Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
12 - 1 Mei 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
‘n Geseënde Pinkstertyd vir al OosKaap eNuus se lesers toegewens. Môre is Hemelvaartdag. Mag ons
almal leef vanuit die bewussyn van die teenwoordige tyd van Christus se
heerskappy: Hy sit aan die regterhand...
Wat gebeur as gewone lidmate besef hulle is nie so
“gewoon” nie?
Ds Piet Nel aanvaar beroep na King William’s Town
NIRSA : National Initiative for the Reformation of South Africa
Braam
Hanekom en Allan Boesak lewer
kommentaar oor Zimbabwe
Operasie Mobilisasie se "Durban Challenge" 30
Junie - 12 Julie
MMC: God is nie jou “China” nie
MMC: Nie te trots vir ekskuus sê
MMC:
Konferensie se hoofkwessies
Prof Andrew Purves besoek PE
op 4 Augustus 2008
Aandag Skollies! Skoolverlaterskampe 2008
Wat gebeur as
gewone lidmate besef hulle is nie so “gewoon” nie?
Wimke Jurgens, lidmaat van Somerstrand (Klema-gemeente)
skryf oor die opleiding van lidmate vir prediking en pastoraat:
Ek wil graag my opgewonde
dankbaarheid vir hierdie inisiatief uitspreek. Die persepsie dat sekere
‘belangriker/geestelike’ take in die gemeente net deur ‘n
uitverkose paar hoogs opgeleide mense gereserveer is, was te lank deel van die
kultuur in die NG Kerk. Dit terwyl ons reformasie beginsels juis die
teenoorgestelde sê! Ek het ‘n sterk vermoede dat een
van die groot redes vir die NG Kerk se stagnering juis die feit is dat ons
kultuur in die kerk nie die plek van die gelowige erken nie. Te veel mense glo
dat hulle as ‘gewone’ lidmate nie veel meer kan doen as tee skink of bazaar
reël nie en dat ‘geestelike’ take net vir predikante gereserveer is. Te veel
gawes het al verlore gegaan as gevolg hiervan en te veel geleenthede vir die
uitbou van die koninkryk is al gemis omdat mense geglo het hulle was nie
opgewasse vir die taak nie. Te veel gelowiges het al gefrustreerd opgegee omdat
dit wat hulle geroep is om te doen, net nie vir hulle beskore was nie.
Wat kan nie alles gebeur as
‘gewone’ lidmate besef dat hulle nie so gewoon is nie, maar dat hulle
uitverkore priesters is wat afgesonder is om op verskillende maniere die
verlossingsdade van God te verkondig! (1 Pet. 2:5-10 en 4:7-11)
Beide die predikante en lidmate is
waarskynlik vir hierdie kultuur verantwoordelik. Die gemeente omdat dit soveel
makliker is om al die moeilike werk vir die predikant te los en die predikante,
onder andere, omdat 1) hulle glo die gemeente verwag dit van hulle, 2) ons maar
almal by tye onder die versoeking sal swig om die ‘hero’
te wees wat die gemeente met meerdere kennis en insig uit hulle verknorsing sal
red en 3) ook omdat dit jou posisie in die gemeente net soveel versterk as jy
die enigste een is wat al die ‘belangrike’/’geestelike’ dinge kan doen. (Ek het
geen twyfel dat ek vir 2) en 3) hierbo sou swig indien ek ‘n
predikant was nie en swig heel gereeld self vir hierdie versoekings in my
bediening by Klema.)
Verskoon die lang stuk hierbo,
maar dit is al lank in my sisteem en was vir ‘n lang
tyd ‘n groot frustrasie vir my. Voel sommer goed dat
ek dit nou kon formuleer en as deel van ‘n dankie (ipv as kritiek) kon sê.
Ek bid vir die projek en almal
wat die opleiding gaan deurmaak.
Ds Piet Nel
aanvaar beroep na King William’s Town
‘n Opgewonde André Olivier laat weet:
“Ds. P.G. (Piet) Nel van die NG
Gemeente Monte Vista het die beroep na King William’s Town aangeneem. Ons beplan om hom die eerste week in September te
ontvang. Loof die Here!”
Tot sovêr André se briefie. King
William’s Town is een van daardie gemeentes waar toegewyde lidmaat-leierskap
die gemeente oor die afgelope paar jaar uitnemend laat funksioneer het. Wys jou
wat “gewone” gelowiges kan doen as hulle agterkom die Here kan hulle gebruik.
Onder leiding van hulle nuwe, ervare dominee, gaan die lidmate éérs kook!
NIRSA : National Initiative for
the Reformation of South Africa
Die Nasionale Inisiatief vir die Reformasie van Suid-Afrika is ‘n inisiatief olv dr Michael
Cassidy en ‘n wye verskeidenheid kerklike leiers,
asook ander Christen-leiers uit alle sektore van die samelewing wat as
Christene ‘n impak in Suid-Afrika wil uitoefen. Die
omvattende aard van die plan blyk uit die konsep-verklaring van voorneme wat
pas uitgereik is, en waarop kommentaar ingewag word. Dit sal manjifieke
spanwerk verg om hierdie belowende inisiatief te laat werk - die hele liggaam
van Christus moet geaktiveer word.
Die konsep-verklaring
is op ons webblad beskikbaar. Deel dit gerus ook met ander.
Braam
Hanekom en Allan Boesak lewer kommentaar
oor Zimbabwe
Rapport 2008-04-27, deur Marlene Malan
Zimbabwe is ’n tweede Rwanda – ’n
humanitêre ramp. Dis ’n land van terreur wat gebuk gaan onder wreedheid wat jou
verstom.
Dr. Allan Boesak, Kaaplandse
moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk
(VGK), sê daar is geen ander manier om Zimbabwe te beskryf nie as “ ’n algehele
tragedie” met “vernietigde mense” wat “my heeltemal verslae gelaat het”.
En dr. Braam Hanekom, moderator
van die Wes- en Suid-Kaaplandse sinode van die NG Kerk, wat van Sondag tot
Dinsdag saam met hom hul samehorigheid met kerkleiers en lidmate van kerke in
Zimbabwe gaan toon het, sê dis mense wat hul hoop nou op ’n Goddelike ingryping
vestig.
“Die land word deur militêre
leiers bestuur wat Mugabe in die kussings hou. Sowat 100 000 jeugdiges is
ontplooi om hul vernietigingswerk te doen. Hulle brand hutte af, vermoor mense
en martel diere voor hul eienaars. Alles om te verseker dat hulle in die
volgende verkiesing vir Robert Mugabe stem.
“Die wreedheid wat ná die
verkiesing in Zimbabwe losgelaat is, is verskriklik. Zanu-PF gaan ’n neerlaag
beslis nie aanvaar nie.
“Wat my die meeste getref het, is
die tasbare vrees, wantroue en agterdog wat heers. Mense vertrou niemand meer
nie, veral nie vir pres. Thabo Mbeki nie. Gemeenskappe is heeltemal vernietig.
“Dis ’n beklemming om my hart dat
almal oor hul skouer kyk. Al is die verkiesing verby, is die inwoners van
Zimbabwe sielkundig verslaan.
“Die één boodskap wat die hele
tyd aan my oorgedra is, is dat die verkiesing gesteel is,” sê Hanekom.
Boesak sê dié twee kerke gaan die
saak nie daar laat nie. Die Suid-Afrikaanse regering, die Verenigde Nasies en
die lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap “moet ons eenvoudig
hoor. Ons was reeds met die SARK en ons regering in verbinding. Die kerk dring
aan op ingryping. Die land is in die hande van militêre wreedaards.”
Volgens Hanekom moet niemand
twyfel daaroor dat grootskaalse hongersnood in Zimbabwe heers nie.
Daarom het die NG Kerk en VGK ’n
noodlenigingsfonds op die been gebring. “Ons lidmate het hande gevat hieroor.
Hulle staan tou om te gee.”
Vir Hanekom is die skokkendste
dat “die mense so vernietig is. Mans se lewensverwagting is 37 en dié van vroue
34. Die werkloosheidsyfer is 85%, en 70% van die landsburgers – die ekonomies aktiewes – het gevlug.
“Daar is nie ’n regstelsel nie.
Die howe is lakeie van die regering. Die onderwys- en gesondheidstelsel is
vernietig. Niks van die toeristebedryf is oor nie.
“Ons het kilometers gery en geen
boerderybedrywighede gesien nie. Die lughawe is onheilspellend stil. Gerugte
doen die ronde dat die Mugabe-regime die goudmyne aan China verkoop het. Die
boeregemeenskap se situasie is haglik. Daar is 139 aangetekende gevalle van
boere wat ná die verkiesing verjaag is.
“Mense het ons vertel kort ná die
verkiesing was daar vreugde en hoop. Dié gevoel het dramaties verander. Al wat
oorbly, is ontreddering en ’n ongekende onderdrukte woede,” sê Hanekom.
Suzette van Rooyen bring hierdie desperate noodkreet van ‘n Zimbabwiër onder ons aandag:
I reckon that these are the
last days of TKM and ZPF. The darkest hour is always before dawn.
We are all terrified at what they are going
to destroy next........I mean they are actually ploughing
down brick and mortar houses and one white family with twin boys of 10 had no
chance of salvaging anything when100 riot police came in with AK47's and
bulldozers and demolished their beautiful house - 5 bedrooms and pine ceilings
- because it was 'too close to the airport', so we are feeling extremely
insecure right now.
To be frank with you, it's genocide in the
making - read the Genocide Report by Amnesty International which says we are -
IN level 7 - (level 8 is after it's happened and everyone is in denial).
We need you, please, to get the news OUT
that we are all in a fearfully dangerous situation here. This Government has
GONE MAD and you need to help us publicize our plight--- or how can we be
rescued? It's a reality! The petrol queues are a reality, the pall of smoke all
around our city is a reality, the thousands of homeless people sleeping outside
in 0 Celsius with no food, water, shelter and bedding are a reality. Today a
family approached me, brother of the gardener's wife with two small children.
Their home was trashed and they will have to sleep outside. We already support
8 adult people and a child on this property, and electricity is going up next
month by 250% as is water.
For now,--- we ourselves have food,
shelter, a little fuel and a bit of money for the next meal - but what is going
to happen next?
Censorship!----We
no longer have SW radio [which told us everything that was happening] because
the Government jammed it out of existence - we don't have any
reporters, and no one is allowed to photograph. If we had reporters here, they
would have an absolute field day. Even the pro-Government Herald has written
that people are shocked, stunned, bewildered and blown mindless by the wanton
destruction of many folks homes, which are supposed to be 'illegal' but for
which a huge percentage actually do have licenses.
Please! - do have some compassion and HELP
by sending out the articles and personal reports so that something can/may be
done. 'I am one. I cannot do everything, ---but I can do something.. And because I cannot do everything, I will not refuse to
do the something that I can do. What I can do, I should do. And what I should
do, by the grace of God, I will do.' - Edward Everett Hale
Operasie Mobilisasie se
"Durban Challenge" 30 Junie - 12 Julie
Fred van der Westhuizen gee die volgende inligting deur:
Jaarliks skep OM 'n geleentheid vir Christene om uit te
reik na hul naaste en sodoende ook blootstelling te kry aan die sendingwêreld.
Die geleentheid het oorspronklik begin in Durban in 2002 en elke jaar word dit
in 'n ander streek of stad gehou. In 2008 kom ons volle sirkel en gaan weer
terug Durban toe.
'n Groep van
ongeveer 400 mense van regoor die wêreld word vanjaar verwag en sal eers saam
ontmoet vir 3 dae van oriëntasie en opleiding voor hul in verskeie spanne
opgedeel sal word en die stad binnevaar. Die spanne sal geleentheid om by
verskeie vorme van bedieninge betrokke te raak wat strek van kinder vakansie
klubs, jeug bediening, straatwerk, deur-tot-deur evangelisasie, ouetehuis
besoeke, praktiese werk, MIV/ Vigs bediening en soos die Here hul lei.
Reaksie van
vorige deelnemer: " I have had many opportunities
to go on
short outreaches since I first attended
the Cape Challenge in 2004. I have seen many lives
changed, but perhaps the most
exciting life-change occured in me." Belinda (Australië)
Koste: R900
Registrasie
afsluit datum: 30 Mei
Registreer voor 1 Mei en betaal slegs R790
Kontak: Bonny Davids,
OM South Africa’s Global Challenge koordineerder, challenge@rsa.om.org
Tel: 012 807 0161
Hierdie artikel, Pastoral
Sabbath Keeping, is 'n
uittreksel uit Judith Schwanz se nuwe gelyknamige boek
wat by die Alban Institute verskyn het. Hierin beskryf sy die belangrikheid van
'n persoonlike sabbat vir die pastor. Die artikel, en
moontlik die boek, is ‘n moet-lees vir predikante, ag
sommer vir almal wat so hard werk om ‘n bestaan te
maak.
On being a Muslim apostate
and writing on apostasy
by Ziya MERAL
Turkish Daily News
Tuesday, April 29, 2008
I have always been amused by which
dimensions of my identity are picked up on by presenters, chairpersons and
journalists when introducing me. If the talk or the article is on
Turkish-Armenian issues, my "Turkishness"
assumes center stage. If it is for an intellectual
audience, my academic credentials, particularly the fact that I have studied a
wide range of issues on three different continents, are emphasized. Whenever I
speak to or write for a Christian audience, the "miracle" that I am a
Turkish Christian becomes my main source of credibility. It seems that the
Christian world, just like my fellow Turkish citizens, sees the phrase
"Turkish Christian" as an oxymoron. There is one more element of who
I am that never sits comfortably with me but seems to draw increasing
attention; I am a Muslim apostate.
Bashing Islam and Muslims?:
The word creates instant interest
and disgust. In both cases, everyone assumes what you will say next. It creates
feelings of sympathy and comradeship in those who tend to have a negative,
black and white view of Muslim societies. Most non-Muslims expect you to show,
or help them to prove, the "true face of Islam" and want to know how
you have come to "realize the higher culture" of the religion you
converted to. The word also creates strong emotions among Muslims who live in a
negative, black and white view of the world. Most Muslims assume that you will
sing the common tune of apostates who seem to be driven a sense of purpose, or
a sense of revenge, in life by bashing Islam and the Muslim world.I
have often struggled while telling people that I am an apostate. In the Muslim
world, it was more a fear of serious repercussions and in the West because of
these preconceived glasses that people use to view me. I simply do not fit to
these categories. I find myself culturally at home in the Muslim world and
often defend Islam when it is being reduced to terrorism and violence. I also
continue to speak up for Muslims when they face racist attacks, renditions and
indefinite detentions. This shocks Westerners. Yet, I also shock Muslims, when
I criticize them with the truth that Muslim societies rank at the top of human
rights abuses lists. One current example of this is a report I was commissioned
to write on the experiences of apostates from Islam by a British human rights
organization. I spent an entire year conducting interviews in Iran, Egypt,
Jordan, Kuwait, Turkey and the U.K. with apostates and spent most of my time
surveying the legal situation in the world's 44 Muslim-majority countries, as
well as Islamic theology and jurisprudence and international law. The report,
"No Place to Call Home: Experiences of Apostates from Islam and Failures
of the International Community," has created both great interest and great
disgust, all in one go.
Findings of the report:
During the writing of the report,
I had to face the sad fact that apostasy is not a mere theoretical debate on
whether or not the Koran and the Hadith prescribe the
death penalty, but that it is an overlooked human rights concern. Apostates are
subjected to gross and wide-ranging human rights abuses, including
extra-judicial killings by state-related agents or mobs; honor
killings by family members; detention, imprisonment, torture, physical and
psychological intimidation by security forces; the denial of access to judicial
services and social services; the denial of equal employment or education
opportunities; social pressure resulting in the loss of housing and employment;
and day-to-day discrimination and ostracism in educational, financial and
social activities. For some Muslims, writing a report that shows this and
provides a legal, theological and socio-political framework to analyze the problem is already proof that I am an
Islam-hating, lying, defaming apostate. For others, I seem to be fulfilling my
role as an Islam-hating whistle blower. For my concerned friends, I am a fool
who is taking a high personal risk of being persecuted by my own state or the
countries I travel in, of being attacked physically by Islamists, purists or
just irrational nationalists. For my family, all of whom are still Muslims, I am continuing to bring shame on them and becoming
famous for all the wrong reasons. That is why my wise friends regularly advise
me to write under a pseudonym, but I will never do so. Why? Why am I writing on
this issue if I am not an Islam-hater or an ally of Western right-wing
politics?
For the tears of others:
It is because I have looked into
the eyes of people in a wide range of Muslim countries, including Turkey, who
are subjected to the most grotesque persecution just because they have sought
to exercise their most fundamental right to choose a religion or belief and
live accordingly. One apostate who was subjected to torture and solitary
confinement in a Middle Eastern country told me that his torturers mockingly
told him to scream as loud as he could because no one would hear him and run to
his aid. The apostate said that this was what broke him down, not the physical
damage: To realize that he was in fact all alone in a small and cold cell. I
owe it to people like him and many others who are in vulnerable and fragile
conditions. That is why I write on apostasy, even though I have no interest
whatsoever in attacking or defending Islam or in capitalizing on my own
apostasy. I write, because perhaps my words may serve as the voice that has
been taken away from these people by their communities and that has been muted
by the international community. Perhaps… I write for
myself… so that it is no longer just me who has to witness and carry the tears
of others.
Inhoud
Ons moet diep nadink oor wat verlede naweek op Greytown gebeur het. Wat kan
ons daaruit leer? Wat is besig om hier te gebeur en wat sê dit vir ons oor die
mense wat ook in die fokus van ons bediening is? Ek hoor graag wat sê eNuus lesers.
My swaer, André Marais, vestig ons
aandag op hierdie persberigte wat oor die Mighty Men Conference in Beeld verskyn
het: Verskoon die lengte - ek haal dit volledig aan, omdat niks hiervan (na my
beste wete) in die Burger verskyn het nie. Neels Jackson skilder ‘n omvattende, leersame prentjie oor wat alles hier gebeur
het:
MMC: God is nie
jou “China” nie
Hoe kry 'n boer uit KwaZulu-Natal dit reg om 60 000 mans vir 'n
geestelike konferensie op sy plaas byeen te bring? Neels Jackson skryf
oor Angus Buchan en die boodskap wat hy bring.
Wanneer Angus Buchan by die Mighty
Men’s Conference voorgestel
word, is dit as iemand “wat die onverdunde Woord van God verkondig”.
Self sê hy dat hy nooit die kans gehad het om na ’n Bybelskool te gaan of
in die teologie te studeer nie. Hy is wel deur die skool van die lewe.
En wanneer hy oor Jesus praat, sê hy: “Ek praat nie oor iemand van wie ek
in ’n boek gelees het nie. Ek ken Hom. Hy is my beste vriend.”
Later hou hy die Bybel in die lug en roep uit: “Ek gee nie om hoe goed jy
dié boek ken nie, as jy nie die outeur daarvan ken nie, weet jy niks.”
En dít is die kern van sy boodskap, dat ’n mens ’n persoonlike verhouding
met die Here moet hê.
Van die redes waarom hy so gewild is en so ’n groot impak maak, lê
waarskynlik presies hier. Want Buchan preek nie soos
’n gewone dominee nie. Hy lewer ’n getuienis. Hy praat uit ondervinding.
En anders as baie dominees wat sukkel om die kloof tussen hul leefwêreld en
dié van hul gemeentelede te oorbrug, is dit nie vir Buchan
’n probleem nie.
Hy praat uit die harde ekonomiese werklikhede van die boerdery. Hy ken
misoeste en krisis. Hy kan vertel hoe sy geloof hom daardeur gedra het.
MMC: Nie te trots
vir ekskuus sê
Miskien is dit juis daarom dat so baie van die 60 000 mense wat die
afgelope naweek op die plaas Shalom naby Greytown
saamgetrek het, mans was met bande met die landbou.
Toe Buchan in ’n stadium vra hoeveel boere of
ander mense met belange in die landbousektor daar is, het ’n see van hande
opgegaan.
Op sulke ore maak ’n boodskap oor hoe die Christelike geloof in ’n
landbou-opset werk, soveel sin. En Buchan se
boodskappe is deurspek met sulke verhaaltjies.
Hy vertel byvoorbeeld in ’n sessie oor verhoudinge hoe die inspekteurs op
sy plaas aankom om na sy saadmielies te kyk. Hulle is besorg oor hoeveel
mielies in blom is, dat daar te veel stuifmeel in die lug is en hulle dreig om
sy oes af te keur.
Met ekonomiese rampspoed wat so ’n stap sou meebring, probeer hy sy
werkers, ’n groep Zoeloevroue, oortuig om in te
spring en die lande te help skoonmaak. Maar dis laatmiddag en hulle is moeg en
onwillig. Hy raas, maar vergeefs.
Toe hulle omdraai en loop, besef hy daar is net een manier: die Christelike
manier van verskoning vra. Toe hy hom so voor die swart vroue nederig maak, het
hulle hom gehelp. Verhoudinge is herstel, sy oes is gered, hy het hulle ruim
vergoed – en hy het ’n belangrike geestelike les geleer.
Dié saak van verhoudinge is belangrik. ’n Hele sessie wy hy daaraan om met
die tienduisende mans voor hom te praat oor die herstel van hul gesinsverhoudinge.
Hy sê vir hulle hulle moet die hoofde van hul huise
wees, maar dit word nie ’n vrypas tot baasspelerigheid nie.
Hy vertel hoe hy een dag moeg by die huis kom, sy vrou en een seun, toe ’n
student, in die kombuis kry waar hulle tee drink. Sonder rede is hy sommer
moeilik met hulle, hulle vervies hulle vir hom en die huis hang dik van die
suur verhoudings.
By homself dink hy maar hy is die hoof van die huis, maar verklaar dan dat
sulke denke sommer twak is. Hy het dié aand eers sy seun en toe sy vrou gaan
wakker maak om hulle om verskoning te vra en verhoudings te herstel.
Moenie te trots wees om dit te doen nie, was sy boodskap.
Die meeste van die tyd, drie van die vier sessies tydens die konferensie,
praat hy egter oor sy verhouding met die Here. En dis nie ’n teoretiese of
dogmatiese kwessie nie. Dis ’n lewende werklikheid wat in sy dag-tot-dag-lewe
neerslag vind.
Hy loer van die verhoog af na die ouens in die voorste ry en sê vir hulle:
“Vir my is Jesus meer werklik as julle wat hier voor my sit.”
En die God van wie hy vertel, is een wat mense liefhet, wat vir hulle die
lewe in oorvloed wil gee, maar wat ook heilig is en wat gevrees moet word.
Aan die een kant vertel hy dat die Here sy beste vriend is, maar aan die
ander kant waarsku hy dat Hy nie jou maat is nie: “God is not
your china.” Hy moet
gerespekteer word. Daarom dat ’n mens heilig moet lewe voor Hom.
Vir Buchan was dit die eerste stap waaroor hy met
die mans wou praat. “Get rid
of the rubbish.” Of dit ’n
verslawing aan alkohol is en of dit ’n verhouding met ’n ander vrou is. Of dit
geld is wat jy die belastinggaarder skuld en of dit trots is wat jou
verhoudinge beduiwel.
Hy vertel hoe hy ná sy bekering benoud na die doeanekantoor is om te bieg
dat hy nie alles verklaar het toe hy uit Zambië na Suid-Afrika geïmmigreer het
nie.
Dit was soos ’n blok sement van sy skouers af toe hy oop kaarte met die
doeanebase gespeel het – en ’n bonus toe hy hoor dat hy in elk geval niks
invoerbelasting hoef te betaal het op dit wat hy weggesteek het nie.
’n Integrale deel van sy geloof is dat God wonderwerke doen.
“Geloof,” verklaar Buchan, “is om te glo wat jy
nie kan sien nie – en die beloning vir jou geloof is om te sien wat jy glo.”
Hy vertel van die insident wat ook in Faith like potatoes, die fliek oor sy lewe en geloof, uitgebeeld word:
’n Brand breek op sy plaas uit wat dreig om na omliggende plantasies te
versprei. Hulle kan dit nie in bedwang bring nie en hy en ’n werker bid dat God
reën moet stuur.
En dit gebeur, al is dit nie reënseisoen nie, en dit blus die brand.
Dis nie die enigste keer dat hy gebid het vir reën nie. Deur die loop van
die naweek hoor ’n mens van minstens nog drie sulke gevalle: in Australië, in
die Oos-Kaap en die Wes-Kaap.
Hy vertel hoe hy in Australië met die boere oor berou gepraat het, hoe
hulle tot inkeer gekom het en hulle voor God verootmoedig het – en hoe dit
daarna begin sous het.
“Hulle het my die reënmaker genoem. Ek het gesê ek is nie die reënmaker
nie, ek is die Reënmaker se seun!”
In die Oos-Kaap het hy op die Dinsdagaand aan ’n groep mismoedige boere
gesê dit gaan reën voordat hy die volgende Maandag vertrek.
Hulle was opgewonde, maar toe daar teen die Donderdag nog geen teken van
reën was nie, het hulle begin wonder. Buchan self het
benoud geraak en by God gepleit.
Toe hy die Sondagmiddag voor ’n saal vol boere sy Bybel oopmaak, hoor hy
die druppels op die dak.
“Dis my koning!” het hy uitgeroep. Hy verklaar dat die Here hom nog nooit
in die steek gelaat het nie.
Die naweek se Mighty Men’s
Conference was vir hom net so ’n wonderwerk. Toe
hulle besluit het om die wêreld se grootste tent daarvoor op te rig, het hulle
nie geweet waar die geld vandaan sou kom nie. Maar teen die tyd dat die
konferensie gehou is, was dit betaal.
Op een punt tydens die konferensie toe hy sy gehoor wou aanspoor om te glo,
roep hy uit: “Kyk net na die tent.”
By ’n ander geleentheid word hy onderbreek deur een van sy helpers omdat
hulle dokters soek om met ’n mediese noodgeval te help.
Nadat gevra is dat ’n dokter moet gaan help, bid hy dat die Here daar moet
help met ’n wonderwerk en hy sê dankie dat hy kan weet dat daardie mens genees
word.
In ’n volgende sessie vertel hy dat daardie man ’n hartstilstand gehad het,
dat die dokters hom klinies dood verklaar het, maar hom ná tien minute weer kon
bybring.
Wanneer hy die volgende dag vertel dat iemand wel tydens die konferensie
dood is, is hy tevrede daarmee dat dié persoon “huis toe is na Jesus toe”.
Aan die einde van die sessies bid hy telkens vir mense wat siek is. Eers
mense met laerugpyn. Dan mense met migraine. Later
mense met kanker en uiteindelik mense met enige kwaal waarvoor hy nog nie gebid
het nie.
Hy moedig mense aan om hul genesing te aanvaar en verklaar by geleentheid
dat die mense genees is. Dis nie ’n vertoon nie en nie een van die siekes word
vorentoe geroep of tot skouspel gemaak nie.
Vir Buchan is dit bloot ’n uiting van sy geloof
in dié God wat reeds in sy lewe wonderwerke gedoen het. En vir sy gehoor val
dit op vrugbare aarde.
’n Mens sou die geestelike honger kon probeer verklaar aan die hand van
omstandighede in die land, van onsekerheid en van soeke na ankers.
Hoe ook al, die honger is duidelik daar onder Buchan
se gehoor, waarvan seker twee derdes Afrikaners was.
Sy duidelike boodskap van ’n lewende God wat in die daaglikse lewe by sy
kinders is en wat hulle en hul land desnoods met wonderwerke deur krisisse kan
dra, help klaarblyklik om dié honger te stil.
MMC: Konferensie se hoofkwessies
'n Mens sou die kern van die boodskap wat mnr. Angus Buchan
die afgelope naweek op die Mighty Men's
Conference gebring het, in twee dele kon saamvat: Jy
moet die Here liefhê met jou hele hart, en jy moet die mense om jou liefhê en
met respek behandel. Terwyl hy uitvoerig hieroor gepraat het, het hy verskeie
ander (soms omstrede) kwessies in die verbygaan aangeroer.
Rassisme. "Hier is mense hier wat
probleme het met rasseverhoudinge. Ouens, dit moet end kry." Hierop het Buchan gebid dat die Here die rassisme uit mense se harte
moet wegneem. Dit ontneem hulle van hul lewensvreugde, het hy gesê. Hy het
gevra dat die Here hul harte met liefde vul. "Julle sê: "Angus, ek
kan nie.? Julle kan!" het hy uitgeroep.
Homoseksualiteit. "Ek haat nie
homoseksuele of lesbiërs nie, maar wat hulle doen, is onaanvaarbaar."
Lyfstraf. Hy sê dis pa's se taak om hul
kinders te dissiplineer. "'n Mens moet 'n rebelse kind 'n pak slae gee en
vir hom sê: 'Ek is lief vir jou'."
Belastingontduiking. "Party van julle
raak slim met die belastinggaarder. 'Betaal aan die keiser wat die keiser
toekom.' Betaal net, man!"
Waterwys. Buchan
sê 'n mens moenie 'n wiggelstok ("divining stick") gebruik om water te wys nie. Dis nie volgens
die wil van die Here nie. ‘n Mens moet God vra waar
jy moet boor.
Neels Jackson
Dit klink soms soos vuvuzelas langs 'n
sokkerveld, maar "ramshorings" het die laaste tyd al hoe meer hul
verskyning gemaak by groot kerklike byeenkomste.
Mnr. Johan Storm van Goodwood in die Kaap het die afgelope naweek by die Mighty Men's Conference
opgedaag met 'n koedoehoring waarvan die puntjie afgesny is sodat hy dit soos
'n trompet kan blaas.
"Dis 'n teken van die Here se krag en teenwoordigheid," sê hy. Hy
wys daarop dat die Israeliete in die Bybelverhale van die val van Jerigo se
mure en van Gideon se stryd teen Israel se buurnasies, telkens op hul sjofars of ramshorings geblaas het.
Deesdae is dit dikwels koedoehorings wat gebruik word, maar Storm se
vriend, mnr. Philip Kotze, het die horing van 'n merinoram uit die Karoo
saamgebring.
Hulle sê die horings is vanself hol. Dit word net met growwe sout en klein
klippies behandel om die vesels aan die binnekant uit te kry.
'n Mens kan 'n paar verskillende toonhoogtes uit een horing kry en dit kan
met verskillende ritmes geblaas word. Dit het 'n ryk geskiedenis in die kultuur
van oud-Israel, maar vir hulle vandag is dit 'n geestelike teken wanneer die
ramshoring geblaas word.
Mnr. Wouter de Lange, wat saam met Storm en Kotze uit die Kaap gekom het,
sê soms voel dit asof daar 'n geestelike muur is wat jy moet deurbreek. Dan is
die blaas van die horing soos 'n geestelike oorlogskreet. Ander kere is dit
meer feestelik.
By die Mighty Men's Conference was daar verskeie mense wat met hul ramshorings
iets oor die grootheid van God verkondig het.
Dis nou nie meer net 'Scotsman' wat doen wat die
Here hom beveel nie
Hoe het konferensiegangers die naweek beleef? Werner Geere
van Theresapark, Pretoria, vertel:
Wat die naweek in Greytown gebeur het, is 'n teenvoeter vir alles wat
negatief en beklaenswaardig was die laaste paar maande.
Kom ek vertel julle van 'n rigtinggewende naweek in Suid-Afrika se
geskiedenis, want manne is besig om op te staan en gemeenskappe te verander
omdat een "Scotsman" op sy knieë gegaan en
begin doen het wat sy God vir hom gesê het.
Toe ons bus Vrydag kort voor 07:00 uit Pretoria vertrek, was daar 'n
opgewondenheid oor wat die naweek voorlê.
Ons bus is die een wat vyf keer gaan staan het op pad Greytown toe ? die
einste bus waar jy nie 'n gemurmureer en gekla gehoor het oor ons so stadig
vorder nie.
(Ons sou later verstaan dat die tyd wat ons langs die pad deurgebring het
met herstelwerk, tyd was waarin God deur manne 'n impak kon maak op een
busbestuurder se lewe ? en ons was betyds vir die konferensie).
In die kampterreine is gesê dat ondanks die ure lange gewag in die verkeer
om op die plaas te kom, daar nie een voorval was waar 'n man sy humeur verloor
het nie.
Toe ons teen 19:00 in die grootste tent ter wêreld sit en sien hoe die
aankomende motors se ligte lang toue vorm uit verskillende rigtings oor die
heuwels van KwaZulu-Natal, kon jy sien hoe manne se gemoed vol word van
dankbaarheid oor die grootheid van God.
'n Grootheid wat geopenbaar is daarin dat 60 000 manne by die
konferensie opgedaag het waar 30 000 verwag is, dat almal elke ete geëet
het, dat die geriewe voldoende was en jy nooit iemand hoor kla het nie.
'n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat daar nie 'n organisasie ter
wêreld is wat 60 000 manne vir ?n naweek kan laat saamtrek, kos gee en
twee na drie ure voor die begin van elke sessie in die plek van samekoms saam
sien sit rondom 'n ou wat kitaar speel en liedere sing, of 'n groep wat
bymekaar staan en saam bid voor die sessies begin nie.
'n Grootheid wat daarin geopenbaar is dat 60 000 manne saam op hul
knieë gaan en God aanroep om hul land te heel.
Op pad terug hou ons in Montrose stil om diesel in te gooi en kos te koop.
Naderhand het selfs KFC se personeel saam ge-amen as
die manne in die toue oorweldigend "amen" onder leiding van die ou
met die cowboy-hoed.
Ons is terug; Angus Buchan se God is saam met ons
terug; ons het 'n paar dinge van geloof geleer en dis ook saam met ons terug.
Ek het woord gehou en vanoggend stiltetyd gehad soos Angus ons geleer het.
Ek is seker daar was duisende ander manne wat dit ook gedoen het.
Dinge in Suid Afrika is dus reeds besig om te verander. Die "Scotsman" is nie meer alleen op sy knieë nie, en hy is
nie meer die enigste man wat doen wat sy God vir hom sê nie. Ons vir jou,
Suid-Afrika!
Prof Andrew Purves besoek PE op 4 Augustus 2008
Die Purves-egpaar is beide predikante, en beide
besoek Port Elizabeth op 3 en 4 Augustus 2008.
Lees gerus die volledige inligtingstuk wat hier op ons webblad te vind is.
Aandag Skollies!
Skoolverlaterskampe 2008
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Skollie-kampe, vanjaar by Jeffreysbaai of
Zuurberg. Kondig die kampe asb in gemeentes af. Julle kan meer hieroor lees by www.ngkok.co.za/skollies. Daar is ook ‘n
inskrywingsvorm beskikbaar. Dupliseer asb en gee vir
julle skoolverlaters. Die koste is R580, wat goeie waarde vir geld is.
Gemeentes kan dalk oorweeg om jongmense gedeeltelik of ten volle te borg.
Sinodale Kommunikasie