OosKaap eNuus
Visie: Een,
heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4
- Nommer 3 - 17 Maart - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Hierdie OosKaap eNuus loop oor van
interessante sprekers en toerustingsgeleenthede.
Iewers is daar iets vir almal!
Skepping, evolusie en die waarheid van Genesis
What is
God up to? (Prof George Ellis visits the EC)
Toerusting in Berading: Vir leraars en lidmate
Want to really know God’s Word?
Ben
Bester van Global Careers (Phuket) tree in PE op
Sentrum
vir Bedieningsontwikkeling: Excelsus
Programme vir April en Mei 2006
Bybelmedia en vreugde in die bediening
Kerkhuis vir oorslaap – George
Moedergemeente.
Die geloofsonderskeidende gesprekke met leraars vind in April
op gedesentraliseerde basis plaas. Maak seker jou dagboek bevat die relevante
inskrywing as jy predikant in die Oos-Kaap is:
|
Datum |
Plek |
Ringe |
Byeenkoms |
|
18 April |
Port Elizabeth |
Ringe van Algoa, PE en PE-Wes |
NGK PE-Lorraine |
|
19 April |
Uitenhage |
Ringe van Humansdorp, Sondagsrivier,
Uitenhage |
NGK Uitenhage De-Mist |
|
20 April |
Cradock |
Ringe van Albanie, Cradock, Graaff-Reinet |
NGK Cradock-Oos |
|
21 April |
Queenstown |
Ringe van Burgersdorp, Oos-Londen,
Queenstown, Dordrecht |
NGK Queenstown |
Skepping, evolusie en die waarheid van Genesis
Die evolusieleer bring ‘n groot
uitdaging aan die kerk. Met skole, wat dit meer en meer as ‘n feit hanteer,
bring dit baie vrae in die gemoed van jong gelowiges. Kan die kerk die leer
kritiekloos omarm? Is daar enige antwoorde wat gegee kan word aan mense wat die
leer van God as skepper betwyfel?
Dr Johan Kruger is die hoof van Creation Ministries International (South Africa) en hy besoek
Port Elizabeth waar hy antwoorde op hierdie en ander vrae sal bring. Kom
luister gerus, en maak asb in u gemeentes bekend. Kyk na www.creationontheweb.com vir meer inligting.
Ontbyt vir Kerkleiers met Dr Johan
Kruger
* Donderdag 30 March
2006, 08:00 – 10:30.
NG Kerk Grasvoëlkop,
Barbetstraat, Cotswold Uitbreiding.
Besprekings noodsaaklik: 041-3655258 of
0834637462 of johncp@axxess.co.za
RSVP 27/3. Kollekte sal opgeneem word.
Lesing: Skepping, Evolusie en die Waarheid
van Genesis
Dr Johan Kruger van Creation
Ministries International
sal oor die relevante onderwerp praat.
* Donderdag 30 Maart 2006. NG Kerk Grasvoëlkop om 19:00.
Barbetstraat, Cotswold Uitbreiding. Bo
What is God up to? (Prof George Ellis visits the EC)
What is ‘good’, what is ‘bad’, or is everything simply
‘relative’ in a manner we hardly understand? Here is a golden opportunity to
clear the cobwebs from our minds and to listen what world-renowned Professor
George Ellis of
The nice
thing about the Professor’s visit is that you can design your own programme, i.e. you can attend some or all of the events
outlined below, thus allowing you to control your costs. We have asked Prof.
Ellis to keep his introductory talk from 11:00 to 13:00 at a relatively
elementary level so that even laymen can understand it! Then after lunch, from
14:00 to about 16:30, he can delve deeper into the various mysteries, if he so
wishes. What a fascinating topic to look forward to! There are therefore two
sessions by Prof. Ellis which you can attend, followed by two presentations by
Pine Pienaar of the NMMU.
The first of Pine’s presentations will be at the incredible Draaikrans
Rock Formation, followed later the evening by a lecture-cum-slide-show about
astronomy and cosmology. All these events will be interspersed with meals and a
sundowner. Also, if you wish to stay over, this is possible, but please arrange
for this beforehand (self-catering or luxury accommodation – or tents or in a
shed if needs be). Please see the schedule and tariffs below.
Kind regards
Danie Craven Jnr.
Cell 082 55 333 44 or telefax
049 835 0001
E-mail address: info@noorspoort.co.za
Postal address:
Website: www.noorspoort.co.za
Programme &
Tariffs (Learners) (Adults)
11:00 – 13:00 Morning session by Prof.
George Ellis R50 R125
13:00 – 14:00 Lunch
R50 R125
14:00 – 16:30 Afternoon session by Prof.
George Ellis R50 R125
ca. 17:30
Lecture at Draaikrans, sundowner R40 R40
ca. 18:00
Supper R55 R55
ca. 19:30 Lecture
and slide show by Pine Pienaar
R150 R150
ca. 20:30
Stargazing using NMMU’s 10inch
telescope -
Camping: R50 per person per night
Self-catering accommodation: R100 per
person per night
Guest House (3-star): R225 per person per night Bo
Toerusting in Berading: Vir leraars en lidmate
Dr Jaco Putter, predikant van Humansdorp-Oos, is
‘n kundige op die gebied van berading. Jaco het ingewillig om leraars en
lidmate toe te rus om berading in gemeentes te doen. Jaco vertel as volg:
Elke gelowige word daagliks
konfronteer met mense se lewensverhale. Soms moet ons sonder dat ons
werklik daarvoor opgelei is op hierdie lewensverhale inspeel en as berader
optree. Lidmate, leiers en ander geestelike werkers kan nou deel in ‘n
wonderlike opleidingsgeleentheid wat gebaseer is op
die narratiewe model. Die opleiding het ten doel om geestelike werkers en
predikante op te lei om berading in gemeentes te doen. Die kursus het ten
doel om ‘n groot leemte in ons kerk aan te spreek: Om lidmate toe te rus
om onder toesig van die leraar berading te doen. In 10-14 sessies word
persone deur ‘n groeiproses geneem wat nie net vaardighede ontwikkel nie, maar
ook persoonlike groei en ontwikkeling meebring.
Dit is belangrik om die omvang
van die behoefte aan berading te bepaal. Kontak Jaco by 082 563 1616 as jy
belangstel. Bo
Want to
really know God’s Word?
Learn to study God’s Word so that you can know Him…
Hanna Kotze
het reeds Precept-opleiding
deurloop, en gee die volgende
inligting deur oor ‘n kursus wat
Precept eersdaags in
Precept Ministries Training
Workshops will teach you how to study God’s Word so that you can know Him and
have a changed life. These inductive Bible study skills will help you observe
Scripture, understand its meaning, and apply it to your life. This Training
offers various workshops ranging from a half-day to two days. They focus on inductive
Bible study skills, from basic to in-depth, but always with the purpose that
you may know God more intimately and be changed by the power of the Word of
God. Some of our workshops will give instruction and also equip you to lead our
Precept Bible studies.
An ideal opportunity
for you to do first time training or to learn more inductive study skills for
leading.
Dates : 6TH AND 13TH MAY 2006
Venue : Bible Society
Cotswold,
Course offered
Inductive NT Book Study (102)
2 days (9am–5pm)
This workshop trains you to use inductive study skills to extract and
understand the message of an entire book. Using the book of Titus you will
first learn how to uncover the overall theme of a book of the Bible in the
overview. Then learn the inductive study skills to study individual chapters of
the book. Throughout the workshop you will be
encouraged to apply the truths in life-changing ways.
(If you plan to lead a New Testament Precept study, we highly
recommend that you take this workshop.)
For more information and a registration form contact
Judy Hayers (041)
360 3747
Barbie Perks (041) 365 4034 or the
Precept office (021) 531 1836
Ben Bester van Global Careers (Phuket) tree in PE op
Jean Greyling van Seën die
Volkere laat weet dat ‘n ou bekende, Ben Bester, verbonde aan Global Careers en
werksaam op Phuket-eiland, by die volgende
geleenthede in PE optree:
Thursday, 23 March
“Discipling a People
Group” Seminar
Venue: DRC Grasvoelkop,
Cotswold Extension
Time: 19:00-21:30
Registration essential: Jean Greyling,
0835544183, btn@worldonline.co.za
Friday, 24 March
“Missionary Care” Seminar
Venue: DRC Sherwood
Time: 19:00
Registration: Ilse Terblanche, 0829623309, gaanheen@intekom.co.za
Saturday, 25 March
Bless the Nations Breakfast
“
Venue: DRC Summerstrand
Cost : R30.00
Time: 08:30
RSVP by 21 March – Jean Greyling,
0835544183, btn@worldonline.co.za
Sunday, 26 March
Bless the Nations Concert of Prayer
Guests : Ben Bester (Global Careers) + Hugo and Jakkie
Wolmarans (Arab World Ministries]
15:00-17:00 Bo
Sentrum vir Bedieningsontwikkeling: Excelsus
Programme vir April en Mei 2006
Prof Malan Nel laat
as volg weet:
In die Sentrum vir Bedienings-Ontwikkeling help ons as kollegas mekaar om met
die genadegawe wat God gegee het te strewe na uitnemendheid in die bediening. Hiermee
wil ons u vriendelik in kennis stel van die volgende Excelsus
programme wat gedurende April en Mei gaan plaasvind;
Rentmeesterskap en Administrasie
Doel van die kursus:
Om gemeenteleiers toe te rus met finansiële bestuursvaardighede; te help
om
Bybelse beginsels van Rentmeesterskap toe te pas en om begrotings op 'n
nuwe manier op te stel.
Datum:
24 -26 April 2006
Koste:
R750
Sperdatum vir registrasie:
24 Maart 2006 Bo
Die Woord vir die wêreld
Doel van die kursus:
Die kursus moet kursusgangers:
oriënteer ten opsigte van verskillende benaderings tot Skrifgesag en – interpretasie;
help om ‘n verdiepte begrip te ontwikkel van hulle eie benadering
tot en hantering van die Skrif;
in staat stel om Skrifbenaderings binne
ons huidige situasie krities te bestudeer
Datum:
2 – 4 Mei 2006
Koste:
R675,00: Verversings en etes ingesluit. Betaal
met registrasie
Kansellasiefooi: R100,00
(slegs van toepassing indien u kanselleer voor die aanvang van die kursus).
Tjeks aan: Sentrum vir Bedienings Ontwikkeling
Sperdatum vir registrasie:
2 April 2006 Bo
Jeugbediening
Doel van die kursus:
Die bediening aan kinders en jongmense in Suid-
en Suider Afrika is 'n groot uitdaging. Deur hierdie kursus word leraars en
ander jeugleiers opgelei en gemotiveer om 'n effektiewe bediening aan klein
kinders, tieners en jongmense te behartig binne die Suid-
en Suider Afrikaanse konteks.
Datums van die kontakweke:
Kontakonderrig begin op die volgende
datums, en duur telkens vier dae:
Week 1: 8 Mei 2006 Week 4: 12 Jun 2007
Week 2: 21 Aug 2006 Week 5: 4 Jun 2007
Week 3: 13 Nov 2007
Studente wat die Meestersgraad-opsie gekies
het, woon klasse by vir 'n verdere twee dae op 6 en 7 Maart 2008.
Prys: R1700
50% betaalbaar by registrasie
Sperdatum vir registrasie:
8 April 2006 Bo
Pastorale sorg en seksualiteit
Doel van die kursus:
Baie mense in ons gemeenskap is fisies, verstandelik en emosioneel
verwond as gevolg van seksuele mishandeling (molestering, verkragting,
bloedskande,
ens). Die doel van hierdie kursus is om leraars en ander beraders toe te
rus om mense wat deur seksuele trauma gegaan het, 'n aborsie of miskraam beleef
het of wat aan seks of pornografie verslaaf is (insluitend internetseks),
by te staan en te begelei na 'n plek van genesing.
Datums van die kontakweek:
8 Mei 2006.
Prys:R280
Sperdatum vir registrasie:
8 April 2006 Bo
Coram Deo: Kontemplatiewe
spiritualiteit
Doel van die kursus:
Inleiding in kontemplatiewe spiritualiteit deur nie net daaroor te praat
nie, maar dit ook te beleef.
Die doel is om predikante en ander belangstellendes ervaring en
informasie te gee wat hulle kan help om die kontemplatiewe element van die
Christelike spiritualiteit in hulle gemeentes in te bou.
Datum:
9 – 10 Mei, 2006
Koste:
R375,00: Verversings en etes ingesluit. Betaal
met registrasie
Kansellasiefooi: R100,00
(slegs van toepassing indien u kanselleer voor die aanvang van die kursus).
Tjeks aan: Sentrum vir Bedienings Ontwikkeling
Registrasie sperdatum:
9 April 2006 Bo
Getroue Getuies
Doel van die kursus:
Die kursus, Getroue Getuies (gebou op die teologie van "Service Evangelism" (RS Armstrong)) bevorder 'n lewenstyl
van gemaklike interpersoonlike kommunikasie van die evangelie. Langs die weg
van egte omgee en diens in navolging van Christus kan en moet die evangelie met
nuwe ywer gekommunikeer word. So baie werklikhede om ons, in 'n wêreld vol pyn en
stukkende mense, verplig ons tot 'n nuwe gehoorsaamheid aan die styl van Hom
wat gekom het om te dien.
Ver nr. Plek Datum Prys
(vir drie dae beginende op die)
W1 Pretoria 15 Mei 2006 R450
W1 Pretoria 6 Nov 2006 R450
W1 Wes-Kaap 18 Sep
2006 R650
W1 Johannesburg 23 Okt 2006 R500
W1 Vrystaat 9 Okt 2006 R500
Voltyds ingeskrewe studente kan die kursus vir R250
voltooi.
Sperdatum vir registrasie:
1 Maand voor die kursus begin. Bo
Informasie Tegnologie en jou bediening.
Kursusdoel:
Die doel is om predikante en ander belangstellendes omvattend en prakties
in te lei in die effektiewe benutting van Informasie Tegnologie in die
bediening.
Datum
19 Mei, 2006
Koste
R275,00 (sluit middagete en tee/koffie in -
betaalbaar by registrasie)
Kansellasiefooi: R100,00
(slegs van toepassing indien u kanselleer voor die aanvang van die kursus).
Tjeks aan: Sentrum vir Bedienings Ontwikkeling
Registrasie sperdatum
19 April 2006 Bo
Navrae:
Prof Malan Nel, Excelsus (012) 420 2015, (012)
420-2892
Faks: (012) 420 4016
e-pos: malan.nel@up.ac.za
of sbo.Excelsus@up.ac.za
Bybelmedia en vreugde in die bediening
Hans Steyn is
onlangs by Bybel-Media aangestel. Hy skryf:
"Bybel-Media
en Tydskrifte Maatskappy se personeel in Wellington wil graag 'n diens om
die bediening in elke gemeente 'n vreugde te help maak. Kom ons maak die beste
gebruik van die hulpmiddele
wat alreeds beskikbaar is. Dit kan vir so baie lidmate en ander van groot
waarde wees.
Vriendelike Groete
Hans Steyn
Maak gerus met hom
kontak by hans@bmedia.co.za
Ds Frik (FJ)
Louw - kapelaan van Goedemoed en gekoppel aan ons gemeente
is beroep vir kontrakpos na
Steynsburg. Baie geluk Frik – mag
die Here jou duidelik lei. Bo
Deo Gloria Books for Africa
Harry en Andrea Jonkers,
bekende teologiese boekhandelaars, het Deo
Gloria Books for Africa as internet-gebaseerde
boekhandel gestig. Die twee skryf:
“Ons
beoog om u van diens te wees vir die verskaffing van Bybelkommentare,
Konkordansies, Woordeboeke, Dogmatiek en Etiek, Ou en Nuwe Testament
Teologie, Praktiese en Pastorale Teologie, asook die meer populêre boekwerke
wat handel oor Christelike leefwyse, Apologetiek, Dagboeke, Familie en Gesin,
Jeug en Tieners, etc. Ons het ons verskaffers van oor
die hele wereld, sodat ons vanuit die Engelse asook
die Nederlandse teologie in u behoeftes kan voorsien.
“Ons
stel ook belang om tweedehands boeke te koop en te verkoop!.. Broeders,
indien u plek wil maak in u biblioteek, laat weet ons asseblief, en
ons kom...
Antikwariaat
in teologie is ook by ons in goeie hande, kom oortuig tog uself en toets ons...”
Harry Jonkers, e-pos: wajonkers@tiscali.co.za
Andreas Jonkers, e-pos: andreas.jonkers@absamail.co.za
Kerkhuis
vir oorslaap – George Moedergemeente.
Die ou pastorie langs die Moedergemeentekerk is onlangs gerestoureer en sal
vanaf 1 April sy deure open as "Kerkhuis," waar persone van buite
George wat mense in die hospitale kom besoek, kan oornag. Die gedagte is om
hoofsaaklik akkommodasie vir súlke mense aan te bied, maar indien daar nog plek
is, kan vakansiegangers ook daar oornag. Kostes: R120 pp per dag [vir
hospitaalbesoeke] en R150 pp per dag [vakansiegangers]. Daar is op die oomblik
ook 'n groot kamer [vir 4 persone] wat vir R500 uitverhuur gaan word.
Skakel Jeanine van Staden by (072) 766-4283 vir besprekings. Bo
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton