OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4 - Nommer 11 - 1
Desember 2006 - nuus@ngkooskaap.co.za
Wanneer ‘n kind jou dankbaar in
die oë kyk...
Toerusting van lidmaat-leiers
om onder kerklike toesig bedieningshulp te verleen
Sinodale Pos: Direkteur
Kommunikasie en Begeleiding
Jeffreysbaai se eie drie tenore
Stand van die gesprek oor
kerkhereniging
Die Anglikaanse Leraar van
Bagdad vertel
Godsdiens-aktueel:
Kerk moet veg vir vroue, kinders
HIV en VIGS - Wêreldraad van Kerke vra vir algemene toegang tot
behandeling
Woordwyser Bybelleesprogram
vir 2007 nou beskikbaar
Our Father who
does art in heaven…
WD Jonker Gedenklesing
Lees
prof Flip Theron se
besondere voordrag tydens die eerste WD Jonker gedenklesing.
Klik hier
om die artikel te lees. Bo
Die
onderwerpe vir die Week van Gebed 2007 is op die web beskikbaar. Lees hieronder
in die mededeling van Bybel-Media meer hieroor.
Intussen kan jy hierdie skakel vir die volledig-uitgewerkte
onderwerpe
klik. Bo
Wanneer ‘n kind jou dankbaar in die oë kyk...
Ds Barnie Olivier van die Evangelies-Gereformeerde
Kerk te Willowmore skryf:
As hanteerder van die sopkombuis by ons
kerk, is dit vir my 'n groot voorreg om u sekere inligting te kan gee, ek gee
gereeld kwartaalliks 'n verslag aan ons plaaslike NG Kerk deurdat hulle ook by
die projek betrokke is, inteendeel is dit 'n interkerklike projek, wat ek dan
hanteer.
Met hierdie projek het ons werklik begin
besef hoe arm ons gemeenskap werklik is en met die uitdeel van die sop kan ons
net getuig van absolute dankbaarheid wanneer 'n kind jou in die oë kyk en net
sê dankie dominee vir die sop.
Van die onderwyseresse het al ook hulle
dank kom uitspreek vir dit wat ons as kerke ook bereid is om te doen, asook
wanneer ouers 'n mens stop langs die pad en net dankie sê dat daar na hulle
kinders omgesien word, dan bemoedig dit my net weereens om aan te hou met die
projek. Ons wou al op 'n stadium ophou met die projek omdat dit so groot begin
word het. Ons gee op hierdie stadium vir ±540 kinders twee keer per week sop,
so u kan sien dat dit nogal baie is. Waar ons werklik net vir 350 kinders kan
sop gee.
Maar deur die genade van die Here kan ons
aangaan en is ons al vir die laaste 5 jaar daarmee besig, die Here het nog
altyd fondse beskikbaar gestel, of sopbene of vleis of wat ook al ons kry
redelike hulp vanuit die gemeenskap, besighede en boere.
Hiermee wil ons dan ook net weereens vir
die NG. Kerk baie dankie sê vir hulle aandeel ook in hierdie verband.
Sonder u hulp sou ons al lankal moes stop. nogmaals baie dankie.
Namens
die Leraars kring van Willowmore. NG Kerk, Frank Coulson
Memorial Congregasional
kerk, VGK, CVK. en die EGK.
Ds.
A.B.Olivier Evangelies-Gereformeerde Kerk
Willowmore. Bo
Toerusting
van lidmaat-leiers om onder kerklike toesig bedieningshulp
te verleen
In
die vorige uitgawe van OosKaap eNuus
het ons van hierdie opwindende verwikkeling vertel. Dit behels die toerusting
van goedgekeurde lidmaatleiers in gemeentebou,
en pastorale sorg en/of prediking om op hierdie terreine (prediking en
pastorale sorg) bedieningshulp in gemeentes te
verleen. Klik
hier vir volledige inligting.
Intussen is meer gedetailleerde datums vir die toerusting van die
opleiers (predikante, soos aangewys deur ringe) deur prof Malan Nel beskikbaar
gestel:
Gemeentebou:
Week 1: 26 Febr -
01 Maart 2007.
Week 2: 25 - 28 Junie 2007.
Prediking:
Week 1: 26 - 29
Maart 2007
Week 2: 16 - 19 Julie 2007
Pastorale sorg:
Hierdie opleiding
word deur 'n ander dosent as prof Nel aangebied. Die datums sal later
aangekondig word.
Let wel: Hierdie datums vervang die
wat voorheen gekommunikeer is.
* Maak ‘n knoop in jou oor: hierdie sal
vorentoe een van die mees betekenisvolle aksies in ons sinodale gebied blyk te
wees. Bo
Sinodale Pos: Direkteur
Kommunikasie en Begeleiding
Die
Sinodale Kommissie het op 23 November 2006 die pos vir ‘n Direkteur Sinodale
Kommunikasie en Begeleiding goedgekeur. Die gedagte aan so ‘n pos het gegroei
uit personeelbeplanning deur die SK-Dagbestuur
onder leiding van Johan Kotze, fasiliteerder van Buvton. Bo
Jeffreysbaai se eie drie
tenore
Lettie
de Kock van die NG Kerk Jeffreysbaai skryf:
Musiekliefhebbers
kan uitsien na ‘n feesseisoen vol pret en vermaak. Baie kunstenaars wat in
Jeffreysbaai in draai maak is reeds aangekondig.
Die
jongste toevoeging tot die lys is ONS EIE DRIE TENORE wat Woensdag 20 Desember
2006 om 19:00 Kompleks, H/V Torchwood en Olienhoutstraat, van die NG Gemeente
Jeffreysbaai optree
Phillip
Kotze, Chris Coetzer en Du
Preez Stoltz maak tans die sanggroep uit en sing
reeds sedert 2004 die land an die brand.
Phillip
Kotse het so onlangs as 2005 hier saam met sy vrou
Ella opgetree en het musiekliefhebbers in vervoering gehad met hul optrede,
Phillip is ook die langs singende lid van die groep en is reeds sedert
1997 by die groep betrokke. Chris Coetzer en Phillip
en Jannie Moolman het saam opgetree tot 2004 en na
Jannie die groep verlaat het het Du Preez Stoltz lid van die trio geword.
Al
drie sangers tree ook as soliste op wanneer die geleentheid hom voordoen.
Toegang
is slegs R40.00 per persoon en gebeur dit nie dikwels dat sulke gehalte
kunstenaars teen so min gehoor kan word nie – voorwaar ‘n geleentheid om nie
mis te loop nie.
Navrae: Gideon Rossouw 042 296
2459 / Johann Reichert 084 208 6202 Bo
Stand van die gesprek oor kerkhereniging
Mens
kan jouself glad nie op hoogte van die gesprek oor kerkhereniging
ag as jy nie die jongste Kerkbode (24 November) gelees het nie. ‘n Baie werklikheidsgetroue beeld oor die verskillende menings word
weergegee. Daar word ook belangrike inligting met die oog op Wêreld-Vigsdag (1 Desember) gegee.
Ek moet sê Kerkbode slaag uitmuntend daarin
om werklik ‘n gespreksforum te wees vir lidmate en kerkleiers van allerlei
oortuigings. Dit is ‘n ruimte waarbinne mense met wyduiteenlopende
standpunte mekaar kan ontmoet, leer ken, verstaan en waardeer.
Teken gerus in. Jy kan natuurlik ook
Kerkbode op die web besoek. Bo
Die Anglikaanse Leraar van Bagdad vertel
Tydens
‘n konferensie wat ek verlede week bevoorreg was om in Londen by te woon,
vertel die Anglikaanse leraar van die St George’s
gemeente in Bagdad, Andrew White, hoe die hele leke-leierskap van die gemeente vermoedelik doodgemaak is.
Volgens berigte wat hy ontvang het, is hulle op 13 September aangeval op die
gevaarlike pad tussen die Irakse stede Ramadi en Falluja en het toe vermis geraak. Die groep het teruggekeer
van ‘n opleidingsessie wat hulle met die oog op ‘n evangelisasieprojek aangebied het.
Dit is inderdaad gevaarlik om ‘n Irakese
Christen te wees. Veral die area rondom Ramadi en Falluja waar die groep waarskynlik ontvoer of gedood is.
Aangesien geen versoek om ‘n losprys ontvang is nie, skakel dit waarskynlik die
moontlikheid van ontvoering uit, sê White.
Hy dink dikwels aan die saddest evangelist in die hele Bybel, Jona, wat
sy bekeringsboodskap in hierdie deel van die wêreld
gebring het. En hoe effektief die kortste bekeringsboodskap
ooit destyds ontvang is. Mense het in stringe tot bekering gekom en die ramp in
Nineve is afgeweer. Te midde van die hedendaagse
verwoesting in hierdie landstreek sou mens wat wou gee om die heling van die
evangelie oral te sien posvat. ‘n Draai na die Here en die soeke na sy vrede.
Ja, wat hom dikwels staande hou, lag hy goedig, maar met dodelike erns, is die
feit dat die Seun van die Mens, Jesus, vir die eerste keer in die omstreke van
Irak aan die profeet Daniël verskyn het. Dis lank voordat Hy in Betlehem in die
krip sy opwagting gemaak het - iets wat sy Joods-Palestynse
kollegas maar swaar sluk. Die aanskoue van Jesus op die troon, Een soos die
Seun van die Mens, soos Daniël dit reeds beskryf, dit is vandag nog die krag en
hoop wat hom soggens kan laat opstaan.
White vertel
hoeveel openheid daar vir die evangelie in Irak is. Die swaarkry en intense
spanning skep die behoefte om die boodskap van Jesus Christus te ondersoek.
Maar die besluit om Jesus te volg, is vir Irakese eintlik ‘n keuse tussen lewe
en dood. Ook onder die soldate van die Westerse alliansie is daar ‘n diep
geestelike honger. White vertel hoedat die weeklikse
eredienste net langer en langer word. “Toe dit na vyf ure se kant toe staan,
toe gee ek op, Ek kan nie meer nie. Maar die erediensgangers
hou weekliks net op hulle eie aan - hulle sing, bid, vrae vra, ondersteun
mekaar, en gaan net nie huis toe nie. As jy in gedagte hou dat dit tot 3 ure
kan neem om by die kerk te kom, deur al die kontrolepunte,
kan jy mense ook nie kwalik neem nie.” “En ja, in die erediens” - so getuig hy
- “aanskou ons die Seun van die Mens en word sy teenwoordigheid vir ons ‘n besondere
werklikheid. Jesus is daar en Hy werk onder ons en met ons.”
Naas sy gemeentelike bediening is White ook die uitvoerende leier van die Foundation for Reconciliation
in the Middle-East (FRME),
‘n organisasie wat hom beywer om mee te werk aan die komplekse soeke na vrede
in Irak, Israel en Palestina. Volgens hom het die Oslo-vredesproses
in die Midde-Ooste misluk omdat dit volledig op sekulêre beginsels gebaseer
was. Die Midde-Ooste is ‘n intense religieuse deel van die wêreld. Hoe kan jy sekulêr
oor Jerusalem ooreenkomste wil sluit asof heilige plekke nie polities van
belang is nie, vra hy retories? FRME werk hard daaraan om godsdiens in die vredesproses tot sy reg te laat kom. Hy dink glad nie ‘n tipiese
Westerse demokrasie sal in die Midde-Ooste slaag nie, hoewel demokratisering in
‘n eiesoortige gestalte vir die streek belangrik is.
Andrew White is
‘n groot man - lank, breë skouers, nr 16 skoene, reuse hande, in sy vroeë veertigs. En tog dra hy ook gebrokenheid in sy eie liggaam
rond. Spierdistrofie beteken dat die kierie altyd byderhand is, en hy was al
telkens weens uitputting en aftakeling gehospitaliseer. Miskien is dit wat hom
so vreesloos, dapper en doodsveragtend laat optree - sy minagting van
persoonlike veiligheid in die soeke na vrede het hom al die hoogste toekenning
vir dapperheid van die koalisielande besorg. Andrew White weet immers: daar is nie baie tyd nie. Bo
Tydens
dieselfde Londense konferensie vertel ‘n groepie Christene van Libanon hoe dit
met die evangelie in hulle land gaan. Die bekommernis staan behoorlik afgeteken
op hulle gesigte: net die vorige dag is ‘n lid van die Libanese kabinet in ‘n sluipmoordaanval gedood. Hulle hou ‘n koerant omhoog waarin
groot letters op die voorblad die moontlikheid van ‘n burgeroorlog in Libanon
uitspel.
Hoe geteisterd
kan ‘n land wees? Die Libanese vertel van die Israelse aanvalle op hul land
vroeër vanjaar, die verwoesting, ontworteling en chaos wat dit veroorsaak het. Hulle pyn
hang as’t ware tasbaar in die vertrek, dit word óns
pyn.
Aan die einde van hul vertelling kom ‘n Christen-Jood na vore, iemand wat aktief evangelisasiewerk
in Israel doen. Hy kom om vir die Libanese te bid, sy Arabiese broers en
susters in die Here. Hulle vat hande en hy begin bid. Ek luister verstom na die
Hebreeuse woorde van die gebed. Hier word een van die grootste klowe van
verskeurdheid en vyandskap in menseheugenis oorgesteek. Kan jy jou indink
watter geweldige effek dit het as ‘n Jood in Hebreeus vir Arabiere bid? Grense
wat duisende jare oud en is en deur menigte bloedige konflikte en intense haat
geskep is, word in een oogwink deur die evangelie weggevee!
Verstommend genoeg herken ek ‘n paar van
die woorde: ons Joodse vriend bid vir die shalom (vrede) van die Here, vir
sy gesed,
sy liefde en trou in die Midde-Ooste. Hy
vra dat God die nageslag van Abraham in Jesus aan mekaar sal verbind en met
mekaar sal laat versoen.
Binne ‘n oogwink word dit een van die mees
besondere oomblikke in my lewe. ‘n Demonstrasie van die krag van die evangelie.
Vir die res van die dag bly ‘n gebed vir die oorsteek van die grense tussen
mense in ons eie land en kerkfamilie in my gedagtes. Bo
Godsdiens-aktueel: Kerk moet veg vir vroue, kinders
In ds Elsje Büchner se
Godsdiens-Aktueel rubriek in Beeld van 27 November 2006 skryf sy die volgende:
Die lug is reeds vol Kersfees- vierings,
maar daar is ongelukkig twee ander datums op die kalender wat hier aan die
einde van November en begin Desember “gevier” word. Ek kan nie anders as om
“vier” tussen aanhalingstekens te skryf nie, want dit is twee somber datums en
allermins datums waarop daar fees gevier kan word. Dit is eerder dae waarop die
wêreld bewus gemaak word van groot gebrokenheid te midde van hierdie feestyd.
Wêreldvigsdag is op 1 Desember en geniet
baie aandag in die media en ander sektore. Dit is oor die ander tydperk waaroor
ek wil praat.
Van 25 November tot 10 Desember is ’n 16
dae lange veldtog teen geweld teen vroue en kinders. Hoe ironies is dit nie?
Vroue en kinders is só onveilig dat daar ’n veldtog moet wees om mense van
hierdie stuk ironie bewus te maak en te vra dat dit moet stop – en dit
gedurende die Kersseisoen!
Die verkragtings- en molesteringsyfer in
ons land is skrikwekkend hoog. Voeg daarby die verbale en fisieke geweld wat
baie vroue en kinders in hulle eie huise moet verduur en die algemene misdaad
in ons land kry ’n ander gesig. Die land gons op die oomblik oor die misdaad en
geweld.
Maar oor hierdie
misdade teen vroue en kinders is daar ’n stilswye. Ons praat al makliker oor
MIV/vigs, maar verbale, seksuele en fisieke geweld is steeds taboe onderwerpe.
Net soos die sakesektor, gemeenskappe, die
kerk en die staat besig is om hande te vat teen misdaad, moet daar hande gevat
word teen hierdie euwel. Ek kry die indruk dat die kerk half onhandig is om
hieroor leiding te gee.
’n Dominee sê nou die dag aan my dat ons
vroue oor hierdie sake moet praat, want hy kan nie.
Ek stem nie saam
nie. Ons het juis sterk manstemme nodig wat van die kansel af sal preek oor hoe
jy jou lewensmaat of enige vrou hanteer en wat respek en liefde regtig beteken.
’n Man wat vir ’n
ander man sê:
= Jy maak nie
neerhalende of seksistiese grappies oor vroue nie;
= Jy sien nie jou
vrou met die plathand reg omdat sy volgens jou (en jou interpretasie van die
Bybel) onderdanig moet wees nie;
= Jy takel ook nie
jou vrou emosioneel af en vertel haar hoe sleg en nutteloos sy is nie
(woordgeweld en vuisgeweld lê op dieselfde vlak);
= Jy verkrag nie ’n
vrou om jou luste te bevredig nie;
= Jy raak nie op ’n
seksuele manier aan ’n kind nie.
= ’n Man wat dit sê
omdat hy die Woord van God reg hoor.
Die kerk is sekerlik op ’n pastorale wyse betrokke
by vroue en kinders wat langs die pad seergekry het onder die hande of woorde
van mense wat dink manlikheid lê in fisieke krag en mag. Maar die kerk sal ook
moet begin preek hieroor. God is nie stil nie, Hy praat baie duidelik in Sy
Woord oor grense, regte, liggaamlikheid, sonde, ware liefde en ouers se
verantwoordelikheid.
Iewers langs die pad
het baie mites oor vroue, verkragting, die reg om “nee” te sê, kinders wat nie
gehoor mag word nie en seksuele onreinheid kom nes maak in ons geloofslewe.
Nou
is dit tyd om weer te hoor wat God regtig te sê het!
= Ware liefde handel
nie onwelvoeglik nie. Nie tussen man en vrou nie, nie tussen ouers en kinders
nie, nie tussen vriende nie
= Eer jou vader en
moeder beteken nie dat ’n kind moet stilbly oor dinge wat verkeerd is nie.
= Ouers het die
verantwoordelikheid om kinders groot te maak volgens God se spelreëls vir die
lewe.
= God is baie
duidelik in Sy Woord oor die grense wat daar in seksuele verhoudings behoort te
geld.
= Kinders het ook
die reg om grense te stel en grense is daar om gerespekteer te word.
= In Ester 1:12 lees
ons hoe Vasti ook “nee” gesê het toe iemand haar wou misbruik. Sy was nie
gewild daaroor nie, maar sy het reg opgetree.
Dit is tekste soos hierdie wat kan help om
vroue en kinders veilig te maak sodat ons weer kan feesvier. Kom ons preek
daaroor!
(Ds. Elsje Büchner
is leraar van die NG gemeente Lux Mundi en lid van die NG Kerk se Algemene
Sinodale Moderatuur.) Bo
HIV en VIGS - Wêreldraad van Kerke vra vir algemene toegang tot
behandeling
In hierdie dokument, opgestel
deur dr Nelis du Toit na aanleiding van ‘n verklaring deur die Wêreldraad van
Kerke, word gemeentes en kerke opgeroep tot praktiese aksie rondom HIV/Vigs:
Every person living with HIV
and AIDS should have access to the treatments made available by medical science
and churches must advocate for this to happen, said the World Council of
Churches (WCC) central committee in a statement adopted at a meeting that ends
today. The statement also challenges churches to a greater commitment in
fighting the pandemic and welcoming positive people into their communities.
"Faith-based communities
have a responsibility to advocate that antiretroviral treatments as well as
treatment for other opportunistic infections be made available and accessible
to all" who need them, the WCC central committee statement affirms.
"For the first time ever, the world possesses the means to reverse the
global epidemic," it notes.
The leadership of the churches
is encouraged "to exercise their role as advocates for just policies and
to hold governments accountable for their promises". In particular, the
statement further "calls on the G8 governments to adhere to their promises
of funding and response to reach universal access to treatment, care and support
by 2010".
The private sector, especially
pharmaceutical companies, are requested "to invest in needed
research" and "to ensure that their drugs for treating HIV are
available at low prices in low- and middle-income countries".
Precious members of the
community
The WCC central committee acknowledges that "while the churches
have been on the front line of care and support for people affected by the
pandemic, many of us have also been complicit in stigmatizing and marginalizing
people living with HIV and AIDS".
It therefore encourages
churches "to continue to play a critical role in overcoming the pandemic
through responses that are tempered by compassion and qualified by
competence". Among those, it mentions "providing comprehensive and
evidence-based information on prevention of HIV transmission," as well as
"ensuring access to voluntary and confidential counseling
and testing".
The WCC central committee also
calls on churches and Christians "to promote greater and more meaningful
involvement and participation of people living with HIV and AIDS," as well
as "the acceptance by the churches of persons living with HIV and
AIDS". They are "precious members of the community," the
statement affirms.
Ongoing reflection
The statement further recognizes that there are "aspects of the
church response to HIV and AIDS about which there is continual
disagreement".
Therefore, while acknowledging
the "lifesaving responsibility of all to protect themselves through
practising abstinence outside of marriage, fidelity in marriage and a healthy
way of life including rejection of drug abuse", it also calls for
"ongoing ecumenical reflection" on "the response to those who,
contrary to the church witness, engage in high-risk sexual activity or drug
use, including the appropriate means of prevention".
The WCC central committee
urges churches to promote "deeper theological and ethical reflection on
HIV and AIDS," as well as "open and inclusive discussions on issues
related to sexuality, gender-based violence and intravenous drug use to empower
individuals and communities to be less vulnerable to HIV".
AIDS, which causes 8000 deaths
a day and has left 13 million children orphaned, "remains a serious threat
to humanity". The fact that many are still "ill-informed" and
thus "not equipped to prevent this eminently preventable disease"
makes it "obligatory to engage in and work to overcome the viruses of
ignorance, silence and fear".
The "Statement on
churches' compassionate response to HIV and AIDS" is the third issued by
the WCC central committee in its history. The first one was adopted in 1986 and
the second in 1996.
The central committee "Statement on churches' compassionate
response to HIV and AIDS" is available at:
More information on the WCC Central Committee meeting is available at:
http://www.oikoumene.org/en/events-sections/cc2006.html
Information on WCC work on HIV/AIDS is available at:
http://wcc-coe.org/wcc/what/mission/hiv-aids-e.html
Information on the Ecumenical HIV and AIDS Initiative in Africa (EHAIA)
is available at:
http://wcc-coe.org/wcc/what/mission/ehaia-e.html
Bo
Ds Hans Steyn verskaf die volgende inligting:
Bestellings vir 2007-Jaarboek
Het jou gemeente al 'n bestelling vir die 2007-uitgawe van die Jaarboek van die NG Kerke geplaas? Skakel Esther van Biljon vandag
nog TOLVRY by 0860 26 33 42 om die Jaarboek 2007 te
bestel. Die Jaarboek is 'n onontbeerlike hulpmiddel vir kerkkantore en leraars
in die uitvoering van hulle dagtaak en hulle kommunikasie met ampsdraers en
gemeentes in die NG Kerkfamilie.
Bestellings vir kategesemateriaal
Alle gemeentes het reeds Jeugfokus se katalogus vir 2007 ontvang wat ‘n wye
verskeidenheid produkte vir kategese en jeugbyeenkomste
bevat. Ons vestig kategete se aandag op Susan Fourie se “Lesse wat leef” vir
graad 1 tot 6 en haar “Tienertoppix”-reeks vir graad
7’s. Bestel by 0860 263342 (BMEDIA)
Wêreld-vigsdag: 1 Desember
Met die
Kruispad-projek lewer Bybel-Media/Mema-Media ’n belangrike bydrae om inligting
oor MIV én die evangelieboodskap aan alle gemeenskappe oor te dra. Dié projek
is in 2004 begin en dié drama – op DVD - is alreeds in ses tale vervaardig.
Bestel jou gemeente se kopie by die onderstaande bestelnommer en help só om
noodsaaklike inligting na alle gemeenskappe uit te dra.
Week van Gebed 2007
Dit is 'n goeie gebruik
dat gemeentes in die NG Kerkfamilie elke jaar begin met 'n Week van Gebed. Vir
2007 word by hierdie gebruik aangesluit. 'n Taakgroep van die nuutgevormde Verenigde Diensgroep vir Diensgetuienis, -
'n gesamentlike struktuur van die NGK, NGKA, RCA en VGKSA - het die reeks beplan.
Die reeks handel oor gedeeltes uit die Kolossense brief. Daarin word
verskillende fasette van die gemeente se bediening en roeping in die wêreld aan
die orde gestel.
Die volledige reeks,
ook met liturgiese voorstelle, is elektronies beskikbaar by die volgende
adresse:
www.bmedia.co.za
– aflaaibare produkte
amanda@clf.co.za
Harde kopieë, in
Afrikaans, Engels, Sotho of Xhosa, kan bestel word by tel 021 873 6972 of CLF, Privaatsak X19, Wellington, 7654
Leraars word dringend versoek om ook hulle
kollegas, wat dalk nie e-pos fasiliteite het nie, te help om die reeks in die
hande te kry. Kom ons maak van die Week van Gebed 2007 'n mooi
saamwerkgeleentheid tussen sustergemeentes in die NG Kerkfamilie.
Die reeks is moontlik gemaak deur die
medewerking en finansiële ondersteuning van Bybel-Media en die Christelike
Lektuurfonds.
LIG: ons Gesinstydskrif
Met die Desember
2006/Januarie 2007-uitgawe trek LIG
’n nuwe baadjie aan. Nuwe rubrieke vir die pa’s en ook oupas & oumas dra
daartoe by dat LIG nou sy naam as
gesinstydskrif waarlik gestand kan doen. “Manna vir Ma” – ’n eksklusiewe
rubriek deur die skrywer Cheri Fuller – motiveer en inspireer ma’s. Ontdek die
Lig in LIG – Suid-Afrika se enigste
Afrikaanse gesinstydskrif.
Dr Nico Mulder se
handleiding vir korttermynuitreike vanuit plaaslike
gemeentes is nou beskikbaar op Bybel-Media se webblad
as ‘n aflaaibare produk. Die titel van die boek is: “Gaan dan…” (Handleiding
vir Korttermynuitreike). Dit is ‘n baie volledige
gids vir plaaslike gemeentes wat spanne stuur op korttermynuitreike
na verskillende dele van die wêreld. Gemeentes kan baie van die foute wat op
sulke uitreike gemaak word vermy deur kennis te neem
van hierdie publikasie, en kan terselfdertyd die effektiwiteit van hulle uitreike dramaties verhoog. Dr Mulder
is tans predikant in Kanada en neem daar leiding op sendingterrein.
Hy was studenteleraar op die kampus van die Noordwes Universiteit van 1990 tot
2003, waar hy sedert 1991 korttermynuitreike na die binne- sowel as die buiteland gekoördineer het.
Besoek die webblad van Bybel-Media
en klik op aflaaibare produkte.
Internet-aankope met Kredietkaart:
Met die gerief van die
internet en jou kredietkaart kan jy nou alle produkte wat op Bybel-Media
webwerf te koop is, bestel en dadelik met jou kredietkaart betaal. Dié diens is
pas geaktiveer en nou is inkopies by Bybel-Media webblad ’n vreugde.
Bybel-Media kry alméér momentum:
Gedurende 2006 het
Bybel-Media heelwat vernuwings - en ook besondere groei - beleef. Nuwe produkte
is ontwikkel, mooi projekte is begin, samewerking met al die kerk se taakspanne
(of kommissies) is op dreef, die direkte bestelnommer werk puik by Bybel-Media
Handel, die Bybel-Media webwerf verbeter elke week en nóg méér positiewe dinge
kan gelys word.
MAAR ... onthou die
fokus van Bybel-Media is om ‘jou bedieningsvennoot’ te wees. Ons wens is dat
ons nog beter diens kan lewer in 2007 en sodoende die vennootskap kan
verstewig.
Inligting,
Navrae en Diensverskaffing:
Alle bestellings: Skakel 0860 26 33 42
of 0860 bmedia (op jou selfoon) – DVD’s,
CD’s, boeke, kommentare, kategesemateriaal, inligtingspamflette en katalogi.
Méér inligting op tuisblad: www.bmedia.co.za Bo
Nuwe publikasies van Bybelkor
Ontmoetings met die lewende
God
Hoe God ons
roep, nuut maak – en stuur...Coenie Burger
Hierdie
uitsonderlike Bybelstudiepakket
oor die wil en plan van God met elke gelowige se lewe het pas by Bybelkor verskyn. Dit bestaan uit 'n boek van Coenie Burger, Ontmoetings met die lewende God, 'n deelnemersgids geskryf deur Nico Simpson
en 'n DVD wat gesprekke bevat met Coenie Burger oor elke hoofstuk van
sy boek. Dit is veral geskik vir Bybelstudiegroepe en
kleingroepe.
As ons werklik ons roeping wil hoor en ons
lewe lewe as 'n roepingsantwoord
voor die Here wil leef, behoort ons voortdurend met drie lewensvrae besig te wees: (1) Wie is God en hoe kan ek in 'n sinvolle verhouding met Hom leef? (2) Wie
is ek presies en wat moet ek met my
lewe doen? (3) Waaroor gaan die lewe
daar buite en hoe kan ek 'n sinvolle bydrae maak?
’n Leierspakket wat ’n dubbele DVD,
een deelnemersgids en een handboek insluit, kos
R150.40. ’n Deelnemesrpakket
wat 8 eksemplare van die deelnemersgids insluit, kos
R139.72. Los items kan ook bestel word, maar dan kos dit duurder. Bestellings
kan geplaas word by 0860 26 33 42.
Nóg NG Kerk Uitgewers / Bybel-Media publikasies verskyn
Openbaring vandag van Tian
Jordaan (R89.95). Die boek wat die leser drie sleutels in die hand gee en
geleidelik inoefen om vanuit die beeldprente die boodskapprent vir vandag te kan aflees, sonder om in
vinnige voorspellings en oordrewe spekulasie te verval.
Engele as gaste? van Robert Vosloo
(R89.95). Hierdie noodsaaklike boek help om Christene se oë oop te maak vir die
noodsaak van openheid vir almal as ons werklik kerk van Christus wil wees.
‘n Hand vol wind van Cas
Vos (R69.95). Die Prediker hou hom besig met die vraag na die sin van die lewe.
In hierdie boek kry ons ‘n digter-teoloog wat saam
met die digter-teoloog van die Ou Testament worstel
met die vraag: “Kom alles nie dalk tot niks nie?” Bo
Woordwyser Bybelleesprogram
vir 2007 nou beskikbaar
Elna de Bruyn, van die Oos-Transvaalse
Sinode, skryf:
Die vriendelik en kleurvolle Woordwyser 'n dag-tot-dag Bybelleesprogram met verklarende dagstukkies,
Portchie se skilderye en Gilbert
Gibson se gedigte.
Woordwyser
help Bybellesers om die Bybel beter te verstaan deur dit sistematies, boek vir
boek, deur te lees. Boeke wat hierdie
jaar aan die orde kom is: Markus,
Openbaring, Rut, Maleagi, Jona, Daniël, Spreuke, Psalm 135-150.
Die leesprogram
bevat:
* kort, helder verklaring van elke dag se
leesgedeelte vir daaglikse stiltetyd
* 'n inleiding op elke Bybelboek wat help om
die boek as geheel beter te verstaan
* weeklikse
riglyne vir kleingroepbyeenkomste
wat volgens die Seisoen van Luister se luistersiklus
ingerig is
* riglyne vir die viering van Advent, Kersfees,
Lydenstyd, Paasfees en Pinkster (Het jy gewonder waar dit vandaan kom? Ons
vertel jou)
Om só met die Bybel om te
gaan is ongelooflik belonend en verrykend, maar verg
harde werke, volharding en dissipline.
Om só Bybel te lees vra vir ‘n hartsbegeerte wat net die Heilige Gees
vir ons kan gee! Bid daarvoor en beleef Bybellees as ‘n ervaring!
PRYS: R 75,00
PLUS R10,00 POSGELD
Leer om na God se Stem te Luister
"Wanneer hy
al sy skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit, en die skape volg hom,
omdat hulle sy stem ken." (Johannes 10:4) Hoe kan ons as gelowiges leer om
regtig na die Here se stem te luister? Die luistersiklus
wat as deel van die NG Kerk se Seisoen van Luister ontwikkel is, is juis hiervoor
geskik. Woordwyser 2007 sluit
baie nou by hierdie siklus aan deurdat die kleingroepriglyne
op die patroon van die luistersiklus gebaseer
is. Kleingroepe kan dus saam leer om te luister
wat die Here vir hulle sê. Daar is ook 'n afsonderlike handleiding
beskikbaar wat riglyne gee oor hoe om Woordwyser
tydens stiltetyd en huisgodsdiens te gebruik wat ook die luistersiklus
volg.
PRYS: R10,00
(Geen posgeld indien saam met dag-tot-dag Bybelleesprogram bestel word)
Die Woordwyser eksegetiese en liturgiese riglyne
is bedoel om ‘n sinurgiese preek en eredienshulp by uitstek te wees.
Hierdie boek wil preekmaak en erediensbeplanning
'n vreugde maak vir elkeen wat getaak is met dié
voorreg!
Die vriendelik en
kleurvolle Woordwyser eksegetiese en
liturgiese riglyne, met Protchie se skilderye, Gilbert Gibson se gedigte, bevat:
* eksegetiese riglyne wat sal help om die teks
in die prediking te laat weerklink
* liturgiese riglyne wat elke Bybelboek in die
erediens laat tuiskom
* riglyne vir kinderboodskappe
* riglyne vir die kreatiewe gebruik van simbole
en rituele in die erediens
* nuwe liedere
* inligting oor die kerklike jaar
* Bybelboeke wat in 2007 behandel word: Markus, Openbaring, Rut, Maleagi, Jona,
Daniël, Spreuke, Psalm 135-150.
Mag hierdie harde
werk van die medewerkers werklik daartoe bydra dat die kwaliteit van die woordbediening en omgang met God in die eredienste werklik
verhoog en ‘n verruklike en verheerlikende ervaring
word!
PRYS: R 90,00
PLUS R10,00 POSGELD
OOK MET 'N CD
BESKIKBAAR: R130,00 PLUS R10,00 POSGELD
BESTELLINGS KAN GEPLAAS WORD OP DIE WEBBLAD http://sinoos.co.za/boeke.php
OF PER E-POS blprog@sinoos.co.za OF TELEFONIES 012 804 9543 Bo
Fred
van der Westhuizen, woonagtig in Somerstrand, PE,
laat weet dat hy vanaf Januarie 2007 vier kamers vir studente beskikbaar het.
Kontak hom by fred.vanderwesthuizen@rsa.om.org Bo
Our Father who does art in heaven…
There was a very gracious lady who
was mailing an old family bible to her brother in another part of the country.
"Is there anything breakable in here?" asked the postal clerk.
“Only the Ten Commandments."
answered the lady.
========
Somebody has said there are only two
kinds of people in the world.
There are those who wake up in the
morning and say, "Good morning, Lord," and there are those who
wake up in the morning and say, "Good Lord, it's morning."
========
A minister parked his car in a
no-parking zone in a large city because he was short of time and couldn't
find a space with a meter. Then he put a note under the windshield wiper
that read: "I have circled the block 10 times. If I don't park here,
I'll miss my appointment. Forgive us our trespasses."
When he returned, he found a citation from a police officer along
with this note "I've circled this block for 10 years. If I don't give
you a ticket I'll lose my job. Lead us not into temptation."
========
There is the story of a pastor who
got up one Sunday and announced to his congregation: "I have good
news and bad news. The good news is, we
have enough money to pay for our new building program. The bad news is, it's still out there in your pockets."
========
While driving in Pennsylvania, a
family caught up to an Amish carriage.
The owner of the carriage obviously
had a sense of humor, because attached to the back of the carriage was a
hand printed sign... "Energy efficient vehicle: Runs on oats and grass.
Caution: Do not step in exhaust."
========
A Sunday School
teacher began her lesson with a question, "Boys and girls, what do we know
about God?"
A hand shot up in the air. "He
is an artist!" said the kindergarten boy. "Really?
How do you know?" the teacher asked.
"You know - Our Father,
who does art in Heaven... "
========
A minister waited in line to have
his car filled with gas just before a long holiday weekend. The attendant
worked quickly, but there were many cars ahead of him. Finally, the
attendant motioned him toward a vacant pump.
"Reverend," said the young
man, "I'm so sorry about the delay. It seems as if everyone waits
until the last minute to get ready for a long trip."
The minister chuckled, "I know
what you mean. It's the same in my business."
========
People want the front of the bus,
the back of the church, and the center of attention.
========
A father was approached by his small
son who told him proudly, "I know what the Bible means!"
His father smiled and replied,
"What do you mean, you 'know' what the Bible means?" The
son replied, "I do know!"
"Okay," said his
father. "What does the Bible mean?" "That's easy, Daddy."
The young boy replied
excitedly, "It stands for 'Basic Information Before
Leaving Earth.'
========
Sunday after church, a Mom
asked her very young daughter what the lesson was about.
The daughter answered, "Don't
be scared, you'll get your quilt."
Needless to say, the Mom was
perplexed. Later in the day, the pastor stopped by for tea and the Mom asked
him what that morning's Sunday
school lesson was about.
He said "Be not afraid, thy
comforter is coming."
========
The minister was preoccupied with
thoughts of how he was going to ask the congregation to come up with more money
than they were expecting for repairs to the church building. Therefore, he
was annoyed to find that the regular organist was sick and a substitute
had been brought in at the last minute. The substitute wanted to know what to
play.
"Here's a copy of the
service," he said impatiently. "But, you'll have to think of
something to play after I make the announcement about the finances."
During the service, the minister
paused and said, "Brothers and Sisters, we are in great difficulty;
the roof repairs cost twice as much as we expected and we need $4,000
more. Any of you who can pledge $100 or more, please stand up."
At that moment, the substitute
organist played "The Star Spangled
Banner."
And that is how the substitute
became the regular organist!
(Met dank aan Rethie van Niekerk)