OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 3 - Nommer 12 - 26 September
2005 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Verandering
in hospitaalbediening (Siekesorg)
Sterwende
plattelandse gemeentes
Om altyd tot ‘n konklusie te kom
Beroepenuus: Stéphan van der Watt
Tydelik-deeltydse kontrakpos vir
leraar: NG Kerk Maclear
The year’s
best (actual) headlines
Oeggg! Brein-versaking is ‘n
realiteit!
Lees gerus in die aanhegsel wat Piet Naudé skryf
oor die Luister na God, na aanleiding
van die Seisoen van Luister wat die NG Kerk pas betree het. Hierdie is Piet se samevatting
van sy voordrag tydens die Verantwoordelike Vernuwing-konferensie
in Port Elizabeth. ‘n DVD-opname hiervan (trouens van
die hele konferensie) kan bestel word by Tertius Buys, 041 466-5613, of GaanDanHeen@telkomsa.net
Verandering in hospitaalbediening
(Siekesorg)
Johan Lamprecht maak die volgende mededeling:
Ds. Christo Jordaan wat vir
baie jare kosbare werk in Green Acres, St. Georges en Provinsiale hospitale gedoen het, het onlangs
afgetree en hom in die Kaap gevestig. Soos baie mense sal weet, het hy die
lidmate van ons kerk van die platteland in dié drie hospitale van Port
Elizabeth besoek. Johan Lamprecht het hierdie
bediening vanaf 1 Augustus vanjaar oorgeneem.
Johan was die afgelope vyf jaar geestelike
werker by Livingstone Hospitaal en sedert die begin van die jaar ook by Dora Nginza. By hierdie twee hospitale was besoeke van bed-tot-bed gedoen ongeag geloof en kerkverband. Johan sal
nog steeds voortgaan om die werk by laasgenoemde twee hospitale op dieselfde
basis te doen.
Dit sal waardeer word indien ons kerklidmate
kennis sal neem van hierdie bediening. U word hartlik uitgenooi om Johan in te
lig oor gemeentelede wat in enige van die vyf hospitale opgeneem word sodat hy
hulle kan besoek en geestelike ondersteuning kan bied.
Verdere besonderhede sal binnekort aan alle gemeentes
in die Oos-Kaap gestuur word. Johan is ook beskikbaar indien u hom wil nooi om
u gemeente te besoek. Hy kan sy bekendstelling tydens ‘n erediens doen of ‘n
belangegroep binne u gemeente kom toespreek.
Johan se kontakbesonderhede is soos volg:
Telefoon tuis: 041 371 2680 (U kan slegs ‘n boodskap laat en hy sal u
terugskakel)
Telefoon kantoor: 041 405 2505 (By Livingstone Hospitaal)
Sellulêr: 072 103 7010
E-pos: lesmajola@absamail.co.za
U volgehoue ondersteuning, finansieel maar veral
deur gebed, sal opreg waardeer word. Bo
Sterwende plattelandse gemeentes
Dit was onlangs my
voorreg om ‘n tydjie in een van ons “sterwende” plattelandse gemeentes deur te
bring. Die spesifieke gemeente is ‘n tipiese voorbeeld van wat op baie
plattelandse dorpe gebeur. Oor die afgelope twintig jaar het die lidmatetal met byna twee-derdes
verminder. ‘n Pragtige, sierlike kerkgebou met ‘n wonderlike orrel het nou ‘n
uitdaging geword om selfs net te onderhou. Waar mense die banke vroeër jare vol
gesit het, kom net ‘n handjievol gelowiges deesdae
bymekaar. Daar is ook ‘n VGK-gemeente, en die twee
gemeentes word gesamentlik deur een leraar bedien. Elk het ‘n kerkgebou, en kom
afsonderlik vir eredienste bymekaar.
Alle
aanduidings is daar dat die gemeente sterwend is. Nie meer lank nie, en nog ‘n predikantspos sal verdwyn. Dalk word nie gebou verkoop ...
aan wie? ... waarvoor?
Op
hierdie spesifieke dorpie woon daar meer as sesduisend mense in totaal. Mens
wonder wat sou gebeur indien die lidmate nuwe perspektiewe op die gemeente ontwikkel?
Een: Wat sou gebeur
indien die lidmate ‘n gemeenskapswye-perspektief op
die gemeentelike bediening ontwikkel wat ál
die inwoners van die dorp insluit? Sê nou hulle sou vra: Waarop fokus God die kerk
se aandag in die gemeenskap? Hoe sou die gemeente die mense kon bedien op ‘n
manier wat die gelowiges in die gemeenskap in erediens en diens verenig? Ja,
daar is ook ander denominasies op die dorp – alle dorpe - werksaam. Dit skep
aantreklike moontlikhede. Hoe sou die verskillende kerke vennote kon wees in ‘n
gemeenskapsgerigte bediening?
Interessant
genoeg, is dit presies die leraar se visie. Om dit te implementeer is egter nie
so maklik nie, gegewe die lidmate se siening van die kerk as professionele
godsdienstige bediening gerig op hulle wat reeds lidmate van die kerk is.
Hierdie siening verlam die gemeente. En dan is daar die altyd-aanwesige
rassisme. “Indien die VGK en NGK môre verenig, skuif ‘n
hele aantal lidmate beslis na die APK”, som die
leraar die situasie op sy dorp op.
Twee: Wat sou gebeur indien die kerk se
perspektief skuif van oorlewing na missie? ‘n Gebrek aan kontant is ‘n nare
ding. Dit fokus jou aandag veel meer op oorlewing en besnoeiing as om jou aan
nuwe moontlikhede te laat dink. Die luister na God se stem, die kreatiewe denke
om potensiaal uit niks te skep, die vermoë om te bly gee en dien bly so maklik
in so ‘n situasie in die slag. Dit is die dood in die pot. Die kernvraag is:
hoe kan ons bruikbaar wees vir God in ons gemeenskap. Wat wil Hy hê moet ons
doen?
Drie: Wat sou gebeur as ons nuut dink
oor wat presies sterwend is op hierdie dorpie? ‘n Sekere gestalte van kerklike
bediening is sterwend. ‘n Soort bediening waar lidmate bedieningsvoorwerpe
is. Waar ‘n betaalde predikant namens almal geestelike verantwoordelikheid
neem. ‘n Relatief duur kerkmodel sterf, nie die
geloofsgemeenskap self nie. In elk geval nie ‘n geloofsgemeenskap waar lidmate
verantwoordelikheid vir die bediening van die gemeente neem nie. Hulle moet dit
egter leer doen, en verantwoordelikheid aanvaar. My ervaring is dat die platteland
vol predikante is wat hierdie visie van bemagtiging deel. Die vaardigheid om
dit te doen, is nog aan die ontwikkel. Hulle moet ook toegelaat word om dit uit
te leef. Hulle moet die ruimte kry om lidmate te bemagtig om gemeenskapswye bedieningsverantwoordelikheid
te aanvaar. Hoe lank nog sal kerkrade soos die spreekwoordelike padda in die
pyp in die pad hiervan bly vassteek? Ek weet van heeltemal te veel kerkrade en
gemeentes wat dink hulle omstandighede is uniek. Die wonderlike verhale van hoe
gemeentes nuwe energie in lidmaatgedrewe bedieninge vind, sal – weens hierdie gewaande uniekheid – “nie
op ons dorp werk nie”.
Die NG Kerk in Oos-Kaapland
wil ‘n bemagtigende, visionêre kerkverband wees –
eerder as ‘n kontrolerende, regulerende instansie wat met gemeentes kompeteer
deur self bedieninge te onderneem. Vriende, hier is
werk om te doen: ons sal ‘n geïntegreerde visie vir klein-plattelandse
bedieninge moet ontwikkel wat bekostigbaar, visionêrend en innoverend van aard is. Ons sal ook verbaas
wees moet hoeveel hulpbronne God beskikbaar sal stel vir predikante in
bemagtigende, missionêre, gemeenskapsgerigte
bedieninge. Bo
Om altyd tot ‘n konklusie te kom
Die evalueringsvorms van ons onlangse buitengewone sinode
getuig van onvergenoegsaamheid met die proses wat
gevolg is. Dit prosesse voel “te oop” daar was “te min konklusie”. Hierdie
gevoel bestaan kerkwyd na aanleiding van verlede jaar
se Algemene Sinode. Ook die predikante-konferensie
loop hieroor deur: “Om te dink ons was twee dae bymekaar en het nie een besluit
geneem nie – watter mors van waardevolle tyd en geld!”, som iemand dié gevoel
op.
Miskien
maak veral die homoseksualiteit-debat hierdie gevoel
akuut. Die gebrek aan ‘n konklusie, ‘n vaste besluit, sekerheid skep diepgaande
angstigheid.
Waar
kom ons daaraan dat saam-wees en saam-dink
altyd in vaste besluite moet eindig? Die algemene predikante-konferensie
was die eerste byeenkoms in meer as anderhalf-eeu
waarin predikante bymekaargekom het sonder die vaste voorneme om besluite te
neem. Ons presbiteriaal-sinodale stelsel is as besluitnemende sisteem ontwikkel in reaksie op die alleen-besluitreg van die pous. Dit was ‘n briljante manier
om die pous koud te sit. Maar hoe funksioneel is dit om altyd met die oog op kerkregerende besluite bymekaar te kom – in kerkraad, ring
en sinode?
Die
nalewende effek van voortdurende saamwees-in-besluitneming
is allesbehalwe gesond. Dit kan tog nie ‘n goeie ding wees om altyd op sake en
besluite te fokus in plaas van op ons mens-wees, die
effek van verandering en op die uitdagings waarvoor ons te staan kom nie..
Veral nie in tye van verandering nie. Besluite skep wenners en verloorders.
Besluite trek sterk grense, skep beperkende raamwerke. Ons betree situasies
waarvan ons nog moet leer hoe om die Here dáár getrou na te volg. Nuwe kennis
en vaardighede moet ontwikkel word. In
veranderende tye het ons innovering nodig. Minder raadsale en vaste besluite
met te beperkte kennis - en meer ruimtes vir luister en eksperimentering.
Die
gebrek aan vaste besluite mag die indruk skep dat die kerk die eer van God en
gehoorsaamheid aan Hom goedkoop verhandel en selfs kompromitteer. Verre
daarvan. In die stilte, die nadenke en die gesprek soek ons juis na God se
stem. Gee ons nie vreeslik hoog op oor duidelik hoe ons God verstaan, hoor en
aan die werk sien nie, maar bly ons soek en vra – na Godself
en getroue navolging. Sogenaamde heldere, sekerheid-skeppende
besluite mag ‘n baie groot blok aan ons been wees.
‘n Vaardigheid vir die nuwe tyd is om onsekerheid
saam te leef en aktief te bly luister en soek na God se leiding – soos ons dit
uit die Woord en uit die monde van mede-gelowiges
verneem. Bo
Beroepenuus: Stéphan van der Watt
Baie geluk aan prop Stéphan van der Watt van Stellenbosch wat as medeleraar
na Aliwal-Noord beroep is. Mag jy die Here se leiding duidelik ervaar! Bo
Tydelik-deeltydse kontrakpos vir leraar: NG Kerk Maclear
Die NG Kerk Maclear (Noord-Oos-Kaap) stel 'n kontrakpos
vir 'n leraar bekend vir 'n periode van 6 -12 maande. Hierdie persoon sal
geestelike leiding neem in 'n situasie waar die vorige leraarspaar
se lang bediening onlangs tot 'n einde gekom het.
Dit moet 'n Geesvervulde
persoon wees met goeie interpersoonlike vaardighede en 'n aanvoeling vir 'n prosesmatige benadering.
Belangstellendes kan kontak maak met die leierouderling, Hendrik Britz, by elskeb@xsinet.co.za
/ 045 932-1039. Bo
Mens kan by die
volgende adres pragtige gratis agtergronde in ZIP-formaat
aflaai: http://www.worshiphousemedia.com. Dankie vir die
wenk aan Rethie van Niekerk.
The year’s best (actual) headlines
Dankie aan
Lou-Maré Denton vir die volgende koerantopskrifte – die beste van 2004:
Something
Went Wrong in Jet Crash, Expert Says
[no, really?]
Police
Begin Campaign to Run Down Jaywalkers
[now that's taking
things a bit far!]
Panda
Mating Fails; Veterinarian Takes Over
[what a guy!]
Miners
Refuse to Work after Death
[Good-for-nothing lazy so-and-so's!]
Juvenile
Court to Try Shooting Defendant
[see if that works
any better than a fair trial!]
War
Dims Hope for Peace
[I can see where it might have that effect!]
If
Strike Isn't Settled Quickly, It May Last Awhile
[you think?!]
Cold
Wave Linked to Temperatures
[who would have
thought!]
[they may be on to something!] Bo
Oeggg! Brein-versaking is ‘n realiteit!
Wicus Wait laat waai met die volgende bydrae wat die bestaan van brein-floutes bewys:
Question: If you could live forever, would you and why?
Answer: "I would not live forever, because we should not live forever,
because if we were supposed to live forever, then we would live forever, but we
cannot live forever, which is why I would not live forever," --Miss Alabama in the 1994 Miss USA contest.
"Whenever I watch TV and see those poor starving kids all over the
world, I can't help but cry. I mean I'd love to be skinny like that, but not
with all those flies and death and stuff." --Mariah Carey
"Smoking kills. If you're killed, you've lost a very important part
of your life," --Brooke Shields,
during an interview to become Spokesperson for federal anti-smoking campaign.
"I've never had major knee surgery on any other part of my
body," --Winston Bennett,
"Outside of the killings,
"I'm not going to have some reporters pawing through our papers. We
are the president." --Hillary Clinton commenting on the release of subpoenaed documents.
"That lowdown scoundrel deserves to be kicked to death by a
jackass, and I'm just the one to do it," --A congressional candidate in
"Half this game is ninety percent mental." --Philadelphia Phillies
manager, Danny Ozark
"It isn't pollution that's harming the environment. It's the
impurities in our air and water that are doing it." --Al Gore, Vice President
"I love
"We've got to pause and ask ourselves: How much clean air do we
need?"--Lee Iacocca
"The word 'genius" isn't applicable in football. A genius is a
guy like Norman Einstein." --Joe Theisman, NFL football quarterback & sports analyst.
"We don't necessarily discriminate. We simply exclude certain types
of people." --Colonel Gerald Wellman, ROTC Instructor.
"If we don't succeed, we run the risk of failure." --Bill Clinton, President
"We are ready for an unforeseen event that may or may not
occur." --Al Gore, VP
"Traditionally, most of
"Your food stamps will be stopped effective March 1992 because we
received notice that you passed away. May God bless you.
You may reapply if there is a change in your circumstances."
--Department of Social Services,
"If somebody has a bad heart, they can plug this jack in at night
as they go to bed and it will monitor their heart throughout the night. And the
next morning, when they wake up dead, there'll be a record." --Mark S. Fowler, FCC Chairman
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton