Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 21 - 17
Julie 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Skryf gerus in vir die konferensie met prof Andrew Purves en die
Konferensie oor multi-kulturele kommunikasievaardighede.
Lidmaat-leiers ook welkom.
Jy kan ook ontbyt geniet met Floyd
McClung of dalk oorweeg om ‘n opgeleide brugleraar te word. Moenie die Liturgie Werkswinkel mis nie!
Hoop ontspring op die
platteland
Kerkbode : 18 Julie – “Poster”
vir JONK Live
Prof Andrew Purves besoek Oos-Kaap op 4 Augustus
Abraham
Lincoln en Leierskap
Verlede jaar was die terugvoer oor hierdie
liturgiese werkswinkel in die idilliese Bedford-natuurskoon aangrypend. Persone
was diep geraak deur die teologiese raamwerk waarbinne liturgie geplaas, bedink
en gedoen word. Dit beloof om weer so ‘n geseënde
ervaring te wees, veral as mens kyk na die lysie sprekers. Skryf gerus in.
Liturgie vir die Lewe
Aangebied deur die Ring van Albanie en die Sinode van Oos-Kaapland
Sprekers: Theo Geyser, Marina Strydom en
Carel Anthonissen
Ons tweede jaarlikse werkswinkel vind hierdie jaar plaas op Maandag 29 en
Dinsdag 30 September 2008 op Bedford. Kom kuier en wees saam met ons terwyl ons
dink en praat oor ons eredienste, musiek en eintlik oor die hele Christelike
lewe.
Kontak Rudi Swanepoel 084 581 9537 of rudiswan@telkomsa.net
vir meer inligting.
Vir akkommodasie besprekings besoek www.bedford.co.za
Floyd is ‘n internasionaal-bekende spreker, sendeling en die stigter
van die All Nations Mission. Hy sê: “In 1967 God put
a dream in my heart to train and mobilize young people to go to the far corners
of the earth with the message of God’s love. I had experienced first hand the
tremendous openness to Jesus, not religion, but Jesus, on university campuses
and among the poor in Africa, Asia, Latin America and Europe. If we obey His command to go, teach,
baptize and make disciples, Jesus promised that He will be with us. I know that
is true!
Dr.
Arch Hart, Dean Emeritus of the School of Psychology of Fuller Seminary (USA),
is offering this special five-day course in the area of urban mission and
transformation. This course targets those ministry leaders who desire to grow
in their understanding of a Christian leaders’ mental and spiritual health. For
those interested in post graduated studies, this course may be taken for
academic credit from Fuller Seminary. (http://www.fuller.edu).
BIBLIA
HAWESENDING PORT ELIZABETH
POSBUS 47 PORT
ELIZABETH 6000
TEL NO 041-5855483.
SEL NO 0834697138
E-POS seafarers@iburst.co.za
REIK OP VIR DIE UITREIK 27 JUNIE 2008
Hartlike Christus
groete aan al ons gebedsondersteuners:
Soos
ons beloof het in ons laaste gebedsbrief (Feb 2008) wil ons die volgenede
statistiek deur gee net om u ’n kykie te gee in ons werksaamhede vir die
afgelope jaar. Ons het 592 skepe besoek.
Party meer as eenkeer. 1035 seemanne
het die sentrum besoek. 460 Bybels
en 112 traktaatjies is
uitgedeel. Ons het met 92 bemanningslede ’n persoonlike
geestelike gesprek gehad. Daar was 6
skepe met ’n bybelstudie groep aan boord. Op 3 skepe het ons motivering gedoen om ’n bybelstudie groep te begin.
10 skepe het ons toegang geweier. 8 Hospitaalbesoeke is gedoen, op 8 skepe is oor die gevaar van H.I.V
gepraat. 973 (wolmusse) beanies is
aan die bemanning gegee. 109 pakkies
koekies en 89 kersgeskenksakkies is
ook aan die bemanning gegee. Dit alles kon ons slegs doen deur die genade van
ons Here Jesus Christus. Ons dank die Here omdat Hy vir ons die krag en genade
gegee het wat ons instaat gestel het om die werk te kan doen.
Ons
dank ook die Here vir Joy se been wat besig is om mooi te genees, en ons bid
dat sy spoedig ook weer skeepsbesoek sal kan doen. Maar intussen hink en pink
sy hier in die kantoor rond om al die seevaarders te bedien wat na ons toe kom.
Bid
vir ALEX `n wedergebore christen op
’n Indiese ertsdraer. Hy was baie opgewonde toe Martin aanboord sy skip kom. Hy
het ’n groot behoefte gehad om net met iemand geestelik te praat en ook om saam
te bid. Martin het die voorreg gehad om ook die evangelie met Arokia, Manzar(’n Moslem) Shimon, Magesh,
Praveen, Ignatius Savio en Tandel te
deel. Bid dat die Heilige Gees self die na-prediker sal wees, en ook dat ALEX sal voortgaan om sy lig op die
skip te laat skyn.
Bid
vir die bemanning van ’n tenkskip waar 10 van die bemanningslede vir Martin vir
’n Bybel gevra het. Dit was weereens ’n pragtige geleentheid om die evangelie
met hulle te kon deel. Ons het ook motiveringswerk gedoen, dat die bemanning ’n
Bybelstudie groep op die skip sal begin.
Op ’n
vrugte skip het ons met die Kok van
Latvia kennis gemaak. Dit is vir haar as vrou baie moeilik tussen al die
manlike seevaarders. Sy was nie bereid om haar naam te gee nie, maar was baie
opgewonde oor die bybel wat ons haar aangebied het. Michael en Vladas ook
van Latvia het vir ’n Bybel gevra. Bid vir die dame se eensaamheid en dat sy
die teenwoordigheid van die Here sal ontdek
in die lees van die Bybel.
Bid
vir die bemanning van ’n Ertsdraer wat 4 maande gelede ’n salaris ontvang het.
Elke keer as die skip ’n hawe aandoen, word daar ’n rede gegee hoekom hulle nie
salaris ontvang nie.
Bid
vir ons “Bybel-vir-Seevaarder”
projek. Dit het ons verlede jaar ongeveer R18,000 gekos om die Bybels te
voorsien.
As
daar nog mense is wat by die projek wil betrokke raak, ons bankbesonderhede is:
Biblia Hawesending. Absa bank. Rek No 4060566177. Merk die strokie “Bybels vir Seevaarders” dan
weet ons dat die geld net daarvoor kan gaan. Baie dankie aan u wat ons al reeds
ondersteun het.
Dankie
dat ons op u voorbidding kan steun.
Martin, Sus en Joy
Hoop ontspring op die platteland
Coenie Burger se opmerkings - na aanleiding van die Cerderberg
Plattelandse Gemeentekonferensie in Junie te Citrusdal
- strook met ons eie gewaarwordinge tydens die padberade
in April en Mei vanjaar. Iets besonders is aan die gebeur op die platteland.
Jakes Gerwel het ook al daaroor geskryf na aanleiding van sy onlangse ervaringe
op die Oos-Kaapse plattelandse dorpie waar hy grootgeword het.
Oor die Citrusdal Gemeentekonferensie: Heelwat
Oos-Kaapse dominees het as sprekers opgetree, en Oos-Kaapse inisiatiewe - ons
kursusse in lidmaattoerusting, insette oor liturgie en praktiese versoeningsprosesse
in gemeente - is hier gedeel. Ons is deel van die nuwe hoop wat ontspring!
Wel, hier is Coenie aan die woord:
Coenie Burger, Godsdiens-aktueel;
Beeld, Jun 22 2008
Ek het die afgelope week `n byeenkoms bygewoon wat
my – te midde van die broeiende onrustigheid in die land – baie hoop gegee het.
Dit was ’n konferensie vir plattelandse gemeentes wat aan die Weskus gehou is.
Die plattelandse gemeentes vertel ons lankal dat hulle anders funksioneer as
stadsgemeentes en dat die planne wat vir stadsgemeentes werk nie altyd op die
platteland werk nie.
Die mense het van oraloor gekom. Van Springbok en
Steinkopf, van Fraserburg en Loeriesfontein, van Beaufort en Touwsrivier, van
Lutzville en Garies en van baie ander dorpies. Predikante en lidmate – van alle
kleure. Die konferensie was `n lafenis en verkwikking vir almal wat daar was.
Daar is gepraat oor die land en sy moeilikheid, maar ten spyte daarvan was die
klimaat nie swaarmoedig of negatief nie. Om die waarheid te sê: die gees was
veel blymoediger as wat ek verwag het. Die verhale oor wat in gemeentes aan die
gebeur is, was ongelooflik bemoedigend. Ons het gehoor van ’n wonderlike
werkskeppingsprojek wat nou al jare in Beaufort-Wes loop – uitgedink en bestuur
deur ’n dominee en ’n gemeente. Ons het gehoor van ’n aangrypende holistiese
opvoedingsprojek wat in die Hantam-Karoo bedryf word – deur lidmate. Ons het
gehoor van boere wat besig is met grondhervormingsprojekte – nie omdat hulle
dit moet doen nie, maar omdat hulle glo dat dit voor die Here die regte ding is
om te doen. Ons het gehoor van voedingsprojekte, versorgingsprojekte,
jeugprojekte – van mense wat omgee en bereid is om te dien. Ek moes aan die
einde van die konferensie iets sê oor wat ek gehoor en beleef het. Dus: ek het
heeltyd probeer luister en dink oor wat hier aan die gebeur is.
Dit was die algemene stemming van die konferensie
wat my die meeste verras het. Daar was `n rustigheid – amper `n soort stille
onverstoorbaarheid – wat vir my nuut was. En daar was energie – baie meer as
wat ek verwag het. Die houding was min of meer: ons weet van al die probleme,
maar ons sal moet aangaan en deurdruk. As jy vra waar die houding vandaan kom,
sou ’n mens kon dink dat die platteland se gehardheid dalk iets daarmee te doen
het. Maar hoe langer ek geluister het – veral na lidmate se praat – hoe meer
het ek geweet dat dit ook te doen het met ’n verbintenis tot God en die
evangelie. Wat duidelik ook aan die gebeur is, is dat plaaslike leiers
verantwoordelikheid begin neem vir hul eie omgewings en vir die lot van hul
mense. Dit is asof hulle begin verstaan dat ons probleme van so ’n aard is dat
dit nie deur een of twee leiers sentraal opgelos gaan word nie.
Ek het dieselfde ding ’n maand gelede by die
SARK-jaarvergadering gesien. Jong leiers wat na vore tree en praat met ’n durf
wat ek nog nie vantevore by die vergaderings gehoor het nie. Hulle voel bedrieg
deur die politici en gaan sukkel om hulle weer te vertrou. Hulle is reg om meer
as tevore self te dink en hul menings hoorbaar te maak. Hiervoor is ek baie,
baie dankbaar. Die lidmaatleiers het my die meeste verbaas. Van die
uitdagendste projekte waarvan ons gehoor het, is projekte wat deur lidmate
uitgedink en staan gemaak is. Wit boere en onderwysers wat regtig omgee en
groot droom en doen. Bruin en swart ouderlinge wat gemeentes sonder predikante
lei met groot wysheid, liefde en vaardigheid. Wat uitgestaan het, was die diep
en helder persoonlike geloof van hierdie lidmate. Dit is mense wat die Here ken
en nie skaam is om daaroor te praat nie.
Die twee dae het my laat dink aan iets wat
Augustinus geskryf het in sy City of God. Jy kan nie bloot uit wat met mense
gebeur aflei of hulle Christene is of nie. Ons het nie soveel beheer oor wat
met ons gebeur in die lewe nie. Of iemand ’n Christen is of nie, kan jy eers
sien as mense begin reageer op dit wat met hulle gebeur. Christene kan jy
daarin herken dat hulle ook in slegte tye probeer leef met geloof, hoop en
liefde. Geloof dat die evangelie van Christus waar is; Hoop op God en op sy
beloftes; Terwyl ons poog om sonder voorbehoud en selfverloënend lief te hê soos
Jesus liefgehad het.
Die MTh :
Bedieningspraktyk as Missionale Transformasie moet
beskou word as ’n geloofsonderskeidingsreis waar die Drie-enige God se roeping
opnuut ontdek word vir jouself as geestelike leier, vir die gemeente waarin jy
staan en vir die gemeenskap waarbinne die gemeente funksioneer. Die reis beoog om die bedieningsproblematiek
van gevestigde kerke aan te spreek deur opnuut te besin oor die bestaande
programme wat gevolg word. Entrepreneur-kerkleiers uit bepaalde
kerkgenootskappe is nodig om binne die akademiese dissipline met hierdie
problematiek te worstel. Die uitkoms daarvan moet realiseer in die
transformasie van ‘n Christendom-institutêre
model van kerkwees tot ?n dinamiese missionale model, oftewel van ‘n
selfgesentreerde tot ?n ander-se-nood-gefokusde
bedieningswyse.
Kom word
deel van ’n gestuurde studiereis!
Deel in
die ontluikende geleenthede wat in Suider-Afrika deur missionale
transformasie ontvou.
* Ervaar
geestelike groei saam met 10 kollegas en 12 "dosente" oor ’n periode
van twee jaar.
* Kom drie maal per jaar vir ‘n
week lank byeen, telkens in ’n ander
bedienings- en gemeenskapskonteks.
* Werk
saam met mentors en bly deurentyd deur middel van die internet in gesprek met
die groep wat die reis meemaak.
* Ervaar
kruis-kulturele blootstelling en deel in die internasionale
samewerkingsooreenkoms van die “Partnership for Missional Church.”
Die program is
daarop toegespits om kerkleiers in Suider-Afrika toe te rus om hul gemeentes te
lei in ’n kulturele transformasieproses. Dit kom neer op ?n teologiese
paradigmaverskuiwing wat veel ingrypender is as die aanleer van nuwe tegniese
vaardighede. Die aanbiedingswyse,
leersituasie as sodanig en die navorsingstyl moet die nuwe paradigma beliggaam,
demonstreer en fasiliteer. Leierskap word gesien as ‘n
uitvloeisel van ‘n lewe in die Triniteit, van luister
en dien en oor grense beweeg.
Ses modules (Blogs)
‘n Span van twee aanbieders
werk saam met die “studente” as ‘n groep. Ses kontaksessies (blogs) vind plaas
gedurende die twee jaar, waartydens die studiemateriaal aangebied word binne
nuwe bedienings- en gemeenskapsgeoriënteerde kontekste.
BLOG 1 – Tritiniteit
en identiteit (missio Dei):
Stellenbosch: 14 -20 Februarie 2009: Prof Nelus
Niemandt & ds Danie Mouton
BLOG 2
– Spiritualiteit:
Somerset West: 13 -19
Junie 2009: Dr Breda Ludik and Father
Fred Hendricks.
BLOG 3 – Ontdek God in die
konteks:
Port Elizabeth: 26 September - 2 Oktober 2009:
Prof Jurgens Hendriks and ds Danie Mouton.
BLOG 4 – Gestuurde-gemeente
kultuur:
Durbanville: Februarie 2010: Drr
Nico Simpson, Frederick Marais and Gordon Dames.
BLOG 5 – Missionale
leierskap:
Pretoria: Junie 2010: Drr
Theo Geyser and Marius Nel.
BLOG 6 – Koninkryksgerigte
gemeenskappe:
George: September -Oktober 2010: Drr Xolile Simon and Christo Thesnaar.
Die ses modules dra 50% by tot die finale
prestasiepunt. ‘n
Tesis dra die orige 50%.
Toelatingsvereistes
Diegene wat wil aansoek doen moet oor die volgende beskik:
* ‘n vier-jaar graad in
Teologie, OF
* ‘n toepaslike vier-jaar
kwalifikasie wat goedgekeur is deur die Senaat, OF
* ‘n US Nagraadse Diploma in
Teologie
Diegene wat aansoek wil doen moet betrokke wees in ‘n
gemeente en geskrewe toestemming van die gemeente hê om deel te kan neem aan
die program.
Aansoeke
Aansoeke moet die Fakulteit teen 31 August 2008 bereik en geen laat en/of
onvolledige aansoeke sal aanvaar word nie.
Net agt studente word gekeur per jaar.
Studente wat die kortlys maak sal daarvan verwittig word in die week van
1-5 September 2008.
Finale individuele onderhoude sal gehou word in die eerste drie weke van
September, by die Teologiese Fakulteit in Stellenbosch.
Diegene wat gekeur word vir die kursus sal daarvan verwittig word in die
laaste week van September.
Aansoekvorms kan gekry word by:
* http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm
* Jurgens Hendriks, by hjh@sun.ac.za
* die sekretaresse van die
Teologiese Fakulteit.
Voltooide aansoekvorms kan:
·
ingehandig word by die sekretaresse van die Teologiese
Fakulteit,
·
OF gepos word aan Prof.
H.J. Hendriks
Faculty of Theology
Stellenbosch
University
171
Dorp Street
Private Bag X1
Matieland
7602
*** geposte aansoekvorms moet die Fakulteit bereik teen 31 Augustus 2008, anders sal dit nie vir
keuring oorweeg word nie ***
OF gefaks word aan +27 (0)21 808 3251, vir aandag H.J. Hendriks.
Verder inligting
Vir meer inligting aangaande klasgelde en betalingsopsies, sien Afdeling 3
van die jaarboek, by http://www.sun.ac.za/university/jaarboek/
Vir meer inligting aangaande die kursus, besoek http://academic.sun.ac.za/theology/programmes.htm
Vir enige verdere navrae, kontak Jurgens Hendriks by hjh@sun.ac.za
of Frederick Marais by jfm@sun.ac.za
Terugvoer van studente
Die aanbieding was deurleef en nie net teoreties
van aard nie. Die praktykgerigte aard
van die leesstof is baie sinvol.
Ek het moeg by die ontmoetingsgeleentheid
gearriveer, maar het die retreat-ervaring as ’n
hoogtepunt beleef en het na afloop daarvan vars en nuut gevoel met ’n nuwe
insig en verstaan van my roeping.
Ek ervaar myself as ryker na die week saam en het
meer helderheid oor my rol in die gemeente en gemeenskap.
My spiritualiteit is van ’n aktiewe aard, maar ek
kry nie altyd te midde van my besige program kans om genoegsaam aandag daaraan
te gee nie - het die tyd saam genesend gevind.
Dit was
verblydend om te sien hoedat selfs die aanbieders energie uit die interaksie
geput het
http://www.info.gov.za/aboutsa/school_cal/2009.htm
Tydens die Algemene Sinode 2007 is belangrike insette gelewer en besluite geneem
rondom die bemagtiging van lidmate tot dienswerk. Daar is goeie aanduiders dat
gemeentes wat lidmate ontmagtig (dit is ons tradisionele gemeente-modelle, die
leraars neem sentrale rolle in as bestuurders of diensleweraars en hou lidmate
so in die “koue”) ook lidmate met leierspotensiaal verloor aan ander gemeentes
of denominasies waar hulle gawes benut word.
ADGO (Algemene diensgroep Gemeente-Ontwikkeling)
is met belangrike inisiatiewe besig om gemeentes te bemagtig om lidmate te
bemagtig. Die Taakspan vir Liodmaatbemagtiging, waarop ons sinode ook
verteenwoordig word, het onlangs weer vergader. Frank van Rensburg, een van die
lede en van KwaZulu Natal-Sinode, gee sy indrukke:
Dit was ‘n voorreg om bogenoemde
taakspan se vergadering te gaan bywoon. Alhoewel dit ‘n eerste keer was, was
dit duidelik dat hier baie hard gewerk is deur mense wat besonder geseёnd
is. Daar is ‘n passie geopenbaar om by te dra tot die welwese van die Kerk van
Jesus Christus. Die fokus is gerig op die verskaffing van konkrete bedieningsmateriaal wat gemeentes
ondersteun om lidmate te help om hulle gawes te gebruik, hulle rol en plek
binne die liggaam van Christus te verstaan en hulle te begelei tot aktiewe
dissipelskap (diensbaarheid) in die wêreld.
Elke lidmaat is onteenseglik deel
van God se sending in die wêreld. Juis daarom moet lidmate tot hul reg kom in
die bediening. Hiervoor is volwasse lering en verdere toerusting nodig. Die
vraag is hoe? Met die oog hierop word
‘n Rimpel DVD in die vooruitsig gestel. Hierdie DVD is lekker prakties. Dit bevat ’n
skatkis van sake waarin leraars en lidmate gehelp kan word. Hierin sal iets van
die volgende gevind word: Net vir die dominee, die droomkis, die oudit aktetas,
die aksie reistas, die gereedskapkas en die evaluasielaai. Die DVD sal
gebruikersvriendelik wees. As op een van die sake gekliek word, maak ’n hele
skatkis van rykdomme, inligting en gereedskap oop. As jy wil weet waar om op
die webwerf te gaan soek, dan sal jy selfs hierin gehelp word. Kursusse
beskikbaar, dissipelskap modules, boeke wat gelees kan word, preke, en vele
meer. Daar word selfs nagedink oor die daarstel van “A-Z Rimpel slypmodules”,
alles bedoel om lidmate te begelei op hul geloofsreis.
Aanpassings mag dalk nodig wees
in bepaalde kerkordelike artikels. Dalk is alle artikels nie ewe vriendelik ten
opsigte van lidmaatbemagtiging nie.
Miskien was dit nooit die bedoeling nie, maar het dit dalk juis ontmagtiging in
die hand gewerk. Hieroor moet verder besin word. ’n Nuwe Artikel 55 sou as volg
kon lyk:
Dienswerk
van Gelowiges Nuwe Artikel 55
1) Die
roeping van die kerk in sy gestuurdheid na die wêreld (Missio Dei) impliseer
die toegewyde dienswerk van elke gelowige.
2) Elke
gelowige ontvang van die Here die gawes, die geleenthede en die krag van Sy
Gees om in hulle daaglikse lewe gestalte te gee aan God se liefde vir hierdie wêreld.
3) Met die
oog hierop behoort die kerk sy gelowiges toe te rus, te inspireer en te
ondersteun.
4) Die kerk
stel self organisasie in plek waardeur gelowiges betrek word by die uitbou van
die kerk en die uitbreiding en versorging van God se Koninkryk.
5) Dit
staan gelowiges (egter) vry om ter wille van hulle dienswerk in die wêreld self
aksies te begin, organisasies te stig, netwerke en vennootskappe te vorm ten
einde om die Koninkryk te bevorder.
6) Die kerk
as organisasie gee met gesonde oordeel sy seën en samewerking aan hierdie ander
organisasies, netwerke en vennootskappe wat ook in diens staan van die Missio
Dei.
Kerkordelike veranderings vind
nie sondermeer plaas nie. Dit word van alle kante bekyk, deurdink en
uiteindelik is dit die Sinode wat hierin die besluit neem. Dit kan natuurlik
help as ’n mens saam luister, saam dink en deel.
Die Bybel is lewend en kragtig. Maar soms loop ’n mens die gevaar om dit verkeerd te interpreteer. Leer
die Bybel self verklaar wil lesers bemagtig om die Bybel só te lees dat
hulle die krag en die lewe van die Woord van God eerstehands ervaar en
verstaan.
Om hulle hiervoor toe te rus bied die boek die volgende:
·
* Die geskiedenis
en gesag van die Bybel
·
* ’n
Stap-vir-stap-metode om Bybeldele te verklaar
·
* Selftoets-oefeninge
·
* ’n Woordelys
Leer die Bybel self verklaar sal lesers help om dit al meer reg te kry om die
Bybel geldig te verstaan, en nie sommer net lukraak en intuïtief hulle mening
te gee nie. Só sal hulle al meer ’n verdieping in hulle verhouding met God
ervaar, en die Bybel regtig as rigsnoer kan gebruik vir ’n leefstyl wat God se
goedkeuring wegdra.
Oor die outeurs
Fika Janse van Rensburg is
mederedakteur en mede-outeur van verskeie Bybels en ander publikasies, waaronder Die
Bybel in Praktyk, Die Bybellennium, Die
Bybel A-Z en Die Multivertaling Bybel.
Sy spesialiteitsrigting is Verklaarkunde van die Nuwe Testament en
Nuwe-Testamentiese Grieks. Fika is professor in Nuwe
Testament aan die Noordwes-Universiteit in
Potchefstroom, en die Teologiese Skool se Direkteur: Bybelwetenskappe
en Bybeltale.
Kerkbode : 18 Julie – “Poster” vir JONK Live
Rinel
Hugo van ADGO (Algemene Diensgroep Gemeente-Ontwikkeling) skryf:
In Kerkbode van hierdie week is ‘n “poster” met die advertensie vir JONK
Live se musiekfees.
Hiermee rig ADGO die versoek dat u asseblief van die posters sal uithaal om
by die kerk teen die aansteekbord op te sit. Op die agterkant is
die advertensie van Lux Verbi se 24/7 bybel vir jongmense. Aangesien Lux Verbi
een van die fees se borge is, wil ons vra dat u asb die voorkant sowel as die
agterkant van die plakate sal benut.
Na die Musiekfees kan al die plakate omgedraai word om Lux Verbi se bybel
te adverteer, aangesien die advertensie tydloos is.
Al die inligting vir die JONK Live fees is by www.jonk.co.za
te kry. Skakel ADGO se kantoor gerus vir besprekings vir verblyf en/of
bespreek u kaartjies by i-tickets (Sien webblad) vir die fees wat u nie mag
misloop nie!!!!!
Prof Andrew Purves besoek Oos-Kaap op 4
Augustus
Andrew Purves
is professor in Pastorale Teologie en bekend vir kwaliteit publikasies oor predikantebedieing soos The
Crucifixion of Ministry.
Lees meer oor sy besoek aan die
Oos-Kaap waar hy 'n dagseminaar vir predikante kom aanbied. Die datum is 4
Augustus 2008.
(Uit E-kerk se Leiersnuusbrief:)
Meeste Amerikaners beskou Lincoln as een van hulle grootste presidente. Wat
ons wel kan sê, is dat hy 'n groot leier was en vir elkeen van ons 'n voorbeeld
is van wat bereik kan word as jy jou op iets toespits.
Hy is in 'n houthuis gebore; hy het minder as een jaar formele opvoeding
gehad - en hy word president. Wat egter opvallend is, is sy mislukkings:
* 1843: hy verloor die
nominasiestryd vir die Amerikaanse Kongres.
* 1846: hy word verkies tot die
Kongres, maar twee jaar later is hy uit, want sy party het Kongreslede se
termyn tot twee jaar beperk.
* 1854: hy verloor 'n verkiesing as
senator.
* 1856: hy verloor die nominasie vir
vise-president.
* 1858: hy verloor weer die
verkiesing as senator,
Ook op persoonlike vlak gaan dit maar sleg met hom: sy eerste liefde sterf;
'n vrou verwerp sy huweliksvoorstel - klinies was hy depressief. Ten spyte van
al sy terugslae word hy in 1860 as president van die VSA verkies.
Wat kan ons van Lincoln
leer?
Hoe kan ek my mislukkings verander in suksesse? Let op: elke keer as
Lincoln misluk het, was hy terug om iets groters te doen. Hy het dikwels
misluk, maar soos Maxwell sê: opwaartse mislukking. Dit beteken dat hy innerlik
baie sterk moes gewees het. Daar was baie emosionele en professionele hekkies
waaroor hy moes kom, maar nooit het 'n terugslag hom permanent ondergekry nie.
Hoe dikwels laat ek en jy toe dat mislukking ons toekoms bepaal? Hoe het
Lincoln daarin geslaag om uit elke mislukking te leer - om sterker anderkant
uit te kom? Ons kan twee lesse by Lincoln leer:
* Volharding. Dit is die kern en
Lincoln was 'n meester in volharding.
* Glo in jouself. Lincoln het hom as
'n leier gesien lank voordat hy een was. Dit was nie arrogansie of leë ambisie
nie. Hy het 'n doel in die lewe gehad wat die moeite werd was om na te streef.
A man dies and
goes to heaven. Of course, St. Peter meets him at the pearly gates.
St. Peter says, "Here's how it works. You need 100 points to make it into
heaven. You tell me all the good things you've done, and I give you a certain
number of points for each item, depending on how good it was. When you reach
100 points, you get in."
"Okay," the man says, "I was married to the same woman for 50
years and never cheated on her, even in my heart."
"That's wonderful," says St. Peter, "that's worth three
points!"
"Three points?" he says. "Well, I attended church all my life
and supported its ministry with my tithe and service."
"Terrific!" says St. Peter, "that's certainly worth a
point."
"One point? Golly. How about this: I started a
soup kitchen in my city and worked in a shelter for homeless veterans."
"Fantastic, that's good for two more points," he says.
"TWO POINTS!!" the man cries, "At this rate the only way I get
into heaven is by the grace of God!"
"Come on in!"
A teenage
boy had just gotten his driver's license and inquired of his father as to when
they could discuss his use of the car.
His father
said he'd make a deal with his son: 'You bring your grades up from a C to a B
average, study your Bible a little, and get your hair cut.
Then we'll
talk about the car.'
The boy
thought about that for a moment, decided he'd settle for the offer, and they
agreed on it.
After
about six weeks his father said, 'Son, you've brought your grades up and I've
observed that you have been studying your Bible, but I'm disappointed you
haven't gotten your hair cut.'
The boy
said, 'You know, Dad, I've been thinking about that, and I've noticed in my studies
of the Bible that Samson had long hair, John the Baptist had long hair, Moses
had long hair...and there's even strong evidence that Jesus had long hair.'
To this
his father replied, 'Did you also notice they all walked everywhere they went?'
Sinodale Kommunikasie