Amptelike Nuusblad
: NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie:
Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang
6 - Nommer 10 - 17 April 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Padberade : ‘n Proses van bemoediging
Is God se voorkeur-toekoms vir
die kerk al duideliker vir kleiner plattelandse gemeentes?
Pinkster: NT Wright oor die
Heilige Gees in die kerk
“Ouderlinge preek al jare in
gemeentes”
Opleiding van lidmate om te preek
en pastorale versorging te hanteer
Passiespele in Lady Grey en ons eie vergifnis
Jeffreysbaai hou Basaar!! 26
April 2008
Die lewenslange terugkeer na die tafel in Emmaus
Vir lede van Kommissies vir
Diensverhoudinge
Prof Andrew Purves
besoek PE op 4 Augustus 2008
Aandag Skollies!
Skoolverlaterskampe 2008
Opbouende toespraak van die
skoolhoof van St Stithians
Padberade : ‘n Proses van bemoediging
Teen die skryf hiervan is die
eerste drie padberade reeds agter die rug - met die
ringe van Albanie, Uitenhage, Sondagsrivier, Oos-Londen, Dordrecht en
Queenstown.
Veral in die plattelandse ringe, waar die
dominees mekaar nie altyd so gereeld sien nie, was dit opvallend hoe lekker
mense saamkuier. Die padberade vervul ‘n belangrike sosiale funksie, het ons agtergekom.
Dit dien ook geestelike onderskeiding. Ons
vra terug na die Woord, ons dink na oor ons belewing van die tye - voor die
aangesig van God - en dink na oor wat God doen in ons eie lewens, ons
gemeentes/gemeenskappe en in die kerkverband. Dis ‘n
opbouende dag wat ons nuwe woordeskat, nuwe verstaansraamwerke en ‘n nuwe uitsig op wie God is, gee.
Op Paterson was die ringe van Uitenhage, Sondagsrivier en Albanie
bymekaar - van Uitenhage in die Weste tot Grahamstad en Port Alfred in die
ooste. Oos-Londen het ‘n wonderlike baadjie van
sonskyn en windstilte aangetrek vir die gesprek met die plaaslike ringe. ‘n Besliste koeler Dordrecht - dink aan die hoogte bo
seespieël het ‘n klomp “Nok-landers”
- Noord-Oos-Kapenaars - bymekaar gesien. In die skaduwee van die pragtige
Nieu-Gotiese kerkgebou - die beste voorbeeld van die Nieu-Gotiese boustyl in
die land (dis ‘n feit) - het die ringe van
Burgersdorp, Dordrecht en Queenstown bymekaar gekom. Dit sluit plekke soos
Burgersdorp, Aliwal-Noord, Barkly-Oos, Elliot, Ugie, Maclear, en Queenstown in.
Vir die moderatuur was die kontak ‘n wonderlike, positiewe geleenthede. Ons kan luister na
die verhale van ringe en gemeentes wat deur moeilike tye kom, maar steeds die
hand van die Here ervaar. Die Godsbeeld wat uit die verhale spreek, is dié van ‘n aktief-werksame God wat in die kerk maar ook in die
gemeenskap besig is en sy kerk nooi om by Hom aan te sluit. Gemeentes en hul
mense is in die ongemaklike tyd waar die ou maniere in duie gestort het, maar
ons sien hoedat dit ook die geboorte-uur van ‘n
besondere toekoms is. Iets van God se voorkeur-toekoms vir die kerk begin
sigbaar word. En dit energeer mense.
Is God se voorkeur-toekoms vir die kerk al duideliker vir
kleiner plattelandse gemeentes?
In een van die mees besondere
gesprekke wat ek al ooit met gemeentes beleef het, vertel die gemeentes van die
ringe van Dordrecht en Burgersdorp vandag van die besondere werk wat God in
hulle midde doen. Hulle beleef dat God hulle stroop van ou voorkeure, strukture
en sienswyses, hulle vry maak om Hom te dien, hulle nuwe dinge leer, ou vorme
van wrewel wegneem, en hulle stuur na die wêreld. Die eerste tekens van groter
openheid en samewerking tussen dominasies en binne die Familie van NG Kerke is
onbetwisbaar daar. Die Here breek die ou predikantskerk af, maak lidmate net
meer en meer verantwoordelik vir take wat hulle spontaan opneem, en plaas die
plaaslike konteks sterker en sterker op hul agenda.
Hierdie is gemeenskappe wat sterk gelouter
is deur die oorgang na die nuwe Suid-Afrika. Daar is ‘n
groeiende lotsgebondenheid in hul gemeenskappe, waar daar vroeër interne stryd
en verdeling was. Daarby ‘n inherente behoefte by
baie om die Here gehoorsaam te wees.
Nie dat dit rosegeur en maanskyn is nie.
Daar is nog baie verharding en opstand. Maar die punt is dit: God se
voorkeur-toekoms vir hulle al geloofsgemeenskappe het al helder
uitgekristalliseer. Daar is al ‘n duidelike prentjie
waarheen God met hulle oppad is. Hieraan wil hulle getrou wees.
Pinkster: NT Wright oor die Heilige Gees in die kerk
Rethie van Niekerk vestig ons
aandag op hierdie artikel / toespraak van die bekende Britse teoloog, NT
Wright, oor die Heilige Gees in die kerk. Ek stem saam met
Rethie: hierdie artikel kan mens help met jou voorbereiding vir Pinkster.
“Bedford Breakaway”
Rudi Swanepoel van Bedford skryf:
Die NG kerk op die prentjiemooi Bedford in samewerking met die Bedford Presbyterian
Church bied die naweek van 25-27 April ‘n familie wegbreek-naweek sonder gelyke aan. Ons nooi
gesinne om kwaliteit-tyd saam met ons te kom spandeer. Bedford is wat jy sou
kon noem ‘n ‘slow town’, waar verhoudinge, vriendskappe en waardering van die
natuur ‘n baie groot deel van ons lewe is.
Ons gaan ‘n
groot naweek hê: Saterdagoggend skop ons af met ‘n
oggendmark, waar allerlei plaaslik gemaakte goeters te koop aangebied word. Later
die oggend skuif die fokus kerksaal toe, waar ons ‘n
volwaardige plattelandse basaar hou. Die basaarvleis is legendaries, met
sosaties en Karoo skaapvleis wat altyd vinnig verkoop. Maar daar’s ook poedings
galore, speletjies vir die kinders, potjiekos,
braaivleis en nog baie meer. Saterdagaand eet ons pasta, om ons bene en
gestelle te olie vir die bergfietswedren van die Sondagoggend. Daar is
verskillende roetes en afstande om te kies, asook ‘n
pretrit vir die kleintjies. Hierna kuier ons eenvoudig verder met ‘n braai by die geskiedkundige en prentjiemooi Mill Cricket Ground met sy Old Mill Pub en reuse-akkerbome.
Saligheid!
Besoek www.bedford.co.za vir meer inligting, of
skakel Clive Cawood by 046 685 0318.
Sien jou hier op Bedford!
Ouderlinge preek al jare in gemeentes
Louis Kotze van
Oos-Londen Wesheuwels-gemeente vra ‘n baie belangrike vraag oor ouderlinge wat al vir geruimte
tyd prediking in gemeentes hanteer. Lees eers sy skrywe:
Dit is regtig goeie nuus dat daar einde te
laaste besluit is dat opleiding nodig is vir hierdie twee aspekte van ons taak
op aarde.
In punt 3.3 van die brief van 14 Maart noem
u dat gemeentes met een leraar "benodig "predikers" (opgeleide
ouderlinge)". Ongelukkig is dit nie 'n vereiste wat vandag begin het
nie maar nog altyd deel van die NG Kerk was en is. Daar was egter
geen hulp vir ons wat al reeds jare lank gereeld preekbeurte
waarneem. Ons wat bereid was moes elders gaan kers op steek
dan op jou knieë bid vir leiding en natuurlik tyd spandeer met die
Bybel, ons handleiding.
Die inligtingstuk, punt 8, noem dat lidmate
na suksesvolle opleiding deur die Sinode geakkrediteer sal word. In die bladsy
oor die profiel gaan dit verder dat lidmate wat geakkrediteer is en die
sertifikaat bekom het eers tot die "bediening" toegelaat sal word as
die betrokke kerkraad so besluit.
My vraag is nou: Wat is die implikasie
vir ons wat reeds baie jare lank in ons gemeentes prediking hanteer?
Eerstens is mens baie dankbaar vir
ouderlinge soos Louis wat vir baie jare deel van die ruggraat van die bediening
in hulle gemeentes was - en is. Hulle funksioneer onder die leiding en die
diskresie van die kerkraad, wat ook hul toekomstige bediening sal reël. Die
sinode wil en kan nie hier inmeng nie.
Wat ons as sinode wel wil doen, is om mense
soos Louis - en andere wat nou na vore kom - te help om hul prediking (en
pastoraat) na nuwe hoogtes te neem. Ons vertrou dat julle hierdie geleentheid sal
aangryp.
Volledige inligting is te vind by www.ngkok.co.za/lidmaatbediening. Onthou dat
die eerste afsnypunt vir inskrywings reeds aan die einde van hierdie maand is.
Opleiding van lidmate om te preek en pastorale versorging
te hanteer
Ek het reeds hierdie opleiding
bekendgestel. Gee gerus aandag daaraan - elke enkele gemeente kan hierby baat.
Volledige inligting is beskikbaar
by www.ngkok.co.za/lidmaatbediening.
Passiespele in Lady Grey en ons eie vergifnis
Marieta Olivier van King
William’s Town vertel van haar belewenis en indrukke oor die jaarlikse
Passiespel te Lady Grey:
Om te
vergewe is die hoogste en mooiste vorm van liefde. In ruil sal jy ongekende
vrede en geluk ervaar. Dié woorde van Robert Muller het my onwillekeurig laat dink
aan ek en my man André se ongelooflike ervaring van die Passiespele die
afgelope Paasnaweek. Nie in Oberammergau nie, maar in ons eie land op Lady Grey. En om te dink ek wou altyd so graag Bavaria in
Duitsland besoek wanneer die spele plaasvind!
Die Passiespele is ʼn Spel van lewe en dood, die kruisiging
en opstanding van Jesus Christus. Die mense van die klein dorpie Oberammergau
was in 1633 deur die 30 jarige oorlog en die Puboniese
plaag geteister en die dodetal het geleidelik gestyg van 1 persoon in Oktober
1632 tot 20 sterftes in Maart 1633. Die inwoners het in toewyding aan God
belowe om elke 10de jaar die passiespel op te voer as
God hulle sou red. Na die gelofte het die slagoffergetalle geleidelik gedaal na
1 in Julie 1633. Die mense van Oberammergau het geglo dat God hulle lewens
gespaar het. Daar was reeds 40 Passiespele en die volgende Passiespel is in
2010.
Ons het die stel in
Oberammergau gesien en maar net gewens
ons kan die opvoering eendag beleef. Dit duur 6-7 ure met ʼn maaltyd
tussenin. Volgens ooggetuies is dit ʼn belewenis. Oberammergau is
prentjiemooi.
Toe word ons na die PASSIESPELE in Lady
Grey genooi deur ʼn onderwyseres Esther Vorster van die Kunste Akedemie. Dié geestelike ervaring sou ek vir niks wou
misloop nie. Dit het nie net 7 ure geduur soos die van Oberammergau nie, maar 4
dae. Vanaf die voetewas- sessie die Donderdagaand tot
by Jesus se geboorte, met grepe van Sy lewe tot by die kruisiging is daar
soveel meelewing dat ek verwonderd was deur die gevoel van realiteit wat geskep
is.
Baie tonele was binnenshuis, maar
soms word die gehoor deel van die spel. Ons het met palmblare in ons hande in
die strate geloop al saam met “Jesus” op die donkie. Sy aanhangers het op simbale geslaan en hom tot
by die tempelmark begelei. Al die ware van ʼn mark was netjies uitgestal en
die saketransaksies was flink aan die gang. Ek het
lekker gekry toe “Jesus” die handelaars en bokke verjaag het. Die duiwel was
altyd tussenbeide. Die het sommer ook vinnig gevlug toe Hy met sy sweep inklim.
En in die nag het ons met fakkels vir “Jesus” tot by die plek van die
kruisiging gevolg. Ek het skaam gekry vir Judas Iskariot wat so vals was en
Petrus wat Jesus verloën het. Toe die haan drie maal kraai het ek in my hart
gedink, sies Petrus, hoe kon jy? Toe Tomas met
sy hande aan Jesus geraak het om hom te vergewis dat dit Jesus was, toe
het ek gedink hoe swaar ons glo aan vergifnis en liefde en sommer nét daar
skaamteloos begin huil. Sondagoggend na die
opstanding, toe die klip weg was voor die leë graf buite, het ek so
bevry en gelukkig gevoel en gedink: Sê nou baie meer mense kan volgende jaar
saamkom vir die groot geleentheid. Sal ons dan ongekende vrede en geluk ervaar sodat dit kan uitkring deur ons hele
kerkgemeenskap?
OOR DIE OPVOERING SELF:
Die Lady Grey
Passiespele word jaarliks opgevoer in die NG Kerk deur Lady
Grey se Kunste Akademie in samewerking met die gemeenskap. Die kerk is kundig
omskep in ʼn konsertsaal. ʼn Groep uit
Swede het ook hierdie jaar deelgeneem. Johan Hattingh die direkteur van
die produksie en die musikale direkteur en skoolhoof Botes Gresse het van
hierdie produksie iets onvergeetliks gemaak.
Die musiek en jeugsang
van die gemengde seuns-en dogterskoor is uitstaande en val sag op die oor met
meer volwasse stemme as die van jonger bekende kinderkore. Dit het tradisie
geword dat die Hallelujakoor aan die einde van die passiespele
gesing word deur die koor. Oud-koorlede en besoekers by die spele van oor die
hele wêreld wat bekend is met die koorwerk word genooi om die oggend deel te
neem. Tydens die uitvoering daarvan raak ʼn mens hoendervleis.
Die Jesus-karakter, Stefan Krynauw, is
ʼn oud-student van die skool en swot tans drama aan die Universiteit van
Stellenbosch. Dit was sy tweede jaar in dié rol. Hy het die volgende te sê oor sy Jesus-rol: “Ek sal hierdie
ongelooflike ervaring met my saamdra deur my hele lewe. Dit is onmoontlik om
nie aangeraak te word wanneer jy die rol van ons Redder vertolk nie, dit is
waarlik ʼn eer en ek sal altyd trots wees daarop.”
Lede van die publiek tree saam met die
studente as akteurs op. Die Lady Grey gemeenskap,
omring deur die pragtige Witteberge, het net soos in Bavaria, die passiespele hulle eie gemaak en dit word jaarliks groter.
Die kerk word tydelik in ‘n konsertsaal omskep met
beligting en klankstelsels gelykstaande aan die beste konsertsale. Die
akoestiek is uitstaande.
Tussendeur is daar ʼn tempelmark en
ʼn tent waar al die maaltye teen sakpaspryse genuttig kan word.
Akkommodasie is volop en mense in die omgewing maak hulle huise beskikbaar soos
dit ook by die KKNK gedoen word. Bespreek betyds vir die 2009 Passiespele.
Alles is BAIE bekostigbaar. Ek is so bly ek hoef nie meer na Europa te gaan vir
iets só mooi nie. Soveel toewyding en samewerking van ʼn kerkgemeenskap het
my aangedaan gelaat. Die Heer het opgestaan, hy leef in jou en my. .
Jeffreysbaai hou Basaar!! 26 April 2008
Die NG Gemeente Jeffreysbaai hou
Basaar 26 April 2008 vanaf 7:30 op die terrein in Uysstraat
by die Kerk.
Al die tradisionele basaargoed
word aangebied. ‘n Groot verskeidenheid stalletjies
met braaiworsrolle, vars vleis, gebak, kuns,
tuisgemaakte produkte, veiling en vele meer.
Dit is heerlik om onder die
die koeltebome, die tente en die saal te kuier. Pret aktiwiteite word vir
die jongkinders aangebied.
Vir meer inligting kontak vir
Johann Reichert 042 296 2096 (na ure) 084 208 6202 of die kerkkantoor 042 296
2451
Die lewenslange terugkeer na die tafel in Emmaus
Ds Jan Lubbe vestig ons aandag weer eens op ‘n besondere retraite wat in Bloemfontein aangebied word.
Volle besonderhede is hier beskikbaar.
Ingelig, intelligent en in die kol – dis Kerkbode
Die NG Kerk versoek die menseregtekommissie om die optrede van die
Suid-Afrikaanse regering rakende Zimbabwe te ondersoek.
Die Heilige Gees is nie jou gewete nie.
Die vrou agter Pontius Pilatus.
Maak Pinkstertyd gee-tyd.
Andrew Murray- en Desmond Tutu pryse word toegeken.
Nuwe tegnologie vir Radiokansel.
LIG
Voorblad: Hestrie Cloete, oud-koningin van die dwarslat,
gesels eksklusief met LIG oor
die “tonne en tonne” geluk wat op haar en manlief, Jurie Els, wag. Sy
vertel dat sy honderd persent by hom staan en in sy onskuld glo – ondanks al
die beskuldigings teen hom. Hestrie beken net sy mis haar vriende in Pretoria
en Cream Soda!
Allegaartjie oor gesinne:
Die ontstellende verskynsel van kindermolestering kom onder die soeklig.
LIG ondersoek ook die tendens van kinders wat emigreer, en hoe ouers die
verlies kan hanteer.
Suid-Afrika se geweldige probleem met kinders wat nie kan lees nie word ook
ondersoek. Stel vas of jóú kind goed genoeg kan lees.
Maak seker dat jou gemeente inteken op LIG of teken self in deur 021 864 8252
gedurende kantoorure te skakel.
Kruisgewys
Kruisgewys (April 2008), wat hierdie week na alle predikante
gepos is, fokus op die Kerkspieël 2006-opname.
Jan Bisschoff en Kobus Schoeman gee in ses artikels
’n seleksie van die empiriese gegewens met ’n paar korter en langer
oorsigtelike interpretasies. Verskeie ander persone gee hulle perspektief op
die gegewens. Ben du Toit gooi ’n klip in die bos oor die wysheid van ’n
blootstellende proses soos Kerkspieël.
Kruisgewys kan ook gelees word by www.bybelmedia.co.za en www.gemeentes.co.za
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
Of stuur jou
bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met
jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete vanuit die
pragtige Boland.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
Vir lede van Kommissies vir
Diensverhoudinge
Ons voel al lank reeds 'n
behoefte aan vir die opleiding van Diensteverhoudingskommissies van Kerkrade.
Uiteindelik het ons 'n begin wat ons op inisiatief van en
saam met die Noordelike Sinode aanbied. Hieronder is die detail, wat
asseblief deur die Saakgelastigdes
van gemeentes onder die aandag van die Diensverhouding-kommissie gebring moet
word.
Opreg dankie vir jou samewerking.
Malan Nel
en Dewyk Ungerer
SBO en SKB (Aktuarius
Noordelike Sinode)
|
SENTRUM VIR
BEDIENINGSONTWIKKELING in samewerking met DIE SENTRUM VIR
KONTEKSTUELE BEDIENING en die NOORDELIKE SINODE SEMINAAR KERKRADE
SE DIENSTEVERHOUDINGSKOMMISSIES Doel van die Seminaar: Kerkrade se Diensteverhoudingskommissies word dikwels
oorweldig deur die omvang van die taak wat hulle het om die diensverhouding
tussen werkgewer (die kerkraad) en werknemer (leraar en ander personeel) te
bestuur. Hulle het gereeld te doen
met situasies waar werknemers in diens
gestel word; dissiplinêre optrede verlang word en waar
werknemers soms ook ontslaan moet word.
Verder het Diensteverhoudingskom-missies ook te doen met die bestuur,
loopbaan-beplanning en versorging van die personeel. Die seminaar is daarop gerig om
Diensteverhoudingkommissies in staat te stel om die proses van kontraktering,
evaluering, bestuur en versorging van personeel te hanteer. Wie mag inskryf? Alle lede wat op Diensteverhoudings-kommissies dien en ander belangstel-lendes kan die seminaar
bywoon. Struktuur en duur van
die seminaar: Die seminaar word in
een dag aangebied. Datum en plek van die
seminaar: Saterdag 24 Mei 2008:
09:00 – 15:30; Stellastraat NG Gemeente, H/v Stella en Olivierstraat, Brooklyn,
Pretoria. |
Seminaarinhoud: Sessie 1: Kerkordelike
en finansiële beginsels • Hantering en uitleg van Kerkorde · Spesifieke artikels en
bepalings o Beroeping (Artikles 7 + 8) o Ampspligte Artikel 9 o Diensverhoudings (Artikels 10-14) o Dissipline (Hoofstuk 5) o Verlof
(Verlofreglement) · Vergoeding · Personeelbeleid · Prestasie beoordeling Sessie 2: Menslike hulpbron bestuur en ontwikkeling • Die leraar as mens · Loopbaanbeplanning en
ontwikkeling · Geestelike versorging · Voortgesette bedienings
ontwikkeling · Versorging van leraar
se gesin Sessie 3: • Basiese
arbeidsregtelike beginsels · Toepaslike wetgewing · Werksaanbod
(beroepsbrief) · Diensooreenkoms
(werkskontrak) · Pligtestaat • Dissipline in
die werksplek Seminaarleiers: Dewyk Ungerer, Sessie 1, Malan Nel, Sessie 2, Luther
Backer, Sessie 3. Koste: R150:00
per persoon (sluit verversings en middagete in) Om in te skryf: Betaal registrasiegeld
elektronies of andersins in by die rekening en epos of faks bewys van
inbetaling. Sit asb name van persone wat inskryf en
ID nommers by. Rekeningbesonderhede: TSO, ABSA Pretoria, Rekening nr 1420 830 463 Takkode 323345 Kontakbesonderhede
van die Sentrum: sbo.excelsus1@up.ac.za / Faks: 012 4205276 |
The International Day of Prayer for North
Korea is a call to Christians worldwide to repentance and prayer for the nation
of North Korea, which is regarded as the worst
persecutor of Christians and one of the worst
human rights violating countries in the world today.
The purpose of this day of prayer is to
increase Global Intercession for the healing of
North Korea. We earnestly ask all ministries and individuals worldwide to pray
and mobilize prayer for North Korea at this time as we look to our Lord Jesus
Christ with hope.
Please Pray:
For the captives to be set free. There are an
estimated 200,000 North Koreans, including women and children, currently being
held in torture camps of the most terrible cruelty. Many are Christians; most
are imprisoned because they or their relatives are believed to be critical of
the North Korean regime. Please intercede for the salvation of all prisoners
and guards, and for all torture camps to be permanently closed down.
For human rights. Please pray for the
restoration of human rights to all North Koreans, specifically handicapped
persons, children, women, the elderly, and the estimated 40 percent of the
population that are considered part of the "hostile class"; those who
are mercilessly persecuted because they or their relatives are believed to be
critical of or are considered a blemish to the North Korean regime. Millions
have starved to death and continue to starve because the regime has prevented
the hostile class from receiving aid; all Christian families are classified as
hostile. Please pray for justice, equality, and freedom to be restored to the
North Korean people.
For the starving. North Korea has been
devastated by famine; millions have starved to death in the last 10 years and
continue to starve. This is a man-made disaster with the government starving
those considered to be part of the "hostile class"; international food
aid has been diverted to the ruling party and the military. Please pray for
sufficient food to reach those who are starving, breakthroughs for Christian
aid workers to reach the poorest communities, and for an end to the famine.
For refugees. Hundreds of thousands
of North Koreans have fled to China to escape persecution and starvation. If
caught by the Chinese police, they are forcibly repatriated back to North Korea
where they face imprisonment or execution. In order to survive, many of the
refugees become victims of human trafficking and other horrific crimes. Please
pray for the welfare of the North Korean refugees, that the Chinese government
will stop forcing North Korean refugees to return to North Korea, and for
refugees to find true peace and sanctuary.
For freedom and awakening. The majority of
people in North Korea have never heard the Word of God, or heard the name of
Jesus Christ. They are forced to worship Kim Jong-Il and his deceased father,
Kim Il-Sung as gods and Christianity is seen as the greatest threat to the
North Korean regime. In 2005, the US Commission on International Religious
Freedom reported that "there are virtually no personal freedoms in North
Korea and no protection for universal human rights." Please pray for the walls
of idolatry and communism to collapse and for new and godly government, for God
to raise up Christian leaders within North Korea, and
for freedom and spiritual awakening to know the Truth for all North Korean
people.
For North Korean Christians. North Korean Christians
have routinely suffered torture and execution for their faith; they are widely
regarded as the most persecuted believers in the world. Yet in the midst of
such persecution, the North Korean believers display faithfulness and love for
God that is extraordinary; some North Korean refugees after being converted in
China decide to return to North Korea in order to spread the Gospel. Please
pray for the North Korean Christians, that they would be greatly encouraged and
strengthened, for their protection, provision, and guidance, and that they
would be used in an even greater way for God's glory.
For workers. Please pray for the
dedicated Christian workers that have been laboring to bring about change for
North Koreans through prayer and advocacy; for all of those working within the
North Korea human rights movement including those who have escaped North Korea
and now are working to bring freedom and human rights to their homeland, for
those in China helping North Korean refugees, and for Christian NGOs that work
inside North Korea. Please pray for their spiritual protection and empowerment
as they wage battle against the darkness in North Korea, for a spirit of unity
and partnership between them, for the Christian Church throughout the world to
join in united prayer for North Korea, and for God to send more workers into
the harvest.
For unification. After the Second
World War, Korea was divided into two countries with the north coming under
communist rule, and the south under the influence of the west; many families
were divided. Pray for the unification of North and South Korea under the
banner of Jesus Christ---pray that the walls of division and prejudice would
crumble, and that there would be healing, unification and forgiveness in Jesus
Name.
For revival and transformation in North Korea. Before the
installation of the Communist regime in 1945, North Korea was a center of great
Christian revival; Pyongyang, the capitol of North Korea, was once even known
as the "Jerusalem of the East". Pray for North Korea's coming revival
to be even greater than the former, for God's life and presence to utterly
fumigate North Korea, and that God would restore the entire nation back to Him.
For the destiny of the Church worldwide. Pray for the
fulfillment of 2 Chronicles 7:14 worldwide; that we, the Global Church and Body
of Christ would humble ourselves, pray and seek God's face, and turn from our
wicked ways so that God's healing flood will be released upon the nations. Pray
that our Lord's personal prayer, that "they all may be one, as You,
Father, are in Me, and I in You; that they also may be one in Us, that the
world may believe that You sent Me. (John 17:21)", would now come to
fulfillment; that we would suffer with all of our persecuted brothers and
sisters around the world and truly love one another as He has loved us (John
13:34), that the Body of Christ will be healed and made perfect in unity (John
17:23) to manifest God's glory to the nations. Pray that we would be awakened
by the Spirit of Truth (John 16:13) to see the whiteness of the world harvest
(John 4:35) and to understand God's love and urgency for the nations (Mark
16:15); that we would pray, give, and go for the sake of the Kingdom of Heaven
(Matthew 13:44-46) and Christ's Great Commission (Matthew 28:19).
"I will give you the keys of the kingdom of heaven, and whatever
you bind on earth shall be bound in heaven, and whatever you loose on earth
shall be loosed in heaven." Matthew 16:19
"Again I say to you, if two of you agree on earth about anything they
ask, it will be done for them by my Father in heaven."
Matthew 18:19
"But let justice roll down like waters and righteousness like an
ever-flowing stream!" Amos 5:24
Prof Andrew Purves besoek PE op 4 Augustus 2008
Die Purves-egpaar
is beide predikante, en beide besoek Port Elizabeth op 3 en 4 Augustus 2008.
Lees gerus die volledige
inligtingstuk wat hier op ons webblad te vind is.
Aandag Skollies! Skoolverlaterskampe 2008
Dit is weer tyd vir die jaarlikse
Skollie-kampe, vanjaar by Jeffreysbaai of Zuurberg. Kondig die kampe asb in gemeentes af.
Julle kan meer hieroor lees by www.ngkok.co.za/skollies. Daar is ook ‘n inskrywingsvorm beskikbaar. Dupliseer asb en gee vir julle skoolverlaters. Die koste is R580, wat
goeie waarde vir geld is. Gemeentes kan dalk oorweeg om jongmense gedeeltelik
of ten volle te borg.
Opbouende toespraak van die skoolhoof van St Stithians
Gawie Gouws bring die opbouende toespraak van Dave Knowles, skoolhoof van St Stithians in Johannesburg,
onder ons aandag. Klik hier as jy dit wil lees.
Ek was toe dokter toe vir my
jaarlikse ondersoek.
Hy sê die skuld vir my oorgewig
is:
1) Drank;
2) Niksdoen;
3) Ooreet.
Ek’s nogal verlig, ek was bang
dis my eie skuld!
This is a
bricklayer's accident report, which was printed in the newsletter of the
Australian equivalent of the Workers' Compensation Board. This is a true story.
Had this guy died, he'd have received a Darwin Award
for sure.......
Dear Sir,
I am writing in response to your request
for additional information In Block 3 of the accident report form. I put
"poor planning" as the cause of my accident. You asked for a fuller
explanation and I trust the following details be sufficient.
I am a bricklayer by trade.
On the day of the accident, I was working
alone on the roof of a new six-story building.
When I completed my work, I found that I had some bricks left over
which, when weighed later were found to be slightly in excess of 500lbs. Rather
than carry the bricks down by hand, I decided to lower them in a barrel by
using a pulley, which was attached to the side of the building on the sixth
floor. Securing the rope at ground I
went up to the roof, swung the barrel out and loaded the bricks into it. Then I
went down and untied the rope, holding it tightly to ensure a slow descent of
the bricks.
You will note in Block 11 of the accident
report form that I weigh 135 lbs.
Due to my surprise at being jerked off the
ground so suddenly, I lost my presence of mind and forgot to let go of the
rope. Needless to say, I proceeded at a rapid rate up the side of the building.
In the vicinity of the third floor, I met the barrel, which was now proceeding
downward at an equally impressive speed. This explained the fractured skull,
minor abrasions and the broken collar bone, as listed in section 3 of the
accident report form.
Slowed only slightly, I continued my rapid
ascent, not stopping until the fingers of my right hand were two knuckles deep
into the pulley. Fortunately by this time I had regained my presence of mind
and was able to hold tightly to the rope, in spite of beginning to experience
pain. At approximately the same time,
however, the barrel of bricks hit the ground and the bottom fell out of the
barrel. Now devoid of the weight of the bricks (that barrel weighed
approximately 50 lbs) I refer you again to my weight.
As you can imagine, I began
a rapid descent, down the side of the building.
In the vicinity of the third floor, I met
the barrel coming up. This accounts for the two fractured ankles, broken tooth
and several lacerations of my legs and lower body.
Here my luck began to change
slightly. The encounter with the barrel seemed to slow me enough to lessen my
injuries when I fell into the pile of bricks and fortunately only three
vertebrae were cracked.
I am sorry to report, however, as I lay
there on the pile of bricks, in pain unable to move, I again lost my composure
and presence of mind and let go of the rope and I lay there watching the empty
barrel begin its journey back down onto me. This explains the two broken legs.
I hope this answers your inquiry.
Sinodale Kommunikasie