OosKaap Sinode eNuus
Nuus uit die Oos-Kaapse Sinode in
sitting te Port Elizabeth, 12-15 November 2007
Uitgawe 4 – Donderdag 15 November
2007
NB:
Die dokumente van hierdie vergadering van die Oos-Kaapse Sinode is
beskibaar by www.ngkok.co.za/sinode2007.
Klik hier vir die Finale Gebedsonderwerpe, opgestel deur
Rethie van Niekerk.
‘n
Laaste woord…
FOKUSPUNTE VIR DIE PAD VORENTOE
Die
sinode het op die laaste sittingsdag aangrypende fokuspunte goedgekeur vir die
volgende vier jaar. Die fokuspunte vloei uit die simboliek van lewende water
(Johannes 4) wat soos ‘n goue draad deur die hele vergadering gevleg het. Hier
is die teks van die dokument:
FOKUSPUNTE
“Wie van die water
gedrink het wat Ek hulle sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hulle sal gee, sal in hulle
‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hulle die ewige lewe gee.” (Johannes
4:13 – 14)
Lewende water VLOEI …
V – Verhoudinge
God die Vader, Seun
en Heilige Gees is in verhouding met Homself en tree ook daaruit in verhouding
met Sy skepping. Hy is die diepste Bron
vir die kerk se gestuurde identiteit en gerigtheid. Ons word opnuut geroep om ook in ‘n verdiepte
en lewende verhouding te tree met ons leefwęreld, in navolging van Christus.
L – Luister
God laat die waardes
van die Seisoen van Luister nl. Deernis,
Openheid, Vertroue en Leerbaarheid realiseer.
As dissipels luister ons geloofsonderskeidend na Hom en na mekaar. Deur te luister steek ons grense oor en word
lidmate (vroue, kinders en mans) en ander bemagtig.
O – Omgee
Ons is dankbaar vir
die verskeidenheid van omgee-projekte in gemeentes en ringe wat ’n besondere
hoofstuk in ons heilige verhale is. Ons
konteks vra nog meer fokus en betrokkenheid by MIV/Vigs, armoede, misdaad,
geweld en besoedeling. Ons gee spesiaal
om vir al ons leiers op alle vlakke, asook vir die ekologie waarbinne God ons
plaas om te sorg en te herskep.
E – Eenheid
Ons glo aan een
heilige, algemene, Christelike kerk en ons weet dat dit sigbare gestalte moet
kry. Die verbintenis aan die ideaal van
eenheid in die NG Kerkfamilie en die proses van kerkhereniging word opnuut
bevestig. Eenheid met ander Christelike
kerke moet ook groei.
I – Inligting
Ons is dankbaar vir
die goeie vloei van inligting in die sinodale gebied. ‘n Effektiewe kommunikasie-strategie moet
verder uitgebou word.
Waterstrome
herinner ons aan die Herder wat ons bring by water waar daar rus is en aan die
uitdagings wat voorlę. Ons gebed is dat
die Sinode van Oos-Kaapland mag drink uit die Fontein en die Visriviere
(simbole van skeiding uit die verlede) sal oorsteek.
FINANSIES
Woensdagaand
is gewy aan gesprek en verslag oor die finansies van die kerk in die Oos-Kaap.
Die Sinode was opgewonde om hulp te kon verleen aan die kerk in Zimbabwe (R55
500) sowel as vir die geleentheid om finansiële hulp te verleen aan studente in
teologie. Die Sinode was so tevrede met die finansiële verslag van die
Direkteur vir Administrasie dat nie ‘n enkele vraag oor die verslag gevra was
nie en dit toe sonder meer goedgekeur is. (Miskien omdat dit so laat in die
aand was!) Die Sinode dank die Here vir sy seën op die terrein.
Die
geskiedenis word herskryf toe die “onverstaanbare Botes-formule”, waarvolgens
gemeentes se Sinodale aanslae bereken word, vervang word deur ‘n eenvoudige
beginsel van 1,2% van die gemeente se bruto inkomste per jaar.
IN MEMORIAM
By
elke Sinode word verslag gedoen van die kollegas in die Here se diens wat ons
ontval het. Meegevoel is Donderdagoggend oorgedra aan die agtergeblewenes en
die vergadering het ‘n gepaste lied saamgesing.
PERSONEEL SAKE
Leraars
wat die eerste maal die Oos-Kaap Sinode bywoon word spesiaal verwelkom en die
Sinode neem terselfdertyd ook afskeid van die leraars wat binne die volgende 4
jaar emeriteer.
ONS KOSBAARSTE GOED
Ds
Ben Fourie het kort maar kragtig verslag gedoen van die Bybelgenootskap se
werksaamhede om die Woord van God so effektief moontlik węreldwyd beskikbaar te
stel in soveel tale moontlik teen die bes bekostigbare prys. Wonderlik dat dié
Boek ‘n 40% styging in verkope toon vir die afgelope jaar. ‘n Nuwe Afrikaanse
vertaling is tans in wording.
BEVESTIGING: DS DANIE MOUTON
Ons kollega Danie is met 'n spesiale seremonie is sy nuwe amp as Direkteur Begeleiding bevestig. Ringsvoorsitters het geleentheid gekry om goeie wense aan hom oor te dra met gepaste Skrifgedeeltes en seënwense.
AS DIE HERE MY SPAAR
Komati
bring ‘n glimlag op almal se gesigte met die vraag van die leraar aan Mike waar
hy begrawe wil lę. Sy antwoord was: “In Bloemfontein, as die Here my spaar…”
Na
al die laaste woorde van bedanking en groete vier die Sinodegangers ‘n
liefdesmaal saam om die sterwe van die Here te gedenk.
Tot
‘n volgende keer van Willows, waar dit vandag reën!
Wicus
Wait
GEBEDSONDERWERPE
Klik hier vir die Finale Gebedsonderwerpe. Dit is opgestel deur Rethie van Niekerk.