Amptelike
Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer
11 - 24 April 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Lees asb die inligting oor Zimbabwe hieronder aandagtig,
en roep gemeentes om eerskomende Sondag vir Zimbabwe te bid - dit is ‘n oproep van die Anglikaanse Biskop van Zimbabwe.
Gemeentes wat konnekteer met hul gemeenskappe
Lidmaattoerusting: Inhoud en doel van die kursus
in prediking
Betrokkenheid
van Oos-Kaapse Gemeentes by diensaksies 2006 en 2007
Dagkonferensie saam
met Alan Hirsch
Kontemporęre weergawe van Jesus se verhaal - 21ste eeu,
Afrika, Xhosa!
Dringende Mediaverklaring oor
Zimbabwe
Zimbabwe: Update on farm invasions
Jemen: 'n uitdaging tot vennootskap
Die engele het
die hele tyd by ons gestaan...
Media en moraliteit - Gebed vir die media
Mixed
feelings at Malatya massacre memorial
Prof Andrew Purves besoek PE
op 4 Augustus 2008
Aandag Skollies! Skoolverlaterskampe 2008
Daai super entrepreneurskap van ons kontinent se
mense
Gemeentes wat
konnekteer met hul gemeenskappe
Dit lyk of minder welvarende, meer marginale, kleiner en meer afgeleë,
plattelandse gemeentes baie beter konnekteer met hul gemeenskappe en die hele
gemeenskap dien, in vergelyking met gemeentes in meer stedelike en welvarende
kontekste.
Hierdie is een van die
merkwaardige konklusies van die 2008 reeks padberade
wat vandeesweek eindig.
Meer welvarende gemeentes sien
die bediening van gemeentes veel eerder as die bedryf van gemeentelike aksies
en die uitvoering van ‘n geestelike program binne die
gemeente. Hulle is minder geneig om grense oor te steek en meet hul sukses aan
die hoeveelheid lidmate wat betrokke is by intra-gemeentelike aktiwiteite.
By plattelandse gemeentes, veral
die kleiner-plattelandse gemeentes is die prentjie totaal anders. Hierdie
gemeentes het feitlik deur die bank al dramatiese grense na die volle
gemeenskap oorgesteek. Die gemeenskap is in die visie van hul bediening,
hierdie gemeentes leef reeds anderkant die grens.
Uit die taalgebruik, val dit mens
ook op dat die goeie nuus van die evangelie nie net as ‘n
boodskap vir jou siel met ewigheidsimplikasies verstaan word nie, maar ook as
goeie nuus vir die gebrokenheid van mense op hierdie aarde.
“Moenie die situasie in die
platteland idealiseer nie”, sę die dominees by so ‘n padberaad. Hier is steeds ook rassisme en sterk weerstand
in ons gemeentes. Maar, blyk uit die
gesprek, dié gemeentes ken ook ‘n sterk, konkrete
appčl van God se voorkeurtoekoms vir hul diens aan
die gemeenskap.
Lidmaattoerusting:
Inhoud en doel van die kursus in prediking
Ek kry heelwat navrae van lidmate oor wat die inhoud van die
prediking-kursus vir lidmate behels. Jannie Richter van die Netwerk vir
Lidmaattoerusting verskaf die volgende opsomming van die toerusting:
Die doel van die kursus is om bekwame lidmate toe te rus om met 'n hoë mate
van vertroue te kan preek en tydens eredienste leiding te kan neem.
Die kursus behels twee siklusse
waartydens deelnemers twee preke uitwerk. Vir elke preek word ook 'n doelmatige
diensorde saamgestel. Studente word stap vir stap
begelei in die proses van preek-maak en die opstel van 'n diensorde
wat die boodskap van die preek aanvul. Waar moontlik maak die kursus
voorsiening daarvoor dat die preke en diensordes in
byeenkomste van die gemeente of in kleingroepe gebring word. Elke siklus duur
minstens 10 ure.
Gedurende die proses waartydens
'n preek en erediens 'gebore' word, word insigte uit nuwere teologiese
besinning oor prediking en erediens bygewerk.
Die hoop is dat deelnemers se perspektief verruim sal word deur 'n goeie
begrip te vorm van die huidige samelewing sowel as die denkwęreld en die
geestelike konteks van 'n gemeentelike erediens.
Sake soos die volgende kom ter
sprake:
* die aard van prediking en erediens as 'n
besondere instrument van die God Drie-enig;
* die rol wat prediking en erediens in God se
opbou van die gemeente en die koninkryk speel;
* die waarde en betekenis van die
persoonlikheid van die prediker;
* verantwoordelike en verrykende omgang met die
Skrif, en
* God se gesprek met die huidige węreld en sy
boodskap vir mense.
Die kursus bied nie gevorderde
teologie nie, maar is toeganklik vir enige lidmaat wat 'n goeie begripsvermoë
het. Daar word nie baie leeswerk voorgeskryf nie, maar daar word van elke
deelnemer verwag om belangrike kernnotas gedurende die sessies te formuleer.
Betrokkenheid van Oos-Kaapse Gemeentes by diensaksies
2006 en 2007
Ds Giep Louw het pas 'n
statistiese vergelyking van gemeentes se betrokkenheid by diensaksies oor die
begrotingsjare 2006 en 2007 gemaak. Die syfers gee 'n baie interessante
prentjie van die omvang van gemeentes se betrokkenheid by diensaksies.
Gemeentes het gesamentlik - uit eie fondse - meer as 8,6 miljoen rand
spandeer aan getuienis, barmhartigheid, jeugbediening en gemeentebediening.
Oom Giep skryf:
* Die totale inkomste van die gemeentes
het met 11% gestyg van R52,669,615 tot R58,472,846.
* Die totale besteding op die diensterreine beloop 14.93% (R8.730.904)
* In beide die gevalle van Getuienis en
Barmhartigheid word ongeveer ⅓ plaaslik bestee en ⅔ elders.
Hy lig die statistiek toe met ‘n ontleding per ring en baie interessante grafieke. Klik hier vir volledige
besonderhede.
Ons het tydens die padberade heelwat gepraat oor
die moontlikhede wat die Company of Pastors ons bied
- spesifiek in ringsverband. Hier is ‘n brosjure
wat heelwat meer inligting gee.
Dagkonferensie saam met Alan Hirsch
U word uitgenooi na 'n opwindende dagseminaar saam
met die bekende in die ontluikende kerk beweging (Emergent
Church) Alan Hirsch.
Alan is 'n gebore Suid-Afrikaanse Jood wat tot geloof gekom het en bekend
geword het vir sy uitdagende en vars benadering tot die kerk van vandag en die
uitdagings wat ons as kerk vandag die hoof moet bied. In sy boek The Forgotten Ways wys hy op 'n oortuigende manier dat dit
noodsaaklik is dat ons weer die "apostolic genius" van die kerk moet herontdek. Ons
is werklik bevoorreg om hom hier by ons te hę. Ons is verder gelukkig om 'n
voorraad van sy boek beskikbaar te hę wat te koop aangebied sal word by die
dagseminaar.
Ek sien persoonlik baie uit na die
dag. Met die lees van sy boek het ek werklik hoop gekry en is 'n hele
klomp nuwe perspektiewe vir ons roeping as kerk oopgemaak. Ek dink
werklik dit is 'n dag wat die moeite werd sal wees om by te woon.
Frederick Marais
Datum: 19 Mei 2008
Plek: Communitas (Ouditorium Teologiese Kweekskool, Stellenbosch)
Tyd: 10:00-15:00
Koste: R100
pp (slegs tee/koffie en verversings sal bedien
word)
Bespreek u plek by Divine Robertson 021-8083265
of dr@sun.ac.za
Kontemporęre
weergawe van Jesus se verhaal - 21ste eeu, Afrika, Xhosa!
Rethie van Niekerk stuur ‘n kennisgewing van ds
Sieg Louw aan - Sieg skryf:
Ek stuur hierdie links vir jou oor 'n geleentheid wat Ster Kinekor weer oor ons pad bring. Dit is 'n
kontemporęre weergawe van die Jesus verhaal. Dit speel af in 21ste eeu
Afrika, en in Xhosa!
Verseker gaan dit ook die tonge
los kry in ons land, maar ek dink dit is 'n wonderlike geleentheid wat die
media ons gee om te wys waarvoor ons hier is!
http://efilmcritic.com/review.php?movie=13612 (Hier kan jy meer
daaroor gaan lees.)
http://www.sonofmanmovie.com/ (Dit is die film se
eie webbladsy waar jy ook die voorprent kan sien)
Dit begin draai op Vrydag 20 Junie, seker dan net by sekere teaters.
Gaan kyk gerus die voorprent op
die web.
Harare - Calls
for international intervention to defuse Zimbabwe's post-election crisis
mounted as the US urged China to call back a ship loaded with weapons for
President Robert Mugabe's regime.
As church leaders in the troubled southern
African nation warned rising violence could reach genocidal
levels, the government in Beijing defended its sales of arms but hinted the
cargo might not be delivered.
In a joint statement, signed by the
Evangelical Fellowship of Zimbabwe, the Zimbabwe Catholic Bishops' Conference
and the Zimbabwe Council of Churches, church leaders all called for outside
help to end unrest. "Organised
violence perpetrated against individuals, families and communities who are
accused of campaigning or voting for the 'wrong' political party...has been
unleashed throughout the country," the statement said.
"We warn the world that if nothing is
done to help the people of Zimbabwe from their predicament, we shall soon be
witnessing genocide similar to that experienced in Kenya, Rwanda, Burundi and
other hot spots in Africa." It urged the Southern African Development
Community (SADC), the African Union (AU) and the UN to work towards
"arresting" the deteriorating political and security situation.
The 14-nation SADC and the AU have both
come under fire for their muted response so far to the crisis.
(Bron: www.iol.co.za - verkort)
Suzette van Rooyen bring hierdie oproep van vriende in Zimbabwe onder ons
aandag:
On Thursday during prayers at our home group
here in Harare we believe God guided us to
mobilise 15 minutes of special prayer for Zimbabwe at all services at all
churches on SUNDAY 27 APRIL 2008.
This appeal is being widely circulated, not only in
Zimbabwe, but throughout the world; praying for repentance and the restoration
of justice and righteousness which will flow through the land like two mighty
rivers (Amos 5:22) so that the country will honour the One and Only Almighty
God.
A desperate cry from the
hearts of Zimbabwe screams across the world.
It calls upon all Christians of every
denomination in every nation to focus their prayers, in churches, halls, homes,
or elsewhere, on SUNDAY 27TH APRIL 2008 on the critical situation in
Zimbabwe, a nation in dire distress and teetering on the brink of human
disaster.
Let the cry for help touch your heart and
mind. Let is move you to do what you
can immediately to ensure this DAY OF PRAYER takes place in your country and
neighbourhood.
Please pass on this message right now to
all the churches and Christian organisations known to you and to the media as
well as to everyone anxious to rescue Zimbabwe from violence, the concealing
and juggling of election results, deceit, oppression and corruption, and to
bring about righteousness, joy, peace, compassion, honesty, justice, democracy
and freedom from fear and want.
May a continual strong
stream of prayer and supplication flow up to the Lord on behalf of all the
people on this DAY OF PRAYER, exhorting His divine intervention throughout the
nation.
“It is by making the truth publicly known
that we recommend ourselves to the honest judgment of mankind in the sight of
God.” (2 Corinthians 4:2)
SOME ADVICE TO ZIMBABWEANS
“Who so putteth
his trust in the Lord shall be safe3.” (Prov. 29.25)
“Stand fast, and do not let
yourselves be caught again in the yoke of slavery.” (Gal.5:1)
“Make no mistake, you cannot
cheat God.” (Gal.6:7)
“Do not be overcome by evil
but overcome evil with good.” (Rom. 12:21)
Dringende Mediaverklaring oor Zimbabwe
Die moderators van die Verenigende
Gereformeerde Kerk van Kaapland, dr Allan Boesak, en die NG Kerk van Wes- en
Suid-Kaap, dr Braam Hanekom het gisteraand uit Zimbabwe teruggekeer na twee dae
in daardie land. Hulle was vergesel van Dr Kobus Odendaal van die
Kommissie van Getuienis-Aksie van die twee kerke. Die doel was om solidariteit
te toon met die kerkleiers en lidmate van verskillende kerke in Zimbabwe en
hulleself eerstehands te vergewis van die situasie.
Stedelike en landelike gebiede is besoek. Verteenwoordigers van die
landbou en menseregte aktiviste is ook ontmoet. Terwille van die veiligheid van
die betrokkenes daar, kan name en plekke nie op hierdie stadium bekend gemaak
word nie. Aan die hand van waarnemings word die volgende gesamentlike
verklaring uitgereik
In die lig van bogenoemde wil ons die volgende oproep doen:
Hierdie verklaring is voorgelę op ‘n mediakonferensie op Woensdag 23 April in Belhar
(Bellville-Suid) in die Sinodale Kantoor van die VGK-Kaapland.
Dr Allan Boesak - Namens die VGK
Dr Braam Hanekom - Namens die NGK
Zimbabwe: Update on farm invasions
Vriende van Isa Goosen stuur die volgende berig uit
Zimbabwe:
Reports have been received of varying
degrees of disturbance on over 100 farms since elections. These have taken place all over the country.
Seventeen confirmed evictions have taken
place mostly in Centenary which is now a -no go' area. Beatings have been confirmed on one farm and
also in the surrounding resettlement areas.
In Guruve the CIO have clamped down and whilst
farmers are continuing to work, they are not permitted to receive visitors or
move freely around the area. In Karoi 6 of remaining 9 farmers have
experienced problems including one eviction. Dairy farmers in more than one district have
experienced disruptions to milking.
There have been barricading in Doma and police have reacted in varying degrees. Farmers in Manicaland
are also experiencing threats and an elderly farmer in Chipinge
was abducted for some hours by war-vets.
He was later released by police.
There have been reports of a general
crackdown in areas perceived to be in MDC support and workers and other population
have been harassed and beaten in retribution.
It is clear that the threat of losing land under MDC is being used to
motivate much of this activity. Anyone
considering travelling into farming areas is strongly cautioned against it at
this time. Over the weekend there have
been new evictions in Chipinge. Some Centenary
farmers have returned. The situation
remains very tense everywhere.
Jemen: 'n uitdaging tot
vennootskap
Carl Crouse
van Grasvoëlkop skryf:
Jemen is een van die węreld se mees ongeëvangeliseerde
lande ter węreld. In 2001 was daar minder as 100 plaaslike gelowiges, met
geen kerk onder die plaaslike bevolking. 'n Onlangse berig in die Yemen Post vertel van 'n "kommerwekkende groei
in getalle Christene" (http://www.yemenpost.net/17/LocalNews/1.htm). 'n Werker in die Midde-Ooste getuig as volg: “Ons praat van ʼn
nuwe beweging, die geboorte van ʼn nasionale kerk, ʼn nuwe baba. God is
aan die beweeg om ʼn plaaslike, nasionale kerk op te rig”.
Daar het ʼn dringende versoek van hierdie groeiende getal gelowiges
uit Jemen gekom vir toerusting en bystand.
7 leraars van die NG Kerk (6 van die Ring van Algoa
en 1 van die Wes Kaap) het laasjaar die geleentheid gehad om eerstehands ʼn
land in die strategiese Noord Afrika, Midde Ooste (NAMO) gebied te besoek.
Ons het kerke, leiers en organisasies ontmoet wat met groot ywer en
geloof die Here hier dien en die Evangelie onder moeilike omstandighede in die
NAMO gebied verkondig. Hier is opgeleide mense wat die taal en kultuur
verstaan, met materiaal wat in die veld beproef en ontwikkel is, wat ’n oop
deur het om hierdie jong ontwikkelende kerk in Jemen toe te rus en by te staan
sodat God se Koninkryk ook daar kan kom!
Ons is daarvan oortuig dat ons 'n belangrike rol kan speel om hulle
hande te sterk deur gebed en finansies - deur in vennootskap hierdie plaaslike
kerke by te staan en te ondersteun in dié werk van die Here. Al gebrek aan
hulle kant is die nodige finansies.
Ons streef om R20 000 voor einde Junie 2008 hiervoor in te samel. Vir meer inligting skakel: Carl Crouse 0834637462 / 0413655258
Agtergrond oor jemen:
Bevolking: 23 000 000 mense. 46% onder 15 jaar
oud. 99.54% Moslem. 0.05% Christen.
Christenskap in Jemen was sterk gevestig teen 400 nC maar word heeltemal uitgewis met die Islamitiese
aanvalle van 7de eeu. Vandag is dit onwettig om die Evangelie te
verkondig of vir ’n Moslem om sy geloof te verander. Bekering tot Christus is
strafbaar met die dood. Vervolging teen Christene is baie straf. Die meeste
Christene in die land is buitelanders, hoofsaaklik Etiopiërs wat daarheen
gevlug het. Hulle word toegelaat om kerke te hę maar daar is min kerke in
Jemen. In 1964 het die regering toestemming gegee vir sendelinge om
mediese en opvoedkundige dienste te lewer. Hulle het ook subtiele
getuienislewering toegelaat, maar dit is later heeltemal verbied. FEBA en
TWR het radio uitsendings wat Jemen bereik. 5 van die tale het geen
Bybel-vertaling beskikbaar nie. Vir die eerste keer in 1400 jaar is daar sprake
van ʼn plaaslike kerk, ’n groepie gelowiges wat roep: “Kom help ons”.
Die engele het die hele tyd by ons gestaan...
Johan Kotze stuur die volgende:
Baie kinders wat ’n naby-doodse ervaring het, sien
engele. Dis verstommend hoeveel kinders se ervarings ooreenstem! Hierdie
verhaal sal jou opnuut opgewonde maak oor die hemel ...
Die aand van
“Ongeveer 14
kilometer buite Winburg het die ongeluk gebeur”, vertel Madeleine. “’n
Vragmotor het sy wiel verloor, en dit het die motor agter die vragmotor getref.
Daarna het die wiel soos ’n missiel reg van voor deur die voorruit van ons
bakkie geskiet.
“Ek sal nooit
die uitdrukking van skok en ongeloof op Gerhard se gesig vergeet toe hy homself
voor die wiel ingooi nie. Dit het hom vol in sy gesig en bors getref. Hy is
gevolglik gedeeltelik onthoof en vergruis.
“Die impak het
sy sitplek na links agteroor gebuig sodat hy met sy kop op Jacques beland het.
Iets het Jacques ook oor sy voorkop gesny. Dit het hewig gebloei. Bloed het oor
sy gesig en oë gestroom. Jacques het vreeslik geskree en toe skielik stil
geraak,” onthou Madeleine.
Na die ongeluk
was alles vreeslik deurmekaar, en hulle is daarna per ambulans na die Medi-Kliniek in Welkom geneem.
Dis wat ek gesien het Mamma!
“Ongeveer twee weke na die ongeluk het Jacques my gevra
of alles daardie aand regtig gebeur het,” vertel Madeleine. “Ek het dit
bevestig, en toe vertel hy vir my wat hy die aand van die ongeluk beleef het.”
Klein Jacques
vertel self verder: “Ek het die aand van die ongeluk al geweet my pa is dood.
Hy het met sy kop op my skoot geval en wat ek gesien het, was nie mooi nie. Toe
ek aan Pappa se kop vat, het dit baie sag gevoel. Ek het net geskreeu: “Jesus
help my! Jesus help my!” Skielik het ek ’n lig in die veld gesien. Die lig het
nader gekom en al groter en groter geword. Toe die lig langs die kar kom, het
ek gesien dit is Pappa. Hy het soos altyd gelyk, net soos ons hom geken het,
maar sonder stukkende plekke. Sy vel was anders, deursigtig, soos lig. Hy het
ander klere gedra, klere wat ’n mens nie hier kry nie. Dis die mooiste kleure
en klere wat ek nog ooit gesien het. Sy oë was nog steeds groen soos ons hom
ken. Dit was net baie blink.
“Pappa was
tevrede dat ons oukei was. Hy het langs my kom sit en
gesę ek moenie worry nie. Hy is in die hemel. Pappa
het ook voor Mamma gaan staan en vir haar gesę sy moenie bekommerd wees nie.
Haar arm gaan weer regkom. (Madeleine se arm was so lelik gebreek dat die been
deur die vel gesteek het.) Mamma het vir hom gesę hy moenie weggaan nie, hy
moet nog by ons bly, maar hy het gesę sy tyd op aarde is verby, hy
Van skok het
Madeleine aanvanklik vergeet wat gebeur het, maar toe Jacques daarvan praat,
kon sy dit weer onthou.
Jacques vertel
verder: “Daar was baie engele saam met Pappa. Hulle het hande vasgehou en
rondom die kar gestaan. Die engele het anders gelyk as wat ek altyd gedink het
– hulle was lank en groot en het nie vlerke gehad nie. Hulle klere was blink
soos goud en het op die grond gehang; ook die gordels om hulle middels het tot
op die grond gehang. Hul oë was blou en het soos lig geskyn.
“Daar was ’n
leier-engel, en hy was die langste van almal. Hy het eers met Pappa gepraat en
vir hom gesę: ‘Ons het julle beskerm.’ Toe het hy na my gedraai en gesę: ‘Julle
moenie bang wees nie. God gaan van nou af na julle kyk.’ Die engele het die
hele tyd by ons gestaan – selfs toe die mense ons uit die bakkie gehaal het,
het hulle daar gebly. Hulle het eers weggegaan toe die ambulans met ons vertrek
het. Pappa het eerste weggegaan, toe die leier-engel en toe die ander. Die
laaste wat ek onthou, is Pappa se gesig wat in die wolke verdwyn. Daar waar hy
en die engele gestaan het, het dit soos ’n fantasiewęreld gelyk. Dit was
vreeslik mooi. Dis ’n plek waarheen ek graag eendag sal wil gaan. Die engele
was ook baie mooi, maar Pappa was die mooiste van almal. Ek onthou sy oë – dit
was so blink!”
Madeleine
vertel dat Jacques se oë toegeswel was vanweë sy beserings. Boonop het bloed
uit die wond aan sy voorkop oor sy oë gevloei. Maar toe hy Jesus in sy
benoudheid aangeroep het, het God sy geestesoë geopen sodat hy kon sien wat hy
gesien het.
Hoop met ’n traan
Graeme was onbewus van alles wat sy boetie gesien het. Hy
het geen beserings opgedoen nie, maar was baie geskok. Die ambulansbestuurder
sę die seun het hom in trane gehad, omdat hy heelpad roerend vir sy pa gebid
het.
Alles was
verskriklik traumaties vir die gesin, maar hulle is dankbaar dat hulle soveel
berusting gekry het nadat Jacques sy ervaring met hulle gedeel het.
“Ons prys die
Here elke dag. ’n Mens
Media en
moraliteit - Gebed vir die media
Jannie Pelser
skryf:
Die media speel uiteraard `n baie
belangrike rol in enige samelewing. Dit is ook waar van die Suid
Afrikaanse konteks. Media is `n versamelterm wat `n groot verskeidenheid
kommunikasie middelle insluit. Daaronder resorteer televisie, radio,
koerante, tydskrifte, selfone, die internet, reklame, ens. Die media dra
kennis en inligting oor, vermaak, beinvloed menings, stel mense aan węrelde
voor wat vroeër onbekend was.
Die media is ongelukkig dikwels
winsgedrewe, soek sensasie en sirkulasie met die gevolg dat hul sosiale gewete
somstyds effe afgestomp raak. Met die verskoning dat hulle `n spieëlbeeld
is van moraliteit word baie onaanvaarbare materiaal aangebied. Onskuldige
kinders en mense sonder `n goed ontwikkelde verwysingsraamwerk word blootgestel
aan debatteerbare inhoude en verlei om hul lewens daarvolgens in te rig.
Suid Afrika het juis `n oordosis van geweld, misdaad, verwerping van gesag,
dissipline probleme asook die blattante misbruik van God se Naam.
Dit is betekenisvol dat daar uit verskeie
oorde die versugting weerklink dat norme en waardes in die samelewing herstel
moet word. `n Onlangse verslag na geweld en intimidasie op skole dui aan dat `n
duiseligwekkende persentasie leerders onveilig voel by die skool. Selfs
verkragting kom in leë klaskamers, op die sportveld en in toilette voor.
Leerders word op gereelde basis deursoek vir dwelms. Die leerders
is die leiers van more. Die skrif is duidelik aan die muur.
Die Jesus Projek poog om `n getuienis te
lewer en moedig Christene aan om pro-aktief en waarderend vir die media te
bid. Die jaarlikse Media Fokus word vanaf 1-10 Mei aangebied. Gelowiges
word uitgenooi om aan die hand van `n gebedskalender daagliks vir verskillende
aspekte van die media se werk te bid. Die gebedskalender is op die
webtuiste beskikbaar. Daarbenewens word `n Internasionale Dag van Gebed
vir die Media op 4 Mei gehou met die suggestie dat gemeentes en belanghebbende
sal praat oor verantwoordelike media gebruik. Inligting is bekombaar op
die webtuiste www.thejesusproject.co.za. Daar word ook
Jesus Optogte beplan op Hemelvaartdag, 1 Mei. ( Wil u nie so n geleentheid
fasiliteer nie?) Dit is `n geleentheid waar gelowiges hul onderlinge
verbondenheid kan demonstreer.
Navrae : ds Jannie Pelser 011 6652516 of
0836019094
Mixed feelings at Malatya massacre memorial
Tuesday, April 22, 2008
Istanbul – Turkish Daily News
Hundreds of members of Turkey's Protestant
community gathered Sunday afternoon to remember Necati
Aydın, Uğur Yüksel and Tilman Geske, the three Christians who were brutally murdered in
Malatya in April of 2007.
But a year
after the Malatya killings the Turkish Christian community still yearns for
freedom to express and live its faith in a tolerant Turkey.
"I knew Necati, Uğur and Tilmann, and especially Necati
very well," said Zekai Tanyar,
chairman of the Turkish Protestant Churches Alliance, during the memorial
service. "I laugh bitterly when I hear the unfair lies told about them.
This is the only crime my three brothers committed: Their belief in God,
following Jesus and telling people about God's message of love and hope for
people."
At the gathering that brought together
members of the Turkish protestant church from all over Turkey as well as
representatives of the Armenian, Catholic, and Orthodox churches the feelings
were a mixture of sorrow for the loss of the three, joy for the re-union of the
Christian community and hope. Yet there was a lingering sense of disappointment
especially among Turkish Christians about the continued lack of tolerance
toward them for their choice of faith, said Tanyar.
"There is disappointment," Tanyar told the Turkish Daily News, "but we've always
known," he said explaining that Christians and minorities in Turkey
throughout the centuries have always been treated as second-class
citizens." There is a pain in our heart, especially for those of us who are
ethnically Turkish; that people think that if you believe in Christ you're a
traitor." As if it isn't bad enough to hear it, he said, "when you
get targeted to the point of being killed...how can this be acceptable to
people or the government, just in a sense of humanity purely."
Ongoing trial
On April 18, 2007 the accused
killers Cuma Ozdemir, Abuzer Yildirim and Salih Gurler had been caught at
the scene of the crime at a Christian publishing house with knives in their
hands and the blood of the victims on their clothing. But like Hamit Çeker, the first suspect to
testify in January, the three suspects declared at the fifth hearing on April
14, last week that they had not participated in the actual killings of Turkish
Christians Aydın and Yüksel
and German Christian Geske. Instead, in the Malatya
Third Criminal Court they claimed it was Emre Günaydın, the fifth culprit and alleged ringleader of
the attack, who personally tortured and then slit the throats of the three
Christians, reported Turkish and foreign media last week. In their statements
the three said Gunaydin had deceived them, telling
them his plan was just to infiltrate and intimidate these "Christian
missionaries" whom he claimed were trying to divide Turkey and destroy
Islam. The next hearing is scheduled for May 12.
Tanyar said
the Turkish Constitution on the one hand gives Christians
"tremendous" freedoms, but takes away from those with the
disinformation about Christianity, "therefore turning people against
us," he said.
There are an estimated 3,000-4,000
Turkish Protestants across the country and some of the churches report
continued hostilities toward their churches and members. One Turkish Christian
of Istanbul who works as a civil servant opted not to come to the memorial
service for fear of her picture being taken. "The killings have affected
some people," said Tanyar. In the city of İzmit just one hour east of Istanbul, the pastor of
the small protestant church has received repeated death threats and is
currently under police protection. He was forced by his neighbors,
who were afraid for their own safety, to move to a different neighborhood.
"We want the government to be
much more persistent in stopping this kind of discrimination and
violence," said Tanyar. "They should be
encouraging people who are different in public and taking a positive attitude
to stop the negative."
One of the elders of the Beşiktaş Protestant church, Kaan
Koryürek said the case of Malatya was extreme.
"This is violence and the people who did it are driven by hate," he
said noting that not all Turks are like this. "I have many Muslim friends
and they said they were very sorry about the event," said Koryürek.
A message of courage
Widows Şemşe
Aydın and Suzanne Geske
as well as Rakel Dink took their seats at the front
of the chapel of St. Esprit Catholic church in Harbiye,
just blocks away from the Agos offices in Osmanbey where Turkish-Armenian journalist Hrant Dink was murdered over a year ago. Aydin and Geske spoke of the year
that passed and the difficulties they faced and the courage they found in the
community of Christians and their faith. They encouraged those present to not
be afraid either.
"I am amazed by these women's
forgiveness," said a Greek Protestant woman who traveled
from Greece to show her support to Aydin and Geske. "These people live under such pressure and yet
they have courage," she said.
Johan van Rooyen (Cradock) vestig ons aandag op baie
praktiese raad:
We all carry our
mobile phones with names & numbers stored in its memory but nobody, other
than ourselves, knows which of these numbers belong to our closest family or
friends.
If we were to be involved in an
accident or were taken ill, the people attending us would have our mobile phone
but wouldn't know who to call. Yes, there are hundreds of numbers stored but
which one is the contact person in case of an emergency? Hence
the "ICE" (In Case of Emergency) Campaign.
The concept of "ICE" is catching
on quickly. It is a method of contact during emergency situations. As cell(mobile)phones are carried by the majority of the
population, all you need to do is store the number of a contact person or
persons who should be contacted during emergency under the name "ICE"
( In Case Of Emergency).
The idea was thought up by a paramedic who
found that when he went to the scenes of accidents, there were always mobile
phones with patients, but they didn't know which number to call. He therefore
thought that it would be a good idea if there was a nationally recognized name
for this purpose. In an emergency situation, Emergency Service personnel and
hospital Staff would be able to quickly contact the right person by simply dialing the number you have stored as "ICE."
For more than one contact name simply enter
ICE1, ICE2 and ICE3 etc. A great idea that will make a difference!
Let's spread the concept of ICE by storing
an ICE number in our Mobile phones today!
ICE will speak for you when you are not able
to.
Prof Andrew Purves besoek PE op 4 Augustus 2008
Die Purves-egpaar is beide predikante, en beide
besoek Port Elizabeth op 3 en 4 Augustus 2008.
Lees gerus die volledige inligtingstuk wat hier op ons webblad te vind is.
Aandag Skollies!
Skoolverlaterskampe 2008
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Skollie-kampe, vanjaar by Jeffreysbaai of
Zuurberg. Kondig die kampe asb in gemeentes af. Julle kan meer hieroor lees by www.ngkok.co.za/skollies. Daar is ook ‘n
inskrywingsvorm beskikbaar. Dupliseer asb en gee vir
julle skoolverlaters. Die koste is R580, wat goeie waarde vir geld is.
Gemeentes kan dalk oorweeg om jongmense gedeeltelik of ten volle te borg.
Daai super
entrepreneurskap van ons kontinent se mense
Hier is nou ‘n klassieke
voorbeeld van innoverende denke wat verleenthede in geleenthede omskep:
"Hey
Sipho! I have a cow for you for just R500!"
"Eh
yoh, Bongani! I'll take it - you can bring it to me
tomorrow!"
The next day:
"Sorry Sipho, but the cow died last night."
“Hauw.. So, ok
then. Just give me my money back."
"Sorry Sipho, I had already spent that money.."
"Eish! So, ok then. Just bring me the dead
cow."
So, Bongani brought the dead cow to Sipho
the next morning. A few weeks later, Bongani bumped
into Sipho and asked him what he did with the dead
cow:
"You won't
believe, Bongani! I made a raffle for the cow, and I
sold 251 tickets for R5 each! I made a profit of R750! But, I didn't tell
anyone the cow was dead.."
"Yoh!
And the people they didn't complain?"
"Eish! Only the guy who won! So, I gave him back his R5 and he was heppy!"
Ps: Sipho is now in parliament.. ..
(Vir ons Afrikane kry jy nie sommer onder nie!)
Sinodale Kommunikasie