OosKaap eNuus
Visie: Een,
heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4
- Nommer 4 - 3 April 2006 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Brian
McLaren: ‘n Jaar se reénval in een week
A-Z Beleidsdokument vir predikante
Eddie
Makue (VGK-lidmaat) aangestel as Algemene Sekretaris: SA Raad van Kerke
Prof
George Ellis oor die verhouding wetenskap en godsdiens
Skepping, Evolusie en die Waarheid van Genesis
Kenners
krap kop oor ‘ark’ op Ararat
Fasiliterende
Leierskapskursus 14-17 Augustus deur CFN in Port Elizabeth
Mentorsopleiding
4 Julie deur CFN in Port Elizabeth
Julle
“Waarmee is God besig” is fantasties!
A Brief Guide To Scientific
Literature
Brian McLaren: ‘n Jaar se reénval in een week
Dit was lekker om
verlede week na die wêreldbekende gespreksgenoot in die emergent church
beweging in die VSA, Brian
McLaren te luister. In ‘n gesprek met hoofsaaklik jongmense en studente in
die Stellenbosse Moederkerk, het hy gebeure in Honduras toe ‘n jaar se reënval
in een week geval het, as metafoor vir die groot oorgange in die wêreld se
geskiedenis gebruik. Die hoë reënval het bv. tot gevolg gehad dat ‘n rivierloop
totaal verander het, sodat die voormalige brug oor die rivier op droë grond
langs die rivier beland het. Die struktuur – wat voorheen as ‘n brug bekend was
– het behoue gebly as blote toeriste-attraksie.
Histories
het dit verskeie kere in die wêreldgeskiedenis gebeur dat verandering net so
gekonsentreerd as ‘n jaar se reënval in een week “gebeur” het. Vir die kerk het
dit telkens geweldige implikasies gehad. Ons leef ook tans in so ‘n tyd.
Opvallend genoeg het die studente byna letterlik aan “die middeljarige
kaalkop-ou met sy Buddha-magie” (soos hy homself beskryf) se lippe gehang. Ten
spyte van groot veranderinge – tsunami’s – het die Christelike geloof altyd
merkwaardig soepel gebly en voortgeleef. Hierdie soepel skuiwe is gefasiliteer
deur mense wat óf jonk óf relatief nuut binne die heersende (ou) paradigma was.
Johannes Calvyn, wat sy Institusie tussen 19 en 25-jarige leeftyd geskryf het,
is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Mense wat tuis is in een gestalte daarvan, het
telkens die ergste verwag, en is verkeerd bewys.
McLaren
is krities oor die sake wat die sentrale aandag op kerklike agendas haal. In
die VSA word die kerk bv volgens ‘n ondersoek verbind aan ‘n anti-gay
standpunt. Maak nie saak wat jou standpunt oor homoseksualiteit is nie, sê
McLaren, die rooi ligte flikker wanneer mense buite die kerk jou primêr as ‘n
instansie begin sien wat teen persone met ‘n homoseksuele oriëntasie gekant is.
Hy
is ‘n voorstander van ‘n “generous orthodoxy” – ‘n posisie van ‘n waarderende
houding teenoor die hele Christelike tradisie in al sy gestaltes. A generous orthodoxy is ook die titel
van een van sy nuwer boeke waarin McLaren verduidelik: Why I am a missional + evangelical +
post/protestant + liberal/conservative + mystical/poetic + biblical +
charismatic/contemplative + fundamental/calvinist + anabaptist/anglican +
methodist + catholic + green + incarnational +depressed-yet-hopeful + emergent
+ unfinished CHRISTIAN. Klink dit na ‘n
vreeslike ondeursigtige potjiekos-roesemoes van verwardheid? Dit is nie, hoor.
Lees die boek.
Brian
is waarskynlik meer as enigiets anders ‘n gelowige kerkleier wat deur die Here
gestuur word na ‘n nuwe soort Christen, ‘n na-moderne / post-moderne konteks.
Hy het telkens verduidelik dat almal nie na hierdie konteks gestuur word, maar
sommige wel. Die gestalte wat geloof in so ‘n konteks praktiseer lyk vir ander
vreemd. En na-moderne mense gooi vir elke klip wat die kerk na hulle slinger
dikwels ook maar een terug. Hy pleit vir begrip en goeie verhoudinge.
McLaren
is dus veral ‘n missionele Christen. Dit gaan oor gestuurdheid. Die karakter
van God is dat Hy as Vader, Seun en Heilige Gees op ’n missie na die wêreld is.
Hierdie karakter moet ook in die kerk gesien word: die kerk is missioneel,
gestuurd, na mense in welke tyd en omstandigheid hulle hul ook al bevind. Die
kerk is daar om mense te dien en lief te hê – of hulle as gevolg daarvan
Christene word, of nie; of hulle goed is en dit verdien, al dan nie.
Hoofsaak
is nie dat ons na-moderne kerke moet wees nie. Hoofsaak is dat die kerk trou
aan die evangelie van Jesus Christus moet wees – in welke konteks die kerk ook
al geroep is om te werk, bv: voor-modern, modern, of na-modern.
Ek
is veral getref deur die diepte van die vrae wat die jongmense hom in die
Moederkerk gevra het – veel dieper as bv die vrae van mense uit my eie geslag
by ander geleenthede. Veral die vraag oor hoop-loosheid by jonger mense was
aangrypend. McLaren het in sy antwoord ‘n sentrale kenmerk van die emergent church-beweging uitgelig: ‘n
her-sentrering van kerk-wees op Jesus Christus en die boodskap van die
koninkryk van God. Hy het ook beklemtoon dat die jonger geslag nie die kwessies
wat sy geslag se aandag trek klakkeloos moet oorneem en die wêreld in terme
daarvan moet definieer nie.
A-Z Beleidsdokument vir predikante
Die A-Z Beleidsdokument, wat alle aspekte rakende die bediening van predikante verwoord, is nou op die Algemene
Sinode se webblad beskikbaar vir kommentaar tot 1 Mei
2006. Alle kommentaar wat ontvang word sal verreken word in die dokument wat
voor die ASM in Junie 2006 sal
dien. Alle kommentaar asook enige navrae in hierdie verband, kan direk
per e-pos aan ds Manie Kleynhans by Sasolburg-Vier Ankers gerig word. (izelsu@mweb.co.za).
Terwyl jy op die webblad
rondkuier, kan jy sommer meer inligting oor die Luisterseisoen lees – sien ook
die volgende beriggie. Bo
Johan van Rooyen (Cradock) skryf die volgende oor die voortgang van die
Luisterseisoen:
Die Seisoen van Luister is besig om momentum te kry
en oral hoor 'n mens opgewonde mense wat met afwagting uitsien (uit-luister!!)
na wat besig is om te gebeur. Hier en daar tel 'n mens 'n bietjie
agterdog op - maar dit is VERSEKER op vooroordele en misverstande
gebaseer. Die Luisterseisoen is die beste ding wat sedert vrouepredikante
met die kerk gebeur het!!
Dankie aan al die loodsgemeentes wat vir ons 'n groen lig gegee het om deel te wees
van die "proeflopie" met die luistermateriaal. Ek hoop
julle het ook daarvoor begroot - soos ons gevra het. Die aanvanklike
boekies sal slegs R200 per gemeeente kos - so ek hoop julle kan dit
bybring. Die baniere, plakate en ander bemarkinsmateiaal kos natuurlik
heelwat meer, maar dit kan julle mettertyd aanskaf. Dankie ook vir die
lekker gesprek en vrae tydens die Sinodale Werkswinkel!
Ons gaan drie geleenthede in
ons sinodale gebied aanbied waarby ons die Luistersiklus gaan inoefen en
deurpraat met mekaar - voordat ons dit vir die hele kerk beskikbaar stel!
So - julle is uitverkore - swaai jou stert!
Ek het die loodsgemeentes as volg ingedeel:
Groep een: Despatch-Eendrag,
Humansdorp-Oos, Jeffreysbaai en Uitenhage-Noord. (Chris van Wyk)
Groep twee: Gonubie,
PE-Hoogland, Somerstrand en Kensington. (Jurie Pretorius)
Groep drie: Cradock (Moeder, Oos
en Noord), Hofmeyer, Aliwal en Maclear. (Johan van Rooyen)
Wat ons nou asb vra is dat
julle tydens die Predikantebyeenkomste
in ringsverband asb saam as loodsgemeentes op 'n Saterdag sal besluit wat
julle as groep op 'n sentrale plek byeen kan kom. Dit moet asb iewers in die
tweede kwartaal wees. Elke gemeente stuur ongeveer sewe persone plus 'n
predikant / tentmaker sodat tussen 30 en 40 lidmate per groep die
Luistersiklus deurloop. Dit geskied onder leiding van Chris van
Wyk, Jurie Pretorius en ekself. Jurie en Chris sal self
reel watter een van die suidelike groepe hulle sal hanteer. Ek is
beskikbaar vir die Karoo-gemeentes - en ons sal waarskynlik op Hofmeyer
vergader.
Geniet solank alles wat tans
oor "luister" geskryf en gese word.
Seënwense vir Lydenstyd en Paasnaweek.
Bo
Eddie Makue (VGK-lidmaat) aangestel as Algemene
Sekretaris: SA Raad van Kerke
Baie geluk aan
Eddie Makue van die VGK wat in bogenoemde invloedryke ekumeniese pos aangestel
is. In die SARK se persverklaring word onder andere die volgende oor hom gesê:
Mr. Makue, 52, has a distinguished record of service
to the ecumenical movement that spans two decades. He began working for the SACC in 1986 as a
field worker and programme facilitator.
His responsibilities included providing material and moral support to
victims of unjust prosecution, political prisoners and their dependents. He went on to direct the Council's Democracy
Education programme from its inception in 1992 before becoming head of the
Justice Ministries Unit in 1994. For the
past eighteen months, he has served as the SACC's Deputy General Secretary, in
addition to his Justice Ministries post.
"Mr.
Makue has a demonstrated commitment to social and economic justice, gender
equity, human rights and the inclusiveness of Christ's Church - all central themes in the Council's prophetic
witness," said Prof Russel Botman, President of the SACC and Chair of the
Search Committee that selected Makue. "His organisational management and
development skills will also continue to be great assets to the Council."
A graduate
of
Mr. Makue and
his wife have three daughters and two grandchildren. Bo
Prof George
Ellis oor die verhouding wetenskap en godsdiens
‘n Hele aantal Oos-Kapenaars het die onlangse lesings
van prof George Ellis, Templetonprys-wenner
vir sy werk op rondom die verhouding tussen wetenskap en godsdiens, by die
idilliese Noorspoort-gastehuis in die Oos-Kaap bygewoon. Danie Craven Jnr het
die volgende verslag geskryf:
Professor George Ellis gave his lecture at
Noorspoort Guest Farm on Saturday 25 March 2006 to a group of more than 30
people. One participant had come all the way from the West Coast to listen to a
fascinating topic and to experience at first hand how a top scientist analyses
and views the thorny issue of reconciling religion and science. And what a
mental journey it was! There were very few disciplines and areas that were not
covered in Professor Ellis’ analysis, directly or by inference.
The professor pointed out the excessive
claims and standpoints that both scientists and theologians have made
throughout man’s recorded history, and said that there was now a better mutual
understanding between the two groups about when to take a stance and when to
simply shut up! Although some fundamentalists and extremists have given
religion a bad name, they basically preach the same message - a message of love
and compassion. He also emphasised the importance of the act of Kenosis which
allows man to ‘empty’ (self-sacrifice) himself for and on behalf of others
without the expectation of any reward.
Thanks Prof. Ellis, you helped to instill a
feeling of awe in us for the beauty of the natural world and cosmos surrounding
us, and to realise that our very future depends how we treat our fellow human
beings - with respect and compassion, rather than in self-destructive
confrontation.
George Ellis behoort in terme van
geloofstradisie tot die Kwaker-beweging,
waarvan sommige lede hulself as ‘n Christelike beweging en ander hulself of as
agnosties, ateïsties of universalisties beskou. Bo
Skepping, Evolusie en die Waarheid van Genesis
In ‘n onlangse OosKaap eNuus is die optrede van dr Johan Kruger van Creation Ministries by verskillende
geleenthede in Port elizabeth bekendgestel. Uiteenlopende briefies is hieroor
ontvang. Iemand skryf:
Briefie
Een
Hallo Danie,
Ek voel bietjie
ongemaklik met "skepping, evolusie en die waarheid van
Genesis". Hoekom sit ons kerk so 'n advertensie op ons eNuus? In 1987 is
die Nobelprys toegeken aan die bewysers van die "Big Bang".
Groete!
Briefie Twee
Innes Visagie, tot
onlangs leraar te King William’s Town, en nou teologiese dosent in Londen, laat
hoor:
Hallo Danie
Groete hier uit London.
Net bietjie kommentaar na aanleiding van
die beoogde seminaar “Skepping, evolusie
en die waarheid van Genesis” deur Dr
Johan Kruger: Hier in London het die Queen die ander dag die Moslem gemeenskap
daaraan herinner dat hulle vooraf geweet het hul immigreer na ‘n
Christelike land. Die ironie is egter dat in die praktyk daar gewoon neergesien
word op iemand wat nie die evolusie teorie van Charles Darwin as die absolute
verklaring van die skepping aanvaar nie. (‘n
Lang dokumentêr oor christen-individue wat waag om die leerplan te ignoreer -
nou die dag op TV) Iemand wat aan die skeppingsverhaal uit die Woord
vashou, word as totaal “agtergeblewe” en gevaarlik beskou. Die skoolleerplan
maak geen ruimte vir ‘n Bybelse visie oor God as die Skepper nie. Ek dink die
skoolleerplan in SA maak ook nie daarvoor voorsiening nie, die verskil in SA is
egter dat die Christen-kinders nog sterk deur hul ouers en deur hul eie
kerkbesoek beïnvloed word. Hier in London is kerkbesoek deur die Engelse jeug
minimaal en dit is al in die derde of vierde geslag (van die wat My haat) met
die gevolg ouers raak ontevrede met enige christelike inmenging in die
skoolprogram. Die Bybel het heel irrelevant geword vir die erg gesekulariseerde
wêreldstad, London.
Die uitdaging aan die Christelike kerk is
beslis hoe om die openbaringsgeskiedenis van God geloofwaardig en relevant te
maak in die kontemporêre, gesekulariseerde en verwetenskaplikte wêreld.
Interessant: In vergelyking woon daar maar
twee keer soveel mense in die hele Holland (16 407,00) as in Londen (8 000.00).
Groete
Innes Bo
Kenners krap kop oor ‘ark’ op Ararat
(Die Burger, 15.03.2006)
WASHINGTON - Is dit Noag se ark wat op die berg Ararat in die ooste van
Turkye uittroon” As dit is, was die ark groter as die Titanic en omtrent so
groot soos die grootste vliegdekskip tans ter see, reken ‘n Amerikaanse
satelliet-analis wat foto’s van dié “iets” op die berg ontleed. Mnr Rod
Franz van die Sun Trek Media Group/Ritelmage sê in ‘n onderhoud met die
aanlynnuusdiens SPACE.com satelietfoto’s van Ararat dui op ‘n afwyking
in die patroon van die berg. ‘n Ander wetenskaplike dink die afwyking kan
“dalk ‘n Bybelse omvang” aanneem. Die lengte van hierdie afwyking - op
die satellietfoto’s lyk dit soos ‘n groot, moderne oorlogskip op die rotsbank -
is 309 meter. Hy het ook gevind die vorm van die afwyking kan in ‘n
sirkel pas... Hierdie vreemde voorwerp is op die noordwestelike hoek (4
664m bo seespieël) van die berg Ararat te sien en is byna deur ‘n ysgletser
bedek. Prof Porcher Taylor van die Universiteit van Richmond... sê hy het
“nuwe hoop” gekry nadat hy die nuwe hoëresolusie digitale foto’s van
DigitalGlobe se Quick-Bird-satelliet gesien het. Hy praat van ‘n “nuwe en
betekenisvolle ontwikkeling” in die soektog na Noag se ark. Hy glo hy is
op die punt om die geheim van Noag se ark te ontrafel, wat in die Bybelboek
Genesis beskryf word...Hy lê nou al hierdie beelde voor aan wetenskaplikes en
ontleders... Ek hou vol dat as dit iets mensgemaak is en moontlik
seevarend, dan is dit moontlik iets van ‘n Bybelse omvang” ... Bo
Fasiliterende Leierskapskursus 14-17 Augustus deur
CFN in Port Elizabeth
Die hoofdoel van dié kursus is om deelnemers te
help om ‘n fasiliterende benadering tot die lewe en veral leierskap te
ontwikkel. Praktiese vaardighede word aangeleer en ‘n hele aantal
hulpmiddels word beskikbaar gestel om te gebruik in transformasie
prosesse. Om te verseker dat dit nie net teoreties bly nie, word die
vaardighede aangeleer aan die hand van gevallestudies uit die deelnemers se eie
omgewing waar situasies vasgeval of verstrik het. Die meer as dertig predikante
en lidmate in die Oos-Kaap wat die kursus al deurloop het, praat met groot lof
van die kursus: “Fasilitering het my geleer om meer aandag aan die
individuele mense in ’n voortgaande proses of reis met mekaar te skenk.
Verhoudings is net so belangrik as die uitvoering van besluite.”
Lidmate,
leiers en leraars in die Oos-Kaap word nou weer die geleentheid gebied om die
kursus by te woon. Dit word aangebied van 14-17 Augustus 2006 by die
fasiliteite van die NG Kerk Somerstrand. Inskrywings kan gedoen word by http://www.cfn.org.za . Die
eerste aantal inskrywings vir die kursus word gesubsidieer. Die koste vir
die 4 dag kursus kon daarom verlaag word tot R980 per persoon. Vir meer
inligting kan die webtuiste geraadpleeg word of Chris van Wyk gekontak word by acv@global.co.za of 0825749191. Bo
Mentorsopleiding 4 Julie deur CFN in Port Elizabeth
Dié kursus bou op die fondament wat die
fasiliterende leierskap kursus gelê het. Die hoofdoel is om mense toe te
rus om ‘n effektiewe mentor van ander te wees. Deur rollespel word
deelnemers in staat gestel om praktiese vaardighede aan te leer.
Alle deelnemers wat al die eerste
fasiliteringskursus bygewoon het, word nou uitgenooi om die mentorsopleiding by
te woon. Dit word aangebied op 4 Julie 2006 by die fasiliteite van die NG
Kerk Somerstrand. Inskrywings kan gedoen word by http://www.cfn.org.za . Die
eerste 12 inskrywings vir die kursus word gesubsidieer. Die koste vir die
kursus kon daarom verlaag word tot R250 per persoon. Vir meer inligting
kan die webtuiste geraadpleeg word of Chris van Wyk gekontak word by acv@global.co.za of 0825749191. Bo
Julle “Waarmee is God besig” is fantasties!
Tobie de Wet skryf uit
Japan na aanleiding van ‘n onlangse OosKaap eNuus:
Liewe
Danie,
Vreeslik
dankie vir jou OosKaap eNuus!!! Ek kry verskeie Sinodes s'n maar niks kom by
julle s'n nie!!! DANKIE vir jou besondere moeite en insette. Moet nie moeg word
om so goed te doen nie........
Die
artikel "Waarmee is God besig" en wat julle beoog is fantasties!! Ek
is besig om GROOT uit te mis daar in die OosKaap. Is verskriklik JALOERS!!
Die
verslag oor kerkeenheid bemoedigend maar ook steeds kommerwekkend. Ten spyte
van al die positiewe is die oorheersende indruk egter dat die weerstand wyer en
dieper is as wat ons wil erken en dat die pad nog lank en swaar is.....
Die
brief aan F-polisiekar interressant. Soos jy dalk weet ii een van die lede se
ouers, THEO en MARLENE Badenhorst saam met ons hier in Japan.
Jou
grappies is nogal ook humoristies.....
Dankie,
ons waardeer jou
Groete
Tobie
(OosKaap eNuus wens
tobie en Annelie graag geluk met hul 32ste huweliksherdenking wat hulle die
afgelope week gevier het.) Bo
Die teologiestudent van die NG Kerk wat verskeie dosente en predikante
in die kerk van leerdwaling beskuldig het, is deur die kerk skuldig bevind aan
oneerlikheid. Sy toekoms as predikant is nou in die gedrang.
Die klag teen mnr. Ferdie Mulder spruit uit
'n verklaring wat in Junie verlede jaar opgestel is. Daarvolgens distansieer 46
teologiestudente hulle van beskouings dat Jesus Christus se opstanding uit die
dood nie histories letterlik en liggaamlik plaasgevind het nie.
Dié sienings is aan dosente van die
fakulteit teologie aan die Universiteit van Pretoria toegeskryf.
Mulder is daaraan skuldig bevind dat hy in
verskeie opsigte oneerlik opgetree het met die opstel, ondertekening,
verwerking en verspreiding van die verklaring. Dit behels onder meer dat hy van
die studente een weergawe van die verklaring laat onderteken het, maar dit toe
verander het en 'n ander weergawe daarvan met hul name daarby versprei het, het
dr. Flip du Toit, predikant vir teologiese opleiding, gister gesê.
Ander studente is net telefonies gekontak
en het nooit die dokument onderteken nie, terwyl 'n derde groep glad nie geken
is in die saak nie, hoewel hul name onder aan die verklaring bygevoeg is.
Die kommissie wat Mulder skuldig bevind
het, het sy toelating tot die evangeliebediening opgeskort totdat hy die
kuratorium (wat toesig hou oor teologiese opleiding) oortuig het van sy berou
oor die oneerlikheid.
Mulder het gister gesê hy oorweeg dit om by
die algemene sinode te appelleer.
Hy sou einde vanjaar sy studie
voltooi en dan gelegitimeer word en as predikant beroepbaar gestel word. Die
beslissing bring egter sy gemeentejaar in die gedrang omdat sy preekvergunning
ingetrek is.
• Intussen is die
ondersoeke na die beskouings van die dosente wie se leersuiwerheid bevraagteken
is, steeds aan die gang. Bo
Spelers: Presley Chweneyagae, Terry Pheto, Kenneth Nkosi, Mothusi Magano, Zenzo
Ngqobe, Zola, Rapulana Seiphemo, Nambitha Mpumlwana, Nthuthuko Sibisi, Ian
Roberts
Regisseur: Gavin Hood
Daar is 'n mooi aanhaling van Franz
Kafka wat lui dat 'n goeie boek soos 'n yspik moet wees wat die bevrore see van
ons hart oopkap. Só 'n yspik teen apartheid was Athol Fugard se boek Tsotsi vir my toe ek dit iewers in my
hoërskooljare in die 1980's gelees het. (Nog 'n yspik was André P Brink se 'n Droë wit seisoen, destyds nog
verbied en in ons skoolkoshuis ingesmokkel.)
Die ander rede om hierdie fliek,
wat op Fugard se boek gebaseer is, te gaan kyk, was regisseur Gavin Hood se
uitstekende film A reasonable man
van so omtrent ses jaar gelede. Dat Hood nogmaals goeie werk gedoen het, word
bevestig deur die twee gesogte toekennings wat Tsotsi pas by die Edinburghse Filmfees ontvang het.
Die fliek handel oor 'n klipharde
jong gangster wat ná 'n motorkaping 'n baba op die motor se agtersitplek
aantref. Hy besluit uiteindelik om die kind saam te neem na sy blyplek - 'n
besluit wat sy hele lewe verander. 'n Maklike verhaal om oortuigend te vertel
is dit hoegenaamd nie. Dis algemeen bekend dat geharde kriminele nie sommer net
so met 'n klap van die vingers 'n hartsverandering ondergaan nie, veral nie
wanneer hul leefwyse die tipe misdaad is wat Tsotsi-hulle pleeg nie (en wees
gewaarsku: die geweld is sterk en grafies).
Vir die boek had Fugard uiteraard
meer verteltyd en kon Tsotsi se inkeer meer geleidelik, en dus meer geloofwaardig,
uitgebeeld word; in die fliek geskied dit binne enkele dae, dalk tog 'n bietjie
te vinnig, maar darem nie heeltemal onrealisties nie. Die boekomgewing (as ek
reg onthou, is die boek in die 1970's gepubliseer, maar dit kan selfs ouer
wees) word ook interessant verplaas na die hede (byvoorbeeld die motorkaping en
die suggestie dat Tsotsi se ma weens vigs dood is).
Die film bied 'n geleentheid om
te dink oor die storie ágter 'n misdadiger se gruweldade - dis waar die yspik
so effektief is. So moeilik soos dit sekerlik vir die slagoffers van geweld is
om empatie met hul aandoeners te hê, lê daar in die meeste gevalle verstaanbare
redes en oorsake agter mense se gedrag - "If we could know all, we could
forgive all" is 'n ander aanhaling wat by my opkom.
Ten spyte van al die slaggate van
vergoeliking en sentimentalisering van 'n komplekse onderwerp word Tsotsi se
verhaal bymekaargetrek met 'n realistiese en goed verantwoorde slot.
Die township-omgewing word in fyn
detail ingekleur, en die musiek van Zola is een groot plesier. Die akteurs kwyt
hulle almal goed van hul taak, maar veral Presley Chweneyagae in die hoofrol
moet uitgesonder word - van hom behoort ons nog baie meer te sien. Die fliek
kry ekstra punte daarvoor dat die taal outentiek is (hou die ore oop vir die
stukkies Afrikaans) en dat Engelse onderskrifte gebruik word eerder as Engelse
dialoog. Daar is ook 'n paar heerlike spatsels humor, veral vir wynliefhebbers.
Die een aspek van die film wat
vir my wel onrealisties was, was die jong vrou na wie Tsotsi die baba neem om
te soog - haar voorkoms veral was té gepoleerd vir haar omgewing. En ai, daai
koorsang soos wenende viole met die suggestie van liefde in die lug …
Verder is dit hoede af vir
regisseur Hood en Viva Suid-Afrikaanse films! Bo
(Die
homoseksuele tema van Brokeback Mountain laat
menige Christen met gemengde gevoelens. Hierdie resensie het my gehelp om ‘n
meer ewewigtige beoordeling van Brokeback
Mountain te maak.)
Regisseur: Ang Lee
Draaiboek: Larry
McMurtry en Diana Ossana
Looptyd: 134 min
Rolverdeling:
Heath Ledger, Jake Gyllenhaal, Michelle Williams, Anne Hathaway
Verhoudings is vreeslik mooi en
vreeslik hartseer.
Brokeback
Mountain, Ang Lee se
meesterlike visualisering van Annie Proulx se gelyknamige kortverhaal, bied ‘n
blik op die intense, onbetwisbare liefde (hoewel die woord nooit in die film
gebruik word nie) tussen twee cowboys.
Eendag in 1963 daag twee heeltemal
verskillende jong mans op in Signal, ‘n piepklein dorpie in die staat Wyoming
(in die VSA se weste) en doen aansoek om skape op te pas teen die hange van Brokeback Mountain.
Reeds in die eerste toneel probeer
Jack Twist (vertolk deur Jake Gyllenhaal) en Ennis del Mar (Heath Ledger)
oogkontak vermy, maar daar is iets wat krap. Daar is ‘n skaamte, maar duidelik
een of ander onverklaarbare belangstelling.
Nie lank daarna nie kry ons die
beste visuele idee in die hele film. Ek gaan nie verklap wat dit is nie;
wanneer jy die film sien, kyk na die skoot waar Jack ‘n aartappel skil en sy
bes probeer om nie agtertoe te kyk nie. Ang Lee se regie is eenvoudig uit die
boonste rakke en dis op hierdie oomblik dat ons besef dat die film iets
besonders gaan wees.
Een aand dryf alkohol, die lewe
se groot disinhibeerder, latente gevoelens op ‘n spits en dan gebeur dit wat
tot onlangs ondenkbaar (en onwettig) was in die meeste samelewings.
Wat volg, is jare se intimiteit,
geheime, leuens en groot onsekerheid oor wat volgende gaan gebeur.
Dit is ‘n film hierdie waar jy
die karakters kan sien dink, kan sien struwel. Heath Ledger se uitbeelding van
‘n introvert slaag met verrassende sterkte en insig. Ennis se uitspraak is soms
baie onduidelik en moeilik om te verstaan – soos sy gevoelens en sy gedagtes,
is die betekenis soms moeilik om te snap. Ennis is versigtig en kom dalk koud
voor, maar hy is ‘n karakter wat vol seer is en ‘n hele paar keer links en regs
kyk voor hy die straat oorsteek.
Jake Gyllenhaal se effens meer
avontuurlustige karakter het egter ook emosionele diepte. Hy is die een wat
homself voorstel, vir Ennis vra of hulle kan oorslaap in dieselfde kamp, dan
een aand by hom in die tent kom inkruip. Hy is die een wat risiko’s neem.
Maar kyk hoe bang is hy om met
Loreen (Anne Hathaway) te flirteer. Hy is uiterlik vol selfvertroue, maar sy
vrou ry veel beter rodeo (‘n meer manlike eienskap) as hy en is sterk in die
besigheidswêreld.
Die karakters word almal deur die
draaiboek gerespekteer, en laat die kyker toe om dieselfde te doen.
Jack en Ennis praat oor die
moontlikheid van saam huis opsit, maar die gemeenskap is ‘n onvergewende een en
hierdie wens kan nie verwesenlik word nie. Wat die homofobe sal skok, is die
menslikheid van die karakters, hul veelkantigheid. Hulle is doodnormale mense,
niks beter of slegter nie. Wat baie kykers ook moontlik kan verras, is die
tikkie homofobie wat Jack en Ennis self openbaar. Hulle ontdek dat daar iets
binne-in hulle is wat hulle nie verwag het nie, en nou weet hulle nie hoe om
verder te maak nie.
Hulle verskil in die manier
waarop hulle hierdie gevoel hanteer. Ennis – en hiervoor is daar ‘n terugflits
om sy vrese te verduidelik – hou al sy gevoelens binne. Sy emosionele isolasie
affekteer egter almal rondom hom, insluitend Jack. Die liefde is nie net ‘n
idee nie, dit is iets waaraan hy fisies ly: kyk wat met hom gebeur wanneer hy
en Jack groet na hul eerste winter op Brokeback.
Jack raak eers na ‘n lang ruk
werklik bewus van wat dit is wat hy voel. Wanneer hy die eerste keer van Ennis
af wegry, sien hy hom net as ‘n figuur in sy truspieël. Die volgende keer wat
hy alleen in sy kar ry, begin hy huil wanneer hy agterkom dat hy Ennis nodig
het.
Die draaiboekskrywers ken die
leuens wat vertel moet word aan geliefdes, die ewige gekyk oor jou skouer of jy
nie dalk raakgesien word nie, die paranoia dat ander mense weet wat jy is en
wat jy doen.
Daar word ook gekyk na albei
karakters se pogings om hulself te vestig as sterk manlike figure. En dis nie
altyd maklik nie. Jack se opstand teen sy skoonpa ontbloot heelwat van sy
karakter.
Niks is maklik nie, en niks lyk
maklik nie. Ennis se vrou hou haar frustrasie opgeprop omdat sy te bang is vir
die waarheid, te bang om al die leidrade te volg. Jack se vrou is baie sterk,
en ‘n finale telefoongesprek spreek van liefde en begrip vir die man wat soveel
geheime het.
Die etiket wat om Brokeback Mountain se nek gehang word
(om nie eens te praat van die woordspelings op die titel nie!) as ‘n
gay-western pas nie mooi nie, omdat dit nie ‘n gay-film soos die meeste is nie
en die twee cowboys aan die ander kant enige twee ouens op enige ander plek kon
gewees het.
Die film is kragtig en na die
vertoning sal die ontknoping nog by jou spook. Daar is geen pretensie nie. Wat Brokeback Mountain regkry, is om ‘n
volledige film met ‘n homoseksuele verhouding te skep waar die emosies, die
karakters en die omstandighede realisties, emosiewekkend en ingewikkeld is. En
die hartseer kitaar op die klankbaan is die perfekte musikale metafoor vir die
melancholie van die verhaal. Bo
Die woord geskiedenis kan ‘n veelvoud van betekenisse behels. Vir die
doeleindes van hierdie bespreking wil ek egter slegs op een aspek konsentreer,
naamlik, geskiedenis-as-identiteit.
Geskiedenis as identiteit is nou
verwant aan wat ons as “inherente” idees oor die verlede kan beskou. Hierdie
idees neem dikwels die vorm van sogenaamde “common sense” aan en kan as ‘n
organiserende beginsel in die daaglikse lewe funksioneer. As sodanig kan idees
oor die verlede daartoe bydra om ‘n persoon se hedendaagse uitgangspunte en
perspektiewe te help vorm. Alhoewel die gewig van so ‘n historiese belading
uiteraard individueel na gelang van uiteenlopende kontekste sal verskil, kan
weinig individue daarop aanspraak maak dat hulle hoegenaamd geen verlede het
nie en ongekontamineerd is deur alle gebeure wat in die verlede voorgekom het.
Geskiedenis in ‘n sekere sin kan as die aambeeld van identiteit beskou word.
Idees oor die verlede hoef
natuurlik nie slegs van ampsweë oorgedra te word nie, maar kan ook informeel en
byna onbewustelik deur eendersdenkende gemeenskappe gegenereer word. Die idees
hoef ook nie dieselfde oor tyd te bly nie, en kan na gelang van veranderende
omstandighede en breër ideologiese verskuiwings in ‘n samelewing aangepas word.
‘n Praktiese voorbeeld hiervan is die wyse waarop die herinneringe oor die
Anglo-Boereoorlog hanteer is: vir jare was dit ‘n integrerende deel van die
Afrikaner se lydingsgeskiedenis, maar soos die onlangse honderdjarige
herdenking van die oorlog getuig het, het daar in ‘n veranderende konteks ‘n
meer genuanseerde en geskakeerde beeld na vore getree waarin swartes en ander
groepe meer prominent as vantevore figureer.
Swart politieke organisasies het
ook geskiedenis vrylik gebruik ten einde ‘n bepaalde historiese identiteit in
lyn met hulle politieke oogmerke te smee. So het die akademikus Tom Lodge voor
die ontbanning van die ANC in 1990 oor dié organisasie geskryf:
The ANC has a well-developed sense of its
historical identity. The very rhythm of its present day political and military
activity demonstrates a deeply etched collective memory expressed through an
annual calendar of commemorations and anniversaries. ANC speeches are larded
with historical references to pre-colonial societies, to primary resistance,
and to its previous campaigning. ANC recruits are drilled with a basic
chronology of the ANC’s own development. (Radical History Review, 1991)
Alhoewel die klem op militêre
aangeleenthede sedertdien in die ANC se historiese retoriek weggeval het (maar
nie volkome nie, te oordeel aan Zuma se onlangse “masjiengeweer”-dreunsang
buite die hof) het die kern van hierdie identiteit wat die gedagte van swart
bevryding en “struggle” in die algemeen bevat, nog weinig van sy
glans verloor. Ofskoon die ANC hoog opgee oor die behoefte en ideologie van
nie-rassigheid, poneer die praktiese alledaagse werklikhede egter ‘n ander
ideologiese bestel van Afrikanistiese hegemonie. Veral sedert die organisasie
se vyftigste jaarkongres in Mafikeng in 1997 is daar toenemend hierop klem
gelê. Oor die teenstrydighede van dié posisie vis-à-vis nie-rassigheid het die
historikus Colin Bundy soos volg kommentaar gelewer: “The call for African hegemony
in the context of a multi-cultural and non-racial
society is an oxymoron striving for orthodoxy.” (“New nation, new history?” Ongepubliseerde referaat, 2002)
Die verlede wat nog steeds die
luidste tot ons spreek vandag, is een van afsonderlike identiteite wat elk die
geskiedenis in ‘n meerdere of mindere mate vir breë politieke doelwitte
aangewend het of nog steeds aanwend.
Maar desnieteenstaande wil ek tog
vra of ons ons nie by tye te veel vas staar teen die formele politieke domein
en nie genoeg ag slaan op die alledaagse, waar mense gereeld met mekaar skouers
geskuur het en in weerwil van wesentlike verskille tog ‘n samelewing op
grondvlak in stand gehou het nie. Moet ons nie miskien meer indringend kyk na
wat al genoem is “the nooks and crannies of everyday
historical existence” nie? Sal
dit nie miskien vir ons ‘n andersoortige geskiedenis oplewer nie?
Die historikus Charles van
Onselen het byvoorbeeld in sy epogmakende werk oor Kas Maine, die deelsaaier in
die voormalige Wes-Transvaal, bevind dat verhoudinge in die platteland baie
meer interafhanklik was, en dat baie meer kulturele kruisbestuiwing tussen wit
en swart plaasgevind het, as wat die stereotipe van die “boer en sy sambok”
dikwels wil te kenne gee.
Eweneens het ek, in my werk oor
swart betrokkenheid by die Eerste Wêreldoorlog, gevind dat daar tydens die
Boere-rebellie van 1914 aandag geskenk is aan die gedagte om Sotho-steun vir
die Boere se saak te werf. Natuurlik moet mens nie te veel in sulke pogings
inlees nie, maar dit toon tog op verrassende wyse hoe rasseskeidslyne onder
bepaalde omstandighede meer vloeibaar was as wat die oorkoepelende
geskiedsbeeld voorhou.
In ‘n ander verband het die
skrywer André P Brink hom reeds in 1987 oor ‘n byna “onsigbare” verband tussen
wit en swart uitgelaat; hy het dit in Engels soos volg gestel:
History has turned them into enemies. And yet
they are probably the two groups of people in
Hierdie tipe uitsprake kan natuurlik
oordryf word, maar dit maak ons tog daarop attent dat, benewens die historiese
verdelende faktore in die Suid-Afrikaanse samelewing, ons miskien ook moet kyk
na daardie elemente wat die samelewing bymekaar gehou het.
Hiermee wil nie voorgegee word dat historici eensklaps met ‘n heel vars
oorkoepelende geheel na vore sal kom nie – daarvoor was daar eenvoudig te veel
stryd en drama in die Suid-Afrikaanse verlede. ‘n Geskiedenis wat alle groepe
in die land eweseer tevrede sal stel, sal waarskynlik bloot ‘n hersenskim bly.
Daar sal altyd verskillende
uitgangspunte wees; daar is baie en uiteenlopende stories om te vertel. Die
beste waarvoor mens kan hoop, is vir historici om te besef dat hulle hul
stories beter sal vertel as hulle dit binne die kader van die breë tafereel van
die Suid-Afrikaanse verlede kan plaas, met inagneming van die ideaal, hoe
moeilik ook al, van ‘n verlede wat selfs opponerende en strydende groepe in ‘n
binêre verband plaas
(Prof Grundlingh
is voorsitter van die dept Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch –
Bron: Litnet) Bo
In ‘n restaurant in
Zambië: "Open seven days a week and weekends."
Op die hekke van ‘n privaatskool
in Suid-Afrika: "No trespassing without permission."
Op ‘n venster van ‘n
Nigeriese winkel: "Why go elsewhere to be cheated when you
can come here?."
Op ‘n plakkaat in
Ghana: "Are you an adult who cannot read? If so, we can
help."
In ‘n hotel in
Mosambiek: "Visitors are expected to complain at the office
between the hours of
9.00 am and 11.00 am
daily."
By ‘n rivier in die
Demokratiese Republiek van Congo: "Take note: When this sign is
submerged, the river is impassable."
Op ‘n gebou in Sierra
Leone: "Mental Health Prevention Centre."
In die kraamsaal van
‘n kliniek in Tanzania: "No children allowed!"
In ‘n Namibiese
nagklub: "Ladies are not allowed to have children in the
bar."
(www.onnet.up.ac.za/humor.html) Bo
A Brief Guide
To Scientific Literature
The following phrases, frequently found in technical
writings, are defined below for your enlightenment.
It has been long
known: I haven't bothered to check the
references
It is known: I believe
It is believed: I think
It is generally
believed: My collegues and I think
There has been some
discussion: Nobody agrees with me
It can be shown: Take my word for it
It is proven: It agrees with something mathematical
Of great theoretical importance: I find it interesting
Of great practical
importance: This justifies my employment
Of great historical
importance: This ought to make me famous
Some samples were chosen
for study: The others didn't make sense
Typical results are
shown: The best results are shown
Correct within order of
magnitude: Wrong
The values were obtained
empirically: The values were obtained by
accident
The results are
inconclusive: The results seem to
disprove my hypothesis
Additional work is
required: Someone else can work out the
details
The investigations proved
rewarding: My grant has been renewed
(www.geoscience.org.za)
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton