Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene
Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 6 - Nommer 7
- 27 Maart 2008 - www.ngkok.co.za/enuus
Aandag Skollies! Skoolverlaterskampe 2008
Africa Bible
Commentary - en ‘n manier
om die teologiese opleiding in Afrika te ondersteun
Bykomende kursus vir pastoraat - Oos Londen
Weer so ‘n
vinnige vakansie-uitgawe.
Daglange
seminaar: Following Christ’s lead: rethinking our
ministry in the light of Christ’s ministry
Prof Andrew Purves
besoek PE op 4 Augustus 2008
Die Purves-egpaar is beide predikante, en beide besoek Port
Elizabeth op 3 en 4 Augustus 2008.
Prof Andrew Purves
is ‘n boorling van Edinburgh, Skotland, en predikant
van die Skotse Presbiteriaanse Kerk. Hy is sedert 1983 verbonde aan die
Pittsburgh Teologiese Seminarium, VSA, waar hy professor in pastorale teologie
is.
Purves is verbind
tot die vernuwing van die kerk deur behoorlike teologiese begronding. Van sy
werke sluit in Reconstructing Pastoral Theology en The crucifixion of Ministry - Surrendering our ambitions to the
service of Christ. Beide
van die boeke vra vir ‘n diep teruggrype
na en vertroue op die lewende Christus en sy werk in ons bediening.
Die tweede boek is gerig op predikante wat doodmoeg is van probeer.
Hy sê ons kan nog ‘n klompie jare aansukkel en aansweet en probeer klaarmaak. Of: ons kan ons bediening
ons bediening kruisig, doodmaak! En deel word van die bediening van Christus.
Mev Catherine Purves
is ook ‘n Presbiteriaanse predikant. Beide is
beskikbaar om op 3 Augustus by gemeentes in PE te preek. Belangstellende
gemeentes kan my kontak vir die reël van ‘n
preekbeurt.
Aandag Skollies!
Skoolverlaterskampe 2008
Dit is
weer tyd vir die jaarlikse Skollie-kampe, vanjaar by Jeffreysbaai of Zuurberg. Kondig
die kampe asb in gemeentes af. Julle kan meer hieroor lees by www.ngkok.co.za/skollies. Daar is ook ‘n inskrywingsvorm beskikbaar. Dupliseer asb en gee vir julle skoolverlaters. Die koste is R580, wat
goeie waarde vir geld is. Gemeentes kan dalk oorweeg om jongmense gedeeltelik
of ten volle te borg.
Ek
herinner weer aa die padberade.
Alle leraars, skriba’s en ander kerkkantoorpersoneel,
en ook lidmaatleiers is welkom. Ons nooi veral daardie soort lidmaatleiers wat
by die gemeenskap betrokke is, sodat ons saam kan gesels oor wat God besig is
om te doen.
Hier is die skedule:
|
Datum |
Plek |
Ring(e) |
Gasheer-Gemeente |
|
Maandag, 14 April |
Paterson |
Albanie,
Sondagsrivier, Uitenhage |
Paterson |
|
Dinsdag, 15 April |
Oos-Londen |
Oos-Londen |
Oos-Londen-Noord |
|
Woensdag, 16 April |
Dordrecht |
Burgersdorp,
Dordrecht, Queenstown |
Dordrecht |
|
Donderdag, 17 April |
Cradock |
Cradock, Graaff-Reinet |
Cradock-Oos |
|
Vrydag, 18 April |
Cradock |
Volle Sinodale
Kommissie vergader |
Cradock-Oos |
|
Maandag, 21 April |
Port Elizabeth |
PE-Wes |
Van Stadensrivier |
|
Dinsdag, 22 April |
Port Elizabeth |
PE, Humansdorp |
PE-De Duin |
|
Vrydag, 25 April |
Port Elizabeth |
Algoa |
Algoapark-Noord |
Daar is ‘n baie lae tarief betaalbaar vir personeel en lidmate. Die
volledige besonderhede is op die inskrywingsvorm.
Africa Bible Commentary - en ‘n manier om die teologiese opleiding in Afrika te
ondersteun
Die Africa Bible Commentary
is ‘n uitgebreide een-volume kommentaar wat ‘n gunstelingplek op my boekrak en in my eie
preekvoorbereiding verwerf het. Dit is verfrissend, besonder gedetailleerd, vol
wonderlike stories en agtergrondmateriaal, en bied nuwe perspektiewe op die
Woord. Dit is ‘n produk waarop ons kontinent besonder
trots kan wees.
Jy kan dit dus gerus vir jou eie gebruik
aanskaf.
NetAct is ‘n netwerk in Afrika tussen Gereformeerde en Presbiteriaanse
kweekskole. Besoek gerus hulle webblad. Een van die doelstellings van NetAct is leierskapsontwikkeling. Die kerk leef vanuit
gemeentes. In Afrika is die probleem dat kweekskole gedwing word om Europese of
Amerikaanse handboeke te gebruik wat nie die plaaslike situasie aanspreek nie.
Verder het die gemiddelde Afrika-leraar net nie die fondse om ‘n biblioteek vir sy bediening op te bou nie. NetAct het derhalwe alreeds een toepaslike handboek
gepubliseer, Studying Congregations in Africa (prof Jurgens Hendriks), en benodig nou borge om
die Africa Bible Commentary aan kweekskole beskikbaar te stel, vir gebruik
deur studente. Die kweekskole ontvang die boek gratis, en verkoop dit teen ‘n plaaslik-bekostigbare prys aan studente.
Wil jou gemeente dit nie oorweeg om tien van
die boeke te borg teen R150 ‘n boek nie? Indien julle
gemeente dit borg, kan julle die kommentaar self ook bekom teen die
gesubsidieerde prys van R150 (posgeld en verpakking van R35 uitgesluit).
Volledige besonderhede is hier op ons webwerf
beskikbaar.
Bykomende kursus
vir pastoraat - Oos Londen
Weens
aanvraag na die opleiding van lidmate vir die lewering van pastorale
versorging, moes ‘n bykomende kursus in die Ring van
Oos-Londen geskeduleer word. Dit is ‘n oggendkursus
en vind plaas op die volgende datums:
2, 3, 4, 5 ,6
Junie EN 23, 24, 25, 26, 27 Junie 2008. Tyd: 2 en 23 Junie van 09:00 - 12:00, die res van die byeenkomste van 10:00 - 12:00
Sinodale
Kommunikasie