OosKaap
eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4 - Nommer 8 - 5
September 2006 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Onderweg na ‘n proses vir kerkhereniging
Kerkverband as uidrukking van hereniging
Tyd om getrou aan die evangelie te wees
Gesondheidsorg-Sondag : 15 Oktober
DVD’s: Verantwoordelike Vernuwing 2006
Goeie afskop vir gesamentlike NG Kerk webtuiste
Griefshare In Afrikaans
Charlene van der Walt in Albanie bevestig
Wouter Olivier groet die NG Kerk in Oos-Kaapland
Exciting Career Opportunity: Fundraiser
Lees gerus ook die drie aanhegsels. Die eerste is ‘n brief van prof Piet
Naudé aan prof Willie Jonker na sy afsterwe verlede week., en die tweede is die
besluite van die Algemene Sinode 2004 oor kerkhereniging - aangeheg in die lig
van die hernude gesprek oor kerkhereniging. Die derde is ‘n meningsopname oor
die uitnemende Kruisgewys-tydskrif van GDN.
Onderweg na ‘n proses vir
kerkhereniging
Gebeure
tydens ‘n gesamentlike vergadering van die Moderamen Algemene Sinodes van die
NGK en VGK is ‘n groot deurbraak bereik toe die VGK Moderamen besluit het om nie
langer die aanvaarding van die Belharbelydenis as ‘n absolute voorwaarde vir
kerkhereniging te stel nie. Dit is opgevolg met ‘n besondere vergadering tussen
die moderamen van die NGK, VGK, NG Kerk in Afrika en Reformed Church in Africa
(RCA). Tydens hierdie vergadering het die NG Kerk in Afrika (wat bestaan uit
gemeentes wat nie wou deelneem aan die vereniging van die voormalige NG
Sendingkerk en NG Kerk in Afrika, en dus onder laasgenoemde naam bly
voortbestaan het) en die RCA se leierskap hulle ook verbind aan kerkhereniging.
‘n Verbondsverbintenis tot hereniging is deur al vier kerke gesluit.
Dit beteken dat die proses tot
kerkhereniging nou vir die eerste keer ‘n realistiese kans het om op dreef te
kom. Die NG Kerk het haar vir meer as ‘n dekade reeds herhaaldelik amptelik by
verskeie Algemene Sinodes verbind tot kerkhereniging. ‘n Besonder helder
besluit is hieroor in 2004 geneem.
Tydens ‘n uitgebreide Moderamenvergadering
verlede week in Kempton Park, het die moderature van al die streeksinodes saam
met die Moderamen AS vergader en indringend besin oor die implikasies van die
proses en die kommunikasie hiervan aan gemeentes. Daar is ‘n eendragtige
verbintenis by die leierskap tot kerkhereniging, ter uitvoering van besluite
wat die Algemene Sinode in 1994, 1998, 2002 en 2004 geneem is. Bo
Kerkverband as uidrukking
van hereniging
In
gereformeerde kerke gaan kerkhereniging altyd in die eerste plek oor
kerkverband. Dit beteken dat die bestaande gemeentes van die betrokke kerke
besluit om een nuwe kerkverband tot stand te bring. Die gewone patroon is dan
dat nuwe gesamentlike ringe, sinodes en algemene sinode gevorm word.
Kerkeenheid gaan dus nie oor die vereniging of hersamestelling van gemeentes
nie, maar daaroor dat die reeds bestaande gemeentes besluit om op die
verskillende vlakke van die verband - ring, sinode en algemene sinode - saam te
werk.
Baie mense se vrese vir kerkherneiging gaan
saam met die foutiewe voorstelling dat gemeentes gedwonge hersaamgestel gaan
word. Bo
Tydens
die buitengewone sinode verlede jaar het verskeie afgevaardigdes aangedui hulle
wil nie verder oor kerkeenheid praat nie, tensy daar konkrete aksiestappe geneem
kan word en die saak doelgerig aangespreek en uitgevoer kan word nie. Vir hulle
gevoel was die “gedurige praat ‘n mors van asem”.
Hoe dankbaar kan mens dus nie wees dat die
tyd vir aksies nou voor hande skyn te wees nie!
Niemand moet dink die proses gaan maklik
wees nie. Daar is baie aspekte wat behoorlik uitgeklaar moet word. Praktiese
oorwegings en struikelblokke rondom implementering onthef ons egter nie aan die
dwingende noodsaak om ons versoendheid in Christus sigbaar en konkreet te beliggaam
nie.
Indien mens ‘n blik verlang op die aspekte
wat ter sake is, kan jy gerus weer die besluite van die Algemene Sinode 2004
oor kerkhereniging lees. Ek heg dit hierby aan. Kyk gerus na die besluite
geneem oor konsultasie, finale of eindvoorstelle en approbasie van
kerkeenheid. Lees gerus die gedeeltes
wat handel oor die bevoegdheid van kerkrade om die bediening in gemeentes te
reël. Wees verseker dat die leierskap van die kerk daartoe verbind is om
behoorlik te konsulteer en na almal te luister. Bo
Tyd om getrou aan die
evangelie te wees
Die
vaardigheid om getrou aan die evangelie van Jesus Christus te dink, te
debatteer, te doen en om op die beloftes van die evangelie te vertrou - meer as
op menslike logika en belange - gaan in die volgende maande deurslaggewend in
die NG Kerk wees.
Die dramatiese vordering met die
kerkherenigingsgesprek vang mens byna onkant. Skielik plaas dit vir ‘n
beduidende deel van die kerk, so lyk dit, weer allerlei vrese en bekommernisse op
die tafel. Wat van Afrikaans? Die Gereformeerde karakter van die kerk? Wat van
die gevestigde belange van kerklike “werknemers” in pensioenfondse?, en so
meer.
Terwyl dit legitieme vrae is, is dit
duidelik sake wat tot ‘n tweede rangorde van belangrikheid behoort. Dit kan nie
vorentoe die deurslag in ons denke en dade gee nie. Nie terwyl die evangelie
die goddelike wonderwerk van herstelde verhoudinge, die afbreek van mure van
skeiding, die opneem van ‘n verskeidenheid mense in die een volk van God as broers en susters ken nie.
Nie terwyl die wêreld aan ons eenheid en liefde sal weet dat die evangelie ‘n
krag is tot redding vir almal wat glo.
Heelwat argumente teen kerkhereniging
relativeer die krag van die evangelie. Argumente rondom die bloot geestelike
karakter van eenheid (a-sigbaar en a-konkreet) , of die vraag rondom eenheid
met ander denominasies of tussen Afrikaanse kerke (asof die tragiese gebrek
daaraan die NG familie uitmekaar moet hou), is voorbeelde hiervan.
Die herstel van ons kerk is ons roeping -
dit weet ons uit die Bybel. Die geloofwaardigheid van die evangelie is op die
spel. Getuienis oor die lewensveranderende krag van Jesus sluit goedpraat van
die verdeeldheid in sy liggaam uit. Moenie ligtelik kerkhereniging wegpraat of
relativeer nie. Miskien is dit die Prostestantse “doodsonde” - dat ons net nie
die vermoë het om die liggaam van Christus ernstig genoeg te neem nie. Dat ons
dit so maklik skeur, of met die verskeurdheid daarin saamleef - en die pyn wat
dit meebring - veral God se pyn - net nie raaksien nie. Bo
Die
Moderature van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika, die Verenigende
Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die Reformed Church in Africa en die
Nederduitse Gereformeerde Kerk het op 16 Augustus 2006 in Bloemfontein ontmoet
om te praat oor kerkhereniging en die vier kerke se pad vorentoe. In ons
gesprekke het ons reguit en openlik gepraat oor ons pad saam met mekaar tot
hiertoe, en ook oor die weg vorentoe.
In ‘n gees van Christelike liefde het die
partye mekaar om verskoning gevra vir die baie onregte wat hulle mekaar in die
verlede aangedoen het. Al die partye het hierdie verskonings onvoorwaardelik
aanvaar.
Die vier Moderature het eenparig ‘n
verbondsverbintenis aangegaan ten opsigte van die hereniging van die NG Kerk-familie.
Versoening sal ‘n onontbeerlike faset van die proses van hereniging tussen ons
wees. Ons gebruik die woord “verbondsverbintenis” omdat ons onsself en die
proses van eenwording onder die gesag van die woord van God en die wil van
Christus wil bring. Ons maak die
verbintenis nie uit onsself nie en ook nie onder die druk van politieke en
sosiale prosesse nie, maar doen dit omdat ons glo dat die Here wat Hom in
genade aan ons verbind het dit van ons vra.
Met betrekking tot die sake op die tafel
het ons onsself verbind om nederig en geduldig met mekaar te wees, en die band
wat die Here in ons familie geskep het, te koester. ‘n Deel van hierdie proses
is dat ons gemeentes en alle ander kerklike strukture oproep om aan te hou om
versoening, onderlinge gemeenskap, onderlinge ondersteuning en samewerking te
soek.
‘n Eerste tree in die proses is ‘n
vergadering van ons uitgebreide leierskappe op 6-8 November 2006. Die
Moderamens / Algemene Sinodale Kommissies van die vier kerke asook die Moderature
van die verskillende streeksinodes sal dan vergader. ‘n Interimkomitee is
gevorm wat bestaan uit die vier Moderators en die vier Skribas van die kerke.
Die Interimkomitee sal al die voorbereidings doen vir die historiese
vergadering in November.
Die Moderature het ook besluit om ‘n
Trustfonds vir Kerkhereniging te stig. ‘n Oproep sal gedoen word na al ons
strukture en lidmate asook ons vriende in Suider-Afrika en oorsee om tot
hierdie fonds by te dra en om ons so te help om ons droom te realiseer.
Ons verbly ons in die Here! Ons gee Hom al
die eer! Weereens het Hy ons verras met sy liefde en genade vir hierdie familie
van Kerke.
NGKA:
Ds M Lebone, ds J Ramolahlehi, dr S Corrie en dr A Hoffman
VGKSA:
Prof T Kgatla, dr A Boesak, ds P Makoko, ds C Goeiman, ds D Malete en ds P
Moloi
RCA:
Ds V Pillay, ds B Shunmugam en ds M Sukdaven
NGK:
Dr C Burger, prof P Strauss, dr N Niemandt, ds E Büchner, dr K Gerber en dr H
Koornhof
Bloemfontein:
16 Augustus 2006 Bo
Die
Burger, 29.08.2006
Die
man wat die NG Kerk se skuld aan apartheid in 1990 voor die Rustenburgse
kerkeberaad bely het, is gisteroggend (28 Augustus) oorlede. Prof. Willie
Jonker (77) het aan Alzheimer-siekte gely. Volgens sy skoonseun, prof. Dirkie
Smit, is hy gisteroggend in die versorgingseenheid van ’n aftree-oord in die
Strand oorlede.Dr. Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, het
Jonker gister bestempel as “een van die NG Kerk se briljante akademici, asook
een van die kerk se grootste profete in die tyd toe die land vasgevang was in
’n sisteem van diskriminasie en onreg”. Smit het gesê die Broederbond het in
die vroeë jare sestig die wêreld baie moeilik gemaak vir Jonker, al was sy
standpunte teen apartheid nooit polities van aard nie. Jonker was bekommerd oor
die eenheid van die kerk. Dit het daartoe gelei dat hy eers ’n doseerpos by
Unisa en toe ’n professoraat in Kampen, Nederland, aanvaar het. Jonker
het in November 1990 vir ’n opskudding gesorg toe hy by die Rustenburgse
kerkeberaad namens homself, maar ook plaasvervangend namens die NG Kerk en die
Afrikanervolk as geheel, skuld bely het oor apartheid. – Neels Jackson Bo
Predikante
van die NG Kerk en die VG Kerk (Kaapland) kon die afgelope twee jaar staatmaak
op die gratis tydskrif Kruisgewys wat kwartaalliks sy opwagting
in hulle posbusse gemaak het. Kort aktuele artikels oor ’n wye teologiese
spektrum het predikante in hulle bediening gestimuleer. Die vennote in die
Gemeentedienste Netwerk (GDN) kon die tydskrif gebruik om hulle dienste aan
alle gemeentes te adverteer. Die vennote het al 10 NGK sinodes en die
drie Verdere Teologiese Opleiding (VTO) instansies van ons Kweekskole ingesluit
wat onder andere aan die begin van 2006 hulle jaarprogramme op dié wyse onder
alle predikante en gemeentes se aandag kon bring.
Die ruim subsidie van Bybel-media en die
Algemene Sinode se Taakgroep Kommunikasie en Media (TKM) wat die gratis
uitgawes in 2004-2005 moontlik gemaak het, is egter met ingang 2006
gestaak. GDN het daarom – in samewerking met die Algemene Sinode se
Diensgroep vir Gemeente-ontwikkeling (ADGO) – besluit om eers ’n meningsopname
onder predikante te maak om die behoefte aan en mark vir só ’n tydskrif te toets.
Die resultate van die meningsopname is baie
gerusstellend en belowend (sien aangehegde dokument):
Kruisgewys:
word graag gelees,
help predikante in hulle bediening,
motiveer hulle om boeke en aanbiedinge te gebruik
van die diensverskaffers en
het duidelik ’n bestaansreg.
Predikante is selfs bereid om daarvoor te betaal.
Hoewel
Kruisgewys as gratis uitgawe aan predikante steeds die droom van GDN bly, het
GDN dus besluit om nog een verdere gratis uitgawe uit te gee uit eie
fondse en daarna moontlik met ‘n intekenaar sisteem te werk … behalwe as
ons natuurlik verdere borge kry! Ons hoop om die volgende uitgawe in
Desember 2006 of begin 2007 uit te gee, gefokus op ‘n in diepte nadenke oor wat
op die oomblik op die breë kerklike terrein gebeur.
Predikante is welkom om op die
meningsopname en besluit van GDN te reageer. Ons hoor graag van julle.
Chris
van Wyk en Coenie Burger – redakteurs Kruisgewys
Frederick
Marais en Malan Nel – dagbestuur Gemeentedienste Netwerk
0861
436 336
041
583 6438 Bo
Gesondheidsorg-Sondag :
15 Oktober
15
Oktober is in die Kerkjaarboek gereserveer as biddag vir Gesondheiddienste. Met
die oog hierop plaas ek die volgende boodskap:
“Hierdie e-pos word namens die Christen
Geneeskundige Bond van Suid Afrika (CGB) en Healthcare Christian Fellowship
International (HCFI) aan u gestuur.
Met Gesondheidsorg-Sondag op die horison op
15 Oktober, het ons 'n brosjure vir verspreiding onder die kerke saamgestel.
Ons nooi u uit om die brosjure af te laai deur die relevante hiperskakel
hieronder te kliek
Kopieer
gerus die brosjure vir verspreiding op Gesondheidsorg-Sondag (daar is geen
kopiereg op nie). U
Terwyl ons oor Christenskap en
gesondheidsorg praat, laat ons asseblief toe om 'n paar relevante boeke onder u
aandag te bring:
* "Matters of Life and Death" deur John Wyatt, met 'n voorwoord deur
John Stott.
Hierdie boek is geskryf deur die bekende Britse neonatoloog en etikus, John
Wyatt en bespreek mediese vraagstukke in die lig van die Christelike geloof.
* "Meeting Christ in HIV/Aids" deur H Snidle en R Welsh.
Hierdie boek, 'n opleidingsgids in pastorale sorg, is ontwikkel as 'n manier
vir kerke en Christen verenigings om pastorale versorgers op te lei.
Elke titel kos R130, posgeld ingesluit.
Saam in die diens van ware genesing,
Dr. Frank Muller (CGB)
Ms Erica Grunewald (HCFI)
INTERNET MATERIAAL
Kliek op die relevante hiperskakel hieronder, of kopieer die skakel na u
webenjin.
Engelse brosjure, met grafika (Word .doc, 450 kB)
http://mail.cmf.org.za/CMF/Events/HCS2006/Flyer_Eng_Pix.doc
Engelse brosjure, sonder grafika (Word .doc, 50 kB)
http://mail.cmf.org.za/CMF/Events/HCS2006/Flyer_Eng_Plain.doc
Afrikaanse brosjure, met grafika (Word .doc, 450 kB)
http://mail.cmf.org.za/CMF/Events/HCS2006/Flyer_Afr_Pix.doc
Afrikaanse brosjure, sonder grafika (Word .doc, 50 kB)
http://mail.cmf.org.za/CMF/Events/HCS2006/Flyer_Afr_Plain.doc
***
Die Christen Geneeskundige Bond van Suid-Afrika getuig al vir meer as 50 jaar
vir Christus. Die doel van die Bond is om gesondheids¬werkers te bemoedig om
Jesus in hulle daaglikse praktyk te verheerlik, om sodoende hulle geloof en
diens te verbind. Deur die gemeenskaplike studie van die Woord, gebed en
byeen¬komste word lede versterk en bemoedig in hulle werksomstan¬dighede. Deur
volgens die voorbeeld van Christus te dien, dra Christen gesondheidswerkers 'n
boodskap van hoop, liefde en genesing uit na 'n gebroke wêreld.
***
Healthcare Christian Fellowship is interdenominaal en werk as 'n verlengstuk
van die kerk. Gedring deur die Here het Carl en Francis Grim dié Bond in 1936
in Suid-Afrika gestig. Hiervan¬daan het die Bond deur baie dele van die wêreld
versprei. Die missie van HCF is om God se koninkryk in die gesondheidsorg¬veld
uit te dra deur gebed, evangelisasie en dissipelskap. Christene in die
gesondheidsorgveld het unieke geleenthede vir getuienis en diens deur
ontfermende bediening aan die behoef¬tes van die hele mens. Bo
DVD’s: Verantwoordelike
Vernuwing 2006
Hans Steyn skryf: Peet
Neethling verskaf deur Mema ‘n wonderlike diens om die Verantwoordelike
Vernuwings-Konferensie (29
en 30 Augustus 2006 te Stellenberg) op DVD beskikbaar te stel. ‘n Groot aantal
gemeentes het reeds bestel. Die geleentheid om die DVD in die gemeente te kan
gebruik is legio vir die indiwidue en groepe wat dit nie kon bywoon nie. Op dié
wyse probeer Mema werkilk om tot diens vir gemeentes te wees.
Dit sluit die volgende in:
ʼn
Stel van 3 DVD’s wat die opnames van die volgende aanbieders insluit:
Coenie
Burger
Wellington
Kaponda
Martiens
Swart
Allan
Boesak
Mary-Anne
Plaatjies-Van Huffel
Pat
Keifert
Elmarie
Wiesner
Stephan
Joubert
Prys: R300.00 (BTW,verpakking en posgeld ingesluit)
Betaalmetodes:
Rekening aan die gemeente (meld volledige besonderhede)
Per tjek uitgemaak aan Bybel-Media
Elektronies: Bybel-Media Absa 405 118
1699. Tak:
334510.
Betaal as VERNUWING en stuur
faks na
onderstaande nommer.
Kontakbesonderhede:
E-pos:
ilse@bmedia.co.za.
Tel:
021 864 8228
Faks:
086 680 7234 Bo
Goeie afskop vir
gesamentlike NG Kerk webtuiste
Michael van Niekerk van
C-Web skryf oor die loodsing van die nuwe www.ngkerk.org.za
as gesamentlike webtuiste van die Algemene Sinode en die 9 Streeksinodes:
“Die gewildheid van die webtuiste het ons
verwagtinge totaal oortref. Dit is nog baie vroeg om afleidings hiervan te maak,
maar ons is baie dankbaar dat dit tog wys dat n ge-integrerde webarea wel
voordele vir almal inhou.
Die opgesomde statistieke vir Augustus is
soos volg:
Totaal bladsigte: 246,652
Aantal besoeke: 18,541
Unieke besoekers: 7,005
In gewone Afrikaans beteken dit dat 7005
mense die webarea in totaal 18541 keer besoek het en dat in totaal 246652
bladsye besigtig is.”
Ek
sal graag wil byvoeg: In gewone Afrikaans is dit ‘n uitsonderlike suksesstorie.
Mooi so! Bo
Ds
Deon binneman bied Bybelgebaseerde
GriefShare ondersteuningsessies in Afrikaans aan by die NG Kerk Somerstrand.
Dit vind elke Maandagaand van 11 September af om 19:00 in die kapel by
Waltonpark in Brightonsingel, Somerstrand, plaas. Kontakpersone indien u meer
inligting verlang: Stephan of Alida by 041 581 2893, of Deon by 082 820 6500 - binneman@iafrica.com Bo
Charlene van der Walt in
Albanie bevestig
Baie
welkom aan Charlene wat reeds op 21 Julie te albanie as leraar bevestig is.
Rudi Swanepoel vertel van hierdie geleentheid:
Vrydagaand 21 Julie, teen skemer se kant, op
die wilde pad tussen PE en Grahamstad, dink ek aan die bevestiging van ‘n nuwe
leraar. Ek onthou hoe my eie was, wie se gesigte in die voorste banke gestraal
het, al die ander blinknuwe gesigte wat ek daai aand kon ontmoet. Toe dink ek:
As mens as leraar bevestig word, is dit ‘n baie, baie persoonlike saak. Ek
bedoel: dis tyd om stories te vertel, emosioneel te raak, iemand bietjie op te
hemel. En dis OK so.
Dit was dan ook nie
anders nie met Charlene (nou Ds.) van der Walt se bevestiging in Albanie
gemeente. Prof Elna Mouton het die feesrede gelewer, Strauss het haar bevestig,
die koor het mooi gesing, en voor die diens kon ons ons verlustig in ‘n
(elektroniese) foto-beeld wat in kleur en geur vertel het wie Charlene van der
Walt is. Daar was baie mooi woorde, baie betekenisvolle trane, baie trotse
ouers, ‘n baie opgewonde gemeente. Dit was ‘n lieflike aand.
Van die Ring van Albanie
(en die Sinode van Oos-Kaapland) se kant sê ons met oortuiging: Charlene, dis
lekker om jou in ons midde te hê. Ons is bly dat jy is wie jy is, ons is bly
dat jy ons ryker maak met jou mens- en ja: vrouwees. Mag ons vele goeie
ure saam beleef, mag ons getroue toergidse wees wat God opgewonde uitwys, en
mag ons beter wees omdat ons mekaar ken. Bo
Wouter Olivier groet die
NG Kerk in Oos-Kaapland
Wouter
Olivier het einde Julie na die Wes-Kaap vertrek (Bellville) nadat hy ‘n beroep
na die La rochelle-gemeente aanvaar het. Hy vertel dat hy die Oos-Kaap met ‘n
swaar hart groet en skryf die volgende:
“Dagsê Danie
Hoop dit gaan goed! Jong
ja, weet nie of jy al gehoor het nie maar ek is oppad Bellville toe. Ek het ‘n
beroep aanvaar by La Rochelle gemeente in Bellville. Dinge het nogal
vinnig gebeur die laaste paar weke. Ek wil sommer maar net totsiens sê.
Dankie vir 8 en ‘n half jaar wat ek deel van die sinode kon wees, dit was
voorwaar vir my baie aangenaam. Lekker om deel te kon wees van ‘n Sinode wat
pro-aktief dink en werk en probeer relevant wees en in pas bly met die
uitdagings van die tye. Was ook lekker om by seker sinodale projekte
betrokke te kon wees, gaan die skoolverlaters veral (16 jaar se skollies) baie
mis.
Ek sal dit baie waardeer
indien jy dalk vir my net ‘n e-pos kan stuur op ‘n stadium na my broers van die
sinode waarin jy my groete, dank en beste wense vir die toekoms kan oordra.
Stuur Fil 1:6 vir hulle saam asb.
Dra ook my groete aan die SK oor.
Groete
Julle Broer in Christus
Wouter Olivier”
Wouter, ons mis jou al klaar! Bo
Exciting Career
Opportunity: Fundraiser
ABRAHAM
KRIEL MARIA KLOPPERS has a position available for an experienced
Fundraiser/PRO.
In return for a competitive remuneration
package we are looking for a dedicated person, who is passionate about the care
of South Africa’s children in need.
Minimum qualifications: A 3 year tertiary
qualification in the Marketing or Communication field plus 2 years experience in
a professional capacity or; 5 years experience in a professional capacity.
Excellent communication skills (written and
verbal) in English and at least 1 other South African language are required.
The successful candidate must be computer literate, have good interpersonal
skills and be well organized and creative. Abraham Kriel Maria Kloppers is a
Christian organization and applicants should be comfortable about working in
such an environment.
For more information, please contact Hilda
du Toit on (011) 839 3058 or 082 894 2458 or by e-mail at hdt@kinderhuis.co.za Bo
Dear Tech Support:
Last year I upgraded from Girlfriend version 7.0 to Wife version
1.0. I soon noticed that the new program began unexpected child
processing that took up a lot of space and
valuable resources. In addition, Wife 1.0 installed itself into
all other programs and now monitors all other system activity. Applications
such as Poker Night 10.3, Football 5.0 , Hunting and Fishing 7.5,
and Racing 3.6
I can't seem to keep Wife 1.0 in the background while attempting
to run my favorite applications. I'm thinking about going back to Girlfriend
7.0 , but
the uninstall doesn't work on Wife 1.0. Please help!
Thanks,
A Troubled User.
REPLY:
Dear Troubled User:
This is a very common problem that men complain about.
Many people upgrade from Girlfriend 7.0 to Wife 1.0, thinking
that it is just a Utilities and Entertainment
program. Wife 1.0 is an OPERATING
SYSTEM..
You cannot go back to Girlfriend 7.0 because Wife 1.0 is designed
to not allow this. Look in your Wife 1.0 manual under Warnings-Alimony-Child
Support. I recommend that you keep Wife1.0 and work on improving the
situation. I suggest installing the background application "Yes Dear" to alleviate software augmentation.
The best course of action is to enter the command C:\APOLOGIZE because
ultimately you will have to give the APOLOGIZE command before the system will
return to normal anyway.
Wife 1.0 is a great program, but it tends to be very high maintenance. Wife
1.0 comes with several support programs, such as Clean and Sweep 3.0 , Cook It
1.5 and Do Bills 4.2.
However, be very careful how you use these programs . Improper use
will cause the system to launch the program Nag Nag
9.5 Once this happens, the only way
to improve the performance of Wife 1.0 is to purchase additional
software. I recommend Flowers 2.1 and Diamonds 5.0 !
WARNING!!! DO NOT ,
under any circumstances, install Secretary With Short Skirt 3.3. This
application is not supported by Wife 1.0 and will cause
irreversible damage to the operating system.
Best of luck,
Tech Support
(Dankie aan Wicus Wait vir die enetjie.)