OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 5 - Nommer 3 - 15
Februarie 2007 - www.ngkok.co.za
Roepingsretraite:
Opleiding van fasiliteerders
Opdatering:
Bosberade in Maart
Preekbeurte / gesprekke oor
kerkhereniging
Opdatering: Ontmoeting van
Ringskommissies te Cradock re kerkhereniging
Kerk en Rugbywêreldbekertoernooi in
Frankryk
Kerkhereniging: beskikbare materiaal
Wat is ‘n Brugpredikant? Brugpastoraat?
Wet op die bevordering van
toegang tot inligting
Algemene Sinode vergader van 4-7
Junie 2007 in Boksburg
Akkommodasie in die Skiereiland
Op die web: Sinodale Inligting en
Bronne
Sinodale Werkswinkel: Verdieping
van Spiritualiteit Retraite (12 tot 15 Maart 2007)
Onthou jou inskrywing vir die sinodale
werkswinkel oor verdiepte spiritualiteit!
Roepingsretraite: Opleiding van fasiliteerders
Met
die oog op Voortgessette Bedieningsopleiding
(VBO) het die VBO-Forum dit goed gedink om gedurende
2007 aan leraars die geleentheid te bied om Roepingsretraites
by te woon. Shepherd gaan in samewerking met BUVTON
en by name Dr Frederick Marais fasiliteerders oplei vir hierdie doel. Hierdie
is 'n unieke geleentheid en vind plaas vanaf 4 - 6 Maart by Menuah
in Bloemfontein. Sondag 4 Maart sal ons vanaf 17:00 registreer en Dinsdag 6
Maart om 12:00 vertrek. 'n Volledige program sal aan elkeen wat registreer
voorsien word. Die koste beloop R 680-00 wat alles insluit - ook Dr Coenie
Burger se boek "Ontmoetings met God". Hierby aangeheg 'n
registrasievorm. Daar is plek vir net 20 persone. Die sluitingsdatum is Maandag
26 Februarie.
Leraars / gemeentes moet hul eie koste dra.
Die registrasievorm
is op ons webblad beskikbaar. Faks dit na met bewys van betaling (sien bankbesonderhede op die vorm) na 086 642
8616. Bo
Opdatering: Bosberade in
Maart
Die
ontmoetings met predikante in Maart vind as volg op die volgende plekke en
datums plaas (let veral op die Cathcart:-byeenkoms:
|
Datum |
Ringe betrokke |
Plek |
Gemeente waar vergader |
|
6
Maart |
Algoa, PE, PE-Wes |
PE |
PE-Lorraine |
|
7
Maart |
Uitenhage,
Sondagsrivier, Humansdorp |
Uitenhage |
Uitenhage
De-Mist |
|
19
Maart |
Cradock,
Albanie, Graaff-Reinet |
Cradock |
Cradock-Oos |
|
20
Maart |
Queenstown,
Burgersdorp, Oos-Londen, Dordrecht |
Cathcart |
Buiteklub,
Gholfbaan (eerste
afdraai links van Queenstown se kant) |
Dit
beloof opbouende byeenkomste te wees. Ons gaan onder andere met mekaar oor die
ringe se ringsprojekte gesels, en luister na wat die
Here besig is om daardeur te doen. Daar is ook ‘n inset oor geloofsonderskeidende
kerkraads- en ander vergaderings (bv ses God-vrae in vergaderings en hoe om die bewegings van die
Heilige Gees tydens vergaderings te onderskei).
Dan, belangrik: die SK-Dagbestuur
het besluit om voorsitters van kerkrade
(waar dit lidmate is) ook na die bosberade uit te
nooi. Ons vertrou dit sal moontlik wees om hulle saam te bring - juis omdat
geloofsonderskeidende praktyke tydens vergaderings
aandag kry.
Die byeenkomste begin om 09:00 en duur nie
later as 16:00 nie. Bo
Preekbeurte / gesprekke oor
kerkhereniging
Die
Sinodale Kommissie wil graag toesien dat gemeentes volledig ingelig is oor kerkhereniging en dat lidmate se vrae beantwoord word. Die
lede van die moderatuur is getaak om preekbeurte
en/of gesprekke by gemeentes, wat so ‘n versoek rig, waar te neem. Rig gerig julle versoek aan my, en ek
kanaliseer dit na een van die moderatuurslede - die
een van julle keuse (Hansie, Chris, Schalk of Danie).
Opdatering: Ontmoeting van Ringskommissies te Cradock re kerkhereniging
Volledige
en finale kennisgewings is vandeesweek aan ringskribas
gestuur. Hierdie beloof ‘n merkwaardige byeenkoms te wees. Alle ringe moet
asseblief moeite doen om deur die ringskommissie en/of sekundi en/of ander
leraars verteenwoordig te word.
Kyk gerus na die volledige kennisgewing
en registrasievorm op die web. As jy
verblyf moet reël, kyk na die beskikbare gastehuise
Bo
Loerie Gospelfees
Die
van julle wat al op Loerie fees gehou het (nartjies!), weet daai klein dorpie
kan feesvier. Nou hou Loerie op 3 tot 4 Maart Gospelfees.
Die Saterdag tree kunstenaars soos Jan de Wet, Willie Joubert, Innes Benade en Jan de Wet op. Die
Sondagoggend, 4 Maart, lei Jan de Wet die erediens. Gemeentes moet asseblief
tog lidmate aanmoedig om ‘n draai by Loerie te maak vir die Gospeelfees.
Kyk hier na die feesbrosjure. Bo
Lady Slipper Plaasmark
Die
NG Kerk Vanstadensrivier, Ou Kaapweg,
St Albans, Port Elizabeth, bied elke Saterdag -
beginnende 17 Februarie - ‘n besondere plaasmark aan.
Tyd: 08:00 - 12:00.
Kontak Denise - 082 727 3 252 of 041-
7751407 vir meer inligting.
Hierdie
is ‘n unieke plaasmarkprojek aan voornemende
entrepreneurs om ‘n wyer gemeenskap te bedien. ‘n Keur van vrugte, groente, rooivleis,
pluimvee, suiwelprodukte, biltong/wors, tuisgebak en smul-lekker
eetgoed sal aangebied word.
Kom ondersteun die entrepreneurs! Kom koop jou vars produkte vir die week.Nog
stalletjies welkom! Bo
‘n
Kreatiewe twee-dag werkswinkel oor erediens,
prediking en musiek
Sprekers:
Theo Geyser, Annalise Wiid
en Schalk van Wyk
Datum:
Maandag 23 en Dinsdag 24 Julie 2007
Plek:
Bedford, Oos-Kaap
Koste:
Sal bevestig word
Sluitingsdatum
vir inskrywings: 9 Julie 2007
Ons
gaan kuier, gesels, sing, luister en droom.
Vir
meer inligting, kontak vir Rudi Swanepoel by 046 685
0062 of 084 581 9537. Bo
Kerk en Rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk
Corné du Plooy, Oos-Kapenaar en
predikant in Toulouse, Frankryk, skryf oor die gemeente se planne om met die
evangelie uit te reik tydens die komende Rugbywêreldbekertoernooi:
“Ons is opsoek na bekende rugbyspelers
wat bereid sal wees om tydens hierdie geleentheid in Toulouse op te tree. Indien enigeen kontakte het in hierdie
verband, laat ons gerus weet.
“Indien julle nog nie die datums ken nie, dis 7 September tot 20 Oktober.
“In Toulouse gaan ons ’n gesamentlike aksies met die ander kerke vir die
openingswedstryd en die finaal loots.
Elke kerk kan dan met die ander wedstryde maak wat hy wil. Ons sal self probeer om sekere wedstryde in
die kerk te vertoon – indien ons kan regkom met die uitsaairegte.”
Belangstellende kan gerus met Corné kontak maak. Bo
Kerkhereniging: beskikbare materiaal
Chris van Wyk skryf namens GDN:
Soek jy na materiaal wat jy kan gebruik in die kerkherenigingsproses?
Besoek GDN se webtuiste vandag nog by http://www.gemeentes.co.za en kliek op Kerkhereniging vir ‘n hele aantal
hulpmiddels en artikels. Die opleidingsdokument
Op reis van Opponente na Vennote vir
die onlangse vergadering van ringsverteenwoordigers
in die Wes- en Suid-Kaap is daar, die Achterberg verklaring, inligting
oor TIW se opleidingskursusse, hoe om
‘n Waarderende Ondersoek te loods, en
‘n klomp relevante artikels uit Kruisgewys en die onderskeie sinodes.
Indien jy self ‘n bydrae wil instuur vir plasing, doen dit gerus na chris@gemeentes.co.za . Terwyl jy daar is, kan jy ook
die weeklikse Powerpoint of Word aanbieding, Boekelys
of Luisterliedjie van die Seisoen van Luister aflaai!
Bestellings by Bybelmedia of 0860 26 33 42. Bo
Wat is ‘n Brugpredikant? Brugpastoraat?
Die woord “brugpredikant”en brugpastoraat”
word deesdae gereeld gehoor. Wat is dit? Dr Howard du
Toit van Hoe”veld-sinode verduidelik in hierdie
inligtingstuk:
Brugpredikante is ervare predikante wat
spesiaal opgelei is om gemeentes te help en te begelei om tydens ‘n predikantsvakature of trauma in die gemeente opnuut hulle
besondere roeping en taak te verstaan. Hulle word tydelik aangestel en is nie
beroepbaar in die betrokke gemeente nie. Hulle vervul die funksies van ‘n
predikant en help die gemeente om behoorlik afskeid te neem van die vorige
bedeling en hulle voor te berei vir ‘n nuwe fase. Dit kan beteken
‘n moontlike nuwe groeifase in die gemeente of om ‘n geskikte predikant te
beroep wat sal inpas in die behoeftes van die spesifieke gemeente.
Wanneer is ‘n Brugpredikant nodig?
* In ‘n sekere sin behoort
die meeste gemeentes tydens predikantsvakatures ‘n brugpredikant (BP) te betrek want die gemeentelike situasie
en omstandighede in die samelewing verander gedurig en soms baie vinnig. Na 3-5
jaar behoort elke gemeente opnuut sy bediening te evalueer en na sy unieke rol
en taak te kyk. Die situasie van gemeente-wees het
heelwat ingewikkelder en meer gevarieerd as tevore in ons tyd geword. Daarom is
dit meer wenslik dat gemeentes beter moet kyk en meer tyd moet gee om die regte
soort predikant te beroep wat in die spesifieke gemeente sal kan inpas. Hoeveel
skade en pyn kom daar nie as dit later blyk dat die verkeerde predikant beroep
is nie!
* Indien daar trauma in die
gemeente na vore gekom het soos die onverwagse sterwe van ‘n predikant of interne
konflikte in die kerkraad/gemeente. Gemeentes is emosionele sisteme en die
emosies moet hanteer word. Dit is baie beter indien die BP hieraan aandag kan
gee. Lidmate kan griewe hê oor wat die (‘n) vorige predikant gedoen
of miskien nie gedoen het nie.
* Na ‘n lang en “suksesvolle”
bediening van die vorige predikant kan dit ook baie nodig wees om ‘n tydsverloop te hê sodat die
gemeente sy identiteit kan herontdek los van die vorige leraar. As daar te gou beroep
word – so is deur navorsing bevind - dan word gewoonlik iemand gekies wat net
soos die vorige dominee is of reg die teenoorgestelde is. Nee, ‘n BP kan help dat weer gekyk
sal word na die bestaansdoel van die gemeente en gevra word waarheen die
gemeente op pad is.
* In ons tyd word opnuut
raakgesien dat die kerk moet uitreik na die gemeenskap. Die BP kan die gemeentes
lei en begelei om van ‘n na binne gerigte gemeente te groei na ‘n gemeente wat
sy taak ook in die wêreld sal verstaan en uitleef. Die 21ste eeu stel nuwe eise
aan die gemeentes..
Verskil tussen die Optrede
van ‘n Pastorale Hulp en Brugpredikant
* Die BP is spesiaal
opgelei om ‘n gemeente te begelei in ‘n oorgangstyd en aan al die fasette
daarvan aandag te gee – sien hierbo. Hy word net vir ‘n bepaalde tyd (9-12
maande) aangestel. Hy soek nie (heimlik) ‘n beroep nie want dit mag
nie. Dit moet in die kontrak ingevoeg word. Hy is slegs voorbereidend in die
gemeente om die grond voor te berei vir die saad van ‘n nuwe bediening wat in die
toekoms gesaai moet word.
* ‘n Pastorale hulp kan vir
‘n onbepaalde tyd aangestel word en hou meesal net die gemeente aan die gang
met die gewone predikantswerk. Meesal is daar nie ‘n bepaalde toekomsvisie
gestel nie, behalwe om te oorleef en die gemeente te onderhou.
Konsulent se Taak
Die konsulent van ‘n
gemeente kan tydens ‘n predikantsvakature slegs die noodsaaklikste
doen soos kerkraadsvergaderings te lei (waar nodig),
bevestiging van kerkraadslede, sakramente bedien, ens Maar hy het nog sy eie
gemeente en elke gemeente is deesdae baie veeleisend. Die BP kan egter sy volle
aandag aan die gemeente en sy belange gee.
Die BP is nie by die beroepingsproses van ‘n nuwe predikant betrokke
nie, dis die konsulent se taak om dit te hanteer. Die BP kan wel help met ‘n profieltekening
van die gemeente en daaruit voortvloeiend die profiel van die nuwe predikant
saam te stel.
Sinodale Rol
Tot sover Howard du Toit. Dit is duidelike dat ons hier in die
Oos-Kaap ook indringend sal moet kyk na hulp aan gemeentes wanneer vakatures ontstaan.
(Met dank aan Kruis en
Dwars) Bo
Wet op die bevordering van toegang tot
inligting
Die
DA, Jan Viljoen, verduidelik in ‘n brief
aan gemeentes volledig wat die implikasies van hierdie wet vir gemeentes
is. Hy het ook ‘n inventaris
van inligtingsbronne beskikbaar gestel vir gebruik deur gemeentes. Bo
Algemene Sinode vergader van 4-7 Junie 2007
in Boksburg
Die
Algemene Sinode vergader vanjaar van 4-7 Junie by die Birchwood
Konferensiesentrum in Boksburg, baie naby aan die OR Tambo
Lughawe. Die sentrum bied die ideale eilandsituasie
en kan die hele sinode huisves. Daar word dringend versoek dat alle
afgevaardigdes op die terrein slaap. Die akkommodasie is van hoë kwaliteit.
Volgens die nuwe stelsel van proporsionele
verteenwoordiging kan 36 Oos-Kapenaars die sinode
bywoon. Die afvaardiging is reeds saamgestel. Bo
Akkommodasie in die
Skiereiland
Vir Oos-Kapenaars is akkommodasie
dikwels ’n probleem as hulle mediese behandeling in die Kaap moet kry – of
noodsaaklike afsprake het wat oorbly noodsaaklik maak. Hier is ’n oplossing:
Straatwerk het ‘n veilige, billike akkommodasie beskikbaar by hul Hoofkantoor in die
Noordelike voorstede (20 km vanaf Kaapstad-middestad, naby Tygerberg en
Panorama Hospitaal). Moet jy iemand in die hospitaal kom besoek of dalk
‘n konferensie of kursus bywoon? Skakel Fourie Truter by (021) 930-8055. Bo
Op die web: Sinodale Inligting en Bronne
Lesers
van OosKaap eNuus is welkom
om ons sinodale webblad waarop inligting en brondokumente
vervat word, te besoek by www.ngkok.co.za.
Jy vind hier verskeie besluite van die Algemene Sinode en ander dokumente wat
dalk vir jou van belang mag wees.
Kyk veral na die kennisgewingbord (klik op
“Kennisgewingbord” onder die opskrif “Kortpad”) vir inskrywingsvorm en
inligting oor sinodale projekte. Jy kan ook riglyne vir ringsprojekte
en ander informasie iewers op die blad verkry.
Ons sinodale nuus word geplaas op die NG
Kerk se webblad by www.ngkerk.org.za. Bo
Sinodale
Werkswinkel: Verdieping van Spiritualiteit Retraite (12 tot 15 Maart 2007)
Inskrywings vir die sinodale
retraite vorder fluks. Dit vind by die luukse gastehuis / private wildplaas, Asante Sana, plaas.
Hier is die inligting weer:
Hoe kan my en my gemeente se spiritualiteit verdiep word?
Dr Willem Nicol en ds Deon Loots bied ‘n
retraite aan waarin ons saam ervaar en besin oor:
*
Gereformeerde Skrifmeditasie
* Gebed van
die hart
* Ervaring
van meditatiewe liturgiese vierings
*
Liggaamlike kant van spiritualiteit
* Die
geestelike reis
* Daaglikse
bewussyn.
Die retraite word op die private wildplaas, Asante Sana (voorheen
Petersburg), tussen Graaff-Reinet en Pearston aangebied. Die roete sluit 38 km
grondpad in (roetekaart ibeskikbaar) wat per motor
gery kan word. Kom met ‘n bakkie, indien moontlik, om die plaas te besigtig.
Die slaapplek te Asante Sana
is ou plaashuise en die kamers word meestal gedeel. Beddegoed word voorsien.
Bring asseblief jou eie handdoek saam.
Klik hier vir
meer inligting, asook die inskrywingsvorm. ‘n Roetekaart
is ook beskikbaar. Bo
A useless fact (with a twist)
about technology:
The US standard railroad
gauge (distance between the rails) is 4 feet 8.5 inches. That's an exceedingly
odd number.
Why was that gauge used?
Because that's the way they built them in England, and English expatriates
built the US railroads.
Why did the English build
them like that? Because the first rail lines were built by the same people who
built the pre-railroad tramways, and that's the gauge they used.
Why did 'they' use that gauge
then? Because the people who built the tramways used the same jigs and tools
that they used for building wagons, which used that wheel spacing.
Okay! Why did the wagons have
that particular odd wheel spacing? Well, if they tried to use any other
spacing, the wagon wheels would break on some of the old, long distance roads
in England, because that's the spacing of the wheel ruts.
So who built those old rutted
roads? The first long distance roads in Europe (and England) were built by
Imperial Rome for their legions. The roads have been used ever since. And the ruts? Roman war chariots first made the initial
ruts, which everyone else had to match for fear of destroying their wagon
wheels and wagons. Since the chariots were made for, or by Imperial Rome, they
were all alike in the matter of wheel spacing.
Thus, we have the answer to
the original question. The United States standard railroad gauge of 4 feet, 8.5
inches derives from the original specification for an Imperial Roman war
chariot.
Specifications and
bureaucracies live forever. So, the next time you are handed a specification
and wonder which horse's rear came up with it, you may be exactly right.
Because the Imperial Roman war chariots were made just wide enough to
accommodate the back ends of two war-horses.
And now, the
twist to the story...
There's an interesting
extension to the story about railroad gauges and horses' behinds. When we see a
Space Shuttle sitting on its launch pad, there are two big booster rockets
attached to the sides of the main fuel tank. These are solid rocket boosters,
or SRBs. Thiokol makes the SRBs
at their factory at Utah. The engineers who designed the SRBs
might have preferred to make them a bit fatter, but the SRBs
had to be shipped by train from the factory to the launch site. The railroad
line from the factory had to run through a tunnel in the mountains. The SRBs had to fit through that tunnel. The tunnel is slightly
wider than the railroad track, and the railroad track is about as wide as two horses behinds.
So, the major design feature
of what is arguably the world's most advanced transportation system was
determined by the width of a Horse's rear!
Think about it!