Goeiedag!
Ek hoop almal het 'n lekker rustige langnaweek agter die rug! Die eerste
tekens van herfs is reeds te bespeur, terwyl sekere dele van die
Oos-Kaap die afgelope dae heerlik reën gekry het. In Port Elizabeth het
dit laasnag behoorlik gesous. Hoop die aarde by julle is ook deurdrenk
van heerlike reën.
Onthou dat al julle nuusbrokkies altyd baie welkom is! Bo
Korrespondensie:
Nuwe bekeerlinge en Liedboek
Me
E Anderson, 'n kerkraadslid, skryf na aanleiding van berigte in OosKaap
eNuus oor dalende lidmaatskap van die NG Kerk in stede met groeiende
bevolkings:
"Hoe is dit dan
dat die bevolking groter word terwyl NG kerk lidmaat getalle daal?
Die Kerk van die Here strek oor taal en
kultuur groepe heen. Die NG kerk het deur die jare relatief goed vir
sy lidmate gesorg en selfs sendelinge uitgestuur. Ek weet van geen NG
gemeente (behalwe miskien Morelatta Park) waar daar egter gefokus
word op nuwe bekeerlinge tot die gemeente toevoeg nie. Die NG
kerk word uiteindelik gedwing om wyer te kyk as die blanke
Afrikaanssprekende. Of die NG Kerk gaan oorleef of nie, sal
afhang of daar ag geslaan word op die Woord en die leiding van die Here.
"Ek wonder steeds
hoekom daar vasgeklou word aan die "gereformeerde lied" terwyl
dit glad nie meer die gemiddelde lidmaat (wat nog te sê van die wêreld
daarbuite!) se algemene musiekstyl is nie." Bo
Oos-Kaap
wil vaardige mense teruglok en inwoners ontwikkel
Sensus-gegewens
toon dat die Oos-Kaap in die periode 1996-2001 sowat 291,000 inwoners
van alle bevolkingsgroepe aan ander provinsies afgestaan het. Dit geld
veral persone in die ouderdomsgroep 20-45 jaar oud. 'n Vennootskap
tussen die Oos-Kaapse openbare en private sektor in so pas gesluit om
hierdie uittog te stuit. Agttien maatskappye, waaronder DaimlerChrysler
is by die vennootskap betrokke. Die doel is om plaaslike inwoners te
ontwikkel en professionele persone na die provinsie te lok met die oog
op die transformasie van die landelike ekonomie en die diversifikasie
van die vervaardigingsektor. Laasgenoemde is tans sterk aan die
motorbedryf gekoppel.
Mens wonder watter rol die NG Kerk (wat oor 'n baie
hoë persentasie gekwalifiseerde mense beskik) kan speel in die
ontwikkeling van ons provinsie se menslike hulpbronne? Hoe sou gemeentes
'n visie en 'n praktiese plan hiervoor kon ontwikkel? Bo
Tuberkulose
24
Maart is die Internasionale Tuberkulose-Dag. Suid-Afrika is die land met
die derde meeste Tuberkulose-lyers ter wêreld, volgens die jongste
syfers van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die hoë voorkoms van
MIV/Vigs veroorsaak boonop dat mense makliker met TB besmet word, omdat
hulle weerstandvlakke laer is. In SA is TB die enkele grootste oorsaak
van sterftes onder Vigs-lyers.
Wanneer 'n TB-pasiënt hoes of nies word die tubercle bacili deur
die lug versprei en kan dit deur enigeen ingeasem word. Baie mense het
dormante TB, maar sal dit net ontwikkel as hul immuniteitstelsel
afgetakel word deur stres, 'n swak dieët of ander siektes. Daarom word
TB ook 'n maatskaplike siekte genoem - dit word vereenselwig met
armoede, oorbevolking en wanvoeding. Bo
NG Kerk vra lede om in April te bid vir SA se
toekoms
'n Herinnering: Die moderatuur van die NG Kerk het gemeentes gevra om die
Here op Sondag 25 April te dank vir die vryheid, vrede en voorspoed wat
Suid-Afrikaners wel geniet. Dit sluit aan by die regering se viering van
die tien jaar van vryheid en demokrasie wat sy hoogtepunt op 27 April
bereik. Die moderatuur vra voorts dat gemeentes bid vir die regering en
ander politieke leiers en vir die toekoms van Suid-Afrika en sy mense.
Dr. Willie Botha, predikant in Algemene Sinodale Diens, het gesê
dit sluit gebede in rakende die groot vraagstukke soos misdaad, MIV/vigs
en armoede. Die Algemene Sinodale Kommissie het ook onlangs 'n beroep
gedoen op alle kiesers om in die verkiesing te gaan stem. Die kerk se
algemene sinode het hom opnuut verbind tot Afrika en samewerking in die
stryd teen teen die maatskaplike probleme van ons tyd.
Bo
Aliwal
se Familie-naweek
Ds Johan van Rooyen van Aliwal vertel
entoesiasties: Ons kyk met groot dankbaarheid terug na 'n baie geseënde
Familie-Gewoonte-Naweek! Ons was 35 Families waarvan die meeste
in tente en karavane by die Bronne in Aliwal-Noord gekamp het.
Die program was baie vol en intensief - maar niks verveligs nie!
Elke Gewoonte is ingeoefen en kinders en ouers het saam beleef hoe dit
werk. Dr Wilhelm Burger van Caledon-Wes het hom uitstekend van
sy taak gekwyt. Sy pastorale en humoristiese aanslag het by
almal byval gevind.
Hierdie werkswinkel
doen baie meer as om vir ouers en kinders te begelei om mekaar
te help glo. Dit is een instrument wat sommer
gelyktydig ook 'n paar ander vaardighede aan kursusgangers deurgee.
Families leer oor die kerklike jaar, hoe om mekaar te waardeer,
die gebruik van simbole en rituele, hoe om tyd te maak vir
mekaar en te prioriseer, om stories te vertel, fees te
vier, die Bybel kreatief te lees... en weer hulle roeping af te
stof. En dit alles sonder lesings en toesprake en met hope pret
tussendeur! Voorwaar, met hierdie Gewoontes is daar
BAIE HOOP vir FAMILIES!
Dankie Buvton,
Frederick, Nico, Ewald, Wilhelm! En dankie aan die Oos-Kaap
Sinode vir die ruim subsidie!!! Bo
CGK
en NGK versoen na 60 jaar
Die
volgende nuusbrokkie illustreer die nodige Christelike respons op baie
van die uitdagings in ons kerklike konteks:
Sestig jaar nadat die kerklike paaie uiteengeloop het, het die
Christelik Gereformeerde Kerk (CGK) en die NG Kerk nou vir mekaar om
verskoning gevra vir die onkerklike goed wat destyds oor en weer gesê
is.
Die CGK voer sy oorsprong terug na 'n kerkstryd destyds in die NG
gemeente Smithstraat in Durban. Die predikant hier, dr. Dirk de Vos, is
saam met sy kerkraad geskors oor sy bedieningstyl en het toe 'n
afsonderlike kerk gestig.
Ds.
Richard Verreynne, moderator van die CGK, het gesê hulle ontken nie nou
die legitimiteit van die kerkstigting nie, maar besef dat agterna baie
lelike goed van die NG Kerk gesê is.
In 'n brief aan die NG Kerk sê die CGK-leiers die deugde van Christus
is soms nie verkondig nie, maar die ondeugde van ander kerke. Die NG
Kerk en sy kweekskole is op onbetaamlike wyse beswadder en die CGK het
in sy publikasies doelbewus probeer om die NG Kerk in die swaks
moontlike lig te stel.
Leiers van die twee kerke het intussen 'n baie versoenende gesprek
gevoer. Dit het daartoe gelei dat die NG Kerk in 'n brief aan die CGK
gesê het van sy mense het ook opgetree op 'n manier waaroor die kerk
vandag verleë is. Die NG Kerk verwys na "smalende opmerkings"
oor die CGK en sy lidmate en sê: "As u iets het om te berou, ons
nog meer."
As
uitvloeisel van die versoening gaan die CGK oor Paasnaweek sy 60ste
verjaardag in die Smithstraat-kerk vier.
Oor die moontlikheid dat die CGK weer deel van die NG Kerk kan word, het
Verreyne gesê hulle is 'n baie evangeliese kerk en daar is strome in
die NG Kerk waarmee hulle hulle nie kan vereenselwig nie. (Neels
Jackson)
Bo
Geluk
met die eerste 150 jaar!
Baie
geluk aan Queenstown-gemeente wat die afgelope naweek hul 150-jarige
verjaardag met 'n groot fees gevier het. Deel van die feesvieringe was
'n basaar wat boonop 'n rekordbedrag opgelewer het. Op Sondag is 'n
besondere nagmaalfees gevier, en die naweek se hoogtepunt was 'n
evangelie-konsert met verskeie bekende sangers soos Jan de Wet en Willie
Joubert. Geluk aan die gemeente onder leiding van Willem Lötter, Vernon
Louw en Velle Potgieter met 'n heerlike feesnaweek.
Alexandria-gemeente is ook in 1854 gestig, en
dus vanjaar ook 150 jaar oud, terwyl daar 11 ander gemeentes in die
Oos-Kaap is wat ouer as hierdie twee gemeentes is. Bo
Zimbabwe
Ben
du Toit skryf: Uit verskillende bronne uit Zimbabwe
ontvou die volgende prentjie: Die amptelike inflasiekoers is
meer as 600 persent, die werklikheid is nader aan 1000 persent.
Huishoudings wat tot dusver nog in ‘n finansiële posisie was om kop
bo water te hou, sukkel nou ook om kos op die tafel te kry, omdat kos so
moeilik bekombaar is. Baie gesinne is af na een ete per dag. Die een
presidensiële dekreet na die ander, soos uitermate hoë
invoerbelasting, tref Zimbabwiërs so kort op mekaar dat die wetgewende
proses glad nie meer kan byhou nie.
Verstommend is sommige van die Christene in daardie land se houding:
“So dit is waarvoor ons as gelowiges gereed gemaak is, waarom ons hier
geplaas is – om na mekaar en ander uit te reik, mekaar te dien, mekaar
te bemoedig, om onder hierdie
omstandighede steeds hoop uit te leef?” Dis merkwaardig dat
die een vryheid wat Zimbabwiërs werklik nog het, godsdienstige vryheid
is. Zimbabwiërs dink deesdae werklik baie na oor die dinge wat saak
maak, vind onder dikwels hopelose omstandighede vastigheid en inspirasie
in dié dinge wat ewigdurend is. Kerke beleef steeds ongekende groei.
Kom ons verenig in ons gedagtes en gebede vir alle pogings wat aangewend
word – ook vanuit die
ekumeniese kerkleiding in Suid-Afrika – om ‘n beweging na ‘n meer
regverdige bedeling in ons buurland te bewerk. Ons
bid vir ons eie lidmate (broers en susters in die NG Kerk,
die Refromed Church in Zimbabwe en die Church of Central Africa
Presbyterian) vir die nodige vir elke dag se eise. Bo
Nuus
van B-Net - die Sinodale Netwerk vir Begeleiding
Barnard
Steyn, projekbestuurder van die Begeleidingsnetwerk, het 'n baie
interessante opsomming van hierdie sinodale netwerk se dienste ontwerp.
Ek heg dit hierby aan - dit is 'n Adobe Acrobat dokument. As jou
rekenaar dit nie kan oopmaak nie, moet jy die Acrobar Reader van die
Internet aflaai by www.adobe.com/acrobat.
Bo
Fietstoer
& Projek en Goeie Nuus-verhale
Die
AKV (Algemene Kommissie vir Vrouelidmate), die AJK en Algemene
Bedieningsfonds is tans betrokke by ’n fietstoer. Die fietse het reeds
vanaf Mussina vertrek en eindig op 31 Oktober in Kaapstad by die Groote
Kerk. Die doel? Om
gemeenskappe en gemeentes bewus te maak van die Familiejaar en hulle aan
te spoor om Familie-projekte te loods, terwyl daar ook fondse ingesamel
word. Gemeentes word aangemoedig om hul eie Goeie Nuus-verhale op skrif
te stel, dit vir die AKV of AJK te stuur, of aan die fietsryers te gee.
Hierdie verhale gaan in Kerkbode gepubliseer word en later ook in
boekvorm uitgegee en o.a. aan me Mbeki oorhandig word. Dit sal die
werksaamhede van die kerk in ons land weerspieël.
'n Dokument in hierdie verband is reeds aan gemeentes gestuur. Bo
DAGBOEK
Seminare
met die oog op Lewensverryking
Die
bekende Sors
en Lida Geldenhuys bied Oos-Kapenaars van 2-6 April 'n geleentheid om
deur middel van 'n Lewensverryking-Seminaar weer sin en kwaliteit te
vind in die gejaagde tyd waarin ons lewe. Onderwerpe sluit in:
* My Skepper, my roeping;
* Christelike selfaanvaarding; vergifnis; konflikhantering;
* Genesing van letsels uit die verlede;
* Die uniekheid van die man en vrou, fisiese intimiteit, vriendskap,
seksuliteit e.s.m.
Naas die seminaar van 2-6 April in Port Elizabeth,
kom George van 9-13 Julie en Saldanha van 15-19 September aan die beurt.
Daar word ook tienerseminare van 9-13 Julie te George en van 15-19
Desember te Saldanha aangebied. Meer inligting kan bekom word by kaap@lewensverryking.co.za
of www.lewensverryking.co.za.
Bo
Arnold
en Joy Mol op Bedford/Adelaide
Die
NG Kerk Adelaide en die Presbiteriaanse gemeente van Bedford reël saam
aan interessante naweek met Arnold en Joy Mol, vertel Rudi Swanepoel,
Adelaide se nuwe dominee. Dit geskied op die naweek van 30 April tot 2
Mei (Vrydag tot Sondag). Die twee Molle gaan op hul kenmerke manier
praat oor onderwerpe soos:
*
Do I have to be me?
*
The Quest for zero defect;
*
Finishing strong;
*
Coping with teenagers;
*
How to make your spouse deliriously happy - dit gaan gepaard met 'n
romantiese ete die Saterdagaand! (Hmmmm!)
*
How to love people you don't really like.
Skakel
gerus met Rudi vir meer inligting by 046 685 0062 of 083 324 6175 vir
meer inligting. Bo
Vyf slaggate
vir leiers
Dankie aan David Melvill vir die volgende
brokkie. Leiers, sê hy, trap maklik in een of almal van die volgende 5
slaggate:
1)
The need to be well-rounded!
Great achievers are usually not well-rounded. They’re focused!
Striving to be well-rounded only sounds good. It actually forces you to
invest time and energy into areas where you’ll never excel.
2)
Authority without
competence! Every leader has authority over areas in which he
has little or no competence. When he tries to exercise authority there,
he often hinders everything and everyone under him. To put it bluntly,
there are things you’re responsible for that you should keep your nose
out of.
3)
The success intoxicant! Success
is an intoxicant and intoxicated people seldom have a firm grip on
reality. Leaders often assume that their core competencies are broader
than they actually are. This trait is easy to see in others, but next to
impossible to see in ourselves.
Admitting
weakness doesn’t make you less effective, it just expresses what
everybody around you has known for a long time.
4)
Guilt! We feel guilty about delegating our weaknesses. We
assume that everybody hates to do what we hate to do. Wrong! Delegation
allows somebody else to shine. Your weakness is their opportunity.
5)
Unwillingness to develop others!
Sure it’s easier to do things yourself. But leadership isn’t just
about getting things done right, it’s about getting things done
through others. If you can’t find somebody to hand things over to,
look in the mirror. Your people are exactly where you’ve led them. If
you’ve nobody to delegate things to, guess who needs to change?
Groetnis tot ons weer gesels,
Danie Mouton
SKRIBA Bo |