OosKaap eNuus
Visie: Een,
heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4
- Nommer 6 - 19 Junie 2006 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
NG- en VG-kerke praat saam in Kempton Park
Post-modernisme, Jeugkultuur en
die Kerk
Dr
Paul Stoltz: Dosent aan die Bybelinstituut
Oos-Kaap
Behoort ons Da Vinci Code te boikot?
“The
Spirit that moves: Orientation and Issues in Spirituality”
Nehemia Bybel-Instituut
en ander Bybel-Media Nuus
Splinternuwe kommentare: Skrifuitleg
vir Bybelstudent en Gemeente
Helmut Thielicke
- God se prenteboek
Die Algemene Sinode
vergader van 4-8 Junie 2007, soos voorheen berig. Intussen is die datum van die
volgende Oos-Kaapse sinode deur die Sinodale Kommissie
bepaal vir die tweede week in November 2007.
Daar is ‘n sterk moontlikheid dat die
volgende vergadering van die Kaaplandse Konvent vir Eenheid in Maart 2007 kan
plaasvind. Dit kan moontlik ‘n vergadering wees wat gekomplimenteer word met ‘n
byeenkosm van al die deelnemende kerke se
ringskommissies. Hierdie byeenkoms is nog onderworpe aan die diskressie van die betrokke Sinodale Kommissies.
Tot dusver was 2006 ‘n relatief stil
kerklike jaar. Té stil? Dit laat mens besef hoe belangrik groot byeenkomste
soos die predikante-konferensie, die Algemene Sinode
of streeksinodes is. Bo
NG- en VG-kerke praat saam in Kempton Park
Hierdie week (19-22 Junie) vind daar ‘n baie belangrike
vergadering by Esselenpark, naby Kempton Park plaas.
Maandag en Dinsdag vergader die Algemene Sinode se moderamen (ASM) van die NG Kerk en die Algemene Sinodale
Kommissie (ASK) van die VG
Kerk op dieselfde terrein afsonderlik vir hulle normaal geskeduleerde
vergaderings. Die Woensdag en Donderdag vergader hulle dan gesamentlik om te
praat oor die pad vorentoe – en uiteraard oor die proses van kerkhereniging. Dit is ‘n historiese
geleentheid. Dis ‘n genadige geleentheid wat die Here vir ons gee – en
ons vra dat almal in besonder aan hierdie vergadering sal dink: dit aan die
Here sal opdra om aan elkeen daar teenwoordig die openheid en liefde teenoor
mekaar te gee met die oog op ons gesamentlike roeping as die Kerk van die
Here hier in Suider Afrika. (Uit: Vrydagnuus) Bo
Post-modernisme, Jeugkultuur en die Kerk
Deon Kitching rig in hierdie
skrywe ‘n ope uitnodiging na
die Winterskool van Youthnet:
Ek wil jou vriendelik uitnooi na ons 14e Winterskool wat aangebied word deur YOUTHNET in samewerking
met verskeie gemeentes regoor die land. Die
tema van vanjaar is uiters relevant: “Postmodernism, Youth Culture and the Church”.
Die hoofspreker wat optree is Tony
Jones – Nasionale Koordineerder van die Emergent Church Beweging in die
VSA.
Brian McLaren: “Tony is a
good friend of mine. He is sharp and theologically well articulated. I do’nt know of anybody else who has his fingers so on the
pulse of ministering in a postmodern context as Tony Jones.”
Naas Tony Jones wat by SES
geleenthede optree is daar nog VEERTIEN ander sprekers wat op
verskillende fasette van Jeug- en Gesinsbediening sal fokus (sien die aangehegte
program). Daar is een hele dag opsygesit (Donderdag) vir ’n Youth Ministry Think Tank sessie,
waarin ons met Tony in gesprek gaan tree – en met mekaar gaan “share”. Verder
sal daar boeke van Tony Jones, ander
jeugbedieningsboeke en relevante DVD’s en CD’s te koop aangebied word. NB MODKATS gemeentes betaal net vir
die eerste VYF persone wat die
geleentheid bywoon (sien die registrasievorm vir volledige inligting).
Aangeheg is DRIE dokumente wat jou sal help om ’n goeie besluit te neem.
Laat waai asseblief met die inskrywings, aangesien ons soveel as moontlik
belangstellendes wil akkommodeer.
Besoek ons webtuiste: www.youthnet.co.za of www.winterschools.co.za
wat vanaf 22 Junie 2006 volledige
inligtig sal verskaf.
Ek hoop om gou van jou/julle te hoor.
Deon Kitching
YOUTHNET Bo
Dr Paul Stoltz: Dosent aan die Bybelinstituut Oos-Kaap
Hier is ‘n baie
verdienstelike briefie, geskryf deur dr Paul Stoltz
wat eersdaags na Port Elizabeth verhuis:
Goeiedag Oos-Kapenaars,
Ek is Paul Stoltz, tans sendingpredikant van die
Maun DRCB in Botswana. Ons het 11 jaar hier gewerk. Ek en my vrou Lana en ons
twee kinders Juan (14) en Stefané (11) is sendelinge van die NG Kerk en die
gemeentes Witbank-Suid, Witbank -Vallei en Secunda Rondekerk ondersteun
ons gedeeltelik: tans R10200-00pm. Die Maun-gemeente het bygedra tot ons
huisvesting, ens.
DIt was
nog altyd my visie om by die opleiding van Afrika-kerkleiers betrokke te raak.
Ek het nou die geleentheid gerky om voltyds by die Bible Institute of the Eastern Cape 'n dosentepos te kry. Hulle
fokus veral op die Onafhanklike Afrikakerke in die Ooskaap. Aangesien hulle ook
op 'n arm deel van die gemeenskap fokus kan hulle nie dosente vergoed nie.
Bykans al die dosente word vanuit gemeentes of ander organisasies ondersteun.
Soos jy weet is huisvesting maar bra duur en PE. Ek
het aan 'n paar moontlikhede gedink:
a. Ek probeer kyk na 'n huis wat aan 'n gemeente
behoort. In ruil vir verblyf stel ek myself beskikbaar vir hulpdiens in die
gemeente.
b. Moontlik is daar 'n gemeentelid wat 'n huurhuis
het en bereid sal wees om dit selfs teen 'n verlaagde huur beskikbaar te stel.
c. "n Aksie aan die kerk verbonde soos 'n
skoolkoshuis of iets dergliks wat iemand soek om in te woon, selfs teen 'n lae
huur.
Sou ’n OosKaapse gemeente dalk bereid wees omte
help?
Ons beoog om einde Julie te verhuis. My
afskeidspreek sal dv 23 Julie wees.
My kontak besonderhede:
Dr Paul Stoltz
tel/faks: 09267 6865409
sel: 09267 72100382
epos: pstoltz@dynabyte.bw Bo
Behoort ons Da Vinci Code
te boikot?
Johan van der Merwe
(George) skryf onlangs die volgende:
Ek het so pas 'n e-pos gelees
waarin by Christene gevra word vir 'n totale boikot van die Da Vinci Code rolprent. Afgesien
daarvan dat die bg pleidooi deels berus op die aanname dat daar 'n Anti-Christian Movement in
Hollywood bestaan en ek nie van so iets weet of dit kan verifieer nie het
ek gewoon ook die volgende probleem met die gemelde versoek:
a. Christene sal steeds in
massas die fliek gaan kyk, al doen die dominees en pastore en priesters nou ook
wat. Onder hulle sal veral ook Christene wees wat juis vrae het oor die
kwessies wat die boek en film oopruk. Deur nou van die preekstoel af 'n totale
boikot aan te vra, versterk jy juis die vermoede / vrees wat sommige van hulle
reeds het dat die kerk dinge probeer wegsteek.
b. Besides,
it will really put you [and other church members] in a better position to take
part in the dialogue ensuing from the book and movie if you have read or seen
it. You cannot just rely on anti-Da Vinci Code
literature for this purpose, I would venture to say. c. Without in any way
subscribing to the claims made by Dan Brown, I think we should welcome the new
opportunities presented by the success of both the book and film of witnessing
to the truth of the Gospel. d. Church leaders, especially, should also take
note that the Da Vinci Code book and film are just
popularized light-weight renditions of a much more substantial, serious
intellectual debate raging on. What is different this time, compared to
previous debates re the integrity of God's Word, is that - thanks to the Internet,
Amazon and the availability in local bookshops of the publications of the
Jesus Seminar and its theologians - lay people are following these debates
very closely and are, in so many cases, much more educated in this respect
than their pastors. So, while church leaders may be pleading for a total
boycott of the Da Vinci Code, many Christians are
discussing the books of Robert Funk, John Dominic Crossan,
Marcus Borg, bishop Spong, etc in coffee shops or
reading it furtively at home with a growing sense of suspicion that we, their
pastors, are either quite illiterate to the goings on in the world of theology,
or deliberately trying to hide the truth from them.
Ek reken die Da Vinci Code-fenomeen is bloot 'n
metafoor van 'n hele wêreld van intense debat wat rondom ons woed en wat nie
maar in toto afgemaak kan word as 'n doelbewuste totale aanslag op die
Evangelie nie. Dat daar inderdaad ook dinge geskryf word uit 'n gesindheid van
venyn teen die Evangelie en die kerk, is sekerlik so. Maar 'n belangrike deel
van die debat is ook eerlike soeke na die waarheid. Daarom sou ek wou pleit vir
'n meer gebalanseerde reaksie op die Da Vinci Code boek en fliek. 'n Mens sou bv - sonder dat jy die boek
of film aanbeveel - van die preekstoel af mense kon nooi om met jou as
pastor te kom gesels indien hulle wel vrae na aanleiding daarvan het. En
die dominee, priester of pastoor hoef ook weer nie te voel dat jy werklik op
hoogte van al die publikasies van die Jesus Seminaar, ens moet wees om met jou
meer ingeligte lidmate te kan gesels nie. Hulle, vermoed ek, wil net nie voel
dat jy ook vir hulle veroordeel as jy verskriklik skerp teen die Da Vinci Code waarsku nie. En hoewel
ons eenvoudige getuienis aangaande ons Here en Heiland die heel belangrikste
is, sal dit vir sommige mense tog baie beteken as hulle met jou kom gesels en
kan agterkom dat jy wel 'n basiese begrip het van waaroor dit gaan in die
moderne soektog om te probeer agterkom wie Jesus werklik was / is. Bo
“The Spirit that moves: Orientation
and Issues in Spirituality”
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit
van die Vrystaat publiseer binnekort 'n boek oor tendense in die wetenskaplike
navorsing oor spiritualiteit, getiteld THE SPIRIT THAT MOVES:
ORIENTATION AND ISSUES IN SPIRITUALITY. Proff. P.G.R.de Villiers, C. Kourie & C. Lombaard het as redakteurs opgetree. Volle besonderhede by
die volgende webbladsy:
http://www.uovs.ac.za/faculties/content.php?id=4480&FCode=09
Navrae: Francois Tolmie
(tolmief.hum@mail.uovs.ac.za)
Nuwe Testament/New Testament
Teologie/Theology
Universiteit van die Vrystaat/University of the Free State Bloemfontein 9300 Suid-Afrika/South Africa
+27 (0)51 401 2667/083 450 5412
Faks/Fax: +27
(0)51 401 3508 Bo
Nehemia Bybel-Instituut en ander Bybel-Media Nuus
Bybel-Media bied deur die NEHEMIA
BYBELINSTITUUT onderrig per korrespondensie aan
swart en bruin kerkleiers wat nie geleentheid gehad het om teologiese opleiding
te ontvang nie. Baie ouer kerkleiers met slegs laerskool-opleiding,
volg dié kursus. Na voltooiing van die studies, ontvang die student ’n Diploma
in Kerkleierskap.
As
gevolg van werkloosheid en armoede, kan baie studente nie die studiegelde bekostig nie. Dis op dié punt waar gemeentes of
indiwidue hierdie mense wat in hul gemeenskap woonagtig is, kan help. Skakel
vir Lenie by (021) 864-8258 (of e-pos: lenie@bmedia.co.za vir meer inligting of as u moontlik ’n student kan
help.
Kerkbode
In die jongste uitgawe van Kerkbode
word berig dat die NG Gemeente Rant-en-Dal se besluit
om voort te gaan met die instelling van ’n belydenisdoop
opslae maak in die kerk. In ’n amptelike verklaring namens die Algemene
Taakspan Regte skryf dr Nelus Niemand: “Die NG Kerk
bely daar is slegs twee sakramente. Enige ander simboliese handeling met die
aard en karakter van ’n sakrament druis in teen die belydenis van die NG Kerk.
Ampsdraers wat lidmate ‘herdoop’, is tugwaardig.”
Is daar ’n oplossing vir hierdie tameletjie?
Kerkbode vra ook wat Christene kan doen om die geweldsituasie
in die land te verbeter. Doen asseblief groot moeite om die Kerkbode in elke
lidmaat se hand te plaas!
Kerkbybel
Sowat drie weke gelede is dié luukse leeromslag-Bybel
met die liedboek, die algemene belydenisskrifte en die Drie Formuliere van
Eenheid aan gemeentes en lidmate teen ’n spesiale afslagprys beskikbaar gestel.
Die ongelooflike aanbod is nou nog beter teen R279-95
per Bybel.
Bestellings slegs by 0860 26
33 42 of 0860 BMEDIA (op jou selfoon). Die aanbod
geld slegs tot 23 Junie.
Die webwerf www.bmedia.co.za gee al die nuutste
inligting oor produkte, dienste en bedienings waarmee Bybel-Media
jou graag sal wil help.
Groete uit Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Departement Ontwikkeling
Tel. 021- 864 8223
E-pos: hans@bmedia.co.za Bo
Splinternuwe
kommentare: Skrifuitleg vir Bybelstudent
en Gemeente
Bybel-Media het onder die NGK-Uitgewers-logo drie nuwe kommentare die lig laat sien.
Beskikbaar by (+27 21) 864 3677.
Josua – Prof. Daan Pienaar. “Ideaal geskik om die leefwêreld en agtergrond
van die gebeure rondom die intog in die land Kanaän onder Josua te beskryf “.
Hosea – Prof. Wil Vosloo. “Die kommentaar gaan help om Hosea een van die mees
preekbare boeke in die Ou Testament te maak”.
Sefanja – Prof. Phillip Nel. “Bevat
die jongste navorsingsresultate op Sefanja met
handige preekvoorstelle”. Wanneer het jy laas
’n preek oor Sefanja gemaak, indien ooit?
Lig
In die Junie-uitgawe van LIG wat nou
beskikbaar is, getuig die sanger Nataniël op ‘n
besondere manier oor sy geloof. Hy sê onder meer: “Ek gló in God en in die
bóódskap van die Bybel.....die fisiese detail, die historiese goed.” Nataniël sê in ‘n eksklusiewe onderhoud met LIG hy glo God
het ‘n plan met sy lewe en sonder Christus sal hy glad nie weet waar hy is nie.
Daar is ‘n spesiale aanbod vir intekenare op LIG
teen ‘n afslag van 37 persent. Teken nou
in en betaal slegs R140 vir elf uitgawes.
Inligting, Navrae en Diensverskaffing
Alle bestellings: Skakel 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA
(op jou selfoon)
- boeke, pamflette, CD’s, DVD’s, kategesemateriaal en baie meer.
Inligting op webwerf: www.bmedia.co.za Bo
Helmut Thielicke
- God se prenteboek
‘n Nuwe publikasie oor Jesus se gelykenisse
Jesus het gelykenisse gebruik om die
geheime van sy koninkryk oor te dra. Die gelykenisse wat Hy vertel het, was
soos 'n prenteboek om die nuwe lewe wat Hy bring aan mense te verduidelik.
In hierdie boek word Jesus se gelykenisse
'n Kinderbybel vir grootmense, 'n video met karakters waarin lesers hulle
diepste swakhede sal herken, maar ook die beste nuus sal hoor.
God se prenteboek is geskryf deur
die bekende Duitse teoloog, Helmut Thielicke. Tydens die 2de Wêreld
Oorlog het duisende mense na Thielicke gaan luister.
In daardie spanningsvolle tyd het Thielicke aan die
verslae en ontnugterde mense van Europa hoop gegee terwyl die bomme hulle stede
verwoes het. Sy boeke is in talle tale vertaal en het die eerste keer in 1980
in Afrikaans verskyn.
God se prenteboek lê Jesus se
gelykenisse op so 'n manier uit dat die leser dit altyd sal onthou. Thielicke het die vermoë om diep Bybelse waarhede op 'n
eenvoudige manier te verduidelik. In hierdie boek kry die leser die geleentheid
om na die "prente" te kyk wat Jesus geskets het van hoe mense se lewe
ten diepste lyk, en van die aanvaardende liefde en
nuwe lewe wat Hy aanbied.
Verkrygbaar by Lux Verbi.BM - Bestellings: 0860 231 231 Bo
Al van so iets
gehoor? Die Hervormde Kerk Rooihuiskraal beplan ‘n draadkarfees om geld vir diens van barmhartigheid in te
samel.
Frans Naudé skryf: Ons beplan ‘n Draadkarfees, en aangesien dit die eerste een is wat ons
aanmekaarslaan, sal dit hierdie jaar net een aand wees. Mathys
Roets en Helene Bester kom DV op Vrydag 20 Oktober 2006 by ons optree, daar is kosverkope (Hervormers hou mos van eet), en dan die
verkope/ opveiling van die draadkarre.
Waar
u vir ons van hulp kan wees is om ons op die spoor van bewese draadkarmakers in u kontrei te plaas. Ons sal graag hierdie
draadkarmakers se kontakbesonderhede wil hê. U kan
selfs Koos Myburg se kontakbesonderhede in u gemeente
se afkondigingsblad publiseer sodat gemeentelede hom
kan skakel met informasie.
Die
draadkarre moet darem van ‘n redelike standaard wees sodat hulle maklik sal
verkoop. Dit kan enige draadkar wees, bv motorkarre, plaasimplimente,
vragmotors, viertrekvoertuie, militêre voertuie en
wie weet wat nog. Nodeloos om te sê dat dit natuurlik glad nie massaproduksiemodelle moet wees nie. Ons beplan om die
winste uit die draadkarre net so aan liefdadigheid te skenk want God was nog
net goed vir ons gemeente.
Daar
is nie ‘n beperking op die aantal draadkarre nie; hoe meer draadkarre ons kry,
hoe meer geld gaan aan liefdadigheid. Ons sal uiteraard skenkings verwelkom,
maar indien die draadkarmaker behoeftig is, is ons
bereid om te vergoed, en dan op daardie manier ook tot liefdadigheid by te
dra. Sou ons draadkarre na die Draadkarfees ontvang, word hulle eenvoudig mettertyd
verkoop of oorgehou tot die volgende fees.
Ons
wil dit weer beklemtoon dat die opbrengste uit die draadkarre net so aan
liefdadigheid geskenk sal word, en dat hierdie nie ‘n poging is om ons eie
gemeente se koffers te vul nie.
Ons
is baie opgewonde oor die uniekheid van die konsep, u weet dis maar soms
moeilik vir ‘n voorstedelike gemeente om selfs net sy eie skapies na ‘n basaar
te lok tussen al die ander aandagaftrekkers van die
stad. Ons sal dit dus werklik waardeer as u ons van hulp kan wees.
Kontak
hulle by myburgs@metroweb.co.za
of nhkrhk@absamail.co.za
Bo
Handpoppe vir Kinderbediening
As julle kinderbediening handpoppe benodig, kan jy gerus die
volgende webwerf besoek vir regtig oulike produkte: www.karensfotos.co.za/PUPPETS.htm Bo
I am a Christian...
When I say... "I am a
Christian"
I'm not shouting "I'm clean livin'."
I'm whispering "I was lost,
Now I'm found and forgiven."
When I say... "I am a
Christian"
I don't speak of this with pride.
I'm confessing that I stumble
and need Christ to be my guide.
When I say... "I am a
Christian"
I'm not trying to be strong.
I'm professing that I'm weak
And need His strength to carry on.
When I say... "I am a
Christian"
I'm not bragging of success.
I'm admitting I have failed
And need God to clean my mess.
When I say... "I am a
Christian"
I'm not claiming to be perfect,
My flaws are far too visible
But, God believes I am worth it.
When I say... "I am a
Christian"
I still feel the sting of pain.
I have my share of heartaches
So I call upon His name.
When I say... "I am a
Christian"
I'm not holier than thou,
I'm just a simple sinner
Who received God's good grace, somehow! Bo
Letter of Recommendation
1 Koos Koekemoer, my assistant
programmer, can always be found
2 hard at work in his cubicle. Koos
works independently, without
3 wasting company time talking to colleagues. Koos never
4 thinks twice about assisting fellow employees, and he
always
5 finishes given assignments on time. Often he takes
extended
6 measures to complete his work, sometimes skipping coffee
7 breaks. Koos is a dedicated
individual who has absolutely no
8 vanity in spite of his high accomplishments and profound
9 knowledge in his field. I firmly believe that Koos can be
10 classed as a high-calibre employee,
the type that cannot be
11 dispensed with. Consequently, I truly recommend that Koos be
12 promoted to executive management, and a proposal will be
13 executed as soon as possible.
Addendum
The idiot was standing over my shoulder while
I wrote this report.
Kindly re-read only the odd numbered lines
(Thanx aan Wicus Wait)