Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 15
- 22 Mei 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Lees meer oor Kraggakamma se Sendingweek en Oos-Londen-Noord by wie Retha
McPherson optree. Doen EE III. Of besoek die Cedarberg.
Xenofobie? Die verhaal van ‘n
ontluikende bediening aan vreemdelinge
Hoe nege Nigeriërs in ‘n NG kerkgebou
tot bekering gekom het
Gesamentlike kruiskulturele Pinkster
Kultuur is die sleutel - ook rondom jongmense
‘n Aangename kulturele
ervaring in die kerk het beperkte waarde
Queenstown bied EE III-kursus aan
Bedieningstoerusting: Verras en dankbaar
Christen Vigsburo bied
opleiding vir fasiliteerders aan
Versoek van Algemene Sinode: DiensGetuienis
‘n Onstuimige
sinodevergadering - sonder gelyke?
Day of Prayer against xenophobic and ethnic violence in
South Africa – 25 May 2008
Bybel-Media: jóú bedieningsvennoot
Cedarberg Konferensie vir Plattelandse Geestelike
Leiers
Verantwoordelike Vernuwing 2008
Bestel OpenOffice by die
sinodale kantoor
Retha McPherson tree van 23-25 Mei in Oos-Londen
Moedergemeente op
Dit gaan goed met Vernon Louw en kie
To be a special kind of stupid…
Xenofobie? Die
verhaal van ‘n ontluikende bediening aan vreemdelinge
Die NG Kerk PE-Sentraal is reeds vir jare besig met evangelisasie. Vir baie
jare was hierdie werk gerig op die onbetrokke lidmate van die gemeente. Dit het
beperkte vrug gehad.
Oor ‘n
lang tyd het die oortuiging gegroei om met die evangelie uit te reik na die
gemeenskap. Die woonbuurt PE-Sentraal huisves ‘n mengelmoes
van kulture - baie Xhosasprekendes - maar is veral bekend vir die groot
hoeveelhede vreemdelinge wat hier versamel. Nigeriërs, Ghanese, Zimbabwiërs, Somaliërs,
Keniane, om ‘n paar te noem. Terwyl die kerk in ‘n rustiger deel van die woonbuurt geleë is, is daar dele
waar lewendige nagklubs funksioneer, met die gepaardgaande dwelmhandel en
prostitusie. Baie van die uitlanders word daarvan verdink dat hulle by
dwelmhandel betrokke is.
Volgens ds Gillie
Noeth was die gemeente verras met die honger na die evangelie onder hierdie
groepe. Hoe gevaarlik die woonbuurt ook al is, maak mense van alle kleure
sonder skroom hul deure oop vir blanke NG lidmate wat aandui dat hulle oor die
Here wil gesels en die evangelie wil deel. Met vrymoediogheid
word op straat gesprekke met lidmate aangeknoop en stringe geestelike vrae
gevra en beantwoord.
Die vreemdelinge het ‘n sterk behoefte aan Bybels. Die gemeente versprei groot
hoeveelhede Bybels, selfs al maak hulle seker dat die persoon werklik die Bybel
wil lees. Daar is ‘n sterk behoefte aan spesifiek
Engelse Bybels.
As deel van die uitreik-aksie het
nege Nigeriërs tot bekering gekom. Toe gebeur ‘n
vreemde ding. Die gemeente stel sy kerksaal tot beskikking van ds Robert Bagna, ‘n Ghanees, wat ‘n gemeente bedien gerig op uitlanders (ek het ‘n onderhoud met hom gevoer wat in die volgende Kruisgewys
verskyn). Die plan was dat die Nigeriërs in hierdie gemeente geestelik versorg
sou word. Hulle wou egter nie. Vier het by die dissipelskap-program
ingeskakel, maar dring daarop aan om deel van die tradisionele NG Gemeente te
wees. Hulle woon ook eredienste by, sodat die gemeente nou van lewendige tolke
gebruik maak wat agter in die kerk sit en tolk terwyl die erediens aan die gang
is.
Een van die Nigeriërs, Christian,
ontluik as geestelike leier en begin met Bybelstudies deur die week ‘n entjie van die kerk af. Hy en sy groeiende groep woon
egter steeds PE-Sentraal se eredienste by.
Volgens Gillie
kan die gemeente hulle nie indink dat hulle moet terugkeer na die tyd voor
hulle die gemeenskap begin bedien het nie. As mens eers die geestelike honger
gesien het, as jy die vreugde van die deel van die evangelie oor grense begin
smaak, as mense oor grense die Here saam begin dien, kom daar soveel diepte en
vervulling - hoe kan jy teruggaan?
Hoe nege Nigeriërs
in ‘n NG kerkgebou tot bekering gekom het
Hoe lei mens nege Nigeriërs na die Here? Hier is Gillie
Noeth en PE-Sentraal se resep: jy bou verhoudinge met die gemeenskap, wat in hierdie
geval Nigeriërs, meestal (?) dwelmhandelaars van beroep, insluit. Jy ontmoet
hulle in die aande op straat (die gemeente reik Dinsdag- en Vrydagaande uit),
jy klop aan hulle deure, jy gee vir hulle Bybels, jy luister na hulle.
Jy maak vriende met geestelike
leiers wat hulle bedien, soos Robert Bagna, Ghanese
pastoor, en jy laat hulle verniet in jou kerksaal kerkhou.
Nou maak jy planne, saam met jou kruiskulturele
vriende, om die gemeenskap en die evangelie bymekaar uit te bring. In hierdie
geval besluit julle om die NG Kerk te gebruik om die fliek The cross and the switchblade te vertoon.
Die gemeenskap kom, want hulle ken jou en vertrou jou vriende.
Na die fliek maak jy ‘n oproep - wie wil hul lewens vir die Here gee. Wel, en
toe reageer nege Nigeriërs.
Dan bid jy vurig dat die bekering
sal hou. Jy stel ‘n dissipelskap-program
in aksie, soos - sê nou maar - die Alpha-kursus. En jy bid nogmaals.
In Gillie-hulle
se geval het vier van die nege “lidmate” van die gemeente geword.
En dan herhaal jy die siklus met
aanpassings op grond van alles wat jy in die eerste rondte geleer het.
Gesamentlike kruiskulturele
Pinkster
PE-Sentraal en pastoor Robert Bagna het
saamgespan om ‘n gesamentlike, kruiskulture Pinkster
aan te bied. Die gemeenskap is ook hierheen genooi. Die Pinksterweek, wat in
hulle geval pas verby is, het bestaan uit die Alpha-kursus wat oor 11 aande
aangebied is. Sowat 60-70 mense het dit bygewoon.
Die Pinkster het ook vir ‘n ander vennoot, Schalk van Niekerk, wat uitreik na
haweloses in die gebied, ‘n geestelike hawe gebied
waarheen hy mense kon bring. Twee meisies, wat in die proses is om te breek met
prostitusie, het die Alpha-Pinkster bygewoon. ‘n
Derde eertydse prostituut het ook geestelike ondersteuning gevind.
Schalk is ook nie die enigste vennoot wat
baat vind by die ontluikende multi-kulturele
bediening nie. ‘n NG-lidmaat wat ‘n
dagsorgsentrum bedryf, het talle ouers genooi na die
Alpha-Pinkster. Uiteraard, soos feitlik alles in Sentraal, is die ouers ook uit
alle bevolkingsgroepe.
Terwyl ek luister hoe Gillie al dié dinge vertel,
begin ek wonder watter probleme daar alles was of is. Dit klink so maklik
‘n Paar
van die probleme kan ek sommer self raaksien. Om NG mense sover te kry om die
straat te vat oor grense heen na ander kulture. Om ‘n
tolkery tydens die erediens te organiseer. Om die
fynere nuanses van ander kulturele te leer ken.
Ja, sê Gillie,
moenie die druk van die gevestigde gemeenskap rondom jou kerksaal waar
uitlanders begin kerk hou, onderskat nie. Dit is bedreigend vir mense as dit
gebeur. Ons kry nog gereeld - na ‘n paar jaar reeds
verloop het - weeklikse oproepe om oor hierdie feit te kla. Mense het ons al
geld aangebied - dieselfde huurgeld as wat die uitlanders vir die saal betaal -
as ons hulle daar uitsit. Probleem is natuurlik, lag hy, dat ons die saal
verniet vir hulle gebruik beskikbaar stel. Toe die opstandige gemeenskapslede
dit hoor, was die kommentaar: “Tipies NG Kerk!” Ons hoor dit as ‘n kompliment.
‘n Ewe
pynlike ervaring is die gesteldheid op die gebruik van Afrikaans tydens bv eredienste. Selfs lidmate van wie mens dit nie sou verwag
nie, voel dat Afrikaans oral bedreig word, en nou in hulle kerk ook. Hoekom
moet hier bv van ‘n Engelse
Skriflesing gebruik gemaak word ter wille van vreemdelinge, terwyl ons taal
onder druk is? Mense sukkel om in te koop op die gedagte dat die evangelie so ‘n “prys” van jou vra.
Dan lag Gillie
as hy onthou hoe Engels-praat tydens die uitreikaksie
‘n groot probleem was vir die “boere”. Dit het regtig
‘n ruk gevat om gemakliker te raak met ‘n Engelse geestelike gesprek. Lidmate het begin om die
Bybel in Engels te lees, net om hul woordeskat en hul vermoë om die Bybel aan
te haal, te verbeter. Nou het ons al baie groter vrymoedigheid.
Is daar xenofobie te bespeur in
Sentraal. Nee, sê Gillie, hoewel blankes opvallend
vreesagtig is oor die demografiese skuiwe in die gebied.
Is dit alles die moeite werd? O ja, sê Gillie. In die dae toe ons ‘n
goeie gemeente wou wees, maar net vir ons lidmate, toe ons net hulle geëvangeliseer
het, het niks ooit regtig verander nie. Nou is ons self geestelik vernuwe. Ons
is vol energie, beleef opwinding, en het hoop!
Kultuur is die
sleutel - ook rondom jongmense
Gemeentes word geroep om soveel verskillende kultuurgrense oor te steek.
Selfs wanneer mens net by ‘n volgende generasie, sê
jongmense, betrokke raak, geld kruiskulturele reëls en is kruiskulturele
vaardighede nodig.
Kultuur moet verstaan word as ‘n sisteem van kernwaardes en ‘n
persepsie van hoe die wêreld inmekaar steek, wat ordentlikheid is en hoe mens
sosiaal korrek optree.
Ons het almal so ‘n kulturele sisteem en ons funksioneer dikwels
onbewustelik daarvan.
Kultuur is vir ‘n mens soos water vir die vis is - dis daar, maar jy is
nie eers bewus daarvan nie. Dis eers wanneer jy uit jou poeletjie geneem word,
dat jy regtig van die verskille tussen jou sisteem en dié van ander bewus raak.
Kultuur is gewoonlik vir jou iets
wat ander mense het, maar nie jyself nie.
Intussen kan twee groepe
dieselfde taal formeel praat, maar selfs verskillende kulturele sisteme hê - bv ouer en jonger Afrikaners. Hierdie sisteme kan verskillende sienings oor
God hê, of oor wat behoorlik en gepas is in die aanbidding van God.
Baie mense se lewens is al
oneindig verryk omdat hulle gewilliglik begin het om die kulturele kodes van
ander aan te leer.
Die deel van die evangelie met
mense anders as jyself, bv die jongmense in jou
gemeente, verg dikwels die aanleer van ‘n nuwe kulturele
taal. Ek praat hier nie bloot van ‘n paar nuwe cool woorde nie - ek praat hier van insig in
die diepste waardes, die onuitgesproke soeke na sin en die belewing van
betekenis soos dit in ander kulture manifesteer.
Hoe steek mens kulturele grense
oor?
Na ‘n gesprek
vroeër vandeesweek met Ryk van Velden van die
Toerustingsburo vir Interkulturele Werkers, het ek nie ‘n
beter antwoord as om te sê: Laat Ryk ons leer! Hy sal ons hopelik eersdaags in
Port Elizabeth besoek - lles meer oor dié werk by http://www.gemeentes.co.za/webbladsye/TIW.html
Intussen net dit: Luister, met
erns, sonder om antwoorde of response te gee, is belangrik. Respek. Die
bereidheid om nuwe dinge te leer. Om ander se integriteit te aanvaar. Die
vorming van vriendskapsbande oor grense heen.
Na my beskeie mening is die
hantering van kulturele verskille - BINNE gemeentes en na buite - die een,
eintlike, wesenlike uitdaging waarvoor ons bediening in die NG Kerk te staan
gekom het.
‘n Aangename kulturele
ervaring in die kerk het beperkte waarde (orrels? orkeste?)
Wanneer mens so oor kultuur praat, is die slaggat om te dink die kerk is
geroep om vir mense bloot ‘n aangename kulturele
ervaring gee. Baie van dit wat in gemeentes gebeur om “mense te trek” en
vernuwing wat in hierdie opsig gesoek word, is eintlik bloot ‘n skuif in die gangbare kultuur van die gemeente. Dit soek
na versiering in ‘n kontemporêre styl om so die
gemeente te vernuwe. Dit kan baie oppervlakkig wees, hoewel kerk en gangbare
kultuur sekerlik nie ver verwyderd hoef te wees nie.
Dit is hoekom die “worship wars” - die stryd om bv ‘n orkes in gemeentes te benut - seker sy waarde het, maar
nog nie die eintlike rede waarom ‘n kulturele
sensitiwiteit nodig is nie. Mens lok gewoonlik hiermee ‘n
paar “kom kykers”, maar dis ook al.
Konflik in gemeentes hou volgens
Kerkspieël se bevindinge (Kruisgewys 8/2) met die volgende sake verband: verandering
in musiekstyl (32%) en verandering in aanbiddingstyl (31%). Op bladsy 16 van
dié Kruisgewys staan: orkeste en nuwe liedere het van 1993 tot 2006 met 20%
toegeneem in gemeentes, dit wil dus voorkom of die “bands”
en die “songs” meer word, maar diegene wat saamsing
word minder. ‘n Nuwe musiekstyl het nie hond-haaraf
gemaak nie. Overgesetsynde: ‘n kultuurstyl doen dit
nie regtig nie.
Die worship wars is kontraproduktief.
Waarom kulturele sensitiwiteit?
Ek kan aan ‘n paar redes dink:
1. Om effektief te kan kommunikeer
in ‘n “taal” wat verstaan word - om dus kultureel “meertalig”
te word - al bly jy Afrikaans of Engels praat;
2. Om werklik gasvry te kan wees -
mense van harte te kan ontvang;
3. Om geestelike gemeenskap te kan skep
waar dit tans nie bestaan nie;
4. Om jou verstaanshorisonne te
verbreed;
5. Om stereotipering te vermy.
6. Om vir God bruikbaar te wees.
Prof Jan van der Watt lei Kraggakamma se Sendingweek - Aksie:Getuig! vanaf Sondagoggend 25 Mei tot
Woensdagaand 28 Mei. Die Tema's is as volg:
a) Sondagoggend: Vir God kan jy nie wegkruip nie - wees maar net
gehoorsaam!
b) Sondagaand: Die hart van sending: die God waaroor alles gaan
c) Maandagaand: Sendingwerk is knieg-werk - maar dit is nie sonder gevare nie!
d) Dinsdagaand: Uitdagings vir sendingwerk - en jy is deel daarvan
e) Woensdagaand: Die sendingboodskap - eenvoudig, maar ononderhandelbaar!
Die Sondagoggenddiens vind om 9:00 plaas en die aandbyeenkomste almal om
18:30. Sop word na die tyd bedien en donasies is welkom.
Enige navrae - ds Veneto Keyter, selfoon: 083 457 6778
Queenstown bied EE
III-kursus aan
Ds Peet Louw van Queenstown skryf:
Ons gemeente bied vanaf 6-11
Junie drie EE111 kursusse tegelyketyd aan. 'n
Volwasse, jeug en kinder EE111 word aangebied. Belangstellendes kan ons
kerkkantoor kontak by 045 838 1891. Die volgende webwerf gee ook meer
inligting http://www.ee3.co.za
Bedieningstoerusting
vir lidmate: Verras en dankbaar
Gemeentes moet bedien word, sodat die gelowiges toegerus en diensbaar in
hul leefwêreld van elke dag getuies vir die Here kan wees.
Gelowiges moet in staat wees om in
mense rondom hulle se geestelike behoeftes te help voorsien.
Gemeentes moet in staat wees om
punte waar die Woord verkondig word te vermenigvuldig, sodat die kennis van die
Here soos ‘n aangename geur kan versprei.
Met hierdie, en nog ander,
oogmerke het die NG Kerk in Oos-Kaapland reeds twee bedieningskursusse,
pastorale versorging en prediking, ontwerp. Dit word in die volgende maande
tydens 16 verskillende kursusgeleenthede reg oor die sinodale gebied aangebied.
Vir ons is dit wonderlik hoe die
kerk in die Oos-Kaap hierdie geleentheid aangryp. Onthou, ons praat hier van
lidmate wat toegerus en geakkrediteer word om te doen wat tradisioneel as
predikantswerk gesien is. Baie gemeentetjies wat nie langer dominees kan
bekostig nie, en reeds slegs deur ouderlinge bedien word, baat hierby. Ook
gemeentes wat ‘n visie vir hul konteks het en meer
bedieningsleiers in die veld wil stoot.
Vandag staan die inskrywingstal reed op meer
as 110.
Meer inligting kan verkry word by www.ngkok.co.za/lidmaatbediening.
Bedieningsopleiding:
nog plek beskikbaar
Die kursus in pastorale versorging wat op 20 Junie in Uitenhage begin, het
nog heelwat plek. Dieselfde geld die pastorale kursus van 15 Julie (aanvangsdatum)
te Aliwal-Noord, asook die pastorale versorgingskursus wat op 1 Augustus te
Maclear begin.
Die predikingkursus wat te
Aliwal-Noord gehou sou word, is gekanselleer omdat net een inskrywing ontvang
is. Hierdie persoon word nou te Molteno opgelei (hy is van Burgersdorp).
Christen Vigsburo bied opleiding vir fasiliteerders aan
CABSA, die Christen-Vigsburo van Suidelike-Afrika
bied van 29 Junie tot 5 Julie opleiding vir kerklike fasiliteerders vir die “Kerke,
Kanale van Hoop”-program aan.
Mens sal só graag wil sien dat ‘n klompie Oos-Kapenaars ook hierdie opleiding ondergaan.
Dit is ‘n
formidabele uitdaging om kerklidmate by hierdie belangrike aksie te betrek.
Belengstellendes
kan ds Nelis du Toit kontak by management@cabsa.co.za
of by 021 873 0028, of ook vir Aneleh Fourie-Le Roux by training@cabsa.co.za
en 021 851 4189
Cabsa
het een van die beste webbladsye in die wêreld, ten minste op hierdie terrein: www.cabsa.co.za
Versoek van
Algemene Sinode: DiensGetuienis
Ds Willie van der Merwe van ADDG bring die volgende onder ons aandag:
1. Internasionale Kinderdag
Internasionale Kinderdag word vanjaar op 1 Junie
2008 gevier wat ’n Sondag is. Dit gee aan
kerke ’n goeie geleentheid om die saak van die beskerming van ons kinders op
die gemeente se agenda te neem. Van die sake wat ter sprake kan kom is:
Die
bevordering van gesonde en gelukkige gesinne en gesinsverhoudinge
Die
bevordering van waardes soos liefde, respek vir die lewe en vir mekaar, sorg
vir mekaar
Die
bevordering van sosiale geregtigheid veral tov die plek van kinders in die
samelewing
Die
bevordering van omgee gemeenskappe wat kinders beskerm
Die
rolle van ouers, vaders en moeders tov van die opvoeding van kinders en die
oordra van waardes.
Klik hier vir meer
inligting
2. Nasionale Kinderbeskermingsweek
Die Nasionale Kinderberskermingsweek word vanjaar
vanaf 26 Mei 2008 tot 1 Junie 2008 gevier. Dit is ’n
aangeleentheid wat deur die SA Regering gereël word en die Departement
Maatskaplike Ontwikkeling het die godsdienssektor versoek om by beide
geleenthede betrokke te raak. Ek heg die
oproep wat aan al die geloofsgroepe gestuur is hierby aan.
Hierdie
temas sou dalk in die liturgie, prediking of voorbidding in die erediens ter
sprake kon kom. Dalk kan dit ook in die gemeentes se aankondigings
vermeld word. Dit kan egter ook wees dat gemeentes dit aangeleentheid op
’n ander manier bv in omgeegroepe of ’n Bybelstudie of besprekingsgeleentheid
aan die orde wil stel.
Die
mishandeling en misbruik van ons kinders is ’n krisis waaroor die kerk nie kan
stilbly nie.
‘n Onstuimige
sinodevergadering - sonder gelyke?
In sy artikel oor die impak van die moderne teologie op die NG Kerk vertel
Schalk du Toit onderhoudend oor die drama tydens die Sinode van 1862 in die
Kaap. Dit lees plek-plek soos ‘n moderne sepie. Klik
hier vir Schalk se artikel
Day of Prayer
against xenophobic and ethnic violence in South Africa – 25 May 2008
Pierre van Wyk stuur meegaande
oproep en gebedsvoorstelle rondom ‘n dag van
gebede teen xenofobiese en etniese geweld in Suid-Afrika. Dit is opgestel deur
Bennie Mostert van Jerigo Mure.
Bybel-Media: jóú
bedieningsvennoot
· Lekker eietydse Bybelstudiegids
Magla – die dogter wat buite die boks gedink het deur Christelle Bekker
en Nico Simpson verskyn 30 Mei by Bybel-Media teen R79.95
Ons weet dat gesinne die eintlike plek is waar
geloof geleer en geleef word. Een van die opbouendste gewoontes van ’n gesin is
om gereeld saam die Here te ontmoet en te aanbid. Dit word ’n reis wat gesinne
se geloof versterk en hulle aanmekaar bind.
In Magla – die dogter wat buite die boks
gedink het word 40 cool Bybelkarakters,
waarvan die meeste minder bekend is, uit hulle wegkruipplek in die Bybel
gehaal. Hulle kon net sowel vandag geleef het, want hulle is mense net soos
ons, met dieselfde giere, drome, vrese en hang-ups.
Hierdie Bybelkarakters sal elke gesin baie gee
om oor te dink en te praat.
Nog 102 Bybel-Media-studente kry sertifikate!
Meer as 100 studente van die Nehemia-Bybelinstituut
(NBI) en die Hugenote-Bybelinstituut (HBI) het
verlede Vrydag sertifikate by die Sentrum vir Kontekstuele Bediening (Pretoria
Universiteit) ontvang. Baie geluk aan hulle.
NBI verskaf praktiese opleiding aan geestelike
leiers van ’n groot verskeidenheid kerke. HBI bied ook ’n verskeidenheid twee
jaar-kursusse op ná-matriekvlak aan wat gemik is op die gewone mens.
“God se donkie” help Godsdienswerkers by gevangenisse
Wessel Jordaan noem homself “God se donkie.” Jordaan, self ’n oud-gevangene
wat deesdae verbonde is aan die Waterval Christelike Sentrum in Centurion, help
dié week vir godsdienswerkers by verskillende gevangenisse met hul
bedieningstrategie. Wessel se passie vir die bediening moet gehoor en gesien
word. Hy vertel dat hy “God se donkie” is omdat hy die goeie tyding oor God in
tronke indra. Hy vertel ook hoe sy “klip-hart” een nag uitgeruk is terwyl hy in
die tronk was. En hoe hy ’n nuwe, beter hart gekry het ...
Dis Bybel-Media se oophand-donateurs wat die Bybelstudiekursusse vir dié
bediening moontlik gemaak.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 00 27 21 873 6971
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Cedarberg Konferensie
vir Plattelandse Geestelike Leiers
18 en 19 Junie 2008
Graag wil ons u net herinner aan die
Cedarberg Konferensie wat aangebied word 18-19 Junie 2008 op Citrusdal deur die
VG en NG Kerke Citrusdal in samewerking met Communitas. Ons is
bevoorreg om goeie sprekers te hê en 17 werkswinkels te kan aanbied wat ’n
verskeidenheid van Kerkwees dek, onder andere die volgende:
*
Uit Colesberg kom vertel Niekie Pretorius vir ons die merkwaardige
verhaal van die Hantam Community Education Trust;
*
die Langkloof kom deel hulle verhaal rakende middelafhanklikheid;
*
die VGK Ring van Graaff-Reinet met 13 gemeentes wat sonder ’n predikante
funksioneer, kom deel met ons hoe hulle “Draers van Hoop” bly;
*
’n Boer van Frazerburg kom deel sy verhaal van baie uitdagings rakende
Grondhervorming;
*
Kinder-, Tiener- en Kategesebediening word bespreek;
*
’n Erediens vir alle ouderdomme met ’n gestuurde karakter;
*
die verhaal van ’n gemeente wat finansieel van afhanklikheid tot
selfstandigheid gegroei het;
*
en nog talle werkswinkels wat ons “Draers van Hoop” laat wees.
Die program,
asook die inskrywingsvorm,
is op die web beskikbaar. ’n Volledige program met meer
besonderhede oor die onderskeie werkswinkels word eersdaags aan u gepos.
Indien u enige navrae het, is u welkom
om ons te kontak:
Ds. Danielle van Zyl – 0229212300 of 0832617650 of e-pos: keteng@kingsley.co.za
Ds. Johan Witbooi
– 0229212602 of 0836295067 of e-pos: njwitbooi@xsinet.co.za
Vir navrae oor verblyf en logistieke
reëlings:
Nella-Marie Venter – 0229212085 of
0829270504
Ons sien uit daarna om u op Citrusdal
te ontvang.
Danielle van Zyl
Projekkoördineerder
Verantwoordelike Vernuwing 2008
’n Kerk met ’n volgende generasie – 26 en 27 Augustus 2008 te
Stellenberg-gemeente. “Ons gaan vanjaar mét mense, en nie óór mense praat nie,
“ sê die aanbieders. Gaan luister onder andere na Jak de Priester, Coenie
Burger, Mike van Graan, Simon Cezula en Wilna Snyman.
Navrae by Esta Nel: +27 21 9764519.
Bestel OpenOffice by die sinodale kantoor
Gemeentes wil dikwels hul kantoorprogrammatuur opdateer, maar kan dit nie
bekostig nie. OpenOffice is gratis “open source” programmatuur en word deur baie kantore wêreldwyd
gebruik.
Jy kan dit gratis van die
internet aflaai, maar dan moet jy ‘n breëband internetkonneksie hê.
Om gemeentes of ander lesers van OosKaap eNuus by te staan, sal
ons vir jou die sagteware op CD stuur teen R30 (posgeld en verpakking
ingesluit.
Kontak Nellie by db@ngkok.co.za, tel 041-365-3159 of faks
041-365-3156.
Die BANKBESONDERHEDE van die
sinode is ABSA, NG Kerk in Oos-Kaapland, nr 290 581 192,
takkode 500517. Verwysing: OpenOffice. Stuur jou
betalingsbewys aan ons by bogeneomde
kontakbesonderhede.
Die Sinode kan nie enige
ondersteuning rondom die installering en aanwending van die programmatuur bied
nie. Die aanbod is ‘n blote diens aan gemeentes wat
nie oor breëband-toegang tot die web beskik nie, en sluit geen waarborge in
nie. Vir ondersteuning moet OpenOffice se eie bronne
op die web gebruik word.
Jean Greyling het verlede week gesprek met oom Giep Louw, voormalige
sendingsekretaris en iemand met nou bande met werkers in Zimbabwe, gevoer op
Radio Kingfisher. Hier is ‘n
paar aantekeninge
wat die inhoud van die gesprek reflekteer. Dit is tragies.
Retha McPherson
tree van 23-25 Mei in Oos-Londen Moedergemeente op
‘n Opgewonde ds Johan Labuschagne vertel dat Retha
McPherson van 23 tot 25 Mei n Oos-Londen Moedergemeente optree.
Hy skryf: Haar program lyk soos
volg:
Vrydagaand: 'n 'Mans en
Vroue-aand' 19h00 Grens Voorbereiding skool
(Sop en broodjie aand.)
Saterdag-oggend 'n Vroue-oggend,
09h30 NG Moedergemeente Kerk (verversings na die tyd)
Sondag-oggend lei sy ons erediens!
Geen kaartjie verkope sal plaasvind nie en die naweek word gratis
aangebied. Registrasie is belangrik om voor te berei vir die hoeveelheid mense
wat dit sal bywoon.
Registrasie:
Jy kan direk op die internet registreer deur hier te klik, of
by die Kerkkantoor (043 - 7227711)
of deur Tania Bezuidenhout by 083 316 2337 te skakel.
Dit gaan goed met
Vernon Louw en kie
Dis altyd lekker om van ou vriende te hoor. Vernon Louw het tot ‘n paar jaar gelede baie goeie werk in Queenstown gedoen,
onder andere saam met ds Willem Lötter, wat intussen na die Wes-Kaap geskuif
het.. Hy stuur vir ons die volgende storie (To sleep while the wind blows) en skryf:
“Met die Louws
gaan dit baie goed. Ons is ontsettend gelukkig in Houtbaai. Dis so lekker om
weer in 'n gemeente te wees. Preek dat die spoeg spat en organise
almal tot hulle moeg is. Sien br. Willem nog van tyd
tot tyd en dan kuier en bid ons soos van ouds weer saam !”
Voorspoed en seën toegebid,
Vernon!
Years ago, a farmer owned land along the Atlantic seacoast. He
constantly advertised for hired hands. Most people were reluctant to work on farms
along the Atlantic. They dreaded the awful storms that raged
across the Atlantic, wreaking havoc on the buildings and crops. As the farmer interviewed
applicants for the job, he received a steady stream of
refusals.
Finally, a short, thin man,
well past middle age, approached the farmer.
'Are you a good farm hand?' the farmer asked him. 'Well, I can sleep
when the wind blows,' answered the little man.
Although puzzled by this
answer, the farmer, desperate for help, hired him. The little man worked well
around the farm, busy from dawn to dusk, and the farmer felt satisfied with the
man's work. Then one night the wind howled loudly in from offshore. Jumping out
of bed, the farmer grabbed a lantern and rushed next door to the hired hand's sleeping
quarters. He shook the little man and yelled, 'Get up! A storm is coming!
Tie things down before they blow away!' The little man rolled over in bed and
said firmly, 'No sir. I told you, I can sleep when the wind blows.'
Enraged by the response, the
farmer was tempted to fire him on the spot. Instead, he hurried outside
to prepare for the storm. To his amazement, he discovered that all of the haystacks
had been covered with tarpaulins. The cows were in the barn, the chickens were
in the coops, and the doors were barred. The shutters were tightly secured.
Everything was tied down.
Nothing could blow away. The
farmer then understood what his hired hand meant, so he returned to his bed to
also sleep while the wind blew.
Three guys die together and go to heaven.... St. Peter says, We only have one rule...don't step on the ducks as they are
God's favorite creation.
They enter heaven and see
ducks everywhere, and it's almost impossible to not step on a duck.
The first guy accidentally steps on one, and soon here comes St. Peter
with the biggest, ugliest woman he'd ever seen...St Peter chains them together
and says, Your punishment is to be chained to this
ugly woman forever.
The next day the second guy
steps on a duck...Sure enough, St. Peter comes with another ugly woman and
chains them together.
Seeing this, the third guy is
very, very careful. He goes for months and doesn't step on any ducks.
One day, St. Peter comes along
with this beautiful woman: Blonde, blue-eyed, very young and very sexy.
He chains them together and
leaves without a word.
The man remarks, I wonder what
I did to deserve this good fortune?
And the Blonde says, I don't
know about you, but I stepped on a duck
(Dankie aan David Higgs)
To be a special
kind of stupid…
Women over 50 don't have babies because they would put them down and
forget where they left them.
A friend of mine confused her Valium with her birth control pills... She has 14 kids but
doesn't really care.
One of life's mysteries is how
a 2-pound box of chocolates can make a woman gain 5 lbs.
My mind not only wanders, it
sometimes leaves completely.
The best way to forget your
troubles is to wear tight shoes.
The nice part about living in
a small town is that when you don't know what you are doing, someone else does.
The older you get, the tougher
it is to lose weight because by then, your body and your fat are really good
friends.
Just when I was getting used
to yesterday, along came today.
Sometimes I think I understand
everything, and then I regain consciousness.
Amazing! You hang
something in your closet for a while and it shrinks 2 sizes!
Skinny people irritate me!
Especially when they say things like...'You know
sometimes I forget to eat!' ......Now I've forgotten my address, my mother's
maiden name and my keys, but I have never forgotten to eat. You
have to be a special kind of stupid to forget to eat!
The trouble with some women is
that they get all excited about nothing and then they marry him.
I read this article that said
the typical symptoms of stress are eating too much, impulse buying, and driving
too fast. Are they kidding? That's my idea of a perfect day!
(Dankie aan Ockert Moore)
Sinodale Kommunikasie