OosKaap eNuus
Visie: Een,
heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4
- Nommer 2 - 2 Maart - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
VGK maak vordering met kerkhereniging
moontlik
VGK: Interpretation of General Synod
decisions regarding Church Unity
Indringende vrae van gemeentes oor gebrek aan vordering
met eenheid
Hoe
dink die Oos-Kaap oor kerkhereniging?
CD met werklik bruikbare liedere vir gemeentesang
“Your honour, she
also stole...”
Geloofsonderskeiding hou rekening met wie
God is, wie die kerk is, wat die Here in sy Woord sê, en wat ons in ons konteks
raaksien. Geloofsonderskeiding vra biddend: “Here,
waarmee is u rondom ons besig waarby U ons wil betrek? Waarheen roep en stuur U
ons?”
Die SK-Dagbestuur
het onlangs so ‘n geloofsonderskeidende gesprek
gevoer aan die hand van materiaal wat vir die Luisterseisoen
ontwikkel is. Dit het ons so aangeraak, so ‘n nuwe uitkyk moontlik gemaak, en
soveel verwondering by ons geskep, dat by ‘n volgende vergadering besluit is om
hierdie proses na vier gedesentraliseerde byeenkomste van predikante te neem.
Indien so ‘n proses van geloofsonderskeiding op
grondvlak - in elke konteks, wyk, kleimgroep,
kerkraad en kommissie - gevolg word, sal dit ‘n geweldige effek in die kerk hê.
Die predikante-byeenkomste
vind in April op die volgende plekke plaas:
|
Datum |
Plek |
Ringe |
|
18 April |
Port Elizabeth |
Ringe van Algoa, PE en PE-Wes |
|
19 April |
Uitenhage |
Ringe van Humansdorp, Sondagsrivier,
Uitenhage |
|
20 April |
Cradock |
Ringe van Albanie, Cradock, Graaff-Reinet |
|
21 April |
Queenstown |
Ringe van Burgersdorp, Oos-Londen,
Queenstown, Dordrecht |
Byeenkomste vir Vrouelidmate
Tish Steyn laat weet dat
verskeie opwindende byeenkomste vir vrouelidmate
vanjaar aangebied word:
* Van 5 tot 7 Mei 2006 word ‘n byeenkoms vir
die eggenotes van predikante by Eersterivier gehou. Dr Etienne Kok tree as
spreker oor dié naweek op met die tema: “Leef of oorleef jy? Werk, stres en
seks ... alles wat jy moet raakvat!” Die koste beloop R200
per persoon.
* By ‘n byeenkoms vir vrouelidmate
op 12 Augustus 2006 tree Jannie le Roux op oor die onderwerp: “Vlieg soos
arende of skrop soos hoenders!” Tish stuur later meer
inligting oor hierdie onderwerp. Kontak haar by 042 295-2692 vir meer
inligting. Bo
VGK
maak vordering met kerkhereniging moontlik
Die Uitvoerende Komitee
van die Konvent vir Kerkhereniging (Kaapland) het vandeesweek
in Port Elizabeth openhartige, indringende gesprek gevoer. Die uitkoms van die
gesprek, wat oor twee dae gestrek het en soms net duskant die opskorting van
die Konvent-proses gehuiwer het, was egter positief.
Al drie deelnemende kerke het groot klem op konkrete, praktiese resultate
geplaas.
Die
erns waarmee kerkhereniging benader word, het
deurgaans geblyk. Die vraag is waarom die amptelike strukture van die kerk
aanhoudend bly vasval in hul pogings om dit te verwesenlik. Sommige voel dat
die prosesse nie prakties genoeg is nie. Ander verwys na vordering op grondvlak
(gemeentes en ringe), terwyl die “strukture” en leierskappe
in die groewe van hulle gunsteling griewe vassteek – en met blaam en self-verontskuldiging eie posisies verskans.
Soos
wat gewoonlik gebeur, het die openhartige gesprek tussen mense, wat mekaar
reeds goed leer ken en liefkry het, nuwe energie en ‘n groter vasberadenheid om
te presteer geskep.
‘n
Teken van hoop is die VGK se besluite oor die wyse
waarop die Belydenis van Belhar tans in gesamentlike bedieninge
moet funksioneer. Volgens die VGK se Algemene Sinode
van 2005 is “full acceptance”
van Belhar nodig,. Uit die konteks van die besluite was dit egter nie heeltemal
so duidelik wat hierdie volle aanvaarding behels nie. Intussen het die VGK die begrip full acceptance uitgeklaar. In ‘n verklaring (sien volledige
teks hieronder) waarin hulle uiteensit hoedat hierdie vereiste verstaan behoort
te word. Dit kom daarop neer dat die aanvaarding van die belydenisgrondslag
van die kerk iets is wat op algemene sinode-vlak
besluit moet word – kerkrade, ringe en (streeks-)
sinodes kan dit nie doen nie. Dié feit mag
egter nie die prosesse op plaaslike vlak tot stilstand laat kom nie. Vir hierdie prosesse (strukture) sal die
vereiste dus wees om dit in hulle dokumentasie te stel dat hulle amptelik die
boodskap van Belhar.
Aangesien die NGK Algemene Sinode dit al by
meer as een geleentheid gestel het dat die Belydenis van Belhar nie in stryd is
met die boodskap van die Bybel nie (en ook nie in stryd is met die Belydenisskrifte
van die Kerk nie), sien die NG lede van die UK van
die Konvent geen probleem daarmee dat plaaslike strukture amptelik die boodskap
van die Belydenis van Belhar kan onderskyf en in enige
geskrewe ooreenkoms so kan aandui nie.
Dit maak dit dus (van die VGKSA se kant af)
moontlik vir plaaslike kerkstrukture om intussen met gesamentlike
bedieninge voort te gaan, terwyl die kwessie van die
aanvaarding van Belhar as ‘n vierde belydenisskrif
nog nie op Algemene Sinodale vlak uitgeklaar is nie. Bo
VGK: Interpretation of General Synod decisions
regarding Church Unity
Hierdie is die inhoud
van Colin Goeiman se verklaring
namens die VGK, gedateer 13 Februarie 2006:
The moderamen of
the General Synod discussed the implications and interpretation of the recent
decisions of General Synod regarding Church unity during a Planning
Consultation which was held on 7-8 February in
That the expression
"full acceptance of Belhar Confession" does
not mean that a DRC congregation is required to adopt Belhar
as a formal fourth confession, which can only be done by the General Synod of
the DRC after a prescribed legal procedure.
What is meant here is that the Belhar Confession is an urgent and compelling message on
unity, reconciliation and justice which formulates not only what God gives us
but also what God demands of us in serving the coming of God's reign in
The resolution of GS 2005 is interpreted to
require that a joint ministry between DRC and URCSA
bodies:
a) should draw up a written agreement containing the terms of
the collaboration (see Agenda, pp. 531-533), in which the Belhar
Confession is mentioned by name as supplying the guiding principles and ethos
for the joint ministry.
b) should require the participating body (church council,
presbytery, regional synod)
from the side of the DRC, to
take one of the following steps:
* the
DRC church council relevant church body officially adopts the message of Belhar Confession
* the DRC members or commission taking part in
the joint committees or activities sign a document that they endorse the
message of Belhar Confession
Yours
in Christ,
Collin
Goeiman (Scribe General Synod) Bo
Indringende vrae aan kerkleiding oor gebrek aan vordering
met eenheid
Die Sinodale
Kommissie vir Gemeentebediening (Wes-Kaap en VGK-Kaapland) het onlangs ‘n besondere konferensie gehou
waarin gemeentes vertel het oor hul vordering na kerkhereniging.
Werklik bemoedigende verhale oor groei in verhoudings, ten spyte van talle
terugslae, het ontvou.
By die konferensie is gemeentes gevra wat
hulle onder die aandag van die Konvent vir Eenheid wil bring. Daar is aan die
groepe gevra om opmerkings te maak oor versoeke aan die Sinodes/konvent. Hier
is ‘n samevatting van die groepsgesprekke:
1. Kerk-hereniging
sonder ‘n gedeelde droom of visie sal baie moeilik tot stand kom. Het die
Konvent ‘n droom of visie van wat en wie die nuwe kerk is? Ons kan nie vir
lidmate sê waarheen ons op pad is nie, en dit maak hulle bang.
2. Kan die Sinode/konvent nie so dringend
moontlik werk maak om die ringsgrense te sinkroniseer
nie?
3. Wil die Sinodes/konvent die pad oopmaak vir
gemeentes om deel te neem aan hereniging? Die Sinode/konvent maak dit nie altyd
vir ons as gemeentes maklik nie. Ons sou graag wou he hulle moet die pad vir
ons oop maak, maar dit is asof hulle dit net moeiliker maak. Indien lede van die konvent dan nog briewe in
die Kerkbode skryf wat negatief oorkom oor eenheid (Dr Ben du Toit se brief) maak
dit net nog moeiliker vir ons om grondvlak.
Een groep stel dit
so: daar is die persepsie dat die
leierskap nie die proses aanhelp nie, maar hulle besig hou met binnegevegte aan
albei kante. Dit belemmer die proses on-eindig op
grondvlak.
4. Oorweeg die hereniging van die streeksinodes
5. Verstaan die Sinode/konvent dat almal nie
gelyktydig ewe entoesiasties is oor die proses nie. Kan julle ons help om die wat wil, te
bemagtig om voort te gaan, anders gaan ons dit “skelm” sonder julle moet doen.
6. Ons het geleer dat verhoudings tussen
predikante die proses maak of breek, ons weet nie of die konvent se mense net
met agendas werk en of hulle moeite doen om mekaar se vriende te word nie? Indien wel het ons geen getuienis daarvan
nie.
7. Is daar ‘n meganisme dat die besluite oor
eenheid op die grond kan bring of is die sinode net met hulle eie dinge besig,
terwyl ons die moeilike werk van eenheid self moet doen.
8. Ons soek meer praktiese inligting want ons
doen die ideaal ons hou nie net vergaderings daaroor nie.
9. Maak die pad Kerkregtelik vir ons oop asb.
10. Kan daar nie ‘n taakspan kom om vasgeloopte prosesse weer te help los maak nie? Bo
Hoe dink die Oos-Kaap oor kerkhereniging?
Aan die einde van
2005 is daar in haas elke Oos-Kaapse gemeente of
kerkraad gesprek gevoer oor die Algemene Sinode se kerkhereniging-besluite.
Hier is ‘n beknopte opsomming van die proses en terugvoer daaroor.
Verbintenis
Die NG Kerk Oos
Kaap het tydens ‘n Sinodevergadering in 2003 haar
verbintenis aan die kerkherenigingsproses bevestig.
Ons is daarvan oortuig dat die Woord van God ons lei en dat kerkhereniging
deel is van ons roeping en getuienis tot lof van die Een Vader wie se kinders
ons is, tot lof van die Een Gekruisigde en Opgestane Christus wat ons in sy Een
Liggaam ingelyf het en tot lof van die Een Lewendmakende Gees wat ons saam in
sy diens wil gebruik, tot seën in Afrika en die hele wêreld. Die noodsaak om
gemeentes en lidmate op die pad van kerkhereniging in
te lig en saam te neem, is uitgespreek.
Opdrag
Die Verklaring van
die Algemene Sinode oor Kerkhereniging is in 2004
uitgereik en in Mei 2005 het die Sinodale Kommissie van Oos Kaapland kerkrade
versoek om gesprek te voer oor dié verklaring. Dit is duidelik gekommunikeer
dat dit nie ‘n stemming vir of teen kerkhereniging
nie, maar oor die meriete van besluite handel. Tydens die Oos Kaapse Sinodevergadering in 2005 is die Verklaring van die
Algemene Sinode oor Kerkhereniging in behandeling
geneem en gepoog om tot konsensusbesluite oor punte
5, 6, 7, 8 en 15 te kom. Twee leraars per ring is aangewys om die gesprekke op gemeentevlak te fasiliteer. Die fasiliteerders is van ‘n
stembrief voorsien waarop gemeentes kon stem en kommentaar kon lewer. By
sommige gemeentes is kerkrade se mening getoets en ander het
gemeentevergaderings gehou.
Terugvoer
Die gesprekke meestal
sinvol en met goeie begeleiding gevoer. Enkele gemeentes het ringsfasiliteerders vertrou of toegelaat nie en sommige het
die resultate van die meningspeiling teruggehou. Hierdie rondte gesprekke was
‘n belangrike skakel in die multi-dimensionele proses
en behoort opgevolg te word. Die getuienis van gemeentes wat gevorder het op
die pad van kerkhereniging is tot lof en eer aan God.
Die gesprekke was ook ‘n geleentheid om kennis te neem hoe oningelig baie
lidmate oor aspekte van kerkhereniging is, soos die Bybelse
riglyne, sinodale besluite, die Belharbelydenis, ens.
Met hartseer is kennis geneem van rol wat leraars en gemeenteleiers speel wat
negatief staan teenoor kerkhereniging en opbouende
kommunikasie onderdruk.
Belharbelydenis
Die oortuiging is,
soos die verklaring dit stel, dat die verskille oor die Belharbelydenis
meer te doen het met historiese, emosionele en simboliese faktore as met die wesenslike inhoud self. Verskeie lidmate het in
voorbereiding van hierdie rondte gesprekke die belydenis vir die eerste keer
gelees en tot groter waardering gekom.
Die punt oor die Belharbelydenis
het die mees negatiewe terugvoer ontlok uit die vyf punte wat getoets is. ‘n
Hele aantal gemeentes het ‘n 100% teenstem geregistreer. Soms was dit juis die
teenstanders van die Belhar wat by die gesprekke opgedaag het en is ‘n
verteenwoordigende stem nie weergegee nie. ‘n Beduidende aantal lidmate is
“onseker” (lees “huiwerig en versigtig”) oor die positiewe rol wat die
belydenis in kerkhereniging kan speel. Die gedagterigting
van ‘n opsionele belydenisskrif, klink vir baie te
willekeurig en onordelik.
Gemeentes wat na kerkhereniging
streef, aanvaar die Belharbelydenis. ‘n Gemeente
onderstreep dat skuldbelydenis voor ‘n belydenisskrif
kom en versoek begeleiding oor die waarde en betekenis van Belhar. Enkeles is
ten gunste van Belhar, maar vind die bewoording van die verklaring te akkommoderend om hulle daarmee te vereenselwig.
Model
Die presbiteriaal-sinodale kerkregeringstelsel
word algemeen aanvaar en daar is wye aanvaarding vir die bewoording van die
verklaring. Gemeentes wat ten gunste is van kerkhereniging
versoek verbintenis tot die kerkregeringstelsel en
waarsku dat selfstandigheid nie as dekmantel misbruik mag word nie. Vir
gemeentes wat teen kerkhereniging gekant is, is die
behoud van ‘n bekende kerkregeringstelsel ‘n skrale
troos wat nie vertrou word nie.
Gemeentelike Reg
Oorhoofs word ‘n
herhalende tendens hier, soos met die vorige punt oor model en die volgende
punt oor ander kwessies, hier bespeur nl. oorwegende instemming en vermaning
tot versigtigheid by gemeentes wat ten gunste en nie ten gunste nie van kerkhereniging staan. ‘n On-Bybelse
ekklesiologie wat tot uitdrukking kom in ‘n ons-maak-met-ons-gemeente-wat-ons-wil-houding dreig hier.
Ander Kwessies
Hierdie kwessies is
die sigbare uitdrukking van onsigbare dieptestrukture in die kerk. In die
proses geniet kultuur prioriteit en moet praktiese aangeleentheid met groot
omsigtigheid hanteer word. Daar bestaan ‘n geestelike volwassenheid om in
onderhandeling te tree, terwyl ander al die genoemde kwessies as
ononderhandelbaar beskou.
Sinodevorming
In vergelyking met
die ander punte is die aantal lidmate wat onseker is, nie saam stem nie en glad
nie saam stem nie hoër as wat verwag is. Dit weerspieël moontlik ‘n behoefte om
op te kyk na ‘n Algemene Sinode wat konsensus bereik het oor ‘n rigtinggewende
aangeleentheid soos kerkhereniging. Oorwegend is daar
egter instemming dat sinodes wat daarvoor gereed is ongedwonge strukturele
bande kan smee. Bo
Nuus oor die Luisterseisoen
Johan van Rooyen,
ons sinodale verteenwoordiger op die Luisterspan, vertel:
Tydens onlangse sinodes het die NG kerk 'n roepingsverklaring en -verbintenis gemaak. Die Luisterseisoen wil ons help om hierdie belydenis te laat
grondvat in gemeentes. Opwindende verhale word gehoor van gemeentes en
ringe wat reeds eie inisiatief neem en luisterend die
Here se aangesig opsoek. Sien gerus die jongste Kruisgewys en
Kerkbodes! Die Taakspan-vergadering in
Pretoria gaan hopelik die nodige momentum verskaf vir alle gemeentes om
deel te word hiervan. Die Luisterseisoen is nie
nog iets wat op ons tafels geplaas word om gedoen te word nie. Dit
is eerder 'n ruimte wat onder ons programme en skedules wil inskuif en 'n
houding by ons kweek wat in elke geval deel van ons kerk-wees
behoort te wees.
Luister
en haastig wees rym nie lekker met mekaar nie. Daarom doen ons 'n beroep
op gemeentes om nie te vinnig te gryp na programme en materiaal nie, maar
eerder 'n gesindheid van "wag op die Here en begin ook solank
luister na mekaar" te begin kweek. Materiaal sal
eersdaags beskikbaar wees, maar saam daarmee wil ons ook sekere houdings
en gesindhede help verander en vaardighede ontwikkel. Anders word
die materiaal net nog 'n "Bybelstudie-metode"
wat ons deurloop en daarna soek ons weer iets anders. Die Luisterseisoen wil sekere waardes (ook as uitkomste)
by ons vestig.
Die loodsgemeentes sal DV elkeen
10 lidmate en 'n leraar stuur na 'n sentrale plek - bv PE en Cradock - waar die
luistersiklus inge-oefen en
verfyn kan word. Drie gemeentes sal dit op 'n slag saam doen – m.a.w. 'n
groep van so 35 maksimum. Verdere reelings sal
mettertyd deurgegee word. Ons gaan die grootste deel van 'n Saterdag
daarvoor nodig he. Alle gemeentes moet asb begroot vir die Seisoen - daar
is pragtige plakate, baniere, lisensieskyfies,
pette, T-hemde, gidse ens beskikbaar sodra die loodsgemeentes
daarna gekyk en terugvoer gegee het!!!
By die Sinodale Werkswinkel gaan ons
as predikante al 'n eerste rondte blootstelling kry - so moet dit asb nie mis
nie! 'n Lys van boeke en artikels is ook reeds beskikbaar om ons as
predikante te help.
Intussen: onthou, God praat!
Leef Luisterryk!! Bo
CD met werklik bruikbare
liedere vir gemeentesang
Die Algemene Sinode se projekspan vir musiek
(genaamd FLAM) werk in opdrag van die Algemene
Sinode, voortdurend daaraan om nuwe eietydse liedere vir gemeentesang te
versamel en aan gemeentes beskikbaar te stel. Soos wat FLAM
die liedere keur, die kopiereg uitgeklaar word en die bladmusiek gereed
is, word dit op die FLAM webbladsy op die webwerf www.jeugfokus.org.za geplaas.
(let wel: www.jeugfokus.co.za koppel
ook aan hierdie webwerf) Gemeentes wat die breë CCLI
lisensie besit, kan dié liedere dan van die webbladsy aflaai vir gebruik in
hulle gemeentes.
Maranatha
Platemaatskappy wat in vennootskap saam met FLAM werk, het sopas die eerste CD: FLAM - Volume 1 die lig laat sien. Dit
bevat 20 van die FLAM liedere en dek 'n
verskeidenheid van liturgiese momente van die erediens, oa
liedere van lof en verwondering, toewyding, diens en getuienis, geloof en
vertroue, Pinkster en epiklese liedere,
skuldbelydenis en nagmaal. Hierdie liedere is so opgeneem dat gemeentes
en kleingroepe gemaklik daarmee kan saamsing.
Die CD is beskikbaar by alle Lux Verbi winkels en ook ander CD winkels
en boekwinkels wat Christelike CD's verkoop. Dit kan ook telefonies bestel
word by die volgende tolvrye nommer van Lux Verbi: 0860 231 231
of via internet aankope vanaf die webwerf
www.christians.co.za
Gemeentes en talentvolle lidmate kan gerus ook hul
skeppings van nuwe, kontemporêre liedere na FLAM
stuur by die volgende adres: Ds Jacques Louw, Posbus 3, HOOPSTAD 9479. Bo
Die FreeslikeKar is in die nuus
oor dit wat een van die lede op ‘n bewonderaar se beursie geskryf het. Hierdie
brief het na aanleiding darvan op LitNet se webblad
verskyn:
24 Februarie 2006
Beste F*polisiekar
Twee van julle CD’s is deel van my musiekversameling.
Dis nie my gunstelingmusiek nie, maar so af en toe
druk ek dit in die CD-speler van my bakkie en draai
die volume tot luidsprekerbarstens toe oop. Want dis
goeie revolusionêre Afrikaanse rock-musiek met suiwer
Afrikaanse lirieke. Daarteen kan niemand stry nie. Julle laat Afrikaans
briljant rock.
Dit was nog
altyd die rede waarom ek na julle musiek bly luister het. Ek het ook gehoop om
hierdeur ’n beter greep te kry op die wêreld van die jongmense in ons gemeente.
En ek het stof tot nadenke uit julle musiek gekry.
Maar... sedert
die ontstaan van julle groep was julle in ’n hele paar openbare insidente
betrokke wat my die persepsie laat ontwikkel dat julle eerder daartoe bydra om
stukkende jongmense verder te vernietig, as wat julle daarin slaag om ’n
standvastige alternatief te bied.
Ek wil nie op
’n kleinlike manier die dinge uitlig nie. Maar ek wil graag alternatiewe
voorstel wat ek graag by julle sal wil hoor en sien.
Daar is drie
belangrike boodskappe wat ek by julle sou wou hoor :
Drankmisbruik
is nie cool nie. Ek praat nie van die gebruik van
drank nie. Niks fout met ’n lekker kuier nie. Ek sê altyd vir die kinders in
ons gemeente dat daar ’n verskil is tussen lekker kuier en snotters
raak. Om lekker te kuier is om respekvol drank te gebruik. Om snotters te raak is ’n gevaarlike en sotlike speletjie wat
jou eie lewe en die lewe van ander in gevaar stel. Julle weet, soos om uit ’n
bewegende voertuig te spring. Of van ’n verhoog af tussen ander mense in. Of om
soos kinders wat ek ken, in ’n kliniek te beland omdat hulle afhanklik geraak
het van alkohol of ander middels. Dit ontneem kinders van ’n vrolike jongmenslewe en dit ontneem ouers van ’n vrolike jongmens.
Vulgariteite is
vlak en stupid. Hiermee vra ek nie van julle om op te
hou vloek nie. Die taal wat julle besig is julle saak. Ek dink egter openbare
taalgebruik behoort sekere grense te respekteer. Die meeste van ons swets soms
meer as een maal in ons lewe. Maar mens se taalgebruik in die teenwoordigheid
van ander mense is vir seker ’n aanduiding van die respek wat jy vir ander het.
Dit is egter nie my grootste beswaar nie. Onder hierdie punt verwys ek meer na
die feit dat julle by meer as een geleentheid op verhoog braak. Dis nie cool nie. Dis vulgêr. Of om oor iemand te urineer en te sê:
Mag die Here jou seën. Dis nie cool nie, dis walglik.
Disrespek
teenoor mense se geloofsoortuigings is onaanvaarbaar. Geen openbare groep het
volgens my ’n bestaansreg as hulle nie hierdie beginsel onderskryf nie. Ek
bedoel nie dat julle skielik weer tot bekering moet kom of dat julle nie julle
ongeduld met godsdiens mag uitspreek nie. Maar mense se diepste oortuigings mag
nooit vertrap word op so ’n manier soos wat julle dit onlangs gedoen het nie.
Mense se diepste oortuigings behoort altyd met sorg hanteer te word, maak nie
saak hoeveel jy van hulle verskil nie.
Die drie
bogenoemde punte is die goed wat die meeste invloed het op die jongmense met
wie ek te doen het. Ja ek weet: Dis waarskynlik tot ’n mate onbillik om dit op
julle rekening te plaas, maar julle dra die boodskap deur die openbare beeld
wat julle handhaaf. Daarom kan ek julle nie langer ondersteun nie, maak nie
saak hoe goed julle musiek is nie.
Die verdwynende familiekar.
Ds Izak du Plessis Bo
Da Vinci Code
Uit die onlangse Bybelmedia Monitor:
Tom Hanks se nuwe fliek oor hierdie boek waarvan reeds 30 miljoen
eksemplare verkoop is, is tegelykertyd 'n aanval op en 'n geleentheid vir
Christene. Ons moet seker maak dat ons die storielyn van die boek en die film
verstaan en weet hoe om dit te gebruik om die ware boodskap van die evangelie
met iemand te deel. "Facing the
Challenge" help ons daarmee op hulle webwerf: - http://www.facingthechallenge.org/
Bo
Tobie van Schoor skryf: Lewensverryking
seminare is ‘n bewese kanaal vir geestelike groei, herstel van verhoudings en
om die vrede van God in mens se verhoudings te ervaar.Aparte seminare word
aangebied vir egpare, enkelpersone en tieners.
Onderwerpe wat behandel word, is as volg: My skepper; my roeping;
geloofsekerheid, vergifnis, kommunikasie, konflikhantering,
huweliksmaats vorm saam ‘n span; die wese van die vrou; die uniekheid van die
man; fisiese intimiteit; vriendskap; seksualiteit; gemoedsgenesing;
kry ‘n droom by God en ‘n toekoms met ‘n verwagting.
Die seminare word van 5 tot 9 April op
Uitenhage aangebied deur Sors en Lida
Geldenhuys en Pieter Badenhorst.
Vir meer inligting: skakel ds Tobie van Schoor (041 992-1702), Lewensverryking
seminare (021 546-8479) of besoek die tuisblad (www.lewensverryking.co.za). Bo
Iewers in die mooi
groen van Kwazulu Natal is daar 'n predikant wat graag verneem
of iemand oorweeg om standplaas
te wil ruil. Kontak die KZN kontakpersoon vir standplaasverwisseling,
Ferdinand van Niekerk (082-897-2515) vir verdere inligting. Bo
ProChristo Global Mission (PGM) is ‘n internasionale, multi-denominasionele
evangeliese Sendingorganisasie. Ons missie is om
die Lig na die nasies te neem. Ons visie is om, deur diens aan die
Kerk, selfdupliserende, selfonderhoudende inheemse
kerke te plant tussen dié etnies-linguistiese groepe
van die wêreld wat die minste bereik word met die evangelie.
Daar is tans meer as 800 ongeteikende etniese groepe in die wêreld. Teen die huidige tempo sal dit meer as 2000
jaar neem voor hulle die Evangelie van Jesus Christus gehoor het.
Deel van ons strategie om betrokkenheid by
die werk te bewerkstellig, is om kort-termyn uitreike na die areas te neem waar werk reeds begin
het. Die volgende uitreike
word vir 2006 beplan:
|
Zambië |
24 Jun – 8 Jul |
Bou spanne |
|
Turkye |
22 – 30 September |
Gebedsreis |
|
Noord Afrika |
10 – 24 November |
Gebedsreis |
U is baie welkom om
ons te kontak indien u op een van die spesifieke uitreike
wil gaan. U kan ook gerus ons webblad besoek as u enige verdere inligting oor
ons organisasie wil hê: www.prochristo.givengain.org Bo
“Your honour, she also stole...”
An
80 year old woman was arrested for shop lifting.
When she went before the judge he asked her, "What did you steal?"
She replied: "A can of peaches".
The judge asked her why she had stolen them and she replied that she was
hungry.
The judge then asked her how many peaches were in the can.
She replied "6".
The judge then said, "I will give you 6 days in jail."
Before the judge could actually pronounce the punishment,
the woman's husband spoke up and asked the judge
if he could say something.
The Judge said, "What is it?"
The husband said "She also stole a can of
peas".
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton