Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die
heiliges
Jaargang 6 - Nommer 3 - 22 Februarie 2008
- www.ngkok.co.za
Padberade met leraars in
ringsverband : Besonderhede
Sinodale Werkswinkel : 17-19 Maart 2008
Kursusinhoud vir lidmaattoerusting eersdaags
gefinaliseer
Christendom en Islam: die uniekheid van Christus
Węreldbiddag vir Vroue en Mans
Publieke teologie in ‘n
publieke gemeente
Ds Peet Scholtz beskikbaar vir berading van seniors
Lady
Grey Passiespel 2008 : 21, 22 en 23 Maart 2008
Liturgie vir die Lewe : Ring van Albanie
Padberade met leraars in
ringsverband : Besonderhede
Die voorlopige besonderhede van die padberade kan
nou bekendgemaak word. Soos julle kan sien, word meer byeenkomste as in die
verlede beplan.
|
Datum |
Plek |
Ring(e) |
|
Maandag, 14 April |
Paterson |
Albanie, Sondagsrivier, Uitenhage |
|
Dinsdag, 15 April |
Oos-Londen |
Oos-Londen |
|
Woensdag, 16 April |
Dordrecht |
Burgersdorp, Cradock, Dordrecht, Queenstown |
|
Donderdag, 17 April |
Cradock - SK |
Volle Sinodale Kommissie vergader |
|
Vrydag, 18 April |
Jansenville |
Graaff-Reinet, Humansdorp |
|
Maandag, 21 April |
Port Elizabeth |
PE-Wes |
|
Dinsdag, 22 April |
Port Elizabeth |
PE |
|
Vrydag, 25 April |
Port Elizabeth |
Algoa |
Die doel van die padberade is geloofsonderskeiding
met die oog op die pad vorentoe.
Sinodale
Werkswinkel : 17-19 Maart 2008
Onthou asseblief om betyds in te skryf vir ons besondere sinodale
werkswinkel wat vanjaar van 17-19 Maart 2008 te Willows, Port Elizabeth,
plaasvind. Die tema is geloofsonderskeiding in gemeentes en vergaderings, met
dr Frederick Marais as aanbieder. Klik hier
vir volledige besonderhede.
Kursusinhoud vir
lidmaattoerusting eersdaags gefinaliseer
Die leraars wat deur die Sentrum vir Kontekstuele Bediening opgelei is om lidmate
te bemagtig vir daadwerklike bedieningshulp, finaliseer eersdaags die
opleidingsmateriaal vir lidmate (tydens ‘n retraite
van 26-28 Februarie). Die bedoeling is dat lidmate geakkrediteer word om
bedieningshulp in gemeentes te lewer.
Tydens ‘n
onlangse gesprek oor die toekoms van teologiese opleiding te Stellenbosch, is
die boodskap duidelik oorgedra dat plattelandse kontekste nodig het dat persone
as leraars opgelei word terwyl hulle steeds met hul daaglikse werk voortgaan.
Aftandsonderrig is ‘n noodsaaklikheid. Ons huidige
model beteken dat feitlik niemand as ‘n tweede
loopbaan later in sy/haar lewe kan kies om opgelei te word as predikant in ‘n proses wat tot ordening lei nie. Geen bewese geestelike
leier wat vertroue in sy/haar gemeente geniet kan kies om teologies opgelei en
georden te word nie. Hierdie “geen” mag sterk bewoord klink, maar dit is wat in
praktyk gebeur.
Die toerusting van lidmate vir
bedieningshulp is ‘n eerste poging om hierdie impasse
te oorkom.
Christendom en
Islam: die uniekheid van Christus
In die vorige eNuus het ek vertel van die ope brief van meer as 130
Moslem-geleerdes aan Christene oor gemeenskaplike oortuigings wat Islam en die
Christelike geloof deel. Verskeie gerespekteerde Christen-teoloë het in ‘n publieke
skrywe daarop gereageer.
Die gemeenskaplike besorgdheid is
die toenemende polarisasie tussen Christene (waaronder die VSA) en Moslems wat
die węreldvrede bedreig. Dit terwyl beide die Christelike geloof en Islam die
opdrag van liefde tot God en die mede-mens ken.
Hoe kan Christene en Moslems in
vrede saamleef, sonder dat Christene daarmee die uniekheid van Christus
prysgee?
Na aanleiding van die beriggie in
die vorige eNuus het ‘n
werker wat in sy getuienis fokus op Moslems gereageer deur my na die volgende
webblad te verwys (julle kan gerus daarna kyk) waarin ‘n
skakel na ‘n artikel oor die tema van verdraagsaamheid
en getuienis verskyn met ‘n skakel na ‘n YouTube-video wat spesifiek
oor die ope brief handel:
http://www.desiringgod.org/Blog/1032_a_common_word_between_us/
Wel, wat dink julle?
Węreldbiddag vir Vroue en Mans
Die program vir Węreldbiddag vir Vroue 2008 is reeds beskikbaar. Dit kan
van ons
webblad afgelaai word. Spesifieke navrae kan aan Elsie van Wyk,
Administrasie en Tesourier van Węreldbiddag vir Vroue, gerig word by 00 27 12
993 1630 of per epos by favw@mweb.co.za .
Ondertussen word berig dat die
Węreldbiddag vir Mans stadig maar seker besig is om ʼn vaste gebeurtenis in
gemeentes se jaarprogramme te word. Die afgelope jare was reeds meer as 100
gemeentes en instansies betrokke deur op plaaslike vlak byeenkomste op die dag
te reël.
Daar kan in die ware sin ook nog
nie gepraat word van ʼn Węreldbiddag nie, aangesien dit ʼn
aksies is wat hoofsaaklik in Suid-Afrika bedryf word. Dit is egter die
organiseerders se begeerte dat die dag wel węreldwyd sal uitkring en inslag sal
vind. ʼn Beroep word gedoen op enige iemand wat bande en of kontakte
in die buiteland het om dié inligting aan die organiseerder te stuur sodat die
inligting aan mense oor die węreld gestuur kan word.
Die primęre fokus van die
Węreldbiddag vir Mans is dat manne sal saamkom om vir mekaar te bid. Die
man van vandag beleef groot druk en daar word geweldige eise aan hom
gestel. Derhalwe is dit nodig dat ons ten minste een dag ʼn jaar
afsonder om vir mans te bid. Ons lees in Kol 4: dat Epafras ernstig gebid
het dat die gelowiges staande sal bly, geestelik volwasse sal word en volkome
gehoorsaam aan God se wil sal leef. Dit is die taak wat ons onsself moet
oplę om vir mekaar te bid dat ons staande kan bly in hierdie węreld met sy
aanslae en eise, dat ons geestelik volwasse sal word en dat ons volkome
gehoorsaam aan die wil van God sal leef.
Die tema vir 2008 is Verbreek
die sirkel.
Met hierdie tema word gekyk na
voorbeelde en die gevolge uit die Bybel na wat gebeur as ʼn pa nie sy
verantwoordelikheid ten opsigte van die opvoeding van sy kinder nakom
nie. Daar word dan praktiese wenke gegee oor die sirkel verbreek kan
word deur prakties betrokke te raak by ons kinders.
Indien daar iemand is wat belang sou
stel om betrokke te raak deur plaaslik iets te reël sodat mans op 1 Maart 2008
byeen kan kom om saam met mekaar vir mekaar te bid, word hulle versoek om
kontak met die organiseerder te maak per e-pos by wereldbiddag@absamail.co.za of
hom te skakel by 00 27 82 901 4219.
Kom ons verenig saam in gebed voor God om mekaar aan God op te dra.
Publieke teologie
in ‘n publieke gemeente
Ronell Bezuidenhout, voormalige Oos-Kaapse predikant, behaal in
hierdie dae haar doktorsgraad met Piet Naudé as studieleier, oor publieke
teologie. Sy was so vriendelik om vir ons ‘n een-bladsy opsomming oor publieke teologie in ‘n publieke gemeente te maak. Ronell
is tans predikant by die Fontainebleau-Gemeenskapskerk.
Ds Peet Scholtz
beskikbaar vir berading van seniors
‘n Emeritus-leraar, ds Peet Scholtz, stel sy dienste aan
gemeentes met die oog op bejaardes in ‘n skrywe wat
op ons webblad verskyn, bekend. Klik vir die
besonderhede.
Lady Grey Passiespel 2008 : 21, 22
en 23 Maart 2008
Gedurende die naweek van 21 – 23 Maart 2008
(Paasnaweek), sal die Lady Grey Kunste-Akademie en NG Kerk Lady
Grey weer die epiese produksie van die geboorte, lewe, lyding, sterwe en
opstanding van Jesus Christus in dié skilderagtige plattelandse dorpie, geleë
in die Noord-Oos Kaap, aanbied. Lady Grey is al by
meer as een geleentheid die ‘Oberammergau’ van Suid-Afrika genoem.
Hierdie
produksie vind plaas oor ‘n tydperk van drie dae
(Vrydag, Saterdag en Sondag) en die lewe en sterwe van Christus word op ‘n aanskoulike wyse aangebied deur middel van
gedramatiseerde aksies, musiek, dans en visuele uitdrukking.
Die
publiek word uitgenooi om te kom deel in die gebeure, nie net as toeskouer nie,
maar om werklik ‘n karakter in die ontplooiing van
die verhaal te word. Al die gebeure vind plaas op verskeie plekke in die dorpie
- selfs in die buitelug in die pragtige, natuurlike omgewing van die
Witteberge. Toeskouers word aangemoedig om aan te trek volgens die tyd waarin
die gebeure afspeel, te kom luister na Jesus se preke en vertellings, saam te
deel in die breek van die brood en om met palmtakke die roete na ‘Jerusalem’
vir Jesus voor te berei. Kom beleef Sy lyding aan die kruis en die vreugde van
Sy opstanding op Sondag 23 Maart.
Vir
volledige inligting en aan-lyn besprekings, sien www.artsacademy.co.za
Vir
verdere inligting en navrae, skakel 082 787 0367 of Botes Gresse, by 082 578
3039
Liturgie vir die
Lewe : Ring van Albanie
Verlede jaar het die Ring van Albanie ‘n
besondere werkswinkel onder die opskrif Liturgie
vir die Lewe te Bedford gehou. Die skouspelagtige natuurskoon van Bedford
en outentieke Oos-Kaapse gasvryheid, gekombineer met briljante sprekers, het
van die geleentheid ‘n onvergeetlike ervaring gemaak.
Vra maar diegene wat daar was.
Hierdie winter bring weer so ‘n werkswinkel. Hou hierdie spasie dop vir meer
besonderhede sodra dit beskikbaar is.
Kry jou oopkop leesstof
in die Kerkbode van 22 Februarie:
* Die landwye afsydigheid onder
lidmate oor kerkeenheid kan direk gekoppel word aan die huidige politieke en
ekonomiese klimaat.
* NG Kerk kyk krities na sy
kommunikasie.
* EI moet nou práát,
vra moderamen.
* Teologiese fakulteite open met
aktuele debatte.
* Jona: God kan 'n hele samelewing
omkeer.
* Beleef Lydenstyd nuut.
* Hopetown: klein dorpie met groot
krag.
* Resensie: "Nuwe Geskiedenis
van Suid-Afrika" maak ons brilglase skoner.
In die Maart-uitgawe
van LIG:
VOORBLAD: “Baby Botha” is ’n tawwe vrou. Sarah Theron ook. “Maar dis waar die ooreenkoms
tussen ons twee stop”, sę Sarah oor haar karakter in die sepie Egoli.
Paasfees: Wat beteken Jesus se
dood en opstanding vir jou? Bekende skrywers François Bloemhof, Izak de
Villiers, Marzanne le Roux-van der Boon, Elias P Nel,
Solly Ozrovech, Anoeschka von Meck, Milanie Vosloo en George Weideman vertel.
Van Doeke tot Diplomas.
Help jou kind geestelik groei. Die invloedryke Amerikaanse skrywer en spreker, Landa Cope, bestempel Deut 6:7 as amper die belangrikste teksvers in die Bybel.
My kind is dood!
Min dinge is
meer traumaties vir ’n ouer as wanneer ’n kind sterf. Waardeur gaan hierdie
ouers? En hoe kan ons hulle help?
Handjies klap, koekies bak! Al hoe minder
ouers leer hulle kinders om met die huishoudelike take te help. Is dit wys?
Slegte medisyne is soms goed vir jou
kind. Jannie se ma kry omtrent ‘n oorval wanneer hy tweede kom. Eintlik moet sy hom
help om die ervaring positief te verwerk.
“WAAG OM TE WORD” inspireer
Dié DVD-reeks is nou by
Bybel-Media beskikbaar. Prys: R390,00 vir
die hele stel of R119,95 per DVD. Totale tydsduur: Ongeveer 400 minute.
Die gewilde ds Charl Botha gaan jou weer lus maak vir die lewe. In sy vierstuk DVD-reeks fokus Botha op die een ding waarvoor
mens in hierdie lewe nie opgelei kan word nie – die lewe self.
Die reeks help die kyker ontdek
dat die lewe “wel ‘n wonderlike avontuur kan wees”.
Die reeks is gemik op beide die indiwidu en groepe; op almal wat ‘n sogenaamde A+ lewe wil lei. Botha behandel vier temas:
Wie is God? Wie is ek? Alles is net genade. Alles is nuut.
Die opnames is voor ‘n gehoor opgeneem. Botha, wat ook ‘n
motiveringspreker, berader en sanger is, sing plek-plek. Die DVD’s word verder
verryk deur die interessante gebruik van grafika. Soos een van die toeskouers
gesę het: “Charl is real en het ‘n aansteeklike passie vir die lewe.”
Tree af met oemf
Groepsgesprek oor ’n ryke, tweede
lewe.
Prys: R39,95
Hierdie groepsgesprek is ontwerp
om jou te help om die Here se plan met jou lewe ná aftrede te ontdek, om die
lewensfase van “senior volwassenheid” te geniet en jou lewe enduit sinvol te
maak.
Vier gespreksbyeenkomste wat
groeplede sal help om hulle gevoelens en verwagtings te identifiseer. Die Here
ken mense en weet presies waarom hulle spesifieke gawes het, ervarings gehad
het en belangstellingsvelde ontwikkel het. Hierdie gids kan jou help om voluit
te leef in ’n ryke, tweede lewe.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
Groete uit ‘n pragtige Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Departement Ontwikkeling
E-pos: hans@bmedia.co.za
Tel: (021) 864 8223
Om positief te wees in 2008
Alan Knott-Craig (besturende direkteur van iBurst) het onlangs ‘n
bemoedigende e-pos aan sy personeel gestuur. Dit is wyd dwarsoor Suid-Afrika
versprei. Hier is dit:
Hi guys,
2008 has certainly started
with a bang! The future was rosy on 31 December 2007, but suddenly everyone is
buying candles and researching property in Perth!
A combination of recession in the USA,
global equity market negativity, high interest rates, the National Credit Act
and power outages have combined to create the perfect storm.
But don't panic!
This is
not the first time there's been doom and gloom. Every few years the same thing
happens. We experience massive economic growth, everyone is optimistic and
buying Nescafe Gold, and holiday homes, and Merc's.
The positivity gets ahead of itself and the economy overheats, and then panic
sets in because the economy seems to be collapsing when in actual fact it's
simply making an adjustment back to a reasonable level.
It happened in
1989, when SA defaulted on its international loans and the stock market and
Rand crashed, it happened in 1994 when the ANC took power and everyone thought
war would break out, it happened in 1998 when interest rates hit 25% and you
couldn't give away your house, and it happened in 2001 when a fairly unstable
guy by the name of Osama arranged for 2 Boeings to fly into the tallest
buildings in New York!
On each of
those occasions everyone thought it was the end of the world and that there was
no light in sight. And on each occasion, believe it or not, the world did not
actually end, it recovered and in fact things continued to get better.
I think 2008 will be a tough year, but I
also see it as a great opportunity to seize the day whilst everyone else is
whinging and get a front-seat on the inevitable boom that we'll experience in
2009, 2010 and beyond.
Make sure you make a mental note of
everything that is happening now, because it will happen again and again, and
if you don't recognize the symptoms you'll be suckered into the same
negativity, and forget to look for the opportunities.
It's easy to be negative. Subconsciously,
you WANT to be negative! Whenever you open the papers they tell you about the
goriest hi-jacking and the most corrupt politicians. Why don't they dedicate
more pages to the fact that Joburg is the world's
biggest man- made forest, or to the corruption-free achievements of the vast
majority of public officials? Because bad news sells. Good news is boring.
SA still
has the best weather in world! We're lucky enough to possess a huge chunk of
the world's resources, i.e.: gold, platinum, coal, iron. The growth in India
and China will continue to accelerate (India and China sign 10mil new mobile
customers every month), and so will their demand for our resources. The
government has already embarked on massive infrastructure projects (some of
them a tad late, i.e.: electricity), and this will pump money into the economy.
We are
all lucky enough to be a part of the birth of a massive and all-encompassing
industry. The Internet has and will continue to change the world. The enormity
of its impact is up there with the wheel, electricity, TV, telephones, and
possibly man's greatest ever invention, coffee. Not only does it open up an
entirely untapped world of commerce, but it is also the ultimate disseminator
of information and news. Apartheid would not have lasted 40 years if the
Internet had existed! And you're part of it!
I'm
looking forward to another year of ASA complaints, IR issues, Plug &
Wireless parties, BTS roll- outs, billing runs, irate customers, happy
customers, orange bubbles, faulty elevators, etc, etc. The nice stuff makes me
feel good, and the challenges remind me why we can beat the competition. Most
importantly I'm looking forward to having fun and making memories.
So ignore the doomsayers, install a timer
on your geyser, and buy Ricoffee for a couple of
months.
Cheers,
Alan
Sinodale Kommunikasie