Amptelike Nuusblad : NG Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 5 - Nommer 12 - 23 Augustus 2007 - www.ngkok.co.za
INHOUD
Padberade oor kerkhereniging verloop positief
Uitdagings
vir gemeentes en Skrifgesag: Prof Jan van der Watt
tree in Port Elizabeth op
Die
Effektiewe Rol van Radio onder Mense steeds Onbereik
met die Evangelie van Jesus Christus
Willow Creek:
Global Leadership Summit in PE aangebied
Verklaring Kuratorium re
Evangeliese Inisiatief : Fakulteit Teologie Universiteit van Pretoria
Respons: Die dominee wat nie so lekker inpas nie
Ds Johan Symington tree einde 2007 uit as NG Kerk se kommunikasiedirekteur
Teologie Stellenbosch
150+ 1 November 1859 –1 November 2009
Jammer vir
die vier sendelinge wat ons voorouers opgeëet het
Padberade oor kerkhereniging verloop
positief
Die afgelope week het lede
van die moderatuur drie padberade oor kerkhereniging
in ons sinodale gebied gehou. Dit het grotendeels positief verloop, veral in
die plattelandse gebiede waar die besef van ‘n lotsgebondenheid
met die VGK toenemend groei.
Die padberade lui
‘n konsultasieproses met gemeentes in. Daar is vir
elke gemeente konsultasieboekies, wat óf reeds in
gemeentes se besit is, óf afgehaal kan word by die ringskriba
van die ring waaronder gemeentes ressorteer.
Die volledige bundel bronne is ook op ons
sinode se webblad beskikbaar, naamlik:
1. Die konsultasieboekie (3MB)
2. Die terugvoervorm waarop jou gemeente se kommentaar
gekonsolideer moet word;
2. ‘n Powerpoint wat
die konsultasieproses verduidelik - in Powerpoint 2003 of Powerpoint 2007 formaat. Aanbeveel dat jy die
2007-formaat aflaai (dis ‘n baie kleiner lęer) en dan net die filter vir jou Powerpoint 2003-program van die internet aflaai om dit in
2003 oop te maak;
3. ‘n Historiese
oorsig oor die verlies en herstel van die kerkverband in die Oos-Kaap. In
hierdie oorsig word onder andere die sterk besluite wat die Oos-Kaapse
Sinode oor meer as ‘n dekade ten gunste van kerkhereniging geneem het aangedui.
4. ‘n Kort
gespreksgids vir kleingroepe oor die
kerkherenigingsproses.
Uitdagings vir gemeentes en Skrifgesag:
Prof Jan van der Watt tree in Port Elizabeth op
Ons is bevoorreg om die Nuwe
Testamentikus, prof Jan van der Watt, op 15 en 16 September in Port Elizabeth
te hę. Hy kom op 15 September 'n seminaar aanbied rondom die tema: Uitdagings
vir gemeentes wat Skrifgetrou wil lewe. Op 16
September lei hy die eredienste (oggend en aand) in Sionsrand-gemeente.
Daar word deesdae so baie dinge oor Skrifgesag, en veranderinge in die kerk gesę, dat mens 'n
slag net weer by 'n nederige, Skrifgetroue, maar węreldwyd-erkende akademikus, wat steeds in gemeentes en
met lidmate werk, en eenvoudig kan kommunikeer, wil hoor: Wat is aan die gang
oor Skrifgesag? Wat is werklike uitdagings vir die
kerk en wat in bloot pogings om modern te probeer wees?
Hierdie seminaar is spesifiek gerig op
lidmate en hul leraars. Die leraars
word genooi na 'n ete om 13:00 saam met prof Van der Watt waar leraars
meer spesifiek teologiese of enige ander vrae kan vra.
Dan word almal ook uitgenooi na die twee
eredienste by Sionsrand-gemeente op 16 September.
Hierdie is 'n gesamentlike projek van die
Ring van PE en die NGK Sionsrand.
PROGRAM:
TEMA: UITDAGINGS VIR
GEMEENTES WAT GETROU AAN DIE SKRIF WIL LEWE.
Sat. 15 Sept. PE-HOOGLAND GEMEENTE
08h30-10h30:
Eerste sessie
10h30-11h00: Tee
11h00-13h00: Tweede
sessie
13h00-14h30: Ete
saam met predikante (ons beoog die PE-Klub of
soortgelyke fasiliteit) met geleentheid vir vrae.
Son. 16 Sept. SIONSRAND-GEMEENTE
09h00; Erediens Sionsrand (geleentheid vir vrae daarna)
18h30: Erediens Sionsrand
Koste:
1. Vir die seminaar:
R20 pp
2. Vir die seminaar en
middagete (slegs leraars): R50
========
INSKRYWINGSVORM
E-pos die inskrywingsvorm aan
riana@pehoogland.co.za
of faks aan 041 368-7340 - saam met u bewys van betaling:
Naam:
______________________________
Gemeente:
______________________________
Selfoon:
______________________________
Ek woon die oggend-seminaar by
(R20):
JA / NEE
Ek woon die oggend-seminaar plus die middagete by: (R50) JA / NEE
Sluitingsdatum vir inskrywings: 10 September 2007
Navrae: Ds Danie Mouton (082 9234 178) of ds Jan Coetzee
(072 320 2844)
Ds Jan Coetzee bring die
volgende onder ons aandag:
JEUG EE KLINIEK.
23-26 SEPTEMBER 2007
EVANGELISASIE SENTRUM PORT
ELIZABETH
DIE WONDERLIKSTE GELEENTHEID VIR
ONS JONGMENSE !!!
’N GELEENTHEID WAAR DIT GAAN OOR
DIT WAT DIE HERE EINTLIK VAN ONS VRA.
Die paar dae gaan ons jeugwerkers
en tieners help toerus om met vrymoedigheid die evangelie met mense te deel.
Elke tiener wat hierdie plan van God snap, kyk met ’n totale ander oog na die
kerk en na mense rondom hom.
Dit sal wonderlik wees as
kerkrade die jongmense kan help borg en ’n groep(met ’n jeugleier) uit die
gemeente kan stuur, wat weer met ’n evangelisasieprogram in hulle eie gemeente
kan begin. Ons het nie net Christene nodig nie, maar getuienisse.
INLIGTING:
SIEN INSKRYWINGSVORM EN PROGRAM:
(Die inskrywingsvorm
en die program
is op ons webblad beskikbaar.)
Sluitingsdatum: 17 September
2007.
Navrae: Jan Coetzee 0723202844
Ds Danie en Marlene du Plessis
0413642786
EE Kantoor 012 3427650
Die Effektiewe
Rol van Radio onder Mense steeds Onbereik met die
Evangelie van Jesus Christus
Ds Carl Crouse
laat weet:
Rev. Christian
Benjamin, Nasionale Direkteur van FEBA Radio Indië besoek Suid-Afrika gedurende
September 2007 op uitnodiging van FEBA Radio SA.
Uitnodiging aan:
alle FEBA Radio-ondersteuners
en belangstellendes,
alle gelowiges, vriende, lidmate en
leraars, sendingkommissie- of kerkraadslede wat graag
betrokke wil wees by die Here se liefde-volle en vrugbare
uitreik na onbereikte mense deur middel van radio.
Wanneer? Woensdagaand, 12 September 2007 - 19h00
Waar? Evangelisasiesentrum, Cleeveweg
26, Cotswold, Port Elizabeth
Toegang? Gratis (vrywillige offergawe)
Verversings word vanaf 18h45 bedien.
Inligting: Skakel Geo de Kock
by 083 732 4117 of
Willow Creek: Global Leadership
Summit in PE aangebied
Die Willow Creek
Assosiasie bied hul Global Leadership Summit, wat pas in die VSA plaasgevind het per grootskerm-DVD op 12 en 13 Oktober 2007 in Port Elizabeth
aan. Op beide dae vind die aanbieding
van 9-uur tot 5-uur plaas. Dit is ‘n baie positiewe belewenis, en word ook
pakkend aangebied. Moenie dat die DVD-formaat jou
mislei om te dink die byeenkoms is sonder dinamiek nie.
Sprekers wat optree is
Bill Hybels van Willow Creek, Carly Fiorina
(Hewlett Packard), Marcus Buckingham (skrywer), Richard Curtis
(screenwriter en stigter van Make poverty history),
John Ortberg (skrywer en senior leraar), Michael Porter (Harvard Besigheidskool) en Colin Powell.
Skryf gerus in by www.willowcreeksa.co.za
Rig navrae aan ds Christo
van Heerden, christovanheerden@telkomsa.net
Verklaring Kuratorium re
Evangeliese Inisiatief : Fakulteit Teologie Universiteit van Pretoria
Die
Dagbestuur van die Kuratorium het op sy vergadering van 8 Augustus 2007 kennis
geneem van die aksie van die Evangeliese Inisiatief. Uit gesprekke van die verteenwoordigers van
die Evangeliese Inisiatief waarvan kennis geneem is in die media word daar
negatiewe en ongekontroleerde aantygings teen die
Kuratorium en die Fakulteit Teologie by die Universiteit van Pretoria gemaak -
sonder dat daar gesprek gevoer is.
Die Dagbestuur van die Kuratorium verwelkom
gesprek oor teologiese opleiding indien dit deursigtig is en op 'n
verantwoordelike en 'n broederlike wyse geskied (Matt 18:15-20). Daarom het die
Dagbestuur die Stuurkomitee van die Evangeliese
Inisiatief uitgenooi vir geprek. Hulle het aangedui dat hulle aan die gesprek
sal deelneem wanneer hulle daarvoor gereed is. Desnieteenstaande het die
Dagbestuur van die Kuratorium twee van sy lede aangewys om ‘n broederlike
gesprek te voer met een van die leiersfigure in die Evangeliese Inisiatief.
Die Dagbetuur het
verder ook kennis geneem van die verspreiding van 'n DVD met die titel:
‘"Nuwe” strominge in die teologie’.
Daar word nie aangedui wie die opteller(s) van die DVD is nie en in die
samestelling van die DVD word daar eweeens negatiewe en ongekontroleerde
aantygings gemaak en word die dosente van die Teologiese Fakulteit in die
spervuur geplaas sonder dat daar met hulle gesprek gevoer is. Die Kuratorium
verwerp die wyse waarop die opteller(s) van die DVD op 'n onbillike wyse die
uitsprake van dosente buite konteks aanhaal ten einde hulle eie voorafopgestelde oogmerke te bereik. So 'n bedenklike
hermeneutiek gee die indruk van doelbewuste verdagmakery teen die dosente.
Daarom wil die Dagbestuur ter wille van eerlike geprekvoering
die volgende sake uitlig ten einde perspektief op die optrede van die dosente
te gee.
1.
Prof
2.
Wanneer Prof Jurie le Roux as deelnemer aan ‘n gesprek by Unisa in 2002
deelneem en verklaar dat hy teen die dosente se verklaring van 2002 was, het
dit nie oor die inhoud van die verklaring gegaan nie, maar oor die feit van
'n verklaring. Hy het die waarde van so 'n wyse van gesprek tussen Christene
betwyfel.
3.
Wanneer Prof Piet Geyser in sy bedanking 'n
beleefdheidswoord rig aan 'n verteenwoordiger van die Jesus Seminaar word die
indruk gewek dat hy met alles wat die persoon gesę het saamstem. Dit is 'n
misbruik van van die situasie.
Hierdie
is enkele voorbeelde om daarop te wys dat almal wat die erns van teologiese
opleiding op die hart dra, eerlik met mekaar as broers en susters in Christus
moet omgaan ten einde die saak van die koninkryk van God die beste te dien.
Juis om alle billikheid te laat geskied is die kwessie van leerklagtes
deur die Kuratorium na die onderskeie ringe van die kerk verwys en is die
dosente nie aan leerdwaling skuldig bevind nie.
Daarom wil die Kuratorium alle
belangstellendes uitnooi om aan 'n gesprek oor teologiese opleiding deel te
neem tydens die Lentekonferensie. Die gesprek sal die aand van 18e September om
19:00 in die kerkgebou van die gemeente Universiteitsoord plaasvind.
Predikant
vir Teologiese Opleiding
Namens
die Dagbestuur van die Kuratorium
15
Augustus 2007
Respons: Die dominee wat nie so lekker inpas nie
Dion van Rooyen reageer as volg oor die paragraaf “Herwaardeer jou dominee - veral die wat nie
so lekker inpas nie” in die vorige OosKAap eNuus:
Liewe Danie
Die OosKaap eNuus van 14 Augustus 2007 se stukkie or
die dominee wat nie inpas nie, het my laat voel om te reageer. Ek weet nie of
dit jou skepping is nie, maak ook nie
regtig saak nie want ek bedoel dit nie persoonlik nie. Ek weet ook nie of OosKaap
eNuus sulke terugvoer hanteer of plaas en of dit ‘n eenmanssaak is nie. Ek het waardering vir die poging om
gebalanseerd te bly. Daar is egter ‘n paar dinge wat gesę word wat my laat voel
dat hierdie tipe skrywe nie billik is nie.
Eerstens voel dit vir my asof die dominees
waarvan aanvanklik geskryf word, tipeer word as die wat eintlik tot nadeel van
die kerk optree. Dis teleurstellend dat skrywes soos die gewoonlik verwys na
dominees wat nog besoeke doen, wat onder die wanindruk verkeer dat dit iets
beteken, wat kuier, wat eintlik daarmee op ‘n dwaalspoor is. ‘n Onderskeid kom tot stand tussen
hierdie “agtergeblewe” dominee – en die
“krapper” (die een wat almal eintlik voor is) waarvoor ‘n pleidooi gelewer
word. Waarom is dit nodig is om sulke onderskeide te
maak? Sou die “agtergeblewe” se pogings nie meer deur God gebruik word nie? Is
sy kuiers buite God se wil? Wie het bepaal watter een
van hierdie twee se plant of natgooi (wat maar al is wat hulle kan doen) van
die saad meer belangrik is? Of het God Hom meer openbaar aan die “krapper”
omdat hy/sy meer guns by God gevind het as gevolg van sy/haar meer verhewe
roeping om nie lekker in te pas nie? Of om nie te doen wat die mense wil hę
nie? Dis ‘n onderskeid wat vir my raak aan geestelike meerderwaardigheid – die “krapper” is immers mos die een wat die
dinge doen wat die toekoms gaan verseker! Is dit die rede waarom hulle die
ander ‘n trap voor is?
Dis die tweede opmerking wat my absoluut verbaas
gelaat het, dat die “krappers” volgens die skrywer “eintlik besig is om die
soort dinge te doen wat die kerk se toekoms uiteindelik gaan verseker.” Dis vir
my nuus dat enige dominee iets kan doen wat die kerk se toekoms verseker en
waarborg, wat deur sy besigwees so kan kies dat
sekere uitkomste verseker kan word. Ek het nog altyd seker verkeerdelik
verstaan dat die toekoms van die kerk in die hande van God is, wat daaroor sou
waak en wat alleen daaroor besluit, wat by tye toelaat dat selfs slegte tye die
kerk nie gespaar word nie. Kan dit so werk dat
net die “krappers” hierdie
funksie van God kan hoor en aanvoel, en daarom met absolute sekerheid kan sę ek
weet waarheen die Here Sy kerk wil lei? In teenstelling met die soos ek wat wat nog nie eers die maat van die dromme hoor nie!
Die laagtepunt van die skrywe is die
verwysing na die “krappers” wat nie altyd gedienstig is met die groepe wat tans
in beheer van die gemeente is nie. Ek weet nie of die Skrif se vermanings oor
gelowiges se aanvaarding van selfs heidense gesag ook anders verstaan moet word
nie. Ek vind dit jammer dat hierdie kenmerk so gemaklik aanvaar word. Die
kwessie van mag en beheer word vele male
ingespan en gebruik soos dit ons pas. Dis reg as “krappers” die gesag uitdaag
en bevraagteken en nie gedienstig is nie. Maar moenie vrae vra oor dieselfdes se oortuigings nie, want dan is jy in opstand,
en word beskou as ‘n dwarsbomer van die wyse waarop
die Here Sy kerk wil lei en as een wat die voortgang van die koninkryk
beskadig.
Dankie vir die laaste paragraaf – wat handel oor die vaardighede wat die
“krappers” moet opdoen. Sterkte ook aan hulle – ek is nie so seker dat daar
vaardighede is wat hulle sal bemagtig om die toekoms te implementeer nie!
Antwoord:
Daar is tereg baie waardering in gemeentes vir dominees wat nog
glo in besoeke en wat kuier. Die vorige eNuus probeer dit nie ontken of afkraak nie. Dit probeer
ook nie alle “krap” as positief ophemel nie. Daar is van tyd tot tyd leraars
wat onoordeelkundig “krap”. In ons sinodale gebied is daar egter ook leraars
wat swaarkry omdat hulle nie regtig inpas by gemeentes se tradisionele
verwagtings nie. Dit het nie met dwarstrekkery te doen nie, maar met die doen
van wat reg is en met die oriëntering van gemeentes aan wat hierdie leraars
onderskei as God se voorkeurtoekoms vir die gemeente.
Hulle word nie altyd waardeer nie, en eNuus vra dat
gemeentes hul dominees weer ‘n slag waardeer.
Natuurlik kan niemand
vrede hę met indiwidualistiese leraars wat die sisteem saboteer, in onvrede en
swak verhoudinge met ander leef, gesag uitdaag terwille van uitdaag, en
hardkoppig op hul eie koers voortboender terwyl die
gemeente as gevolg van hul optrede op die afgrond huiwer nie.
Daar is ongelukkig ook
dominees wat baie goeie vernuwingsideale koester maar
nie oor die prosesvaardighede beskik om dit opbouend
te implementeer nie. Hieraan moet ons iets doen. Danie Mouton
Ds Johan Symington tree
einde 2007 uit as NG Kerk se kommunikasiedirekteur
(Uit: Die Burger)
KAAPSTAD - Die NG Kerk het
Maandag bekend gemaak dat ds Johann Symington, direkteur: kommunikasie
van dié kerk, einde vanjaar gaan uittree. hy bly egter aan as redakteur
van Kerkbode. "Die moderatuur het met dank kennis geneem van
die jongste verslae oor Kerkbode en Lig. Die finansiële
posisie van die groep is gesond. Sowel Kerkbode as Lig het
die afgelope tyd betekenisvolle groei beleef. Die moderatuur erken graag
die rol van ds Symington in dié verband," sę dr JJ Gerber,
algemene sekretaris van die kerk, in ‘n verklaring. Symington het gesę hy
gaan uittree omdat hy in die Kaap wil aanbly en die laaste ses jaar in die
bediening aan ‘n gemeente wil wy. "Ek is nog werkloos, Daar is seker
‘n gemeente wat in my dienste belangstel." Hy het gesę sy vier
jaar as kommunikasiedirekteur was seker van die
interessantste tye om by die kerk te werk. Wat vir hom veral interessant
was, is hoe die kerk homself sedert 2002 geherposisioneer
het.
Dr Kobus Gerber
se verklaring sę bykomend dat ds Symington aanbly as redakteur van Die Kerkbode.
Teologie
Stellenbosch 150+ 1 November 1859 –1
November 2009
Op 1 November 1859 is die
pragtige gebou aan die bopunt van Dorpstraat op Stellenbosch in gebruik geneem
as ‘n Teologiese Seminarium of te wel ‘n Kweekskool vir die opleiding van
predikante. Tans is die gebou die tuiste van
die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch. Hoewel die Seminarium hoofsaaklik die
opleiding van predikante vir die NG Kerk ten doel gehad het, is van die oudste
fotos teen die mure van die gebou stille getuies daarvan dat studente uit ander
denominasies en rassegroepe van die begin af ook in die Seminarium opgelei is.
Op 1 November 2009 sal hierdie
instelling – die alma mater van die latere Universiteit van Stellenbosch - 150
jaar oud wees.
Die Fakulteit Teologie onder leiding van die
dekaan prof Elna Mouton in samewerking met die Kuratoria van die NG Kerk, die
Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika en die Presbiteriaanse Kerk –
almal huidige vennote van die Universiteit in die opleiding van predikante –
het reeds begin om voorbereidings te tref om van 2009 ‘n besondere feesjaar te
maak. ‘n Projekkomitee onder
voorsitterskap van prof P Coertzen is besig met aanvoorwerk.
As tema vir 2009 is besluit op Teologie
Stellenbosch 150+ Met hierdie tema
wil ons graag die afgelope 150 jaar in dankbare herinnering roep en
terselfdertyd ook onomwonde ‘n openheid na die toekoms verklaar.
Benewens die normale akademiese
werksaamhede word die volgende ook tydens die feesjaar in die vooruitsig
gestel:
* ‘n Mini-teologiese konferensie aan
die begin van die akademiese jaar;
* deurlopende lesingreekse,
publikasies en feesgeleenthede;
* ‘n groot internasionale
teologiese konferensie in die tweede helfte van die jaar.
* 1 November 2009 sal ‘n besondere
hoogtepunt wees – op dié dag 150 jaar gelede is die Teologiese Seminarium
feestelik in gebruik geneem. In 2009 val
1 November op ‘n Sondag en planne word reeds nou al bedink om die geleentheid
op ‘n gepaste wyse te vier.
‘n Gedenkboek, waarin sowel na
150 jaar se geskiedenis as na die toekoms gekyk sal word, sal ook deel wees van
die besinning en vieringe van 2009.
Beplanning daarvoor is goed op dreef.
Prof E Mouton
Dekaan Fakulteit Teologie
Stellenbosch
Jammer vir die vier sendelinge
wat ons voorouers opgeëet het
Ds Johan van der Merwe skryf:
Dis eintlik fantasties dat
mense na vore kom en met werklike spyt/berou erken dat hulle fouteer het. Die
Gees van God werk baie meer en op baie meer plekke as wat ons ons kan voorstel. Dat dit in die afgelope paar jare op baie
en soms onverwagte plekke gebeur het, is nie bloot politieke mode of toeval
nie. En daardeur raak 'n mensvriendeliker en
[hopelik] meer Godverheerlikende wyse van saambestaan
moontlik.
On reading the report below, I
was reminded of the furore in white Afrikaner circles
when the late prof. Willie Jonker
admitted his personal guilt and that of the Dutch Reformed Church on
behalf of the DRC re Apartheid and the theological justification thereof. One
objection was that an individual cannot repent on behalf of his group / people
/ church without their knowledge or consent. Well, apart from the fact that
what Jonker did was a thoroughly Biblical thing to
do, authentic heart-felt and Spirit-worked repentance by one / a few on behalf
of the represented many makes a lot of sense and has never failed to touch and
change hearts and lives.
Jonker het sy outobiografie betitel: Selfs
die kerk kan verander. Inderdaad. En die besef van eie armoede, skuld
en berou daaroor teenoor mekaar en teenoor die gemeenskappe waarvan ons deel
is, kan ons almal bring tot 'n meer deurleefde Christen-wees
en mens-wees.
======
Port Moresby - The descendants of cannibals who killed and ate four
Fijian missionaries in 1878 have apologised for their
forefathers' actions, the Australian Associated Press reported on Thursday.
Fiji's High Commissioner to Papua New Guinea, Ratu
Isoa Tikoca, accepted the
apologies at a reconciliation ceremony attended by thousands of people near Rabaul in East New Britain province on Wednesday.
"We at this juncture are deeply touched and wish you the greatest
joy of forgiveness as we finally end this record disagreement," Tikoca said.
PNG's Governor-General Paulias
Matane told the crowd he appreciated the work of the
early Fijian missionaries in spreading Christianity, AAP said.
The ceremony marked 132 years since Methodist ministers and teachers
from Fiji arrived in the New Guinea islands region in 1875 headed by Englishman
George Brown.
In April 1878, a Fijian minister and three teachers were killed and
eaten by Tolai tribespeople
on the Gazelle Peninsula.
Brown directed and took part in a punitive expedition that resulted in a
number of Tolais being killed and several villages
burnt down.
His actions caused a storm of protest in the Methodist Church in
Australia and elsewhere. Official investigations by British colonial
authorities in the Pacific cleared him of criminal charges.
(news24.com)
Skriba Sinodale Kommissie