OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 3 - Nommer 11 - 25 Julie
2005 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Moenie
so hard op julleself wees nie...
Openbare
debat oor NG Kerk ‘n wonderlike geleentheid
Leading Diversity: An Invitation to Leaders Everywhere
Adelaide-Gemeente reik uit na die Transkei
Kantoor van Alg Sinode van NG Kerk verhuis
DAGBOEK
Verantwoordelike Vernuwing : Konferensie in PE : 18,
19 Augustus 2005
Werkswinkels
in Lof en Aanbidding – Louis Brittz
Konferensie
oor Kerkeenheid op Gemeentevlak: 27 Augustus 2005
Genesing van emosionele wonde - Mercy Ministries –
30, 31 Aug en 2-4 Sept
Vandeesweek vind
die Spesiale Sinode van die Oos-Kaap plaas. Ons is vol vertroue dat berigte van
die Here se leiding, ‘n vars visie en hernieude roepingsbewustheid teen die
einde van die week soos ‘n aangename geur deur die Oos-Kaap sal versprei. Ons
hoop die sinode sal in die teken van openhartige gesprek staan – oor sake
waarin ons saamstem én verskil, en dat dit ons sal help om die evangelie
vaardig as teken van hoop in ons konteks te hanteer.
“Moenie so hard op julleself wees nie...”
“Julle is geweldig
hard op julleself”. Aan die woord is prof Nancy Ammermann, bekende
godsdienssosioloog van die VSA, vandeesweek op ‘n eendagkonferensie te
Stellenbosch. Gevra wat sy van die kerk in Suid-Afrika geleer het, verduidelik
sy dat die selfkritiek wat sy by die NG Kerk sien besonder intens is. Haar
raad: “Moenie so hard op julleself wees nie...”
Die
gehoor is tjoepstil terwyl Ammermann praat. Dalk probeer ons almal dink wanneer
laas iemand iets goeds oor die kerk gesê het? Wanneer iemand laas tevrede was
met ‘n byeenkoms, sitting of konferensie van die NG Kerk?
Die
meeste gesprekke en konferensies in ons kerk gaan uit van die veronderstelling dat
daar groot fout is, dat die kerk dit nie maak nie, dat ons min het om te bied.
Op hierdie trant sal ons net meer en meer fout kan vind.
‘n
Bietjie waardering vir onsself sal ‘n wêreld se verskil maak. Dink aan ons erns
met Woord en belydenis; goeie teologiese vorming; asook die broodnodige
aanpassings oor die laaste jare in styl van kommunikasie en toepaslikheid van
die prediking. Dink aan die deelnemende styl van besluitneming wat in ons kerk
gevestig geraak het. Die kreatiewe maniere waarop gemeentes met hul kontekste
omgaan eerder as om klone van mekaar te wees.
By
die konferensie het almal dadelik geweet Ammermann is reg: ons is geweldig hard
op onsself. En dit misken God se genade en betrokkenheid in ons midde. Bo
Openbare debat oor NG Kerk ‘n wonderlike
geleentheid
Die NG Kerk bly in
die nuus – al is die nuus nie altyd ewe positief nie. Die gesprek verloop op
verskillende vlakke: getrouheid aan die belydenisgrondslag van die kerk,
leersuiwerheid by teologiese dosente, bewerings van verdagmakery in die kerk,
aantygings dat die verdeeldheid onder kerklui by die Predikantekonferensie
toegesmeer is, dr Sunette Pienaar se bedanking uit ‘n manlik-gedomineerde kerk
– mens kan die lys nog veel langer maak.
Die
eens magtige NG Kerk wat soveel duidelikheid gehad het oor haar roeping, met
soveel gesag kon praat, en die ore van soveel politici gehad het, word nou
geforseer om nederigheid aan te leer en introspeksie te doen. Die kerk is in ‘n
woestyntyd – soos Israel van ouds – waar daar dikwels onenigheid is,
gemurmureer word, die verlede geïdealiseer word en tweespalt oor die pad
vorentoe bestaan. Dis swaar as mens – by wyse van spreke - opgelei is om stene
te maak, maar jou nou in die woestyn bevind waar daar geen behoefte aan jou
vaardighede bestaan nie. Jy word gedwing om nomadiese vaardighede aan te leer.
Wat
ons figuurlik in die woestyn laat beland het, is welbekend: die groot oorgang
in Suid-Afrika rondom 1994, die geweldige skuiwe in denkraamwerke in die
Westerse wêreld, die besef dat ons in die verlede te veel van ‘n kultuurkerk en
te min van ‘n belydeniskerk was – om die belangrikstes te noem.
Woestyntye
werk volgens woestyntyd-reëls. Dit is nou tyd om baie goed te luister – na God,
na mekaar, na ons Gereformeerde tradisie, na ons konteks, na die mense van ons
tyd wat hulle nie eintlik met ons kan assossieer nie, na buitestanders en na
die binnekring. Dis ‘n tyd om ernstig aan verhoudinge te bou, eerder as aan
strukture. Dis ‘n tyd om te vra eerder as om te sê.
Daar
moet in ‘n tyd soos hierdie ‘n openbare gesprek wees oor die taak en rol van
die kerk. Ons kerk vaar nie goed in hierdie debat nie. Ons kom telkens tweede.
Daar is baie mense wat hulle mes in het vir die kerk. Onder hulle tel ‘n
koerant soos Die Burger. En ons bly op die agtervoet, altyd aan die reageer op
ander se beskuldigings.
Die
openbare debat is ‘n wonderlike geleentheid om nederigheid, berou oor foute van
die verlede, ‘n egte strewe om te verander, en ‘n lewenswandel in ooreenstemming
met die evangelie te demonstreer. Dis ‘n geleentheid vir kerkleiers om te toon
dat hulle kritiek ter harte neem, geduldig kan bly, en gemaklik is met die
onsekerheid wat oorgangstye meebring.
Ons
moenie te besorg wees om ‘n beeld van absolute eenheid, sukses en gespierde
koersvastheid te projekteer nie. Ons kan maar sê dat ons in ‘n ernstige
herdefiniëring van ons identiteit gewikkel is waarin ons wil verseker dat ons
aan God en sy Woord – en aan mekaar - bly vashou. Maar waarin die uitkoms van
die proses nog nie duidelik is nie... Bo
Lizeth Taljaard van
Colesberg stuur hierdie insiggewende bydrae oor luister en leer:
Ons
het as jong onderwyservriendinne besluit om `n week in die Kaap te gaan vakansie
hou. Ons het ook onderneem om saam
daagliks Bybelstudie te doen. Die eerste aand,
toe ons moet besluit watter Bybelboek ons gaan behandel, begin sy onverwags uitvaar teen die NG Kerk –
en ek verdedig.
Sy
was `n jong Christen – gedoop in die NG Kerk met ouers wat op daardie stadium
kerklos was. Sy het van denominasie tot
denominsasie besoek afgelê - soekende na
geestelike voedsel en `n anker.
Die
Bybel het op my skoot oopgelê en toe ek so tussen ons redenasie deur
afkyk, staan Jak. 1: 19 uit: “....elke
mens moet maar te gewillig wees om te luister,
nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.”
Ons
het uitgebars van die lag en besluit dat Jakobus die onderwerp van bespreking
vir die week sou wees. “Om te luister”
was `n vaardigheid wat vir my persoonlik jare geneem het om werklik te
verstaan en aan te leer. Ek wil dan so
graag gehoor word – ander van my standpunt oortuig! “Om te luister” vra om tyd op te offer, jou persoonlike vooroordele en opvattings te
kruisig, om jouself in iemand anders se
skoene te kan plaas en die lewe vanuit sy ervaringswêreld te kan beleef.
Ek
voel deesdae toenemend gedring om te “luister” sodat ek kan verstaan.
Ek
luister as `n kunstenaarsvriendin my vertel hoekom sy uit die NG Kerk is. Sy wou so graag die Here dien, maar vir haar
met haar gawes en persoonlikheid was daar in die gemeentes waar sy gewoon
het, net nie `n geleentheid nie – al het
sy aangebied en probeer.
Ek
luister na `n Indiër enkelmamma wat eers
a.g.v. die verwekking van `n buite- egtelike kind, en dan a.g.v. haar bekering tot die
Christendom uit haar vooraanstaande Moslemfamilie in P.E. verban is. Uit haar karige salaris probeer sy vir haar
kind die beste opvoeding gee. Sy staan
`n
Ek
luister as `n gas my vertel dat “`n mens die stories moet doodleef.” Hy was in sy gemeente op die rooitapyt omdat
hy “drukkies” vir sy gemeentelede gegee het. Nou deel almal vir mekaar
“drukkies” uit.
Ek
luister na `n vriendin wat haar vir `n lang tydperk feitlik van die kerk en
ander byeenkomste onttrek het. Sy word
daaroor veroordeel – want hoe
Ek
luister na die swart christen vroueleier wat nie opgedaag het om haar deel vir
Transfromasie Afrika te kom lewer nie.
Sy is verpletter want haar onderwyserseun het die “posie’ in hulle
agterplaas in `n oomblik van bedwelming
en jaloesie op sy halfbroer wat nou daar gebly het, kom afbrand.
Hy het die “posie” self gebou in die tyd toe hulle hul oor hom ontferm
het toe hy werkloos was. Sy voel sy
Ek
luister na my twee bruin intersessievriendinne as hulle op `n dag hulle
seerkrydinge van apartheidsjare met vrymoedigheid met my deel en almal vrykom
van opgekropte emosies en ons vooroordele teenoor ander groepe.
Ek
lees Dr. Willem Nicol se boeke en leer hoe om kwaliteittyd af te staan om te
“luister” na wat God deur Sy Woord vir my persoonlik wil sê en die Heilige Gees
begin `n transformasieproses in my eie lewe.
Dan
word ek grond toe gebring as my eie kinders vir my sê: “Mamma, jy luister
nie..!”
Ek
het nog baie om te leer. Bo
Leading Diversity: An Invitation to Leaders Everywhere
Ek meen julle sal hierdie artikel deur
Keith Oats geniet…
Understanding and leading diversity is
complex and demanding territory for leaders everywhere. It also is territory,
which in a global economy, is simply unavoidable. In the face of relentless
diversity care needs to be taken that leaders avoid the temptation of looking
for an easy or simplistic formula. An 'ABC' to leveraging diversity where all
you have to do is 'add water' and in an instant you have the solution!
Here is what I am learning about
diversity and hopefully these ongoing lessons will provide you with some of the
signposts that will assist you in your own unique yet shared journey.
Dealing with diversity is not
optional.
There is perhaps no better place than
Squaring up to
the challenges posed by diversity is unavoidable for leaders. Accepting this
reality is perhaps the first step in the journey to understanding and leading
diversity.
Diversity will challenge your own
lenses through which you view the world
We all have lenses through which we make sense of the world around us. For the
most part these lenses remain hidden from our own view and the quest for
emotional intelligence is in part developing an awareness of the lenses through
which we view the world. Understanding how 'who I am' impacts on my view of
'reality' is a life-time pursuit. It requires the imprinting and mastery of
both reflective habits and practical skills in order to leverage personal
growth from an awareness of my own unique lenses.
There are multiple 'lenses' including those of race, gender, age and experience
that come into play. Having some of these lenses challenged can be
uncomfortable if not painful but is an essential bridge to authentic
self-development. The frightening thing is how deeply embedded some of our
lenses are and bringing them to the surface can take time (process), honesty
(information / feedback) and a willingness to be vulnerable. In the content
driven world in which we live, giving time to process and outcomes often takes
intentional effort and activity. Savvy leaders understand this and they pay
more attention to process and outcomes than they do to content. Unfortunately
this lesson is one that remains obscured in the blind spot of many
Diversity is the yellow brink road
to innovation.
The old (Boomer) approach to innovation found expression in coherent teams that
were well aligned. Being on the same page sums up this approach and the
thinking was that as we then work together we can focus on being innovative and
think out the box. The reality is that this no longer works. The ability to
innovate, truly innovate, is dependant on the ability to harness and leverage
diversity. This makes for interesting 'team dynamics' and requires no small
amount of dexterity within both the corporate culture and environment. It is
also something that requires leadership as in many instances the gravitational
pull is towards homogeneous safety and comfort. A willingness to embrace
diversity will inevitably lead to new ways to see and do things. If it doesn't,
then the chances are that it was not a 'willingness to embrace' that was the primary
driver, but rather a desire to dominate, that led the diversity process. There
are times when the domination driver does a good job at masquerading as a
desire to embrace diversity. Somehow the outcomes will always reveal the
authenticity of the process and one of the outcomes will inevitably be that of
innovation.
Understanding diversity is to tell
our story
We all frame our reality through stories. Stories will become a dominant theme
within leadership and corporate life in the unfolding Connection economy.
Dealing with diversity in an intellectual, conceptual way can lead to much talk
but little conversation. Talk that doesn't build relationship serves little
purpose. The best way to begin to understand diversity is through the
willingness to both share and listen to our individual and collective stories.
This is too big a theme to unpack in the context of this article but the need
for leaders to understand the power of stories and engage with this new
territory is compelling. Sharing our story with attentive listeners is a
powerful way to begin to understand our own lenses and nurtures an
understanding an appreciation for the things that bind as well as the things
that keep us apart. I remember someone recalling the story of a conversation
she had had with a good friend. The friend had said to her (intending it as a
complement) "when I see you I don't see colour" (obviously this was a
cross-cultural friendship). The Storyteller had then replied, "...well
then you don't see me". The first step to understanding diversity is the
recognition that we are different. Telling our story paradoxically highlights
this important stepping stone as it does the extent to which we share our
'sameness'. Stories are the means by which we find our way in the maze that is
diversity. Leaders will need to become Storytellers and 'Wayfinders' in the
Connection economy, an economy where the new navigation skills and instruments
will need to be discovered.
Kindergarten offers lessons in
diversity
Leaders need to be learners. Where is it that leaders can learn about
diversity? Certainly one option is the kindergarten. Young children often are
immune to the things that we as adults use to categorize, label, divide and
'put in a box'. Of course, sadly so, they learn these categories soon enough.
However, for a time at least they are not prone to stereotypical judgments and
remain disarmingly open to those around them. In Everything I know about
leadership I learnt from the kids (Penguin) I explore the magical world of
kids and all that we can learn from them when it come to leadership. I won't
repeat some of those lessons here (buy the book!) other than to say that we
need to explore fresh ways for those in leadership to understand diversity. The
theoretical and conceptual models on the subject have a place but so too does
learning what it is all about from unlikely sources whatever those might be.
When it comes to diversity we need to be 'educated' and as Skinner has said,
"education is what survives when what has been learnt has been
forgotten". Unlearning needs to precede learning and leaders need to place
themselves squarely in the path of experiences from which they will receive an
education. Knowing in advance what these are is not always possible and a
willingness to try new things, explore and embark on open ended paths is what
it will take. Scared? You should be! I know I often am.
According to
Stanford psychologist Claude Steele there are several factors that can leverage
diversity. These include optimistic leaders, genuine challenge, an emphasis on
learning, affirming the sense of belonging and an appreciation for different
values and perspectives. Clearly there is much for leaders everywhere to think
about and work on. What is clear is that the world we once knew, a world where
the impact of diversity was minimal, is no more. This is not a new message but
leaders need to adapt to this changed reality. No longer does the old dance
work, a new dance is required. Diversity offers some wonderful opportunities to
those individuals and companies intent on growth. Diversity is not limited to a
north-south axis but needs to incorporate an east-west perspective. It is not
only external, 'an out there' type of focus but needs to incorporate an
internal, an 'in here' element. It is the interplay between 'them' and 'us'
whoever them and us may be. It is an open ended
invitation...an exploration to which leaders everywhere are invited. It is an
invitation leaders dare not ignore: "I'm too busy" simply isn't good
enough.
May the
education continue...
(Bron:
www.tomorrowtoday.biz) Bo
Veneto Keyter bring
die volgende briefie onder ons aandag. Hy ken die briefskrywer persoonlik:
Dear friends,
Thank you that I can submit the following information to you as a
prayer-request and trust that you will stand with us before the Lord. It
is our only hope as we really are at that place were only
God can intervene for this nation of
When you and the outreach-team
from SA passed through our country on the way back from
The bus fares and the basic
food prices has doubled, but the biggest problem
is that it is simply not available. In most towns, there is often no
sugar, maize, oil or even bread. Yesterday I bought "black
market"-sugar for Z$220 000.00 for a pack of 20kg yet the official price
is Z$120 000.00.
I had saved 10 liters of
petrol which I have used to go to the two training centers for classes earlier
this week but now have nothing left and I do not know how it is going to
be this coming week. I was due to go to M**** for classes today but have no
fuel for my motorbike and there are no buses or any other public means of
transport to be found. Pray for me that some how fuel could be found so
that the Lord's work can continue. This is another blow to the progress of
the work again.
As you know it is now
winter, but thousands of our people are homeless due to the government's recent
"clean-up" operations which saw their homes being destroyed as they
did not meet the governments new building
requirements. Even some churches and church-buildings have been bulldozed as
part of the same process. Although no food is available in the shops, people's
vegetable-gardens have been destroyed because it is not "neat"! In
town, people are standing around with empty and stunned expressions on their
faces, not knowing what to do or where to go. All the stalls have been
destroyed and they have no means of making any money for their families to
survive.
There are other things
happening of which I cannot write, things so terrible we cannot believe it is
happening here in this country in this time. Please pray for us to have courage
and for God to protect the people of
You know that over the last
couple of years we have been struggling, but things has never been as bad as
this. Life in our country is becoming unbearable for many and thousands
are suffering very badly. So truly we need to continue praying for this nation
and ask others to intervene with us before the Lord. We need God to help
Yours in
Christ. Bo
Adelaide-Gemeente
reik uit na die Transkei
Adelaide-gemeente vertel dankbaar van hul werk
in die Transkei in hierdie bydrae:
Die NG Gemeente
Adelaide is sedert 2001 betrokke by korttermynuitreke na die VGK gemeente te
Lusikisiki. Die gemeente word bedien deur Ds. Rikus Fouche en sy vrou Truda wie
se bediening strek oor twee gemeentes en
11 buiteposte.
Aanvanklik
het Adelaide gemeeente se uitreikspanne die Bambisana gemeente besoek maar
sedert 2003 is die span werksaam te Nyati, ‘n buitepos ongeveer 11 km vanaf
Bambisana. Uitreike daarheen vind gedurende die Julie vakansies plaas en strek
gewoonlik oor elf tot twaalf dae. Spanne was nog altyd multikultureel en
bestaan gewoonlik uit 8 tot 14 lede.
Xhosa sprekende tolke word plaaslik
gewerf en word ook aangewend vir plaaslike Evangelisasie in die
woonbuurte en distrik.
Die
eerste uitreike was meer ondersoekend van aard en was toegespits op tegniese hulp aan die
gemeentes asook bande bou met die
lidmate. Die Here het wonderlik gelei en
die werk in die Transkei het gou as leerskool
vir die voortsetting van die werkgroep se plaaslike werk ontwikkel. Ons
werkgroep was altyd oorweldig deur die vriendelike ontvangs daar, maar ook altyd getref deur die soeke van jonk
en oud, na meer kennis van Hom wie ons
verkondig.
Sedert
2002 was die Getuienisaksie werkgroep plaaslik
betrokke by die Jesusfilmprojek
saam met Mnr. Rufus Luttig en in 2003 was hy saam op die uitreik. In begin 2004 het die Kerkraad goedkeuring
verleen dat die werkgroep die nodige toerusting kon aankoop om onafhanklik die
filmprojek vir evangelisasiewerk te behartig. Die werkgroep maak altyd kontak
met kerkleiers in gebiede waar gewerk word sodat dié leiers verantwoordelikheid
kan aanvaar vir bekeerlinge gedurende en na die filmprojek.
In
2004 was ‘n verskeidenheid films met ‘n Christelike inslag in die Nyati en
Bambisana omgewings gewys. Daar was elke dag ‘n groep lidmate van verskeie
kerkgenootskappe by Bybelstudie betrokke, Christelike lektuur en Bybels was
versprei. Daar was deur ons skolier spanlede gefokus op jeugbediening, ook is
goeie kontak gemaak met kerkleiers . Deur kontak met ‘n stamhoof was ons genooi om die film in die opelug by
die “Groot Plek “ te wys. So baie bande
wat voorheen gebou was is weer versterk en die mense het ons begin vertrou en
meer kerkgenootskappe het skaam-skaam begin kontak maak. Ons het maar net weer besef dat ons slegs
instrumente in Sy hande is- dat ons kan grond voorberei, saai, natgooi- maar
dat dit Hy is wat laat groei!
Na
die 2004 uitreik was daar hard gewerk om die plaaslike woonbuurte se kerkleiers
te betrek by ‘n beoogde “Tentveldtog”. Na vele vergaderings en baie privaat
gesprekke het van die kleurling
kerkleiers besluit om deel te wees van die veldtog maar daar kon nie
eenstemmigheid van die swart kerkleiers gekry word nie, alhoewel hulle beloof
het dat ons weer in 2005 moet praat. Die veldtog in die bruin woonbuurt was ‘n
groot sukses. Al die betrokke kerke het
groei getoon as gevolg van bekeerlinge, vriendskapbande is gesmee en die
gesprek is reeds weer aan die gang vir ‘n 2005 veldtog
Werk op plase word ook voortdurend
gedoen en Bybelverspreiding en vestiging van Bybelstudiegroepe is prioriteite.
Die
uitreikspan is pas terug van die 2005 uitreik en kan net die Here loof vir Sy
voorsiening ! Ses weke voor die
uitreik was dit afgestel weens siekte
van spanlede, geen tolke, te min vervoer, slegs een skolier betrokke en vele
ander probleme. Die Here het egter voorsien dat ons wel kon gaan, dat daar
selfs tyd beskikbaar was vir behoorlike spanopleiding en spanbou vooraf en dat
wonderwerke gedurende die uitreik sou
plaasvind. Loof Hom !
Die 2005 program was min of meer dieselfde as in
2004 maar meer klem was gelê op kontak met plaaslike kerk- en gemeenskapleiers.
As voorbeeld: drinkwater word vanaf fonteine na huise gedra, tradisioneel deur
die vrouens en meisies. Wasgoed word by dieselfde fontein gewas en alle diere,
ganse, perde, donkies,beeste varke ens gebruik dieselfde bron. Almal sukkel met maagprobleme en niemand het
kennis om daaraan aandag te gee nie. Ons span het binne twee dae ‘n sandfilter
by die stamhoof se huis gebou, mense opgelei hoe om dit doeltreffend te bestuur
en ook gewys hoe om met Jik die water te suiwer. Daar was groot belangstelling
in die resultaat. Hopelik sal die manne
nou die projek, wat teen lae koste doeltreffend kan werk, verder implementeer.
Ons
span het op Saterdag 9 Julie die tent begin afbreek om Maandag 11 Julie te kan
vertrek. Saterdagmiddag begin daar
kerkleiers opdaag van verskeie kerkgenootskappe wat wil kom dankie sê en hulself
bereid verklaar om in die toekoms ten
volle saam te werk! Sondagmiddag was dit weer so !
Ons
versprei elke jaar 60 + Bybels in die Transkei, vanjaar sou selfs 200 Bybels te
min gewees het! Daar is ‘n honger na die Woord wat mens net laat besef dat daar
‘n groot taak wag op elke Christen wat hom- of haarself geroepe voel om daar te gaan werk. Die oes is
groot maar die arbeiders min !
Laastens
kan net genoem word dat die Here gelei het dat jagters wie gereeld vanaf die
VSA in die Adelaide omgewing kom jag, nou ook by die werk van Ds. Rikus hulle
betrokke begin raak het. Deur hulle
bemiddeling is daar gesprekke gevoer met
‘n plaaslike interkerklike Bybelskool
“Bible Zone” om groepe vanaf die Transkei plaaslik op te lei in
Evangelisasiewerk en dissipelskap. Ook is daar reeds gesprekke gevoer met
ProChristo Global Missions om hul betrokkendheid te verkry.
Ander gemeentes wat
belangstel om in te skakel of verdere
besonderhede wil kry kan Izak Kleyn skakel (Huis 046 6840202, Sel 072 101 6911)
of ds Paul Odendaal kontak by odendaaladelaide@telkomsa.net. Bo
Kantoor van Alg Sinode van
NG Kerk verhuis
Neem asseblief kennis dat
die kantoor van die Algemene Sinode in Pretoria op Maandag 25 en Dinsdag 26
Julie trek na die Klipkerkgebou op die hoek van Duncan- en Pretoriusstraat in
Hatfield.
Die nuwe adres en tel vanaf 1 Augustus 2005 is soos
volg:
Posadres: Posbus
13528, Hatfield, 0028
Straatadres: Pretoriusstraat
1200, Hatfield
Tel: (012) 342-0092;
Faks: (012) 342-0380
Die e-posadresse bly
dieselfde. Bo
DAGBOEK
Verantwoordelike Vernuwing : Konferensie in PE :
18, 19 Augustus 2005
`N SEISOEN VAN LUISTER
GEMEENTES WAT NA GOD SE STEM SOEK
EN LUISTER
In opvolg op Bloemfontein .... `n Konferensie vir
gemeenteleiers
.... bedieningsleiers, kerkraadslede, predikante,
belangstellendes
... om die Seisoen van Luister te ondersteun
... en praktiese bedieningshulp te gee
Die konferensies vind op die volgende datums plaas:
NG Gemeente Stellenberg 16,
17 Augustus 2005
NG Gemeente PE Hoogland 18,
19 Augustus 2005
NG Gemeente Moreletapark 22,
23 Augustus 2005
Die program sluit in twee dae van gesamentlike aanbidding en inleidende sprekers (soggens) met `n
wye verskeidenheid van werkswinkels om
van te kies (middae)
Volledige program beskikbaar in die Kerkbode van 8 Julie of by
Van die temas:
* Kan die Heilige Gees vrylik
werk in `n gereformeerde gemeente?
* Hoe luister ons?
* Om God se stem weer te hoor in die
land waarin ons woon.
* Hoe lyk `n gemeente waarbinne
mense nader aan God beweeg en `n nuwe toewyding maak?
* Die rol van leierskap en
verdiepte geestelike leierskap
Daar word ook ‘n
wye verskeidenheid werkswinkels aangebied wat lidmate met vaardighede bemagtig
vir die praktiese gemeentebediening. Meer inligting beskikbaar by Danie mouton
– danie@pehoogland.co.za Bo
Werkswinkels in Lof en Aanbidding – Louis Brittz
Louis Brittz bied
in Augustus twee konferensie on Lof en Aanbidding in die Oos-Kaap aan. Almal
het dus die geleentheid om dit by te woon.
Op 12-13 Augustus
vind ‘n konferensie by PE-Hoogland gemeente plaas, en op 16-18 Augustus by
Somerset-Oos.
Aandag word aan die
volgende gegee:
* Agtergrond en
beginsels van lof en aanbidding
* Die rol van
lof en aanbidding
* Die rol, funksie
en fokus van die sangleidingspan
* Faktore wat
beïnvloed hoe mense op lofprysing reageer
* Hoe om die
gemeente optimaal te betrek
* Hoe om musiek
spesifiek vir lof en aanbidding te verwerk
* Hoe om liedere
uit die Liedboek met snaar- en ander ligte musiekinstrumente te benader sodat
dit goed klink en lekker sing.
In kort: Alles wat nodig is
om die sang in die kerk ‘n belewenis te maak!
Meer inligting kan
verkry word by Eugene Malan (PE – eugene@pehoogland.co.za)
of Tersia Botha (Somerset-Oos - ngkso@lantic.net). Bo
Konferensie oor Kerkeenheid op Gemeentevlak: 27 Augustus 2005
Die VGK Bloemendal en twee NG Gemeentes, Somerstrand en PE-Heideveld, bied
op Saterdag, 27 Augustus, ‘n oggendkonferensie aan oor kerkeenheid op
gemeentevlak. Gemeentes word uitgenooi om kerkraadslede of lidmate hierheen af
te vaardig. Die organiseerders skryf as volg:
Die gemeentes van Somerstrand en Bloemendal skakel
al op gereeld grondslag vanaf die laat jare 80. Mettertyd het Heideveld deel
geword van ons groep op grond van die indeling wat op ’n stadium by die
gesamentlike ringsitting van die destydse familie van NG Kerke in PE gemaak is.
Al drie die gemeentes ervaar die skakeling baie positief en verrykend, maar het
ook die begeerte dat dit nog steeds moet uitbrei. Nie net onder ons eie
gemeentes se lidmate nie, maar ook wyer in die stad.
By die geleentheid word dan juis gesels oor maniere
van skakeling op grondvlak wat die eenheidsproses tussen die kerke kan dien en
verryk. Ons hoop ook dat die konferensie instrumenteel kan wees om ander
skakelkommissies (soortgelyk aan die wat ons het) in die familie van NG Kerke
in PE tot gevolg sal hê.
Die besonderhede van die konferensie is as volg:
Datum: Saterdag 27 Augustus.
Tyd: 09:00 tot 12:00.
Sprekers: Ds Lucas Plaatjie
van die VGK.
Ds Danie
Mouton van die NGK.
Die gedagte is dat die twee sprekers vir ons die
onderwerp inlei en dan vir ons ’n aantal vrae formuleer om in kleingroepe deur
te werk. Ons sal dan na praktiese maniere van samewerking in die kleingroepe
kyk en daarna weer terugrapporteer aan die groot groep.
Ons is bewus daarvan dat sommige van u mag voel dat
ons ’n aantal jare terug iets soortgelyks probeer het, daar mooi planne gemaak
is, maar daar nie eintlik iets van gekom het nie. Juis daarom beplan ons
hierdie konferensie op gemeentevlak, waar kerkraadslede en lidmate self met
mekaar kan gesels. Die gedagte is dan ook dat daar skakelkommissies tussen
spesifieke gemeentes gevorm kan word wat die gedagtes na die konferensie
opvolg. In ons geval het ons alreeds so ’n skakelkommissie en is ons positief
dat dit kan werk.
Laat weet asseblief voor Vrydag die 19de Augustus
of u ’n afvaardiging kan stuur (ons moet min of meer getalle hê om te weet
hoeveel verversings ons moet voorberei vir teetyd).
U kan enige van die volgende leraars kontak en laat
weet hoeveel van u gemeente sal kom.
Ds Andrew Fransman: 0826956518
Ds Kobus Prinsloo: 0836529850
Ds Deon Loots: 0837938364 Bo
Genesing van emosionele wonde - Mercy Ministries –
30, 31 Aug en 2-4 Sept
Lizeth Taljaard van
colesberg laat weet:
Mercy
Ministries het sy oorsprong in die werk wat Dr. Rhiannon Lloyd, `n voormalige
dokter en psigiater gedoen het. Sy het
onder andere met groot sukses versoeningswerk in Rwanda tussen die Hutus en
Tutsis en in Ierland tussen die
Katolieke en Protestante gedoen.
Ds.
Fanie en sy vrou Mada, oorspronklik
leraarspaar van Rawsonville naby Worcester,
is die koördineerders van Mercy Ministries in S.A. Die hoofkantoor is in Switserland.
Tydens
die werkwinkel wat gedurende Maartmaand op Colesberg gehou is, het ons eerstehands beleef hoe mense bevry
word van emosionele verwonding – hetsy persoonlik, in rasse – of kerkverband. Daar het `n hegte band tussen hierdie groepie
ontstaan, wat samewerking tussen die
groepe onmiddellik versnel het (die “bostelegraaf” doen sy werk via hierdie
mense).
Ons
hou weer op 30 – 31 Augustus en 2 – 4 September twee werkwinkels op
Colesberg. Belangstellendes van ander
dorpe is welkom om Lizeth Taljaard by 082 9281 921 te skakel vir meer
inligting. Bo
Four brothers left home for
college, and they became successful doctors and lawyers and prospered.
Some years later, they
chatted after having dinner together. They discussed the gifts they were able
to give their elderly mother who lived far away in another city.
The first said: "I had a big house built for Mama."
The
second said: "I had a hundred thousand dollar theater built in the
house."
The
third said: "I had my Mercedes dealer deliver an SL600 to her".
The fourth said: "You know, Mama loved
reading the Bible. She can't read anymore because she can't see very well I met
this preacher who told me about a parrot that can recite the entire Bible. It
took twenty preachers 12 years to teach him. I had to pledge to contribute
$100,000 a year for twenty years to the church, but it was worth it. Mama just
has to name the chapter and verse and the parrot will recite it!"
The other brothers were impressed.
After the holidays Mom sent out her Thank You notes. She wrote:
"
"Marvin, I am too old to travel. I stay home; I have my groceries
delivered, so I never use the Mercedes. The thought was good. Thanks."
"Michael, you gave me an expensive theater with Dolby sound, it
could hold 50 people, but all my friends are dead, I've lost my hearing and I'm
nearly blind. I'll never use it. Thank you for the gesture just the same."!
"Dearest Melvin, you were the only son to have the good sense to
give a little thought to your gift. The chicken was delicious! Thank you."
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton