Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
18 - 12 Junie 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Lees gerus oor die
uitrol van die A tot Z-Beleid
vir predikante , tee saam met dr Daoud, ‘n vonkeltee en vrouekamp, en ‘n
versoek aan orreliste in hierdie uitgawe.
Vir die orrelis, van die SA
Kerkorrelistevereniging
Algemene Sinode Moderamen besin oor
kerkhereniging
Wat is die historiese verloop rondom
kerkhereniging in die NG Kerk van Oos-Kaapland?
Wat leer ons uit die konsultasie met gemeentes
oor kerkhereniging?
Uitrol van die A tot Z-Beleid :
Bedieningsvreugde vir predikante van die NG Kerk
Ring
van Queenstown reik uit na die jeug met ervaringsleer
Ontmoet
dr Daoud, ‘n dinamiese kerkleier uit die Midde-Ooste
Vir
Vroue: Vonkeltee en Vrouekamp
How Responding to People's needs, hurts
the Church
Zimbabwe:
Skrywe van Henry en Susan Murray
Calvyn
se 500ste geboortejaar in 2009 herdenk
Kaalvoet uit kerk om
armes te help
Evangeliese
Inisiatief teken verskoning aan
Opwindende Nuwe Webwerf Vir
Christen-Tieners
Jonk Live Musiekfees - 29-31
Augustus 2008 Irene Pretoria
Vrae oor ‘n bediening in Kanada?
As my punte nie verbeter nie...
Sondagsrivier-Mond, 2008,D _, B _. Leraar:
Vakant, Posbus 128, Colchester 6175. Skr/Kas: Me Rina Young, Posbus 128,
Colchester 6175, tel/faks (041) 468-0896, sel 082 876 3516, e-pos ngsondagrivier@vodamail.co.za
Kerkgebou: Colchester.
Vir die orrelis,
van die SA Kerkorrelistevereniging
Dis nie aldag maklik om hierdie ‘alleenpad’ van orrelis-wees, te stap
nie. Om altyd gemotiveerd te bly, vra baie van ‘n mens. Ons
sou baie graag wou hande vat en sorg dat u alle nodige inligting bekom, asook
kennisname van geleenthede, waarin nuwe inligting en motivering deurgegee
word. Al wat ek vra is dat u so gou moontlik aan my al u besonderhede sal
deurgee, sodat ons u kan voorsien van alle inligting.
U kan my bel of faks by 041 360 6573 of 082 8777
803, of u kan dit vir my e-pos: jancoetzee@telkomsa.net.
Wat ons van u verlang is: Van, Naam, Posadres,
Poskode, Gemeente, Tel, Sel, E-pos, en Faks.
Laat weet my asseblief gou, want ons het ‘n wonderlike
geleentheid die 20 September en wil graag vir u al die inligting betyds
deurgee.
Baie dankie
Elbè Coetzee
SAKOV – Oos-Kaap
Posbus 10159
Linton Grange
6015
Algemene Sinode
Moderamen besin oor kerkhereniging
Die Moderamen van die Algemene Sinode vergader van 11 tot 12 Junie 2008 te
Benoni om te besin oor die kerkherenigingsproses. So gou ‘n verklaring
beskikbaar is, deel ek dit met julle.
Prof Piet Strauss het tydens dié vergadering
inleidend en oorsigtelik vertel hoedat die Algemene Sinode in 1966 te
Bloemfontein opgewonde was oor die moreel-regverdigbare, prinsipieel
regverdigbare beleid van afsonderlike ontwikkeling. In 1974 het Ras, Volk en
Nasie verskyn wat hierdie beleid beskryf het. ‘n Nuwe klimaat het egter met die
eerste Kerk en Samelewing beleidsdokument van 1986 by die Algemene Sinode
gekom. Die ou beleid kon nie prakties uitgewerk word, en die morele
regverdiging het onder verdenking gekom. Nou is daar ook afstand geneem van die
ou Federale Raad, en ‘n nuwe kerkverband op grondslag van ‘n nuwe kerkorde is
aanvaar. Die gedagte was destyds dat een, nuwe Algemene Sinode gevorm kon word,
terwyl bestaande Algemene Sinodes kon voortbestaan. ‘n Gesamentlike Kommissie
van die vier kerke in die Familie is toe gevorm, maar dit het nie van die grond
gekom.
In 1990 het die Algemene Sinode besluit
kerkhereniging moet voortgaan en is besluit Belhar is nie in stryd met die
belydenisbasis, en opsigself genome nie in stryd met die Skrif nie.
In 1994 is besluit op ‘n gesamentlike kerkverband,
waar verskillende sinodes in Suid-Afrika verneig in een, nuwe Algemene Sinode.
Gaan oor ‘n nuwe kerkverband wat nie die herrangskikking van gemeentes behels
nie.
Die volgende groot beweging kom by die sinode van
2002 - kerkverband is ‘n verband van gemeentes. Art 29 NGB, die kenmerke van
die ware kerk, word in die gemeente aangetref. Verband is die verband van
gemeentes wat volledig kerk is, maar nie die hel kerk nie. Omdat gemeentes kerk
is, kan hulle nie anders as om in verband te tree nie.
‘n Belydenis gaan oor kernwaarhede van die geloof.
Kerkverband het nooit in belydenisse tot uitdrukking gekom nie, maar wel die
eenheid van die kerk. Omdat ons gebind is deur die kernwaarhede van die geloof,
is ons gebind aan almal wat dit bely en glo. Die kerk is nie ‘n vereniging
onder die gesag van die sinode nie. Ons word daartoe gedring tot die waarheid
van die geloof wat ons bely.
By 2004 (Hartenbos) het die sinode rigtinggewende
besluite oor kerkhereniging geneem. Ringe en gemeentes word aangemoedig om na
mekaar te groei. Die ideaal bly een kerkverband. Die finale voorstel oor
belydenis en voorstel moet derhalwe deur twee-derdes van kerkrade goedgekeur
word. Dit dui nie op demokrasie nie, maar op die primêre belang van gemeentes.
Hoewel kerkrade die besluite neem, moet hulle die gemeente konsulteer. Die
sinode hanteer egter die herenigingsproses, omdat elke kerkvergadering optree
in terme van dit wat op sy terrein lê.
Vanuit die terugvoer uit gemeentes blyk dat
indringend besin moet word oor die posisie oor Belhar.
Prof Piet Strauss het verwys na twee artikels uit
sy pen oor hierdie saak - die laaste uitgawe van die NGTT in 2007, en in die
boek Ons Pelgrimstog na Eenheid met
Howard du Toit as redakteur.
Uit die bespreking het geblyk dat die historiese
oorsig ook moet rekening hou met die 1857-besluit van die sinode, wat deur baie
beskou word as die wortel van skeiding in die kerkverband. Ons en die NG
Sendingkerk was immers een. In die historiese oorsig blyk ook dat die gemeente
van die NG Kerk in Afrika, en ander kerke van die familie, deur die NG Kerk
gestig is. Dit verg verantwoording van ons, en ons moet erken dat ons die vrug
van ons eie werk nie in ons midde en in ons verband verwelkom het nie, is gesê.
Wat is die
historiese verloop rondom kerkhereniging in die NG Kerk van Oos-Kaapland?
Ons het voor ons eie sinode in 2007 opnuut bewus geword van die rol wat
Oos-Kapenaars in die negentiende eeu gespeel het om die “swakheid van
sommige”-besluit in 1857 aan te voor. Dit hou verband met spanning wat in die
Katriviervallei ontstaan het na die Katrivier-rebellie. In die omgewing van
Balfour was daar lidmate wat nie saam met lidmate van kleur die nagmaal wou
gebruik nie.
Hansie Schutte het hierdie fassinerende verhaal
van groeiende verlies aan een kerkverband en die soek na die herstel daarvan op
‘n uiters leesbare wyse opgeteken. Julle kan hierdie
artikel op ons webblad naspeur en aflaai.
Wat leer ons uit
die konsultasie met gemeentes oor kerkhereniging?
Nog ‘n verslaggie uit die Algemene Sinodale Moderamen se byeenkoms:
Prof Hennie Pieterse het die terugvoer van gemeentes oor kerkhereniging
deur middel van ‘n steekproef nagegaan en bevindings daaroor gemaak. Volgens
hom is die verdeling - teen kerkhereniging en daarvoor - sowat 50-50. “Oor die
algemeen kom dit voor of daar ‘n amper om die helfte verskil is oor die
voorgestelde kerkherenigingsproses”, sê hy.
Hou in gedagte dat hierdie ‘n kwalitatiewe en nie
kwantitatiewe ondersoek is nie, dit gaan om tendense, versus die tel van
individuele stemme.
Daar is ‘n voorwaardelike aanvaarding van die
Belhar-Belydenis, volgens sy steekproef, sê prof Pieterse. 51% van mense is in
beginsel vir kerkhereniging, maar hulle het probleme met Belhar, die
voorgestelde model, die kerkleiers se styl van leierskap (“dit kom van bo af”)
, die gebrekkige kommunikasie (ons het nie oor al die inligting beskik nie).
Volgens prof Pieterse het 34 temas / kategorieë
uit die steekproef na vore gekom. Gesamentlike projekte, natuurlike en spontane
samewerking en gedeel verantwoordelikheid kom 80 keer na vore. Belhar as
uitsluitend en verdelend kom 77 keer voor.
Respondente voel nie noodwendig negatief oor
kerkhereniging nie, maar verkies eerder assosiasie of federasie as ‘n
strukturele eenheidsmodel. Mense is positief oor die huidige konfessionele
basis en sien Belhar as beleidsdokument eerder as belydenisskrif.
Kommunikasie met gemeentes kom uit die terugvoer
onder skoot. Pieterse beskryf die terugvoer se oordeel oor die kommunikasie as
swak en teleurstellend.
Volgens die terugvoer is daar suspisie oor Belhar,
finansies en eiendomme, die politieke motivering vir die proses en die
tydsberekening en tydsraamwerk.
Volgens Pieterse moet ons nie die negatiewe rol
van die media in die beïnvloeding van mense rondom kerkhereniging onderskat
nie.
Oor die Oos-Kaap bevind Pieterse oor die terugvoer
van die geselekteerde gemeentes as volg: “... kry ons die indruk dat die
gemeentes uit die Oos-Kaap ... samewerking met ons dogterskerke nie net
voorstaan nie, maar reeds (nie-amptelik) verder gevorder het as die model van
die Algemene Sinode.”
Prof Pieterse, het na aanleiding van die
bespreking, ook beklemtoon dat hierdie terugvoer handel oor diegene wat hul
terugvoer neergeskryf en ingestuur het. Kwalitatiewe navorsing genereer
tendense, en mens kan nou verdere kwantitatiewe navorsing op hierdie basis
onderneem. Dit kan nie as ‘n stemming hanteer word nie. Maar die geldigheid van
die navorsing berus daarop dat dit weergee wat mense op grondvlak gesê en
geskryf het. Dit kom van voetsoolvlak af.
Ons kan die navorsing dus beskou as ‘n aanduiding
en ‘n tendens.
Dr Braam Hanekom het sy ongemak uitgespreek met
die tyd en energie wat gebruik word om te vra: “wat sê die mense?” Sinodale
vergaderings moet vra: “Wat sê die Here?” Dié gesprek moet met dringendheid
gevoer word en met mense gekommunikeer word - dit is Gereformeerd.
Prof Pieterse wys daarop dat ‘n beduidende groep
lidmate volgens die navorsing ook so gevoel het: die vraag is wat sê die Here?
Uitrol van die A
tot Z-Beleid : Bedieningsvreugde vir predikante van die NG Kerk
Ongeveer 20% van die NG Kerk se leraars verlaat die bediening binne die
eerste 5 jaar, sê prof Malan Nel vandeesweek by die oorhandiging van die A-Z
uitrolplan aan die ADGO Taakspan vir Predikante-begeleiding. Dit sê mos daar is
iets fout: vir baie leraars is daar nie bedieningsvreugde nie.
Daarom is dit gepas dat ons kerk begin werk het
aan die wyse waarop predikante binne die kerk funksioneer.
Prof Nel het gepraat by die geleentheid waar die interaktiewe
CD waarin die A tot Z-Beleid volledig vir predikante uitgespel word, amptelik
aan die voorsitter van die ADGO, ds André Barlow, oorhandig is.
Hy het ook oor die nuwe dimensies van hierdie
beleid gepraat. Dit is belangrik dat bekwame mense gewerf moet word vir die
bediening, het Nel beklemtoon. God gebruik mense om mense te roep - ons het ‘n
pneumatologie wat sê dat God mense inskakel eerder as uitskakel, ook in die
roeping van mense.
Die bemagtiging van ringe as kleiner
geloofsgemeenskappe om predikante te begelei en te ondersteun - eerder as
sinodes - is ‘n groot prioriteit. Hy dink in hierdie verband aan begrippe soos
broederlike motivering, koördinering en toesighouding.
Die interaktiewe CD kommunikeer die besluite van
die Algemene Sinode, soos vervat in die A tot Z-Beleid, aan predikante. Die
beleid omsluit die kerk se bemoeienis met die predikant vanaf die punt van
roeping en werwing tot en met emeritaat (aftrede).
Die uitrolplan, soos saamgevat op die CD en in ‘n
begeleidende boekie, sal teen die einde van Julie in die hande van elke
predikant en kerkraad geplaas word.
Ring van Queenstown reik uit na die jeug met
ervaringsleer
Marelise Bekker vertel van
Queenstown se ringsprojek rondom ervaringsleer (ek gee so ‘n paar uittreksels
uit hul ringsverslag):
In ervaringsleer kan
mens die mense van opnuut bewus maak van luister vaardighede, om te gee en na
ook regtig weer mekaar te hoor. Die
grootste “gift” wat ons het kan ons deel met mekaar en dit is om keuses te kan
maak en daardeur verantwoordelik te raak……..
Deur verskeie kreatiewe
speletjies en avontuur aktiwiteite te gebruik kan mens hierdie “gift” wat Jesus
vir ons gegee het so gemaklik en sonder persoonlike persepsies vir ander weer
terug gee sodat ‘n positiewe lewens keuse hieruit groei.
Daar’s so baie om julle
te vertel van die nood, sukses verhale of nie….
Die feit staan duidelik
voor ons elkeen dat daar ‘n nood is, begin by ons Huisgesinne wat so gebroke is,
regdeur die skool programme en dissipline wat ontbreek, onnies en leiers wat
depressief is en nie meer hulle werk sien as ‘n bediening nie en ook in die
gemeentes wat leeg raak. Mense is
negatief , hul kyk so negatief na hulself dat hulle geleenthede wat die lewe
bied nie meer raak sien nie en al hoe swaarder dra aan persoonlike dinge
wat nie uitgesorteer word nie. Enige ding wat na hulle kant toe kom is die
antwoord …
Tydens ‘n ervaringsleer
program word daar gepoog om elke kind, onderwyser, predikante, jeugwerkers
sommer enige persoon wat ‘n behoefte het deur sy eie ervaringsreis te neem
sodat hy homself beter verstaan en ook dan ander daardeur kan neem en vir hulle
om te gee. Met elke ervaring word die Woord gebruik as verwysings raamwerk.. Is
dit nie dalk wat ons nou nodig het om weer ‘n positiewe lig te laat skyn wat so
lank onder die maat emmer weg was, veral by ons jeug as deel van ‘n gesin…..
JJ Serfontein, Hexagon,
Hangklip en Queens - en Laerskole is al na uitgereik met die programme en daar is
baie positiewe reaksies by die groepe ontlont. Hierdie programme kon weer
herhaal word hierdie jaar en daardeur is meer kinders, onderwysers en ouers
bereik. Die verskil is duidelik hoorbaar
by die evaluering van programme.
Sienbaar in kinders se gedrag en selfbeeld wat weer blom. Die deur na hul harte om die Verlossing
Boodskap van Jesus Christus te bring is nou soveel makliker.
So min mense maak die
paradigma skuif om dit deel van die bediening in die kerk d.w.s deel van die
kinder, jeug of grootkerk ook te gebruik
Deur die toerusting en opleiding kursus ontdek leiers opnuut die
verskeidenheid in ervaringsleer.
Hierdie projek is nog lank nie klaar nie – solank
ons as NG Kerk besig is met Jesus se boodskap, transformering, vernuwende denke
en doen -solank kan ervaringsleer help met die proses om mense te bereik. Om
mense regtig te kan help om meer en meer bewus te raak van Jesus en ons naaste
se ware Omgee, liefde,…… Ander groepe
soos die VGK kerk, Baptiste, New Life Ministry het ook al kom aanklop vir hulp.
Verhale van hoop:
Definitief die verhaal van ‘n 13 jarige dogter en
15 jarige boetie wat uit ‘n baie onstabiele huis kom; albei kinders is
verkrag. Albei kinders sukkel met
nagmerries en verhoudings in die huis en ook by
die skool. Albei kinders ontvang
ervaringsleer terapie en albei kinders lig al weer hul koppies omhoog om jou in
die oë te kyk. ‘n Swart skool wat tydens
‘n kamp deur die proses van ervaringsleer is het die hele skool by ‘n program
betrek om nader aan mekaar te kom maar ook in die proses die Evangelie te
ontdek.
Baie dankie aan die Sinode wat hierdie projek
ondersteun en dit moontlik maak om ook vir die jaar 2007/8 verder te kan werk aan hierdie projek. Ons sal jul op hoogte hou van die verhale van
hoop. Nog ‘n keer baie dankie vir die bedrag wat vir die projek beskikbaar
gestel was tydens 2007/8.
Ontmoet dr Daoud, ‘n dinamiese kerkleier uit die
Midde-Ooste
Carl Crouse nooi ons almal na die
volgende geleentheid:
OGGENDTEE met Dr Daoud (aangebied deur Ring van Algoa)
Woensdag
25 Junie 2008, NG Kerk PE-Wes, 10:00
Kaartjies:
R25
of RSVP
aan Carl (0834637462) voor 22 Junie.
Dr Daoud
Hy het in die Suide van Amerika grootgeword as die kind van Egiptiese ouers
wat daarheen verhuis het. Na skool het hy Teologie gaan studeer en vir ‘n
paar jaar as ‘n leraar in die Southern Baptist Church gewerk.
Hiervandaan is hy ___ toe waar hy vandag nog
as een van die vaders van die moderne ____ kerk beskou word.
Hy is tans woonagtig in ____ vanwaar hy die
Area Direkteur van die International Missions Board is. Dit beteken dat
hy regdeur die Midde Ooste en Noord Afrika reis en ‘n baie goeie verstaan het
van die kwessies wat in hierdie streek ter sprake is.
Hy en sy vrou het ‘n sterk bediening onder mense
wat vanuit ‘n Moslem agtergrond tot bekering gekom het. Hulle saam vorm
ook ‘n span wat skryfwerk oor Islam en vir Moslems betref.
Hy dien op die Raad van Veritas College NAMO
(Noord Afrika, Midde-Ooste) en die leraars van die Ring van Algoa wat laas jaar
Egipte toe is, het die voorreg gehad om hom te ontmoet. Hy het ‘n groot indruk
op ons gemaak deur sy wysheid, nederigheid en toewyding.
Die Here het ons gewys dat Hy besig is om ‘n brug
te bou tussen die kerk in Suid Afrika en Egipte, om sodoende die Evangelie te
bring na die hele NAMO gebied. Ons wil graag NGK leraars en lidmate uitnooi om
‘n oggendtee met Dr Daoud by te woon.
(Skuilnaam gebruik en plekname uitgehaal vir sekuriteitsdoeleindes)
Missie Japan Nuusbrief
Lees die Junie 2008-uitgawe van die Missie Japan
Nuusbrief, wat o.a. meer vertel oor Tobie en Annalie de Wet.
Vir Vroue: Vonkeltee én Vrouekamp
Hier is twee afkondigings van die NG
Kerk PE-Heideveld
1. VONKELTEE met
ANNELIE
Saterdag 21 Junie - 9.30vm
Kerksaal NG Kerk Heideveld -
Dundeeweg - Rowallan Park
Koste: R40.00 per persoon - RSVP 17/06/2008 - 041-371 2435
Navrae: Annette 084 549 2525
2. HEIDEVELD - VROUEKAMP 2008 - "Vrouwees: 'n Uitdaging"
Datum: 8 - 10 Augustus 2008 @ Jeffreysbaai. (Vrydag 5nm tot Sondag 12uur)
Koste: R170 - R210 afhangende van verkose verblyf, etes ingesluit
Deposito: R100 met bespreking. Sluit datum 15 Julie asb!!
Feminaar, musiek, pret, eietyd & ontspanning, vervulling, motiverend,
kameraadskap
Kom geniet die naweek saam met ons en ervaar jou vrouwees******
Navrae: Annette 084 549 2525 of
kerkkantoor 041 371 2435
How
responding to People's needs, hurts the Church
Elizabeth I. Steele, in ‘n publikasie
van die Alban Instituut verskyn:
Defining the church’s
ministry by responding to people’s needs is a common notion; but, because of the
blurred line between want and need, no matter how much we speak of needs or
perceived needs, it puts the church in the position of being defined not by its
faith or history but by people’s wants. This trivializes the church, its
mission, and its outreach. It eviscerates the heart of the church’s message and
cuts the church off from its identity as the people of Christ. But the
attitudes engendered in people who come to congregations expecting the church
to make meeting their needs (or, more likely, their wants) a priority also harms the church. Simply put, when we say the church is to
meet people’s needs, many people personalize that message. They hear, “If I go
to church, those folk will take care of me.” In selling the church as a place
where people’s needs are met, we draw people for whom there is, at least in
their perception, an implied promise that if they come to the church it will
provide them with what they think they need. The measurement of a
congregation then becomes personal: “Is it meeting my needs?”
These
needs are not limited to the basic needs of food, safety, and shelter. In all
but the poorest congregations, members tend to meet those needs on their own.
More often people turn to the church for emotional and spiritual well-being.
They envision the church providing what they think they need to ensure
contentment and satisfaction. Their confusion between needs and wants means
their attitude often becomes not “Is this congregation meeting my needs?” but
“Is this congregation giving me what I want?” They come believing the church
will have as its priority, in terms of time and effort, taking care of whatever
they feel is important. They require the church to respond to them personally.
They believe it is the church’s job to listen to them, act on their ideas, and
support their beliefs. Other aspects of the congregation’s life, other things
it might be doing, are strictly secondary to the parts that impact them
directly. So, if their concern is children’s ministry, they aren’t interested
in outreach to singles or empty-nesters. If their interest is in traditional
music, contemporary hymns or a praise service will be deemed unimportant. At
best, they will treat such activities with disinterest. At worst, they will see
such endeavours as detractions from their concern that should therefore be
eliminated.
What
happens when these people feel their needs are not being met? That is, what
occurs when they do not get what they want? They believe the church is letting
them down. It is failing to do as promised, which they see as a breach of
contract. In response, they may leave, or they may challenge whatever is
happening and whoever is in charge until the promised care-taking and attention
are provided.
A Sense of Entitlement
Jesus said, “The Son of Man came
not to be served but to serve, and to give his life as a ransom for many”
(Matthew 20:28). He also said, “If anyone would come after me, he must deny
himself and take up his cross and follow me” (Matthew 14:24). Christian faith
has always been about giving, not receiving. Those who expect the church to
respond to their needs—no matter what—frequently have little interest in doing
for others. They came to be cared for, so they see being asked to help others
as changing the rules. The signs of declining commitment noted by many
pastors—lower rates of worship attendance, pledging, and other forms of
participation—indicate this emphasis on receiving. So do the requests, ranging
from minor to impossible, that people feel free to make of congregations and the
often extreme reactions they have when a congregation does not do as they desire. The underlying thinking appears to be this: The
church is supposed to care for my needs, so I can ask whatever I desire of the
church. It does not matter whether or not the congregation knows me, nor does
the difficulty of my request matter. I do not need to cooperate or be flexible.
It is the congregation’s duty to respond, giving me what I want the way I want
it.
A Source of Disruption
Churches include people who
are not only troublesome and disruptive but who also feel free to attack,
diminish, and destroy church leaders, including and especially pastors. A
portion of the blame for such disruptive conflict must rest with the needs
definition of ministry. As mentioned above, when people believe the church is
to care for their needs and it is not doing so, they feel free to become
increasingly disruptive until they get what they want. The same expectations
for personal response are applied to church leadership: If I believe the
congregation is to care for my needs, then so are the congregation’s leaders.
They are to visit me when I want to be visited and stay away when I don’t. They
are to share my concerns and interests, make sure the kinds of programs I want
are available when I want them, and design worship to include the kind of music
I like. The expectations are even greater for pastors: Pastors should preach
sermons I approve of. Their prayers should be neither too long nor too short
and should cover the topics I consider important. They should be available
whenever I want them.
No
one can meet such expectations for every member of the congregation. Sooner or
later the congregational leadership will disappoint someone. When that happens,
the disappointment is again treated as a breach of contract. The church is
failing to do what it is supposed to do and the disappointed member feels free
to challenge the guilty leaders until they capitulate.
Misplaced Loyalties
One of the ironies is that, while
some pastors are attacked no matter how much they do, others are defended
despite misconduct. Indeed, there are almost always members strongly
championing their pastor even in the face of extensive evidence of egregious
misconduct. Part of this is the natural denial of grief. When misconduct is
first discovered, it is hard to believe. As the evidence mounts, however, the
support continues. Because the needs mentality encourages people to measure
pastors by what they personally receive, it encourages such misplaced support.
Just as it does not matter what a pastor is doing for others if my needs
are not being met, so it does not matter what a pastor is doing to
others if my needs are being met. Misconduct thus becomes unimportant
when it does not affect me directly.
Changing Our Language
“Need” is an elastic term.
Many congregational ministries could be placed under it. If the needs aren’t
physical, they are emotional or spiritual. The problem with the idea of
ministry as responding to people’s needs is not in what congregations do but in
how people come to think about the church. It reduces the church to a service
provider whose clients/recipients are free to complain whenever they are
dissatisfied. Lost is the idea of people being and becoming the church. Lost is
the understanding of the church as a community of faith whose members struggle
together to draw closer to God and to express that closeness in how they live
and interact with the world.
To
counter this, a shift in thinking is called for, and this shift must be
reflected in our language. There are other, richer ways of speaking about
ministry and mission than just talking about needs. Congregations that move
beyond that language find that their self-understanding expands. As a
denominational representative, I worked with one congregation that had been
through a disastrous two-year pastorate. As we talked, I asked them who
benefited from their existence and how. They answered solely in terms of trying
to respond to community needs—providing a preschool to help young families, and
helping the homeless who came to their door. We then spoke of what tied them
together as a church. They spoke of shared bonds of fellowship and growing
together in faith, of the importance of worship in their lives. The word “need”
was never mentioned. I pointed out they had just described two different kinds
of pastors, and that pastors whose primary emphasis was responding to community
needs used their time differently than those whose primary concern was
nurturing a community of faith. As we reflected on the priorities of a pastor
focused on needs, one of the congregants spoke up, “That’s what we just got rid
of,” he said. From this conversation and others, the congregation came to
realize that the center of their life was not to respond to community needs but
to be a community of faith. They changed their self-description and pastoral
expectations. They still have the preschool and feed the homeless, but now they
do it as an expression of their life as a community of faith.
Looking
at spiritual gifts is another way to move beyond the “needs” mentality because
it reminds people that they have much to give. One congregation I worked with
as an interim pastor had a twelve-week new members’ class. From the very first
session, new members were asked how they would share their gifts. At the last
session they were not only asked to fill out a financial pledge card but also
to complete a spiritual gifts inventory and describe where and how they would
be involved in the life of the congregation. The whole twelve-week program was
designed to remind them that they were becoming participants in the church, not
just recipients of it.
Reclaiming
the language of call is another way to inspire a new awareness of purpose. As
an interim minister, I often introduce congregations to Fredrick Buechner’s
comment, “The place where God calls you to is the
place where your deep gladness and the world’s deep hunger meet.” The wonder is
how much this quote changes congregations’ understanding of mission. They stop
trying to duplicate what another congregation does well and begin to consider
what they can do. They stop looking for someone to tell them what to do and
start generating ideas themselves. Best of all, ministry moves from being
something they are supposed to do to being a celebration of their own call.
Adapted from
“How
Responding to People’s Needs Hurts the Church” from the Spring 2008 issue of Congregations magazine.
Copyright ©
2008, the Alban Institute. All
rights reserved. We encourage you to share Alban Weekly articles with
your congregation.
Zimbabwe: Skrywe van Henry en Susan Murray
Ons nuus en verslae kom na jou teen die agtergrond van politieke
onsekerheid, maar veral onrus. Vorige keer was daar so 'n straaltjie optimisme,
maar teen hierdie tyd is daar heeltemal niks meer oor daarvan nie. Oor ongeveer
'n maand is Zimbabwiërs veronderstel om weer 'n keer hulle stem uit te bring.
Die groot vraag in gewone Zimbabwiërs se harte is
of die volgende vier weke wat vir ons voorlê, vir almal die kans sal gee om
vreedsaam hulle gang te gaan, politieke byeenkomste van hulle keuse by te woon
en hulle stem uit te bring op 27 Junie. En natuurlik die versugting dat 28
Junie en verder aan 'n tyd van vrede en rus sal inlei.
Weens die mislukking van die landbouseisoen in
Zimbabwe, begin al hoe meer gesinne rondom Morgenster ly aan voedseltekorte.
Vir meeste van die deursneë-plattelanders is dit eenvoudig net nie meer
moontlik om kos in 'n winkel te kan koop nie - wat hulle eet moet hulleself produseer
of deur ruilhandel van hulle bure kry. Dit wat (soms) in die winkels is, is
onbekostigbaar. En die groot nie-regeringsorganisasies soos CARE, World Vision
en die VN se World Food Programme word tans eenvoudig glad nie toegelaat deur
die regering om voedsel te versprei nie. As hierdie situasie nie verander nie,
sal ons in Masvingo-provinsie oor twee maande 'n hongersnood in die gesig
staar..... Voedsel is hier lankal verpolitiseer.
Wat die Kweekskoolstudente betref, raak die
situasie vir hulle nou haglik. Hulle toelaes wat hulle van die RCZ ontvang, het
eenvoudig net nie meer genoeg koopkrag nie. Hulle familielede kan ook nie meer
bybly met die aanstuur van kos nie, omdat hulle self swaar kry. Op die oomblik
lyk dit of die enigste oplossing vir ons is om maandeliks kosvoorraad vir die
80 stuks persone op Musina te koop, dit in te voer en dit dan hier aan die
studente en personeel, sowel as hulle afhanklikes, uit te deel.
Die Kommissie vir Getuienisaksie (KGA) van die
familie van NG Kerke in die Wes- en Suid-Kaap ontvang en bestuur bydraes van
enigiemand wat graag wil bydra tot die noodleniging aan mense op en om
Morgenster. Die KGA sal alle bydraes behoorlik erken.
As jy voel om 'n bydrae te maak, moet jy asseblief
'n cc-epos stuur aan die KGA by henslin@kaapkerk.co.za , aan
Susan Murray by hensansjm@gmail.com
en aan Henry Murray by hensan11@gmail.com
Jou deposito moet ook asseblief hierdie verwysing
hê: Morgenster Nood. Die bankbesonderhede van die KGA:ABSA Bank,
Adderleystraat, KaapstadNaam van rekening: N G Kerk in SA Rekeningnommer: 360
740 579Takkode: 312 109Verwysing: Morgenster Nood
Ons is baie jammer oor die voorvalle van
vreemdelingehaat wat in Suid-Afrika plaasvind. Mag die Here vir julle wat daar
woon, help om self simbole van versoening te wees in julle gemeenskappe,
vredemakers wat met woord en daad bewys dat julle Sy liefde uitleef en uitdeel
aan elkeen rondom julle.
Tot volgende keer,
Henry en Susan Murray
Calvyn se 500ste geboortejaar in 2009 herdenk
Johan van der Merwe (van George) vertel:
Volgende jaar is 'n groot feesjaar vir almal wat
ons gereformeerde erfenis kosbaar ag. Die 500ste herdenking van Calvyn se
geboorte word dan internasionaal gedenk.
Hopelik sal daar ook hier te lande besondere
geleenthede geskep word om die reuse-bydrae van Calvyn tot 'n Bybelgetroue
teologie en 'n lewe van deurleefde dissipelskap vars onder die aandag van
veral kerklidmate te bring.
Daar word o a uit die VSA - dalk ook uit ons eie
land - spesiale toere na Europa beplan om historiese plekke wat verband hou
met Calvyn en die Hervorming te besoek, voorwaar iets om in gedagte te hou vir
diegene wat lankal mik om oorsee te gaan vakansie hou. Versamelaars van
gedenkmunte kan gaan loer by http://www.calvin500.org/index.html . En
by http://www.johannescalvin.de/ is
daar o a 'n uitnodiging aan diegene met die nodige begaafdheid om 'n lied te
komponeer waarin God gedank word vir die manier waarop Hy vir sy kerk gesorg
het deur Calvyn aan ons skenk. Hier en daar kan 'n mens ook inligting kry oor
cd-opnames van gereformeerde kerkmusiek uit die tyd van Calvyn of in elk geval
deur hom geïnspireer. Heelwat publikasies oor Calvyn [boeke, artikels] is in
beplanning en in hierdie verband sal goeie bydraes seker ook uit Suid-Afrika
nie ontbreek nie.
Les bes, om solank jou dors na al die
feestelikhede te les, sal jy moontlik 'n besoek aan http://www.calvinus.ch/ geniet.
Ene C van der Merwe skryf op die Litnet-Blog:
Trauma word gekenmerk deur die uitmekaar val van
‘n lewensverhaal, het ek in ‘n vorige blog gesê. Die manier waarop die lewe
vroeër vir jou inmekaar gesit het, maak nie meer sin nie; “I have lost the
plot”, kla mense dikwels. Dit gaan saam met ‘n gevoel van verlies, die treur
oor iets kosbaars wat verlore is.
Maar wat maak jy nou van ander soort “trauma”, ‘n
lewensverhaal wat geleidelik, stilletjies, uitmekaar val, sonder dat mense
bewus is van die verlies? ‘n Student bring vir my ‘n artikel geskryf deur David
Loy, “The religion of the market”. Daarin beweer Loy dat tradisionele
godsdienste die laaste tyd geleidelik plek gemaak het vir ‘n nuwe god - dié god
is materialisme, sy teologie is die ekonomie, die “shopping centres” is sy
tempels, sy hoogste waardes is wins en besit. Dit bied ‘n sekulêre verlossing,
geluk lê in ‘n bankbalans, en hemel en hel is op die aandelemark. Die val van
die Kommunisme het wêreldwyd aan hierdie godsdiens ‘n finale, skynbaar
onkeerbare krag verleen.
“Human
values are reduced to a calculus that maximizes pleasures ... and minimizes
discomfort”, sê Loy. “Our humanity is reduced to a source of labour and a
collection of insatiable desires ... Does this leave any place for the sacred?
For wonder and awe before the mysteries of creation?” Die “insatiable desire”
is “a human trait that is unsavory at best and unambigiously evil at its
worst”. Die
onversadigbare honger stuur af op ontnugtering, omdat groter rykdom nie groter
geluk kan waarborg nie - inteendeel.
Die weg wat die groot godsdienste aandui, staan
direk teenoor hierdie materialistiese godsdiens. In ‘n vorige blog het ek
vertel van Martinus Versfeld en van Lao-Tse; in ‘n volgende een vertel ek meer.
Bron: David R Loy: The religion of the market. Journal of the American
Academy of Religion, vol 65, no 2 (Somer 1997), pp. 275-290.
Kaalvoet uit kerk om armes te help
Burger, 2.6.2008
Honderde gemeentelede het gister ná ’n oggenddiens van die
Rant-en-dal-gemeenskapskerk hier kaalvoet uitgestap nadat ’n dominee hulle
gevra het om hul skoene vir die armes agter te laat. Ds. Jannie Pelser,
predikant en stigter van die Jesus-projek, het dié versoek gister aan
gemeentelede gerig. “Dit was iets om te sien. Daar was net kaalvoete waar jy
kyk,” het ’n gemeentelid gesê. Dié versoek het gemeentelede onkant gevang
en ’n spontane handeklap uitgelok toe skoene van alle kleure en groottes op die
kerk se verhoog by die preekstoel neergesit is: van babaskoentjies tot moderne
stewels en stapskoene. Gelowiges het gehoor “hul wapenrusting is skoene
aan hul voete waarmee hulle die evangelie verkondig” en dat hul “draers van
goeie nuus” moet wees aan “gevangenes, moedeloses en gebrokenes”. As ’n
mens sonder skoene is, voel jy broos, het Pelser gesê. “Die Here wil hê ons
moet broos en afhanklik wees.” Volgens Pelser het die gemeente nie geweet hy
gaan hulle vra om hul skoene uit te trek nie, maar hy het vooraf vir hulle ’n
SMS-boodskap gestuur en gevra om stapskoene kerk toe aan te trek. Die
meer as 100 pare skoene sal vandag aan slagoffers van xenofobiese geweld in
vlugtelingkampe geskenk word. – Amanda Roestoff
Evangeliese Inisiatief teken verskoning aan
Die volgende
apologie is van die Evangeliese Inisiatief (EI) ontvang:
Beste Broer en
Suster,
Die EI het ’n
Uitvoerende Komitee vergadering gehad. Tydens die byeenkoms is die volgende
verklaring opgestel na aanleiding van die laaste Predibrief waarin sekere
persone se name genoem is. Ek gee graag ons opregte apologie aan julle deur.
Verklaring:
Die EI het kennis geneem van die ongelukkigheid wat veroorsaak is deur die
brief wat aan predikante gestuur is en wat die name van sekere persone bevat
het.
Die EI is opreg jammer oor hierdie gebeure en bied sy verskoning hieroor
aan teenoor die Kuratorium en die dosente.
Die EI se beleid is nie om persone in die openbaar te diskrediteer nie, maar
om standpunt in te neem teen dwalinge en positief en gebalanseerd die
Skrifwaarhede van die Evangelie aan die groot klok te hang.
Mag die Here se seën oor jou lewe en
bediening rus en mag die werking van die Heilige Gees steeds nou na Pinkster
voortgaan in jou lewe en bediening. Ons loof die Here vir getuienisse van nuwe
vlamme wat oral oor die land besig is om op te vlam waar die liefde van
Christus mense se lewens aan die brand steek.
Saam in Sy Diens
Die Uitvoerende Komitee van die EI.
Opwindende Nuwe Webwerf Vir
Christen-Tieners
‘n Opwindende nuwe Afrikaanse
webwerf vir Christen-tieners met medewerkers soos Roxy Louw en Dieter Voigt is
op 1 Junie 2008 geloods. Die webwerf word LIGnet genoem en kan besoek
word by www.lignet.co.za
LIGnet is 'n verlengstuk van Suid-Afrika se enigste Afrikaanse Christelike
gesinstydskrif, LIG. Volgens me Adri-Louise van Renen, redakteur van LIG,
dra dié tydskrif die belange van die totale uitgebreide gesin op die hart. “Ons
wou graag iets besonders vir ons tienerlesers skep en só het LIGnet
ontstaan.”
René Badenhorst,
webredakteur van LIGnet, sê dié webwerf daag Christen-tieners uit
om voluit te leef. “LIGnet is dié internet-uithangplek vir
Christen-tieners en bied 'n positiewe alternatief in die kuberruim. Die
webwerf praat tienertaal en bied ‘n wye verskeidenheid.”
LIGnet bestaan uit ‘n unieke samestelling
van:
*
Artikels met onderwerpe wat vir tieners
belangrik is (uitgaan; geloof; selfbeeld; vermaak; aktuele sake; familie;
vriende; omgewingsake; skool). Artikels word geskryf deur op-en-wakker
Christen-tieners en ander jongmense wat nog onthou hoe dit is om ‘n tiener te
wees.
*
Gereelde rubrieke deur bekendes soos Roxy
Louw en Dieter Voigt (Mnr SA 2007).
*
‘n Vermaak-afdeling met inligting oor mode,
flieks, boeke, gospel “bands”, gratis aflaai van Mp3’s, skakels na interessante
webwerwe, gratis speletjies en baie meer.
*
‘n Geestelike komponent met ‘n berader wat
tieners se vrae antwoord, gebedsversoeke, ‘n lys van plekke waar hulle by
uitreike betrokke kan raak en ‘n kalender van kampe en gebeure soos gospel
“bands” se optredes.
*
‘n Forum en “chatroom” wat hulle die
geleentheid bied om met ander Christen-tieners te gesels.
Jonk Live Musiekfees -
29-31 Augustus 2008 Irene Pretoria
Die reëlings vir die NG Kerk se
groot musiekfees vir jongmense en gesinne is in 'n finale stadium. Name soos Retief
Burger, Louis Brittz, Vertikaal, Stass, Leza Liversage, Julian Manuel en Jan
Hogendyk is by die Fees te siene. Die nuwe Luidkidz DVD word ook by die Fees
vrygestel; gemik op laerskool kinders.
Gemeentes se
musiekgroepe het nog tot 30 Junie om in te skryf
vir die Dagfees, terwyl nuwe komponiste ook hul nuutskeppinge oor die
tema HOOP kan inskryf tot op dieselfde datum. Besprekings vir die Fees kan soos
volg gedoen word. 'n Naweekkaartjie (wat die totale Fees program, toegang en
verblyf insluit) kos R220 (Tent p.p) of R300 (Houthuisie p.p). Besprekings
hiervoor kan gedoen word by die Algemene Sinode se kantore (0027 12 342 0092 of
jonk@ngkerk.org.za). Dagkaartjies (wat jou vir die Vrydag of Saterdag toegang verleen) is
teen R70 by www.itickets.co.za beskikbaar. Gemeente jeuggroepe moet asb so gou as moontlik hul
groepbesprekings doen by die Algemene Sinode se kantore!
Dit gaan 'n
wonderlike gebeurtenis wees! Moet dit nie misloop nie. Alle inligting is
beskikbaar by www.live.jonk.co.za .
Prof Pieter
Coertzen van die Universiteit van Stellenbosch skryf:
Dear Colleague/Friend
The
Continuation Committee for the Proposed Charter of Religious Rights and
Freedoms for South Africa herewith (see
attached document) presents you with the amendments (marked in red)
which was taken up into the Proposed Charter on 29 May 2008. On that day the Continuation Committee met to
discuss all the comments that we received on the draft of 14 February. We wish to thank every person that sent us
comments and suggestions and we want to ensure you that we considered every
comment and suggestion very seriously.
Thank you also for the very positive comments and helpful suggestions
that we received, in fact we did not receive a single negative comment on the
Proposed Charter.
May
we please ask for your comments on the
amended Charter before 1 August 2008. If you already at this stage can endorse the
document we ask that you please inform us.
We are planning on meeting a few more groups before the cut off date,
above, and if such meetings produce substantive change to the Charter, we shall
send those on to you as soon as possible thereafter.
May
we further please ask for a final
endorsement of the document by your religious institution, denomination or organisation not later
than 30 September 2008. After that
date we are considering a
meeting where the document can be publicly signed by
representatives of the various religions and denominations in South
Africa. Please comment on this idea as
well, as its success depends completely on your support. Your views on the process that should be
followed from here on to recruit the maximum support for the Proposed Charter
will also be appreciated.
Please
respond to me at pc@sun.ac.za
or wriek@sun.ac.za
tel 021 887-2619. You can also contact me
if you need any further information
We
believe the Proposed Charter is a very important matter for all religions and
for the whole of South Africa and that we as religious communities
have a big responsibility to make a contribution to freedom of religion in our
country through such a Charter of Religious Rights and Freedoms..
We
look forward to hear from you.
Kind regards
Prof Pieter Coertzen
Chair of Continuation
Committee
University of Stellenbosch
Tel 021 887 2619
9 June 2008
(Klik hierdie
skakel vir die jongste weergawe van die konsep-handves - Junie
2008.)
Deodat Ondersteuningsdienste het ’n nuwe gesig op sy
webtuiste gekry. Dit is baie meer omvattend en ons dienste word soveel beter
beskryf. Ons het die afgelope jaar ook ’n hele verskeidenheid produkte
ontwikkel, soos wat ons tegnologie ontwikkel het, en dit is nou beskikbaar teen
baie redelike pryse. Die webtuiste (Dienste) was ook voorheen net in Gauteng
beskikbaar, maar dit (die dienste en produkte) is nou landwyd beskikbaar.
Daar is nou ook weekliks ’n asemskepper wat vir predikant
en lidmaat stof tot nadenke sal wees. Om eentonigheid te vermy, vra Deodat of u
nie wil betrokke raak in die skryf van boodskappe vir die asemskepper nie. Die
boodskap moet ongeveer 1½ tot 2 getikte bladsye (Word formaat) wees. Vir elke
boodskap wat gebruik word, word die skrywer vermeld en Deodat betaal ook ’n
R100,00 per boodskap aan die skrywer daarvan. Kontak ons gerus vir meer
besonderhede indien u sou belangstel. (dink net hoe al die ou preke vir u kan
geld maak).
Sal u asseblief ook so vriendelik wees om hierdie
webtuiste in u gemeente bekend te stel by wyse van u gemeenteblad of per
bekendmaking op watter manier ookal. Ons voel dat daar baie produkte is wat die
gewone lidmaat baat sal by vind.
Indien u graag pamflette wil bekom wat u in die gemeente
kan versprei, is u welkom om ons te kontak. Ons voorsien dit kosteloos aan u en
sal dit ook op eie koste by u gemeente kry.
Gaan kyk gerus na die webtuiste by http://www.deodat.co.za
Indien u enige gedagtes het rondom die verdere
ontwikkeling of verbetering van die webtuiste, kontak ons asb. by deodatsupport@deodat.co.za.
Vriendelike groete
Pieter C van der Merwe
Deodat Ondersteuningsdienste
Teerstraat 204, Posbus 53350, Wierda Park, 0149
Tel.: (012) 654-5451 Faks.: (086) 514-0678 Sellulêr:
(084) 622-6297
E-pos: deodatsupport@deodat.co.za Webwerf: http://www.deodat.co.za
Vrae oor ‘n
bediening in Kanada?
Verlede week het iemand gevra of dit
reg is om dominees aan inligting te help om in die buiteland te gaan bedien?
Wil ons hulle help emigreer uit die plek van hul primêre roeping?
Ds Deon Slabbert,
vroeër van die Gamtoosvallei, en nou in die bediening in Kanada, skryf hieroor:
“Jou roeping is elkeen se persoonlike
saak voor die Here. Elke leraar se omstandighede verskil. Ek het 'n
baie duidelike roeping gehad en is amptelik beroep na twee gemeentes in
Kanada. Ek sou in Afrika gebly het as ek nie hiernatoe beroep is
nie. Ek was nie van plan om te bedank en Kanada toe te immigreer
nie. Ek het gewag en die wil van die Here hierin gesoek. "Immigrasie
is nie vir sissie nie." Die Here het voorsien dat ons dinge
wonderlik uitgewerk het. Ek stel myself bereid om vrae te antwoord van
ouens wat wil navraag doen, ek torring nie aan mense se roeping nie en ek
motiveer hulle ook nie om Afrika te verlaat nie.”
Deon is ‘n Oos-Kapenaar sonder bedrog,
én van formaat. Hy is bona fide. Julle kan Deon kontak by revdeons@shaw.ca
Ek het Deon gevra om vir ons iets neer
te pen oor sy ervarings in Kanada. Sy opmerking, “immigrasie is nie vir sissies
nie”, maak mens nuuskierig om te hoor hoe die Here hulle as gesin daar vêr
gebruik. Mens dink sommer terug aan die baie Hollandse, Skotse en nog ander
dominees wat die Here uit Europa na ons land geroep het en die belangrike rol
wat hulle gespeel het in die vestiging van die evangelie hier. Dis presies hoe
die NG Kerk se sendingywer gebore is, sodat nie net die kerk nie, maar groot
dele van Afrika by hierdie immigrante gebaat het.
Lees in die jongste uitgawe van Kerkbode:
Xenofobie: die humanitêre ramp is skande!
Waarom mense steeds kan glo – ‘n antwoord aan George Claassen
Ek het my geloof teruggevind – Joan Hambidge
Biskop Paul Verryn – ‘n barmhartige Afrikaan
EI en Tukkies grom steeds vir mekaar
Eerste ekumeniese byeenkoms vir dowes word gehou
“Tsoenami” wag op mensdom oor internet-seks” – Patrick Carnes
Cecile Cilliers: steeds geseënd op 75
Wat maak ‘n dominee “goed”?
Hoe los die kerk sy probleme op?
God se boerderybeginsels kan groot “mens-oes” oplewer
Kruisgewys praat padlangs oor rassisme
Die
jongste uitgawe van Kruisgewys is pas
aan alle NG-dominees en Afrikaans-sprekende leraars van die VGK gepos
(2 084 eksemplare).
Dié uitgawe
word aan rassisme as onderwerp gewy "omdat die Moderamen van die Algemene
Sinode van die NG Kerk met bekommernis kennis geneem het van die voortslepende
rassisme van alle kante wat voortgaan om verhoudings in ons samelewing te
vertroebel", skryf dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris, in die
redaksioneel.
"Die Moderamen is oortuig
dat die NG Kerk graag méér wil doen om lidmate op die pad van versoening en die
bekamping van rassisme te begelei."
Die uitgawe bevat boeiende
artikels oor gemeentes soos Kovsie-kampus wat met 'n multikulturele bediening
begin het, en 'n Ghanese prediker wat in die PE-middestad 'n vennootskap met
die NG Gemeente PE-Sentraal gevorm het. 'n Prokureurslidmaat skryf oor rassisme
vanuit 'n nie-dominee se perspektief en vra onder andere:
"Ek mag myself troos met die gedagte dat ek nie 'n
rassis is nie, omdat ek nie aktief aan die grappe, e-posse en SMS'e meedoen
nie. Ek ondersteun immers sending in Transkei en Mosambiek en aksies onder
straatkinders in Port Elizabeth. Ek gee geld vir vigswesies en vir 'n sopkombuis
in 'n swart gebied. Maar hoekom stuur mense wat my ken steeds van tyd tot tyd
vir my uiters rassistiese SMS'e of e-posse? Hoekom vertel 'n vriend 'n
rassistiese grap vir my by die braaivleisvuur? Is ek aandadig aan die skep van
'"veilige ruimtes" waar dié soort goed maar kan plaasvind?"
Kruisgewys se artikels is ook elektronies beskikbaar op www.bybelmedia.co.za of by www.gemeentes.co.za (die
webtuiste van die Gemeentedienste-Netwerk GDN).
Lekker eietydse Bybelstudiegids – bestel dadelik
Magla – die dogter wat buite die boks
gedink het
deur Christelle Bekker en Nico Simpson verskyn
30 Mei by Bybel-Media teen R79.95
40 (minder bekende)
Bybelkarakters waaroor gesinne saam kan lees, gesels en groei. Prikkelende
stukke vir ‘huisgodsdiens’, gemaklike en informele aanslag met ’n interaktiewe
formaat.
Ons weet dat gesinne die eintlike plek is waar geloof geleer en geleef word. Een
van die opbouendste gewoontes van ’n gesin is om gereeld saam die Here te
ontmoet en te aanbid. Dit word ’n reis wat gesinne se geloof versterk en hulle
aanmekaar bind.
In Magla – die dogter wat buite die boks gedink het word 40 cool
Bybelkarakters, waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in
die Bybel gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense
net soos ons, met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups.
Hierdie Bybelkarakters sal elke
gesin baie gee om oor te dink en te praat.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete vanaf Kwazulu-Natal Sinode (3-5 Junie 2008).
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
As my punte nie
verbeter nie...
Die seuntjie het nie baie goed
op skool gedoen nie. Eendag kom staan hy langs die meneer en se:
"Ek wil nie vir Meneer laat skrik nie, maar my pa het gesê as my punte
nie verbeter nie, gaan iemand 'n goeie pak slae kry!"
Sinodale Kommunikasie