Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 19 - 19
Junie 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Prof Andrew Purves besoek
Oos-Kaap op 4 Augustus
Wat gemeentes rondom xenofobie kan doen - en: baie
dankie!
Wêreldwye
biddag vir Zimbabwe: Sondag 22 Junie 2008
Dossier oor Zim uit SA tref
ver!
NG Kerk Lorraine hou
Alpha-Gholfdag (1 Julie)
Missie Japan : Sendelinge na
Japan
Jonges praat hard oor rassisme, verskille en ware
eenheid
'Put
aside racial differences'
Kort Werkswinkel: "Begin 'n inter-kulturele bediening"
Julie-uitgawe van Acta Theologica
beskikbaar
Prof Andrew
Purves besoek Oos-Kaap op 4 Augustus
Andrew
Purves is professor in Pastorale Teologie en bekend vir kwaliteit publikasies
oor predikantebedieing soos The Crucifixion of Ministry. Lees meer oor
sy besoek aan
die Oos-Kaap waar hy 'n dagseminaar vir predikante kom aanbied.
Wat gemeentes rondom xenofobie kan doen - en: baie dankie aan gemeentes!
Anriëtte, predikant by die NG Kerk Stellenberg, gee haar indrukke oor
hulpverlening rondom xenofobie in Gauteng, 21 Mei 2008:
Die stank oorweldig my toe ons instap by die gebou. Dis die eerste teken
dat hier gisteraand meer as ‘n duisend mense in die Central Methodist Church in
die hartjie van Johannesburg oornag het. Hulle slaap op en onder die kerkbanke,
in die koue gange, op die trappe en in elke moontlik hoekie. Oral is mense
besig om op te ruim en te werk (dit beïndruk my). Een van die vlugtelinge sê
selfs vir my “welcome”. Hoe is dit moontlik om iemand welkom te heet as jy self
uiters onwelkom en hopeloos moet voel?
Hierdie is seker soos ‘n kerk eintlik moet lyk, dink ek, maar dis MESSY -
die reuk van sop en sweet in die lug, koerante en vuilgoed in die hoekies en
brandarm mense wat oral rondhang. Hierdie prentjie is wêrelde verwyderd van ons
netjiese, skoon kerkgeboue met volvloer matte en ligte wat werk. Ook is dit so raserig
dat jy soms sukkel om iemand te hoor praat (glad nie soos ‘n tipies NG Kerk op
‘n Woensdagoggend nie).
Ons moet wag vir die kapel om skoongemaak te word voordat ons kan ingaan.
Ongeveer 100 kerkverteenwoordigers en joernaliste is hier bymekaar vir die SACC
(South African Council of Churches – Gauteng) vergadering om die situasie te
bespreek en om die reliefwork van die kerke te koördineer. Die vergadering duur
3 ure want almal het ‘n behoefte om te vertel wat in hulle gemeenskap gebeur
het. Die stories van van geweld is oorweldigend.
Een reverend vertel dat hy 500 mense in sy kerksaal het en nog 500 in die
gemeenskapsaal. Drie vroue het die afgelope 4 dae daar geboorte gegee, een aan
‘n drieling. ‘n Vrou vertel dat daar in haar gemeenskapsaal vier vroue is wat
op die punt staan van geboorte gee, een aan ‘n tweeling. ‘n Ander vertel dat
almal wat Shangaan kan praat (ook die RSA burgers) in sy gemeenskap verjaag is
en dat die “kriminele” almal se besittings gesteel het en hul huise afgebrand
het. Die prentjie omvou vinnig- in omtrent elke area in die Noorde, Ooste en
Suide van Johannesburg is daar honderde mense wat skuil in sale of buitekant
polisiestasies. Almal bespiegel wie agter die aanvalle is en hoe dit
georganiseer is. Niemand weet werklik wat om te doen nie, maar die kerk doen
hul bes om solank te probeer kos voorsien. Die nood is onsettend groot en daar
is nie vinnige of maklike antwoorde nie.
Terwyl ons uitstap begin die malende groep buitelanders buite toustaan vir
sop en brood. Ek wonder wat gaan van die mense word? Maar ek weet dié kerk in
sentraal Johannesburg is hul tuiste vir nou – ‘n plek van veiligheid vir enige
persoon in nood, waar die bietjie wat daar is gedeel word en almal ‘n hoekie
kry om in te slaap. Dis hoe kerk moet wees, dis waarvoor ons geroep is, maar
wees gewaarsku – dit is MESSY.
David Higgs skryf na aanleiding van
verlede week se beriggie: Kan ons nie
laat iemand wat weet wat die ware toedrag van sake is vir ons leidrade
gee oor:
* Wat moet ek doen (en wat mag en doen) as ek
in die huis is en sien iemand spring oor my tuinmuur.
* Wat moet ek doen (en wat mag ek doen) as
iemand ‘n venster breek by my huis om in te kom.
* Wat moet ek doen (en wat mag ek doen) as
iemand my fisies in my eie huis konfronteer met ‘n wapen, of een van my
gesinslede konfronteer met ‘n wapen
* Misdaad in die Oos Kaap neem al hoe meer toe,
en ek hoor gereeld hoe mense sê, ek weet nie meer wat mag ons, en wat mag ons
nie doen nie, ek self wonder daaroor.
Carl skryf: “Danie, ek dink dit sal die
moeite werd wees as jy iets skryf oor:
die nutteloosheid van e-pos petisies,
http://www.snopes.com/inboxer/petition/internet.asp
http://www.truthminers.org/petitions1.htm
http://www.hoax-slayer.com/petition-value.html
hoedat meeste van die e-posse wat sê : "stuur aan almal in jou
adresboek" eintlik onwaar is en nie aan iemand anders gestuur behoort te
word nie
en hoedat mense regtig eers by 'n paar webtuistes moet gaan navorsing
doen voordat hulle epos briewe "forward".
http://www.truthorfiction.com/
http://www.f-secure.com/virus-info/hoax/
(spesifiek oor rekenaar virusse)
Of jy kan bloot
'n reël uit die e-pos "copy and paste" na google en sien wat jy kry.
Vat minder as 5 minute om die waarheid uit te vind.
Ek ontvang steeds
pos van mense wat goed aanstuur omdat hulle dink hulle $1000'e gaan
kry van Microsoft, of omdat een of ander bose fliek oor Jesus vertoon gaan
word, of omdat een of ander virus ons hardeskyf gaan uitbrand, ens, ens.
Rethie
skryf: “Giftige
spinnekoppe onder die sitplekke van openbare toilette! Booswigte vang
mense in parkeerareas deur hulle aan “gedokterde” parfuum te laat ruik!
Verkragters gebruik klein kinders om vrouens na verlate geboue te lok!
Progesterex word gebruik om slagoffers van date-rape te steriliseer.
Leuens. Alles leuens.
Voordat jy ooit ‘n e-pos aanstuur, gaan eers die
feite na by www.snopes.com. E-pos het
die nuwe draer van “urban legends” geword. Hierdie stories, meestal met
min tot geen waarheid, versprei soos veldbrande regoor die wêreld. Die
mense van Snopes vors die feite agter al hierdie e-posse na en plaas die
resultate op hul webtuiste.”
Wat die nine
crucial tips betref verwys Rethie ons na dié skakel: http://www.snopes.com/crime/prevent/ninetips.asp.
Lees gerus: baie interessant!
Die program van die Lenteskool, Fakulteit Teologie Universiteit van
Pretoria, is pas bekendgestel. Dit bevat volle inligting oor die verskeidenheid
van lesingmateriaal wat tydens die Lenteskool aangebied word, van 7-9
Oktober 2008 te Pretoria. Die tema vir 2008 is: Teologie van
die Mall (Publieke Teologie). Die drie temas en sprekers is:
* Waar word Teologie Gebore: Piet Naude * Wat traak jou
teologie my: Nataniël * Teologie in die Virtuele Wêreld: Kobus
Kok (en andere) * Oop lesing Dinsdagaand: Skrifgesag: Is daar 'n
kernteologie?: Piet Naudé. Die konferensie
word ook weer vanjaar in samewerking met Verantwoordelike Vernuwing aangebied.
Meer as 25 keuse temas word weer beplan.
Teken asseblief die datum aan. Vir informasie of inskrywings kontak: Prof Malan Nel
(Excelsus), 012-420 2892 / e-pos malan.nel@up.ac.za of sbo.excelsus@up.ac.za
Die A tot Z beleid vir Predikante wys dat die kerk besef hoe belangrik
predikante is in God se plan. Die beleid
het ’n pastorale hart en is ernstig oor gemeentes. Dit wil seker maak dat
predikante lewenslank gehelp sal word om gemeentes met vreugde en vaardigheid
te bedien. Dit wil help sodat ’n
predikant vanaf die eerste dag as teologiese student tot aftrede ten beste
ontwikkel en ondersteun kan word.
Die A tot Z-beleid is reeds in Okt 2007 deur die
Algemene Sinode goedgekeur (uitgesluit hoofstuk 6) en is reeds geldig, maar dit
was nog nie volledig met alle relevante dokumente saamgevat en gepubliseer nie.
Binnekort gaan elke predikant en elke kerkraad ’n
interaktiewe CD en boek ontvang waarin hierdie beleid volledig uitgespel word. Hierdie CD’s gaan direk na die Julie
skoolvakansie aan predikante oorhandig word, met - sover moontlik geleentheid
om die volle plan persoonlik te verduidelik, met geleentheid vir vrae.
Kerkrade, predikante en die kerk as geheel sal groot voordeel uit die A tot
Z-Beleid trek:
* Kerkrade kry ’n volledige beeld
hoe hul die predikant as onmisbare spanmaat kan steun en help ontwikkel.
* Predikante kry riglyne hoe die
bediening ’n vreugde kan bly, en hoe hulle skerp en bekwaam kan bly vir vandag
se bediening
* Die kerk as geheel baat deurdat
die beste studente gewerf, opgelei en as predikante in die beroep behou sal
word
Wêreldwye biddag vir Zimbabwe: Sondag 22
Junie 2008
Dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris, rig die
volgende dringende versoek:
Drie internasionale ekumeniese
liggame naamlik die Gereformeerde Ekumeniese Raad (GER), die Wêreldbond van
Gereformeerde Kerke (WBGK) asook die Wêreldraad van Kerke (WRK) doen ‘n oproep
op alle denominasies en gemeentes wêreldwyd om op Sondag 22 Junie 2008 op ‘n
besondere wyse vir Zimbabwe by die Here in te tree.
Die versoek is ook om gedurende die
week van die verkiesings gebedsaksies vir Zimbabwe daar te stel.
Die NG Kerk is volle lid van die
eerste twee liggame en volgens die besluit van die Algemene Sinode 2007 ook in
proses om haar lidmaatskap van die WRK te herstel. Kom ons stel die voorbeeld om saam met kerke
wêreldwyd en landwyd vir ons bure Zimbabwe te bid: wat ‘n wonder dat alle kerke in die
wêreld op een dag rondom hierdie pynlike situasie hande vat!
Baie dankie vir julle aandag op
kort kennisgewing.
Dossier oor Zim uit SA tref ver!
World Council of Churches - News Release
Contact: +41 22 791 6153 +41 79 507 6363 media@wcc-coe.org
For immediate relea)se - 18/06/2008 17:04:38
WCC CALLS ON THE UN TO END VIOLENCE IN ZIMBABWE, ENSURE FREE AND FAIR
ELECTION
In a letter to the UN secretary general, Ban Ki-moon, the World Council of
Churches (WCC) has expressed continued concern about the situation in Zimbabwe
and asked the world body to utilize its resources to assure an end to
pre-election violence in the southern African country and a free and fair
election on 27 June.
The letter, which comes from the WCC general
secretary, Rev. Dr Samuel Kobia, states the dismay of the council and its
member churches "at the news of the brutality meted out by police and other
government forces in Zimbabwe."
Referring to President Robert
Mugabe's statement last week that he would "go to war" rather than
acknowledge an election victory by the opposition, Kobia affirms: "This
attitude on the part of the president undermines the integrity of elections and
belittles the Zimbabwean electorate."
"Where the Mugabe government fails in its responsibility to protect the
Zimbabwean people, the international community must assume that burden; in this
endeavour, the United Nations should assume a leading role", the WCC
letter adds.
Churches in the region report on
atrocities
Accompanying the letter is an extensive dossier
compiled by the Dutch Reformed Church in South Africa about the situation in
Zimbabwe. The dossier was prepared under the leadership of Dr Allan Boesak of
the Uniting Reformed Church in Southern Africa and presents graphic details of
violence as well as a review of materials already released through the media
and other sources.
Kobia says in his letter that
"in light of the reports we have received" the WCC is calling for a
number of steps to be taken including an end to the atrocities as reported in
the dossier. The council appeals to the government of Zimbabwe to assure free
and fair elections, allowing for election monitors and the distribution of food
and other humanitarian aid and calls on the churches in southern Africa to
initiate a healing and reconciliation process immediately following the
elections.
The WCC has invited its member churches
to pray for Zimbabwe on Sunday, 22 June, as the beginning of a season of prayer
for the people and government of the country.
The WCC sent the letter to the UN secretary general on Wednesday, 18 June from
its offices in Geneva.
Full text of the letter:
http://www.oikoumene.org/?id=6044
ENI featured article on Zimbabwe:
http://eni.ch/featured/article.php?id=1995
WCC member churches in Zimbabwe:
http://www.oikoumene.org/?id=4654
Missie Japan : Sendelinge na Japan
Missie Japan is 'n vennootskap van die NG Kerkfamilie en ander meewerkende
kerke wat vanuit Suid Afrika die verhouding met die Reformed Church in Japan
behartig. Dit behels die uitstuur van sendelinge, die uitruil van studente en
dosente, die besoeke en die wedersydse ondersteuning van diens en
getuienisprojekte.
Missie Japan fokus veral op die eiland Shikoku en werk ten nouste saam met
die RCJ Ring van Shikou. Ds Tobie de Wet en sy vrou, Annalie is tans daar
werksaam.
Missie Japan wil graag 'n proses begin om nog sendelinge na Japan uit te
stuur.
Kandidaatsendelinge
Persone wat geroepe voel om as sendelinge na Japan uitgestuur te word, moet
aan die volgende vereistes voldoen:
* Roeping -- sendeling na Japan vereis 'n lewenslange verbintenis
* Jong leraar / leraarspaar
* Vermoë om Japannees aan te leer
* Aanpasbaar in vreemde kultuursituasie en kerklike opset van die RCJ
* Omdat Missie Japan 'n "geloofsending" is, sal gekeurde
kandidate eers moet meewerk aan die daarstel van 'n volhoubare
ondersteuningsbasis voordat hulle finaal uitgestuur kan word.
Aansoeke: Stuur asb voor 30 Junie 2008 na:
Missie Japan, Getuienis Kantoor van die NG Kerk, Posbus 1399, Bloemfontein,
9300
Navrae: Dr. Gideon van der Watt, Tel.: 051 406 6729 / 082 780 8038
Jonges praat hard
oor rassisme, verskille en ware eenheid
Rozanne Els - Die Burger
16/06/2008 09:06:00 PM - (SA)
GOUDINI. – “Ons moet anker lig en vorentoe gaan. Jy kan nie trots wees op
Tafelberg, maar nie op die persoon wat langs jou sit nie.”
Met dié woorde het Surélle Lourens, ’n student aan
die Universiteit Stellenbosch (US), gister in die ATKV se Jeugdag-gesprek by
Goudini Spa haar stem dik gemaak oor Suid-Afrika.
Naastenby 20 jong mense, meestal studente, is
genooi om aan die gesprek deel te neem.
Die tema was: Wat sê jy?
En sê het hulle beslis hul sê gesê.
Dr. Gustav Gous, ’n motiveringspreker, het die
gesprek gelei.
Daar moes lankal maniere gevind word vir mense wat
van mekaar verskil om saam te leef, was die boodskap wat uit die gesprek geblyk
het.
“Die probleme van die jeug hou nou verband met ons
onvermoë om saam te kan leef,” is die mening van Sheraan Amod, een van die jong
mense.
Mense verwag om môre op te staan met ’n “kulturele
IK” wat hulle in staat sal stel om met ander te kan saamleef.
Dít, sowel as die idee van “die ou Suid-Afrika”,
bring saam ’n skeur in die samelewing mee, het uit die gesprek geblyk.
“Daar is mense wat vorentoe beweeg het, maar daar
is dié wat gekies het om in die verlede te bly,” het hulle gesê.
Cobus Pieterse, ’n US-student, meen die
Reitz-voorval in Bloemfontein dien as ’n goeie voorbeeld van Suid-Afrikaners se
mislukking om saam te kan leef.
Verskille bestaan en basta met die res, meen
Willem van Tonder, ook ’n Matie.
“Jy kan nie verskille uitvee nie. Jy moet dit
verdra.”
’n Geforseerde eenheidsproses vererger die
probleem, meen Lourens.
Dié groep se visie vir Suid-Afrika is dat daar ’n
soliede begrip van die verskillende kulture in die land gekweek word.
Verder moet daar respek wees vir individualiteit
en moet stereotipering afgeleer word.
Rassisme in enige vorm moet ook gestigmatiseer
word voordat Suid-Afrikaners, verskille en al, kan saamleef.
Rassisme moet uitgewys word as taboe-gedrag en só
ongewild gemaak word, het van die deelnemers bygevoeg.
Rassisme is nie eie aan enige kultuur of groep in
die land nie – dit dring tot almal deur, meen hulle.
Dit het verder uit die gesprekke geblyk dat ware
eenheid onder Suid-Afrikaners eers bereik sal word wanneer die samelewing as ’n
geheel ’n nuwe identiteit en eenheid aanneem.
Dít, meen hulle, kan gedoen word deur as ’n
samelewing kollektiewe probleme aan te pak.
Onder die voorbeelde wat genoem is, tel die
kragkrisis en xenofobie.
'Put aside racial differences'
16/06/2008 19:26 - (SA)
Johannesburg - Former
president Nelson Mandela in a video address for the country's Youth Day on Monday,
urged South Africans to put aside racial differences. "The struggle for
democracy has never been a matter pursued by one race, class, religious
community or gender among South Africans," he said in the video aired in
Cape Town as part of Youth Day activities.
"As
future leaders of this country, your challenge is to foster a nation in which
all people irrespective of race, colour, sex, religion or creed can ascertain a
social cohesion fully.
"Mindful
of your own challenges, you must continue to promote the principle of
relentless freedom and democracy as it is the foundation upon which issues of
human rights are ingrained."
Kort Werkswinkel: "Begin 'n inter-kulturele
bediening"
'n Geleentheid vir inspirasie en
praktiese riglyne!! Onder leiding
van Martiens Swart [Taakspan van die Diensraad vir Getuienis]
Datum: Saterdag, 2
Augustus 2008
Tyd: 09:00
tot 13:00
Plek: NGNoordoos-Pretoria, Kamferbosstraat 58, Kilnerpark, Pretoria
Wie: Leraars, Kerkraadslede en ander Gemeentelede is welkom
Koste: Gratis Gratis Gratis Gratis
Gratis Gratis Gratis
Dit is die tyd daarvoor ……… Ons het ‘n unieke geleentheid ………… Dit is
ons roeping ………
Laat weet voor 30 Julie as u
kom vir:
* Martiens Swart by 082-416-2247 …
of vir …
Ingelig, intelligent en in die kol – dis Kerkbode
TUG -
Die kerk se vreemde reddingstou
SENDING
- Die hoe en waar van uitreike
ISAK
BURGER – “Ongeloof is sonde”
TEEN-RASSISME
– vra ‘n nuwe Christelike bril
MEDIA
– Leeu brul maar floutjies in nuwe
Narnia-fliek
NUUS
* Winterhoop vir dakloses
* WRK vra leierskap van SA regering
Geniet die lekkerlees Julie-uitgawe van LIG
VOORBLAD:
Die nuwe Sonja Herholdt
is mooier en sterker as ooit. In ’n openhartige onderhoud met LIG gesels Sonja
oor haar nuwe lewe en verhouding.
Allegaartjie
vir gesinne:
● Is speel nog kinderspeletjies? Opvoedkundiges is dit eens: kinders móét
speel.
● Die stryd teen rassisme begin in jóú huis. Om ’n geslag
Suid-Afrikaners op te voed wat nie van swartmense as “hulle” praat nie is die
taak van alle ouers.
● Pa’s ly ook aan die leënes-sindroom. Volgens sielkundiges lei
pa’s net so erg aan die leënes-sindroom. Hier is wenke hoe om die leegheid te
oorleef, en te vier!
●
Wanneer ouers langs die kantlyn uitrafel.
● Elsa en Martelize Kolver: John Vorster se meisiekinders
●
Suzaan Steyn: Ek wil
lewe soos ‘Ant’ Sophie
●
Vergifnis maak
vry
●
Die geskenk van vriendskap
●
Studeer is die
beste geweer.
●
Meer bek as binnegoed - kinders wat byt.
● Kobus Muller: Meer as net ’n groot glimlag
Prettige webwerf vir
Christen-tieners
’n Opwindende nuwe Afrikaanse webwerf vir Christen-tieners met medewerkers
soos die model en branderplankryer, Roxy Louw, en ’n vorige Mnr SA, Dieter
Voigt, is op 1 Junie 2008 geloods. Die webwerf word LIGnet genoem en kan
besoek word by www.lignet.co.za.
LIGnet is ’n verlengstuk van LIG – afrikaanse gesinstydskrif.
LIGnet se inhoud:
● Artikels met onderwerpe wat vir tieners belangrik is
(uitgaan, geloof, selfbeeld, vermaak, aktuele sake, familie, vriende, omgewingsake,
skool).
● Gereelde rubrieke deur bekendes.
·
’n Vermaak-afdeling met inligting oor mode, flieks,
boeke, gospelgroepe, gratis aflaai van MP3’s,
skakels na interessante webwerwe en gratis speletjies.
·
’n Geestelike komponent met ’n berader wat tieners se
vrae antwoord, gebedsversoeke, ’n lys van uitreike waar hulle betrokke kan raak
en ’n kalender van kampe en gebeure soos gospelgroepe se optredes.
·
’n Forum en kletskamer wat hulle die geleentheid bied om
met ander Christen-tieners te gesels.
Vir meer inligting,
kontak René Badenhorst by: tel 021 864 8229 of
per e-pos by
rene@tydskrifte.co.za
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
* Of stuur jou
bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ‘n winterskone Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
Julie-uitgawe van Acta Theologica beskikbaar
Die Julie-uitgawe van Acta Theologica is gratis
beskikbaar by die volgende web-adres: http://www.uovs.ac.za/actatheologica
Inhoudsopgawe: The eschatology of 1 Thessalonians in the light of its
spirituality, Koinonia (Deelgenootskap) - 'n gemis in ons 21ste-eeuse
kerkbegrip, Appropriating the closure of Jesuit missions: Fritz
Hochwälder's Das Heilige Experiment, 'n Empiriese ondersoek na preekvoorstelle
oor Ou-Testamentiese tekste in die Leesrooster van 2005, Psalm 51: Take
not your Holy Spirit away from me, The role of religious values in extending
social protection: A South African perspective, Eunug in die Antieke
Nabye Ooste, Ritual as mechanism for securing life and averting evil among the
Krobo, Die ontwikkeling van 'n strategiese gemeentelike ekklesiologie - Op pad
na 'n missionerende bedieningspraxis, Bouwen aan morgen met het bouwmateriaal
van gisteren: Tobit 7-8 over de rol van geliefden als hoeders en verzorgers van
elkanders psychische kwetsuren, The double call for joy, 'Rejoice and be glad'
(Matt. 5:12), as conclusion of the Matthean macarisms.
Navrae kan gerig word aan Francois Tolmie by tolmief.hum@mail.uovs.ac.za
Die Begeleidingskomitee van die Afrikaanse
Bybelvertalingsprojek gee graag, soos die vertaalprojek vorder, van tyd tot tyd
inligting wat van belang is deur aan die meewerkende kerke. Een van die vrae
waarmee die samestellers van die werkboek vooraf geworstel het, was hoe om
teksgedeeltes in die Ou Testament wat in die Nuwe Testament vertolk word as
verwysings na Christus, aan te dui en nog steeds getrou te bly aan die bronteks
en die integriteit van die teks te handhaaf.
Die versoek wat die Kerklike
Advieskomitee (Die Bybel in Afrikaans) namens die kerke en denominasies wat
Afrikaans as voertaal gebruik tot die Bybelgenootskap gerig het, word in die
vertaalopdrag soos volg saamgevat:
Skep ’n goed verstaanbare,
bronteksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir
voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en
persoonlike gebruik.
Die bedoeling is dat die beplande
vertaling so na moontlik aan die bronteks sal hou en dat dit ook in goeie,
vloeiende, helder Afrikaans sal wees. Die implikasies van die vertaalopdrag is
duidelik: Getrouheid aan die bronteks is van die allergrootste belang. Dit hou
onder andere in dat dogmatiese besinning oor die teks, uit watter oord ook al,
nie in die vertaling opgeneem word nie. Die Hebreeuse, Aramese en Griekse
tekste van die Ou en Nuwe Testament moet self aan die woord kom in die
vertaling en nie die interpretasie van daardie tekste deur dogmatici of soos
dit neerslag gevind het in kerklike leerstukke en geloofsdokumente nie.
Die persone wat die werkboek
saamgestel het, sowel as die lede van die Begeleidingskomitee is deeglik bewus
daarvan dat bepaalde tekste in die Ou Testament reeds in die Nuwe Testament
herinterpreteer word, en wel op so ’n wyse dat dit ’n nuwe betekenis kry. Dit
is duidelik dat die skrywers van die Nuwe Testament ’n dieper, verborge
betekenis vind in sommige woorde en selfs vertellings van die Ou Testament en
dat dit vertolk word as van toepassing op Jesus die Christus se lewe en werk.
Die vraag is dan nou hoe om daardie woorde en dele in die Ou Testament aan te
dui en nog steeds getrou te bly aan die bronteks.
Die besondere aard van die
vertaling waarmee die vertaalspanne tans besig is, is duidelik: Die tekste moet
vertaal word soos wat die eerste lesers en hoorders dit waarskynlik sou
verstaan. Die betekenis soos wat dit vir die eerste lesers en hoorders bedoel
was, moet dus gehandhaaf word. Dit beteken onder andere dat die verborge
verwysings na Christus wat die Nuwe-Testamentiese skrywers in die Ou Testament
gevind het, nie in ’n vertaling neerslag moet vind deur byvoorbeeld hoofletters
te gebruik nie. Die medewerkers aan die vertaling is egter van mening dat die
Nuwe-Testamentiese skrywers se interpretasie en toepassing van bepaalde
teksgedeeltes in die Ou Testament gerespekteer moet word, en daarom is die
werkwyse om by wyse van voetnote in die vertaling van die Ou Testament telkens
aan te dui waar ’n bepaalde woord of sin of langer eenheid in die Nuwe
Testament vertolk is as ’n verwysing na Jesus Christus. Hierdie werkwyse is
goedgekeur op ’n vergadering van die Kerklike Advieskomitee waarop al die
meewerkende kerke en denominasies verteenwoordig is. Die gebruik van voetnote
blyk dus die mees verantwoordelike manier te wees om bogenoemde saak mee aan te
dui.
Mens kan verslaaf raak hieraan...
A prisoner's favorite
punctuation mark is the period. It marks the end of his sentence.
A criminal's best asset is
his lie ability.
Prison walls are never built
to scale.
A thief who stole a calendar
got twelve months.
The two guys caught drinking
battery acid will soon be charged.
While stealing from a blood
bank, the thief was caught red handed.
They tried to keep a
locksmith in prison, but the nut bolted.
What do you call a arrogant
fugitive falling from a building? Condescending.
I wondered why the baseball
was getting bigger. Then it hit me.
Did you hear about the guy
whose whole left side was cut off? He's all right now.
Police were called to a
daycare where a three-year-old was resisting a rest.
A small boy swallowed some
coins and was taken to a hospital. When his grandmother telephoned to ask how
he was a nurse said 'No change yet'.
Sinodale Kommunikasie