Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 26 - 21 Augustus
2008 - www.ngkok.co.za/enuus
“Ons
is Jammer”: Swaard-seun se ouers
Waarom stuur julle sendelinge uit Suid-Afrika na
Japan?
Gespreksforum op NG Kerk webblad
Nuut
op Seën die Volkere se webblad
Die Moderamen het ook op 20 Augustus 2008 die volgende besluit geneem: Die
Algemene Sinode se Moderamen is opreg jammer dat die proses ten opsigte van
kerkhereniging nie so vlot loop soos al die deelnemers dit graag sou wou hê
nie. Ons bevestig weereens ons verbintenis tot kerkeenheid as die wil van God
vir sy kerk, en onderneem om steeds voort te gaan met gesprekvoering om die
proses steeds op dreef te hou.
“Ons is Jammer”: Swaard-seun se ouers
Beeld, 21/08/2008
Die beweerde swaardmoordenaar van die Wes-Rand, Morné Harmse (18), is in
sy vormingsjare gereeld afgeknou, het sy ouers, mnr. Machiel en mev. Liza
Harmse gister in die volgende eksklusiewe verklaring gesê:
Ons wil eerstens ons innige simpatie en meegevoel aan die
Pretorius-gesin oordra. Ons besef jul kosbaarste besitting is deur die daad van
ons kind van julle weggeneem. Ons is vreeslik jammer en wens so dat dit nie die
omstandighede was nie en dat ons dit kon verander. Morné is baie klein en
skraal vir sy ouderdomsgroep. Tot Maandagoggend het ons nooit gedink dat hy tot
so-iets in staat kan wees nie. Ons is ‘n baie hegte
familie en ons kinders is streng, maar met baie liefde, grootgemaak.
Weens Morné se liggaamsbou is hy gereeld in sy vormingsjare afgeknou.
Waar ons kon, het ons vir hom opgestaan en by geleentheid die betrokke boelies
aangespreek, maar dit ook aanvaar as deel van die lewe. Tydens ‘n besoek aan Morné gister (Dinsdag) het ons gesien ons het
nooit die werklike impak wat die fisieke en emosionele aftakeling op hom gehad
het, besef nie. Hy het aan ons verduidelik hy het so magteloos en
nikswerd gevoel, dat hy ‘n standpunt wou stel. Hy het
skool toe gegaan met die bedoeling om ‘hulle’ – wat nie tot ‘n
spesifieke mens gerig was nie – te laat skrik en seer te maak, maar het nie
bedoel om iemand dood te maak nie. Hy wou uiting gee aan sy opgeboude
frustrasie en sy gevoel van magteloosheid. Hy wou iemand wees. Morné was
by geboorte ‘n baie klein baba en ons het hom maar
deur die lewe as stil en op sy plek leer ken.
Tot ons spyt blyk dit Morné het met satanisme geëksperimenteer en
dat dit hom in sy psige ‘n mate van beskerming gebied
het. Dit was asof hy kon ontvlug na dié idee – dat hy sekere magte sou ervaar,
wat dan aan hom ‘n beskermingsmeganisme sou
bied. Sy woorde aan ons was: ‘Toe ek die masker aansit, het alles
doodstil geword en my liggaam het beweeg. Ek wou stop, maar kon nie.’ Hy
het ook genoem dat die matriekeindeksamen baie druk op hom geplaas het.
Alhoewel hy nog nooit ‘n standerd gedruip het nie,
was hy vreeslik bang om te misluk. Ons vermoed ‘n
sameloop van spanning, ‘n swak selfbeeld, verkeerde
invloede en ‘n absolute gevoel van magteloosheid het
ons kind tot dié vreeslike daad gedryf. Morné was tydens ons besoek (in die
selle) vreeslik verward en het eers gister (Dinsdag) besef iemand het gesterf.
Hy kon basies niks van die gebeure onthou nie.
Twee lewens is verwoes deur dié onbegryplike gebeure. — Ons doen ‘n beroep op alle ouers om ‘n
diep gesprek met hul kinders te voer om seker te maak alles is pluis. ‘n Mens is geneig om ‘n sekere
persoonlikheidsverandering toe te skryf aan liggaamlike ontwikkeling, maar dit
is nie altyd die geval nie. Ons vra dat julle asseblief vir ons, die
Pretorius-gesin en almal wat hierdeur geraak is, sal bid. Ons wil ook van die
geleentheid gebruik maak om almal vir hul ondersteuning te bedank. Ons doen ‘n beroep op mense om nie geoordeel te word nie. Gun ons
asseblief die tyd om die skerwe van ons lewe op te tel. Dankie, –
M.C. & L. Harmse
‘n Leraar in ons sinodale gebied
skryf :
Tydens ’n kerkraadsvergadering ná ’n oggenderediens gedurende Mei luister ons
na wat ons hoor die Here vir ons sê. Die eerste van die sake wat uit die
vergadering kom is dat ons die evangelie
wyd en syd moet verkondig. Met die hantering van die punte op die sakelys
neem die vergadering kennis van die behoefte aan ’n vervoermiddel vir ’n
nuutgestigte skooltjie vir gestremde leerders, asook van die feit dat die
politieke situasie in Zimbabwe die jaarlikse getuienisuitreikspan na ’n ander
buurland dwing om ’n veel langer roete te volg. Die bus waarmee ons uitreik is
besonder stadig, wat die reeds beperkte tyd beskikbaar in die sendingveld met
’n verdere twee dae sal inkort.
Wanneer die finansiële state van die afgelope
boekjaar dien, neem die vergadering met groot dankbaarheid kennis van ’n
oorskot wat gerealiseer het, ten spyte van die feit dat ’n jaar gelede vir ’n
groot tekort begroot moes word: ’n ommekeer van ’n paar honderdduisend rand.
Uit die vergadering kom die gedagte: Koop
’n nuwe bussie! Ek sekondeer, kom dit van ’n ander kant. Ek as voorsitter
wil nugterheid bring: Kan dit dan so
maklik wees? Die antwoord kom: Ja,
die Here het dan die geld gegee! ’n
Klein ad hoc-kommissie, bestaande uit myself en die sameroepers van
administrasie en eiendomme, kry volmag om te handel, en ook om die twee
buurgemeentes, wat saam met ons die uitreik doen en ook saam met ons die ou bus
besit, in die saak te ken en te nader vir ’n finansiële bydrae.
Maandagoggend begin ek navraag doen. Op die vloer
by een van die handelaars staan ’n splinternuwe bussie, deur iemand op ’n
buurdorp bestel, maar die kerk sou dit kon kry. Maar ons soek ’n
dieselaangedrewe voertuig – in die sendingveld is daar nie petrol nie. Dominee, die dieselmasjiene is skaarser as
hoendertande – die waglys is 15 maande, waarsku die verkoopsman my: Maar ek sal op die internet nagaan waar
staan dieselbussies by handelaars.
Na middagete skakel hy my: Kan jy ’n draai maak? Hy’s stomgeslaan: Ek’s lankal in die trade – ek ken dit! Maar hier het nou ’n snaakse
ding gebeur: Een van die soveelste handelaars
wat ek skakel sê ’n gemeente daar by hom in die Suid-Kaap het 15 maande
gelede ’n dieselbussie bestel, maar nou dat die bus gekom het dink hulle dat
hulle, in die lig van die hoë dieselprys, liefs ’n petrolaangedrewe bus wil hê.
Hy’s bereid om die dieselbus op sy vloer vir die petrolbus op my vloer te swop!
Intussen kom ons ooreen op ’n afslag van 10% op
die prys, en dat die voertuig die volgende dag gehaal sal word. En ek skakel
met die kollegas in die buurgemeentes. Een van die kerkrade stel ’n klein
kommissie saam om ons te ontmoet. By hierdie ontmoeting stel ons ad
hoc-kommissie die saak en die verloop daarvan. Is dit nie ekonomies ’n baie slegte belegging nie? Is dit nie goedkoper
om ’n bus te huur vir die doel nie? En as ons kerkraad en die ander
buurgemeente nie kans sien vir hierdie belegging nie – wat gaan julle dan doen?
Voordat ek kan sê dat ons seker maar weer sal moet
gaan dink oor die aangeleentheid, antwoord een van my broers: Dan koop ons dit alleen! Want as slegs een
mens in die sendingveld tot bekering kom, sal dit die beste belegging wees wat
ons gemeente nog ooit gemaak het! Daardie aand sê ek (met trane in my oë) in die
donker van ons slaapkamer vir my vrou: Hier
het iets gebeur wat net van die Here kan wees!
Maar nog was dit het einde niet! Vroeg die
volgende oggend bel die verkoopsman my – stom-verslae: My baas (van die buurdorp) het my nou net geskakel: Hy sê hy’t sleg geslaap laasnag – hy moenie
geld maak uit die Here se werk nie – ek moet die bus vir julle teen kosprys
gee....
Die jaar 1933 was 'n donker tydperk in wêreldgeskiedenis. Dit was
onder andere die tyd toe die Groot Depressie die wêreldekonomie vernietig het, toe
miljoene mense werkloos was en armoede 'n realiteit, toe Adolf Hitler se
Sosialistiese Party beheer van Duitsland oorgeneem het en hy die Kanselier van
dié land geword het en die donker wolke van die Tweede Wêreldoorlog begin
saampak het.
Aan die suidpunt van Afrika het die ontdekking van
goud gunstige ekonomiese gevolge gehad, en deurdringende reën het gevolg op een
van die ergste droogtes in menseheugenis en in Augustus van 1933 het iets
gebeur wat aan Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners ware hoop gebring het – die
eerste volledige Bybel in Afrikaans is in ontvangs geneem.
Die verskyning van die Bybel in Afrikaans in 1933 was
een van die belangrikste mylpale. Daardeur is nie net ’n nuwe hoofstuk in
die geskiedenis van die Afrikaanssprekende bevolking aangeteken nie, maar ook
in die Bybelgenootskap van Suid Afrika.
Op Maandag 29 Mei 1933 het die Carnavon
Castle met die eerste Afrikaanse Bybels in Tafelbaai anker gegooi. Só
groot was die vreugde dat etlike belangstellendes na die hawe gegaan het om die
swaar kiste met hulle kosbare inhoud te verwelkom.
In daardie stadium was ds HPM Steyn hoofsekretaris van
die Bybelgenootskap, nie self daar nie maar op reis in die Oostelike Provinsie.
Die besending Bybels is op 1 Junie oopgemaak.
“So
het die Suid-Afrikaanse lig op die eerste Afrikaanse Bybel geval”, is
aangeteken in ’n notule van die Bybelhuis.
Van die eksemplare is aan Steyn gestuur. Op 4 Junie is in Oos-Londen die
eerste keer van ’n preekstoel af uit die Afrikaanse Bybel gelees en dit het vir
“groot opgewondenheid en algehele tevredenheid” gesorg.
Onder leiding van Steyn is gereël dat die Afrikaanse
Bybel op ’n Bybelfees op Sondag 27 Augustus 1933 en
elke gemeente van die drie Afrikaanse kerke amptelike in ontvangs geneem word.
Regoor die land is feeste gehou om hierdie Bybel in ontvangs te neem. Die
sentrale fees is op 27 Augustus 1933 in Bloemfontein gehou. Vyfduisend
mense het die groot Marksaal volgesit en met heilige
ontroering die Afrikaanse Bybel in ontvangs geneem. Daarna het hulle in die woorde
van die feeslied gejuig: "Welkom dierbaar Woord van God, Lig in al ons
lewenslot, …"
Totius, een van die eindvertalers
van die eerste Afrikaanse Bybel, het op daardie dag die middagdiens waargeneem.
Elkeen van hierdie eindvertalers het ’n spesiale gebinde
geskenk-eksemplaar van die Bybel ontvang. Daar is selfs ’n eksemplaar aan die
koningin van Nederland gestuur.
Sedert 1933 het die Bybelgenootskap reeds meer as 10
miljoen Afrikaanse Bybels versprei. Tien miljoen Afrikaanssprekendes wat
die Woord van Lig en Lewe in hulle moedertaal ontvang het.
Vanjaar herdenk ons die 75ste bestaansjaar van die
Bybel in Afrikaans en die Bybelgenootskap wil graag regdeur dié jaar saam met
Christen-Afrikaanssprekendes die Here dank vir die wonderlike voorreg om die Bybel
in 'n mens se eie taal te besit. Verskeie feesgeleenthede sal aangebied
word. Die jaar het afgeskop met die verskyning van Die Afrikaanse Bybel
vir Dowes op 3 Februarie 2008 en daar word 'n sentrale fees vir die
naweek van 29-31 Augustus in Bloemfontein beplan.
Vanjaar is die 75ste herdenking van die Bybel in
Afrikaans en aangesien die hoofvieringe in 1933 met die ingebruikneming destyds
in Bloemfontein was, is die Bybelgenootskap se begeerte dan ook om die 75ste
herdenking met nasionale feesvieringe as hoogtepunt in Bloemfontein te
vier.
Ons wil almal nou reeds uitnooi, maar soos in 1933, is
dit ons gebed dat elke gemeente in ons land wat die Bybel in Afrikaans
gebruik, spesiale geleenthede sal hou om die Here te loof en dank vir
die Bybel in die Afrikaanse taal. (31 Augustus 2008)
Bestel gerus u gemeente/instansie se medaljes
(gratis) by die Bybelgenootskap ten einde te stap/draf/trap ens
vir Bybels in 2008.
Ek vertrou dat u en u gemeente saam met die
Bybelgenootskap deel sal wees van hierdie besondere jaar en om sodoende vir
elke Afrikaanssprekende Christen die geleentheid te bied om deel te wees van
die Bybel in Afrikaans: 75 jaar.
Ds Gerrie van Dyk
(Met dank aan Vrydagnuus, 22 Aug 2008)
Waarom stuur
julle sendelinge uit Suid-Afrika na Japan?
Dr Gideon van der Watt skryf ter
inleiding van ‘n brief deur ‘n
leiersfiguur van die kerk in Japan:
Om sendelinge na
Japan te stuur is so duur? Hier is soveel werk in Suid Afrika ! Kan die
sendelinge nie veel meer vir die koninkryk in Suid Afrika beteken nie? Kan die
Japannese kerk dan nie maar op hul eie
klaarkom nie? Die vrae word nogal dikwels gevra. Veral noudat ons besig
is om vir Stephan en Carina van der Watt as ons tweede sendelingpaar na Japan
te stuur en sendelingonderwysers te soek. Ons het gevra dat Prof Makita, ‘n leiersfiguur in die Japanese Gereformeerde Kerk, vir ons uitspel waarom hy dink
dat dit tog nodig is om sendelinge uit te stuur. Ons plaas sy vertaalde brief
netso. Ons meen dat dit ‘n baie belangrike brief is.
Brief van
Makita sensei aan gelowiges in Suid Afrika
Liewe Broers en Susters in
die Here.
Dankwoord
In die naam van die Reformed
Church in Japan (RCJ) Shikoku Ring en van die Ring Sending Samewerking Komitee wil
ek my hartlike dank uitspreek vir die amptelik sending-samewerking ooreenkoms
tussen die kerk in SA en die RCJ Ring van Shikoku en die stuur van Tobie en
Annalie de Wet na Shikoku. Die sending-samewerking met die De Wets is
uitstekend en geseënd. Baie dankie aan julle wat hulle met soveel offers na
Japan stuur en hier onderhou. Verder, nadat ons verneem het dat julle beplan om
ook vir Stephan en Carina van der Watt as nuwe sendelinge na Japan te stuur, is
ons vol dankbaarheid teenoor die Here en loop ons oor van blydskap. Met groot
verwagting kyk ons biddende uit na die koms van die nuwe sendelinge.
Waarom
benodig ons nog sendeinge in Japan?
Ons het `n baie duidelike en
sterk uitgesproke behoefte aan en versoek vir nuwe sendelinge hier in Japan en op
Shikoku. Ons besef egter dat daar onder julle allerhande vrae mag wees rondom
die nodigheid van nog sendelinge na Japan. Byvoorbeeld: “Japan as een van die
wereld se sterkste ekonomiee benodig seker nie meer sendelinge nie...?“ “Die
lewenskoste in Japan is so hoog, dis te duur om sendelinge daarheen te stuur en
te onderhou.... Dit is te erg om aan die Japanese kultuur, gewoontes en
samelewing gewoond te raak en die moeilike taal onder die knie te kry. Sal dit
nie baie meer ekonomies en effektief wees om liewers net Japanese predikante op
te lei nie?“ “Die probleme waarmee
SA binnelands sit, is so groot en baie,
moet ons nie liewer ons finansies en energie gebruik om dit aan te spreek as om
sendelinge oorsee te stuur nie?“ Ek beskou dit as my verantwoordelikheid om op
sulke vrae te antwoord.
Ek gee dus hiermee die volgende
redes waarom ons sendelinge hier in Japan benodig en daarvoor vra:
1) Japan is geheel en al `n
nie-Christelike land. Dis een van die lande wat die verkondiging van die
Evangelie die meeste benodig. Ons benodig die hulp van oorsese sendelinge....
Die populasie van Japan is
ongeveer 130 miljoen, en selfs wanneer Protestante en Katolieke Christene saam
gereken word, is dit nog nie 1% van die populasie nie. Die toltale aantal Protestante is maar ongeveer 400,000. Japanese is omtrent almal Boediste en Shintoeiste.
Ekonomies mag Japan skatryk wees, maar geestelik is ons brandarm. Dit is geheel
en al onmoontlik vir die 1% Christene om op hul eie alleen die 130 miljoen
nie-Christene te bereik. Dit behoort die noodsaaklikheid van oorsese sendelinge
baie duidelik te beklemtoon.
2) Japan as `n land mag
ekonomies sterk wees, maar nie die kerk van Japan nie....! Veral die gemeentes
op die eiland Shikoku trek ekonomies baie swaar en is nie instaat om
sendingwerkers te onderhou nie. Die kerk benodig oorsese sendelinge.
Japan is `n ryk land maar die
kerk is nie ryk nie. Selfs in die groot stedelike gebiede is die
erediensbywoning nie meer as 150 in groot gemeentes nie. In die 19
gemeentetjies van die RCJ op Shikoku is die belydende lidmaattal per gemeente
gemiddeld 25 persone. Die groot meerderheid gemeentes kan nie `n predikant
bekostig nie. “Groter“ gemeentes moet ook nog vakante gemeentetjies finansieel
en andersins dra. Baie lidmate is soos skape sonder `n herder. Lidmate word net
ouer, met die gemiddelde ouderdom reeds oor die 70 jaar....! Tien, twintig jaar
van nou af sal die kerk op Shikoku se voortbestaan in die gedrang wees....
Sonder die hulp van sendelinge is daar nie veel verwagting t.o.v die
voortbestaan van die kerk of die voortsetting van die sending van die kerk
nie...
3) Die kerk van Japan het nodig om geestelik
geinspireer te word deur die sendingvisie en passie van sendelinge.
Sending in Japan en veral in die
meer landelike gebiede soos Shikoku kry die wind van voor. Die aantal
bekeerlinge / dopelinge uit die heidendom vir die hele kerk op Shikoku in die
jaar 2006 was slegs een enkele persoon en in 2007 was dit maar net vier.
Sendingwerkers gee hulle beste en alles vir die evangelisering van
mede-Japanese, maar dikwels is beide die voltydse werkers en die lidmate
ontmoedig en moedeloos. Dit is onberekenbaar in hoe `n mate sendelinge se
sendingvisie en passie voltydse Japanese sendingwerkers en lidmate weer nuwe
moed en inspirasie verskaf. Tobie en Annalie is besig om groot geestelike
invloed op al die gemeentes en lidmate van Shikoku uit te oefen.
4) Die kerk van Japan het die invoer van die
geskiedkundige geestelike erfenis van die NG Kerk van Suid Afrika deur middel
van sendelinge nodig
Die geskiedenis van die
Protestanse kerk in Japan is slegs 150 jaar. Die Christian Reformed Church of Japan (RCJ) is maar 60 jaar oud. Ons het nodig om meer van die geestelike en
geskiedkundige geloofs-besitting van die kerk in SA te ontvang. Ons benodig die
“invoer“ van julle geloofs-erfenis. Dit word die beste oorgedra deur die lewe
en voorbeeld van sendelinge. Selfs al is dit slegs `n paar sendelinge is
hul impak onberekenbaar groot. Dit is selfs moontlik dat die spesifieke
samelewing en kultuur deur hulle teenwoordigheid beinvloed
mag word. Ons wil graag dat die invloed van sendelinge oor `n wye veld bereken
word.
5) Sendelinge open `n venster na die wyer wereld vir
die jongmense en kinders van Japan en die kerk in Japan
Sendelinge wek by Japanese jongmense
en kinders `n sterk belangstelling vir die Christendom. Veral in sending onder
die jeug het sendelinge `n belangrike rol te speel. In Japan is sending onder
jongmense en kinders geweldig belangrik en nodig. Wat dit betref het ons `n
groot verwagting van sendelinge. Die nuwe jong sendelingpaar, Stephan en Carina
behoort `n groot impak op die jongmense te maak. Verder kan dit vir ons
jongmense en kinders ’n venster oopmaak vir die wyer wereld en spesifike na
Afrika. Dit kan tot gevolg he dat jongmense vanuit Japan as sendelinge ook na
Afrika sal gaan om veral in die veld van die mediese en opvoedkunde te werk.
6) Sendelinge bring ook indirek en direk geestelike
voordele vir die kerk in Suid Afrika
Wereldsending is die roeping van
die kerk. Wanneer die kerk sy roeping vervul word hyself daardeur verryk. Die
finansiële las van sendingwerk in Japan is groot vir die kerk in SA, maar deur
die uitvoer van jul geestelike erfenis ook na die kerk in Japan sal julle self
ook weer bevoordeel en geseën word. Daar is ook die moontlikheid dat julle kerk
in SA iets belangriks en waardevols kan ontvang van en so verryk word deur ons
klein kerkie in Japan. In die toekoms kan dit gebeur dat ook vanaf Japan
sendelinge na Suid Afrika gaan om daar `n groot impak te maak. God
se paaie is soveel wonderliker as wat ons kan bedink.
7) Om die werk van sendelinge regtig effektief te
laat wees, is dit nodig om meer sendelinge saam op die veld te hê
Die werk van sendelinge kan
alleen regtig effektief wees wanneer meer sendelingpare saam op die veld dien
om mekaar te bemoedig, te versterk, saam te bid, saam te beplan en saam in `n
span te werk. Dit is nie maklik om sendeling in `n nie-christelike land soos
Japan te wees nie. Sendelinge moet mekaar pastoraal kan bedien. Wanneer hulle
hul kragte saamvoeg behoort hulle `n groot werk te verrig. Verder, wanneer daar
meer sendelinge is, word verseker dat die werk ononderbroke voortgesit word
wanneer een uittree. Dit het nie veel betekenis indien die werk van sendelinge
net vir `n beprekte tydperk is en dan skielik stop nie. Wanneer dit egter oor
`n lang periode voortgaan dra dit veel vrug. Veral nou, hierdie geval van die
jong sendelinge, Stephan en Carina, wat
kom om vir Tobie en Annalie, wat op aftrede staan, op te volg, is `n uitstekende
voorbeeld van wat bedoel word met ononderbroke voortsetting van die werk.
Daarby is Carina, die dogter van Tobie en Annalie, reeds bekend met Japan, die
kultuur, taal en lewenswyse. Ons is absoluut oortuig van God se Hand en leiding
in hulle koms...!
Ten slotte
Ons vra nie in die eerste plek
finansiëe hulp en ondersteuning van die kerk in Suid Afrika nie. Ons begeer om
so ver moontlik selfversorgend te wees. Ons wil graag van ons kant so ver
moontlik ook ons bydrae lewer tot die werk van sendelinge. Ongelukkig is ons
vermoëns beperk. Ons sal bly wees indien julle dit verstaan. Meer as finansiele
hulp benodig ons sendelinge self en deur middel van die sendelinge iets van die
kerk in Suid Afrika se geestelike erfenis en dan veral die die sendingpassie van
die sendelinge. Dit is ook ons verwagting wat die nuwe jong sendelingpaar
betref.
In die
nabye toekoms beplan ek om self na Suid Afrika te kom en saam met my
danksegging ook direk ons behoefte aan en redes vir meer sendelinge oor te dra.
Mag die seen
van ons Here Jesus Christus ryklik op julle rus.
Makita
‘Reguleer MXit met wette’
Beeld, Aug 13 2008; Herman Scholtz
Die Rolprent- en Publikasieraad wil hê sosiale netwerke soos MXit moet deur wetgewing gereguleer word. “Dit is net nie
genoeg om regstellende stappe te doen nie. Ons wil nie net na slagoffers omsien
nie, maar sulke voorvalle voorkom,” het mnr. Iyavar Chetty, waarnemende hoof van die raad, gesê. Dit volg op
verskeie voorvalle die laaste paar weke waar beledigende materiaal deur die
netwerk versprei is. Beeld het vroeër berig hoe “sletlyste”
met meisies se name, telefoonnommers en adresse versprei is. “Juis oor die
voorvalle sal die raad die wysigings aan die Rolprent- en Publikasiewet streng
toepas en stappe teen MXit doen indien nodig,” het Chetty gesê. Die wetswysigings is reeds deur die
parlementêre portefeuljekomitee goedgekeur en is dus goed op dreef om wet te
word. Volgens Chetty sal die wysigings van sosiale
netwerke verwag om die bedrywighede in hul netwerk te monitor vir “enige
materiaal wat skadelik of traumaties vir kinders sal wees”. Mnr. Herman Heunis, uitvoerende hoof van MXit,
het gesê Chetty se kritiek is onregverdig. Hy het in
’n verklaring gesê die netwerk het verskeie voorkomende maatreëls. MXit gebruik byvoorbeeld reeds moderators om uit te kyk vir
“onaanvaarbare gedrag” in die geselskamers. Die moderators is nie heeldag
aanlyn nie en monitor die geselskamers lukraak. “Daar is duidelik ’n ernstige
wanopvatting oor hoe MXit werk en waar die
verantwoordelikhede lê. Dit is menslik onmoontlik om al die verkeer op die
netwerk te monitor,” het Heunis gesê. Hy het ook gesê
hul gebruikers het ’n grondwetlike reg op privaatheid en dat dié netwerk net
inligting aan die owerhede sal verskaf as hulle deur ’n hof beveel word.
Die kunstenaars Jannie Moolman & Annake de Villiers tree Vrydag 5 September om 19:00 by
die Laerskool Lorraine op. Daar sal ook 'n kunsuitstalling wees deur
Michiel Cruywagen, leraar van PE-Lorraine. Kaartjies - R80pp.
Kom geniet 'n heerlike aand van sang & kuier! Verversings te koop
gedurende pouse. Wynproe - Van Loveren wynlandgoed!
Kaartjies beskikbaar by Hannalize,
tel 083 6308620.
Ek benodig die volgende boeke vir die NDT by US. Kan jy dalk by
predikante vasstel of van hierdie boeke beskikbaar is, asb.?
Louw, D.J. A Pastoral hermeneutics of care and encounter.
Samuel & Sugden (eds), The
Church in Response to Human Need.
August, K. Community
Development in Practical Theology.
Migliori Faith
Seeking Understanding
Brueggemann, W. 1997. theology
of the old Testament
Ceresko, AR. 1999. Introduction
to Old Testament Wisdom: A Spirituality for Liberation.
Clements, RE. 1996. Old
Testament Prophecy.
Gespreksforum op NG Kerk webblad
Terwyl die
dominee se vrou in die hoogaangeskrewe film “As it is
in heaven” sê “The church invented sin,” verskil baie mense - binne én buite die kerk
- vandag toenemend oor die vraag “Wat is sonde?” Hierdie onderwerp onder Gespreksforum
op die NG Kerk se webblad beloof om baie reaksie uit te lok. Dit is ook lekker
kort en toeganklik geskryf. As jy hieroor wil lees en selfs saamgesels, gaan
klik dan op http://www.ngkerk.org.za/AS/gespreksForum.asp.
God can use you even
after you have retired
Julius and Adlette Eberhard
It led us to really pray regularly for and with the missionaries and to
write to them regularly. We still write to and pray for several of our English
students and of course we have a regular correspondence with a number of OMF
missionaries in Japan. The desire to do this all stemmed from the personal
contacts we made in the field.
We want to recommend to anyone who can find the time either by taking a
gap year or shorter period or after they retire, to go and work on a mission
field. There is no more satisfying and yet humbling experience than to do this.
It engenders in you a deep and lasting love of mission work both in respect of
the workers and of the people being ministered to. The intimate knowledge
gained and the zeal which the Lord places in one’s heart changes ones outlook
on mission work for ever. It is only by going to the field and working there
for a while that one appreciates what our mission workers go through. One
learns to appreciate the sacrifices they make, the strain on the family, the
burden of educating children, health and practical problems which we otherwise
cannot even begin to imagine.
Think about doing something like this yourself. You will never regret
it.
Nuut op Seën die Volkere se webblad
Seën die Volkere / Bless the Nations
is ‘n ou gevestigde plaaslike sendingorganisasie
in Port Elizabeth. BTN bedryf ‘n sendingskool en is
veral bekend vir hul jaarlikse sendingkonferensie. Deesdae het BTN ook ‘n baie gebruikersvriendelike en interessante webblad: www.blessthenations.co.za
New Essays
* The realities of missions – Elspeth
Liebenberg - 2008
See some photos : http://picasaweb.google.com/BtNphotos
A reminder to pray for the
negotiations, for the political leaders and processes, for the people of
Zimbabwe
We would like to make an urgent appeal to you to
specifically draw together with others and bring before God the
people of Zimbabwe. Again we ask God that the people in
Zimbabwe be protected from greater evil which seeks to destroy. Psalm 57. Pray for the fear of God to come upon the
leaders of that nation and that they would get a revelation of His rulership and compassion for all creation and follow that
example in how they conduct themselves. Pray for the Church in that
nation – for greater boldness and with understanding be an active and effective
witness in these times.
In addition we would like to make an urgent call to identify
Christian leaders who have a passion to engage with our
neighbours in Zimbabwe during this time of crisis. During the course of
the last few months many have engaged in various
ways with Christian leaders in Zimbabwe. In response to a request from NIRSA
delegates to follow up on how the Church in SA could support the Church in
Zimbabwe we have engaged in a very small way to do so. There is a sense that
there needs to be greater participation with intent to support processes in
Zimbabwe. If you would be available to meet as part of a 'think tank' we ask
that you respond by return email to enable us to begin preparations for this.
Would you also take the time to reflect on the following questions and
respond as you are able:
* On what level can the
Church in SA be supportive during this time of crisis in Zimbabwe
* Who is already engaged
in such a process and how best could we as NIRSA support those initiatives
* How can we make a
greater and more informed response
* We have felt that it
may be advantageous to encourage towards a NIRSA type of event in Zimbabwe to
draw together Christians in key positions of influence to come before God for
that nation. Is there a need for this?
* What should/could we do
to be an expression of Matt 19 v 19 ?
We look forward to
your response. God bless you.
Naomi
Boshoff
NIRSA, REM Building, 459 Leyds
Str, Sunnyside, Pretoria
Attn:
Debbie van Wyk, Tel
27 12 343 9488, Fax 27 12 343 5280
Email communications@nirsa.co.za
Missie Japan is ‘n vennootskap van die NG Kerkfamilie en ander meewerkende
kerke wat vanuit Suid Afrika die verhouding met die Reformed
Church in Japan (RCJ) en die uitstuur van sendelinge behartig. Missie Japan
fokus veral op die eiland Shikoku. In samewerking met
die RCJ stel Missie Japan graag die volgende pos vir sendeling-onderwysers bekend:
Seiwa Gakuen
Christian Girls Junior & Senior High School,
Kochi City, Shikoku, JAPAN
Posts for Christian, mission minded English
language teachers in Japan
· A unique
opportunity for young South African couple to fulfill their mission calling in Japan on a two-year,
short-term basis.
· The
one post is for the main English teacher and the second post for the assistant
English teacher.
· Assignment: to
teach English conversation for Junior and Senior High school students,
assist with English programs and activities; participate in school events and
programs and to give chapel messages.
· Main
teacher: not more than 18 hours lessons per week for 35 weeks in a school year.
Assistant teacher: not more than 12 hours lessons per week for 35 weeks in a
school year.
Terms of office: April 1, 2009 to March 31, 2011.
Salary:
main teacher - monthly salary 300,000 Japanese Yen; assistant teacher - monthly
salary of 200,000 Japanese Yen. (Enquire for other allowances).
Accommodation: A furnished housing unit on
campus, provided with electricity, gas and running water for levy of 2,000
Japanese Yen per month.
Application:
· Final date of application: September 19th 2008
· Applications
must include a proper CV, documents confirming qualifications and job
experience and a short explanation of mission calling (in English).
· Send
applications to:
Mission
Japan, PO Box 1399, Bloemfontein, 9300
Fax:
0865020811 or E-mail: getuienis@ngkerkovs.co.za
· Final appointment to be made by employer: Seiwa
Gakuen Christian School.
Enquiries:
Dr Gideon van der Watt, Secretary Mission Japan:
051 406 6729 or Dr Theo and Marlene Badenhorst,
present teachers at school: theomarlene@yahoo.com
Modernism: The
predominant worldview of the 20th Century, comprising of:
* The culmination of the Individual
as Ideal, at the expense of Community.
A
belief in "Progress": Man's indominitability
and superiority in the Order of Things, as represented in his unsustainable
exploitation of the Earth.
* A faith in technology -
abstraction from nature - to provide man's needs.
* A hope in a final, universal,
and therefore static, solution to mans problems.
* A denial that the creative
process is ongoing, and that we will forever be faced with the unknown.
* An epistemology (theory of
knowledge) based in rationality at the expense of emotional intelligence and
intuition.
* Communication methods based on
broadcasting, one to many, one way, rather than through conversation, many to
many, many ways.
* A thorough quid pro quo
economic sense, in a comprehensively monetarised
culture, in which the possibility of true giving is eradicated.
* An emphasis on Law as opposed to
Grace, and the breakdown of trust, as witnessed in obsessive rights protection,
overbearing legislation, and litigation.
* A misunderstanding and
rejection of myth (which is seen as falsehood) whilst at the same time
propagating a myth of "Objectivity".
* The domination of Literalism and
Fundamentalism and an inability to read life and the world poetically and
metaphorically.
* Is riddled with dualisms,
creating false either or dilemmas.
Modernist Christian theology
therefore:
* Places individual salvation above
full, cosmic salvation.
* Has a domination mentality in
terms of church growth. Growth expressed largely in market terms; headcount and
income.
* Does not have a thorough critique
of technology or industry, but accepts its norms without question.
* Believes in a systematic,
"final" view; this is apparent in an inability to view truth beyond
the cannonical Bible.
* Harbors hostility towards
evolutionary theory or evidence.
* Emphasises the bible, doctrine and the
pulpit above many other life-giving sacred activities.
* Believes in the superiority of the
preacher, who broadcasts his teaching in a lecture format, as well as total buy
in to television as an appropriate vehicle for spiritual growth.
* Buys in to a system of conditional
giving, where true generosity of spirit is lost under the defensive politics
and economics of orthodoxy.
* Places the knowledge of and
adherence to doctrines, above all things. A morality of piety undergirds
relationships.
* Fails to read the Bible as a
mythical text, instead presents it as an historical textbook, which it is not,
(despite containing many historical references).
* Breeds literalism and stifles
imagination, defining faith as adherence and conformity to one interpretation rather
than authentic, revealed knowledge.
* Upholds damaging dualisms:
Heaven/Hell, Heaven/Earth, Redeemed/Damned, and Sacred/Secular, which undermine
true spirituality.
Koffie,
sjokolade, mans - party dinge is maar net beter as dit ryk is;
As jy
gewoonlik nie die eerste keer regkom nie - moenie valskermspring probeer nie;
Ouderdom
kom altyd op 'n slegte tyd.
Sinodale Kommunikasie