Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
13 - 8 Mei 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
‘n Geseënde Pinksterfees eerskomende Sondag vir al OosKaap
eNuus se lesers toegewens.
Van nou af bid ek ook hierdie gebed
Oos-Kaapland kry ‘n NG
gemeente by
Jan de Wet tree Sondagaand by PE-Heideveld op
Addo-Vallei-Veiling ten bate van die Zuurberg
Jeugkampterrein
Burma (Myanmar): Pray for Openness and Liberty
Ernstige weerstand en lewensbedreiging
'n Brief uit Zimbabwe: Nie troos op die oppervlak nie
Gesamentlike Gereformeerde Getuienis teenoor die owerheid
Moderators van die NG Kerk-Familie bymekaar
Angus Buchan tree in Port
Elizabeth op
Petrus is sommer dadelik befoeterd…
Van nou af bid ek
ook hierdie gebed
Vanoggend gesels ek met ‘n lidmaat oor
verwikkelinge in ons kerk, en natuurlik gesels ons oor die opleiding van
lidmate om te preek en pastorale versorging in gemeentes te doen. Sekerlik een
van die belangrikste gebeure in ons kerk met groot potensiaal vir die jare wat
voorlê.
Bemagtiging. Dis op dié punt dat
my lidmaatvriend, ‘n vrou, haar gebed vir die leraars
van ons kerk met my deel.
“Ek bid vir julle dominees dat
julle beheer sal prysgee. Ek sien raak hoe moeilik dit vir dominees is, gevorm
deur ‘n tradisie waarvolgens hulle alles moet beheer
en kontroleer, om nou beheer prys te gee”, vertel sy. “My eie predikante voel
asof hulle nie hulle werk doen omdat hulle nie langer alles self doen nie. By
ons was dit ‘n pynlike proses, want ons moes die
leraars help om deur hierdie gevoelens te werk.”
“Wat is die belangrikste rede
waarom dominees beheer moet prysgee?”, vra ek. Die gesprek word nou amper ‘n mini-onderhoud.
“Wel, dis eintlik die rede waarom
ek bid vir die prysgee van beheer. Beheer van die gemeente-bediening ontmagtig
lidmate en maak dit vir lidmate onmoontlik om God se roeping vir hulle lewe en
hulle bediening in die gemeente uit te leef”, antwoord sy. “Maar daar is ‘n tweede, net so ‘n belangrike rede:
die tradisie van in beheer wees maak die dominees dood. Dit vernietig hulle eie
lewe, plaas geweldige druk op hulle gesinslewe, en bring hulle op die rand van
uitbranding.”
“Is dit net tradisie wat leraars
leer om in beheer te wil wees?”, skiet ek die volgende vraag.
Sy glimlag: “Ons is as lidmate
geneig om al die meer negatiewe goed aan die tradisie toe te skryf. Dis
sekerlik enersyds tradisie, die dominee is die een wat die bediening
tradisioneel lei en bestuur. Hy mag met die genade werk. Maar daar is meer. Ek
dink dominees se professionele selfbeeld is verbind aan ‘n
besige program waarin hulle bestuurders is wat alles vasvat, raakvat en beheer.
Die gedagte aan ‘n dagboek wat nie meer so vol is
nie, dalk die verslawing aan adrenalien wat tot onttrekking gaan lei as hulle
rustiger word, en ‘n verlies aan die status van ‘n besige skedule - besige mense is mos belangrik - maak
van beheerverlies ‘n hoë prys om te betaal”.
Ek is reg met ‘n
teenvraag: “Maar lidmate is onervare en maak baie foute
- en dit skep verleentheid en katastrofe.”
Diepe begrip straal uit my
gespreksgenoot se oë. “Ja, wanneer mens ‘n professionele bedienaar is, is die professionaliteit van
die bediening natuurlik ‘n groot faktor. Maar het jy
leer loop sonder om te val? Leer swem sonder om water te sluk?” Ek lag verleë.
“My beheerverlies-gebed vir julle sluit ook in dat julle minder bang sal wees
vir lidmate se foute. Dat julle gemeentes sal leer om verdraagsaam te wees, en
mense toe te laat om foute te maak. Leer net uit foute, maar moenie foute
probeer vermy nie. En help mense om voorbereid te wees, sodat julle onnodige
foute kan uitskakel. Gee meer en meer ruimte vir leerbare lidmate - hulle kan
floreer op foute.”
My mond begin so bietjie oophang,
besef ek verleë. Ek ken hierdie dame al geruime tyd, maar ontdek nou
perspektiewe wat ek nie met haar geassosieer het nie. Hoeveel ander lidmate het
hierdie selfde begrip en bid dalk hierdie selfde gebede?
My laaste vraag: “Is dominees
regtig so in beheer van die gemeente as wat hulle dink?”
Sy kyk intens na my om die emosie
agter my vraag te peil. Ek wonder of sy iets van my verleentheid raaksien?
“Ja, hulle is baie keer
verlammend in beheer. ‘n Soort beheer wat dooddruk
eerder as om lewe te skep. Nee, hulle kan nie meer mense beheer nie.
Mense, veral die met leierseienskappe, loop doodeenvoudig net of raak iewers
anders betrokke en die gemeente verloor hulle gawes. Die dae is verby dat mense
hulle laat beheer.”
Ek dink aan Tom Peters (The earth is flat) wat skryf dat mense in ons tyd verander het van
die behoefte om in die gehoor te wees
ná mense wat deelnemers aan
die aksie wil wees. Ook die bedieningsaksie.
Van nou af gaan ek ook hierdie
gebed vir myself en vir my kollegas begin bid.
Oos-Kaapland kry ‘n NG gemeente by
Die bediening van die NG Kerk Uitenhage-Oos in die naburige Colchester en
omgewing (bekend as “Die Stal”) word eersdaags ‘n
volwaardige gemeente wanneer die NG Gemeente .Sondagsrivier-mond by wyse van
afstigting tot stand kom.
Daar is baie potensiaal vir groei
en ons wens hierdie gemeente, wat DV op 1 Junie 2008 tot stand kom, die Here se seën toe.
Jan de Wet tree
Sondagaand by PE-Heideveld op
Kobus Prinsloo laat weet dat Jan de Wet Sondagaand 11 Mei te Heideveld
optree, om 19:00. Toegang is gratis, met ‘n kollekte
wat dy die deure opgeneem word. CD’s van Jan sal ook te koop wees.
Navrae: Kontak Kobus by 083 604 0417.
Addo-Vallei-Veiling
ten bate van die Zuurberg Jeugkampterrein
Johan Enslin laat weet van ‘n lekker plattelandse
veiling met ‘n goeie doel. Dit klink na pret!
KAROO OCHSE bied aan: Addo Vallei
Veiling, Saterdag 24 Mei
By Addo Tennisklub : Tent losgoed om 09:00. Implemente & Diere om 11:00
INSKRYWINGS moet spoedig in wees. Daar
is reeds o.a. 30+ beeste, 2 x Isuzu bakkies, 3
Trekkers, 1x 3-wheeler, 2 x motorfietse, 1x melktenk, ens. (hoe lyk dit met jou
karavaan?)
NAVRAE: JOHAN EBERSOHN 082-4907939, RIAAN
HARDING: 083-6531230, ISAK
VD MESCHT 083-6610977
AFSLAER: RENIER ZIETSMAN:082-4915182
Bykomende inligting:
Baie het LOS GOED waarvan hul
ontslae wil raak: HIER IS DIE GELEENTHEID !
Elkeen kan sy geldjie maak uit die
items, voertuie, implemente,, lewende hawe, ens
wat hy beskikbaar stel vir hierdie veiling
Onthou net:
EIENAARS VERVOER GOEDERE SELF NA
VEILING ........(Don-Vry22-23 Mei)
Onthou ook t.o.v. alle items
waar dit van toepassing is, moet
DUIDELIK AANGEDUI word :
1.
of dit in ‘n werkende toestand is , al dan nie, (en hoedanig dit werk).
Afslaers moet alle tersake inligting daaroor hê en
wil nie raai, of die verkoper soek, om antwoorde te gee nie
2.
Indien dit voertuie is, word vereis dat alle nodige (registrasie)dokumente beskikbaar is.
NB: GROOT
GOED, wat op
Sat.10 Mei se
koerant-advertensie kan kom,
moet asb voor Donderdagaand 8 Mei aan Johan Ebersohn genoem word.
(Die bedoeling is dat dit kopers sal trek). Alle verder items (insluitende
groot goed), kan nog inkom tot die oggend voor die veiling. Kontak J Ebersohn
net.
Kontak asb. die volgende persone
spoedig ivm jou inskrywing:
JOHAN EBERSOHN 082-4907939 RIAAN HARDING:
083-6531230
ISAK VD MESCHT 083-6610977
Klik hier vir die INSKRYWINGSVORM.
Burma
(Myanmar): Pray for Openness and Liberty
Pioneer
American missionary Adoniram Judson arrived in Burma
in 1813. He was 24 years old and Burma was a hostile place. Judson laboured for
six years before seeing even one convert. In 1828 a former slave and hardened
criminal named Ko Tha Byu became the first ethnic Karen to receive Christ. By
God's grace Ko Tha Byu became a mighty evangelist. After 18 years of ministry
Judson observed in 1831 that a 'spirit of inquiry' was spreading across the
whole land. Operation World (2000) estimates that Burma is now 8.7 percent
Christian. The 70 percent Burmese majority is strongly Buddhist, whilst the
ethnic minorities are predominantly Christian.
In 1962 the Marxist-influenced military
seized power in a coup.
Foreign missionaries were then expelled and
all private (mostly Christian mission) schools and hospitals were nationalised.
Political repression and isolation
escalated further after the major crackdown of 1988, and again after the junta
received an influx of arms and military hardware in 2005. The junta is no
longer defined by ideology but by its addiction to the perks of totalitarian
power. Its violent, corrupt, discriminatory and self- serving regime fuels
resistance to its rule, which the military then violently represses. Thus goes
the perpetual cycle of conflict.
A genocidal
conflict is presently being waged against the ethnic Karen. (See 'Burmese
Darfur: The Silent Genocide of Myanmar', Spiegel online, 6 Sep 2007.) This has
created around 540,000 IDPs (internally displaced
people) in eastern Burma and forced some 200,000 Karen into refugee camps on
the Thai-Burma border. Most of these refugees are Christians.
The United States 1998 International
Religious Freedom Act (IRFA) decrees that the US Commission of International
Religious Freedom
(USCIRF)
designate as Countries of Particular Concern (CPC) those countries whose
governments engage in or tolerate systematic and egregious violations of
religious liberty. Burma has always been on the USCIRF's
CPC list, being re-designated a CPC most recently on 2 May 2008. Over recent
years the increasingly desperate and paranoid junta has escalated its efforts
-- as its official policy states -- to 'destroy the Christian religion in
Burma'.
On 3 May 2008 the 190 km/hr (120
miles/hour) winds of Cyclone Nargis ripped through
Burma's Irrawaddy delta. The toll of injured, dead and missing is spiralling
upwards at a horrendous rate. On Tuesday 6 May Burma's state television
reported that 10,000 perished in the town of Bogalay
alone. Rescue operations will be difficult due to the remoteness of the
disaster region which is a major rice-producing area and home to 24 million
people. The risk of disease is high. However, Cyclone Nargis
has blown open a door.
The junta that has kept Burma closed,
isolated and violently repressed for decades has now issued an appeal for
international assistance.
PLEASE PRAY SPECIFICALLY FOR GOD TO
* work through the affliction caused by
Cyclone Nargis, to deliver Burma from its affliction
of violent, repressive, totalitarian rule; may he open the ears of multitudes
of Burmese to the gospel of Jesus Christ.
'He
delivers the afflicted by their affliction and opens their ears by their
adversity' (Elihu, Job 36:15 ESV).
* bless all Burmese pastors, Christian
leaders and teachers: inside Burma; in the refugee camps; in the Burmese diaspora; and especially those who are presently fleeing or
suffering in terror. May the Holy Spirit fill the leaders with the wisdom,
faith, grace and strength to shepherd the Lord's flock through these difficult
times.
Ernstige weerstand
en lewensbedreiging
Hierdie is ‘n brief van
‘n Turkse leraar wat ek persoonlik
goed ken:
Friends, Brothers and Sisters
I’m writing
to ask urgently for your prayers, especially in light of events that have taken
place recently. Yesterday evening, just before 6:00 PM, three men drove
up to our church building in Ankara wielding a gun. One of the men got
out of the car holding the gun and wearing a surgical glove. When he
found the church building locked, the gunman pointed the gun at one of our
church members demanding to see the pastor. When the brother who
was outside the building explained that the pastor wasn’t there the gunman
replied with a threat: “Tell that pastor we’re going to get rid of him!”
Eventually the three men drove away. Thankfully, no one was physically
injured.
I spent most
of the night with investigators and officers from various branches of Turkey’s
police force. Unfortunately, our security camera system did not capture
the event because the computer that saves the images was accidentally switched
off. Still, we’re grateful that the police seem to be taking the incident
and the threat seriously. I have decided not to make statements to the
media about this issue, but some newspapers have already printed stories about
it, at least one with my picture.
In recent
months pastors from fellowships in several cities have been threatened in
similar ways. Please pray also for the churches in Antalya, Samsun,
Adana, Ankara, and of course for the church in Malatya where three brothers
were brutally murdered on April 18th 2007.
As you pray
for me and for our church, pray first for boldness to continue serving in the
way that God desires. Pray also for wisdom to know how to deal with the
various kinds of threats and security risks that we face every day. And
pray for the safety of my family and the families in our congregation. We
don’t want these threats to hinder the work of God in any way in Turkey.
Rather, we pray that God is glorified even through these situations. As Matthew writes: “Blessed are you when people insult you,
persecute you and falsely say all kinds of evil against you because of me.
Rejoice and be glad, because great is your reward in
heaven, for in the same way they persecuted the prophets who were before you.”
Thank you
for walking with us in our ministry. We appreciate your support and your
prayers and when we thank God for his provision in our lives, we thank him for
you.
Sincerely,
Ihsan Ozbek
Kurtulus Kilisesi (“Gemeente van Verlossing”)
May 7, 2008
'n Brief uit
Zimbabwe: Nie troos op die oppervlak nie
Een van die NG Kerk se leraars skryf as volg uit Zimbabwe:
Die situasie gister 'n drastiese
wending geneem hier in Zimbabwe.
Gisteraand hou ons Pinksterbiduur
op ***, by Dirk en Heidi se huis. Daar
is 12 mense, amper voltallig. Die wat nie daar is nie, het goeie
rede. Ek het 'n mooi Bybelstudie uitgewerk uit 1 Pet 1:17-23. Dit handel oor die Regter wat ook ons
Vader is, oor ons wat vreemdelinge in die wêreld is. Dat ons losgekoop is van ons sinlose,
oorgeërfde bestaan. Pragtige verse, en ek preek mooi (mag dit maar se want ek
gebruik die Preekstudies). Vooraf het
ons in die inleiding in die NAV gelees dat die hoofdoel van die brief is om
gelowiges wat ter wille van hulle geloof vervolg word, te bemoedig. Maar Dana sê die hele Bybelstudie gaan oor sy
kop, dit roer hom niks. Kobus sê dis
darem nie maklik om te bly glo nie. Dirk
probeer sê dat dele soos hierdie ons eie lyding in perspektief plaas. Heidi oordeel dat geloof betekenis aan mense
se lewens gee. Jy leef nie net vir hierdie tranedal of vir vandag se plesier
nie. Lena sê ons moet nie net bid dat die situasie verander nie, maar dat die
mense moet verander.
Maar niks wat iemand sê, bevredig
nie. Want gister is drie boere en hulle
gesinne afgejaag. Onder andere Oom Piet
Martin en sy vrou. Oom Piet is 88 jaar
oud en kan kwalik loop. Hy het so pas 'n
reeks kankerbehandelings ondergaan. Hy was in 2002 ook in die tronk saam met 'n
paar ander. Daarom is Kobus kwaad en wil weet waarom God sulke onreg toelaat.
Terwyl ons besig is lui selfone gedurig, maar ons gaan moedig voort met die
gesprek. Later daag 2 voertuie op. Dis Dirk se buurman (Blake Nicol) wat toe
net afgejaag is, hy en sy gesin kom soek verblyf vir die nag. Elkeen wat in die
biduur sit, verwag om vandag of more afgejaag te word. Daarom se Kobus dat hy
nie meer die versie glo wat se dat mens nie bokant jou kragte beproef sal word
nie. Dana sê hy is moeg om in 'n “pie in the sky” te glo. Die feit dat ons
vreemdelinge op aarde is en daar vir ons 'n heerlike erfenis wag, troos nie as
jy vannag 'n paar goedjies bymekaar moet gaan sit vir more se padgee nie. Klink
vir hom ook soos opium. Ons sluit af met gebed. Smeek om 'n bietjie genade, mag dit hierdie
keer anders wees as die vorige kere. Uit ervaring weet ons dat niemand te
goed is om oorgeslaan te word nie. Die meeste was al 'n keer of wat
afgejaag oor die afgelope 8 jaar en weet dat dit 'n werklikheid kan wees. En
ons bid vir almal wat geslaan en gemartel word. Ons spreek af om weer byeen te kom vir
vanaand se biduur. Sal maar sien of iemand nog in hulle huis is om dit in te
hou.
Die hele tyd sit ek met 'n bek
vol tande. Die vorige Sondag was 'n spesiale biddag vir Zimbabwe. Ons het saam
gebid. Ek het gepreek oor Paulus se gebed vir die Efesiërs. Dat dieselfde krag
waarmee God vir Jesus uit die dood opgewek het, nou in ons aan die werk is.
Weer 'n mooi gepreek, danksy
Preekstudies.
Toe ons gisteraand almal huis toe
ry, wie weet vir die laaste keer, was daar nie troos nie. Nie op die oppervlak
nie. Ons glo nie meer aan goedkoop
antwoorde op moeilike vrae nie. Ons is
al daardeur. Al wat ons kon doen, was om uit die diepte van ons hart te bid dat
God tog moet help. Dit was ook goed dat elkeen maar kon se wat hy voel,
ook sy ongeloof en vrees uitdruk, sonder gevaar dat iemand wat nie verstaan
nie, hom of haar gaan teregwys. Ons verstaan
mekaar. Ek is vir die afgelope 16 jaar
predikant van hierdie mense.
Ons het goeie sowel as swaar jare saam beleef. En al was daar nie troos op die oppervlak
nie, ken ek elkeen se hart en hoe hulle op die Here vertrou. Gisteraand was 'n geleentheid van saam wees
en saam ly. Saam uiting gee aan ons
emosies, sodat ons kan beter voel. Met die troos in ons agterkop dat ons
tog in God se hand leef. Dis nie die eerste
keer dat ons bedreig word en deur swaar tye gaan nie. Dis ook nie die eerste keer wat ons opreg met
God kan worstel nie. En eintlik weet ons
Hy verstaan en is by ons. Maar ons bid
nog vir uitkoms - dat more nie so sleg sal afloop as wat ons verwag nie.
Die groot betekenis van die
Pinksterbiduur was uiteindelik om bymekaar te wees, in plaas daarvan
dat elkeen by die huis sit met sy eie vrese vir more. Dalk is dit wat gemeenskap van die
gelowiges regtig beteken.
Lees ook gister se skrywe van dr
Johan Pienaar van die Noordelike Sinode, waarvan die kerk in Zimbabwe deel
uitmaak, oor die situasie daar..
Gesamentlike Gereformeerde
Getuienis teenoor die owerheid
Die NG Kerk, die Gereformeerde en
ook die Hervormde Kerk het op 6 Mei 2008 hierdie gesamentlike getuienis teenoor
die owerheid uitgereik.
Moderators van die
NG Kerk-Familie bymekaar
Vanaf 22 tot 24 April 2008 het die jaarlikse Moderatorsbyeenkoms by George plaasgevind. Veertien
moderators plus Anton le Roux, ‘n
sakeman, wat jaarliks vir die afgelope 14 jaar die byeenkoms borg, kon
saamkuier, -gesels en verhouding bou. Die groep was as volg saamgestel:
- Een
moderator uit die NGKA
- Vier uit
die VGKSA
- En nege
uit die NG Kerk
- Die RCA
was nie verteenwoordig nie.
Een van die moderators, Pieter Raath van Kwazulu-Natal, gee sy indrukke:
Wat my
opgeval het tydens die geleentheid was:
* Almal wil
die Woord van God Woord van God laat
wees. Almal wil die Bybel met die grootste verantwoordelikheid en erns hanteer.
* Kerkhereniging is op almal se agenda en
dit is iets wat baie harde werk en ernstige gebed vra. Iemand het gesê: As jy
kerkhereniging nie as ‘n lewenslange opdrag neem nie,
moet jy liewer nie daarmee begin nie. Dit sal nie môre afgehandel wees nie. Dis
‘n langdurige proses.
* Verhoudings lê hoog op almal se lys. ‘n Gesonde verhouding met God is uit die aard van die saak
prioriteit. Maar verhoudinge onderling bly ‘n
manifestasie van ons prioriteit.
* Veral die
NGKA en VGKSA het ‘n behoefte aan die pastorale versorging van hulle pastors
– ‘n pastor pastorum. Hulle
het nie die infrastruktuur wat ons het nie. Miskien moet ons plaaslik hier vir
mekaar tot hulp kom.
* Daar is ‘n groot tekort aan
werkkragte. Van die VGKSA se leraarsposte is maar 50% gevul. In die
Oos-Kaap se 20 gemeentes van die NGKA is daar net een leraar.
Beide die VGKSA en die NGKA ervaar ‘n taalprobleem
daarin dat hulle kinders, weens skole se taalbeleid, sukkel om in hulle eie
taal kategese te doen. Kinders wil nie meer in hulle moedertaal onderrig word
nie. En daar is die uitspraak: Vat hulle taal weg en jy maak ‘n nasie dood.
* Ons kerke
wonder, veral die VGKSA en NGKA, oor die leierskap
van môre – juis omdat die leierskap verouder en jonger leiers nie meer in
ringe en kommissies blootstelling kry nie.
* Die VGKSA
en NGKA ervaar ‘n groot stuk verarming van lidmate - soos in baie NG-gemeentes ook. Maar by die
ander twee kerke is toerusting ten opsigte van rentmeesterskap en deursigtige
begrotings nog nie naastenby waar dit by ons is nie. Ook hier sou ons plaaslik
met ons eie kundigheid vir hulle van waarde kon wees.
Die jeug
is vir almal ‘n teer saak. By veral die NGKA is daar
groot kommer oor hulle kinders se taal (moedertaal) en die afwesigheid van
huisgodsdiens. Hierdie kerke se jeug word dalk in ‘n groter
mate deur dwelm- en drankverslaafdheid en veral deur geweld gekelder as by ons
– of is dit ‘n illusie? Morele standaarde by al ons
kerke neem merkbaar af. Van die ander kerke beweer dat in sekere gemeentes by
hulle daar naweke tot 6 begrafnisse is. Meesal van jonger mense.
Wat ek
net weer besef het is dat ons ‘n verantwoordelikheid
teenoor mekaar het om mekaar met raad en daad (wat sente insluit) by te staan,
met die wete dat ons as kerk(e) aan een Here Jesus Christus behoort. Ons moet
vir mekaar omgee, mekaar liefhê, en dit prakties wys. Dit doen mens veral
plaaslik.
(Oorgeneem uit ePosduif)
Lyzette Hoffman, redakteur van Teologie@Kovsies, skryf die volgende oor die jongste
uitgawe en gee die skakel waar jy die e-publikasie kan kry:
Die "samewerking" tussen God en mens is selde
duideliker as in die Teologie en in die bediening. In die Teologie het ons die
voorreg om wetenskap binne 'n transendente dimensie te bedryf. In die bediening
het ons die voorreg om vanuit die transendente en die immanente van God te
dien. Of dit in die uitlê van gelykenisse of die wysheidsliteratuur is, die
kontak met misdadigers en misdaadslagoffers, of in die gebruik van die Internet
vir evangelisasie is - ons moet 'n openheid vir Goddelike ingrepe hê. Wat 'n
voorreg om hierdie Here te aanbid en te dien waar Hy ons ook al plaas.
Volledige berigte by: http://www.uovs.ac.za/newsletter/newsletter.php?sid=84
Angus Buchan tree in Port Elizabeth op
Johan Enslin vestig ons aandag daarop dat Angus Buchan
op Saterdag, 25 Oktober, om 13:00 by die NMMU-stadion in PE optree. Besprekings
is noodsaaklik en word gedoen by www.computicket.co.za/booking/computicket/
Kies “Life event, EC -
25/10/08”.
Dr Lectus Steenkamp emeriteer
Uit die Ring van Oos-Londen verneem ons dat dr Lectus
Steenkamp op 31 Augustus 2008 by die NG Kerk Buffelsrivier emeriteer. Hy bly
dan nog op kontrakbasis vir een maand by die gemeente aan, waarna hy verhuis.
Lectus,
ons bid jou en jou familie ‘n geseënde toekoms toe!
Mag julle die Here se versorging konkreet ervaar.
’n Tawwe Bybelstudiegids vir ’n
tawwe tyd
Waar was God? van Andries Cilliers (R49.95) het pas verskyn by
Bybel-Media.
’n Tien-week Bybelstudie – oor hoe om as gelowige in ’n wêreld vol misdaad
te (oor)leef.
Misdaad is besig om ons
samelewing soos ’n vloed van chaoswaters te oorstroom. Lees ’n mens die
koerante, dan wonder jy of daar nog iewers in Suid-Afrika ’n stukkie droë grond
oorgebly het. Jy voel lus om saam met die psalmdigter te kla: “Help tog, Here,
want daar is geen vrome meer nie, daar is geen betroubare mens meer oor nie.”
Dis seker oordrewe, maar dit is presies hoe jy voel. Verlam.
In tien Bybelstudies vir groepe
ondersoek Andries Cilliers alle kante van hierdie aktuele kwessie. Die skrywer
lei mense om na te dink oor waar God was toe ons Hom nodig gehad het, wat die
rol van die Bose is en hoekom mense misdaad pleeg. Uiteindelik lei hy ook die
Bybelstudiegroep om na te dink oor sake soos versoening, vergifnis en hoop.
In die Junie uitgawe van LIG:
Soos ’n vader sal Hy
my teen sy hart vasdruk! Oud Egoli-ster, Johan Scholtz, wy die afgelope drie jaar sy lewe aan God en
gesin. Vir Simeon en Lara is hy vashou-en-druk-pa. En vir Lulu, sy vrou, is hy
’n rots.
Ook in die kollig:
* My kind in ’n land vol geweld ... Hoe gemaak as jóú kind deel van die
bloedige statistieke word?
* Depressie - een dag op ’n slag. Danie Niehaus en Deirdre Barnard-Visser
vertel.
* Kinderpartytjies - pret of pyn? Vandag se kinderpartytjies lyk nie soos die
van weleer nie. Kinders gebruik partytjies om met mekaar te kompeteer. Moet
ouers saamspeel en opdok?
* 10 dinge wat jy van jou tiener moet weet. As ouer sit jy dikwels met jou hande
in die hare omdat jou oulike kind skielik net sowel ’n ruimtewese kan wees - só
min verstaan jy hom. LIG belig die probleem.
* Hoe gemaak met die ‘anderster’ kind?
* Mentorskap is ’n “groot”
woord, maar dit is iets wat baie van ons daagliks geniet of beoefen sonder om
dit eens te besef.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Hartlike groete
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
Dié dinge waarop jou kop ingestel is, sien jy
heeltyd raak. Later is dit die enigste temas waaroor jy praat, dink en droom.
Vat maar daardie 'donkerkant-eerste-raaksieners'.
Hulle sien graag moeilikheid raak en praat ook aanhoudend daaroor. Dalk ken jy
'n paar van hul geliefde uitdrukkings - "Waar gaan alles heen?" Of:
"Dis klaar met ons!" Wat van daardie immergroene wat deesdae weer
orals kop uitsteek: "Hier's g'n toekoms meer nie!" As dit dalk jou
soort taal is, dan's dit hoogtyd dat jy jou kop vars
instel. Hoe? Paulus sê in Kolossense 3:2 ons moet ons gedagtes op Christus rig.
Net dit. Dis regtig so eenvoudig, én so lewensveranderend soos dit.
Ons moet
'n nuwe beeld van Christus se grootheid, goedheid en nabyheid in ons koppe kry.
Hy moet weer van vooraf, of dalk regtig vir die eerste keer, ons nuwe Held
word. Dit kan slegs gebeur as ons bereid is om daagliks agter Jesus aan op sy
reispad te stap. En as ons sy Boek gereeld as ons reisgids lees en oordink. Vul
jou kop nou dadelik met die regte dinge - nee, vul dit met die regte Persoon!
Dan is jou lewe oorvol.
(Stephan Joubert, Kernkrag)
Pappa, pappa, begin alle feëverhaaltjies met: “Eendag, lank, lank gelede,
in ‘n ver land…”
Nee my kind, party begin ook met: “En as julle vir my stem, sal ek…”
Petrus is sommer
dadelik befoeterd…
By ‘n geselligheid by ‘n
senior Metodis gehoor:
Die verloofde paartjie kom in ‘n motorongeluk te sterwe en daag by Petrus op. Sommer daar
by die poorte, na die toelating afgehandel is, vra hulle om te mag trou.
Petrus is baie simpatiek, gee sy goedkeuring, en begin dadelik soek na ‘n predikant om die huweliksbevestiging waar te neem. Dit
neem hom ‘n volle ses maande, maar uiteindelik is ‘n dominee opgespoor, en word die huwelik bevestig.
Ses maande later wil die paartjie
skei, en kom sien vir Petrus.
Petrus is sommer dadelik
befoeterd. “Kyk”, sê hy, “dit het my ses maande gevat om ‘n
dominee te vind. Hoe lank dink julle gaan dit my vat om ‘n
prokureur in die hande te kry?!”
Graeme Butcher van die Bybelgenootskap onthou dat sy ma meer as veertig
jaar gelede vir hulle die volgende koerantberiggie,
wat hy onlangs tussen sy dokumente herontdek, voorgelees het:
A certain English lady decided to go to
Switzerland to live. She enlisted the help of a Schoolmaster there who found a
single room for her to live in.
She wrote to the schoolmaster to enquire
about the toilet facilities in connection with the room, referring to the
toilet as the “W.C.”. The schoolmaster did not know what was meant by “W.C.”
and so consulted his parish priest who decided it must stand for “Wayside Chapel”.
The schoolmaster wrote the following letter
to the lady in England:
Dear Madam,
We are glad to inform you that there is a
W.C. just nine miles from your room in a pine grove. It is open only on
Thursdays and Sundays. This is an unfortunate situation if you are in the habit
of going regularly.
You may be happy to know that some people
bring their lunches and make a day of it. Some of the people who don’t have
cars just make it in time.
I would especially recommend Thursday for
they have an organ accompaniment then. The acoustics are great - even the most
delicate sound can be heard.
My son was married in a W.C. There was such
a rush for seats that ten people tried to sit on the same time. It was
interesting to see the looks on their faces!
My wife, sickly but dedicated, doesn’t go
regularly. In fact she hasn’t gone for more than a year. Naturally it pains her
not to be able to go more often.
I will reserve a seat for you where you can
be seen and heard by everyone.
I hope I have been of some assistance to
you.
Cordially, the Schoolmaster
Sinodale Kommunikasie