Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
14 - 15 Mei 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Wil jy graag na Retha McPherson luister?
Bedieningsopleiding: Inskrywings stroom in
Schalk du Toit: God ons Vader en die kerk ons moeder
Sinodale besluite vir die aandag van kerkrade - ‘n
nuwe opsie
Dagkonferensie met Alan Hirsch
OpenOffice vir gebruik in gemeentes
PE-Oos benodig hulp met preekbeurte
Retha McPherson tree van 23-25 Mei in Oos-Londen
Moedergemeente op
Open Doors presents Ron Boyd-Macmillan
Springvalley
te koop aangebied
Verklaring deur Dagbestuur van Kuratorium,
Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
Wenke vir
vernuwing in gemeentes
The Buffalo Theory of
Intelligence
Bedieningsopleiding:
Inskrywings stroom in
Ons is werklik verstom oor die wyse waarop inskrywings vir die
bedieningsopleiding van lidmate instroom. Ons het gehoop om 60 inskrywings in
totaal te trek, en het verwag dat die meeste inskrywings vir pastorale
versorging sal wees. Nou trek ons byna by 90 inskrywings, met die
prediking-kursus ‘n kortkop voor! En ons weet van nog inskrywings wat op pad
is!
Bid asseblief vir die opleiding.
Dit is reeds op Barkly-Oos aan die gang, met Aberdeen wat volgende naweek
afskop. Soos met enigiets nuuts, is daar maar tandekry-probleme.
Meer inligting kan verkry word by
www.ngkok.co.za/lidmaatbediening.
God ons Vader en
die kerk ons moeder - ‘n episode uit die storie van die NG Kerk
Jy het nou die geleentheid om iets regtig besonders uit die pen van ‘n
Oos-Kapenaar te lees. Dit handel oor die gevolge van die moderne
denk-ntwikkelinge, reeds uit die 19e eeu, vir die NG Kerk.
Ek het ‘n rukkie gelede vir dr
Schalk du Toit gevra om ‘n artikel vir ons sinode te skryf oor die liberale
kerkbeskouing. My aanvoeling is dat hierdie kerkbeskouing hom tans wreek in ons
kerk, nadat ons eintlik gemeen het ons het lank terug daarmee afgereken.
Later gesels ons oor die artikel
en Schalk noem die moontlikheid om ook die denkraamwerke waaruit hierdie
beskouing kom te beskryf.
Wel, hy het dit alles nou gedoen:
denkraamwerke beskryf en die verstommende storie oor die sg. Moderne rigting in
die teologie en die stryd wat daarrondom in die NG Kerk afgespeel het,
opgeteken.
Hier en daar gaan jy dalk spook om
by te bly, maar lees en jy gaan verras word deur die leersaamheid van hierdie
artikel. Klik
net hier!
Sinodale besluite
vir die aandag van kerkrade - ‘n nuwe opsie
Dit is interessant om te hoor hoe gemeentes die verslag re sinodale besluite vir die aandag van kerkrade in die
praktyk hanteer. Sommige gemeentes verwys gedeeltes van die verslag na die
verskillende kommissies op wie se terreine die besluite lê, en kry dan
terugvoer daaroor. Die kerkraad self bespreek slegs ‘n paar fasette van die
verslag in diepte, bv dié gedeelte wat oor gereformeerde identiteit handel.
‘n Plattelandse gemeente betuig
hul dank vir die verslag (opgestel deur ds Wicus Wait), omdat dit hulle werklik
op hoogte van die sinode se besluite bring. Nadat dit bespreek is, word dit
geïmplementeer en voel hulle deel van die groter kerkverband.
‘n Versoek is juis van gemeentes ontvang om die Verslag oor Sinodale
Besluite vir die Aandag van Kerkrade ook in Word-formaat op die internet
beskikbaar te stel, sodat hulle die verslag kan aflaai en dit deur copy en paste sinvol kan verdeel vir verskillende kommissie se aandag.
Wel, die verslag is nou in hierdie
formaat op die web - www.ngkok.co.za/sinode2007
- en julle kan na hartelus (digitaal) sny, spoeg en plak. Geniet dit.
Dagkonferensie met Alan Hirsch
Plek:
Communitas (Ouditorium Teologiese Kweekskool, Stellenbosch)
Koste: R100
pp (slegs tee/koffie en verversings sal bedien word)
Bespreek
u plek by Divine Robertson (021) 808-3265 of dr@sun.ac.za
OpenOffice vir
gebruik in gemeentes
Tydens die onlangse padberade het skribas gemeld dat hul rekenaarsagteware
soms baie verouderd is.
Die sinode beveel graag die
gebruik van gratis kantoor-rekenaarsagteware aan: OpenOffice. Dit is ‘n
plaasvervanger vir Microsoft Office, of Wordperfect-Office. Die dokument is
versoenbaar met Microsoft se produkte, sodat jy dokumente steeds kan uitruil
met persone wat MS Office gebruik.
Die sagteware kan afgelaai word
by www.openoffice.org. Die dokument is
redelik groot - 127MB (weergawe 2.4). Moenie dit oor ‘n gewone telefoonlyn
probeer aflaai nie - behalwe as jy masochistiese neigings het. Gemeentes wat
nie oor ADSL beskik nie, kan die program op CD by die sinodale kantoor bestel
teen R30 (dit sluit posgeld en verpakking in. Stuur sommer die betaling saam
met bestelling, of betaal dit in ons sinodale rekening in. NB: merk jou
betaling B-Net OpenOffice.
Die program kan vryelik gekopieer
word.
Die Sinode kan nie enige
ondersteuning rondom die installering en aanwending van die programmatuur bied
nie. Die aanbod is ‘n blote diens aan gemeentes wat nie oor breëband-toegang
tot die web beskik nie, en sluit geen waarborge in nie. Vir ondersteuning moet
OpenOffice se eie bronne op die web gebruik word.
PE-Oos benodig
hulp met preekbeurte
Enige dominee wat PE-Oos (ds Bas Peters) kan help met preekbeurte op die
volgende twee datums:
* 29 Junie om 9:00
* 6 Julie 9:00
Indien jy kan help, kontak Bas Peters asseblief direk by tuingenot@axxess.co.za
Jean Greyling fokus in sy bekende program op Radio Kingfisher, Harvest
Fields
Retha McPherson
tree van 23-25 Mei in Oos-Londen Moedergemeente op
‘n Opgewonde ds Johan Labuschagne vertel dat Retha McPherson van 23 tot 25
Mei n Oos-Londen Moedergemeente optree.
Hy skryf: Haar program lyk soos
volg:
Vrydagaand: 'n 'Mans en
Vroue-aand' 19h00 Grens Voorbereiding skool
(Sop en broodjie aand.)
Saterdag-oggend 'n Vroue-oggend,
09h30 NG Moedergemeente Kerk (verversings na die tyd)
Sondag-oggend lei sy ons erediens!
Geen kaartjie verkope sal plaasvind nie en die naweek word gratis
aangebied. Registrasie is belangrik om voor te berei vir die hoeveelheid mense
wat dit sal bywoon.
Registrasie:
Jy kan direk op die internet registreer deur hier te klik, of
by die Kerkkantoor (043 - 7227711)
of deur Tania Bezuidenhout by 083 316 2337 te skakel.
Open Doors presents Ron
Boyd-Macmillan
Ron Boyd-MacMillan is currently Writer-At-Large for Open Doors
International. He has enjoyed contrasting careers as a Bible smuggler in Cold
War Eastern Europe.
He has over 25 years experience of ministering among persecuted
Christians. This is an event that you should not miss.
He will be in Port Elizabeth the weekend of 13-15 June.
*Friday night 13 June – Humansdorp
*Saturday evening 14 June – Emmanuel Church, Lorraine
**Sunday morning 15 June – Word of Faith
* Dinner included
Tickets – R30.00
Contact Willem or Lorraine at 041 360 9450 for reservations
** No cost (morning service)
Information
Lorraine JvR
Cell : +27 76 907
7282
Tel:
041 360 9450
Fax :
041 360 3129
Springvalley te koop aangebied
Ken (ek het sy van vergeet) van Springvalley, ‘n
vakansieplaas buite Port Elizabeth, laat weet dat hierdie eiendom te koop is.
Hy skryf: “Springvalley is currently being used as a residence and we also
operate a business as a function venue where we do weddings, events, team
building and group accommodation.”
Klik hier vir volledige
inligting.
Verklaring deur
Dagbestuur van Kuratorium, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
Die Evangeliese Inisiatief het onlangs in kommunikasie, wat wyd aan
NG-predikante en bepaalde lidmate gestuur is, kommentaar gelewer oor ‘n gesprek
met die Kuratorium van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria.
Dr Flip du Toit reik na aanleiding hiervan die volgende verklaring namens
die Dagbestuur van die Kuratorium uit:
1. Die Dagbestuur van die Kuratorium neem kennis van die
Kruispad-kommunikasie van die EI.
Hierdie kommunikasie is teenstrydig met die gees en werkswyse wat die
Kuratorium van sy kant gevolg het in kommunikasie met en oor die EI.
2. Sake wat die Dagbestuur as skadelik en nadelig ag is:
2.1. Die EI doen skade aan die kerk deur verdagmakend op te tree teenoor die
persone en liggame wat getaak is met die roeping rondom die Teologiese
Fakulteit Pretoria.
2.2. Die Kruispadnuusbrief wat uitgestuur is se weergawe van die gesprek
tussen Kuratorium Dagbestuur en EI (op versoek van die Kuratorium sedert Aug
2007!) is deur die EI opgestel. Die Dagbestuur van die Kuratorium het op skrif
beswaar gemaak by die EI dat dit eensydig en onakkuraat is, maar ten spyte
daarvan is dit die wêreld ingestuur.
2.3 Die EI het by die betrokke ontmoeting aangedring daarop dat prof Muller
hom aan die gesprek moet onttrek hoewel hy as die voorsitter van die NG
Dosenteraad amptelik deel van die Dagbestuur is. Die Dagbestuur het prof Muller
se reg verdedig om teenwoordig te wees. Hy het egter homself hierna verskoon. Die EI is skynbaar onwillig om direk met die
dosente in gesprek te tree.
3. Die Dagbestuur van die Kuratorium bevestig dus weereens dat die
verantwoordelikheid van teologiese opleiding by UP vir die NG Kerk ons roeping
en erns is (saam met die Dosenteraad van die NG Kerk) en dat hierdie
verantwoordelikheid met nougesetheid
nagekom sal word.
4. Die gesprek was op inisiatief van die kuratorium in ‘n poging om op ‘n
vriendelike basis misverstande uit die weg te ruim. Dit mag nie so
geïnterpreteer word dat daarmee erkenning aan die EI verleen word as ‘n
amptelike gespreksgenoot oor teologiese opleiding nie.
5. Die Dagbestuur van die Kuratorium herbevestig sy vertroue in al die
dosente en beklemtoon dat daar by die ontmoeting nie inhoudelik oor dosente se
teologiese uitgangspunte gepraat is nie. Die EI is daarop gewys dat waar daar
klagtes was, die sake behoorlik kerklik ondersoek is en dat die Kuratorium die
uitslag daarvan aanvaar het en tans geen probleem met enige dosent se
leerstellinge het nie.
PR du Toit
14 Mei 2008
Twee, nee drie wenke vir vernuwing in gemeentes
Ed Stetzer en Mike Dodson noem drie eenvoudige strategieë wat jou in die
bediening kan help (soos aangehaal uit eKerk se Leier-Nuusbrief). Die wenke is
baie eenvoudig, maar tog waardevol:
1 Om gemeentes weer lewe te gee, is 'n
geestelike onderneming.
Dit gaan nie oor programme of metodes of tegnieke of modelle nie. Dit is
net God wat dinge laat groei (1 Korintiërs 3:6). Fokus die gemeente nog op
Jesus Christus en sy roeping vir die gemeente? Daar is so baie ander goeie
dinge wat in die pad kom van ons toewyding aan Jesus? Daar is baie dinge wat my
toewyding belemmer. Ek noem 'n paar:
* Leierskap en gemeentes wat op
hulleself fokus.
* Afwatering van die evangelie
* Irrelevante bedienings.
* Ons is trots op ons manier van
dinge doen.
Ek wil amper sê dat ons hierdie lys onbeperk kan verleng. Kyk maar net na
die evaluering van die gemeentes in Openbaring 2 - 3.
2. Vereenvoudig ...
vereenvoudig ... vereenvoudig
Ons mors so baie energie deurdat ons alles vir almal wil wees. Dit kan nie.
Identifiseer die sleuteldinge wat jy moet doen en doen dit. Los die ander
dinge. Belangrik: betrek so veel as moontlik mense by die dinge wat jy doen.
Kyk hoe jy dinge in die gemeente kan vereenvoudig; hoe gaan jy dissipels maak,
mense doop en hulle leer om alles te doen wat Jesus ons geleer het?
3. Verandering sal nodig
wees, maar dit is nie maklik nie.
Jy kan nie aanhou dinge doen soos in die verlede en verwag dat die
resultate gaan verskil nie. Daar is dinge wat ons moet verander. Ek wil amper
sê nog belangriker: daar is dinge wat ons moet stop. Maar daar is dinge wat ons
moet begin doen. Die krag en insig om te verander, kom van God af. Daarom moet
ek Hom vertrou. As jy verander onthou altyd:
* Mense reageer verskillend op
verandering. Party is van die begin af aan boord; ander klim op sodra hulle
sien die boot vaar nou; ander wag eers om te sien of hierdie boot nie dalk gaan
sink nie; ander sal nooit opklim nie.
* Skep 'n klimaat waar verandering
verwelkom en verwag word. Dit gebeur as die lidmate die leiers vertrou; as die
leiers die verandering uitleef. Jy moet die reg verdien om veranderinge aan te
bring!
* Wees geduldig 'n verandering is
tydrowend.
Dit is maklik om 'n situasie te bereik waar jy voel jy staan stil op die
een plek - al draai die wiele ook hoe vinnig. Dinge kan egter verander. God wil
graag hê sy mense en sy gemeente moet nuwe lewe kry. Laat toe dat God weer
daardie geestelike vuur in jou aansteek.
The Buffalo Theory of Intelligence
In one episode of 'Cheers', Cliff is seated at the bar describing the Buffalo Theory to his buddy, Norm. I don't think I've ever heard the concept explained any better than this.
'Well you see, Norm, it's like this: A herd of buffalo can only move as fast as
the slowest buffalo. And when the heard is hunted, it is the slowest and
weakest ones at the back that are killed first . This natural selection is good
for the herd as a whole, because the general speed and health of the whole
group keeps improving by the regular killing of the weakest members.
In much the same way, the human brain can only operate as fast as the slowest brain cells. Now, as we know, excessive intake of alcohol kills brain cells. But naturally, it attacks the slowest and weakest brain cells first. In this way, regular consumption of beer eliminates the weaker brain cells, making the brain a faster and more efficient machine. And that, Norm, is why you always feel smarter after a few beers.'
Sinodale Kommunikasie