OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 3 - Nommer 13 - 17
Oktober 2005 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Sterwende plattelandse gemeentes
VGK , Belhar en kerkhereniging:
Nuwe moontlikhede
Indrukke
oor die VGK Algemene Sinode
VGK Algemene Sinode:
Besluite oor Kerkeenheid
Uiteindelik hulp met kinders in die erediens!
Vakature: Predikant in Sinodale Diens (Noord-Kaapland)
VCSV
(Vrystaat) Provinsiale Organiseerder
Is your appearance here this
morning persuant to a deposition notice?
Raad aan vroue vir 'n gelukkige
huwelik:
Lees gerus in die aanhegsel die besondere
lesing wat Raniero Cantalamessa
in Junie 2005 tydens ‘n Alpha Internasionale
Konferensie in Londen gelewer het. Merkwaardig hoe hierdie voormalige Rooms
Katolieke teologie-professor die Reformasie
(spesifiek Luther) beoordeel en wat hy oor Christus en die taak van die kerk
sê. Cantalamessa is die prediker vir die pouslike hof
in Rome.
Sterwende plattelandse gemeentes
‘n Hele aantal
lesers het gereageer op die artikel oor sterwende plattelandse gemeentes in die
vorige eNuus. Hier is ‘n paar van hulle:
1. Sarel du Plessis skryf uit Sao
Paulo:
Danie, die opskrif,
Sterwende plattelandse gemeentes, het weereens by my die verslaenheid opgebring
van wanneer 'n ou deur die mooi platteland van ons ry, veral langs die grond
paaie, dat jy by die dorpies kom waar die gemeente reeds gesterf het en jy vra
jouself hoekom? Ja die kinders trek weg na die stad toe, daar is samevoeging
van plase, besighede maak toe, en stadig sterf die dorp. Dit lyk my die eerste
wat sterf is die gemeentes.
Nou vra ek myself wat het gebeur in die
lewe van die gemeente / kerkraad wat tot doodloop gely het? Is daar soos jy
beaam, nie iets wat volgens ons christelike roeping
en oortuiging kon gedoen word nie? Ek vra myself hoekom is dit nie moontlik dat
die herlewing wat ons voor bid, nie in die platteland kan vlam vat nie, en ook
samesmelting van die kerke! Miskien moet daar sê by voorbeeld 'n taakmag [ek
hou van hierdie woord in die lig van die Engelse lied " onward Christian soldiers, marching as to war..."]
samegestel word uit die OK sinode [gemeentes, nie net
die ds nie] wat 'n gevalle studie kan doen van so 'n gemeente en kyk wat kan
gedoen word om te help, veral as daar ander christen
gemeentes werksaam is in die dorp.
Miskien is dit moontlik om 'n model daar te
stel wat ander gemeentes / sinodes kan help in die verband. Die
bereidwilligheid van 'n plattelandse gemeente om deel te neem aan so 'n studie,
moet gegrondves word op verandering -
m.a.w. daar kom nie om te help om te oorleef nie, maar daar kom hulp om te help
beleef / herleef deur verandering! Ek luister nou vir myself en dit is duidelik
dat daar weer met 'n sending oog na die platteland gekyk moet word wens die
veranderde situasies daar, en dit benodig 'n missionêre
benadering. Net 'n paar gedagtes, en voorspoed met die werk vorentoe.
Groete, Sarel
2. Tobie de
Wet uit Japan
Jou opmerkings oor plattelandse
bediening is baie raak en beslis 'n uitdaging vir die kerk. Kan nie eintlik
Bybels 'n ander pad sien nie. Prakties natuurlik ook nie. Geen ware oorlewing
op enige ander pad nie. Ek dink ook nie ons moet en mag ons laat afskrik deur
die spook en sonde van rassisme ens nie. Nie meer vandag en op hierdie laat
stadium nie!!
Ek glo egter regtig dat die kerk in sy breër verband amptelik en
konkreet predikante en kerkrade moet uitdaag, lei en help om presies dit
te doen wat jy voorstel. Glo nie plattelandse leraars wat die visie deel, het
die moed en vermoë om hul kerkrade en gemeentes in die rigting te neem nie. Nie
op hul eie nie!!! Hulle hande moet gesterk word. Jou mooi woorde alleen gaan
niks help nie....
Jou gedagtes oor die proses van luister sonder om altyd noodwendig
besluite te neem, is ook bemoedigend.
3. ‘n Leraar
uit die platteland:
Thanx vir die goeie bydra oor sterwende gemeentes. Ek
stem. Skerp. Wens kerkrade kan dit as gespreksdokument
hanteer.
"Wat dink julle is die rede hoekom
sommige "gemeentes"
op die platteland vrek - skies - terminaal siek,
kreupel en op krukke voortsukkel na hulle eie lang en duur begrafnis?"
Ek dink nie gemeentes besef hoe laat dit geword het nie. Bo
VGK , Belhar en kerkhereniging: Nuwe moontlikhede
Die voorwaarde dat
alle kerke in die herenigingsproses die Belharbelydenis moet aanvaar, word baie beter as ooit
tevore gehoor in die konteks van die pasafgelope VGK Algemene Sinode. Waar die verlammende eis in die
verlede gestel is dat die NG Kerk (Algemeen-Sinodaal)
Belhar aanvaar, word daar nou ruimte geskep vir gemeentes, ringe en sinodes om
op basis van Belhar gesamentlike bedieninge orent te
bring onderweg na kerkhereniging. Daar sal na alle
waarskynlikheid NG gemeentes wees wat meer as gereed is om op basis van die Belharbelydenis ‘n verenigde bediening met die VGK orent te bring. Mens vertrou dat ringe en streeksinodes
hierdie gemeentes al die benodigde ruimte hiervoor sal gee.
Dit
word wyd in die NG Kerk gesê dat kerkhereniging nie
van bo afgedwing moet word nie, maar van onder moet groei. Die VGK-besluite maak nou die deur wawyd oop vir hierdie
moontlikheid. Bo
Indrukke oor die VGK Algemene
Sinode
Ben du Toit skryf die volgende: “Ek het die
voorreg gehad om vir ‘n aantal dae hierdie sinode van die Verenigende
Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika by Hillton College naby Pietermarizburg by
te woon. Dit was ‘n wonderlike ervaring van gasvryheid en samehorigheid.
Mens het as een van die daaglikse 50-tal besoekers
sommer welkom gevoel om saam te eet en te gesels - selfs in te sit by die mini-sinodes en studiegroepe wat
by tye gehou is. Daar is diep en somtyds hard met mekaar gepraat.
Daar is ernstig na mekaar geluister. Daar was wonderlik saamgesing en met
teologiese diepte prinsipieel en met oortuiging gepraat. Die sinode is
afgesluit met ‘n voetewassing - en vir my die
toppunt van versiendheid en verantwoordelike optrede as rentmeesters van Gods
skepping, afgesluit met ‘n boomplantings-seremonie.”
As moderatuur is gekies:
Prof Thias Kgatla (moderator - van Noord Transvaal)
Dr Allan Boesak
(assessor - van Kaapland)
Ds Collin Goeiman (skriba - Vrystaat)
Ds Petrus Makoko (aktuarus - Phororo)
Ds David Malete
(lid - Suid-Transvaal)
Ds Henry Platt
(lid - Namibia)
Ds Philemon Moloi (lid - KwaZulu-Natal) Bo
Uit die jongste Kerkbode:
DIE taak om kerkeenheid in die NG
Kerkfamilie ’n realiteit te maak, gaan al hoe meer aan plaaslike kerkrade,
ringe en selfs streeksinodes oorgelaat word.
Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK)
se Algemene Sinode verlede maand het die NG Kerk se besluit om die Belydenis
van Belhar as opsionele belydenisskrif in ’n herenigde kerk te aanvaar amptelik verwerp. Hulle reik
egter die hand na diegene in die NG Kerk wat die Belydenis van Belhar saam met
hulle onderskryf om so gou as moontlik een kerk te word.
Terwyl die vier kerke (VGK, Reformed Church in Afrika (RCA), die NG Kerk in Afrika (NGKA)
en die NG Kerk) se leiers op nasionale vlak stoei om die struikelblokke in die
weg van strukturele kerkeenheid uit die weg te ruim,
gaan VGK-gemeentes wat gereed is vir gesamentlike bedieningstrukture die groen lig kry om voort te gaan om kerkeenheid in die praktyk moontlik te maak.
Die VGK het tydens hulle Algemene
Sinode by Hilton in KwaZulu-Natal ingestem dat gemeentes, ringe en
streeksinodes wat gereed is daarvoor, toegelaat word om nou reeds tot die
grootste moontlik mate te verenig. Die VGK se Regskommissie
is opdrag gegee om dringend die nodige veranderinge in die Kerkorde aan te
bring sodat strukturele eenwording ook moontlik kan wees tussen gemeentes,
ringe en streeksinodes wat dit verlang. Die aanvaarding van die Belydenis van
Belhar sal telkens as basis vir eenwording dien.
Die Algemene Sekretaris van die NG Kerk, dr Kobus Gerber, het die stap verwelkom. Dr Gerber
sê dit is een van die besluite op die VGK se sinode
wat hom opgewonde maak. “Dit maak die pad na volwaardige kerkeenheid
baie meer oop as toe. Ek beskou dit as deel van ’n omarmingsproses
om diegene te help wat wil voortgaan met kerkeenheid,”
het dr Gerber aan Kerkbode gesê.
Dr Gerber sê die VGK se besluit strook met besluite wat reeds deur die NG
Kerk geneem is om streekstrukture moontlik te maak.
“Dit dui op kerkhereniging op grondvlak en kan die
kerk in die breë nog aangenaam verras,” het dr Gerber
gesê.
’n Voorstel van die VGK dat die
ander drie kerke in die NG Kerkfamilie voortgaan met kerkeenheid
terwyl die verskille tussen hulle en die VGK
uitgestryk word, lyk nie so eenvoudig nie. Die RCA
het reeds aangedui hulle is nie te vinde is vir gefaseerde
eenwording nie terwyl die NG Kerk ook versigtig is om hom daaroor uit te laat.
Dr Gerber sê daar moet nie
oorhaastige besluite in dié verband geneem word nie. Die NG Kerk se moderatuur
sal dit behoorlik bespreek tydens volgende maand se moderatuursvergadering.
“Die moontlikhede vir kerkeenheid is nou weer baie
meer oop en dit sal groot leierskap van al die deelnemers verg om daarna te
kyk,” het dr Gerber gesê.
* Nog ’n belangrike besluit wat deur die VGK-sinode geneem is, is die moontlikheid van ’n
versoeningskommissie tussen die vier kerke in die NG Kerkfamilie onder
voorsitterskap van ’n neutrale voorsitter. Die moderatuur van die NG Kerk sal
volgende maand ook verder daaroor besin.
Dr Gerber sê die NG Kerk het hom reeds tot versoening verbind.
“Sonder werklike versoening kan daar nie sprake van ware eenheid wees nie.”
VGK Algemene Sinode:
Besluite oor Kerkeenheid
Church Unity Report – Combined Report Of Mini Synods
Recommendations:
3.1.5 The General Synod expresses its appreciation
for the decision of the NGKA GSC
meeting to recommend to their General Synod to change the requirement that
stipulate that the NGKA only recognise the legitimation of churches belonging to the Federal
Council. The General Synod furthermore
decides that multilateral discussions continue after the decision of the
General Synod of the NGKA regarding the recognition
of the legitimation of the URCSA.
3.1.6 The General Synod instructs its Executive Committee to continue with the
reconciliation process with the NGKA.
3.1.7 The General Synod instructs its Executive Committee to urgently seek ways
to continue the process to find an out of court settlement regarding the court
cases between the two churches.
3.1.8 The General Synod commits itself to a church unity model which reflects organic unity and in no
way could be construed as a new form of church apartheid.
Adopted
Recommendations:
3.2.3 The General Synod instructs its Executive Committee to continue with the
bi-lateral talks with the NGK in order to find ways to overcome the present
stumbling blocks to church unity.
3.2.4 The General Synod affirms the decision of the GSC
2004 to reject the inclusion of the Confession of Belhar
as an optional confession in a new church.
3.2.5 The General Synod, in noting that there seem
to be no confessional differences or impediments between the NGK, the NGKA and the RCA, expresses the view that these three
churches should pursue unification on the basis of an organic unity model.
Synod believes that such action would lend authentication to the often-expressed
desire for church unity within the DRC family and in
the long term contribute to the realisation of true unification amongst all the
churches of our family.
3.2.6 The General Synod decides not to proceed with the establishment of unity structures
that compromise the Confession of Belhar. Synod therefor affirms Point 5 of the GSC
2004 decision (Late Report of the Executive Committee p4) in its rejection of
the DRC's decision for a speedy unity on the basis of
the "ruim huis"
process/model.
Adopted
Motion:
The
General Synod initiates discussions with the DRC(bilaterally)
and the DRCA (bilaterally) to consder
the possibility of a "Truth and Reconciliation" type of process,
chaired by a "neutral" chairperson of committee, to attempt to achieve
reconciliation and out of court settements in all the
areas where tension has developed between the DRCA, DRC and URCSA.
Adopted
Motion:
The Gospel of Jesus Christ, the basic tenets
of our Reformed faith, the foundational truths of the Confession of Belhar, and especially our obedience to our Lord compel us
to pursue genuine unity with the DRC family of
churches and the churches within the Reformed tradition in all
In order to fulfil this calling and in response
to this gift General Synod acknowledges that our method of pursuing unity
through talks at leadership level only has not produced the desired results. We
further believe that the emphasis in our search for unity should be shifted to
the levels where it really matters and where unity can most visibly and most
authentically be experienced and realised: that of regional synod, presbytery,
and local congregation.
Therefore General Synod decides to forthwith
approve the necessary Church Orderly Regulations (cf. Reglement:
Kombinasie van werksaamhede
van gemeentes, ringe en sinodes uit verskillende
kerkverbande, Agenda, p.531-533) to enable Regional
Synods, Presbyteries and local congregations who desire to do so on the basis
of the acceptance of the Confession of Belhar, to
unite to the fullest extent possible in ministry, even if structural unity,
because of church orderly impediments, is not yet possible. This General Synod
instructs the Permanent Judicial Commission to urgently give attention to the
enabling legislation to make structural union possible.
In
doing so, the URCSA will enable authentic unity which
will give expression to our own commitment and obedience to the prayer of
Jesus, and in so doing inspire our churches as a whole in our efforts towards
the realisation of full, organic church unity in Southern Africa.
General Synod not only condones such unions, it encourages and supports
them wholeheartedly.
Mindful of the charge laid upon us by the Gospel, the Confession of Belhar itself and the Accompanying Letter to the DRC, General Synods regards these actions as an integral
part of the URCSA's pastoral responsibility on the
journey to full, organic church union and instructs its Executive Committee to
conduct all its discussions with the DRC, the DRCA and the RCA within this context.
Adopted
Recommendation:
The General Synod decides not to take up the offer
of the RCA to mediate since they are part of the process.
Adopted
Recommendation:
The General Synod resolves to propose that the Laudium Declaration becomes part of the historical
documents of the new church. The General Synod furthermore affirms that the
model of the new church be based on organic unity and not on specific
ministerial needs.
Adopted
Recommendation:
The General Synod
instructs the Executive Committee to seek closer co-operation with other
reformed churches in
Adopted Bo
Uiteindelik hulp met kinders in die erediens!
Uit die Wes-Kaapse
Jeugkantoor die volgende mededeling:
Die volgende 6 maande (vir eers) is daar elke Maandag (vir die
eerskomende Sondag) 'n Powerpoint-aanbieding beskikbaar
met foto's, aktiwiteite, aanhalings, gebede, grappies, speletjies, storietye ens
wat die kinders in die erediens sal laat tuis voel en die gemeente as 'n
familie sal laat funksioneer. Dit is nog
in 'n groeifase en sal uitgebrei en verfyn word soos ons self leer. Om dit in die hande te kan kry gaan jou NIKS
kos nie. Jy moet egter die aanhaling
lees om te weet hoe om dit af te laai.
Nico Simpson verduidelik hoe jy die
voorstelle vir familie-eredienste op Powerpoint bekom. Hy skryf:
Ons is ‘n groep vriende
wat oor ‘n klompie jare deel geraak het van ‘n familie-navorsingsgroep wat
gedryf is deur Buvton, die (destydse) algemene jeugkommissie en die Hugenote
Kollege. Ons beplan om in skoolkwartale ’n weeklikse e-pos uit te stuur met ’n
paar powerpoint-skyfies wat predikante, jeugwerkers en gemeenteleiers kan
gebruik om inter-ouderdom, familie-gebasseerde gemeentewees te bevorder.
Ons wil nie lastig wees of jou e-pos vermoë
oorlaai nie. Daarvoor moet ons gebruik maak van ‘n programmetjie wat jy (heeltemal gratis) van
die internet op jou rekenaar moet laai.
Dis net meer as 1 megabite groot en laai so ongeveer 3- 5minute af. Daar is geen gevaar aan verbonde nie en word
al verskeie maande deur die AJK webwerf gebruik. Die programmetjie “ezine express“ is doodeenvoudig ‘n program wat elke keer dat jy
aanlyn gaan met ’n link na die Jeugfokus databasis toe gaan en gaan kyk of daar
nuwe verslae of powerpoints (soos hierdie een wat ons wil stuur) is. Die
program laat weet jou dan met ‘n “pop up“ venster dat daar nuwe
inligting is en jy kan dan in die venster gaan click en d.m.v. jou internet die
inligting op jou eie tyd gaan aflaai en lees.
Instruksies vir die gebruik van Ezine Express:
Laai die program Jeugfokus.exe af by
http://www.jeugfokus.org.za/ezine-express/Jeugfokus.exe en "save"
dit iewers op jou rekenaar soos op die Desktop of in
die My Documents Folder.
Aktiveer die program deur dit
te dubbelklik. Dit sal van nou af elke keer as die
rekenaar aangeskakel word, self laai. Dit sal ook elke keer wanneer jy aanlyn
gaan, op die databasis gaan soek vir nuwe inligting en jou m.b.v. die opspring
venstertjie waarsku.
Hierdie program moet nou
gestel word om die boodskappe te ontvang:
View Current Ezine
sal die nuutste Jeugfokus E-Nuus
se inligting wys.
Klik op Manage secondary
feeds
Klik op + Add en voeg die volgende
inligting presies so by:
Die webadres is: www.jeugfokus.org.za/ezine-express/ezines-wk
Copy en paste na Url posisie of tik dit presies so oor.
Klik op + Add
en in die vorige Window klik op die naam Familie
Eredienste. Die venstertjie sal nou 2 skakels wys, nl. View current ezine en View ezine archive. Klik op View
current ezine. Alles is
korrek indien 'n venster oopmaak met die woorde: Uiteindelik: hulp met kinders
in die erediens!
Indien dit nie oopmaak nie, het jy die webadres verkeerd ingetik. Gaan
terug na die vorige stappe en probeer weer. Indien dit wel oopgemaak het, Close die venster sodat jy kan teruggaan na die Ezine venster.
Klik op Close.
Op die laaste (eerste) window moet jy nou nog net jou internet konneksie stel -
klik by "type
of internet connection" om aan te dui
"of jy 'n inbel rekening het (dial up) of permanente rekening (ADSL). Klik
op Sent to tray.
(Dit skuif dan die Ezine-program
na 'n "icon" regs onder op jou rekenaar.
Alles is nou reg.
Die program sal elke keer self
laai as jou rekenaar aanskakel en Ezine Express sal jou inlig as daar nuwe boodskappe is.
Navrae: Indien iemand vashaak,
is hulle welkom om Johan van As te bel / epos by 012
3315 728 of 083 7072 952 of jvanas@jeugfokus.org.za
Die skyfies, (wat ook uitgedruk kan word as
transpirante) kan op verskillende plekke in die erediens-liturgieë of
groepsbyeenkomste gebruik word. Dit is primêr bedoel om kreatiwiteit aan te
moedig. Voel vry om slegs dit wat jou aanspreek of relevant lyk te gebruik en
pas die materiaal aan na goeddunke. Jy
kan self die agtergrond verander as dit te veel ink vat om uit te druk. Om die PP uit te druk gaan na “file“ kies dan “Print preview“. Daar kies jy by “print what“ wat gewoonlik op “slides“ gestel is, “note pages“ wat jou help om
ook al die notas by die skyfies te sien.
Daar is verskeie skyfies wat jy nie sal verstaan as jy nie ook die notas
onderaan die skyfie lees nie.
Dit sal gou duidelik raak dat ons nie slegs
een boodskap uit die teksgedeelte kies nie – dit laat ons oor aan die
voorganger. Ons probeer om verskillende familie-perspektiewe aan te moedig. Om
mee te begin werk ons met die RCL se evangelie-tekste – ons dink dat die
“Jesus-verhale“ spesifiek wonderlike geleenthede bied vir inter-ouderdom
geloofsvorming.
Voorstelle, opmerking en bydraes sal
verwelkom word. Stuur al jou inligting na jeug@kaapkerk.co.za
met die “subject“/
onderwerp: “Familie-erediens“.
Laat weet ook as jy dalk wil deel raak van
die werkgroep wat 3-weekliks vergader in die Kaap (gewoonlik Stellenbosch of
Wellington-omgewing).
As jy nie die ezine program op jou rekenaar
wil aflaai wat jou in kennis stel dat die Powerpoint
aanbieding beskikbaar is nie, kan jy op die volgende skakel kliek om direk dit
self te gaan aflaai:
http://www.jeugfokus.org.za/ezine-express/ezines-wk/view.php
NG Teologie by UP kan tot 'n einde kom (?)
Die Oos-Transvaalse sinode van die NG Kerk wil
formeel in gesprek tree met die teologiese fakulteit van die Universiteit van
Pretoria om wat die sinode noem “die einde van teologiese opleiding van NG Kerk-predikante” aan dié teologiese skool te verhinder.
Dié drastiese stap hou verband met tugstappe teen mnr Ferdie Mulder (32), 'n student in die fakulteit, wat vroeër
vanjaar in 'n vlugskrif verskeie klagtes geopper het teen vooraanstaande hoogeleraars in die UP se
fakulteit teologie.
Die kuratorium, wat toesig hou oor teologiese opleiding by die UP, het vroeër stappe teen Mulder
aangekondig oor 'n verklaring wat hy uitgereik het - sy “status Confessionis aangaande die opstanding van Jesus Christus”. Mulder se verhoor word wyd bespreek in die NG Kerk omdat
dit teologiese kwessies aanroer waaroor hewige debatte tans word....Die
dagbestuur van die kuratorium help ons nie deur bloot te verwys na die
ongeregverdigde en ongesubstansieerde beskuldigings
nie, terwyl daar wel gesubstansieerde kritiek is
waarvan ons werk moet maak,” sé die moderator, dr Johann Ernst, in die agenda
In nog 'n stap sê die NG gemeente Middelburg-Wes
in 'n verklaring sy kerkraad is, “ná 'n studie van verskeie artikels deur
dosente in die teologiese fakulteit van die UP, asook
ander kerklikes betrokke by die kuratorium, bekommerd
oor die Skrif- en belydenisgetrouheid
in teologiese opleiding. Die artikels bevat na ons mening gewis dwaalteologie”. (Uit: Rapport, 02.10.2005, p 11, Marlene
Malan) Bo
Toerustingsburo vir Interkulturele
Werkers:
Ondersteun of stuur
u gemeente ʼn sendeling na die buiteland?
Vertrek u self vanjaar na die buiteland vir sendingwerk? Gaan u lang- of korttermyn betrokke raak by kerklike dienswerk buite die
grense van Suid-Afrika? Skakel u
vanjaar in by ʼn langtermynprojek waar u gaan
woon en werk binne ʼn kultuur wat verskil van u eie? Indien wel, dan kan u, of u gestuurde, baie
baat vind by dié oriënteringskursus
vir sendelinge van die Toerustingsburo vir Interkulturele Werkers (TIW) aan
die Hugenote Kollege.
Die breë doel van die kursus is om vir voornemende sendelinge ʼn
oorsig te gee van enkele van die belangrikste sake wat hulle aandag, tyd, geld
en studie sal vereis ten einde ʼn sinvolle interkulturele
bediening te verseker. Na afloop van die Themelion-oriënteringskursus
behoort die voornemende interkulturele werkers onder
andere:
*
Hulle roeping en die implikasies daarvan duideliker te verstaan en te
waardeer;
*
Groter insig te toon in die aard van God en die Kerk se sending in die
wêreld;
* Die
aard, werking, funksie en invloed van kultuur beter te verstaan;
* ʼn
Duidelike beeld te hê van wat hulle by die binnetrede van vreemde nuwe kultuurgemeenskappe moet wees en doen om te verseker dat
vertroue gewen, gemeenskap geskep en volhoubaarheid
gedien word;
*
Gemotiveerd te wees om aan die hand van riglyne, die uitdagings wat interkulturele kommunikasie aan hulle stel, die hoof te bied;
*
sensitief te wees vir die uitdagings wat die verkondiging van die
evangelie in ʼn vreemde kulturele konteks vir die sendeling bied;
*
Begrip te toon vir verskillende psigiese, emosionele of geestelike
ervaringe wat hulle persoonlik, hulle eggenote en gesinne tydens die interkulturele bediening mag ervaar en te weet hoe om dit
van die aanvang af sinvol te hanteer sodat hulle, hulle eggenote en gesinne
optimaal kan funksioneer in die interkulturele opset
* ʼn
Oorsig te hê van al die praktiese voorbereiding en reëlings wat getref moet
word voordat ʼn sendeling na die buiteland vertrek.
Wanneer :
25 November – 4 Desember 2005
Waar : Bloemfontein
Taal : Lesings in Afrikaans of Engels. Notas in Afrikaans en Engels
Inskrywingsvoms en navrae: Dr. R. van Velden, Hugenote Kollege, Posbus
16, Wellington, 7654. Tel. 021-8731181(k);
021-8732967(h); Sel. 0828574368 E-pos:
tiw@hugenote.co.za / vveldr@unisa.ac.za
“Baie dankie! Dit was ʼn wonderlike werkswinkel. Dis jammer die tyd gaan so gou verby, mens
sou nog baie meer wou leer. Die “aard
en werking van kultuur” was vir my die
insiggewendste.” (J. Boshoff,
Table View , Mei 2004)
“Ons was
van die 19‑24 by 'n werkswinkel in Malawi wat aangebied is deur Ryk van Velden….Ons was weereens so dankbaar om deel te wees, want
ons het baie geleer…. Selfs van die gesoute sendelinge wat daar was, sê dit was
vir hulle 'n "eye opener".
Ons het ook skielik baie dinge rondom onsself sommer beter verstaan.”
(Petrie Coetzee,
Mosambiek, Oktober 2004)
“Die
materiaal was so goed uitgewerk en Ryk het dit alles so uit sy hart en uit sy
eie ervaring aangebied. Ons almal het gevoel ons wil met die voorkennis weer
oor gaan begin en dit hierdie keer beter doen.
Ek wil almal wat sendelinge êrens in die wereld
ondersteun,
baie sterk aanmoedig om nie 'n sendeling in die veld
te stuur sonder dat hulle hierdie kursus deurgeloop het nie.”
(Stefanie Roux, Mosambiek,Oktober 2004 )
Ander Kursusse wat TIW op aanvraag kan aanbied
* Toerusting
van interkulturele kerklike werkers in nabye omgewing: Hierdie kursus fokus op die toerusting van
lidmate wat op ʼn voltydse of deeltydse basis in hulle nabye omgewing by
kerklike dienswerk in ʼn interkulturele konteks werksaam is. Die volle kursus kan oor ʼn naweek
aangebied word.
* Toerusting
vir korttermynuitreikspanne. Hierdie
kursus is daarop gemik om uitreikspanne toe te rus om hulle uitreike behoorlik
te beplan, die span behoorlik voor te berei vir die uitreik en inligting en
wenke te gee wat tydens die uitreik van waarde kan wees om te verseker dat ʼn
uitreik optimale vrug lewer.
Kontakbesonderhede
Kontakpersoon:
Dr. R. van Velden
Adres:
TIW, Hugenote Kollege, Posbus 16, Wellington, 7654
Tel.
021-8731181 Faks:
021-8732377 Sel. 0828574368 E-pos: tiw@hugenote.co.za
Vakature: Predikant in
Sinodale Diens (Noord-Kaapland)
Aansoeke word ingewag vir die pos van uitvoerende beampte van die NG
Kerk in Noord-Kaapland.
* Posbenaming : Predikant in Sinodale Diens N G Kerk in Noord-Kaapland.
* Posbeskrywing : Die posbekleër
se opdrag word bepaal en gedra deur die roeping van die NG Kerk in Noord-Kaapland soos verstaan deur die Sinode. Die volgende funksies behoort tot die
pos: Teologies, skakeling, bestuur,
koördinering, advisering, ondersteuning, navorsing en
administrasie.
* Standplaas : Kimberley
* Posvereistes : ’n Gelegitimeerde predikant van die NG
Kerk.
* Vergoeding : Die vergoedingspakket word
gestruktureer volgens die riglyne van die Taakspan Fondse van die Algemene
Sinode. ’n Behuisingsvoordeel
word ingesluit.
* Aansoeke : Volledige CV met verwysings.
* Sluitingsdatum : 4 November 2005
* Navrae en aansoeke:
Ds JGF Roelofse
Tel: 053 8329581
Sel: 082 789 6855
e-pos: noordkaapsinode@xsinet.co.za
Adres: Posbus 1430, Kimberley 8300 Bo
VCSV (Vrystaat) Provinsiale Organiseerder
(Kontrakaanstelling
3-5 jaar)
Posbeskrywing:
Om die werk van die VCSV in die Vrystaat te organiseer. Dit sluit die bediening
aan skoliere, organisering van kampe, begeleiding van diensjaarspanne,
motivering van onderwysers en die uitbreiding van VCSV-aktiwiteite
en –administrasie in.
Vereistes
Die kandidaat moet
beskik oor:
* Die vermoë om onafhanklik en op eie inisiatief
te werk.
* 'n Bewese rekord van knap organisasie-
en administratiewe vermoë.
* Kennis en ervaring van jeugwerk.
* Verkieslik 'n toepaslike tersiêre
kwalifikasie.
*
* Bewese rekenaarvaardigheid.
* Die fisiese gesondheidsvermoë
om met die jeug te kan werk.
* Vlot Afrikaanse en Engelse taalvaardigheid.
* Die kandidaat moet
Die VCSV-Vrystaat behou die reg voor om nie
Pos jou aansoek met
Die Voorsitter: VCSV,
Posbus 31240, FICHARDTPARK 9317
Navrae: Tel: (051) 5226557 Selnr: 0833841226 Bo
Is your appearance here this
morning persuant to a deposition notice?
Hierdie stukkie humor
bestaan uit werklike getuienis wat in Amerikaanse howe gelei is.
---
Q: Is your appearance here this morning persuant
to a deposition notice which I sent to your attorney?
A: No, this is how I dress when I go to work.
---
Q: This myasthenia gravis, does it affect your memory at all?
A: Yes.
Q: And in what ways does it affect your memory?
A: I forget.
Q: You forget? Can you give us an example of something that you’ve
forgotten?
---
Q: What is the first thing your husband said to you when he woke up that
morning?
A: He said: Where am I, Cathy?
Q: And why did that upset you?
A: My name is Susan.
---
Q: What gear were you in at the moment of the impact?
A: Gucci sweats and Reeboks.
---
Q: Now doctor, isn’t it true that when a person dies in his sleep, he
doesn’t know about it until the next morning?
A: Did you actually pass the bar exam?
---
Q: Doctor, how many autopsies have you performed on dead people?
A: All my autopsies are performed on dead people.
---
Q: ALL your responses MUST be oral, OK?
Q: What school did you go to?
A: Oral.
---
Q: Do you know if your daughter has ever been involved in voodoo or the
occult?
A: We both do.
Q: Voodoo?
A: We do.
Q: You do?
A: Yes, voodoo.
---
Q: Doctor, before you performed the autopsy, did you check for a pulse?
A: No.
Q: Did you check for blood pressure?
A: No.
Q: Did you check for breathing?
A: No.
Q: So, then it is possible that the patient was alive when you began the
autopsy?
A: No.
Q: How can you be so sure, doctor?
A: Because his brain was sitting on my desk in a jar.
Q: But could the patient have still been alive, nevertheless?
A: Yes, it is possible that he could have been alive and practicing law
somewhere. Bo
Raad aan
vroue vir 'n gelukkige huwelik:
* Kry vir jou 'n man
wat jou baie lief het, wil dien en gelukkig maak.
* Kry vir jou 'n man
wat jou kan laat lag en die lewe geniet.
* Kry vir jou 'n man
wat prakties is en alles wat stukkend is kan regmaak.
* Kry vir jou 'n man
wat ryk is en alles kan gee wat jou hart begeer.
Laastens: Sorg dat die vier nooit van mekaar uitvind nie.
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton