OosKaap eNuus
Visie: Een,
heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges
Jaargang 4
- Nommer 1 - 16 Januarie 2006 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Kursus
vir Kerkantoorpersoneel re Argief – 14 Februarie,
Port ELizabeth
Kleingroepkonferensie : 22-23
Februarie - Stellenbosch
Sinodale
Werkswinkel : 6-9 Maart 2006 – Port Elizabeth
Gevorderde Kursus in Fasiliterende
Leierskap: 22-24 Maart – Oos-Kaap
Kursus in Fasiliterende Leierskap:
14-17 Augustus – Oos-Kaap
Leierskapseminaar met Braam Hanekom – 18-20 September te Cradock
Teologiese
Dag: Fakulteit Teologie UV – 7 Februarie, Bloemfontein
Werkswinkel vir Mentorskappe – Bloemfontein, 7-9 Februarie
2006
Uit
die Kantoor van die Algemene Sekretaris
Vernon Louw beskikbaar vir hulp met jeug-
en ander bediening
Sekerlik een van
die belangrikste teenswoordige vaardighede vir gemeenteleiers is om elke
denkbare, moontlike geleentheid aan te gryp om te leer. Ons kan nie aanvaar dat
ons weet hoe om in veranderde tye kerk te wees nie. Dit moet geleer en ontdek
word. Selfs dit wat ons ervaar, leer ons nie as sodanig iets nuuts nie. Elke
nuwe ervaring van verandering behoort behoorlik deurdink te word om daarvan ‘n
leerervaring te maak. Die gemeentelike leierskap moet behoorlik reflekteer oor
dit wat ons van die nuwe tyd raaksien en beleef.
In
hierdie opsig is daar baie hulpmiddels wat mens wonderlik help. Een voorbeeld
hiervan is die gesprek oor die emergent church wat volstoom in die VSA gevoer word. Tik maar
net emergent church op
enige soekenjin in, soos prof Eddie Gibbs verlede jaar by die predikante-konferensie
aanbeveel het.
Daar
is ook besondere toerustingsgeleenthede wat vanjaar
merendeels reg op ons voorstoep hier in die Oos-Kaap aangebied word! Lees
verder... Bo
Kursus vir Kerkantoorpersoneel re Argief – 14 Februarie,
Port ELizabeth
Dr Johan Froneman van die NGK-Argief bied
op 14 Februarie ‘n kursus vir skriba’s / kerkkantoorpersoneel by PE-Moedergemeente
aan. Dit behels uiters belangrike inligting met die oog op die Wet op
Beskikbaarheid van Inligting wat baie belangrike implikasies vir gemeentes het.
Sodra ek verdere inligting ontvang, deel ek dit met u. Bo
Kleingroepkonferensie : 22-23 Februarie - Stellenbosch
Die sinodale kommissie van die NGK Wes -en -Suid-Kaapland
en die VGK Kaapland (in samewerking met ADGO) hou op 22 en 23 Februarie n konferensie oor kleingroepe. Hierdie is 'n tydige besinningsgeleentheid oor die praktyk en motivering
van kleingroepe in sy vele gestaltes (ook genoem
selgroepe, omgeegroepe of selgemeentes).
Daar bestaan 'n behoefte in gemeentes, om
enersyds meer oor die organisering en inhoud van kleingroepe,
en andersyds meer oor die instandhouding en groei van kleingroepe
te wete te kom. Heelwat gemeentes wil graag begin, maar weet nie waar nie.
Ander het weer jare terug begin, maar die momentum het afgeneem. Tydens hierdie
konferensie gaan verskeie kenners hulle praktiese ervaring en kundigheid
met gemeentes deel. 'n Verskeidenheid van standpunte word gestel en konferensiegangers gaan blootgestel word aan meer as een
metodiek.
Hierdie is 'n praktiese konferensie met heelwat
werkswinkels. Ons gebed is dat dit tot eer van die Here en die kerk
sal wees en dat dit tot geestelike groei van gemeentes sal bydra.
Plek: NG gemeente Stellenbosch-Welgelegen,
Binnekring 6, Dalsig, Stellenbosch. Registrasiegelde:
R200 per persoon
Navrae: Ds Quintus Heine, Voorsitter : SKG Wes-Kaapland, by q@parke.co.za Bo
Sinodale Werkswinkel : 6-9 Maart 2006 – Port
Elizabeth
Vanjaar se Sinodale
Werkswinkel, ‘n geleentheid vir voortgesette teologiese opleiding vir
predikante, vind van 6-9 Maart te Sumcay naby Port
Elizabeth plaas.
Die
Ou Testamentikus, prof Fanie Snyman, van die
Fakulteit Teologie aan die Vrystaatse Universiteit bied ‘n kursus oor Skrifgesag en Skrifuitleg aan. Die inhoud sal verband hou
met die Pentateug en spesifieke teksgedeeltes
daaruit. Die Tora handel oor ‘n gehoorsame lewe voor God se oë wat meer behels
as die nakom van afsonderlike wette. Die verhouding tussen die tien gebooie en
die ander wette sal ook aan die orde kom. In soverre daar op teksgedeeltes gefokus word, sal gedeeltes wat oor
homoseksualiteit handel die brandpunt vorm. Prof Snyman
sal die tema in sessies verpak met goeie wisselwerking tussen aanbiedings, saam
luister na die Woord en interaktiewe sessies.
Praktiese
reëlings sal so gou moontlik bekendgemaak word. Bo
Gevorderde Kursus in Fasiliterende Leierskap: 22-24 Maart –
Oos-Kaap
Verskeie Oos-Kapenaars se bediening en gemeentes is al verryk deur
die besondere kursus van CFN (die Gemeente en
Gemeenskap Fasiliteringsnetwerk) in fasiliterende leierskap. Nou is daar ‘n briljante Gevorderde Kursus in Fasiliterende
Leierskap bekendgestel wat voortbou op die kennis en vaardighede wat in die
eerste kursus verwerf is. Hou gerus hierdie datum op jou program oop. Sodra ek
die praktiese besonderhede ontvang, laat ek jou weet. Bo
Kursus in Fasiliterende Leierskap: 14-17
Augustus – Oos-Kaap
Die (inleidende)
kursus in Fasiliterende Leierskap kom ook in die
tweede helfte van die jaar Oos-Kaap toe. Selfs al beplan jy om nooit formeel as
fasiliteerder op te tree nie, help hierdie kursus geweldig baie om jou ‘n fasiliterende styl van leierskap aan te leer wat jou
geweldig baie in jou bediening (hetsy as predikant of lidmaat) sal help. Teken
die datum solank aan.
CFN se mentor-kursus word hopelik
ook iewers in 2006 in die Oos-Kaap aangebied. Bo
Leierskapseminaar met Braam Hanekom – 18-20 September te
Cradock
Wel, hierdie kursus
hou die belofte van ‘n lekker motiverende geleentheid met Braam te midde van
wonderlike Cradockse gasvryheid in! Bo
KURSUSSE IN DIE VRYSTAAT
Teologiese Dag: Fakulteit Teologie UV – 7 Februarie,
Bloemfontein
Die
Opening van die Fakulteit Teologie en Teologiese Dag 2006 vind plaas op Dinsdag,
7 Februarie om 9:00 in die Odeion op die UV kampus.
Die tema vir vanjaar is:
“Kan jy nog die Bybel gebruik
in die beoordeling van etiese kwessies,
soos homoseksualiteit?”
Inleier: Prof DE de Villiers
(Fakulteit
Teologie UP, Dept Dogmatiek en Christelike Etiek)
Die drie persone wat kortliks daarop sal respondeer
voordat ons die saak oop (en openlik) bespreek is Prof Francois Tolmie en drr Brand Doubell en
Marius Terblanche. Die registrasie is alreeds vanaf 8:00 en die program word
beplan om teen 13:00 af te sluit.
Tussen-in sal daar lekker verversings geniet word. Die koste is R100 per
persoon (met halfprys vir die emeriti).
Skryf hiervoor
in teen 30 Januarie (by mev Sussa van Tonder, tel 051-4066733). Bo
Werkswinkel vir Mentorskappe –
Bloemfontein, 7-9 Februarie 2006
Die Sentrum vir die Begeleiding van
Geestelike Leiers bied in samewerking met die subkommisisse vir mentorskap van
die SKBB OVS ‘n werkswinkel oor mentorskap aan.
Plek: Menuah,
Bloemfontein
Datum: 7 - 9
Februarie 2005
Registrasie: 17h00
te Menuah op 7 Februarie na afloop van die Teologiese Dag.
Kursusleier: Dr Jan
Bischoff
Koste: R 480-00,
alles insluitend.
Leraars en/of persone wat as mentors in
gemeentes wil optree is baie welkom.
Kontak: Dr Gerhard
Botha, Sel 083 440 4544, of brain.wave@absamail.co.za
Ds André van Staden, Sel 084 463 1133, of saintaden@shisas.com Bo
Uit die Kantoor van die Algemene Sekretaris
Kobus Gerber, Algemene Sekretaris, vestig ons aandag op die
volgende sake:
1. Radiokansel
Die SABC het verlede jaar aangekondig dat hulle Radiokansel
se tyd op Radio 2000 drasties gaan inkort en beskuldig Radiokansel
ook daarvan dat die ondersteuners evangeliese fundamentaliste en godsdienstige
konserwatiewes is.
Gemeentes se hulp word egter dringend gevra om
hierdie groot saak te probeer red en regstel. Hierby aangeheg is ook ‘n petisielys in
die verband. Wil u nie asseblief die volgende twee Sondae hiermee help nie?
BAIE DANKIE!
Radiokansel versoek
ook dat op Sondag 22 Januarie 2006 spesifiek vir hulle en hierdie saak in
gemeentes van die NG Kerk gebid word.
Hier is Radiokansel se
reaksie teenoor die SABC:
Open letter to the SABC –
30th November 2005
On 29th
November, your spokesperson, Lesego Mncwango was quoted by the electronic and print media to
have referred to Radio Pulpit and supporting churches and Christian groupings
as “evangelical fundamentalists” and “religious conservatives”. These irresponsible and untrue remarks
necessitate this open letter to you as Group Chief Executive, as it is in your
interest and that of the public that the true facts are revealed:
Radio
Pulpit is the only Christian radio station that have been broadcasting its
messages of hope, healing and conciliation on a national basis for the past 24
years in all of the official languages and to all our national groups. This
difficult task was made even more difficult by the limited airtime available
for that purpose on FM as well as legal constraints regarding the licensing of
a national Christian broadcaster.
Despite
the difficulties that Radio Pulpit’s management face, we have persisted in this
task, as we believe in the positive impact that our broadcasts have in a South
African society in dire need of a new morality. Our programmes
are aimed at listeners of all societal levels, and we have in our possession
tens of thousan
Radio
Pulpit is a radio station that deserves a legitimate place in our young
democracy. The Christian churches and groupings that are mentioned in this
letter have supported this outstanding Christian radio station for many years
because of its interdenominational and transcultural
approach as they appreciate the fact that the Gospel of Jesus Christ is
broadcast in a constructive, non-dogmatic, pure and simple way, reflecting a
diversity of spiritualities. Representatives of the greater majority of these
mainline churches serve in official capacity on our theological advisory
committee, a sub committee of our Board of Directors. These representatives
represent the diverse interests on air of millions of Christian church members
in
Radio
Pulpit was also the main media partner to the South African Christian Leaders
Assembly (SACLA), who hosted that great conference in
2003 under the joint leadership of Bishop Mvume Dandala, Rev Moss Ntlha and Dr
Michael Cassidy, which was attended by more that 4000 Christian leaders from
Radio
Pulpit is black empowered. The auditors which you yourselves appointed have
rated us as black empowered and engendered and we therefore qualify to tender
for any SABC contract. We are also well known by the
broader social welfare community to be responsible corporate citizens and have
been involved for the past five years in a significant number of community building projects across the land, including job
creation, ABET training, provision of food to the needy help to the elderly and
financial support to HIV/Ai
Now
for the question: Against this background, what is the true motive for the SABC/Radio 2000 management to reduce the impact of this
station to the point where it will effectively be silenced on FM? Is this due to ignorance of the true value
that this station is adding to the greater South African society? (I will find
that hard to believe, as the above facts about Radio Pulpit are known to the
management of Radio 2000 and they have repeatedly assured us in the recent past
that we are their strategic partner on Radio 2000)
Or
is there a hidden motive which is reflected in the wor
I look forward to your answer.
Dr R Petersen, CEO Radio
Pulpit Group Bo
2. Algemene
Sinode 2007
Kobus Gerber skryf verder: Die Moderamen het
in November 2005 besluit om die volgende Algemene Sinode in die tweede kwartaal
van 2007 te hou. Met al die vakansiedae en langnaweke
en pinkster en skoolkwartale in Suid-Afrika en
Namibië wat in ag geneem moet word, lyk die beste opsie op die oomblik na 4
tot 8 Junie 2007. Hierdie datum word tans met die verskillende
streeksinodes gekontrolleer voordat dit gefinaliseer
sal word.
3. Georges Lombard
Prys: WARK
Die aangehegte dokument is van belang vir ons dominees jonger is as 35
jaar! Leraars wat kwalifiseer kan gerus om hierdie prys meeding. Bo
Vernon Louw beskikbaar vir hulp met jeug- en ander bediening
Vernon Louw, tot sowat ‘n
jaar gelede in diens van Queenstown-gemeente met
opdrag jeugbediening, het aan die einde van 2004 sy Colloquim Doctum afgelê en het dus weer proponentstatus
in die NG Kerk. Dit is ‘n mooi verhaal van hoe hierdie begaafde jeugbediener – voorheen predikant en later “gewone” lidmaat
weer hierdie bedieningsbevoegdheid verwerf het. Dit
was ook die hoogtepunt van ‘n periode van briljante jeugwerk in Queenstown.
Vernon is beskikbaar vir gemeentes se jeugweke,
Pinksters (2006 se Pinkster is al geneem), evangelisasieweke, e.s.m. Maak gerus van hom gebruik. Hy is
deesdae ‘n Wes-Kapenaar.
Vernon bedryf ‘n gastehuis – kry sy kontakbesonderhede by www.avolontelodge.co.za, of gaan slaap sommer ‘n
aand daar oor! Waar ‘n gastehuis? “Ons doel is maar tentmakerbediening
en om uiteindelik heeltemal gratis te kan optree, gesien
in die lig van die finansiële
omstandighede van gemeentes
en dan hul onvermoë om spesiale
predikers te kan bekostig”, sê Vernon. Bo
Om uit te vind hoe ryk jy presies is, besoek
gerus die volgende webblad: www.globalrichlist.com Dit help
mens nogal om perspektief te kry. Bo
19 Januarie:
Teologiese Beplanningsessie
9 Februarie – SK-Dagbestuur
27-28 Februarie –
Uitvoerende Komitee Konvent vir Eenheid
18-20 April – Bosberaad en volle Sinodale Kommissie
18 Mei – SK-Dagbestuur
27 Julie – SK-Dagbestuur
26 Oktober – SK-Dagbestuur
23 November – Volle
Sinodale Kommissie Bo
1.
Pick cat up and cradle it in the
crook of your left arm as if holding a baby. Position right forefinger and
thumb on either side of cat's mouth and gently apply pressure to cheeks while
holding pill in right hand. As cat opens mouth pop pill into mouth. Allow cat
to close mouth and swallow.
2.
Retrieve pill from floor and cat
from behind sofa. Cradle cat in left arm and repeat process.
3.
Retrieve cat from bedroom, and throw
soggy pill away.
4.
Take new pill from foil wrap, cradle
cat in left arm holding rear paws tightly with left hand. Force jaws open and
push pill to back of mouth with right fore-finger. Hold mouth shut for a count
of ten.
5.
Retrieve pill from goldfish bowl and
cat from top of wardrobe. Call spouse from garden.
6.
Kneel on floor with cat wedged
firmly between knees, hold front and rear paws. Ignore low growls emitted by
cat. Get spouse to hold head firmly with one hand while forcing wooden ruler
into mouth. Drop pill down ruler and rub cat's throat vigorously.
7.
Retrieve cat from curtain rail, get another pill from foil wrap. Make note to buy new
ruler and repair curtains. Carefully sweep shattered figurines and vases from
hearth and set to one side for gluing later.
8.
Wrap cat in large towel and get
spouse to lie on cat with head just visible from below armpit. Put pill in end
of drinking straw, force mouth open with pencil and blow down drinking straw.
9.
Check label to make sure pill not
harmful to humans, drink glass of water to take taste away. Apply band-aid to
spouse's forearm and remove blood from carpet with cold water and soap.
10. Retrieve cat from neighbor's shed. Get another pill. Place cat in
cupboard and close door onto neck to leave head showing. Force mouth open with
dessert spoon. Flick pill down throat with elastic band.
11. Fetch screwdriver from garage and put cupboard door back on hinges.
Apply cold compress to cheek and check records for date of last tetanus jab.
Throw Tee-shirt away and fetch new one from bedroom.
12. Ring fire brigade to retrieve cat from tree across the road. Apologize
to neighbor who crashed into fence while swerving to avoid cat. Take last pill
from foil-wrap.
13. Tie cat's front paws to rear paws with garden twine and bind tightly to
leg of dining table, find heavy duty pruning gloves from shed. Push pill into
mouth followed by large piece of fillet steak. Hold head vertically and pour 2
pints of water down throat to wash pill down.
14. Get spouse to drive you to the emergency room, sit quietly while doctor
stitches fingers and forearm and removes pill remnants from right eye. Call
furniture shop on way home to order new table.
15. Arrange for SPCA to collect cat and ring local
pet shop to see if they have any hamsters.
How To Give A
Dog A Pill
1. Wrap it in bacon.
Bo
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton