OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 5 - Nommer 1 - 29
Januarie 2007 - nuus@ngkooskaap.co.za
Sinodale Werkswinkel: Verdieping
van Spiritualiteit Retraite (12 tot 15 Maart 2007)
Kerkhereniging: Ontmoeting van Ringskommissies te
Cradock
NG Kerk reik verklaring oor geweldsituasie uit
Fasiliteerderskursus van Veritas College
Veritas College –Voorlegging in Port Elizabeth
Forum for Intercultural Ministries
2007 (FIM)
Studietoer na die VSA: 12 November - 14 Desember 2007 o.l.v.
Malan Nel
Kampplek Rondom Port Elizabeth gesoek
Kan jy
onverdraagsaamheid verdra?
Sinodale
Werkswinkel: Verdieping van Spiritualiteit Retraite (12 tot 15 Maart 2007)
Vanjaar se sinodale
werkswinkel word as retraite aangebied en is vir ‘n beperkte aantal persone
beskikbaar.
Hoe kan my en my gemeente se spiritualiteit verdiep word?
Dr Willem Nicol en ds Deon
Loots bied ‘n retraite aan waarin ons saam ervaar en besin oor:
* Gereformeerde
Skrifmeditasie
* Gebed van
die hart
* Ervaring
van meditatiewe liturgiese vierings
* Liggaamlike
kant van spiritualiteit
* Die
geestelike reis
* Daaglikse
bewussyn.
Die retraite word op die private wildplaas, Asante
Sana (voorheen Petersburg), tussen Graaff-Reinet en Pearston aangebied. Die
roete sluit 38 km grondpad in (roetekaart ibeskikbaar) wat per motor gery kan
word. Kom met ‘n bakkie, indien moontlik, om die plaas te besigtig. Die
slaapplek te Asante Sana is ou plaashuise en die kamers word meestal gedeel.
Beddegoed word voorsien. Bring asseblief jou eie handdoek saam.
Verwys na die aanhegsel vir volledige
inligting. Bo
Kerkhereniging: Ontmoeting
van Ringskommissies te Cradock
‘n
Vriendelike herinnering dat alle ringskommissies genooi word na ‘n byeenkoms
van die Familie van NG Kerke se ringskommissies in die Oos-Kaap. Die VGK het
sowat 15 leraars in die Oos-Kaap en hulle sal almal teenwoordig wees.
Die doel van die byeenkoms is
verhoudingsbou, saam luister na die luisterskap van die VGK Kaapland en NGK
Oos-Kaapland, en saam beplan aan praktiese maniere om kerkhereniging op
grondvlak vorentoe te neem in die Oos-Kaap. Dr Alan Boesak ds Lukas Plaatjie,
moderator en assessor van die VGK-Kaapland en ds Hansie Schutte en dr Chris van
Wyk, hul eweknieë in die Oos-Kaap, sal insette lewer.
Ringskommissies het reeds kennis ontvang.
Dink asb in jul voorbidding aan hierdie belangrike byeenkoms. Bo
Dr Thys Smith van die
Algemene Sinodale Taakspan vir grondeise het die jongste vergadering van die
Sinodale Kommissie toegelig oor die situasie rondom grondeise. Arnold van der
Westhuizen het dr Smith se voordrag aan die hand van die volgende vier punte
opgesom:
Hoekom praat die kerk oor
die saak?
Vir die doel van die
gesprek word met "kerk" verwys na die kerk in Suid-Afrika en nie net
die NG Kerk in die besonder nie.
Daar is baie onkunde in die
breë gemeenskap oor die hele saak van grondhervorming.
Die kerk het ook eiendomme
en daar is ook eise teen kerkgrond ingestel.
Die meerderheid van kommersiële
boere in SA is lidmate van die kerk – die kerk het dus taak om lidmate
pastoraal te begelei en te ondersteun in hierdie die hele saak.
Hoë konflik-potensiaal in
die groter gemeenskap en ook in kerk.
Grondhervorming het egter ook 'n baie groot versoeningspotensiaal.
Profetiese rol van die kerk
– Die Bybel is baie aktueel vanuit die Ou Testament oor die betekenis van grond
(vgl verhaal van Nabot se wingerd). Die
mens is rentmeesters van God se grond.
Wat is grondhervorming?
"Grondhervorming"
gaan oor:
'n Wanbalans van grondbesit
wat deur die nuwe regering aangespreek word (30% van landbougrond moet teen
2014 in besit van swart boere wees);
restitusie van grond wat
onteien is;
'n sekerheid van verblyfreg
wat gevestig moet word.
Wat is die NG Kerk se
standpunt?
Die AS 2002 het 'n besluit
geneem met 9 riglyne – 'n beginselbesluit met 8 praktiese riglyne vir die
uitvoering van hierdie proses van grondhervorming.
Wat kan die kerk prakties
doen?
Die kerk moet ingelig wees
– veral diegene in landelike gebiede.
Die landbougemeenskap moet
in gebed gedra word – hulle is onder groot druk.
Die kerk moet voortgaan om
oor gesindhede leiding te gee en baie hard werk aan die bou van
verhoudinge. Vertroue moet herstel word.
Die kerk kan dalk meer
bemiddelende rolle speel – met nederigheid en beskeidenheid – veral in gebiede waarin
daar nie goeie kommunikasie is nie.
Die kerk het die uitdaging
om te help met die vestiging van suksesverhale om die negatiewe stroom teen te
werk.
Die kerk moet hoop gee en
hoop by mense skep. Ware hoop en nie
valse hoop nie – dit kan slegs die Evangelie van Christus bring.
Taakspan vir Grondhervorming
Die Algemene Sinode het ‘n
taakspan rondom grondeise saamgestel. Die Sinodale Kommissie het broer IJ van
der Merwe (Prim) en oudl L Theron (Sek) aangewys om die Sinode by die taakspan te
verteenwoordig. Bo
NG Kerk reik verklaring oor
geweldsituasie uit
Die
moderatuur van die NG Kerk het by afgelope vergadering met diepe kommer kennis
geneem van die geweldsituasie in ons Suid-Afrika wat net nie beter word nie.
Ons het met nog groter kommer kennis geneem van groeiende vlakke van
moedeloosheid, frustrasie, en dreigende teen-geweld. Dit is veral in dié lig
dat ons hierdie verklaring uitreik.
Wanneer die NGK in die verklaring op
bepaalde probleme in ons samelewing wys, is dit omdat ons omgee vir hierdie
land en al sy mense. Ons sê dit eksplisiet omdat verklaring oor geweld in die
verlede met verwyte van dislojaliteit aan die land beantwoord is. Ons kerk is
hier in Suider-Afrika solank as die Here wil, om te bly. Ons het onsself reeds
by herhaling tot Suider-Afrika en tot die kontinent verbind.
Ons is ook nie kritikasters wat heeltyd
negatief is en probeer foutvind nie. Ons het sedert 1990 baie moeite gedoen om
ons mense positief te stem oor die land en hulle aan te moedig om konstruktief
mee te werk aan die welsyn van ons land en al sy mense. Waar enigsins moontlik
werk ons saam met die regering en ander organisasies – tot so `n mate dat die
leierskap al meermale daaroor gekritiseer is.
Ons is bewus van die groot probleme van ons
land en is dankbaar om te kan sê dat daar letterlik honderde diensprojekte in
die land aan die gang is wat vanuit plaaslike NGK gemeentes bedryf word. Ons
kerkgemeenskap is egter weer `n keer die afgelope paar maande intens geskok
deur die vlaag van geweldadige misdaad in SA wat net nie einde kry nie. Boere
en werkers op plase ontgeld dit en voel weerloos uitgelewer aan vyandige
elemente. In ons stede en townships word onskuldige mense – ryk en arm, swart
en wit – se lewens en geluk verwoes deur sinnelose dade van misdadige geweld.
Dit is inderdaad moontlik om op pad winkel toe, beroof en selfs geskiet te
word. Mense voel nie veilig nie en glo nie meer dat die polisie in staat is om
hulle te help in gevaarlike en doodsbedreigende situasies nie.
Wat ons amper nog meer bekommer is `n gees
van negatiwiteit, onverskilligheid en wrewel wat by mense aan die opbou is.
Mense begin hoop opgee omdat dit vir hulle voel dat die situasie buite orde
geraak het en daar geen werklike wil is om dit reg te kry nie. Ons begin ook
hoor van mense wat dreig om die wet in eie hande te neem. Vir ons is dit `n
bron van diepe besorgdheid waaroor ons moet praat.
Ons sien `n paar probleme. Die belangrikste
na ons mening, is die huiwering van die regering om hulself ondubbelsinnig en
toegespits te verbind aan die beswering van geweld en misdadigheid in al sy
vorms. Daar word gemengde boodskappe gestuur (waarvan die onlangse uitlatings
van die president `n voorbeeld is) wat die gemeenskap frustreer en moedeloos
maak.
Verder het ` n reeks voorvalle die vertroue
van die publiek in die leierskap van die polisie ondergrawe. Die oënskynlike
beskerming van `n hooggeplaaste wat die sekuriteit en veiligheid van `n
metroraad bestuur en die bevoorregting van gesiene ANC figure in tronke laat
mense twyfel aan die regering se sin vir billikheid en regverdigheid teenoor
almal.
Verder is daar ‘n laksheid en
oneffektiwiteit in sommige afdelings van die polisie wat net onaanvaarbaar is.
Ons weet dat dit soms met `n gebrek aan toerusting te doen het en is ons
dankbaar vir baie lede van die polisiemag wat hulle eie lewens dag vir dag waag
en onvermoeid werk aan die bekamping van geweld en misdaad. Ons doen `n beroep
op die regering om deur doelgerigte, sterk optrede t.o.v. geweld en misdaad dit
vir mense moontlik te maak om in die land se potensiaal te bly glo, om energie
en geld hier te bly belê en `n toekoms vir elke kind in die land te help
bewerk.
Wanneer die regering die voorbeeldigheid
van leiers ernstig neem, enige sweem van korrupsie ten sterkste veroordeel en
aan die kaak stel en onmiddellik met `n geloofwaardige en suksesvolle strategie
kom om misdaad te beperk, sal die vertroue in die regering herstel word en kan
al die sektore van die gemeenskap vrywillig en toegewyd werk aan `n Suid-Afrika
wat vir ons almal dierbaar en waarin ons graag vreedsaam wil woon.
Ons meen ook dat die tyd nou ryp is vir die
samestelling van `n sterk, gedepolitiseerde alliansie uit die burgerlike
samelewing om die polisie te begelei, te adviseer, en by te staan in hulle
taak. Ons bid, soos wat dit gelowiges betaam, voortdurend vir die regering en
spesiaal vir die polisie en is bewus van hulle haas onmoontlike taak. Maar ons
is daarom ook verplig om, wanneer dit nodig is, ons profetiese stem te laat
hoor.
(Januarie
2007) Bo
Fasiliteerderskursus van Veritas
College
Veritas
College bied vanaf Dinsdag 6 Februarie tot Donderdag 8 Februarie 2007 ’n fasiliteerderskursus vir leraars en
kerkleiers in die kerksaal van die NG Gemeente Cradock-Oos aan. Die doel
van die 3 dae kursus is om kerkleiers bekend te stel met die materiaal van Veritas College, en toe te rus om self as fasiliteerders die
kursus in gemeentes aan te bied.
Die kursus is ‘n leierskap-opleidings kursus en
is uitnemend geskik om leraars te help om nuwe leiers in gemeentes te kweek. Dit is verder ook gemik
op evangelisasie en gemeente-groei, en sal leraars instaat stel om
doelgerig gemeentes op te bou.
Die kursus sal aangebied word deur die
besturende direkteur van Veritas College in SA, Ds. Ivan Skinner van Stellenbosch. Die kursus word in die oggend en
middag aangebied, en sluit middagete in. Dit alles, ingeslote die
kursus-materiaal en opleiding en etes, kos R450 per persoon.
Indien u belangstel om die kursus by te
woon kan u skakel met Ds. Riaan Terblanche van Veritas College in Cradock by
048-8812404 of by 082-7734684. Bo
Veritas College –Voorlegging in Port
Elizabeth
Veritas
College bied DV op Saterdag-oggend 10
Februarie 2007 ‘n voorlegging van sy leierskapsopleidings-kursus in die VGK
Gemeente Bloemendal aan.
By hierdie voorlegging sal Ds. Ivan
Skinner, besturende direkteur van Veritas College, saam met Ds. Riaan
Terblanche van Veritas College in Cradock, vir leraars en kerkraadslede inligting deurgee oor wat die leierskapsopleiding
behels, en hoe dit die groeipotensiaal
van gemeentes kan ontwikkel.
Die opleiding duur vanaf 8vm to 12 vm. Leraars en ouderlinge van alle gemeentes is hartlik welkom om dit by te woon.
Indien u belangstel kan u kontak met Ds.
Riaan Terblanche by 082-7734684 of Ds. Andrew Fransman by 082-6956518. Bo
Forum for
Intercultural Ministries 2007 (FIM)
From 5-8 February 2007 the Forum for
Intercultural Ministries will convene at Achterberg, Gauteng. This
conference intends to serve congregations with intercultural ministries in the
DRC.
With a
brand new name and vision, as well as some new participants we look forward to
a very interesting and fruitful meeting. We also encourage you to invite other
congregations with intercultural ministries, as well as those who are on the
brink of initiating such ministries to join us in the forum.
For those who can’t attend for the
whole week, there is also a one-day seminar on Tuesday the 6th (09:00-16:00),
titled “Intercultural ministries in the dawn of church reunification”. We have
some exciting and interesting speakers for the open day, being amongst others
dr. Gustav Gous, a well known motivational speaker, and Mike Hendricks, for
years now a member of the forum and an expert in Diversity Training.
The cost per delegate per
congregation will be R900-00 per person for the whole week (accommodation and
meals included), whilst those attending the open day only will pay R120 (lunch,
tea and administration fees included).
Those who are planning to attend,
must please give an indication to Ryk Brink (rykbrink@telkomsa.net), or
André Agenbag (agenbag@global.co.za) or
Johannes Wessels (moruti@botsnet.bw) as soon as
possible, preferably before the 25th of January. We will then provide you with
the finalized program, as well as the full accommodation arrangements and fees
payable.
Those needing transport to and from
the airport or bus terminus must please notify André Agenbach about your
planned times of arrival and departure in order to organise transport for you.
Entry fees must be paid into the
following bank account:
ANDREW MURRAY CONGREGATION
ACC NR: 2930140115
BRANCH: 632-005 Bo
Studietoer na die VSA: 12
November - 14 Desember 2007 o.l.v. Malan Nel
Prof Malan
Nel: Kan
ons iets by gemeentes in die VSA leer? Ek antwoord hierdie vraag sedert 1986
toe die eerste studietoer met 49 predikante begin het. Hierdie is nommer 8 en
ek is oortuig dat dit een van die rykste ervarings van jou bediening kan wees -
soos vir die meeste wat al op so 'n studietoer was.
Besoeke aan: 21 plaaslike gemeentes
(waarvan ek van die meeste hulle bediening vir 25 jaar en meer monitor) met
insette van hulle leiers, 6 Teologiese Seminaria met insette en perspektiewe
van 14 teologiese leiers in hulle vakgebiede en byna daaglikse evaluering
en gesprekke as toergroep…kan mos niemand
onaangeraak laat nie. Ek is oortuig dat die
breë en gebalanseerde blootstelling nodig is wanneer iemand die VSA besoek.
Eensydigheid in daardie groot land is nie moeilik nie. Vir meer inligting
kontak Malan Nel by m.mcnel@mwebbiz.co.za. Bo
2007 – Groot
Uitdagings!!
Wat ’n wonderlike voorreg het ons om ’n nuwe jaar
met baie uitdagings te kan begin. Ons kyk doelgerig en dankbaar na die toekoms.
Ons is die draers van die boodskap van hoop in ’n deurmekaar wêreld … vanjaar
gaan baie mense na jou opkyk om die boodskap van hoop in hulle leefwêreld
verstaanbaar te help maak. Sterkte daarvoor!
NGTT:
Toelogiese hulp vir elke predikant
Die September/Desember-uitgawe van die NGTT met 39
aktuele, wetenskaplike en teologiese artikels het in Desember 2006 verskyn.
Bybel-Media ondersteun die projek sodat elke leraar die twee uitgawes per jaar teen die nominale bedrag van R95,00 kan
bekom. Stuur jou inligting aan danny@bmedia.co.za
om in te teken.
Bestellings vir 2007-Jaarboek
Het jou
gemeente al 'n bestelling vir die 2007-uitgawe van die Jaarboek
van die NG Kerke geplaas? Skakel Esther van
Biljon vandag nog by 0860 26 33 42 om die Jaarboek
2007 teen R154,50 (boek) of op CD te
bestel. Die Jaarboek is 'n
onontbeerlike hulpmiddel vir kerkkantore en leraars in die uitvoering van hulle
dagtaak en hulle kommunikasie met ampsdraers en gemeentes in die NG
Kerkfamilie.
Kategesemateriaal: Jy kan nog bestel!
Alle
gemeentes het reeds Jeugfokus se katalogus vir 2007 ontvang wat ‘n wye
verskeidenheid produkte vir kategese en jeugbyeenkomste bevat. Ons vestig
kategete se aandag op Susan Fourie se “Lesse wat leef” vir graad 1 tot 6 en
haar “Tienertoppix”-reeks vir graad 7’s. Bestel enige produk of vra vir meer inligting
by 0860 26 33 42 (of 0860 BMEDIA).
Internet-aankope
met Kredietkaart nóú aktief
Met die gerief van die internet en jou kredietkaart
kan alle produkte wat op Bybel-Media webwerf te koop is, bestel en dadelik met
jou kredietkaart betaal word. Dié diens is nou geaktiveer en nou is inkopies by
Bybel-Media ’n vreugde.
Inligting,
Navrae en Diensverskaffing:
Méér inligting op tuisblad: www.bmedia.co.za
Alle bestellings van DVD’s, CD’s, boeke,
kommentare, kategesemateriaal, katalogi en inligting kan op volgende maniere
gedoen word:
* Skakel
0860 26 33 42 (of 0860 BMEDIA) óf
* e-pos
bestelling en jou kontakbesonderhede na: bestel@bmedia.co.za
Mag 2007 ‘n jaar wees wat jy altyd wil onthou.
Hans Steyn
Hoof: Departement Ontwikkeling
E-pos: hans@bmedia.co.za Tel. 021 864 8223 Bo
Kampplek Rondom
Port Elizabeth gesoek
Nelllie Westraadt van die sinodale kantoor vertel hoe dikwels sy
navrae uit gemeentes en van jeugaksies ontvang oor plekke rondom Port Elizabeth
en omgewing waar gekamp kan word - met kleiner en groter groepe. Dit laar haar
vra: weet jy dalk van iemand wat ‘n strandhuis, plaashuis, lapa of self skuur met
toiletgeriewe beskikbaar het. Soms vir ‘n naweek of ander keer net om vir ‘n
dag bymekaar te kom vir beplanning sonder om oor te slaap. Dit kan wissel van
gesofistikeerd tot baie basies - soms wil mense net ‘n dak oor hulle kop in die
veld hê, ander kere darem bietjie meer gerief.
Dalk is daar mense wat die beskikbaarstel
van ‘n his of ander fasiliteit as deelneem aan ‘n bediening sien. Wil julle nie
bietjie so ‘n versoek vanaf die kansel rig nie? Dan kyk ons watter inligting
kan ons bekom! Bo
Kan
jy onverdraagsaamheid verdra?
Johannes
de Villiers, in Repliek; Burger, 13.01.2007
VERLEDE
jaar is ’n seminaar in die Wes-Kaap oor godsdienstige fundamentalisme
aangebied. Verteenwoordigers van verskillende godsdienste is uitgenooi om
lesings oor die gevaar van fundamentalisme binne hul onderskeie
geloofstradisies – oftewel die gevaar van ekstremistiese, anti-modernistiese en
dikwels onverdraagsame strominge – te lewer. Besorgde Christenteoloë het
lesings oor die toename van fundamentaliste in hul midde gelewer. “Ons is nie
almal so nie,” het hulle gesê.
Jode het vertel dat daar ál meer
onverdraagsaamheid onder sekere Joodse groepe voorkom en dit bekommer hulle.
Ook ’n verteenwoordiger van tradisionele Afrika-godsdiens het vertel dat hulle
soms met fundamentaliste te make het, iets waaroor die gematigdes in hul
tradisie bekommerd is.
Daar was ook Moslemsprekers.
Fundamentalisme neem baie vorme in die Moslem- wêreld aan, het hulle gesê. Daar
is mense wat geweld aanstig, wat burgerlike vryhede teenstaan en selfs
terroriste wat in die naam van Islam optree. Maar, het een as ’n bygedagte
bygevoeg, mens moet onthou dat selfmoord bomaanvallers in Palestina eintlik
martelaars is wat vir die vryheid van Palestina baklei. ...
As “gematigdes” in ’n godsdiens eers na
terroriste as “martelaars” begin verwys, staan daardie geloof, om die minste te
sê, voor ’n stel spesiale uitdagings. Islam se unieke probleem vandag is nie
ekstremiste nie, almal het daardie probleem. Islam se unieke probleem is ’n
hoofstroom wat hom nie genoegsaam teen ekstremisme verset nie. ...
Fundamentalisme kom inderdaad oral voor, maar word ongelukkig nie oral luid
genoeg veroordeel nie. “Islam se unieke probleem tans is nie ekstremiste nie,
almal het daardie probleem. Islam se unieke probleem is ’n hoofstroom wat hom
nie genoegsaam teen ekstremisme verset nie.” Bo
Five Englishmen in an Audi
Quattro arrive at the Italian border. The Italian Customs agent stops them and
tells them: "Itsa illegal to putta fiva people ina Quattro."
"What do you mean it's
illegal?" asked the Englishmen.
"Quattro means
four," replies the Italian official.
"Quattro is just the
name of the automobile," the Englishmen retorted disbelievingly.
"Look at the papers:
this car is designed to carry 5 persons."
"You can'ta pulla thata
one ona me," replies the Italian customs agent. "Quattro means four.
You hava fiva people ina your car and you are therefore breakin'a the
law".
The Englishmen replies
angrily, "You idiot! Call your supervisor over – I want to speak to
someone with more intelligence!"
"Sorry," responds
the Italian official, "he can'ta come. He's a busy with two guys in a Uno." Bo
Hier
is nou goeie raad vir diegene wat van vlieg hou:
* If you
push the stick forward, the houses get bigger. If you pull the stick back the
houses get smaller -- that is unless you keep pulling the stick all the way
back, then they get bigger again.
* Every
takeoff is optional, every landing is mandatory.
* Flying
isn't dangerous. Crashing is dangerous.
* It's
always better to be down here wishing you were up there, than be up there
wishing you were down here.
* The
propeller is just a big fan in front of the plane that keeps the pilot cool.
When it stops, you can actually see the pilot start to sweat.
* Always
try to keep the number of landings equal to the number of takeoffs.
* There
are three simple rules to a smooth landing. But no one seems to know what they
are.
* Good
judgement comes from experience. Unfortunately, experience comes from bad
judgement.
* Helicopters
can't fly; they are just so ugly the earth repels them.
* In the
ongoing battle between frail aluminum objects going hundreds of miles per hour
and the ground going zero miles per hour, the ground has yet to lose.
* It's
always a good idea to keep the pointy end of the plane going forward as much as
possible.