Amptelike Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland

 

OosKaap eNuus

 

Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges

 

Jaargang 5  -  Nommer 13  -  31 Augustus 2007  -  www.ngkok.co.za

 

Teken in                                                                       Beindig intekening

 

 

Hierdie uitgawe fokus op die Nuwe Gemeente-Ontwikkeling en Evangelisasie Konferensie wat vandeesweek in Durbanville plaasgevind het.

 

INHOUD

 

Omdat verhoudinge so belangrik is...

Omstrede DVD - Nuwe strominge in die teologie

Danie Mouton aanvaar beroep as Direkteur Begeleiding

Broodlyn en die wonderlike optrede van Christene

Vroue-lidmate genooi vir Naweekreis van Geestelike Verdieping

Willie van Wyk oorlede

Uitdagings vir gemeentes en Skrifgesag: Prof Jan van der Watt tree in Port Elizabeth op

Konferensie oor Nuwe Gemeente-Ontwikkeling, Evangelisasie en Kerklos-Lidmate

1. Evangelisasie te midde van nuwe opkomende kulture (waarde- en denksisteme)

2. Voorbereiding in n gemeente om suksesvolle nuwe gemeente-ontwikkeling aan te pak

3. Nico Simpson en Fourie Rossouw vertel oor Kuirsgenerasie-Gemeente

4. Geloof, hoop en liefde - hierdie drie

5. Redes hoekom die kerk lidmate verloor: Paneelbespreking

6. Maitland-Gemeente kry nuwe energie

7. Tableview se verhaal met kerkplanting

Gratitude, Jewish Style

 

 

Die grootste gedeelte van hierdie eNuus bestaan uit my aantekeninge van n paar hoogtepunte tydens vandeesweek se konferensie oor nuwe gemeente-ontwikkeling, evangelisasie en kerklos-lidmate (sien verder aan in hierdie eNuus). Onthou: dit is net aantekeninge - moet dus nie altyd perfekte taalgebruik verwag nie en lees verby enige taal- of spelfoute.

 

Omdat verhoudinge so belangrik is...

Mens hoor tereg op verskeie vlakke in die NG Kerk hoe belangrik goeie verhoudinge is. Gemeentes beskryf hulself al hoe minder as formele instellings en eerder in terme van familiale metafore. Titels en formele posisies is nie meer belangrik nie, eerder verhoudinge.

Verhoudinge daag gemeentes op n radikale vlak uit. Die vraag is of ons net verhoudinge binne die gemeente vertroetel? Woon ons eredienste by om verhoudinge wat reeds bestaan in stand te hou of te diens? Is ons bloot genteresseerd in warm liefdesbande tussen mense wat tans deel van die gemeente is?

In die proses waarin ons die waarde van verhoudinge en kleingroepe ontdek, bly ons fokus ongelukkig grootliks gerig op bestaande lede van die gemeente.

Dit lyk of gemeentes oor die algemeen mank gaan aan beide die visie en die vaardighede om gemeenskap te skep met mense wat deel van die omliggende gemeenskap is, maar nie van die gemeente nie. Die effek hiervan is dat ons gemeentes krimp in samelewings waar die inwonertal styg. Die demografie verander, en minder tradisionele lidmate van die NG Kerk woon in gemeenskappe. Dit lei daartoe dat gemeentes krimp en sterf, sonder dat iemand ooit vra: maar wat van die baie ander, vreemdelinge, wat rondom ons woon. Waarskynlik is dit mense met n diep behoefte aan geestelike gemeenskap, maar met die krisis dat nog hulle, nog ons, daarop ingestel is om nuwe geestelike gemeenskap tussen mense te vorm.

In tye waarin huisbesoek steeds beklemtoon word as n belangrike hulpmiddel om aan verhoudinge te bou, sou dit dalk goed wees as gemeentes met hul konteks konnekteer en huisbesoek by die nuwe inwoners, die vreemdelinge, in ons konteks te doen. Wat sou gebeur as ons die gemeenskap leer ken, by hulle leer om hulle te bedien en nuwe geestelike gemeenskap met hulle skep?

Een van die grootste gevare vir ons kerk is dat verhoudinge bly toeskulp in bestaande verhoudinge van diegene reeds binne die kring, reeds op die lys.

Ja, verhoudinge is belangrik - uitkringende verhoudinge wat op n diep vlak met die gemeenskap bly konnekteer. Bo

 

Omstrede DVD - Nuwe strominge in die teologie

n Omstrede DVD, Nuwe strominge in die teologie, deur n NG-lidmaat, Sarel van der Merwe, maak tans groot opslae. In hierdie tyd kan ons mekaar weer herinner aan die standpunt wat die moderamen van die Algemene Sinode reeds in 2003 teenoor die Nuwe Hervorming ingeneem het. Dit is onder die opskrif Artikels op ons webblad beskikbaar.

 

Danie Mouton aanvaar beroep as Direkteur Begeleiding

Ek praat nou oor myself: Danie Mouton het die beroep as Direkteur Begeleiding na die NG Kerk in Oos-Kaapland aanvaar. Die datum van diensaanvaarding is 1 November 2007. Later (in n volgende nuusbrief) gesels ons oor die inhoud van hierdie nuwe pos in ons sinode.

 

Broodlyn en die wonderlike optrede van Christene

Navorsing deur die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika in 2005 bevind dat die Suid-Afrikaners wat in armoede verkeer (met die broodlyn op R354 per volwassene per maand), in alle bevolkingsgroepe toegeneem het vanaf 17 miljoen in 1996 tot 21 miljoen in 2003. Sowat 55% Suid-Afrikaners leef in armoede en 60% van armes ontvang geen maatskaplike toelae nie. Tussen 10% en 12% wittes leef volgens amptelike syfers onder die bestaansminimum.

Maak hierdie statistiek jou moedeloos? Wel, dit behoort nie te gebeur as jy n aktiewe navolger van Christus is nie. Ons is immers deel van Jesus se aardse noodhulpspan. Ons is ook sy hande en voete, sy voetspore en vingerafdrukke. Ons is Jesus se medisyne en sy beursie hier op aarde. Hiervan getuig die optrede van vele Christene rondom my. Soos n tannie Jo wat gereeld arms vol kos en klere weggee aan mense in nood. Of Martie wat aande lank agter haar masjien sit om klere te maak vir kinderhuise en dit dan met liefde gaan uitdeel. Of Dieter en sy jongvriende by n universiteit se manskoshuis wat n tehuis vir geteisterde kinders aangeneem het. Of Miekie wat oor en oor vir n groepie eensame ou mense gaan kuier.

Jesus se mense gee graag om. Hulle weet: Vir soverre julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers en susters van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen! Hulle verstaan Moeder Thesesa se woorde ook maar al te goed: Being unwanted, unloved, uncared for, forgotten by everybody, I think that is a much greater hunger, a much greater poverty than the person who has nothing to eat.

Ek bid

Heer, dankie vir elkeen in u aardse noodhulpspan

Dankie vir elke helpende hand,

En vir elke stil gebed

Dankie vir almal wat omgee en help

Ook vir elkeen wat oor U praat

Laat U lig asseblief nog sterker deur u kinders skyn

In Jesus Naam

Amen

(Met dank aan Goeie Nuus, Ekerk) Bo

 

Vroue-lidmate genooi vir Naweekreis van Geestelike Verdieping

Venterstad Gemeente nooi saam met Moreletta Park Gemeente alle Christenvroue uit om by ons aan te sluit vir n ongelooflike naweekreis van Geestelike Verdieping !

Waar?              Oviston VCHO Seminaarsentrum

Wanneer?         D.V. 28 en 29 September 2007

Koste?              R 130 per persoon (Etes en verversings ingesluit, Verblyf uitgesluit)

* Verblyf beskikbaar op die terrein teen slegs R 25 per persoon.

* n Lys van gastehuise en kampeerplekke is ook beskikbaar.

* Bring gerus vir manlief en die kinders saam Oviston toe om te kom visvang terwyl jy die seminaar bywoon!

Navrae, besprekings en verblyfrelings kan by Daan of Helena van Wyk gedoen word:

Posbus 47 Steynsburg 5920, daan@bergnet.co.za of 0835130558 / 048 884 0028   Faks: 048 8840868

Sluitingsdatum vir inskrywings: 20 September 2007

Die Naam Hadassa:

Esther se Hebreeuse Naam was Hadassa.

Met die Hadassa byeenkoms dink ons aan Esther se uitgebreide voorbereiding en reiniging as jong meisie om haar gereed te maak vir haar rol as koningin. Die dames wat vroer vanjaar Hadassa op Cradock bygewoon het, kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Dit was waarlik n lewensveranderende ervaring. Ou sere is genees, en gevangenes het in vryheid uitgegaan.

Die Opvolg op die Hadassa byeenkoms , noem ons Eshter. Hier vier ons die kroning van die Koningin Esther, en nooi ons dames uit om hulle regmatige plek in die Koninkryk van God in te neem! Esther vind in Oktober in Bloemfontein en November in Jeffreysbaai plaas.

 

Willie van Wyk oorlede

Ds Willie van Wyk, vroer van Klipplaat, is op Sondag 26 Augustus oorlede. Ons innige simpatie aan sy geliefdes in hierdie tyd van rou. Bo

 

Uitdagings vir gemeentes en Skrifgesag: Prof Jan van der Watt tree in Port Elizabeth op

Ons is bevoorreg om die Nuwe Testamentikus, prof Jan van der Watt, op 15 en 16 September in Port Elizabeth te h. Hy kom op 15 September 'n seminaar aanbied rondom die tema: Uitdagings vir gemeentes wat Skrifgetrou wil lewe. Op 16 September lei hy die eredienste (oggend en aand) in Sionsrand-gemeente.

Daar word deesdae so baie dinge oor Skrifgesag, en veranderinge in die kerk ges, dat mens 'n slag net weer by 'n nederige, Skrifgetroue, maar wreldwyd-erkende akademikus, wat steeds in gemeentes en met lidmate werk, en eenvoudig kan kommunikeer, wil hoor: Wat is aan die gang oor Skrifgesag? Wat is werklike uitdagings vir die kerk en wat in bloot pogings om modern te probeer wees?

Hierdie seminaar is spesifiek gerig op lidmate en hul leraars. Die leraars word genooi na 'n ete om 13:00 saam met prof Van der Watt waar leraars meer spesifiek teologiese of enige ander vrae kan vra.

Dan word almal ook uitgenooi na die twee eredienste by Sionsrand-gemeente op 16 September.

Hierdie is 'n gesamentlike projek van die Ring van PE en die NGK Sionsrand.

PROGRAM:

TEMA: UITDAGINGS VIR GEMEENTES WAT GETROU AAN DIE SKRIF WIL LEWE.

Sat. 15 Sept. PE-HOOGLAND GEMEENTE

08h30-10h30:   Eerste sessie

10h30-11h00:   Tee

11h00-13h00:   Tweede sessie

13h00-14h30:   Ete saam met predikante (ons beoog die PE-Klub of soortgelyke fasiliteit) met geleentheid vir vrae.

 

Son. 16 Sept. SIONSRAND-GEMEENTE

09h00; Erediens Sionsrand (geleentheid vir vrae daarna)

18h30: Erediens Sionsrand  

Koste:

1.  Vir die seminaar: R20 pp

2.  Vir die seminaar en middagete (slegs leraars): R50

 

========

 

INSKRYWINGSVORM

 

E-pos die inskrywingsvorm aan riana@pehoogland.co.za of faks aan 041 368-7340 - saam met u bewys van betaling:

 

Naam:         ______________________________

 

Gemeente:   _______________________________

 

Selfoon:       ______________________________

 

Ek woon die oggend-seminaar by (R20):                               JA / NEE

 

Ek woon die oggend-seminaar plus die middagete by: (R50)  JA / NEE

 

Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 September 2007

Navrae: Ds Danie Mouton (082 9234 178) of ds Jan Coetzee (072 320 2844) Bo

 

Konferensie oor Nuwe Gemeente-Ontwikkeling, Evangelisasie en Kerklos-Lidmate

 

Sowat 250 predikante en gemeenteleiers het op Dinsdag, 28 Augustus te Stellenberg-Gemeente in Durbanville bymekaargekom vir n gesprek wat vir deelnemers mense beplan is. Mense voel aan dat n nuwe seisoen stadig maar seker is om deur te breek in die NG Kerk. Hier is n paar hoogtepunte.

 

Evangelisasie te midde van nuwe opkomende kulture (waarde- en denksisteme)

Prof Nelus Niemandt het vertel van sy ontdekking dat dinge nie meer werk soos altyd nie, dat mense bv nie omgee waarheen hulle gaan as hulle vannag sterf nie. n Tweede reality check was toe hy as voorsitter van n junior skaakklub letterlik skaakmat gesit is omdat die Christen- en nie-Christen kinders ewe stout was! Hierdie mense was ook nie eintlik in die evangeliese gesprekke wat hy met hulle gevoer het. Daar is mense wat gered word (oorgawe maak) maar nie gered bly nie. Daar is mense wat gered bly sonder om ooit gered te word (oorgawe te maak).

Die komende boek, Unchristian, van die Barna Instituut wys hoe die wreld die kerk sien, en ons moet daarvan kennis neem. Die boodskap is immers dikwels Im OK, youre not. Vergelyk John Shore se boek met hierdie titel. Die kerk s julle moet verander, maar kyk hoe lyk Christene en die kerk se lewe. Ons alleen as kerk dink ons is goed. Moraliteitskwessies loop nie noodwendig langs godsdienstige lyne nie.

Volgens John Shore dink mense buite die kerk ons is emosioneel stomp, nie menslik nie, behep met ons seksualiteit, ons respekteer hulle nie, ons is fanaties en dress like dorks.

Ons leef in n wreld wat ontsaglik verander. In Engeland is meer praktiserende Moslems as Anglikane en in Brussels is meer as 50% van die babas wat gebore word Moslems. n Nuwe era waarin daar in SA n skuif na modernisme is en post-modernisme ook begin deurbreek. In die moderne wreld het die verstand absolute gesag, die eie-ek sentraal en die prediking die belangrikste element van die liturgie is. In post-modernisme beweeg ons van verklaring na ervaring. Die brein kan nie sonder emosie werk nie.

n Ervaringsgedrewe samelewing wil met emosie en verstand deelneem aan alles. n Deelnemende samelewing ontstaan - vergelyk Wikipedia waar enigeen kan deelneem aan die skep van kennis. Nou kan enigeen in die publieke domein deelneem, en nie bloot gesaghebbende kenners nie. YouTube generasie vorm saam aan die werklikheid en werk nie met n werklikheidsbegrip wat nee aan gesaghebbende figure of organisasies behoort nie, soos die Nasionale Party of die NG Kerk nie. Tussen hakies www.wikiletics.com is n besondere bron vir preekmateriaal. Sien is glo. Neuropsigologie is een van die grootste groeiende terreine. Hoe raak die bedrading van jou brein jou godsdienstige sieninge?

Ons kan baie meer visueel wees en skerper met beelde en stories werk.

Die samelewing werk met verhoudings eerder as dogma. Wanneer laas het jy n nuwe lidmaat gekry omdat hulle n belydenisskrif as evangelisasiehulpmiddel beleef? Dit waarhede moet sigbaar as narratief sigbaar gemaak word. Dogmatiek buite die raamwerk van verhoudings werk nie.

We want more from religion than rules. We want something to help us find meaning... It is better to have a heart that makes love than a mind that makes sense (Keck).

Die kerk se reaksie op die nuwe wreld is om die strukture te versterk, die organisasie op te bou, te fokus op ampte en teologiese opleiding en n beheptheid met geboue. Mense dink nog beter geboue en beter organisasie rondom eredienste sal help. Die strukture het weinig impak op die groei van die kerk en uitreik na gemeentes. Die nuwe soort mense

Stephan Joubert s ons moet die groot Vs los as ons ander benader - Verandering (Jy moet verander - ander dink jy dink alles waarvoor hulle staan is vals); Verlore (ander dink jyt dink hulle is ultimate losers); Verdwaald (jy marginaliseer ander - ander voel eerder ons as kerk is verdwaald).

In n nuwe paradigma moet ons die Woord van die Here lewend bring deur Verhouding, Vertroue (eie integriteit) en n Voorbeeld (die voorbeeld van Jesus). Ondanks boeke wat die teendeel probeer s, het Jesus nie n enkele model van evangelisasie gehad nie. Daar is nie n resep nie, nie 7 stappe of 3 metodes. Dit is die produk van die modernisme. Modelle kan werk in sekere tye, maar die Bybel kan nie net in n enkele model vasgevang word nie.

Alan Hirsch: Incarnation = Presence and Proximity. Om te wees waar Jesus is. Hoe lyk ons teenwoordigheid oral in die lewe, buite die kerk. Ons is dikwels net daar vir mense wat in die kerk is. Mens kan met teologiese gesag s dit het vir Jesus om verhoudings gegaan. Die Drie-Eenheid het alles met verhoudings te doen.

Egtheid is belangrik. Diensbaarheid. Rob Bell: The church is at its best when it gives itself away. Motorcycle diaries, die film wat handel oor Che Guavara se vroe lewe is n eintlik n teologiese oefening van formaat wat hiermee kan help.

The Rise of Christianity - Rodney Stark - vertel hoedat mense onbeskaamd diensbaar was en die kerk help groei. Help sonder om iets terug te verwag.

Evangelisasie is om n outentieke Jesus Navolger te wees. Skuif van n gebeurtenis waarheen jy mense nooi na n proses gebou op verhoudings, vertroue en voorbeeld; van die passie om mense in die hemel te kry na om mense te laat deel hier en nou in God se koninkryk (Gods preferred future); ek neem nie Christus na n plek toe nie, God werk lankal reeds daar; van werk gedoen deur evangeliste na dissipels se werk; van n boodskap na n gesprek; bekering sal in egte Christelike gemeenskap plaasvind eerder as in die konteks van inligting. Mense is nie objekte wat met stellings benader moet word nie, maar in die voorbeeld van geloof. Die gemeente is God se sending, en sending is nie n onderdeel van God se werk nie. Bo

 

Voorbereiding in n gemeente om suksesvolle nuwe gemeente-ontwikkeling aan te pak

Dr Frederick Marais van Buvton het oor leierskapsuitdagings en die vergete apostoliese amp gepraat.

Hy het verwys na My Fair Lady se prof Higgins wat wou h almal moet word soos hy - why cant a woman be like me.

Evangelisasie of gemeente-planting kan nie langs hierdie lyne loop nie. Dit kan nie wees dat die mense wat ons wil bereik soos ons moet word nie. Ons moenie ontmagtigend wees en oor krisisse of alarmisties praat nie. Eerder oor geleenthede.

Ons is in n apostoliese tyd waar die apostoliese amp herstel moet word.

Ons kan in hierdie tyd nie bloot voortgaan soos ons dit die afgelope eeue gedoen het nie. Tye het so aangrypend verander dat ons weer antwoorde moet soek in die Apostoliese tyd voordat die Christendom tot stand gekom het. Gemeentes pas so goed aan by veranderde tye deur tevrede te raak dat hulle krimp. Emnorme ontwikkelinge en uitbreidings vind plaas - daar is nie ontvolking in stede en dorpe nie - en in n tyd van be-volking (eerder as ont-volking) word die kerk kleiner en is tevrede daarmee.

Hy verwys na die brug in Honduras wat n sikloon oorleef het, maar nou staan waar die rivier nie meer loop nie. Waarom het die kerk gediskonnekteer geraak met die gemeenskap. Pat Keifert beskryf die apostoliese era as die era tussen die hemelvaart en die aanvaarding van die Christelike geloof as n wettige godsdiens in die Romeinse Ryk. Die kerk was baie klein in hierdie 300 jaar, huisgemeentes, wat in n sendingveld was as hulle by die deur uitgestap het. Hulle het nie institusionele voortbestaan as n bestaansdoel gehad nie, maar het slegs getuienis van Jesus Christus gelewer. Toe die Christendomkerk tot stand kom, het die bestaansdoel geskuif na die instandhouding van die Westerse kultuur. Sedert dit begin gebeur het, het die kerk die apostoliese dimensie begin verloor. Ons is n instelling wat n bepaalde kultuurvorm in stand hou en vir mense s: why cant you be like me.

Kerklike strukture redeneer debatteer dikwels te veel oor waar nuwe gemeente-ontwikkelinge inpas. Apostel-leierskap moet herstel word.

Redes gee waarom ons in hierdie leierskapskrisis beland het.

Ons leierskapsteorie ontbreek teologiese integrasie of Missio Dei denke. Dis nie die gawes van mense wat gaan veroorsaak dat ons met die kultuur sal integreer en by die Here sin vind nie. Skugtere, bang leiers wat onseker is en nie heeltemal weet waarmee hulle besig is nie, maar in afhanklikheid die God-vrae vra. Wie is God? Waarmee is Hy besig in ons gemeenskap? Hoe kan ek daarvan deel wees.

Apostel-leiers begin nie met swot-analises, maar met geloofsgewoontes wat onderskei wie God is en waar Hy aan die werk is. Volg die bewegings van die Gees en nie die beweging van die begroting. Die instandhoudingsindroom is sterker as ooit.

Daar is ook n ontwerpersfout met teologiese opleiding as voortsetting en instandhouding van die Christendom.

Gemeentelike sisteme is dikwels self-referential -ons definieer onsself in terme van onsself. Dan kom jy nooit uit die moeilikheid nie. Moenie deel wees van n instelling wat homself definieer in terme van homself nie. Dan stel ek net belang in gemeente-ontwikkeling as dit winste toon in terme van getalle en geld. n Apostoliese dimensie vra: waarheen word ek gestuur? Kan die missie toegelaat word om ons te definieer?

Wat nodig is, is nie n tegniese proses van verandering. n ABC-tipe beplanning gaan nie werk nie. Roxburgh: Existing knowledge will tend to misdirect. n Aanpassende benadering tot verandering is nodig. Die probleme is nie out there, maar in here.

Ons kerklike kultuur is n kultuur van leierskap ontmagtiging. Leiers funksioneer in n tyd van wantroue. Wat sou ons met Moses maak? Dawid? Leiers word gelykgesny en inisiatief ontmoedig.

Ons laat leierskap definieer vanuit die sekulre omgewing van Covey, Maxwell e.s.m. Die CEO-leierskap is ontwerp om die kruis te vermy. Hoe vat ons n gemeente deur n fase van werklike wedergeboorte. Daar is gemeentes wat liewer moet sterf as om deur die instituut in stand gehou te word. Die beweging van die Gees wat dinge moet afbreek wat moet sterf, is nodig.

Alan Hirsch - The forgotten way - verwys na Ef 4 waarin die gawes gelys word. Al die gawes het oorleef, behalwe die apostoliese dimensie. As die apostoliese amp verdwyn, is die res geneig om self-gerig te wees en instandhoudingsgerig te bly.

In n apostoliese era waar die brug nie meer verbind is aan die omgewing nie. Daarom is huisbesoek niks werd nie. Dit spoon feed en hou net lidmate gelukkig en reik nie uit oor grense na gemeenskap. Ons help hulle net verder dis-connect met die gemeenskap. Egte koinonia is belangrik, maar ons moet versigtig wees om dit te ver-amptelik en dit tegnies te maak in n huisbesoekie per jaar. Dis al wat gemeentes ken en hulle dink dis al wat kan gebeur.

Sleutels uit Handelinge oor apostoliese leierskap

Hoe word die evangelie gebring aan mense wat tans nie deel is van die geloofsgemeenskap nie?

Ons sal moet spring oor die klomp eeue waarin ons gestempel is deur die Christendom.

Apostels floreer in tye van onsekerheid waar daar meer vrae is as antwoorde. Een of twee konferensies gaan ons nie hieruit help kom nie. Hulle gebruik dit as geleenthede om buite die bekende kraal te gaan leer. Die antwoorde is by die mense wat gedisconnect het met ons. Gaan luister by hulle? Leer by hulle? Ons sal verlief moet neem dat die sekerhede van n institusionele kerk nie lank meer by ons gaan wees nie, en dat dit goed is so.

Dink aan die apostels: hulle Leier het gesterf en is in die graf. Hulle is aanvanklik nie seker of Hy wel opgestaan het nie. Hulle het nie n plan, n plot, n institusionele of samelewingsverskansing nie. Hulle is totaal uitgelewer.

Hulle is bereid om in n onseker tyd nie laer te trek nie, maar die evangelie te bring. Handelinge 4: die oomblik toe hulle begin groei, word hulle bedreig. Apostels hou aan as daar bedreiging is. In Hand 4 sing hulle die ou Psalms en s: ons kan net op God vertrou.

Min gemeentes sal betekenisvolle getalle mense en geld wil verloor om te doen wat die Here vra. Dit is n teken dat die apostoliese dimensie verlore geraak het.

Hulle was ook bereid om mag weg te gee aan buitestanders (Handelinge 9:28-30). Daar is geen manier waarop n NG kerkraad Paulus sou aanvaar nie. Barnabas het vir hom in die bresse getree. Apostels weet hulle het nie die antwoorde nie, en getuig, en as daar mense is wat met Christus verbind raak, gee hulle die mag vir hom om te help bedien. Die nuwe bekeerling verstaan beter hoe die wreld daarbuite werk waarmee ons ge-connect moet raak. Apostels verstaan daar is buite die kraal mense wat beter verstaan as ons wat al so lank deel is van die kerk.

Die apostoliese dimensie beteken dat ons nie tevrede is met wie ons is nie, maar ons help om oor die grense te tree. Apostels is ongemaklike mense wat deur die instituut makgemaak moet word of uit die sisteem gedwing moet word. Andrew Walls noem die cross-cultural diffusion (die oorsteek van grense) die lewensbloed van die evangelie.

Die Westerse kultuur het n Westerse gestalte van die Christelike geloof gesluk asof dit die enigste manier is waarop die kerk kerk kan wees. Dit maak die kerk dood. n Oorsteek van grense waarin die evangelie in ander groepe kruis-kultureel (oor generasie-grense bv) tot reg kom, hel pons om die eie kultuur te relativeer en te evangeliseer.

Apostels verstaan dat die kerk nie deur haarself nie, maar deur haar roeping gedefinieer. Ons roeping herdefinieer ons. Handelinge 15: die kerk besluit onder leiding van die Gees dat Christene nie proseliete maak nie (be like me), mense kan Christene wees en Romeine en Grieke - hulle hoef nie Jode te wees nie. Hier breek die kerk uit die Joodse beweging agtergrond en vind cross cultural diffusion plaas. Ons wil graag proseliete maak - word lid van die kerk, word soos hierdie mense, begin lyk soos hulle. Dat hierdie n gemeenskap is wat s wees anders as ons, kom leer julle ons om Jesus te volg.

Be like us - n proseliete waansin waarin ons kleiner en kleiner gaan word soos ons meer en meer kontak verloor. Gelukkig het ons die ouer apostoliese tradisie wat s reik uit.

Europa het waarskynlik nooit gekies vir Christus nie, maar vir n magsinstelling wat die samelewing beheer en gekontroleer het. Dalk is dit hoekom die kerk daar lyk soos dit lyk.

Geloofsonderskeiding is die manier waarop leiers in die instituut leer om stappe in geloof te neem. Begin by God - nie as n strategiese inisiatief om die kerk te red nie - maar as n manier om God te vra: stroop ons van onsself en leer ons watter tree om te gee. In Handelinge 15 luister hulle na mense wat daar is waar God werk (Paulus e.a.), en eers daarna het Jakobus die Skrif interpreteer en het hulle besluit wat besluit is.

Die era waarin ons onsself moet relativeer l vir ons voor die deur.

Ons het nie daarin geslaag om vir die apostels veilige ruimtes te skep nie. Bo

 

Nico Simpson en Fourie Rossouw vertel oor Kuirsgenerasie-Gemeente

Die Kruisgenerasie-Gemeente het n paar jaar gelede tot stand gekom as n poging om na Generasie X uit te reik. Nico Simpson en Fourie Rossouw is die leraars van hierdie gemeente.

Nico Simpson: Laat my eers s wat ons nie het nie: geen kerkgebou, wyke, kerkraad, geen lidmate nie (eintlik net 17 - almal wat al wou trou of doop), geen kollektebordjies nie, ons het geen antwoorde nie. Kruisgenerasie is n eksperiment waarvan ons nie weet of dit gaan werk nie.

Nico verduidelik die probleem met n skaakbord. Jy dink jy weet hoe die rels werk, s nou maar soos om skaak te speel. Die mense wat jy wil bereik, het egter nie dieselfde rels as jy nie. Hulle dink nie hulle speel skaak nie. Als wat jy dink hoe dit behoort te werk, is nie vir die mense wat jy wil bereik so duidelik nie.

Beweeg van church-as-technique na church-as-art. Ons het min teorie en modelle. Ons het stories van dinge wat gebeur het.

Fourie vertel van mense wat by n gevestigde kerk betrokke was, en beleef het hoe die instandhouding van die kerk en kerklike doelwitte tussen hulle en Christus in beweeg. Die gewyde teks, die funderingsteks, van die gemeente is Lukas 15 (The Message): By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently.... The Pharisees and religion scholars were not pleased. They growled: He takes in sinners and eat meals with them, treating them like old friends. Count on it - thats the kind of party Gods angels throw every time one lost soul turns to God.

God is reeds by elke mens betrokke en die eredienste help mense ten opsigte van hanging around Jesus, listening intently.

Die term Talkback beskryf die wyse waarop teologie werk - die gemeenskap is tevrede om met meer vrae as antwoorde te leef, en probeer die teologie en waarheid nie as n fort in stand hou en verdedig nie. Springkastele is ontwerp om te kan buig en n veilige ruimte te skep. Ons beoefen n teologie wat veilig, elasties is, jy moet net jou skoene uittrek en niemand seermaak nie. Ons gesels saam.

Daar is n Yearning in almal - n God-shaped hole wat diep in almal is, en ons speel in op daardie behoefte. Ons bou nie mure nie - besluit nie wie in en wie uit is nie, maar grawe putte waar mense kan bymekaarkom om God te ontmoet.

Plunge. The movement of Jesus has never been the cotton candy fluffy stuff Christianity sometimes made it out tob e. It is wild, raw, rough and dangerous.

Most of the time looking as if it is heading in the wrong direction but ending off as something deeply significant. That is why we, as a community of risk-takers, are taking the plunge into the unknown where Jesus waits...

Relate. Wat ons regkry: ons maak die drumpel laag - mense kan maklik inkom. Die Here se teenwoordigheid is op sy sigbaarste in liefdevolle verhoudinge. Ons het met selgroepe geflirteer, maar daar is te veel small group technology in die beweging vir die mense met wie ons werk.

Dream Jesus nooi ons op nuwe avonture. Ons het die probleem van power-struggles waar diegene daardie kursusse wil h, en daardie persone hierdie kursusse. Nou is ons n user-driven kerk waar mense hulle passie gebruik om ruimtes te skep waar mense voel hulle behoort.

Ons gee leierskap graag af aan mense van so 25-jaar. Ek gee aanmekaar die mag af aan jongmense - Calvyn was 25 toe hy die Institusie geskryf het. Bo

 

Geloof, hoop en liefde - hierdie drie

Prof Stef Coetzee, nuut-aangestelde uitvoerende direkteur van die Afrikaanse Handelsinstituut, het die gesprek geopen met Jesaja 43:19vv:

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn n pad, Ek laat in die dro wreld riviere ontspring.,

asook Jesaja 2:2v:

Daar kom n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is n blywende plek sal h bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Al die nasies sal daarheen stroom baie volke sal daarnatoe gaan en s: Kom laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer, en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die Woord van die Here.

Coetzee, voorheen rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het vertel hoedat transformasie by di universiteit gedra is deur gebed en vertroue op die Here. Mense uit verskillende groepe op die kampus, reg om mekaar (ook gewelddadig) die stryd aan te s, het mekaar gevind. Konflik is vervang met gesprekke oor die waardes wat veranderings op die kampus moet begelei. Die onmoontlike het gebeur. Een van die tonele wat Coetzee bybly is n voormalige AWB-student wat swartmense in die nag aangeval het, wat uiteindelik die sweiswerk aan n Joolvlot vir n swart koshuis gedoen het.

Elkeen in die NG Kerk, s Coetzee, kan ver meer doen vir die Here as wat jy kan dink en droom. Geloof, hoop en liefde - hierdie drie - is die grootste.

Geloof weet dat wonderwerke gebeur. Hierdie kerk, wat eenheid moet kry ter wille van die evangelie, se skanse van weerstand kan val deur die Heilige Gees wat geesdrif vir eenheid kan skep en mense die koninkryk dien en oor grense gaan, versoening bring. Onder veral Afrikaners - wat net probleme sien en geen geleenthede meer nie - moet deur geloof leer wonderwerke beleef.

Hoop - arm mense, swart mense, baie mense het uitsigloos geraak. Waarom vat ons nie hande? Ons kan nie met verdeeldheid voortgaan nie. Ons moet versoeners wees wat aanhou, soos Christus, en hoop skep.

Pas is aan die US bevind dat 85% mense die kerk vertrou. As ons die mense is wat vertrou word, is ons die hoopskeppers, die mense wat die deurbraak moet maak.

Die liefde laat alle vooroordele verdwyn. Christus se liefde is so ontsagwekkend dat die kerk moet verstaan dat die liggaam van Christus - juis in die lig van groot probleme - die grootste versoener moet wees.

As die Here in Jesaja s Hy sien hierdie dinge gebeur, s die Here dit vandag spesifiek vir die NG Kerk. Ons moet hierdie opdragte - Jesaja 43 en 2 hierbo - ernstig opneem. Here, watter tree moet ons / ek gee?, is die gebed wat elke lidmaat moet bid. Bo

 

Redes hoekom die kerk lidmate verloor: Paneelbespreking

Hoekom n gesprek oor die aantal lidmate wat die kerk verlaat? Braam Hanekom s n getalle-gesprek is nie ter wille van groot kerke vol mense nie, maar mense stem met hulle voete en s iets in stilte. Wat s hulle? In 1981 het 85% van alle blankes aan die Afrikaanse susterskerke behoort. In 2005 was di syfer 51%. Die NG Kerk halveer en is op pad om te verkwart. VGK - 90 van 125 gemeentes in die Oos-Kaap is vakant. In Afrika, die VSAen in Europa, verloor hoofstroomkerke lidmate. Mense s met hulle voete iets in stilte.

Gerry Couchman (Willow Creek Assossiasie), Nico Swart en Nico Mostert het deelgeneem aan n paneelbespreking oor redes waarom die kerk lidmate verloor.

Volgens Gerry Couchman is die belangrikste redes

* Lack of precious family time

* Guilt?

* Not being spiritually fed

* Lack of vision at the church

* No personal contribution in church - people governed but not involved.

* Relevance of the church?

* Lack of integrity

* No caring community.

Gerry: Activities doesnt bring about spiritual growth. According to a Willows Survey people will contemplate leaving the church after 5-7 years of church membership. Interview people leaving the church and ask How could we have served you better? Those people will normally say: I havent been fed properly. We identify 4 phases in peoples spiritual growth: Exploring Christ, Growing in Christ, Following Christ, and Centered in Christ. Folk not being fed deeply enough, and centered in Christ, will leave the church eventually. More mature Christians seriously need to be helped with spiritual disciplines and to be centered and coached in following Christ. If that does not happen, people will leave the church.

Nico Mostert het op die volgende gewys:

* Geen geloofsbelewing

* Kerk en Godsbeeld

* Kontekstueel - kontemporr

* Sinloos

* n Nuwe lewensritme

* Swak diversiteitsbestuur

* Leef geloof buite die kerk

Predikante opgelei om formele liturgie te wees, en beherende, kontrolerende bestuurders wees, en moet nou informele byeenkomste lei. Hoofstroomkerke is dikwels te rigied - kontemporre benaderings kan nie floreer in n burokratiese struktuur van kommissies en n DNA van beheer van bo af nie. Gemeentes moet die omgewing se lewensritme lees en daarop inspeel. Die kerk moet inspeel by die wysigende program van mense se lewens.

Nico Swart

* Nie sisteem-sensitiewe leierskap wat diversiteit en konflik konstruktief hanteer nie;

* Mag nie vrae vra nie;

* Boring en verbeeldingloos;

* Leef steeds apartheid;

* Te stadig - n treetjie agter;

* Gebrek aan liefde;

* Gebrek aan spirituele belewing

Nico vertel n vrou wat nie meer eredienste kan bywoon omdat sy nie kan deelneem aan die erediens nie, en daar nie transformasie in die kerk is nie. Sy beleef geen verandering in die kerk, maar sy hoor heeldag in die sg. heidense korporatiewe wreld stories van genade, van lewens wat verander het, mense wat genesing ervaar op alle vlakke van die lewe. Sy leef in n gentegreerde wreld,. Maar in die kerk word tradisionele vyandskappe, bv apartheid, nog in stand gehou.

Braam Hanekom:

* Christelikheid versus ware dissipelskap (Christelikheid is die grootste vyand van die evangelie)

* Evangeliese hart verloor

* Vasgevalde inkarnasie (ons kerk word so deel van die samelewing, dat as die samelewing verander, kom ons nie uit ons rigiditeit nie)

* Teologie: praat OOR God en nie meer MET God nie

* Marinus Wijnbeek: In navorsing in Nederland oor die daling van lidmaatskap word evangelieverkondiging (of die gebrek daaraan) nrens genoem nie. Want die kerke self noem dit nie meer as n faktor nie. Die evangelie is vervang met politieke mag, morele invloed of leerstellige waarheid, daar loop mense weg. Die eerste liefde is deur die kerk verlaat. Die verkondigde Christus, die gebreekte liggaam van Christus,

Jannie Pelser se navorsing, s Braam, dui op die volgende redes waarom mense die kerk verlaat:

* Min omgee - geslotenheid - kliekvorming

* Koue atmosfeer, geen belewenis

* Prediking ondeurleefd, onverstaanbaar.

Uit die gesprek het die volgende geblyk:

Moenie soseer op die kerk-instituut fokus nie, maar op die koninkryk. Wat doen God? Waarby kan ons aansluit?

Moet ons ten alle koste probeer om lidmate te behou op die basis van hul tevredenheid met die gemeente? In watter mate moet ons op mense fokus wat tans nie die Here ken nie en die kerk uit hulle te laat groei? Ons is nie hier om die NGK en VGK te red nie. Ons wil bedieninge skep met n diep evangeliese hart.

Uit die bespreking blyk dat diskontinue, voortdurende skuiwe in die samelewing mense disorinteer. Die antwoorde l nie in nuwe strukture nie, maar in die herontdekking van die kern-evangelie en n verhouding met Jesus Christus, in Wie die koninkryk van God naby gekom het. Bo

 

Maitland-Gemeente kry nuwe energie

Ses jaar gelede het Maitland-gemeente oorweeg om hul deur te sluit en hul gebou te verkoop.

Anne Fortuin, n lidmaat van die gemeente, vertel hoedat die kerk drie rekenaars persent gekry het. Daarmee het hul n beginnerskursus begin aanbied. Hulle kon nog sewe rekenaars in die hande kry. Twee lidmate van Grootte Kerk het die kursus kom aanbied. Aan die einde van 8 weke moet jy die basiese dinge met n rekenaar kan doen.

Nou help Anne met werk in die kerkkantoor, beskik sy oor n CV (geformuleer as deel van die kursus) en skep die rekenaarkursus hoop vir mense. Maitland se rekenaarsentrum, as jy na aanbieders en kursusgangers kyk, het n bron van versoening geword. Die kerk het n bestaansrede ontdek en guns in die o van die gemeenskap verkry. Bo

 

Tableview se verhaal met kerkplanting

Ds Phillip Botha, stigter van Die Gemeenskapskerk (Parklands), vanuit Tableview Gemeente, het vertel hoedat die Tableview-area geweldig uitgebrei het en die gemeente besef het hulle moet op die geleentheid reageer. n Leierspan is vanuit Tableview-Gemeente gestuur om die voorbereidingswerk te doen en so n gemeente te begin. Na n paar jaar is die nuwe gemeente amptelik gestig.

Waarom nuwe gemeente-ontwikkeling?

Phillip antwoord as volg:

Die Bybelse opdrag is dat die hele Skrif ons leer van God se liefde vir die hele wreld en roep die hele kerk op om die hele evangelie aan die hele wreld te bring. Volgens die Kerkorde van die Wes- en Suid-Kaap is die bymekaarbring van gelowiges in n gemeente is die roeping van elke lidmaat, elke kerkraad en elke kerkverband. Deel van die groot opdrag is nie net om mense na Christus te lei, maar hulle ook deel van n geloofsgemeenskap te maak. Die Algemene Sinode het ons verbind aan al die mense van Suider-Afrika.

Phillip het ook verwys na Eddie Gibbs wat s dat kerkplanting al hoe nodiger sal word soos kleiner gemeentetjies sterf omdat hulle nie wil uitreik na die gemeenskap nie. Jurgens Hendriks: Die uitdaging is om oor alle grense te gaan en nuwe gemeentes te ontwikkel in nuwe idiome.

Die demografie van elke voorstad en stad verander so radikaal - en het oor die afgelope 15 jaar verander - dat die kerk moet leer om die nuwe groepe te bedien. Die groeiende denominasies is di wat kerkplanting bevorder. Nuwe gemeentes evangeliseer ook beter as ou gevestigde gemeentes.

Die praktyk van nuwe gemeente-ontwikkeling

NGO gebeur deur n proses. Google gerus church planting op die web. Jy sal onder andere op verskeie rigtingwysers afkom. n Goeie analogie is n moeder wat swanger word, en kinders in die wreld bring. Sy maak hulle groot om later self weer kinders in die wreld te bring.

Dit is natuurlik vir ouers om kinders te wil h. Net so is dit natuurlik vir gemeentes om kinders te h. Soos die geboorte van kinders, is dit n proses wat in geen twee gevalle presies dieselfde is nie. Mens kan net van bepaalde raamwerke praat.

Daar is n voorbereidingsfase, konsepsie, ontwikkeling, geboorte, groei in volwassenheid, vermenigvuldig. n Relatiewe gesonde ma is nodig vir n suksesvolle swangerskap. n Gemeente moet hou aan die Bybelse voorskrifte vir gemeente-wees en nie soseer op baie tierlyntyntjies soos bands en dinge staatmaak nie. Hoe staan dit met bemagtigde leierskap, passie, funksionele strukture, liefdevolle verhoudings e.s.m.?

Die konsepsiefase is die geboorte van n visie vir die nuwe bediening of gemeente. Phillip het n magdom praktiese wysheid rondom geboorte, groei en vermenigvuldiging met die groep gedeel. Bo

 

Gratitude, Jewish Style

The gnawing cold of the winter has faded from the farmer's memory. Hewatches the warm spring sun awaken the slumbering fields. He watches the young shoots sprout and bloom and the tiny buds ripen into fruit bursting with the juices of life. And his own heart also fills to bursting with the joyous surge of new vitality, the aura of irrepressible hope and promise, the sense of being blessed with gifts from the secret treasure houses of the earth. At this transcendent time of the year, the Torah instructs him to share his innermost feelings with his Creator through the performance of the mitzvah of bikurim. He is to take the first fruits of the land, bring them to the Holy Temple in Jerusalem and declare his joyous gratitude to the Master of the Universe, the Source of all goodness in the world.

This joyous declaration of gratitude, however, begins in a very puzzling way. It recalls the litany of tragedy and misfortune that characterizes Jewish history. It recalls the duplicitous Lavan's attempt to destroy our forefather Jacob and the descent of Jacob and his family to Egypt. It recalls the enslavement of the fledgling Jewish nation by the cruel Egyptians and the suffering inflicted upon them until they cried out in anguish to G-d. It recalls that God heard the voices of the oppressed Jewish people, and with a great display of wonders and miracles, He liberated them from their Egyptian bondage and brought them to a land of milk and honey. What is the connection of all these memories to the simple act of thanking G-d for the first fruits of the harvest?

The answer to this question reveals one of the central elements in the character of the Jewish people. The Jewish farmer who has been blessed with a new harvest does not see himself as an independent individual living in the enclosed world of his own life experiences. He sees himself in the broader historical context of the Jewish people and their developing relationship with G-d. In his mind, the harvest in a small field in a remote corner of the Galilee is directly connected with cosmic events that took place hundred or even thousands of years earlier. He sees himself as part of that continuum and the blessing he has been granted as an extension of the kindness G-d has shown the Jewish people in taking them from slavery to freedom, from misery to joy. Therefore, his expressions of gratitude must also extend to events that happened in distant times and distant places, because in reality, they all part of one continuous pattern of divine benevolence to the Jewish people.

There is also a powerful symbolism in the parallel drawn between Jewish history and the annual harvest. As we celebrate the passing of the cold and dark winter and the rejuvenation of the land, we are bidden to view our history from a similar perspective. We are shown that the cold, dark winters of our people's past also led to a springtime of rejuvenation and growth, and we must strengthen our faith in G-d and believe that our present suffering is not without purpose and not without end.

Finally, the recollection of the tragedies of our past gives added depth and meaning to our expressions of gratitude.

Let us for a moment imagine two young men who purchase cars at the same time. One of these young men is from a poor family. He had to struggle to make a career for himself, and he worked hard for everything he was able to accomplish. Now, after saving and scrimping, he finally has accumulated enough money to buy a brand new car. The other young man is a pampered child of rich parents. His father handed him his American Express card on the way to lunch and told him to go get himself a car. Which of these young men will derive greater pleasure from his new car? The answer is obvious.

Here, too, stands the Jewish farmer. He recalls the hardships and the struggles of his ancestors that brought him to this cherished plot of land in Israel, and therefore, each fruit that he plucks from the ground is immeasurably sweeter because of the memories. In this frame of mind, his expressions of gratitude to G-d go far beyond the fruits in his basket.

They encompass all the unending benevolence and providence that are manifest in this incredibly precious little bundle of fruit.

Copyright 2007 by Rabbi Naftali Reich and Torah.org.

 

Groete tot ons weer gesels,

Danie Mouton

Skriba Sinodale Kommissie

Bo