OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 3 - Nommer 9 - 6 Junie
2005 - nuus@ngkooskaap.co.za
INHOUD
Colesbergers wikkel met transformasie
Wiele rol vir Buitengewone Sinode
Gebedskoördineerder van elke gemeente vir sinode benodig
Gesprek
met elke kerkraad oor kerkhereniging
Coligny-Oos skort alle gesprek oor kerkeenheid
op
Hoe werk die proses van kerkhereniging
kerkregtelik?
DAGBOEK
Verantwoordelike
Vernuwing kom Port Elizabeth toe!
Your work matters
to God: 23 June 2003
Positiewe
Ouerskapkursus: 29-31 Julie 2005 - Suurberg
The greatest
miricle in the Bible...
Colesbergers wikkel met transformasie
Lizeth Taljaard,
predikantsvrou van Colesberg vertel:
Vanjaar het Colesbergers vir die derde jaar
aan Transformation Africa
deelgeneem. Die eerste jaar is daar saam met omliggende dorpe gebid; verlede jaar
het hierdie dorpe hul eie gebedsbyeenkomste gehou en vanjaar het 15 kerke op
Colesberg saam beplan en gebid.
Verskeie deurbrake is met betrekking tot die
jeug beleef waar ‘n interkerklike en veelrassige intersessiegroep
bestaande uit nege lede gereeld weekliks bymekaarkom om vir Colesberg te bid. Die
afgelope jaar was die jeugfokus die volgende: ontspanningsgeriewe
weg van die invloed van drank en dwelms asook geestelike groei. Verlede jaar
het twee sakemanne poeltafels in ‘n winkel in die
bruin woonbuurt aangebring met die uitdruklike wens dat dit ‘n ontspanningsplek vir die jeug sonder enige alkohol sou
wees. Hulle het ook ‘n poeltafel vir die NG Kerk-jeug se koffiekroeg bewillig.
Die veelrassige jeug van die NG-
en AGS-kerke het onlangs ook met behulp van ‘n Diensjaar
vir Christus-span ‘n uiters suksesvolle kamp gehou. Sedertdien
is die jeug ook veel meer ontvanklik vir gebed en geestelike gesprekke. Vyf-en-veertig jeugdiges, verteenwoordigend van nege kerke
en uit al drie gemeenskappe, het saam met twee Diensjaarspanne
‘n deurnaggebed in die Burgersentrum gehou.
As gevolg van gebrekkige Bybelkennis en stiltetyd het
God dit op my hart gelê om mini-retreats vir Colesberg-inwoners by
my gastehuis te hou. Lofprysing, persoonlike Skrifmeditasie
en gesprekvoering word afgewissel. Onderwerpe soos emosionele genesing, die
huwelik, ouer-kindverhoudings en geestelike groei
word deur middel van Skrifmeditasie en groepsterugvoer behandel.
Gedurende Maartmaand is die eerste versoeningswerkswinkel gehou. Die koördineerders
van Mercy Ministries in
SA, ds Fanie en Mada Engelbrecht en hul span het die
aanbiedings gelei. (Oorgeneem uit die Erdekruik).
Wiele rol vir Buitengewone Sinode
Die datum vir die Oos-Kaapse buitengewone sinode (26-28 Julie) kom nou vinnig
nader.
Die
doel van die sinode is om God se roeping vir ons kerk in die Oos-Kaap oor die
volgende jaar of twee te onderskei. Dit gaan ons onder andere doen deur aandag
te gee aan sleutelaspekte wat die kerk se aandag tans
bou, veral na aanleiding van indringende gesprek tydens die Bosberaad
in April.
Wat
is ons geroep om in ‘n tyd soos hierdie van God te bely? Hoe kom ons bediening
werklik tuis in ons konteks – hoe werk en bedien ons met die oog op ‘n tyd soos
hierdie? Hoe leef God se mense nou as heiliges, volkome toegewy aan Hom. Hoe
breek ons die brood – nuwe lewensmoontlikhede, hoop, geregtigheid, genesing en
vreugde – vir ons konteks? Waarheen stuur God ons? Hoe werk ons mee om die
morele en familiale vesel in ons land te herstel? Hierdie en ander vrae verg
ons aandag.
Onthou
die keerdatum: geloofsbriewe moet
die skriba teen 24 Junie 2005 bereik – indien die afvaardiging anders lyk as in
2003. Laat weet tog ook as u afvaardiging dieselfde bly.
Ander
temas uit die groter gesprek in die NG Kerk, soos homoseksualiteit en kerkhereniging sal ook aandag geniet. Bo
Gebedskoördineerder van elke gemeente vir sinode benodig
Die voorbidding van
elke gemeente in die Oos-Kaap word vir die buitengewone sinode benodig. Ons vra
daarom vriendelik dat elke leraar / skriba vir Rethie
van Niekerk, gebedskoördineerder, die naam van julle gebeds-kontakpersoon sal deurgee. Doen dit by rethie@global.co.za.
Reg so? Dankie vir die samewerking! Bo
Gesprek met elke kerkraad oor kerkhereniging
Hansie
Schutte skryf:
Tydens die
Algemene Sinode te Hartenbos, 2004, is ‘n belangrike besluit oor kerkhereniging
geneem. Hierdie besluit voorsien reeds dat gesprek met onder andere elke
kerkraad oor kerkhereniging gevoer sal word. In die lig hiervan, en op versoek
van die Moderamen van die Algemene Sinode, het die Sinodale Kommssie van
Oos-Kaapland op sy jongste vergadering besluit om kerkrade en gemeentes te
versoek om gesprek te voer oor die besluite van die Algemene Sinode 2004
(Hartenbos) insake Kerkhereniging.
Hierdie gesprekke sal deur >n
leraar-fasiliteerder uit elke betrokke Ring en aan die hand van >n
gespreksraamwerk gelei word, en die gedagte is dat elke kerkraad in samewerking
met genoemde fasiliteerder twee geleenthede skep waartydens belangstellende
gemeentelede en daarna ook kerkraadslede hul uitspreek oor die betrokke
besluite. Dit gaan hier nie oor >n stemming vir of teen kerkhereniging nie, maar oor die
meriete van die betrokke besluite.
(a) sodanige gespreksgeleenthede in
samewerking met die betrokke fasiliteerder te reël,
en
(b) om vir die reiskoste van die
fasiliteerder na en van u gemeente in te staan. (Die Sinodale Kommissie staan in vir alle ander kostes).
4. Die
fasiliteerder sal binnekort met u gemeente in verbinding tree om met u die tye
en plek(ke) van ontmoeting ooreen te kom.
Baie baie dankie vir u wonderlike samewerking in
hierdie uiters belangrike saak. Bo
Coligny-Oos skort alle gesprek oor kerkeenheid op
In ‘n hoogs
verrassende, vreemde besluit vir ‘n Gereformeerde Gemeente, het die kerkraad
van die NGK Coligny-Oos die Belhar-Belydenis,
die VGK, NG Gemeentes wat die Belhar-Belydenis
steun én verdere gesprek oor kerkhereniging verwerp.
Hier volg die volledige verklaring wat dié KwaZulu-Natalse
kerkraad uitgereik het:
30 Mei 2005
Heil die Leser
Die kerkraad van
die Nederduits Gereformeerde Kerk Coligny-Oos wil u
meedeel van ‘n besluit geneem op 18 Mei 2005 in sake:
1. Die Belhar belydenis
2. Kerkeenheid
1. Die Belhar belydenis.
Ons as gemeente van die Nederduits Gereformeerde Kerk, Coligny Oos
verwerp die Belhar belydenis as belydenisskrif.
1. Ons
ag dit nie noodsaaklik om nog ‘n belydenisskrif te
verkry nie, veral een wat ontneem is vanuit ‘n bepaalde lewens-
en wêreldsbeskouing nie.
2. Die
drie besonderse en drie algemene belydenisskrifte wat ons tans het getuig van
God en God alleen en sal as sodanig hanteer en geëer word.
3. Die
Belhar belydenis getuig dat ons mense God wil herinterpreteer vanuit die mens
se oorwegings en beredenering. Vandaar die verkeerdelike
teks toepassings, en talle aanhalings.
2. Kerkeenheid
ONS DIEN ‘N VOORSTEL
IN DAT DIE VGK LOSGEMAAK MOET WORD VAN ENIGE
VERBINTENIS MET DIE NG KERK.
1. Die VGK het reeds individueel opgetree deur die Belhar
belydenis as amptelike belydenis te aanvaar.
2. Die VGK tree
teenstrydig op met die aanvaarde Gereformeerde Belydenis en kan nie die NG Kerk
as sulks onder dwang of voorwaarde plaas om die Belhar belydenis te aanvaar
nie.
3. Die VGK het afgewyk van die aanvaarde norm en belydenis en het
daardeur kerkeenheid verswak en hulleself sodoende
buite die NG Kerk geplaas.
4. Gemeentes
wat die Belhar belydenis aanvaar moet as sodanig buite die NG Kerk geag word en
kan inskakel by die VGK.
5. Ons
maak ook ten sterkste beswaar teen kerklui en proffessore wat hulle ten gunste van die Belhar belydenis
uitspreek. Selfs fotos van hulle word gepubliseer
terwyl hulle die belydenis onderteken. Sulke optrede word as misleidend geag
vir die lidmate van die NG Kerk.
6. Verskeie
lidmate dreig om die NG Kerk te verlaat indien die Belhar belydenis aanvaar
word, skeuring blyk ‘n groter werklikheid te wees as eenheid.
Ons besluit is
finaal en geen korrespondensie sal na – en van hierdie kantoor hanteer word nie.
‘n Volledige motivering sal ingedien word met die volgende Algemene Sinode
sitting. Bo
Hoe werk die proses van kerkhereniging kerkregtelik? – ‘n (gesaghebbende) opinie
Dr Schalk du Toit,
aktuarius, skryf die volgende, wat hy as ‘n persoonlike opinie tipeer, oor die
kerkregtelike aspekte van kerkhereniging:
‘n
Hele aantal vrae bestaan by gemeentes oor die moontlike uitkomste van die
hereniging van die Familie van NG Kerke.
So wil sommige weet of hulle verplig sal word om die Belydenis van Belhar te
aanvaar; of wat die implikasies is as die gemeente uit die proses bly en
voortgaan soos wat hulle tans bestaan en nie deel word van die nuwe kerk nie.
Ek
moet beklemtoon dat enigiets wat vooraf in hierdie verband gesê word bloot ‘n
opinie is en nie ‘n noodwendigheid nie. Ek gaan probeer om ‘n paar vrae in
hierdie verband te antwoord.
1. Die aanvaarding van die Belydenis van
Belhar
Die
belydenisgrondslag van die NG Kerk is beskryf in
Artikel 1 van die Kerkorde. Dit kan egter gewysig word. Die Belydenis van
Belhar kan byvoorbeeld bygevoeg word. Die verandering vind plaas aan die hand
van Artikel 44.1 van die Kerkorde. Die eis is dat elke sinode afsonderlik met
‘n tweederde meerderheid ten gunste daarvan besluit het.
In
die algemene sinode en elke ander sinode van die NG Kerk dus besluit om die
Belydenis van Belhar in Artikel 1 by te voeg, word hierdie belydenisskrif
deel van die grondslag van die NG Kerk.
Die
vraag is dan nou oor ‘n gemeente wat dit nie as belydenis aanvaar nie?
Omdat
die Kerkorde ‘n wettige manier aandui om die belydenis van die Kerk te
verander, kan daar nie ‘n wettige beswaar teen die wysiging ingebring word
indien by die voorskrifte gehou is nie. ‘n Gemeente wat dus die ou belydenis
onveranderd wil voortsit, sal nie meer aanspraak kan maak op die voortsetting
van die NG Kerk nie. Konkreet beteken dit dat ‘n gemeente gedwing kan word om
die Belydenis van Belhar te aanvaar indien hy deel van die kerkverband wil bly.
2. Die Naam van
die Kerk
Interessant
dat die Kerk se naam ook in Artikel 1 vasgepen word, maar nie deur Artikel 44.1
ingesluit word nie. ‘n Gewone tweederde meerderheid van die Algemene Sinode kan
die naam van die Kerk (ook in Artikel 1) verander.
3. Die Verandering van Kerkverband
Met
die oog op die hereniging van die Familie
van NG Kerke het die Algemene Sinode (2002) op ‘n proses besluit waarop
verandering van kerkverband plaasvind. Hoewel nie in die Kerkorde opgeneem nie,
is dit ‘n besluit van die sinode. Die proses behels dat die Algemene Sinode die
besluit neem, die gemeentes en ander sinode die besluit herhaal (twee derdes
van die gemeentes met ‘n tweederde meerderheid).
Eiendomme,
fondse, pensioene, ensovoorts sal ook ter sprake kom by die hereniging van die
kerke. Dit sal alles by wyse van onderhandeling en besluitneming gedoen moet
word.
Die
wettigheid / geldigheid van die verandering sal staan of val by die belydenis,
die naam en die verbandswysiging. Daarvoor het die NG
Kerk artikels en besluite. Hou die kerk by sy eie artikels en besluite in die
uitvoering van die proses kan ‘n lidmaat, lidmate of gemeentes myns insiens nie
aanspraak maak dat hy/hulle buite die proses bly en die NG Kerk voortsit of
bates en verantwoordelikhede behou nie.
Indien
die NG Kerk sy belydenis, verband en/of naam verander en ‘n groep mense breek
weg om die ou naam en/of belydenis te behou, is dié ook ‘n nuwe kerk (verband)
en nie ‘n voortsetting van die huidige nie. Hulle sal hulle eie gebou, verband,
kerkorde, ensovoorts op die been moet bring. Bo
Marika Barnard, 'n opgeleide jeugwerker van
Somerset-Wes is op soek na 'n pos hier in ons streek. Haar
selfoonnommer is 083-580 9030. As jou
gemeente op die oomblik ‘n vakature vir ‘n jeugwerker het, gee Marika ‘n tinkle. Bo
DAGBOEK
Verantwoordelike Vernuwing kom Port Elizabeth toe!
Werklike goeie nuus
is dat die Verantwoordelike Vernuwing Konferensie vanjaar ook in Port Elizabeth
aangebied gaan word. Besonderhede oor die program sal binne weke bekendgemaak
word. Intussen kan julle die datum aanteken: 18 en 19 Augustus 2005. Die koste
beloop R100 per kursusganger,
wat dit vir kerkrade moontlik maak om ‘n hele aantal lidmate na die konferensie
te stuur. Grootgroep-byeenkomste en verskeie
werkswinkels word aangebied wat gemeentes bemagtig om vernuwend
te bedien. Die konferensie sal by PE-Hoogland
Gemeente aangebied word. Bo
Your work matters to God: 23 June 2003
Bless the Nations in partnership with Global Careers presents
Your work matters to God - Workshop
(Build up Bless the Nations
World Missions Conference from 24-26 June 2005)
Thursday, 23 June
2005
Home and Décor Expo Centre
(
07:30 Breakfast
(R30.00)*
09:00-13:00 Workshop
continues
(R20.00)
* Do you struggle with
how to put work in its proper perspective and balance the many demands that
compete for your time?
* Do you lack an
integrated life purpose that spans the public and private areas of your life?
Information and Bookings
Jean Greyling, btn@worldonline.co.za,
0835544183, 5042081.
*Special rates for
groups of 10: Breakfast : R250.00, Whole Workshop :
R400.00 Bo
Positiewe
Ouerskapkursus: 29-31 Julie 2005 - Suurberg
Vir ouers wat toegerus wil word vir:
* Ouerskap in eie gesin
* Begeleiding van ander ouers deur positiewe ouerskap.
Ouers met kinders
(Kleuters en tieners!!!) kan kinders saambring ons gaan die kinders besig hou
met hulle eie kampprogram***
Plek: Suurberg: 29-31 Julie.
Koste: R180
per volwassene en R40 per kind (Etes, kursusmateriaal
en Meyers Briggs persoonlikheidstoets ingesluit)
Verblyf: Geborg deur Sinode!
Bring saam: Beddegoed, eetgerei,
Bybel, Pen, Flits…alles wat nodig is vir kamp.
Inskrywingsvorm: Positiewe Ouerskap
Hiermee skryf ek/ons _______________________in vir die positiewe ouerskapskursus in te Suurberg
29-31 Julie en verklaar hiermee dat ek/ons nie die Ring van Humansdorp
aanspreeklik sal hou vir enige skade/besering en of verlies nie. Vir ouers met kinders: Hoeveelheid kinders: _______ Naam/Name en Ouerderdomme_______________________________________
________ ________
Geteken Datum
Navrae: Jaco Putter 0825631616 of David Higgs 0828325172 Bo
The greatest miricle in
the Bible...
Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n Katolieke primêre skool toets. Die
kinders is uitgevra oor die Ou en Nuwe Testament. Die volgende is ‘n presiese
weergawe van die kinders se antwoorde, sonder enige korreksie:
1. In the first book of the
Bible, Guinessis. God got tired of creating the world
so He took the sabbath off.
2. Adam and Eve were created from an apple tree. Noah's wife was Joan of Ark.
Noah built and ark and the animals came on in pears.
3. Lots wife was a pillar of salt during the day, but a ball of fire during the
night.
4. The Jews were a proud people and throughout history they had trouble with
unsympathetic genitals.
5. Sampson was a strongman who let himself be led
astray by a Jezebel like Delilah.
6. Samson slayed the Philistines with the axe of the
apostles.
7. Moses led the Jews to the
8. The Egyptians were all drowned in the dessert. afterwards,
Moses went up to
9. The first commandments was when Eve told Adam to
eat the apple.
10. The seventh commandment is thou shalt not admit
adultery.
11. Moses died before he ever reached
12. The greatest miricle in the Bible is when Joshua
told his son to stand still and he obeyed him.
13. David was a Hebrew king who was skilled at playing the liar. He fought the Finkelsteins, a race of people who lived in biblical times.
14. Solomon, one of Davids
sons, had 300 wives and 700 porcupines.
15. When Mary heard she was the mother of Jesus, she sang the Magna Carta.
16. When the three wise guys from the east side arrived they found Jesus in the
manager.
17. Jesus was born because Mary had an immaculate contraption.
18.
19. Jesus enunciated the golden rule, which says to do unto others before they
do one to you. He also explained a man doth not live by sweat alone.
20. It was a miricle when Jesus rose from the dead
and managed to get the tomb stone off the entrance.
21. The people who followed the Lord were called the 12 decibels.
22. The Epistels were the wives of the apostles.
23. One of the oppossums was St. Matthew who was also
a taximan.
24.
25. Christians have only one spouse. this is called
monotony.
(Met dank aan Piet Naudé)
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton