet ons kyk na
die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike
Diskriminasie, wet 4 van 2000 (in kort: die Gelykheidswet), die wet waarop die
regter sy uitspraak gegrond het.
Artikel 9(4) van die Grondwet bepaal
dat niemand onbillik teen enige persoon mag diskrimineer op grond van onder
meer ras, taal, geslag, ouderdom, gestremdheid, godsdiens en seksuele
oriëntasie nie.
In dieselfde artikel word bepaal dat
nasionale wetgewing daargestel moet word om onbillike diskriminasie te voorkom
of te verbied.
Om hieraan uitvoering te gee het die
parlement die Gelykheidswet in Februarie 2000 goedgekeur.
Die Grondwet verbied nie alle
diskriminasie nie, maar wel onbillike diskriminasie.
Juis dít was ’n groot tameletjie vir
die parlement se gekose komitee wat hierdie wetgewing moes voorberei, en
waarvan ek ’n lid was.
Telkens het die saak opgeduik: Wat van
differensiasie? Daar is mos gevalle waar onderskeid tussen mense gemaak word
wat nie onbillik is nie.
Om hieraan uitvoering te gee is die
kriteria waarvolgens bepaal word of diskriminasie billik of onbillik is, in
artikel 14 van die Gelykheidswet vasgelê.
Art. 14 (2) bepaal dat diskriminasie
as billik beskou sal word as die re?spondent kan
aantoon dat dit redelik en geregverdig tussen persone differensieer op grond
van “objektief bepaalbare kriteria, intrinsiek aan die betrokke aktiwiteit” (my
vertaling).
Dit klink na ’n mondvol, maar kom ek
verduidelik met ’n voorbeeld of twee:
) ’n Versekeringsmaatskappy vra ’n
duurder premie vir ’n man van 60 as vir een van 30.
Op die oog af diskrimineer die
maatskappy teen die ouer man. Dis egter nie waar nie. Objektief bepaalbare
kriteria dui tog daarop dat die 60-jarige man se risiko veel groter is as dié
van die jong man, en hierdie hoër risiko is intrinsiek deel van wat ’n
versekeringsmaatskappy se “betrokke aktiwiteit is”, naamlik die dek van
risiko’s.
) ’n Skool vereis dat slegs ’n man ’n
bepaalde vakature kan vul.
Diskriminasie teen vroue dus. Maar die
pos, die betrokke aktiwiteit, is dié van koshuishoof van ’n seunskoshuis. Dus:
billike diskriminasie.
) ’n Onderneming “diskrimineer” by
aanstelling teen iemand wat nie Engels magtig is nie.
Maar die “betrokke aktiwiteit” behels
doeltreffende kommunikasie met oorsese verskaffers of kliënte. Weer: billike
diskriminasie.
Dít
is die implikasie
Wat het nou gebeur in die geval van
die NG kerk Moreletapark en Strydom?
Strydom is uit sy pos onthef omdat hy selferkend aktief in ’n gay-verhouding is.
Hy het hom tot die gelykheidshof
gewend.
Die regter moes nou bepaal of aan die
twee vereistes van die Gelykheids- wet voldoen is om
die diskriminasie teen Strydom as billik en geregverdig te bepaal:
Vereiste 1: op grond van objektief
bepaalbare kriteria;
Vereiste 2: intrinsiek aan die
betrokke aktiwiteit.
Die regter het bepaal die
diskriminasie was nie billik nie; dat daar dus nie aan die twee vereistes van
art. 14(2) voldoen is nie.
In dié verband is sy uitspraak
veelseggend. Ek haal aan: “Ek is nie oortuig dat Strydom, op getuienis wat voor
die hof is, in ’n posisie was waar hy ’n geestelike leier was nie,” en:
“Strydom moes musiek doseer. Sy werk het nie enige geestelike verantwoordelikhede
behels nie.”
Volgens die regter se uitspraak is die
uitleef van ’n bepaalde seksuele oriëntasie nie ’n objektief bepaalbare
kriterium vir die “betrokke aktiwiteit” van musiek doseer nie.
Die implikasie van die regter se
woorde is egter: Indien Strydom in ’n geestelike leiersposisie was, indien sy
werk geestelike verantwoordelikhede behels het, sou die diskriminasie as billik
beskou kon word. Maar nou het hy bloot musiek gedoseer, en dit verander die
prentjie.
(Persoonlik verskil ek hier met respek
van die regter. Die wese van die kerk en persoonlike ondervinding in die
bediening laat nie ruimte vir hierdie rigiede onderskeid tussen “geestelik” en
“nie-geestelik” nie. Die totale bediening in die kerk is tog geïntegreerd. Waar
’n kerk die koningskap van Jesus Christus oor alle fasette van die lewe bely,
is ook die musiekonderwyser lewensoriënterend met sy
leerlinge besig, en kan hy selfs ’n groter invloed as die dominee op die jeug
hê.)
Maar dit daar gelaat. Uit die
uitspraak is dit vir my duidelik dat die regter wel erkenning gee aan die kerk
se reg om lewensbeskoulike vereistes te stel vir diegene wat geestelike
verantwoordelikhede het, ook met betrekking tot seksuele oriëntasie.
Praat
duidelik
Die grondslag van hierdie erkenning
van die kerk se reg is geleë in die feit dat die “objektief bepaalbare
kriteria” waarvolgens die kerk opereer, die Woord van die Here is.
Ja, verskillende kerke oordeel
verskillend oor wat die Skrif sê oor byvoorbeeld homoseksualiteit, maar die hof
het hom nog altyd daarvan weerhou om die Bybel namens die kerk te probeer
uitlê.
As ’n bepaalde kerk se belydenis en
(per sinode) afgespreekte verstaan van die Skrif oor hierdie sake “A” sê, sal
’n hof, en ook die uitspraak van die regter, ’n kerk moeilik dwing om mense wat
“B” leef, in ’n posisie met geestelike verantwoordelikheid aan te stel of in
diens te hou.
Die alarms wat om die
Moreletapark-saak afgegaan het, is dus ongegrond. Die kerk se reg om dit wat hy
uit die Skrif bely, prakties uit te leef, kan hom nie in die toekoms ontneem
word op presedent van die bepaalde uitspraak nie.
Die een alarm wat wel uit die saak,
die uitspraak en die betrokke wet vir die kerk afgaan, is dat die kerk homself
met dubbelpratery oor sake soos ’n ’n homoseksuele lewenspraktyk maklik aan die
verkeerde kant van die gelykheidsreg kan toeverf, aangesien dit die “objektief
bepaalbare kriteria” waarvolgens die kerk in eie reg volgens die Skrif optree,
op los skroewe plaas.
Daarom moet dit gewaardeer word dat
Moreletapark se leiers, ondanks die terugslag soos hierbo verduidelik, nog
helder en duidelik praat oor hul oortuiging vanuit die Skrif.
Ds.
Cassie Aucamp is ’n voormalige LP en tans leraar van die Gereformeerde kerk
Bergsig en Andeon.
Moreletapark: “Ekskuus,
maar homoseksualiteit bly sonde”
Neels Jackson, Beeld 9 Sept
2008
Die kerkraad van die
NG gemeente Moreletapark het die gay musiekdosent mnr. Johan Strydom, wat hulle
afgedank het, om verskoning gevra.
In
dieselfde asem het hulle bevestig dat die gemeente onwrikbaar by sy siening bly
dat homoseksuele dade sonde is.
Die kerk het
gisteraand in ’n verklaring gesê hy gaan nie appèl aanteken teen die
hofbeslissing dat hy onbillik gediskrimineer het toe hulle Strydom afgedank het
nie.
Strydom
het die gemeente in die gelykheidshof gedagvaar nadat hy uit ’n kontrakpos
afgedank is omdat hy gay is.
Die
kerkraad lê hom neer by die beslissing van die hof “en bied gevolglik ons
onvoorwaardelike verskoning teenoor mnr. Strydom aan vir die feit dat ons,
volgens die hof, deur sy diensbeëindiging onbillik teen hom gediskrimineer
het”.
Die gemeente
moet hom ook nog byna R87 000 betaal.
Die kerkraad was onder
druk van simpatiseerders dat hy teen die hof se uitspraak moes appelleer, maar
voer verskeie redes aan waarom hy besluit het om dit nie te doen nie:
* Die fundamentele reg van die kerk om vry te
wees en te glo wat die Bybel sê, is nie aangetas nie;
* Die gemeente se oortuiging dat die beoefening
van homoseksualiteit sonde is, is nie deur die hof verwerp nie;
* Die gemeente se reg om vereistes vir
geestelike leiers te stel is deur die hof aanvaar;
* Die gemeente het genoeg geleentheid gehad om
te getuig van sy siening oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sê; en
* Hulle kon verder getuig oor “die liefde vir
God vir alle mense en daarom ook vir persone wat homoseksualiteit beoefen, en
dat daar in Christus nuwe lewe en oorwinning oor sonde is”.
Die
kerkraad wys voorts daarop dat die hof bevind het dat Strydom, wat op
kontrakbasis as musiekdosent in die gemeente gewerk het, nie as ’n geestelike
leier geag word nie.
Die
Moreletapark-gemeente verskil steeds met die hof hof
hieroor. Hul siening van wie ’n geestelike leier is, strek veel wyer as net
predikante, ouderlinge en diakens.
Die
gemeente meen Strydom was in die posisie van ’n geestelike leier. Hy het as
rolmodel vir jong studente opgetree en daarom was hy onderhewig aan die
verklaarde gemeentebeleid oor geestelike leiers.
Me. Diana
Rabie, kommunikasiebeampte vir die gemeente, het nie gisteraand haar telefoon
geantwoord nie. Dit is nie bekend of die gemeente reeds die verskoning persoonlik
aan Strydom oorgedra het nie.
"Dearest Johan, we are sending this
letter to you in terms of our responsibility towards you following the judgment
of Judge DA Basson regarding the claim you have
instituted against our congregation in the Equality Court.
Lees in
die jongste uitgawe van Kerkbode ...
* Herstel moraliteit! ’n Landwye wekroep
klink onder Suid-Afrikaners op vir morele herstel.
* Familiekerke maak
deurbraak in Vrystaat.
* Morele meerderwaardigheid – kerk het bekering
nodig.
* Moreletapark: Grondwet versus
godsdiensvryheid – wat weeg die swaarste?
* Port Elizabeth: Nigeriërs blaas nuwe lewe in
middestad-gemeente.
* Só bereik Bybel-Media vir Indië met die
evangelie.
* Missie Japan is in stroomversnelling.
* Sentrale databasis maak gemeentes se taak
makliker.
Lees in
die Oktober-uitgawe van LIG ...
VOORBLAD: Cindy
& Clive op pad met Christus. ’n Voormalige Mej
Suid-Afrika, Cindy Nell, gesels openhartig oor die nuwe pad wat sy saam met
Christus stap. Sy vertel ook meer oor haar en Clive Roberts se troudag vroeg
volgende jaar.
LEES
BINNE:
My kind se selfbeeld
- bou of verbrou ek? Eleanor Roosevelt het gesê: “Niemand kan jou
teen jou sin minderwaardig laat voel nie.” Maar is dit regtig so?
Ouma (en haar kêrel)
woon saam. Vir
baie Christen-huishoudings is dit ’n krisis wanneer een van die kinders kies om
saam te woon voor sy/haar troudag. Wat nog te sê van as Ouma/Oupa besluit om by
iemand anders in te trek!
Jou kind se “gap”-jaar: alles wat jy moet weet. Vir
talle Suid-Afrikaanse jongmense is ’n jaar of twee ná matriek in die buiteland ’n
gewilde opsie. Hoe kan hulle die meeste uit die tydperk put?
Van snork na slaap -
is daar raad?
’n Eggenoot wat snork, is genoeg om die geduldigste persoon tot raserny te
dryf. Hier’s medisyne.
LEES
OOK:
* Milanie Vosloo: ’n
geloofsreis wat inspireer
* Baie generasies in een huis!
* Aanspreekvorme: is daar nog reëls?
* Ons swart aanneemkinders
* Tweedehands is koning
* Tieners
Kruisgewys
Die jongste uitgawe
van Kruisgewys is reeds twee weke gelede na leraars gestuur. Die inligtings-DVD het interessante snitte vir gebruik by die
eredienste. Die inhoud van Kruisgewys is ook beskikbaar op ons webwerf www.bybelmedia.co.za
Christelike Kernensiklopedie
– redakteur Fritz
Gaum
Hierdie ensiklopedie
– vir die eerste keer in Afrikaans – is jou sleutel om God se Woord, sy
koninkryk, sy kerk, die wêreld, die geskiedenis, jouself en jou geloof beter te
verstaan. 3 250 inskrywings op 1 248 volkleur bladsye.
Dié ensiklopedie dek
die volgende terreine: Ou Testament, Nuwe Testament, dogmatiek, etiek, algemene
en Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis, missiologie, Suid-Afrikaanse kerke en
prominente figure wat ’n impak op die voortgang van die evangelie gehad het,
veral soos dit Suid-Afrika geraak het.
Hierdie is ’n gesamentlike projek van Lux Verbi.BM en Bybel-Media. Prys 349,95
DVD’s – Verantwoordelike Vernuwing
Die 4 DVD's van Verantwoordelike Vernuwing
(Stellenberg) is gereed en die eerste bestellings is verlede week versend.
Enigiemand wat verdere bestellings wil plaas, is welkom om Monique by 0860 26
33 42 te skakel.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met jou
kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ’n koue Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en
Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
* LOGAN vir fondse vir sy studies volgende jaar
* MIMI vir haar volgehoue werk by die jeug
* Die opleidings projek
* Fondse vir n projektor om opleiding en
Godsdiens onderrig te implementeer
* Die jeug in Salamtu
-- meeste het geen of net n enkel ouer
Kontakbesonderhede:
Schalk-hulle woon in
63 Russell Road
Tel no 041 585 8900
sel no 074 102 7640 schalk
074 103 1700 bonnie
E-POS ramah.rescue@gmail.com
Besoek gerus die blog
oor ouerleiding by www.communitas.co.za/ouerskap
waar Alta Marais in gesprek gaan met ouers wat 'n deelnemende styl van ouerskap
wil aanleer.
Op die blog is ook meer inligting oor die
kursus Positiewe Ouerskap wat ouers
hierdie vaardighede aanleer. Indien jy weet van ouers in julle gemeente wat
belangstel in 'n gesprek oor ouerleiding, gee asb. vir hulle die webadres deur
sodat hulle
Wat noem jy 'n deurskynende hasie?..... Spasie!
Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp?
Blokhasie
Hasie in die tuimeldroer? Spinhasie
Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal?
Operasie!
en 'n hasie ini spur?
Inspirasie...!
en hasies wat koud kry..?
Vibrasie!
Wat noem mens 'n hasie met GPS?
navigasie
Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie
Wat noem mens `n hasie wat in pretoria bly?
Hawsie
'n Hasie wat uitasem is?
'n Blasie
'n Hasie met styl?
'n Classy
'n Halwe hasie?
'n Sie
'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas?
Oksidasie
'n Walt Disney Hasie? Animasie
'n Vuvuzela Hasie? Gerasie
'n Klomp hasies? 'n Nasie
Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n
telefoon?
Kommunikasie...
Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie?
'n Flirtasie...
Wat noem mens 'n deurskynende hasie? 'n
Glasie!!!!
Wat is 'n geel hasie? 'n Kasie!!!!
Wat noem 'n mens 'n hasie wat preek.......'n
Kanselasie!!!!
Wat noem jy 'n ryk hasie?? inflasie!!
'n Hasie wat boer? Plasie...
Wat noem mens 'n siek hasie?.... Inflamasie
Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?.... Immigrasie
Wat noem jy iemand wat heeltyd hasie grapies
vertel?
Irritasie
Sinodale Kommunikasie