Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 29 - 11 September
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Één diens en getuienis-stem kom
uit die NG-familie
Nagmaal, Kerkeenheid en Jesus se Gebed in Johannes
17
Oor die Belhar-Belydenis : Reformed Church in America
Sit weer nuwe
vuur in die gemeente met ons Flam en Vonkk liedere
SMS wat vra dat Christene vir 2 bid, kan sendelinge se
dood beteken
Weet jy van
lidmate van die Afrikaanse susterskerke in Uganda?
Nou word
dit kerk teenoor grondwet
Die Leesrooster bevat
vanjaar temas oor die seisoen van die skepping. Ons leer meer en meer verstaan
hoe belangrik dit is om ook oor die skepping Bybels en teologies na te dink.
Leraars en lidmate kan gerus gebruik maak
van baie goeie bykomende materiaal wat op die webblad van die Lutherane en Uniting Church in Australia
se webblad beskikbaar is - http://www.seasonofcreation.com/index.asp.
Hulle verskaf baie goeie
agtergrondinligting, en neem konkrete temas, soos bv:
Sondag van riviere, Sondag van die woestyn/wildernis, en verskaf goeie
preekvoorstelle en liturgiese materiaal, onder andere goeie bruikbare foto’s.
Werklik iets besonders.
AMOS AGRIMIN se visie is
“Living and Farming God’s
Way”. Die organisasie reël
jaarliks vanaf 1 September tot 10
Oktober ‘n 40-dae Gebedsfokus op die Landbou. Hierdie jaar word gefokus op die basiese
betekenis van hul visie.
Gebedsfokusriglyne kan vanaf Amos Agrimin se Hoofkantoor in Bloemfontein
bestel word by 051-451 1981/874. Tot en met 1 Oktober kos die boekie R15 per
eksemplaar (posgeld uitgesluit). Dié
inligting is ook te kry op hul webwerf
by www.amosagrimin.com. Hulle nooi alle gemeentes uit om deel te neem
aan hierdie gebedsinisiatief.
Één diens en getuienis-stem kom uit die NG-familie
Die Verenigde Diensgroep vir
Diens en Getuienis van die Familie van NG Kerke het vandeesweek in Kemptonpark
vergader. Ds Clem Marais van Namibië gee sy indrukke (met dank aan Feldmuis):
Die ywer waarmee die vier lede van die familie van NG Kerke saamwerk
wanneer dit by die wesenskenmerk van die kerk as liggaam van Christus kom, is
’n mooi storie van hoop. Gewoonlik is dit die bek-geveg oor verskeie verskille
wat ongelukkig óók tussen die Familielede lê wat die openbare oog vang. Wanneer
hulle egter om één tafel sit en beplan aan hulle deelname aan God se sending in
die wêreld, kry hulle reg to agree to differ ter wille van God se
Koninkryk sonder om mekaar te verloor.
Dít was veral die ervaring by die vergadering van
die Verenigde Diensgroep vir Diens en Getuienis (VDDG) wat vandeesweek in
Kemptonpark gehou is. Uit die verskillende sinodale gebiede is die mooiste
stories van hoop vertel, verhale van hande-vat en vennoot-wees in die missio
ecclesiae. Dit is duidelik dat dit om méér gaan as bloot samewerking. Om
vennote te wees, vra ’n dieper verbintenis as bloot net medewerkers. In die
woorde van Prof Piet Meiring, voorsitter van die Verenigde Diensgroep: “As mens
na die NG Kerk-familie prentjie kyk, laat dit jou op die oog af soms dink aan
die vallei vol doodsbeendere van Esegiël, but the Spirit is moving!”
In ’n historiese ontwikkeling het
die VDDG ’n formele ooreenkoms opgestel in terme waarvan die vier NG Kerke (dit
is die NG Kerk, NG Kerk in Afrika, Verenigende Gereformeede Kerk en die
Reformed Church in Africa) hulle onderskeie bedieninge vir Diens en Getuienis
voortaan vanuit één forum gaan loods. Hierdeur wil die kerke hulle belydenis
oor die eenheid van die Kerk in die Here Jesus verder konkreet uitdruk.
Die ooreenkoms erken die
realiteit dat die vier kerke (vir die huidige) nog afsonderlike regsentiteite
is. In die uitvoering van die diens en getuienis-werk, laat die deelnemende
kerke egter ’n eenheidstem hoor en lewer hulle ’n eenheidsdiens.
Sonder om hulle uit te spreek oor
die mate waarin verskillende brondokumente deur die onderskeie deelnemende
kerke erken en aanvaar word, dui die ooreenkoms aan dat, benewens die Drie
Formuliere van Eenheid, dokumente soos die Belydenis van Belhar (van die VGK),
die Laudium Verklaring (van die RCA) en die Roepingsverklaring van die NG Kerk
as inligtings- en rigtinggewende bronne vir die verenigde bediening aanvaar
word.
Sit weer nuwe vuur in die gemeente met ons Flam en Vonkk
liedere
So baie word daar in ons kerk
gestoei oor sang, lofprysing en
jeugmusiek. Die kerk doen nou soveel moeite om aan hierdie behoeftes sinvol
te voorsien en hier het ons nou die geleentheid in die Oos Kaap om meer daarvan
te hoor en lekker saam te gesels. Ons doen ‘n beroep
op orreliste, sangleiers en predikante
( nog min predikante het gereageer en ons wil so graag die pad saam loop) om
die oggend af te staan en hier te wees. Laat weet ons asb. Ons sien uit om u te
ontvang.
U word hartlik uitgenooi na ons Oos-Kaap se Streeksbyeenkoms vir 2008.
Dit sal plaasvind op Saterdag, 20 September in die NG Kerk, Sionsrand.
PE.
Ons glo dat hierdie byeenkoms, ‘n nuwe
motivering vir elke orrelis, sangleier en Predikant sal wees. Kom soveel
moontlik vanuit u gemeentes, sodat u ‘saam’ kan hoor en ‘saam’ kan gaan terugploeg in u onderskeie
gemeentes.
Ons het die groot voorreg om Ds.
Jacques Louw, kenner en inspirasie agter die FLAM-liedere(nuwe kontemporere,
afrikaanse liedere), asook die VONKK-liedere(klassieke kerkliedere), persoonlik hier
te kan hê. Hy kom met al sy kennis en
motivering om ons te kom verryk met nuwe inligting en moontlikhede. Die program vir die dag sal soos volg wees:
8.30
- Registrasie
9.00
- Verwelkoming en opening
9.15
- Eerste Sessie – SPIRITUALITEIT EN MUSIEK – Ds. Jacques Louw
10.45 - Tee en Verversings
11.15 - Tweede Sessie – FLAM EN VONKK liedere – Ds. Jacques Louw
12.15 - Vrae en bespreking
‘n Aantal Kantory-verwerkings
van die FLAM-liedere, wat sinvol in die erediens gebruik kan word, sal
gedemonstreer word. Daar sal ook
tussendeur samesang wees, waartydens van die nuwe FLAM en VONKK-liedere aan u
bekendgestel sal word.
Die koste verbonde aan die byeenkoms is:
R40.00 vir SAKOV=lede
R50.00 vir nie-lede
R60.00 vir studente en
pensionarisse.
Indien u die byeenkoms wil bywoon, klik hier
en vul asseblief die inskrywingsvorm in en e-pos, pos of faks dit aan my
terug voor 12 September.
Faks: 041 360 6573/e-pos: jancoetzee@absamail.co.za, Posbus
10159.
Indien u dalk van ver kom en die
Vrydag wil oornag kan u my kontak, indien u nie self geholpe kan raak nie.
Die byeenkoms sal plaasvind by N G Kerk Sionsrand. Bramhopestraat 16.
Aanwysings vanuit die stad: Volg
N2 tot by die Lorraine/Bramlyn afrit. Draai regs, ry
onderdeur die brug, voor Makro verby. Gaan oor ou Kaapweg, links in Alphastraat, dadelik weer regs in Bramhope en ry reg op die
kerk af.
Kom u van Humansdorp se kant af,
volg weer die Lorraine/Bramlyn afrit, maar hou links
voor Makro verby en volg dieselfde instuksies verder.
SAKOV-groete
Elbe Coetzee
Saam met Paulus in
Filippense 1:3-4 wil ons vir alle ondersteuners sê: “Ek dank my God elke
keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle
almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die
verkondiging van die evangelie.”
Terugvoer oor
Wes-Kaap bekendstellingswerk
Ek het o.a. by 10
verskillende gemeentes die geleentheid gehad om te preek en/of getuienis
gelewer en die werk bekend te stel. Verder het ek met verskeie belangstellende
lidmate (individueel en/of gesamentlik in Bybelstudie-groepe), asook met
predikante van heelwat ander gemeentes persoonlike gesprekke gevoer. Baie mense
het hulself verbind daartoe om vir ons te bid en gereeld met ons kontak te maak
in die toekoms. Een spesifieke gemeente, NGK Pinelands (‘n
gemeentetjie van minder as 300, meestal ouer, lidmate) het reeds onderneem om ‘n wonderlike volhoubare bydrae van ‘n
R1000 per maand te maak vanaf September. Verder is daar heelwat individue
(veral vriende) wat ook maandeliks en eenmalig begin bydra het. Daarvoor is ons
ontsettend dankbaar!
Buiten hierdie medewerkers is daar heelwat
lidmate en gemeentes wat nog oor die saak bid en in die proses is om te besluit
oor hul moontlike ondersteuning (finansieël,
emosioneel en deur gebed).
Baie dankie weereens vir almal se meelewing
die afgelope tyd, ons waardeer dit, en ervaar veral ook dat ons tuis-gemeente
op Aliwal-Noord elke tree saam met ons beweeg as gestuurdes. Ons is DV
binnekort oppad na die Suid-Kaap (15-29 Sept) en
Oos-Kaap (14-27 Okt) om daar ook soortgelyke
bekendstellingswerk te doen. Ek stuur die finale program vir die Suid-Kaap teen
einde volgende week deur.
Radio onderhoud
Luister enige tyd
na ‘n aflaaibare 15-minute Engelse onderhoud by:
http://www.blessthenations.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=59&Itemid=72
Webtuiste
Gaan loer gerus vanaf
Vrydag 12 Sept na ons nuwe tuiste op die web by www.missiojapan.org.za
Ander sake om
van kennis te neem
Daar is ‘n paar belangrike dokumente wat jy dalk nog nie kans gehad
het om te lees nie. Vir meer oor die baie belangrike Waarom sendelinge uit
Suid-Afrika na Japan?, wat geskryf is deur Prof. Makita
(leier van die RCJ in Shikoku), of oor die Pos vir
Christen onderwysers in Japan, of Stéphan se Roepingsverhaal met meer
agtergrond oor die pad tot hier: kontak Stephan by die e-pos adres hieronder.
Gebedsonderwerpe
* Dankie sê vir die Here se sorg i.t.v. die
verstommende klomp positiewe reaksie wat ons al gekry het na afloop van ons
eerste bekendstellings-geleenthede.
* Vra vir krag en vrede in ons geestelike,
emosionele en fisiese voorbereiding vir die tyd wat voorlê in die Suid-Kaap.
* Vra vir aanvaarding van ons roeping, asook
volhoubare ondersteuning deur gemeentes en individue wat die bekendstellings
sal bywoon.
8€ Vra vir leiding vir die internet-onderhoud
eerskomende Maandag met leiers van die Reformed
Church of Japan in Shikoku.
Baie dankie!
Vrede,
Stéphan en Carina (jsvdwatt@lantic.net / cvdwatt@lantic.net / 084 513
8516)
Die program vir Suid-Kaapse
bekendstelling lyk voorlopig soos volg:
Maandag 15 Sept: Nieu-Bethesda
(14h30); Graaff-Reinet (18h00)
Dinsdag 16 Sept:
Willowmore (10h00); Uniondale (12h00); Oudtshoorn-Wes (16h00); Calitzdorp
(19h00)
Woensdag 17 Sept: Volmoed
(09h00); Oudtshoorn-Moeder (11h00); Oudtshoorn-Park (middag);
Oudtshoorn-Welgeluk (19h00)
Donderdag 18 Sept: Ladismith
(10h00); Barrydale (12h00); Buffeljags (17h00 en 18h30)
Vrydag 19 Sept: Bredasdorp
(10h00); Caledon-Wes (12h30)
Saterdag 20 Sept:
Swellendam ouetehuis(10h00)
Sondag 21 Sept: Swellendam
erediens (09h30)
Maandag 22 Sept: Heidelberg
(10h00); Riversdal (12h00)
Dinsdag 23 Sept: Hartenbos
(10h00); Groot Brakrivier (15h00); George-omgewing (middag-aand)
Donderdag 25 Sept: Mosselbaai
Moeder (09h30); George-omgewing (middag-aand)
Saterdag 27 Sept: Mosselbaai
Moeder (09h00); Stilbaai (middag)
Sondag 28 Sept: Outeniqualand erediens (09h30)
Maandag 29 Sept:
Aberdeen (na 17h00)
Enige iemand is welkom om
enige van die byeenkomste by te woon.
Ons is voorlopig van 14-27
Oktober in die Oos-Kaap vir soortgelyke bekendstellingswerk.
Kontak my gerus by 084 513
8516 of jsvdwatt@lantic.net met navrae daaroor.
Vriendelike groete
Stéphan
SMS wat vra
dat Christene vir 2 bid, kan sendelinge se dood beteken
Burger, 10.9.08, Neels Jackson:
Christene met goeie
bedoelings en slegte oordeel is besig om hul eie sendelinge se lewens met hul
ondeurdagte optrede in gevaar te stel. ’n SMS het gister baie wyd die ronde
gedoen oor twee sendelinge van die NG gemeente Moreletapark wat in ’n
Moslemland in ’n tronk sou sit en wat dalk die doodstraf sou kon kry. Die SMS
vra dat mense moet bid “vir bonatuurlike ingrype van
ons hemelse Vader”.
Me. Diana Rabie, woordvoerder van die
gemeente, het by navraag gesê dit is vals en die twee sendelinge is op die oomblik
veilig met vakansie in Suid-Afrika. Mnr. Charl de Beer, sendingbestuurder van
die gemeente, het later ’n e-posboodskap uitgestuur om te vra dat mense nie die
boodskap verder aanstuur nie. Die inligting daarin is vals en berus blykbaar
daarop dat iemand ’n boodskap tydens Sondag se erediens verkeerd verstaan het.
Daar is blykbaar wel gelowiges in die tronk in die betrokke land, maar hulle is
burgers van daardie land. Die ironie is dat talle goedgelowige Christene wat
die SMS gekry het, dit verder aangestuur het sonder om seker te maak dis waar.
In die proses is die twee sendelinge se voorname en die land waar hulle werk,
die wêreld ingestuur. Met dié inligting kon ’n mens gister binne ’n
ommesientjie ook hul van en foto’s van hulle op die internet opspoor.
Vir sendelinge soos dié wat in geslote
lande werk, kan dit lewensgevaarlik wees as sulke inligting in die hande van
die betrokke land se regering val.
Weet jy van lidmate van die Afrikaanse susterskerke in
Uganda?
Die Algemene Sinode se kantoor vir
buitelandse bediening beywer hom daarvoor dat lidmate van die Afrikaanse
susterskerke wat in die buiteland woon en werk, geestelik versorg en bedien
word. Talle lidmate woon en werk tans in verskeie Afrika-lande, o.a. in Uganda.
Die kantoor het ds Smuts van Rensburg van Hartenbos aangewys om as
koördineerder van die bediening in Uganda en omliggende lande op te tree. Hy is
reeds vir vier jaar betrokke by die bediening van lidmate in Uganda.
Met die oog op die versterking van die bediening in Uganda, versoek
Smuts die volgende:
1.
Indien u bewus is van enige lidmaat van die Afrikaanse susterskerke wat
in Uganda woon en werk, kontak asb vir Smuts en gee kontakbesonderhede van
hierdie lidmate aan hom deur. U kan dit ook oorweeg om deur u gemeente se
aankondiginge te help met die opspoor van lidmate. Sodoende kan daar gepoog
word om die databasis van lidmate in Uganda op datum te hou en kan alle lidmate
wat daar woon en werk geestelik bedien word. Smuts se kontakbesonderhede is tel
044 695 1958, e-pos smutsmar@absamail.co.za,
faks 044 695 0440 (merk asb VIR AANDAG SMUTS)
2.
Leraars wat na Uganda genooi word om daar te gaan dien, kontak asb vir
Smuts ten einde oor die omstandighede in Uganda te gesels en werksaamhede daar
te koördineer. Op hierdie wyse bly die kantoor vir buitelandse bediening ook op
hoogte van die bediening aldaar.
Die Christen
Geneeskundige Bond van Suid Afrika (CGB) en “Healthcare
Christian Fellowship International”
(HCFI) bring graag die volgende inligting onder u aandag:
Die herdenking van Gesondheidsorg-Sondag
vind hierdie jaar op Sondag, 19 Oktober
2008, plaas met die tema, “Geroep om
te Dien”. Die viering van
Gesondheidsorg-Sondag het sy ontstaan gedurende die 90's in die Verenigde
Koninkryke gehad. Van daar het dit oor
die res van die wêreld begin versprei. Dit word naby aan 18 Oktober gevier,
tradisioneel as St Lukasdag
bekend. In Suid Afrika het die
viering van Gesondheidsorg-Sondag van krag tot krag gegaan en meer as 5000 Suid
Afrikaanse gemeentes neem jaarliks aan die vieringe deel. Die
doel van hierdie vieringe is:
· Om gesondheidswerkers
en hulle aktiwiteite spesifiek onder die (voor)biddende aandag van die
gemeenskap van gelowiges te bring.
· Om die invloed wat
die gelowige gemeenskap op gesondheidsorg het, uit te lig en te beklemtoon.
· Om aktiewe
ondersteuning van kerkverwante gesondheidswerkers en gesondheidsorgprojekte
aan te moedig.
Besoek ook gerus die
webblad www.cmf.org.za
Ds Riaan Vlok van die
NG Gemeente Selcourt is op 8 September 2008 na die N.G. Gemeente Queenstown
beroep. Sterkte met die oorweging van die beroep!
Nou word dit kerk teenoor
grondwet
Uit Burger se briewekolom, 11/09/2008:
Sekulêre,
humanistiese morele waarde word deesdae weer as direk in stryd met die
Joods-Christelike waardes beskou. Nou word dit grondwet teenoor kerk. Kerkmense
en teoloë verwys dikwels na humanisme asof dit verfoeilik of anti-Christelik sou wees – so asof ’n mens net die een of
die ander kan aanhang. Sou dit nie juis ideaal wees om die beste uit hierdie
denkrigtings te integreer in ons benadering tot moraliteit nie?
Het die
Joods-Christelike waardes waarop mense so maklik roem, nie al meermale gelei
tot morele gedrag wat nie te rym is met die voorbeeld van Christus nie? Toe die
polities gelaaide element van Christelik-Nasionaal (waarmee ons geslag
geïndoktrineer is) ook nog mode was, het dit ’n gevaarlike morele platvorm
geskep.
Dit
verbaas my nie dat die moderator die standpunt van die kerkraad van
Moreletapark verdedig nie. Baie kerkleiers hou vas aan ’n enkelvoudige en letterlike
vertolking van die Bybel wanneer dit hul eie vooroordele is. Ek is seker daar
is die afgelope paar maande baie in Moreletapark en oral in die land gebid vir
“leiding van Bo” en dat die Here ’n regverdige uitspraak moet voorsien.
Toe die
uitspraak egter kom, reageer dieselfde mense wat so gebid het, met skok en
ongeloof, asof die Here nou ’n fout gemaak het.
Ek het al
verskeie sinodes en kerkvergaderings beleef waar mense aandoenlik bid vir
“leiding van Bo,” maar wanneer die antwoord nie by hul onbuigsame denkraamwerk
inpas nie, is hulle onwillig om die antwoord op hulle gebede te aanvaar. So is
daar ook oor ’n lang tydperk vuriglik gebid tydens die opstel van die nuwe
grondwet, wat nou so maklik deur kerkmense afgekraak word.
(Geskryf deur Dr Du Plessis)
Die eerste digitale
kamera is gedurende die 1970's deur Steven J Sasson,
'n werknemer van Eastman Kodak, ontdek. Die leierskap by die maatskappy het
niks van die idee gehou nie, want dit was 'n bedreiging vir die firma wat
gespesialiseer het in die maak van films vir kameras. Tans is die firma besig
met die oorgang van film na digitale tegnologie, maar nou het hulle 'n groot
agterstand by verskeie ander firmas.
Hierdie is 'n baie algemene verhaal. Sukses
in die verlede mag 'n probleem wees - mense/ organisasies word immuun teen
aanpassings wat nodig is om te slaag in 'n nuwe konteks. Hierdie het natuurlik
ook toepassing op die kerk. Verandering is moeilik as jou model in die verlede
'n sukses was. In die geval van Kodak het hulle amper ondergegaan voordat hulle
die onvermydelikheid van verandering aanvaar het. Baie kerke vandag staar ook
die dood in die gesig. Is dit nie dalk God se plan om kerke weer nuut te laat
dink nie?
Maar wat kan kerke doen? Ek noem net enkele
moontlikhede:
1.
Dink nuut oor leierskap
Daar is verskeie
beelde om die leraars van vandag mee te beskryf:
a.
Die pastor as terapeut - die pastor word 'n berader.
b.
Die pastor as Hoof Uitvoerende Beampte (CEO) - die pastor is 'n bestuurder of
entrepreneur.
c.
Die pastor as fasiliteerder van lewe in die gemeente - sonder hom gebeur daar
niks nie.
Is dit wat ons van ons leiers in die kerk
verwag? Dat daar iemand moet wees om te bestuur en om berading te doen, is reg,
maar moet dit die leier wees. Wanneer lei hy dan?
Hier is 'n baie belangrike beginsel ter
sprake: Minder is meer. Hierdie is iets waarvan ons meer en meer lees. Waarna
verwys dit?
a.
Die leier weet alles; daarom moet hy alles doen. Die pastor moet homself
"bewys" in 'n kultuur wat al hoe meer van hom verwag: dat hy 'n
uitstekende prediker moet wees, dat hy 'n duidelike visie vir die toekoms moet
hê, dat hy 'n strategiese plan moet ontwikkel - en dat sy gesinslewe 'n model
vir die gemeente moet wees. Geen wonder leraars sê dat hulle eensaam,
geïsoleerd en sonder vriende is nie. Leraars moet minder word, sodat hulle meer
kan word. Hulle moet aangewend word volgens hulle geestelike gawes - en lidmate
moet betrokke raak by bediening. Ons verwagtings van kerkleiers moet meer
realisties wees.
b.
Minder programme, maar programme wat die gemeente se prioriteite hanteer. [Ek
gaan niks verder hieroor sê nie - ek het al dikwels hieroor geskryf.]
2.
Van kerk na koninkryk
Baie kerkleiers gee
al hulle aandag aan die sake van die kerk - dit is net komitees en
vergaderings. Leierskap fokus op die gemeente sy geboue, sy begroting, ens.
Natuurlik sluit die koninkryk die kerk van God in, maar dit is heelwat meer as
net die kerk. Die Gees van God werk immers ook in die gemeenskap buite die kerk
- en nooi die gemeente uit om saam met Hom daar betrokke te raak. Die kerk het
leiers nodig wat hulle gemeentes help om ook buite die kerkmure te kyk - en
geleenthede daar raak te sien.
Ons huidige leierskapsmodelle het
aanpassing nodig. In ons kerke is daar egter baie
Sinodale Kommunikasie