OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 3 - Nommer 7 - 21 April
2005 - nuus@ngkooskaap.co.za
Wat is ‘n
Gereformeerde perspektief op die voorgestelde “Getuienisdoop”? Lees gerus wat Piet Naudé hieroor sê in die meegaande “attachment”.
INHOUD
Bosberaad en Buitengewone
vergadering van die Sinodale Kommissie
Uitvoerende
Komitee: Konvent vir Kerkeenheid
Digitale
kommunikasie : sal ons nuwe maniere vind om die antieke verhaal te vertel?
Geesgedrewe gelowiges : Nuwe boek van Piet Naudé
Wonderlike
hulpmiddels vir korttermyn-uitreike
Webblad
bring Christelike kunstenaars en gemeentes bymekaar
Begeleiding van Liedboek op CD beskikbaar
Fun Things To Do During Boring Sermons
Bosberaad en Buitengewone vergadering van die Sinodale Kommissie
Die Sinodale
Kommissie en Ringskommissies het ‘n besonder geseënde bosberaad
van 12-14 April gehou te Lekkeroord, Oos-Londen. Dit
was ook, tussen hakies, lekker om te sien hoe hierdie voormalige sinodale
kampterrein onder privaatbestuur gedy. Ons is
opgewonde oor al die uitbreidings en verbeterings, waaronder die beplande nuwe
saal. Baie geluk aan almal wat hierby betrokke is.
Die
doel van die bosberaad was geloofsonderskeiding.
Die vraag is waarheen die Here die NG Kerk in Oos-Kaapland
stuur. Wat is ons roeping, veral in die volgende jaar wat voorlê. Derhalwe het
ons na die Woord en die konteks geluister, daaroor gebid en gedink, en
onderskeiding toegepas. Die bosberaad word nou deel
van ons sinodale ritme, sodat daar jaarliks hierdie soort gesprek sal wees. Die
resultate van hierdie proses gaan na die buitengewone sinode (of
alternatiewelik in nie-sinode jare na die Sinodale
Kommissie) waarvandaan dit na ringsittings gaan om uit te mond in ringsprojekte wat met onder andere sinodale fondse aangepak
sal word.
Die
bosberaad was ‘n merkwaardige byeenkoms. Skitterend
deur ringe bygewoon en ondersteun – met kerkraadslede wat op sommige
ringskommissies dien en ingeskakel het – het ons ervaar dat die Here die Oos-Kaapse familiebande verstewig. Ek het ervaar dat die
volgende gebeur:
* Almal het beleef
dat God praat en werklik aktief is in die wêreld – ook ons wêreld. Dit was ‘n
geestelike ervaring;
* Ons het die unieke
aard van die Oos-Kaapse konteks aanvaar en ons deel
van die wêreld van voor af leer liefkry;
* Ons het God se
hand in die geskiedenis van ons streek raakgesien en leer verstaan hoedat Hy
hierdie wêrelddeel oor meer as ‘n eeu voorberei het vir ‘n tyd soos hierdie.
Dink bv aan die wyse waarop die verskillende kulture hier met mekaar gebots
het, maar mekaar ook baie goed leer ken het. Die 20ste
eeu het verwydering gebring, maar slegs gedeeltelik en ons smee vinnig
versterkte bande oor allerlei grense heen. Ons het aangename ontdekkings gemaak;
* Die NG Kerk was
hier nooit in ‘n magsposisie nie, en verstaan daarom baie beter wat gestuurdheid en roeping beteken as dele van ons kerk in
ander provinsies;
* Ons beskik nou reeds oor talle vaardighede beskik
wat die kerk in ‘n toenemend gemarginaliseerde
situasie – soos regoor die Westerse wêreld tans met die kerk gebeur – nog met
groot moeite en frustrasie moet aanleer;
* Ons aanvaar ons
konteks as die Godgegewe ruimte waarbinne ons ‘n uitdagende roeping het om uit
te leef.
Vir
my persoonlik was dit die hoogtepunt: die wyse waarop die groep die konteks as
ruimte vir ons roeping aanvaar het. Dit was of die weerstand teen die nuwe
Suid-Afrika, die sinisme omdat ons groep nie meer oor die mag in die land
beskik nie, die vrees vir standaarde, ondergeskik geraak het aan ons roeping.
Jeremia 29 (die brief aan die ballinge waarin die Here opdrag gee dat hulle vir
die belange van die stad moet werk) het ‘n groot rol gespeel. Bo
Uitkomste van die Bosberaad
‘n Kort samevatting van die uitkomste lui as
volg:
Die Here het deur sy Woord, in Jeremia 29,
ons in ons Oos-Kaapse konteks laat besef dat ons
geroep is vir...
* Geloofsbelydenis;
* Tuiskoms;
* Gestuurdheid;
* Heiligheid;
* Brood [“om die brood te bedien” – armoede];
* Families.
deur...
* Predikanteversorging
[Veral m.b.t. predikante se binnekamer-lewe];
* Gelowiges in hul dienswerk te help;
* Vrymoedig na mekaar te luister en met
mekaar te praat;
* Ekumenies saam te werk;
* Ons middele en potensiaal tot diens te
stel in vennootskappe. Bo
Uitvoerende Komitee: Konvent vir Kerkeenheid
Die dag voor die Bosberaad, 11 April, het die moderature van die NG Kerk in Wes-Kaapland, Oos-Kaapland en die
VGK Kaapland mekaar as UK
van die Konvent vir Eenheid in Port Elizabeth ontmoet. Dit was weer eens ‘n
openhartige gesprek, veral na aanleiding van die beraad wat verlede jaar te
Oudtshoorn gehou is en die verslag wat die taakspan vir kerkhereniging
opgestel het.
Die
vergadering het in ‘n groot mate gewentel rondom die verband tussen herinnering
en visie, verlede en toekoms, die pad tot hier en die pad vorentoe. Dis
kompleks om vorentoe te gaan,want ons belewing van die kerklike verlede verskil
so radikaal van mekaar. ‘n Toekomsvisie kan nie die kerklike verlede ignoreer
nie. En waarop kan ons hoop vir die toekoms van ‘n herenigde
verband? Watter verskil sal dit maak aan die konkrete lewens van lede van ons
kerk?
Bid
asseblief vir hemelse wysheid in die voortgang van hierdie proses. Bo
Digitale kommunikasie : sal ons nuwe maniere vind
om die antieke verhaal te vertel?
Dit wil voorkom asof Postmoderne mense
nie tuis voel in die tradisionele vorme en patrone van aanbidding nie.
Dit bring die Kerk vandag voor enkele kritiese vrae: Sal ons nuwe maniere
vind om die antieke verhaal te vertel? Sal ons ons (post)moderne stem
vind en ander nooi om in hul eie taal met God te praat en God te hoor?
Wat gaan Kerke doen om die evangelie te verkondig in ‘n nuwe kultuur wat ‘n
nuwe (digitale) taal praat?
Iemand beskryf
postmoderne aanbidding as aanbidding wat nie-Christene met ‘n duidelike
boodskap wil bereik. Sulke aanbidding bied ‘n veilige (uitnodigende,
kultureel relevante, gasvrye en eerlike) ruimte om die evangelie te hoor en om
vertrouensverhoudings met gelowiges en soekers te vorm. Hierdie
aanbidding gebruik elke beskikbare vorm van tegnologie (sonder om dit “uit te
stal”). Dit is “high tech” en “high touch”. Sulke aanbidding beweeg
verby ‘n kontemporêre, lof-en-aanbidding styl na alternatiewe inheemse
aanbidding.
Alternatief, omdat dit nie probeer “kontemporêr” wees nie, maar wil
beweeg na die punt waar ons nie-Christene en diegene buite die kerk kan
bereik. Alternatief is nie noodwendig moderne musiek en PowerPoint
nie. Alternatiewe inheemse aanbidding is dikwels juis hoogs liturgies van
aard en bring aspekte uit die geskiedenis van aanbidding na mense wat moeg is
van “pop” kerk.
Inheems, omdat dit nie die styl van ‘n ander tyd of gemeente wil
namaak nie. Dit vra vrae soos: Hoe sal ons dit hier doen? Wat
is ons konteks? In watter kultuur aanbid ons? Wat kan ons doen wat
integriteit sal hê? Inheemse aanbidding kyk waar die plaaslike konteks en
die gelowiges se gawes en visie mekaar kruis. Dikwels is die produk ‘n
vermenging van verskeie style en vorme.
Aanbidding, omdat dit tot God se eer is. Dit gaan nié daaroor
om mense tevrede te stel nie. Die gebruik van verskillende vorme van
kuns, musiek, kultureel-relevante metafore ens. is nie sodat mense kan rondsoek
totdat hulle iets vind waarvan hulle hou nie, maar juis om mense te help sodat
hulle in hul eie taal na God kan luister en God kan aanbid.
(Rethie van Niekerk, met erkenning aan
Chris Hughes) Bo
Nuwe kerkraad vir
Hoewel die wonde
nog rou is in
PORT ELIZABETH. -- Dit lyk of die stof nog lank nie gaan lê het by die
NG gemeente
Ds. Jan Kampman, voorsitter van
die ringskommissie van Algoa, het bevestig dat hy kennis dra van bewerings en
gesê 'n oudit van die kerk se geldsake gaan gedoen word.
"Dit is net gesonder en regverdig teenoor die nuwe
kerkraad van die
"Dit vrywaar hulle van die vorige kerkraad se
besluite," het Kampman gesê.
Die skriba wat in beheer was van die
Volgens Kampman moet daar nog
op 'n geskikte maatskappy besluit word wat die oudit sal behartig.
Die oudit moet voor 24 April gedoen word, wanneer die
nuwe kerkraad van die gemeente verkies word.
Kampman het gister klem daarop gelê dat die
kerk nie in 'n swartsmeerdery wil betrokke raak nie. "Die
Hy het gesê indien enige ongerymdhede
in die oudit voorkom, sal daar nie versuim word om die regte stappe deur óf die
nuutverkose kerkraad óf die ringskommissie te doen
nie, aangesien die "kerk vir waarheid staan".
Op ander vrae oor die finansies van die kerk het Kampman gesê as 'n buitestander is die geldsake vir hom
verwarrend, maar dat die uitgawes ooreenkom met die besluite van die kerkraad.
Een van dié besluite is die verkoop van die gemeente se
pastorie aan Pienaar sr. voordat hy sy bedanking
ingedien het.
Pienaar sr. het by navraag gesê
hy het aan die begin van die jaar reeds die kooptransaksie vir die huis aan die
gang gesit voordat hy besluit het om die gemeente te verlaat.
"Daar was 'n vertraging met die
verkryging van 'n deposito, maar alles is wettig gedoen.
"Trouens, ek het baie meer vir die huis betaal as
waarvoor die bank dit gewaardeer het," het hy bygevoeg.
Kampman en Pienaar sr.
wou nie die koopsom van die huis bekend maak nie.
In reaksie op die bewerings van ongerymdhede in die
geldsake van die kerk het Pienaar sr. verbaas
gereageer en gesê hy nie kan glo hoeveel negatiwiteit uit sy bedanking spruit
nie.
"Ek skaam my dat Christene só laag daal deur sulke
bewerings te maak. Ek kan jou verseker dat ek nooit enige geld van enigiemand
gesteel het nie.
"Ek glo
dit is 'n klein groepie mense wat
dié bewerings versprei. Ek
Johan Wolmarans bevestig
Baie geluk aan ds
Johan Wolmarans wat as leraar van Fort Beaufort-gemeente bevestig is. Johan kom in die plek van
Geesgedrewe gelowiges : Nuwe boek van Piet Naudé
Margot Luyt van LuxVerbi.BM skryf die volgende
oor Piet se jongste publikasie:
’n
Nuwe boek van die opwindende teoloog Piet Naudé het
onlangs verskyn onder die titel Geesgedrewe
gelowiges. Dit is al as ’n eg Suid-Afrikaanse ekwivalent vir die gewilde
Amerikaanse boek van Rick Warren,
The purpose-driven
church, beskryf.
Dit
is ’n hoopvolle, genesende boek in die taal van ons tyd vir gelowiges van ons
tyd en is ideaal vir mense en gemeentes wat nuwe hoop, herstel en heelmaking soek. Dit is ook ’n hartversterkende boek vir
almal wat hulle Gees-drif verloor het en behoefte
daaraan het om weer blydskap en groei te beleef.
Kerkleiers
en gemeentes wat opreg na eenheid en versoening soek, maar telkens ervaar dat
een struikelblok na die ander voor hulle opduik, of individuele Christene wat
in die geloof “oorleef”, maar sonder verwagting of visie, sal baat vind by
hierdie boek. Naudé verskaf nie kitsantwoorde nie,
maar kyk wel na die oorspronge van die Christelike geloof soos dit hoofsaaklik
in die boek Handelinge vertel word. Hy sê: “Miskien bevat dié ou boek van die
kerk (Handelinge) ’n paar rigtinggewers. Miskien is
daarin impulse wat jou op die weg van geestelike nuutmaak kan help. Dit is nie
soseer bedoel om “purpose driven”
te wees nie, as “root based”, daarom die subtitel van
die boek: “Terug na die grondwaarhede van jou geloof”.
Naudé is bekend daarvoor dat hy nie doekies omdraai nie. Hy
skryf onder meer: “Daar is selfversekerde gemeentes waar God net ’n voetnoot
geword het by hulle strategiese beplanning, deftige geboue en geleerde
predikante. Daar is selfversekerde Christene wat met ’n glimlaggie terugkyk na
hul naïewe verlede toe hulle nog geglo en gebid het …”
Hy
pleit egter ook vol bewoënheid: “Kom ons skep in Godsnaam vir mekaar stukkies
hemel op aarde … Kom ons leef weer as Geesgedrewe
Christene, sodat mense van buite na die kerk sal kom en sê: “Ons wil met julle
saamgaan, want ons het gehoor God is by julle …” Bo
Wonderlike hulpmiddels vir korttermyn-uitreike
Dalene Joubert
vertel van baie praktiese, bruikbare hulpmiddele vir korttermynuitreike
wat by Bybelmedia beskikbaar is:
Mosambiek,
Zambië, Namibië, Angola, Botswana, Malawi, Madagaskar, Lesotho, Transkei,
Zimbabwe, Mauritius, Seychelles, ens..... Julle
gaan kosbare kontakte maak en verhoudings bou met plaaslike kerkleiers wat een
of meer van 246 verskillende tale praat. Volgens baie uitreikers wat huis toe kom na uitreike,
hoor vele die Boodskap van Verlossing, maar hulle het steeds nie toegang tot
die Bybel om dit toe te pas in hulle daaglikse leefwyse nie.
WAAROM DAN??
1) Vele kan nie lees nie. Daar is
meer as 80 miljoen ongeletterdes vandag nog in Suider-Afrika. Al is die Woord
beskikbaar, kan hulle nie lees wat daarin staan nie.
2) Die Bybel is egter in heelwat
tale nog nie beskikbaar nie, miskien 'n tweede taal, maar hulle begrip in
daardie taal sal nooit wees soos wanneer hulle in hulle moedertaal onderrig
word nie.
3) Die taal is dalk nog nie eens
neergeskryf nie.
4) In sommige tale word nie genoeg
Bybels gedruk om in die behoefte te voorsien nie.
HOE NOU GEMAAK?
Hierdie oudio-visuele
studie-materiaal kan vir mense die inhoud van die
Bybel op 'n eenvoudige manier leer, in hulle moedertaal. En julle kan hulle
gaan toerus met die Boodskap van die Bybel in hulle eie moedertaal!
HOE LYK DIE MATERIAAL?
8 Blaaiboeke
(42m x 30cm) of klein
boekies (21cm x 14cm) elk
bestaande uit 24 glans kleurprente. 'n Uitbeelding van karaktersketse uit die
Ou en Nuwe Testament wat dui op Christus as Verlosser. Hier volg die titels:
OU TESTAMENT:
1) Aan die begin met God: (Adam, Noag, Job, Abraham
2) Magtige manne van God: (Jakob, Josef, Moses)
3) Oorwinning deur God: (Josua, Debora, Gideon,
Simson)
4) Dienaars van God: (Rut, Samuel, Dawid, Elia)
5) Beproewing twv God: (Elisa,
Daniël, Jona, Nehemia, Ester)
NUWE TESTAMENT:
6) Jesus, Geneesheer en Leermeester: (uit Matteus en Markus)
7) Jesus, Saligmaker en Heer: (uit Lukas en Johannes)
8) Handelinge van die Heilige Gees: (Die jong kerk en Paulus)
BESKIKBAAR IN 61 TALE.
Vir meer inligting, kontak Dalene
of Mercial by 021-864 8276 of gnm@bmedia.co.za.
Loer gerus ook in by ons nuwe
webwerf: www.bmedia.co.za/gnm/ Bo
Webblad
bring Christelike kunstenaars en gemeentes bymekaar
Cyberlab het pas aangekondig dat hulle ‘n webblad
ontwikkel het waar Christelike kunstenaars hul besonderhede kan invoer. Wanneer
gemeentes die blad besoek, kan hulle ‘n hele katalogus kunstenaars se kontak- en ander besonderhede opspoor. Op die manier word
kunstenaars en gemeente bymekaar uitgebring. Alle Christelike kunstenaars word
versoek om hul besonderhede hier te plaas.
Agente kan ook
optredes aanbring, sodat almal daarvan kan weet. Besoek dus gerus www.gospel4u.co.za Cyberlab kan
gekontak word by cobus@cyberlab.co.za.
Besoek ook www.cyberlab.co.za vir meer inligting. Bo
Begeleiding van Liedboek op CD beskikbaar
Die Sinodale Kommissie vir die Erediens in die Vrystaat het ‘n stel begeleidings-CD’s van die Liedboek opgeneem en gee
dit in samewerking met BybelMedia uit.
Die opnames het ten doel om veral gemeentes te
help wat ‘n skaarste het aan orreliste en begeleidingsgroepe
wat die gemeentesang tydens erediens kan begelei. Hierdie stel CD’s behoort ‘n groot uitkoms te
wees vir kerkrade en leraars wat dikwels hande in die hare sit wanneer die
enigste orrelis op die dorp siek is of met vakansie weggaan. Hierdie begeleidings-CD’s van die Liedboek kan nie alleen
vir die begeleiding van die gemeentesang in eredienste gebruik word nie, maar
kan ook effektief gebruik word vir die begeleiding van die samesang by begrafnisse,
huwelike en ook by wyksbyeenkomste en ander kleingroepbyeenkomste.
Die opnames is gedoen op die kragtige orrel van
die NG Gemeente Universitas, Bloemfontein. Met die begeleidings
is daar gebruik gemaak van interessante inleidings, modulasies en ‘n
verskeidenheid van harmonisasies. Alhoewel die orrel deurgaans as hoofinstument gebruik word, is daar op vele plekke gebruik
gemaak van sopraan- of instrumentale diskante, sowel
as ander instrumente soos strykers, fluite, koperblasers en perkussie-instrumente
om die begeleidings verder te versier.
‘n Somtotaal van 526 liedere (87,4%) uit die
Liedboek is van begeleidings voorsien. Daarvan is 85 liedere van die meer bekende
psalms en die res (441 liedere) kom uit die liedere-deel
van die Liedboek. Ter wille van
kopiereg en die liturg se keuse van strofes, is die begeleidings
sonder woorde opgeneem. Alle strofes is
ook nie by elke lied opgeneem nie, maar daar is gepoog om ‘n intelligente keuse
van die aantal strofes by elke lied te maak.
Die CD-stel bestaan uit 11 gewone audio CD’s met die begeleidings
op, asook 2 CD’s waarin die opnames op MP3-formaat
beskikbaar gestel word. Vir die gebruik
van die begeleidings-CD’s veral in eredienste, word
daar ‘n doelmatige handleiding saamgegee met noodsaaklike gebruiksvereistes
en –wenke asook ‘n duidelik uiteensetting van watter lied op watter CD gevind
kan word, en ook verdere aanwysings van bv
die aantal strofes, wisselsang moontlikhede, en so meer by elke lied.
Die pakket kos R850
plus R35 posgeld en word slegs deur die
Sinodale Kommissie vir die Erediens in die Vrystaat versprei. Die kontakpersoon
is me Endriette Barnard, selnommer
083 256 9668
Bestellings kan
op een van die volgende twee maniere geskied:
1. Elektroniese betalings: Betaal
die bedrag van R885 (R850 + R35 posgeld) per pakket
elektronies oor in die bankrekening wat op die bestelvorm gegee word (sien attachment),
voltooi die bestelvorm en faks dit saam met u inbetaalstrokie aan
faksnommer: (053) 444 1416
2. Posbestellings: Pos die
voltooide bestelvorm met u tjek aan: Me Endriette
Barnard, Posbus 176, HOOPSTAD 9479.
Tjeks moet uitgemaak word aan: NEBA Begeleidings. Bo
Algemene Predikantebyeenkoms
Daar heers
positiewe opgewondenheid oor die geleentheid met die tema: “Ons vier ons
roeping in verwondering oor die God wat ons roep”.
Kerkrade
word dringend versoek om dit asseblief vir leraars moontlik te maak. Indien
finansies ‘n probleem is, kan julle gerus vir Kobus Prinsloo kontak. Ons sinode
subsidieer elke leraar met R135, maar daar is ook
addisionele fondse vir verdienstelike situasies. Bo
Fun
Things To Do During
Boring Sermons
(Hou hierdie informasie weg van lidmate – kinders weet van die meeste, maar vergeet dit
gelukkig soos hulle groter word.)
~ Pass a note to the organist asking
whether he/she plays requests.
~ See if a yawn really is contagious.
~ Slap your neighbor. See if they
turn the other cheek. If not, raise your hand and tell the preacher.
~ Devise ways of climbing into the balcony
without using the stairs.
~ Listen for your preacher to use a word
beginning with 'A' then 'B and so on through the alphabet.
~ Sit in the back row and roll a handful
of marbles under the pews ahead of you. After the service, credit
yourself with 10 points for every marble that made it to the front.
~ Using church bulletins or visitor cards
for raw materials, design, test and modify a collection of paper airplanes.
~ Start from the back of the church and
try to crawl all the way to the front, under the pews, without being noticed.
~ Raise your hand and ask for permission
to go to the rest room.
~ Whip out a hankie and blow your
nose. Vary the pressure exerted on your nostrils and trumpet out a
rendition of your favorite hymn.
~ Chew gum; if the sermon goes on for more
than 30 minutes, start blowing bubbles.
~ Try to indicate to the minister that his
fly is undone.
~ By unobtrusively drawing your arms up
into your sleeves, turn your shirt around backwards.
~ While people are locating the announced
congregational song, step out in the aisle and begin waving your arms as if
directing the hymn.
~ Sit close to the front, and during the
prayer, turn around backwards, point, and count softly how many people do not
have their heads bowed and eyes closed.
~ See how many hard candies you can stuff
in your cheeks before your mother catches you.
~ Begin coughing and get louder and louder
until you get to excuse yourself and leave the room.
~ Choose a different song than was
announced and begin singing it as loud as you can.
Groete tot ons weer gesels,
Danie Mouton