Amptelike Nuusblad : NG Kerk in
Oos-Kaapland
OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die
heiliges
Jaargang 5 - Nommer 21 - 26 November 2007
- www.ngkok.co.za
Dankie dat ek deel kon wees van die sinode
Verwysingsraamwerk in die NG Kerk skuif ten goede
Louisa Meyburgh – ‘n rolmodel vir ‘n missionale lewe
Die nuwe vreemdelinge in ons poorte
Hoe ‘n biddag vir reën ons dorp se publieke lewe
verander het
Die Visrivier nie langer ‘n simbool van skeiding
nie
Intense spanning by die begin van die verhoor
Amos Agrimin
werkswinkel vir Landbouleiers te Cradock
Bybel-Media – jou bedieningsvennoot
JONK LIVE 2008 volgende jaar in Pretoria
Nagraadse Studies by prof Piet Naudé - Christelike
Studies
Briljante kursus vir voornemende sendelinge
Tente te Huur: Africa Tens & Events
Retraite-Sentrum en Kampterrein
Let daarop dat alle e-pos adresse
van die sinode van nou af ‘n @ngkok.co.za – uitgang het – bv skriba@ngkok.co.zaq of da@ngkok.co.za Pas asb u adresboek aan.
Oor die afgelope paar dae het reËn en vloed groot skade in die omgewing van
gemeenskappe Misgund, Joubertina, St Francisbaai, Jeffreysbaai en in dele van
die Suid-Kaap veroorsaak. Ons bid vir krag en deursettingsvermoë in hierdie tyd
vir almal wat skadfe gely het en weer moet opstaan – spesiaal ook waar daar
lewensverlies was, soos op Joubertina.
‘n Besondere tiende vergadering van die NG Kerk in Oos-Kaapland het van
12-15 November by Willows plaasgevind. ‘n Hele aantal afgevaardigdes beskryf
dit as hulle beste sinode ooit, en verskeie predikante wat in die reses uit
ander gebiede hierheen verhuis het, beskryf die sinode en sinodale kultuur as
‘n vars briesie. Mens kan mos maar bietjie spog hiermee.
Baie geluk aan die
moderatuurslede wat verkies is: Dr Chris van Wyk (voorsitter), di Hansie
Schutte (onder-voorsitter), Willie van Zyl (aktuarius), Danie Mouton (ex
officio skriba) en Rethie van Niekerk (addisionele lid). Rethie is die eerste
vrou wat ooit tot ‘n lid van die moderatuur in die Oos-Kaap verkies is!
Een van die doelwitte was om van
die sinode ‘n Communitas-belewenis te maak. Lekker saamkuier en saamgesels,
saam mens-wees. Dit was lekker om bymekaar te wees. Ons het ook oor ‘n basiese
geloofsonderskeidende houding gepraat en gedink en gedoen. En dan die Here saam
geloof en geprys.
Hiervan wou afgevaardigdes méér
hê. ‘n Wyd-verspreide gevoel was dat mense meer aan tafel wou gesels, na mekaar
luister en met mekaar deel.
Hieroor drie opmerkings: Een: die
leierskap het dit gehoor. Twee: Onthou julle dat ‘n aantal afgevaardigdes twee
jaar gelede ontsteld was oor te veel gesprekke aan die tafels – dis nou by die
buitengewone sinode? Drie: Waarskynlik is hierdie rondte se versugting ‘n baie
positiewe aanduiding dat gesprek vir ons al hoe belangriker word – eerder as
bloot net debat (waarvoor daar natuurlik ‘n legitieme plek is).
Dankie dat ek deel
kon wees van die sinode
Antoinette van Pletzen van Jamestown skryf na die sinode:
Nellie en dr Jan,
Baie dankie dat ek deel kon
wees van die sinode - al was dit net as waarnemer. Julle het soveel moeite
gedoen om my tuis en deel te laat voel (al was julle nie altyd bewus daarvan
nie!). Die sinode was vir my 'n belewenis, en 'n ervaring wat ek vir niks ter
wêreld sou wou mis nie. Daarom het ek nie net 1 middag ingesit (soos ek
aanvanklik vir Danie gevra het) nie, maar sommer die hele tyd! Ek en Jannie
(wat die eintlike afgevaardigde was) was nooit laat nie - eerder hopeloos
te vroeg vir alles, want ons wou niks mis nie. Die tafelgroep het my selfs by
hul besprekings betrek en wou nie hê ek moes agter by die besoekerssitplekke
gaan sit nie. So: ALMAL het my uiters welkom laat voel. [Toemaar: ek was baie
versigtig om nie te oortree nie - ek het nooit gestem nie!]
Nogmaals baie dankie dat ek die
sinode kon bywoon. Ek is met nuwe moed vervul vir Jamestown, wat so klein is
dat ons nie eens 'n leraar het nie. Dankie vir al jul puik reëlings en julle
pragtige gesindheid - te alle tye en in alle omstandighede. Ook lekker om
Danie, die "skrywer" van die nuusbrief wat ons gereeld kry, in
lewende lywe te leer ken. Terloops: ek sien dat Jamestown se stigtingsdatum nie
op die webwerf aangedui word nie. Dis 1891.
Bly jy het dit geniet,
Antoinette!
Verwysingsraamwerk
in die NG Kerk skuif ten goede
Die verwysingsraamwerk in die NG
Kerk het danksy die laaste Algemene Sinodes geweldig geskuif. Dit is opvallend
hoeveel aksent daar deesdae op gemeentes geplaas word, en spesifiek die
bemagtiging van lidmate om bedienaars te wees – na binne en buite. Die
uitdagings vir predikante is om daadwerklik bedieningsmag en –kontrole weg te
gee aan lidmate. In hierdie opsig het ek in die laaste bewus geword van
besondere goed wat die evangeliese Lausanne-beweging hieroor gepubliseer het.
Loer bietjie na hierdie
Lausanne-dokument.
Die grootste uitdaging vir
predikante is dalk om aan hul eie bediening minder as ‘n loopbaan en ‘n
pastorale leierskapsrol, wat deur lidmate ondersteun word, te dink. En meer as
die rol van ‘n mede-bedienaar saam en bemagtigend teenoor ander mede-lidmate.
Ons het mekaar as rolmodelle in hierdie opsig nodig. Die grootste vraag in jou
gedagtes - dag vir dag - blyk waarskynlik te wees: hoe kan ek vandag
bedieningsmag aan mede-lidmate weggee? Daar is ‘n paar besondere paragrawe in
die vermelde Lausanne-dokument hieroor.
Dit sal beteken dat gemeentes
minder sal probeer om lidmate se energie vas te vang in ‘n gemeentelike program
van aksie wat onderhou moet word. Daar is tragiese verhale te vertel oor
lidmate wat uitgebrand is deur die gemeente se behoefte aan ‘n gesofistikeerde
bedieningsprogram. Verbeel jou bietjie: wat sal gebeur as ons die ou
Gereformeerde beginsel dat jou werkplek en die ander plekke waar jy jou elke
dag bevind die terrein van jou roeping is. En dat jy as gelowige daar deur
naasteliefde en betrokkenheid by ander se lewe sout en lig is? Hoe kan
gelowiges mense dáár ‘n voorsmaak van die koninkryk van God laat beleef, ‘n
teken en ‘n instrument wees vir die genesing, vrede, geregtigheid en vreugde
wat God in die wêreld werk?
Vir baie was die gesprek oor kerkhereniging ‘n belangrike aspek van die
Sinode. Identifisering met die simboliese herroeping van die 1857-besluit het
sonder enige teenstem deur die vergadering geseil. Tog was afgevaardigdes,
veral uit plattelandse gemeentes, baie gesteld op ‘n presiese formulering oor
die toekomstige strukture van die kerk wat dit moontlik maak om as bestaande
kerk voort te gaan.
Die terugvoer van gemeentes kan
besigtig word by www.ngkok.co.za/eenheid
- rol bietjie ondertoe op daardie webbladsy.
‘n Opsomming van die terugvoer
het by die sinode gedien, en sal uitgebrei word met meer detail wanneer dit
deurgestuur word na die Algemene Sinode. Hierdie volledige verslag sal ook op
ons webblad gepubliseer word.
Louisa Meyburgh –
‘n rolmodel vir ‘n missionale lewe
Dit was lekker om met die onlangse eeufeesvieringe van Port Elizabeth
Moedergemeente “kennis te maak” met ‘n legendariese vrou uit die
ontstaansgeskiedenis van die NG Kerk in Port Elizabeth. Louisa Meyburgh het in
1900 hierheen verhuis – weens swak gesondheid – en dadelik ‘n wesenlike
gemeenskapsrol begin speel. Sy word verbind aan die ontstaan van die Laerskool
Excelsior. Sy het in haar nederige huisie begin skoolhou vir kinders wat
andersinds nie sou leer lees en skryf het nie.
Die eerste NG Gemeente het in
1907 in PE tot stand gekom. Tot op daardie stadium was die stad ‘n nedersetting
wat vanuit die administratiewe sentreum van die Oos-Kaap – Uitenhage – ook
geestelik bedien is. Onse Louisa war geraak deur die gebrek aan geestelike
versorging en het begin Bybelleees, preek en katkiseer.
Die koms van die Afrikaner na
Port Elizabeth het gepaard gegaan met die grootste armoede. Die Tweede Vryheidsoorlog
was agter die rug en baie mense was verarm. Later het die depressie en
meegaande ekonomiese swaarkry gevolg. Die feit dat PE die sentrum van die
motorindustrie geword het, het baie verarmde Afrikaners hierheen gelok.
Louisa was een van daardie mense
wat verstaan het hoe belangrik dit is om die vreemdeling in jou poorte te
verwelkom en by te staan. Sy was onderwyseres, predikant, maatskaplike werker,
kategeet – noem maar op.
Haar passie was die verarmde
Afrikaner. Haar uitreik het in die eerste helfte van die twintigste eeu ‘n
beslissende invloed op die bedieningstyl van die NG Kerk in PE gehad. Talle en
talle verhale van hoe eers Moedergemeente en later die dogtergemeentes, soos
PE-Sentraal en –Oos uitgereik het na die nuwelinge en die wat swaarkry, hoe
armoede bestry is, mense opgehef is, hul lewensomstandighede verbeter is,
misdaad bekamp is deur die kerk – ek kan ‘n lang lys maak – is algemeen as mens
met ouer predikante en dominees en hul nasate gesels.
Die eerste dominee van PE-Oos (ek
het sy naam vergeet – ‘skuus) het my vertel hoedat Southdene – ‘n woonbuurt
waarin Afrikaners wat in die Baai “aangekom” het gevestig is – te gevaarlik was
vir huisbesoek na donker. Die kerkraad het hom per besluit verbied om daar
besoek te gaan doen. Hy vertel hoedat hulle vroue daar “uitgehaal” het wat
geklee moes word, geleer moes word om hulself en hul gesinne te versorg, gebad
moes word. Sy verhaal is een van hoedat die gemeente dit reggekry het om
vriende te maak met daardie gemeenskap en na hulle uit te reik op ‘n manier wat
pas by hulle behoeftes.
Sowaar, ons is deel van ‘n kerk
wat verstaan en die vaardighede het om uit te reik na die vreemdeling!
Vandag sal mens hardop wonder
waarom die fokus op die Afrikaner-in-nood later in die twintigste eeu ontaard
het in ‘n ideologiese fokus op die Afrikaner se belange wat apartheid
geregverdig het. Dis jammer. Maar mens kan Louisa en haar barmhartige en
geregtigheid-soekende makkers dit nie ten laste lê nie. Hulle was wonderlike
mense wat nood raakgesien het, en mense nie beoordeel het in terme van wat
hulle was nie, maar in terme van wat hulle kon word. En hulle het nie omgegee
om aan vuil mense te raak en hul lewe aan hulle te wy nie. Hulle kon Christus
in die ellendiges herken.
Die nuwe
vreemdelinge in ons poorte
Indien die NG Kerk in PE gebore is as kerk wat omgee vir die vreemdelinge
in die poorte, wonder ek op ‘n dag, moet dit mos moontlik wees om vandag nog te
sien hoedat gemeentes uitreik na die nuwe vreemdelinge: die Nigeriërs, die
ander Noord-Afrikane en die Chinese, om net enkele voorbeelde te noem.
En daar sien ek dit toe raak. By
twee gemeentes is bedieninge aan Chinese gevestig. PE-Sentraal gemeente huisves
‘n ontwikkelende gemeente onder Noord-Afrikane in hul kerksaal. Hierdie
bediening groei sterk en hulle het ook geestelike bande met hierdie gemeente,
wat graag ‘n NG Gemeente wil word. Verder doen Sentraal Bybelverspreiding onder
die Nigeriërs e.s.m. Daar is niks romanties hieraan nie, hoor. Dis Bybelverspreiding
onder dwelmrampokkers, straatsmouse van al wat afbrekend is, skurke en
soortgelyke rakkers. Maar die gemeente weet dat die gedokumenteerde geskiedenis
van God se werk op hierdie aarde die hoop vir die wêreld is.
Gillie Noeth, dominee, vertel hoe
groot die behoefte aan die Bybel is. Die skadukarakters wil dit graag hê, staan
tou daarvoor, kan nie wag vir ‘n nuwe besending nie. Vir my is die mooiste
amper toe Gillie sê: En weet jy hoeveel energie en vreugde is daar nou in ons
gemeente? Al die jare toe ons net probeer het om ‘n goeie kerk te wees wat
Woord, sakramente en tug ernstig na binne opgeneem het, het ons nie soveel
vreugde beleef nie. Ons beker loop nou oor – noudat ons ons geloof op ‘n
eenvoudige manier doen.
Die Ring van Port Elizabeth, een
van drie in die stad, het besluit om volgende jaar ondersoek te doen na
geleenthede vir intensionele nuwe gemeente-ontwikkeling in die stad.
Hoe ‘n biddag vir
reën ons dorp se publieke lewe verander het
Van die mooiste terugvoer tydens die sinode vir my was toe Tertius Conradie
vertel het hoe ‘n biddag vir reën hul dorp – Misgund – publiek verander het.
Hier is ‘n paar kursoriese notas oor die gebeure waarvan hy so mooi getuig het:
Ons wil eer gee aan God oor ons storie. Krisisse bring
mens by ‘n proses waar jy besef God wil jou gebruik. Drie jaar gelede het ons
‘n krisisdroogte in die Langkloof gehad. Ons het ‘n verootmoedigingsdiens
gehou, maar niks het gebeur nie. Toe het 3 lidmate gesê die Here sê die
gemeenskap as geheel moet hulle voor die Here verootmoedig. Ons hou toe ‘n
verootmoedigingsdiens op ‘n Woensdag, en vra al die plase om te sluit en almal
in die gemeenskap om kerk toe te kom – almal, ongeag taal en kultuur. Daar was
‘n 1,000 mense in die kerk. Daardie naweek val daar toe 200mm reën. Ons roep
toe almal op vir ‘n dankdag. Daardie Woensdag is die kerk nog voller. Selfs ‘n
vragmotor het van al die reën voor die kerk vasgeval. Iets het gebeur wat van
die Here af kom. Dit het openheid in ons gemeenskap gebring. Mense besef ons
moet die grense oorsteek. Met die jongste Hemelvaartdag het ons gesamentlike
diens in die kerk gehad. Dit was weer ‘n besondere opkoms. Ons moet nou verder
gaan, maar dis hoe die Here ons gemeenskap bymekaargebring het en openheid
geskep het.
Nota: Oor die afgelope naweek is
groot stormskade deur stortreën in die omgewing van Misgund veroorsaak. Dit sal
merkwaardig wees om die verhale te hoor hoe die gemeenskap wat mekaar publiek
gevind het, in hierdie krisistyd bymekaar staan en mekaar help. Ons gebede gaan
uit na die gemeenskappe van misgund, St Francisbaai, Jeffreysbaai en andere wat
onder die vloedwater deurgeloop het..
Die Visrivier nie
langer ‘n simbool van skeiding nie
Nogmaals sinode: Ek hoop om ander se stories in die toekoms ook te vertel,
maar nou kan ons gerus weer luister na wat Chris de Raan van Somerset-Oos as
ringsvoorsitter by die opening gesê het as deel van ‘n simboliese ritueel
rondom water:
Hierdie is water uit die
Visrivier : histories ‘n simbool van skeiding en vervreemding in ons land.
Vir eeue dié grens tussen swart
en wit – die Oosgrens as dié grens tussen Afrikaans en Engels.
Hiervandaan sou die Groot Trek
plaasvind en ‘n geskiedenis van afskeiding en groepvorming sou volg.
Hier – nie vêr van sy walle – sou
‘n standpunt geformuleer word wat op die Agenda van die 1857 sinode sou beland
en sou die grens in ons eie geledere duideliker begin loop.
Daarom is dit die droom van die
Ring van Albanie – aan die walle van die Visrivier – dat dié God wat in
Christus deur sy Gees die sondegrens na die mens kom oorsteek het – ONS – en
veral ons kinders sal genadig wees, om in Christus grense oor te steek in ons
land.
Dat die water van die Visrivier
nooit weer skeiding en vervreemding sal simboliseer nie, maar versoening en
LEWE!
Dat die bome op sy walle vrugte
sal dra 12 maande van die jaar, en blare wat genesing sal bring vir al die
nasies.
(Chris haal in die laaste sin
Esegiël 47 aan – lees dit gerus.)
Die Stigting vir Orgaanskenking bied ons almal die geleentheid om soveel
meer vir ander na ons dood te beteken. Dit is deesdae besonder gerieflik om as
orgaanskenker te registreer – besoek www.odf.org.za/ en registreer. Op hierdie
manier maak jny die trauma vir jou geliefdes by jou afsterwe soveel minder.
Dankie aan Reinette Strydom vir hierdie inligting.
Intense spanning by
die begin van die verhoor
In April 2007 is drie Christene in Malatya, Turkye, op wrede wyse vermoor.
David Hunter, vir meer as 20 jaar werksaam in Turkye, lig die gordyn oor die
situasie by die aanvang van die verhoor van die beskuldigdes:
Dear Prayer Partners,
Please pray for the first
hearing of the Malatya murder case at the Third Criminal Court in Malatya
on Friday, November 23.
It has been reported that
files submitted for this first hearing contain more information about
missionary activities than about the activities of the murderers. The names,
telephone numbers, and addresses of everyone Tilmann, Necati, and Ugur
communicated with from 2005 to April 24, 2007, have been submitted. Names were
given under headings such as "Only Wanted Publications, Not Interested in
Talking," "Very Interested in Publications," etc. The email
addresses for all of Necati, Tilmann, and Ugur's correspondents have been
submitted.
All trips made by Necati,
Tilmann, and Ugur to other provinces and the names, telephone numbers, and
addresses of all those they visited on these trips have been compiled and
submitted. (Tilmann and Necati had visited Bible Correspondence Course contacts
throughout eastern provinces, especially during the period indicated.) In light
of the fact that missionary activity has been accepted as the motivation for
the Malatya murders, compiling and making all this information available only
invites more reprisals against evangelistic Christians, prosecutors have
complained. On the other hand, defense lawyers are trying to show that the
activities of Zirve Publishing disturbed the peace, thus reducing their
clients' sentences.
Prosecutors have demanded
three consecutive life sentences in prison for the five confessed murderers. Seven
additional persons have been charged for "aiding and abetting" the
murderers.
While the Turkish constitution
guarantees the freedom of religious belief and the propagation of one's
religious beliefs, media has given the impression the Malatya trial may become
a judgment on Christian evangelism in Turkey.
Please pray for Pastor Ihsan
Ozbek, who will be in Malatya representing the Alliance of Protestant Churches
in Turkey.
Please pray for Suzanne Geske,
Semsa Aydin, their five fatherless children, and Ugur's fiancée.
Please pray for all believers
who been summonsed to testify, remembering that defense lawyers wish to make
them appear as provocateurs. I anticipate the atmosphere at the court hearing
will be very tense. Media coverage will only add pressure. The Malatya murder
case could set a significant legal precedent for future Christian evangelism in
Turkey. Emin Migi from Adana is one of those who has been summonsed to testify.
Please pray for him because recent pressures have taken quite a toll on him
emotionally and spiritually.
The Alliance for Protestant
Churches in Turkey has called a day of prayer and fasting on Thursday, November
22, which is not a holiday for them.
This will be a significant
court hearing in a significant Muslim country in the short, but significant
21st century history of Christian outreach in the Middle East.
Inhoud
Amos Agrimin werkswinkel vir
Landbouleiers te Cradock (Living and Farming God's way)
Amos Agrimin is 'n Christelike, interkerklike, nie-winsgewende
organisasie wat fokus op die bediening aan die boerderygemeenskap in
Suid-Afrika en Afrika.
MISSIE: Om aan elke persoon in Afrika, wat deel van die landelike en
boerderygemeenskap is, die geleentheid te bied om in 'n persoonlike verhouding
met Christus
te staan en volgens Bybelse waardes en norme te leef en te boer.
Op 10 en 11 Februarie 2008 bied Hennie Viljoen, Direkteur van Amos, 'n
kompakte werkswinkel aan by die Moedergemeente op Cradock.
Hierdie is 'n nuut-uitgewerkte werkswinkel en vorige tema's sal in
pakketvorm ook aan seminaargangers uitgedeel word.
Kostes sal ongeveer R300 beloop, wat Maandag 'n middagete insluit.
Seminaargangers sal self verantwoordelik wees verblyf.
Van ons lidmate sal egter kan help daarmee.
Program: Hennie lei die erediens in Cradock-Moedergemeente
Sondagoggend 09h30.
Daarna drink ons tee en het ons nog 'n uur-sessie.
Die Sondagaand 18h00 het ons 'n twee-uur dramatiese drama-sessie!!
Maandagoggend begin ons 10h00 en maak die middag 16h30 klaar.
Inskrywings open die eerste
Desember 2007 en kan by die Cradock- \Moedergemeente kerkkantoor gedoen word,
Ma tot Vr 9 tot 12: 048 881 1197.
Vir navrae:
Johan van Rooyen, 079 494 0460.
Amos self kan besoek word op hulle webtuiste by www.amosagrimin.com
Boer voor-uit!
Bybel-Media – jou
bedieningsvennoot
Hoogtepunte in dié week
se Kerkbode
* Winde van verandering waai wêreldwyd oor
geloof
* Cas Vos vra eerbare optrede van Evangeliese
Inisiatief
* Oos-Kaapse ringe en gemeentes word
aangemoedig om een te word
* Eenheidsproses in realistiese fase - Piet
Strauss
* Waardes is 'n kragtige instrument van
verandering - Chris Jones
* Wêreldvigsdag - Só baie om te doen, só
min hande
* Zim-kerke werk en getuig ... ongeag en ten
spyte van!
By die kruispad:
Wêreld-vigsdag is op 1 Desember
Het jou gemeente al ‘n kopie van
die DVD Kruispad? Die DVD handel oor MIV/vigs, en dra ook die evangelie
boodskap uit. Dis gebaseer op die bekende boek No More Tears van Cecile
Perold.
Die DVD is nou al beskikbaar in sewe Afrika
tale. Dat dit alom gesien word as ‘n hulpmiddel om die gemeenskap op te voed,
wys uit die volgende: skole in Gauteng gebruik die DVD, en dit verkoop ook
flink in die buiteland.
Dis gemaak in samewerking tussen
Bybel-Media en Mema-Media.Bestel jou gemeente se kopie teen R120.00 elk by die
bestelnommer onderaan die brief.
Bestellings vir
2008-Jaarboek
Het jou gemeente al die 2008-uitgawe
van die Jaarboek van die NG Kerke bestel? Skakel Esther van
Biljon by 002721 8736971 om die Jaarboek 2008 te
bestel. Die Jaarboek, met sy volledige lys van kontaknommers,
is 'n noodsaaklike hulpmiddel vir kerkkantore en leraars. Dis
boonop ‘n lus vir die oog.
VGKSA Jaarboek beskikbaar
Alle inligting oor die
Verenigende Geref Kerk is in die publikasie opgeneem. Dié jaarboek vir 2008 is
uitgegee as projek in samewerking met CLF. Dit kan by Bybel-Media Handel
teen R50.00 elk bestel word. Skakel 002721 8736971 of stuur ‘n e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Begin die kerkjaar met
die Leesrooster en Preekstudies
Die nuwe kerkjaar begin met
Advent op Sondag, 2 Desember 2007. Die Leesrooster en Preekstudies is
handige hulpmiddels vir dominees. Albei produkte is saamgestel deur ‘n
werkgroep van Communitas (Buvton), en is vars uit die oond by Bybel-Media
Handel.
Die Leesrooster het riglyne vir die
kategese en klein groepe. Dit kan op sy eie, of saam met ‘n CD, bestel word.
Die Leesrooster kos R45.00. Die CD kan slegs saam met ‘n boek bestel
word, en kos R30.
Die Preekstudies is beskikbaar teen
R130.00. Dit kan ook saam met ‘n CD bestel word. Die CD se prys bly dieselfde.
BTW en versendingskoste is in alle gevalle ingesluit.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel
002721 8736971
Of
stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za
Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za
JONK LIVE 2008 volgende jaar in
Pretoria
Hoe gereeld kan ‘n mens opgewonde raak in die kerk oor iets regtig
SPLINTERNUUT? Wel – hier is dit nou! JONK LIVE 2008 is oppad! JONK (die nuwe
gesig van Jeugbediening in die NG KERK) reël 'n naweek musiekfees in Pretoria
vir die JONK van GEES. Gemeentes, jong opkomende talent in die kerk en die bekende
kunstenaars van ons land gaan ons lei in nuwe lof-en aanbiddingsmusiek! Plaas
asseblief nou al hierdie datum op julle gemeente kalender: 29-31 Augustus 2008.
Vir navrae jonk@ngkerk.org.za
‘n Bekendstellingsdokument oor Week van Gebed 2008 is op die
webblad beskikbaar. Ons eie Stephan van der Watt (Aliwal-Noord) is een van die
samestellers van die reeks. Lees gerus meer hieroor.
O ja, die reeks selfs is een van
die dae ook beskikbaar – hou die webblad dop.
Nagraadse Studies
by prof Piet Naudé - Christelike Studies
Lees
gerus meer oor die moontlikheid om onder prof Piet Naudé verder (nagraads)
in Christelike Studies te studeer.
Briljante kursus vir
voornemende sendelinge
Lees gerus wat Ryk van Velden oor hierdie kursus vir
voornemende sendelinge sê.
Dr Gerhard Botha skryf:
‘n Uitnodiging aan alle voornemende studente wat hulle
vir die bediening wil bekwaam, om vir hulle TEOLOGIESE STUDIE by die Teologiese
Fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat in te skryf. 'n Fakulteit waar
die Bybel as God se Woord sentraal is.
'n Fakulteit waar teologie nie net akademiese werk is nie, maar ook 'n
geestelike belewing
Enige persoon
wat met Teologie wil besig wees, doen dit uit 'n diep oortuiging. Daarom is dit
so belangrik om dit te doen by 'n instelling wat jy werklik as 'n geestelike
tuiste in jou studiejare sal ervaar. Hierdie Fakulteit aan Kovsies wil juis dit
vir sy studente wees! Sien al die tersaaklike inligting in die bylaag hierby
aangeheg.
Ook 'n
uitnodiging aan alle persone reeds in die bediening wat hulle op nagraadse vlak
verder in die Teologie wil bekwaam. Volledige inligting ten opsigte van al die
geleenthede hiervoor ook op
die bylaag hierby aangeheg.
Kontak ons gerus: Namens die Fakulteit: Dr Gerhard Botha,
Direkteur: Shepherd. "Waar ons Geestelik Leiers begelei wat God se kudde
oppas". (bothagp.hum@ufs.ac.za)
.
Tente te Huur: Africa
Tens & Events
Hier is ‘n handige advertensieflits:
Africa Tents is gestasioneer in die Oos Kaap en spesialiseer in die
verhuring van Markies tente vir alle okkasies / geleenthede.
Ons weet dat van tyd tot tyd
kerke in die nood is vir die gebruik van tente vir byeenkomste, dienste,
sangers, gassprekers, fonds-insamelings ens. Dis reeds waarom ons vir u hierdie
bekendstellings brief aanstuur.
As u of die kerk, wat u
verteenwoording, op soek is na Markies tente in die nabye toekoms sal ons met graagte
tot diens wees vir u teen billike pryse. Vir verdere inligting
Ons hoop en vertrou dat ons in
die toekoms vir u van goeie diens en hulp sal wees.
Petrus & Celeste
Retraite-Sentrum
en Kampterrein
Nog ‘n advertensieflits:
Ons woon op ‘n plaas tussen Thornhill en Loerie – so 50km wes van PE.
Dis ‘n pragtige fynbos-omgewing - nog ongerepte natuurskoon. Ons is besig
om die plaas te ontwikkel as ‘n soort “retraite” waar mense heerlik
Vanaf 1 Desember sal ons
kampterrein ook klaar wees. Die kampterrein is slegs vir tente of 4x4 karavane,
want mens moet deur ‘n driffie ry wat gaan lol met ‘n karavaan. Dis ‘n ideale
plek om vir ‘n naweek of vakansie ‘n blaaskansie te kom kry.
Ons beplan ook om volgende jaar
groepe in tente te akkommodeer. Ons
Indien mense belangstel,
Gaan kyk gerus na ons
webwerf: www.bergrivier.com
Japie en Dorie Williams.
Bergrivier, Posbus 161, Thornhill, 6375
Tel: 042 2860694, Sel: 082 2003350 (Japie), 083 2306910
(Dorie)
Web: www.bergrivier.com
‘n Pos
vir ‘n diakonale skakelbeampte is in die Noorde beskikbaar. Klik hier vir
meer besonderhede.
"Sannie, wie het die Fillistyne verslaan?" vra
Juffrou. "Ek weet nie, ek stel nie belang in krieket nie," antwoord
Sannie.
VERTAAL
IN ENGELS: Soos in die tyd van die Voortrekkers, het ek en my swaer,Jan,
ystervarke en stinkmuishonde gaan jag met die dubbelloop-haelgeweer.
Uiteindelik sien my swaer Jan 'n stinkmuishond, sit 'n patroon in die loop, le
aan, trek los en daar le die stinkmuishond bene in die lug. Net toe ons nader
kom ruik ons hoe die stinkmuishond stink en hardloop weg. My voet haak toe vas
aan die wortel van 'n boom, ek slaan neer en breek my sleutelbeen. By die
hoofpad uitgekom, staan daar 'n ou met 'n pap wiel. Hy vra toe of ons weet waar
hy 'n motorhawe kan kry om lug vir die agterwiel te bekom. Van pure
moedeloosheid bly sit ons net daar langs die pad.
ANTWOORD: As in the time of the
Frontpullers, me and my heavy, John, went to shoot iron pigs and
stink-mice-dogs with a dubble-walk-hailgun. At last my heavy John saw a
stink-mouse-dog, so my heavy puts a pattern in the walk, lies on, pulls loose
and there lies the stink-mouse-dog, bones in the light. Just as us come close,
us smelt how the stink-mouse-dog stinks and runs away quick. My foot hooks fast
to the carrot of a tree, I fall down and breaks my keybone. As we came to the
chiefroad, there stand an old with a porridge wheel. He asks if us knows where
he can get a motorharbour to get some sky for his afterwheel. From pure
motherlessness us sits just there next to the road.
Sinodale Kommunikasie