Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 27 - 28 Augustus
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Jeffreysbaai hou Mannekamp : 5-7 September
2008
Kingfisher Mobiliseringsentrum-Toerusting vir Leraars
en Gemeenteleiers
Agtste Suid-Afrikaanse Calvyn Navorsingskongres
The Practicing
Congregation: Imagining a New Old Church
Ek het met groot belangstelling die gesprek tot dusver gevolg. Miskien
moet ons ook uit ‘n ander hoek hierna kyk – die van
die dinamika van onderhandelinge. Ek het onwillekeurig teruggedink aan my
vredeskomitee dae met die volg van die gebeure.
Dit is so dat onderhandelaars mekaar met verloop van tyd op persoonlike
vlak vind en makliker tot skikkings kom terwyl die groepe wat hulle
verteenwoordig verder van mekaar beweeg. Ons moet eerlik na die situasie in die
verskillende kerke kyk. Het mense op grondvlak nader na mekaar beweeg of nie?
Ek weet ons verwys graag na projekte, maar aan die ander kant het die NG Kerk
lidmate volgens die pers niks nader aan eenheid beweeg nie. Ons sê nog
dieselfde goed as in 1991 “Belhar is wel Bybels en kan op ‘n
manier geakkommodeer word, maar nie as ‘n
belydenisskrif nie.” Ons sê wel kerkhereniging is belangrik, maar begin nou
“skielik” na die laaste rondes sinodesittings praat van “Federasies,
assosiasies en parallelle strukture” wat ondersoek moet word. Terwyl ons klem
lê op die belang van strukturele eenheid, beklemtoon ons dit in ons
kommunikasie aan gemeentes dat dit nie regtig ‘n
groot verskil aan die situasie in plaaslike gemeentes gaan maak nie. Eenheid
sonder eenheid!! Ten spyte van mooi luidende sinode besluite, gaan die lidmate
en sê eintlik nee vir kerkhereniging – so het dit in die pers geklink (ook in
ons briewe kolomme). Daar is ook groot verdagmakery vanaf sommige van ons
lidmate teenoor die VGK se leiers aan die gang.
Intussen is daar ook ander prosesse in die gemeentes van die VGK aan
die gang. Veral bruin lidmate beleef ‘n tyd van
magteloosheid en ontnugtering in die politieke-, sosiale- en ekonomiese wêreld.
Ek dink nie die boodskap wat van grondvlak van die NG Kerk uitgegaan het, het
enigsins vir hulle laat voel dat hulle “onvoorwaardelik” deur die wit lidmate
van die NG Kerk aanvaar word nie. Vir hulle het daar min aan hulle praktiese
situasie verander na 1994, ek glo Belhar is vir hulle vandag nog net so
relevant as wat dit in 1986 was. Ons praat steeds vanuit ‘n
bevoorregte posisie van ekonomiese en selfs politieke mag. Ons is negatief oor
regstellende aksie uit selfbejammering, maar nie medelye met die armes en
magteloses nie. Ons het nog nie regtig met hulle geïdentifiseer nie – ons
houding teenoor Belhar bewys dit.
Die “onderhandelaars” moet teruggaan na hul eie mense toe en ons moet
onsself afvra of hulle regtig “winste” het om te gaan wys. Hulle het ver beweeg
na ons kant toe, maar na die laaste ronde gemeentekonsultasie
in die NG Kerk, lyk dit of ons eenvoudig ons sin wil hê en basta met die res.
Ons onderhandelaars het net so ‘n “vertrouenskrisis”
met hulle eie mense as wat die VGK nou begin ontwikkel. Hulle sou kon sê dat die “sagte” benadering wat hulle
gevolg het nie die gewenste resultate aan enige kant gelewer het nie. Dit is
dan nie ongewoon dat partye weer terugbeweeg na vorige posisies en “harde” standpunte
en houdings inneem nie. Dit is so dat hulle geloofwaardigheid wil terugwen by
hul eie mense, maar ons moet nie uit die oog verloor dat dit ook daar is om ons
te laat besef hoe belangrik en ononderhandelbaar Belhar eintlik vir hulle is
nie.
Die vraag is nou oor die pad vorentoe. Ek dink daar is ‘n tyd van herbesinning aan albei kante nodig. Ons (leiers)
het nie gehou van wat ons eie lidmate vir ons gesê het nie, maar in ‘n groot mate ignoreer ons dit en wil hê die gesprekke moet
voortgaan asof niks gebeur het nie. Dit is nie eerlik teenoor die VGK of ons
eie lidmate nie. Hulle sal dieselfde verwydering ervaar en hulle sal ook weer
moet gaan hoor wat wil hul eie mense verder hê. Ek is bang dat om nou die
proses te probeer omseil deur op ons eie voort te gaan om afsonderlike
gesprekke te hou, tot nog ‘n groter
geloofwaardigheidskrisis aanleiding kan gee. Ons mag dalk glad nie hou van wat
hul Algemene Sinode sê nie, maar dit sal die volgende vertrekpunt wees waarmee
ons almal sal moet werk, ook op plaaslike vlak.
Ons moet iewers baie eerlik na ons eie data kyk en analiseer wat
werklik in ons gebied aan die gang is. Ons gaan nie beweeg voordat ons nie weet
wat werklik onder die oppervlak aangaan by ons lidmate nie.
Indien ons gesprekke wil voer, moet dit daaroor gaan dat ons werklik
wil hoor hoe hulle die situasie tans sien en die verskillende besluite van
sinodes en ander nuus ervaar. As daar ‘n perspektief
is wat ons daarop wil gee kan ons dit doen. Ek dink hulle wil eintlik vir ons
iets sê en ons kan die geleentheid skep dat hulle dit duidelik kan doen.
Verdere onderhandelinge sal egter moet wag totdat die “regrouping”
plaasgevind het. Dit geld ook vir onsself.
Wees versigtig om die onderhandelaars se integriteit in twyfel te trek
– integriteit in onderhandelings strek na twee kante en kan verhoudinge na alle
kante onder druk plaas. As brugbouers moet jou voete geanker bly by jou eie
mense terwyl jy die ander party moet vertrou dat hy jou nie sal laat val,
terwyl julle op mekaar leun nie. Soms moet mense maar eers weer los, veral as
hulle te ver oorleun en nie meer kan hoor wat hulle eie mense sê nie. Dit hoef
egter nie die einde van die proses te beteken nie. Terwyl ons huiswerk het om
te doen, moet ons oop bly vir gesprek en nie ook nou “harde” posisies inneem
nie. Verder moet ons maar bid vir eerlikheid en erns onder almal en sagte
harte.
Chris van Wyk en Frederick Marais laat weet:
Welkom by die Communitas
Netwerk vir gemeentebegeleiding, se nuwe
e-nuusbrief iZiko. ‘n
Iziko is die ruimte in die middel van die
tradisionele Xhosa-hut waar die familie en vriende bymekaar kom om kos te
maak, stories te vertel, nuus uit te ruil en sommer net te connect met mekaar. Dit is die bedoeling met hierdie
nuusbrief, om vir gemeentes ‘n iZiko
te wees waar ons roeping en gawes ontsluit word. Ons beplan om gereeld ‘n nuusbrief te stuur om die netwerk se inligting met jou
te deel.
In die Communitas Netwerk ondersteun
gemeentes mekaar om hulle Roeping te ontdek en hulle gawes te ontsluit. Ons is
baie opgewonde oor die nuwe webblad www.communitas.co.za
wat reeds druk besoek word. In die rubriek Preekstudies word
daar weekliks oor die fokusteks van die week tweede
gedagtes opgesit van iemand wat besig is om ‘n
preek oor die teks te maak en wonder oor hoe ‘n mens hierdie
week daaroor sou kon preek. In die rubriek Padlangs met gemeentes
deel Frederick Marais verhale oor ervarings wat hy met gemeentes het
en kan jy gerus kommentaar lewer en saam gesels. Die dagboek
hou jou op hoogte van die kursusse, konferensies en gesprekke in die
Communitas Netwerk. 2009 se datums is reeds op die
dagboek, kyk gerus. Ons boekwinkel
gee jou inligting oor die nuutste boeke beskikbaar. Daar is
ook nog VBO,
predikantebegeleiding, Jeug
en familie, Gemeenteontwikkeling,
resensies,
boekopsommings, artikels
en meer. Die Leesrooster-argief
bied ses jaar se preke. Kyk maar gerus, volgende keer vertel ons jou
meer. Skryf gerus in op die
nuusbrief deur hier te klik.
Jeffreysbaai hou Mannekamp : 5-7 September 2008
NGK
Jeffreysbaai se manne laat weet:
Daar is iets besig om te gebeur
tussen die manne van die Kouga streek. Die ongeveer 700 manne wat die
Lofprysing die afgelope naweek in Jeffreysbaai bygewoon het kan getuig daarvan.
Prof Johan Smit het die manne anders
laat begin dink oor hul lewe. Die lofprysing het almal hoendervleis gegee. Dit
alles tot Eer van die Here.
Enige man in die gemeenskap is welkom
om die Manne kamp eerskomende naweek by te woon. Die Brackenduine kampterrein
(naby Oestersbaai) is daarvoor bespreek.
Pa`s en seuns ons gaan met tente
saamtrek. Buiten die geestelike ontmoeting gaan daar ook visvang ,4x4 roetes
wees en nog vele meer. Dis die kans om tyd , kwaliteit tyd, saam met jou seun
en medegelowiges en saam met God deur te bring.
As daar enige navrae is kontak gerus
vir Hannes by 083 672 3524
(Geluk met jul Lofprysingsnaweek! Dis lekker om te sien hoe talle mans geestelik
geaktiveer word. Vir lank was dit nie so
nie?!)
Na aanleiding
van Lina Spies se monduitspoel in die Burger oor Angus, voel ek nogal skuldig omdat
ek agterkom dat ek nog maar baie seksisties praat/dink en masochisties (in die
kas ter wille van die korrektheid en vertoon) is.
Een van, myns
insiens, die min vere wat in onse Thabo se hoed oorgebly het is dat hy die rol
van die vrou in die politiek so ge-"boost"
het. Hulle waardigheid, intelligensie en bydraes prominensie gegee het. Hulle
"empower" het.
Hy het die dames
'n behoorlike "presence" gegee. Trouens die
formidabele dames soos me Fraser-Moleketi en Maria Ramos
doen dit hulle selwers.
Kingfisher
Mobiliseringsentrum-Toerusting vir Leraars en Gemeenteleiers
Ons nooi graag kerkleiers na ’n toerustingsgeleentheid waartydens ons hulle
graag van materiaal en opleiding wil voorsien sodat hulle hul eie gemeentes in
hul eie konteks kan begelei tot Koninkryksbewegings wat in gehoorsaamheid aan
die Here gefokus wil raak op die nood van die wêreld.
1) TYD: 15
– 18 September 2008
2) PLEK: Burgersdorp
3) SKAKELPERSOON: Ds Frikkie Greeff
Tel 051 653 0108
Sel 082 874 4087
E-pos fjgreeff@vodamail.co.za
4) INHOUD:
Die volle pakket van 10 sessies – uitgesonderd enige werkswinkels wat deur
Kingfisher ontwikkel is.
(Kingfisher Mobiliseringsentrum
het ooreengekom dat die volle pakket vir die toerusting van kerkleiers soos dit
tans saamgestel is, vir minstens die volgende drie jaar onveranderd sal
bly. Die materiaal is in kompakte vorm
saamgevat in tien sessies wat, net soos dit is, deur die predikant/kerkleier
(na sy opleiding) aangebied kan word oor ’n tydperk aan gemeenteleiers ten
einde hulle te begelei tot ’n vars verstaan van kerkwees. Hieruit behoort dan voort te vloei dat die
kerngroep gelowiges wat die kursus deurloop het, die ruggraat sal raak van ’n
dinamiese koninkryksgerigte beweging in die gemeenskap waarbinne hulle geplaas
is. Die inligting wat tydens hierdie een
opleiding deurgegee gaan word, is effens oorweldigend, maar dit is vir ons
belangrik dat ons die volledige prentjie in julle hande moet plaas. By ’n volgende opleidingsgeleentheid sal ons
dieselfde materiaal weer behandel, maar dié keer sal dit in werkswinkel-styl
gedoen word sodat julle die materiaal volledig onder die knie kan kry. Sodra julle die materiaal verstaan, is julle
welkom om dit in jul geloofsgemeenskappe aan te bied. Ons het steeds die beleid dat ons in ’n
weggee-bediening staan en kerkleiers wil toerus met opleiding sowel as al die
materiaal wat hul nodig het om hul eie gemeentes te begelei.)
5) AANBIEDERS:
Frikkie Greeff, Johan van Niekerk, Chris Miles en/of Theunis Scheepers
6) KOSTE:
Frikkie is tans besig om die koste van die opleiding te bereken. Ons is slegs verleë oor die fisiese koste van
die kursusmateriaal, etes en verblyf van kursusgangers. Navrae kan dus gerig word aan Frikkie by
bostaande adres.
7) INSKRYWINGS:
3 September – ten einde genoeg tyd te hê om die materiaal voor te berei.
8) KURSUSGANGERS:
Leraars en gemeenteleiers is welkom om die geleentheid by te woon.
Ds Wicus Wait skryf:
Ek het vrymoedigheid om Elisma Beets aan te beveel om tydens 'n erediens op te tree. Sy het 'n aangrypende getuienis oor 'n siekte toestand wat haar aftakel.
Sy is getroud, het 'n LLB maar kan beswaarlik praktiseer. Dat sy leef is 'n wonderwerk. Sy sing ook uitstekend saam met 'n orrel.
Sy kan gekontak word by 041-379 2466 of 082 467 6934
Hierdie plaasmark vind
weekliks plaas ten bate van minderbevoorregtes
Venue: Ou Kaapweg, St Albans
(Langs St Albans Gevangenis, Port Elizabeth)
‘n
Keur van vrugte, groente, rooivleis, pluimvee, suiwelprodukte, biltong/wors,
tuisgebak en smul-lekker eetgoed word aangebied. Vir die tuinier is daar ook
plante te koop.
Kom ondersteun die entrepreneurs!
Kom koop jou vars produkte vir die week.
Nog stalletjies welkom!
Die mark vind ELKE SATERDAG, 08:00 tot 12:00
KONTAK DENISE - 082 727 3 252
0F NAAS – 082 789 4183
Agtste Suid-Afrikaanse
Calvyn Navorsingskongres
Universteit van die Vrystaat, 2-4 September 2008
Die Instituut vir Klassieke en Reformatoriese Studies, in samewerking met
die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat bied bg kongres
aan met die tema Calvyn as Kategeet.
Die kongres begin op 2 September 2008 om 13h30 en eindig op 4 September 2008 om
14h00. Belangstellendes kan in verbinding tree met prof Dolf Britz van die
Fakulteit Teologie.
Tyd: 2-4 September
2008
Kongresfooi: R400.00 (Sluit nie
verblyf en ontbyt in nie.)
Plek: Fakulteit
Teologie, Universiteit van die Vrystaat
Navrae: Prof RM Britz E-pos:
britzrm.hum@ufs.ac.za
Interne Bussie 90 Tel: 051
4012670 (Kantoor)
Departement
Ekklesiologie Tel: 051
4440007 (Huis)
Universiteit
van die Vrystaat Faks:
051 4013508
Posbus 339 Sel:
0834071547
BLOEMFONTEIN
9300
Twee internasionale sprekers tree by die kongres op: Prof Wilhelm Neuser
van die Universiteit van Münster en Prof Udo Kern van die Universiteit Rostock.
Drie tale word by die kongres gebruik: Duits, Afrikaans en Engels.
Simultaantolking in Engels is beskikbaar, en die referate in Duits word direk
in Afrikaans vertaal. Die kongres
word in vyf sessies georganiseer:
* Sessie 1: ‘n
Namiddag met jong opkomende navorsers, wat afgesluit word met ‘n seminaar oor die tema: Calvin and slavery:
the interaction between Imago Dei, providence and social order in the reformer’s thought.
* Sessie 2: Calvyn en Heidelberg
* Sessie 3: Calvyn as kategeet: breër gesien. By hierdie
sessie is daar ook ‘n seminaar: Geloof volgens Calvyn en Perkins se
kategismusse.
* Sessie 4: Gefokus op Calvyn se kategismusse.
* Sessie 5: Calvyn as kategeet en die reg.
Die kongres is van ‘n hoë akademiese gehalte, met verrassings in die
program, afgestem om saakmakende waarde toe te voeg aan die bediening. Dit bied
die geleentheid om ‘n slag op hoogte te kom met die jongste navorsing oor
Calvyn, sowel as om die hart van sy teologie uit die bronne te ontdek.
Klik hier vir
volledige program (79kb)
Die matrieks van Framesby 1983 hou re-unie op 26 & 27
September 2008. Alle ou leerlinge van die jaar kontak asb.
Christo van der Merwe 041-4843301 of 072 132
2851 of epos abletrac@iafrica.com
webtuiste: www.comprsa.com/framesby
The Practicing Congregation:
Imagining a New Old Church
By Diana Butler Bass
In a small mid-western conservative town, there wasn't a place to get a
drink for miles around, so a local entrepreneur saw an opportunity: He started
to build a tavern.
Liking a "dry" town, the local church
started a campaign to block the bar from opening with petitions and prayers.
The businessman was polite when congregants came to protest, but work continued
on the tavern.
But the night before the grand opening, a
lightning strike hit the bar and it burned to the ground.
The church folks were rather smug in their
piousness after that -- until the bar owner sued the church on the grounds that
the church was ultimately responsible for the destruction of his building,
either through direct or indirect actions or means.
The church vehemently denied all responsibility
or any connection to the building's demise in its reply to the court.
At the first hearing, the judge held up the
paperwork and took in the lawyers and both sides of the lawsuit.
"I don't know how I'm going to decide
this," the judge said, "but as it appears from the paperwork, we have
a bar owner that believes in the power of prayer, and an entire church
congregation that doesn't."
Author Unknown
One balmy day
in the South Pacific, a navy ship espied smoke coming from one of three huts on
an uncharted island. Upon arriving at the shore they were met by a shipwreck
survivor. He said, "I'm so glad you're here! I've been alone on this
island for more than five years!"
The captain
replied, "If you're all alone on the island why do I see THREE huts."
The survivor
said, "Oh. We'll, I live in one, and go to church in another."
"What
about the THIRD hut?" asked the captain.
"That's
where I USED to go to church."
Sinodale Kommunikasie