Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
22 - 24 Julie 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Sending in die 21ste eeu: 61 opstelle oor die uitdagings
en geleenthede
Nasionale Vrouedag : Interkerklike Vrouebyeenkoms by NGK Jeffreybaai
Massa Manne Lofprysing - Jeffreysbaai
Sentrum vir Kontekstuele Bediening (Pretoria): Werkswinkel
oor Verbeeldingryke Pastorale Berading
Berigte oor Angus Buchan en Loftus in die pers
Bybel-Media – jou bedieningsvennoot
Zimbabwe introduces Zim$100 billion banknote
Prof Andrew Purves besoek Oos-Kaap op 4 Augustus
Ek het nadat ons terug gekom het van Egipte af, baie gesê dat ek spyt is
dat ek nie so ’n ondervinding twintig jaar gelede al kon ervaar het nie.
Hoekom? Omdat dit my op baie maniere so verryk het:
Mens weet van die Moslems, maar voor mens nie self
gesien het wat die lewenswyse en godsdiens van die Moslem is nie, het mens
eintlik nie ’n idee wat in miljoene mense se lewens aan die gebeur is nie. Ons
het met ons Egipte besoek nie die “normale” Egipte toer-ervaring gehad nie, wat
’n baie groot voordeel was – ons kon op grondsoolvlak
sien en beleef hoe die gewone Egiptenaar leef.
Mens lees altyd in die Bybel van Egipte, maar om
self daar te kon wees, maak vir mens nuwe horisonne oop ook wat betref mens se
eie verstaan van die Ou Testament en prediking
Ek het ’n totaal nuwe perspektief gekry oor
sendingwerk en by name die werk in die Midde-Ooste en die werk in die Tien-
Veertig Venster. ’n Predikant wat nog nie so ’n belewenis gehad het nie, kan
nie werklik die belangrikheid van die werk oordra nie.
Dit was ’n belewenis om twee weke saam met mede-predikante te kon leef, eet slaap, gesels, swaarkry,
lag en bid. Ons het sulke uiteenlopende geaardhede maar in Jesus het hierdie
toer ons op ’n baie spesiale manier aan mekaar gebind.
Daar was verskeie hoogtepunte vir my:
* Die belangrikste was die
ontmoetings met die Christene – hulle geloof in ’n land waar hulle ver in die
minderheid is en aan vervolging blootgestel is.
* Die blootstelling aan die Koptiese
kerk was vir my ’n besondere ervaring. Dis ’n kerk waarvan ek niks geweet het
nie en sulke pragtige Christene het met so ’n positiewe getuienis.
* Die armoede in Egipte was vir my
’n openbaring. Ek het net weer besef hoe gelukkig ons is om in Suid Afrika te
mag woon en werk. Die besoek aan die sg “ashoopstad”
in Kaïro was iets wat in my gedagtes in gegraveer sal bly.
* Ek het self ’n wonderwerk op die
toer beleef, wat my net weer laat besef het hoe ’n lewende God ek aanbid.
* Die besoeke aan instansies wat op
verskillende plekke besig is met die uitdra van die Evangelie was vir my
aangrypend. In besonder die besoek aan die Christen TV stasie SAT-7 was baie
spesiaal.
* Ek wil die ring bedank vir die
voorreg om te kon gaan. Baie dankie aan Carl Crouse wat die inisiatief geneem
het en bo alles dankie aan ons Heer wat hierdie onvergeetlike ervaring moontlik
gemaak het
Sending in die
21ste eeu: 61 opstelle oor die uitdagings en geleenthede
Seën die Volkere Oos Kaap vier vanjaar 20 jaar se bediening - hul 21ste
konferensie is einde Junie in Port Elizabeth aangebied met 400-500 Christene
van meer as 100 kerke uit verskillende denominasies en gemeenskappe wat dit
bygewoon het.
As deel van die viering is mense wat die afgelope
20 jaar betrokke was by die bediening gevra om opstelle in te stuur oor die
tema :Missions in the 21st Century - Opportunities and Challenges. 61 mense het reageer en die samestelling
van hierdie bydraes gee 'n baie waardevolle perspektief oor sending
vandag. Bydraes het ingekom van lande soos Japan, Thailand, Indonesië, Turkye,
Egipte, Nederland, Engeland, Kenia, Zambië en Mosambiek! Verder het talle
nasionale en plaaslike kerkleiers deelgeneem.
Gaan kyk gerus by www.blessthenations.co.za hoe
hierdie samestelling bestel kan word, of kontak Jean Greyling by info@blessthenations.co.za.
Au-Pair gesoek
Aandag alle meisies van 18 – 25 jaar. Stel julle belang om vanaf eind 2008 tot eind 2009 in
Nederland ‘n au-pair te wees?
Ons is ’n Afrikaans/Nederlandse gesin wat sinds
1993 in Nederland woon. Ons het al sinds
1997 au-pairs.
Ons gesin bestaan uit 3 seuns (14, 11, 7 jaar) en een meisie (4 jaar).
Indien julle belangstel of meer inligting verlang,
kontak ons asb. op:
e-pos : jack.carolien@hetnet.nl
Tel: 0031 299 462958
Nota: Prof Henk Askes
het hierdie uitnodiging namens sy dogter en skoonseun aan my per e-pos gestuur.
Ek ken nie een van die betrokkenes persoonlik nie, en plaas die uitnodiging
bloot op gesigwaarde.
Nasionale Vrouedag
: Interkerklike Vrouebyeenkoms by NGK
Jeffreybaai
Jeffreysbaai-Gemeente hou ‘n interkerklike Vrouedagbyeenkoms waarheen alle belangstellendes uitgenooi
word.
Spreker: Prof Elna Mouton
Dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch
Die NG Gemeente Jeffreysbaai nooi alle vroue uit om die geleentheid
saam met ons by te woon.
Ons gemeente se Jubelkoor en die koor van ons
plaaslike VG Kerk sal optree.
Onderwerp: Geestelike bemagtiging van die vrou in 2008. Sy sal self as tolk
optree.
Geleentheid word ook gebied aan Linda Greeff, Hoof, Psigososiale Dienste,
GVI Onkologie, Port Elizabeth, om dames bewus te maak van die vroeё diagnose, gevaartekens, mites rondom
kankerbehandeling.
Hierdie byeenkoms is vir ons as vroue baie spesiaal en ons is bevoorreg om
vir Prof Elna by ons in die Oos-Kaap te ontvang
Plek: NG Gemeente Jeffreysbaai. Da Gamaweg
Tyd: 14:00
Toegang: Gratis
Na afloop van die geleentheid sal ons heerlik saam kuier rondom ‘n koppie tee/ koffie
Prof Elna sal die tradisionele-eredienste om 08:00 by die Kompleks en 09:30
in die Kerk waarneem.
Navrae kan gerig word aan: Mariёtta
Smith 042 296 0465 of Elda van der Walt 042 296 1869
Vertikaal, 'n uiters begaafde
aanbiddingsgroep van Pretoria, tree DV Sondag, 10 Augustus 8h00, 10h00 en 18h30
by PE-Hoogland Gemeente (Constanceweg 1, Charlo) op.
Hulle sal tydens die oggenddienste enkele liedere sing. Die aanddiens is 'n
volledige optrede met aanbiddingsmusiek wat jonk en oud in bewondering voor God
sal bring. Almal is welkom! 'n Kollekte sal opgeneem word. Klik hier vir ‘n pragtige plakkaat
(245kb). Kontak Eugene by eugene@pehoogland of 083 299 8100
vir meer besonderhede.
Massa Manne Lofprysing -
Jeffreysbaai
Jeffreysbaai-gemeente bring die volgende geleentheid vir manne onder ons
aandag:
Saterdag 23 Augustus 2008
KERKKOMPLEKS OM 18:00
Alle Pa’s, Seuns en veral Oupas word hartlik uitgenooi om saam die Here
te loof en prys en saam te bid op Saterdag 23 Augustus 2008 om 18h00 by die NG
Kompleks. Kom net na die rugby en net soos u is. `n Besonderse geleentheid met
die Here wag op u.
Prof Johan Smith van Pretoria is die spreker.
Tema: Godsman : wees `n Man, Pa en Oupa van formaat!
Kom loof en prys die Here met massa sang! Seuns, daag jul Pa’s en Oupas
en veral onderwysers om saam te kom. Warm sop word bedien.
Merk die datum in u dagboek en bring al u vriende en bure saam asseblief.
Daar is geen koste aan verbonde nie.
Verskeie gemeentes en kerke oor die streek het al ingekoop. Alle
predikante en pastore word uitgenooi om vanaf 17h30 saam te kom bid en gesellig
te verkeer. Almal welkom. Navrae 0824247491 of
0824129957.
Reisjoernaal en Memoriaal (21 Maart 1858 tot 12 Julie 1890)
Dirk Postma het 150 jaar gelede die leiding geneem met
die stigting van die Gereformeerde Kerk van Suid Afrika (GKSA).
Die vertaling en publikasie van sy dagboek maak dit nou
moontlik om Postma se eie woorde en gedagtes oor hierdie
besondere gebeure te lees!
Die leser kan verwag om baie interessante perspektiewe te
kry op vrae soos:
* Was die stigting van die GKSA onafwendbaar?
* Was daar ooit wapengeweld tussen Gereformeerdes en Hervormers?
* Wie was Dirk Postma, die mens? Hoe was sy verhouding met God? Wat
het hom gemotiveer? Hoe het sy persoonlike lewe daar
uitgesien?
Waarom was hy vyf keer getroud? (Die laaste keer met ‘n bruid van slegs 15 jaar!)
* Wat was Postma se standpunt oor die sing van die Evangeliese Gesange?
Was dit die enkele rede vir die stigting van die GKSA?
* Wat was die geheim van die vinnige groei van die GKSA in sy beginjare?
Kan ons vandag hieruit lesse leer?
* Het die stigting van die GKSA werklik onder ‘n
Seringboom plaasgevind?
In
"This is the
first time where we've seen Israeli society in general being so open to
consider who Yeshua is," said Messianic leader
Asher Intrater. "This is a real miracle, and
there's beginning to be grace and favor with us in
the land."
Although Jesus and
the early disciples were Jewish, for nearly 2,000 the gospel has been viewed as
a religion mainly for Gentiles. Even the name Jesus or Yeshua
has been a forbidden word among many Jews. But in the last few years, Messianic
leaders in
"I believe with
all my heart, after we have come back to the land, we are seeing the Lord, the
Holy Spirit, is removing the veil from the eyes of the Jews and more and more
Jews are realizing," Tel Aviv pastor Avi Mizrachi said.
Although nobody knows
for sure how many Messianic Jews live in
That may not sound
like many, given
A good example is Shemen Sasson in
Meet the Ronens. Daniel, Ayelet and their
5 children are Israeli believers. Ayelet is an
Israeli Jew and Daniel is a Finnish Gentile. But his family has been here since
before
"When Jesus
came, when Yeshua came, he came to talk to our
people," Ayelet Ronen said. "He walked on
our land, He spoke our language, He spoke in our
synagogues. Really He came for us!
Yad-Hashmona is a beautiful
little village about 10 miles outside
For this family,
being Israeli and believing in Jesus is a natural fit. They keep the Jewish
feasts, circumcise their sons, keep the Sabbath and serve in the army. And even
though they live in a Messianic village, they don't feel secluded from the rest
of Israeli society.
"Our kids go
with everybody else to school... I go to work outside...Our principle is to go
out and be part of society," Daniel Ronen explained.
Their children
sometimes face challenges, but have used those occasions to witness.
"My friends
started to know I'm a believer and they ask me if I'm a believer...I tell them
I'm a believer in Yeshua and it's really good to
believe in Him and that maybe you can one day believe in him too," little
third grader Adan said.
The Ronens are sometimes accused of being missionaries, a very
bad word in
"My point is to
share my faith with anyone who wants to hear me and I will gladly share the
Good News of my faith," Ayelet said. "I
never speak of you should do, and you should change.."
In addition to
Israeli-born believers, many are from other countries. American Jews Eddie and
Jackie Santoro became believers during the 70s Jesus movement.
They made Aliyah to
"Our current
congregation, we started almost 2 years ago with about 20 people, today we have
over 100," Eddie Santoro explained. "We see salvations here and
there, but we feel like there's something yet to come, it's definitely
growing."
But being a Jewish
believer in
"I think
probably the greatest challenge is that you always feel that the rest of
society isn't accepting you and so when you meet somebody and you want to talk
to them and you want to tell them who you are, there's always that challenge
of, 'should I say something,"; Jackie Santoro said.
For the first time,
the secular media are saying something, even mentioning Messianic Jews in a
more favorable light. A recent wave
of persecution, including the bombing of a young Jewish believer, have
put Messianic Jews on the front page.
"At least we see
that believers are being asked to explain who they are, what they believe in,
why they are here...how they can be Israeli and believe in Jesus and be given
an opportunity to tell their story and share their testimony," Knut Hoyland of the
And what does this
movement mean for the Body of Christ?
"If it wasn't
for Yeshua, we would be lost," Ayelet said.
Sentrum vir
Kontekstuele Bediening (Pretoria): Werkswinkel oor Verbeeldingryke Pastorale
Berading
A workshop in Imaginative Pastoral
Counseling by Julian Müller
& Lourens Human with co-presenters Jill Freedman &
Gene Combs
Freedman and Combs are
internationally known for their leading role as theorists and family therapists
working in the narrative field. Their books, and especially Narrative Therapy, are well known and
used all over the world. They conduct workshops and courses on various levels
and their Family Centre in Evanston, USA, is famous for the quality of the
courses and therapeutic work present annually. They have co-presented many
courses with Michael White and David Epston and can
be regarded as world leaders in the narrative approach.
Freedman and Combs visited
South Africa previously and conducted a level one workshop in Pretoria. Julian Müller has attended both the level one and two workshops in
Evanston and has also participated with them in an international conference.
Prof Julian Müller and Dr Lourens Human are
both lecturers at the University of Pretoria and are known for their courses
and workshops in the narrative approach to counselling. The workshop of 2008
will be the 8th in the imaginative way of understanding and
conducting pastoral therapeutic situations.
Nature of the workshop:
This is an interactive
workshop with a lot of practical exercises, role-plays and sharing of personal
experiences.
DATE:
25-27 AUGUST 2008.
VENUE:
CE@UP, Post Graduate School,
University of Pretoria
COST:
R1,800-00
per person
This includes all study
material, refreshments, two lunches and the certificate for those who qualify.
The price as published in the English prospectus had to change to include
refreshments and expenses of the two well known world leaders in this
field.
A maximum of 36 will be
allowed to attend the workshop.
At the offices of CENTRE FOR
CONTEXTUAL MINISTRY, Mrs Suki van Jaarsveld at 012
420 4951/2. Email: suki.vanjaarsveld@up.ac.za.
Fax: 012 420 2000.
Berigte oor Angus Buchan en Loftus in die pers
Herlewing ‘kom deur kombuis’; Die Burger, 21.07.2008, p 3, Neels Jackson
"God gaan vir ons ‘n nuwe begin
gee. Hy gaan ons sondes vergewe en Hy gaan Suid-Afrika red."
Met dié woorde het die Greytownse evangelis, mnr
Angus Buchan, Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria
vir 71 128 mense (volgens die amptelike hektelling) ‘n boodskap van hoop vir die toekoms gebring. Buchan se boodskap was dieselfde as dié wat hy ook by die Mighty Men-konferensie en ander
saamtrekke gebring het - ‘n mens moet in God glo, en
die grootste sonde van almal is ongeloof... Aan die Loftus-skare het hy
gesê hulle moet hul sondes bely en laat staan. Dié sondes is onder meer
egbreuk, diefstal (deur belastingontduiking) en swak gesinsverhoudings. Buchan het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika se redding
by die gesin begin. "Moet julle nie bekommer oor wat in die
parlement gebeur nie, kry jul eie huise in orde." Herlewing sal deur
die kombuis na Suid-Afrika kom, nie deur die parlement nie... Hy het
beklemtoon sy boodskap beteken nie dat al gelowiges se probleme sal verdwyn
nie. Hy het egter die versekering gegee dat Jesus saam met ‘n mens deur die vuur sal loop as jy op Hom vertrou...
Grootste skare nóg op Loftus ‘Genoeg mense hier om land te red’; Rapport,
20.07.2008, p 1, Carien Kruger
So iets het Loftus nog nie beleef nie: meer as 70 000 mense wat
"amen!" uitroep. Die grootste skare in dié beroemde
sportstadion se bestaan het gistermiddag op Loftus Versfeld in Pretoria na die
prediker en boer Angus Buchan geluister... Buchan het die rekordskare opgeroep "om te glo, hul
sondes te bely, op te hou sondig en mekaar te vergewe."...
Daar was nie Bok-, Bulls- of ander rugbyvlae nie,
maar vlae in verskillende kleure met die woord "Jesus" op is
rondgeswaai... "Sonder geloof gaan ons die paal nie haal nie.
Deur Christus is alles moontlik. Die toekoms van Suid-Afrika is in die
hande van gelowiges," het Buchan gesê...
Aan die einde van sy optrede het hy mense gevra om hulle daartoe te verbind om
hul lewe te verander...
Emotions bubble over at
faith rally: Star, 21.07.2008, p 3, Alex Eliseev
If God was at Loftus on
Saturday - and not in Australia with the pope - I hope He tasted one of the
delicious boerewors rolls. Springbok and Blue
Bulls jerseys dotted the packed arena as Buchan preached the feel-good
stuff: Family, repentance and the dawn of revival... There were bands,
sports stars, television celebrities and an almighty sound system... The
main attraction was Buchan, author of Faith Like
Potatoes, who shot to evangelical superstardom...
Opkoms by Loftus nie alles, sê sanger; Beeld, 16.07.2008, p
3, Neels Jackson
Toe die gospelsanger Retief Burger vroeg vanjaar
gevra is om die aanbidding te help lei tydens ‘n
Christelike saamtrek op Loftus, het hy gedink daar sal so 4 000 mense
wees... "Dis gevaarlike wêreld," gesels Burger gister. Dit kan
so maklik vir ‘n sanger van geestelike musiek oor die
vertoning begin gaan... Daarom is hy aan die een kant skrikkerig vir Saterdag
se optrede, hoewel hy aan die ander kant ook opgewonde is. "God deel
sy eer met niemand nie," sê Burger. By Mighty
Men het hy in ‘n mielieland
gaan sit en die Here gevra om hom te help om die grootheid van die byeenkoms op
Loftus te hanteer. Toe het in Johannes 4 die deel gelees waar Jesus vir
sy dissipels sê hulle samel ‘n oes in waaraan ander
hard gewerk het. Dit het hom laat besef die opkoms by Loftus is die vrug
op die gebede van baie ander mense oor jare... Of dit nou 200 mense is
voor wie hulle sing of 10 000 of 60 000, maak nie ‘n
verskil nie. Eintlik, sê hy, sing hulle vir ‘n
gehoor van Een.
(Met dank aan ABID)
Bybel-Media – jou
bedieningsvennoot
Hans
Steyn, Hoof: Bemarking en Fondswerwing, skryf:
In die 18
Julie-uitgawe van Kerkbode:
XENOFOBIE: ’n Stryd om
oorlewing?
Nico Smith: Die kerk wat
ons MÓÉT wees
STUDENTE maak ’n verskil
in die gemeenskap
A tot Z” van
predikante-bediening
EI wil nadink oor hulle
toekoms
NG Kerk se ‘nuwe’
webtuiste op koers
Goeie Nuus-Media bring Veldfokus op die been
SARK steun Zim-sanksies
Murray- en Tutu-pryse
toegeken
Bybelkiosk in Pretoria versprei
byna 3 000 Bybels
Die
Augustus-uitgawe van LIG is opgewek, op en top, oopkop!
Voorblad: Victor Matfield: Bobaas-pa vir “prinses” Jaime. Wanneer Victor Matfield
nie rugby speel nie, is hy ’n gesinsmens wat saans saam met sy dogtertjie bid.
Lees binne:
Nooit! Nie mý kind nie! Ouers wil hulle kinders beskerm. Maar pasop! Daardie
oulike sproetgesiggie kan ontaard as hy nie verantwoordelikheid leer nie.
Vermy huiswerknagmerries só. Laat berge huiswerk jou
laerskoolkind aan stres ly? LIG gee raad.
Tienerselfmoord: moenie! Een uit twaalf jongmense pleeg selfmoord in die fleur
van hul lewens.
My kind jok? Hoe gemaak nou?
Lees ook:
Drie woordvroue: EKM Dido, Erika Murray-Theron en
Dine van Zyl
Beijing: SA spog met twee Olimpiese gesinne
Huwelik vergaan, verhouding bly staan
Mamma mia! Ouer ma’s
Waarom gesinsmaaltye ’n reddingsgordel is
Nuwe
Publikasie: verskyn begin Augustus
Vrygewige Lewe van Brian Kluth teen R54.50 … en slegs by Bybel-Media
40 Dae lange geloofsreis na ’n meer vrygewige lewe
Deur 40 dagstukke, geselekteerde gedeeltes uit
die Bybel, artikels en praktiese werkblaaie, help die skrywer gelowiges om
hulle huishoudelike begroting só op te stel dat hulle ’n meer vrygewige lewe
tot voordeel van God en sy werk kan hê.
40 Dae na ’n meer vrygewige lewe sal ’n verdieping in jou geestelike lewe bring en
jou help om op God te vertrou om in jou behoeftes te voorsien.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0027 21 873 6971
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Verlede jaar was die terugvoer oor hierdie
liturgiese werkswinkel in die idilliese Bedford-natuurskoon aangrypend. Persone
was diep geraak deur die teologiese raamwerk waarbinne liturgie geplaas, bedink
en gedoen word. Dit beloof om weer so ‘n geseënde
ervaring te wees, veral as mens kyk na die lysie sprekers. Skryf gerus in.
Liturgie vir die Lewe
Aangebied deur die Ring van Albanie en die Sinode van Oos-Kaapland
Sprekers: Theo Geyser, Marina Strydom en
Carel Anthonissen
Ons tweede jaarlikse werkswinkel vind hierdie jaar plaas op Maandag 29 en
Dinsdag 30 September 2008 op Bedford. Kom kuier en wees saam met ons terwyl ons
dink en praat oor ons eredienste, musiek en eintlik oor die hele Christelike
lewe.
Kontak Rudi Swanepoel 084 581 9537 of rudiswan@telkomsa.net
vir meer inligting.
Vir akkommodasie besprekings besoek www.bedford.co.za
Zimbabwe introduces Zim$100
billion banknote
Harare,
Zimbabwe (CNN) --
Zimbabwe's troubled central bank
introduced $100 billion banknotes Saturday in a desperate bid to ease the
recurrent cash shortages plaguing the inflation-ravaged economy.
The bills officially come into
circulation Monday, although they were on the foreign currency dealers market
Saturday.
As high as they are,
though, the bills still aren't enough to buy a loaf of bread. They can buy only
four oranges.
The new note is equal
to just one U.S. dollar.
Once-prosperous
Zimbabwe has seen an unprecedented economic meltdown since it gained
independence in 1980, with the official inflation rate now at 2.2 million
percent.
Gideon Gono, governor of the Reserve Bank of Zimbabwe, said the
new notes are for "the convenience of the banking public and corporate
sector" in light of price hikes.
"The RBZ has
noted with concern the unjustifiable and incessant general increases in prices
of goods and services. It is therefore appealing to the business community to
follow ethical business practices as well as take an interest in the plight of
the general public," Gono said in a statement
dated Friday.
Zimbabwe started
issuing large bank notes in December, starting with denominations of $250,000.
In January, the
government issued bills in denominations of $1 million, $5 million, and $10
million -- and in May, it issued bills from $25 million and $50 million up to
$25 billion and $50 billion.
The new bills are
actually bearer checks and have an expiration date of December 31. Zimbabwe has
not had formal currency since the introduction of bearer checks as a temporary
measure in 2003.
"The RBZ is
fighting a losing battle," economist John Robertson said in Harare.
"As long as the inflation remains high, cash shortages will persist. There
is need to address the inflation by increasing production so that too goods do
not [cost] a lot of money."
Prof Andrew Purves besoek Oos-Kaap op 4
Augustus
Andrew Purves
is professor in Pastorale Teologie en bekend vir kwaliteit publikasies oor predikantebedieing soos The
Crucifixion of Ministry.
Lees meer oor sy besoek aan die
Oos-Kaap waar hy 'n dagseminaar vir predikante kom aanbied. Die datum is 4
Augustus 2008.
Het jy geweet die dominante stories in jou kop bepaal hoe jy leef? Jou
storie oor ander kulture, gelowe, jou kollegas, kerk en familie bepaal jou
ganse lewe. Nou ja, weet jy regtig hoe klink jou eie stories? Gaan sit vir 'n
oomblik en dink hieroor na. Maar oordink asseblief ook die volgende sinsnede
wat jou lewe vir altyd gaan verander as jy dit glo: Jy moet die Gees van God
radikaal in jou lewe innooi om die hoofstories van jou eie lewe radikaal te
transformeer!
Dit help veel jy gee net jou hart vir die Here,
maar jou kopstories bly jou persoonlike eiendom. Miljoene Christene oor die
aarde trap in hierdie slaggat. Hulle koppe word deur ander leefstories
beheer as die Here S'n. Hulle dink steeds rassisties; selfsugtig en liefdeloos
omdat hulle nie toelaat dat die Gees ingryp in hulle lewensverhale nie. Te min
Christene leef aan die hand van 'n splinternuwe storie - Jesus S'n! Sy storie
is altyd een waar nederigheid, sagtheid, opoffering en geloof wen. Jesus se
storie is radikaal anders as die dominante stories wat in die meeste mense se
lewens hier op aarde afspeel. Wat van jouself? Watter storie wen in jou -
daardie wat jyself geskryf het, of die Gees S'n?
Man, that Elliot kid can’t take a joke!
Matt and Jack,
I am so sorry. My roommate just
explained to me what shaming is. The other day when I woke up and I was on
fire, and you guys were both there laughing, well... I'm totally over it now.
It's totally cool. I get that it's just something friends do to friends because
they like each other so much. I think it's hilarious, now. When the scabs on my
belly come off I'll have a scar that looks like Abe Lincoln, which is great. So, yeah. I'm really sorry I panicked and had you both sent
to prison. Misunderstanding.
Again, so, so sorry.
-Elliot
Nurse: Okay... your name?
Me: Josh.
Nurse: And you pregnant?
Me: Huh.
Nurse: I know this is sensitive. Take your time.
Me: I'm not pregnant. In fact, I'm sure I'm not pregnant.
Nurse: Be honest.
Me: I'm a man! I physically cannot give birth.
Nurse: Look hon, you don't have to tell me you're
pregnant. I can tell. You have that attitude.
Me: The what? The pregnant attitude? Is that an
attitude?
The doctor comes
in.
Doc: Excuse me. Nurse? You're in the wrong room.
Me: ...
Nurse: I know you're pregnant.
The nurse leaves.
Doc: Sorry about that. We needed your nurse in the room over, where your friend
Dave is giving birth.
Me: He's just fat! Dave! DAVE!!
Sinodale Kommunikasie