OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 5 - Nommer 4 - 27
Februarie 2007 - www.ngkok.co.za
Sinodale Retraite - 12-15
Maart 2007
Ontdek jou gemeente se missionęre uitdagings in Afrika - 12-15 Maart 2007
Gemeentes: Rus julle lidmate toe vir sinvolle korttermyn-uitreike
Inter-kulturele dienswerk
in die gemeente en gemeenskap
Golfdag ten bate van Biblia PE - 21 April 2007
Familie-Fokus-Week,
aangebied deur die Oos-Kaapse Familienetwerk
Bertie
van Egoli-faam innie Baai
Piet Smit hou konsert by PE-Hoogland
Preekbeurte / gesprekke
oor kerkhereniging
As daar net 100 mense op die aardbol was...
[Besoek gerus www.ngkok.co.za en klik
onder “Kortpad” op die kennisgewingbord-skakel vir
die jongste inligting oor gebeure in Oos-Kaapland.]
Sinodale Retraite - 12-15
Maart 2007
Het
jy al jou plek bespreek vir die Retraite? Vanjaar se Sinodale Werkswinkel word
in die vorm van ‘n retraite onder leiding van dr Willem Nicol
en ds Deon Loots in ‘n pragtige Oos-Kaapse
omgewing aangebied. Daar is bitter min plek oor - jy sal moet spring. Ek bedoel
dit. Kyk na die inskrywingsvorm.
‘n Roetekaart
is ook beskikbaar. Bo
Ontdek jou gemeente se missionęre uitdagings in Afrika - 12-15 Maart 2007
BUVTON in samewerking met SKG, SKP
en die Kuratoria nooi alle predikante uit na `n konferensie oor:
Ontdek jou
gemeente se missionęre uitdagings in
Afrika wat vanaf 12-15 Maart in Stellenbosch aangebied word. Ons is
bevoorreg om die węreldbekende missioloog en Afrika-kenner, prof Andrew Walls
, hier te hę vir die week. Prof Walls sal elke
oggend optree (sien inligtingstuk
vir temas, asook die inskrywingsvorm).
Daarna sal belangrike uitdagings vir die kerk in Afrika bespreek word en in die
middae kan deelnemers kies uit 5 praktiese kursusse wat aangebied word.
Hierdie week is
ook vir ons `n oefenlopie met die oog op die nuwe VTO (ons wil dalk eerder
praat van VBO, Voortgesette Bedieningsontwikkeling)
program.
Vir enige verdere
navrae - kontak asb vir Chrisna van der Merwe of Cas Wepener by 021-808 3624 of per e-pos by cmer@sun.ac.za Bo
Gemeentes: Rus julle
lidmate toe vir sinvolle korttermyn-uitreike
Die
toerustingsburo vir Interkulturele-Werkers
(TIW) van die Hugenote-Kollege kan en wil gemeentes
help om die meeste uit ‘n korttermyn-uitreik te haal.
’n Korttermynuitreik
kan lei tot wonderlike seën in die Koninkryk van God, maar het ongelukkig ook
die potensiaal om ’n groot ramp te wees wat die werk van die Here baie groot
skade kan doen. Behoorlike beplanning,
voorbereiding en die toerusting van lidmate vir uitreike
kan grootliks bydra om te verseker dat uitreike hulle
volle potensiaal bereik.
TIW wil en kan u help om die leiers en
spanlede van korttermynuitreike beter toe te rus vir
die dienswerk wat hulle wil lewer. In
samewerking met u kan TIW help om uitreikspanne toe
te rus en te help t.o.v. byvoorbeeld die volgende sake:
* Die bepaling van uitkomste, voorafbeplanning
en voorbereiding t.o.v. die teikengebied en die sturende gemeente;
* Leierskap in uitreike;
* Gesonde spanverhoudinge;
* Geestelike onderbou en spiritualiteitsverskille
tydens uitreike
* Kultuur, kultuurskok
en die binnetrede van onbekende kulture
* Tipes uitreike en
toepaslike toerusting vir sodanige uitreike bv.
- Evangelisasie
en kerkplanting
- Handewerk
- Opleiding
en toerusting
- Bemoediging
van sendelinge
- Gebedsreise
- Literatuurverspreiding ens.
- Praktiese
wenke en voorbeelde van tersaaklike dokumentasie
Die aard en opset van die toerusting
TIW
streef daarna om toerustingsprogramme te skoei na die
spesifieke behoeftes en situasie van ʼn gemeente of die lidmate wat
toegerus moet word. Om dit te bereik
beplan TIW en die gemeentes die toerustingsprogram
saam met inagneming van die uitkomste wat die gemeente wil bereik, die getalle
teenwoordig en die tyd en fondse beskikbaar vir die toerusting.
Kostes
Reis- en verblyfkostes moet deur die gemeentes betaal
word. Kostes verbonde aan die
toerusting is onderhandelbaar.
Navrae
Dr.
R. van Velden. Tel.
021-8730028(k); 0828574368; E-pos:
Datum
Ryk
is nog beskikbaar vir opleiding in die Oos-Kaap in die tyd van 22-31 Maart
2007. Bo
Inter-kulturele dienswerk in die gemeente en gemeenskap
Die Toerustingsburo vir Interkulturele
Dienswerk (TIW) van die Hugenote Kollege bied verskeie opleidingsgeleenthede
vir lidmate en ander werkers wat in inter-kulturele
situasies, bv in plaaslike gemeenskappe en ander lande, werk. Dr Ryk van Velden het uitgebreide praktiese ervaring op hierdie
terrein - werklik een van die beste kundiges ten opsigte van die bou van interkulturele verhoudings in Suider-Afrika. Hier is meer
inligting oor hul opleidingsprogram. Bo
Golfdag ten bate van Biblia PE -
21 April 2007
Martin Britz van Biblia PE laat weet
alle stokswaaiers van ‘n wonderlike geleentheid om Biblia se werk te bevorder by die Shark
River Golfklub op 21 April
2007.
Op hierdie stadiu
is borge bitter nodig. Indien jy van die geleentheid gebruik wil maak om ’n bof
/ putjie te borg of ’n donasie in die vorm van kontant of pryse te skenk is jy
baie welkom en sal ons jou ondersteuning opreg waardeer, sę Martin.
Die volgende opsies is beskikbaar;
Borg van Bof/Putjie - R300
Deel borgskap van Bof/Putjie - R150
Borg vab Bof/Putjie plus 4 spelers - R450
Skenkings in
die vorm van pryse of donasies in kontant is ook welkom.
Spelers fooi beloop R60 per speler en die golf
klub kan direk geskakel word om te bespreek indien u wil speel. Shark River
golf klub Tel nr. 041 581 6188.
Enige
verdere navrae kan gerig word aan Gert Slabbert by 083 6303 893 of Sus van
Jaarsverld by 082 7889 778.
Jou
ondersteuning en gebede sal opreg
waardeer word! Bo
Familie-Fokus-Week, aangebied deur die Oos-Kaapse
Familienetwerk
Die Oos-Kaapse Familie-Netwerk en Ring van Port Elizabeth bied ‘n week aan wat fokus op die kerk se
bediening aan families. Die week se
verrigtinge, van 13-19 Augustus 2007, wat by die NG Kerk PE-Hoogland
(www.pehoogland.co.za) gaan
plaasvind, sal die volgende insluit:
* Werkswinkels vir ouers met kinders in hulle verskillende fases – aangebied deur
kundiges op die gebied van kinderontwikkeling;
* ‘n Naweek-werkswinkel
en erediens oor Familie en Intergenerasionele bediening, aangebied deur John Roberto,
die Koördineerder van die “Generations of Faith Project” in die VSA
(www.cmdnet.org);
* Musiekbedieningswerkswinkel,
aangebied deur Retief Burger;
* Groot Jeugbyeenkoms
met Retief Burger en Francois Esterhuizen
(Christelike kommediant) as gaskunstenaars;
* Byeenkoms met baie pret vir Laerskoolkinders.
Ons wil graag die kerke van die Metropool (en wyer) nooi
om hierin deel te neem en om in die verskeie aktiwiteite betrokke te wees.
* Ons het mense nodig om deel te vorm van die span wat die week organiseer.
* Gee asb name
van geskikte persone in jou gemeente, wat deel van hierdie span
kan wees, @ 8 Maart aan Rethie of Eugene.
* Bring die geleentheid asb onder julle
gemeente se aandag. Meer detail sal
binnekort volg.
* Vra asb julle gemeentes se gebedsbedieninge om vir die projek te bid.
Dankie vir jou samewerking!
Saam in diens van die Here.
Rethie van Niekerk (083
400 1556)
Eugene Malan (083 299 8100) Bo
Bertie van Egoli-faam innie Baai
Hennie Smit (Bertie van
Egoli) tree op 23 Maart 2007 om 19h00 op by Verkenner Laerskool in Linton Grange met "n Lag en Kuieraand".
U sal hom baie geniet!
Kaartjies is R40-00 (Volw.)
en R20-00 (o/16) met 'n ligte ete ingesluit OF R30-00 (Volw) en R15-00 (o/16) sonder 'n ete.
Verversings (Worsrolle, kerrievetkoek
/ sosaties / pannekoek / koffie / ens. sal vanaf 17:30 beskikbaar wees en daar
sal ook verskeie stalletjies wees vanaf 17:30 (o.a. juwele, klere spesiaal vir
die dames, lekker nat beskuit, ens....
Vir
kaartjies/navrae skakel: 0823458401 of 041
3605148 of 041 3601496 Bo
Piet Smit hou konsert by PE-Hoogland
Die
bekende gospel-sanger Piet Smit hou op Vrydagaand, 23
Maart om 19:00 ‘n gospelkonsert by die NG Kerk PE-Hoogland, hoek van Isobellaan
en Constanceweg, Charlo,
PE. Kaartjies kos R40 vir volwassenes en R20 vir skoliere. Skakel Riana by die
kerkkantoor, 041 367-1485 tussen 08:00 en 13:00 om te reël vir die afhaal van
jou kaartjies en betaling.
‘n Roetekaart na die kerkgebou is
op die web beskikbaar.
Al Piet se aanhangers, en hulle vriende is
welkom. Sien julle!
Die fondse is ten bate van PE-Hoogland se uitreikfonds. Bo
Preekbeurte / gesprekke
oor kerkhereniging
Die
Sinodale Kommissie wil graag toesien dat gemeentes volledig ingelig is oor kerkhereniging en dat lidmate se vrae beantwoord word. Die
lede van die moderatuur is getaak om preekbeurte
en/of gesprekke by gemeentes, wat so ‘n versoek rig, waar te neem. Rig gerig julle versoek aan my, en ek
kanaliseer dit na een van die moderatuurslede - die
een van julle keuse (Hansie, Chris, Schalk of Danie). Bo
As daar net 100 mense op
die aardbol was...
If we could shrink the
earth's population to a village of precisely 100 people, with all the existing
human ratios remaining the same, it would look something like the following.
There would be:
57 Asians
21 Europeans
14 from the Western Hemisphere, both north and south
8 would be Africans
52 would be female
48 would be male
70 would be non-white
30 would be white
70 would be non-Christian
30 would be Christian
89 would be heterosexual
11 would be homosexual
6 people would possess 59% of
the entire world's wealth and all 6 would be
from the United States.
80 would live in substandard housing
70 would be unable to read
50 would suffer from malnutrition
1 would be near death
1 would be near birth
1 (yes, only 1) would have a college education
1 would own a computer.
When one considers our world
from such a compressed perspective, the need for acceptance, understanding and
education becomes glaringly apparent.
And, therefore . . .
If you have food in the refrigerator, clothes on your back, a roof overhead and
a place to sleep ... you are richer than 75% of this world.
If you have money in the
bank, in your wallet, and spare change in a dish someplace ... you are among
the top 8% of the world's wealthy.
If you woke up this morning
with more health than illness ... you are more blessed than the million who
will not survive this week.
If you have never experienced
the danger of battle, the loneliness of imprisonment, the agony of torture, or
the pangs of starvation...you are ahead of 500 million people in the world.
If you can attend a church
meeting without fear of harassment, arrest,
torture, or death ... you are more blessed than three billion people in the
world.
If your parents are still
alive and still married ...you are very rare, even in the United States.
If you hold up your head with
a smile on your face and are truly thankful...you are blessed because the
majority can, but most do not.
If you can hold someone's
hand, hug them, or even touch them on the shoulder...you are blessed because
you can offer healing touch.
Skriba Sinodale Kommissie