OosKaap Sinode
eNuus
Nuus uit die
Oos-Kaapse Sinode in sitting te Port Elizabeth, 12-15 November 2007
Uitgawe 1 -
Maandag, 12 November 2007
NB:
Die dokumente van hierdie vergadering van die
Oos-Kaapse Sinode is beskibaar by www.ngkok.co.za/sinode2007.
Baie dankie aan Wicus Wait wat elke dag hierdie
nuusbrief versorg vir die duur van die Sinode se vergadering.
Klik hier vir die Gebedsonderwerpe vir Dinsdag, 13 November, opgestel deur
Rethie van Niekerk.
OPENINGSEREMONIE
En so het die tiende gewone vergadering van die NG
Kerk se Sinode van Oos-Kaapland afgeskop- sowat 260 afgevaardigdes uit 13 ringe
en 105 gemeentes wat meer as 62 000 lidmate verteenwoordig.
Die konstituering seremonie was aangrypend met
die voorsitters van die verskillende ringe wat ‘n kruik water uit hul omgewing
in ‘n fontein voor in die saal by Willows konferensieterrein kom ingooi het.
Telkens is skrifgedeeltes en simboliek gekoppel vanuit elke ring se bestaan en
omstandighede. So kon die vergadering op informele wyse ontdek hoedat die Here
met Sy kerk in die Oos-Kaap op pad is. Die afgevaardigdes verbind hulle hierna
opnuut aan die Sinode se Geloofsverbintenis (2002)!
DOEL VAN DIE VERGADERING
Die volgende 3 aspekte word
voorgehou as die doel van hierdie sinode:
Die doel van die
vergadering is onderskeiding van God se wil / roeping vir die bediening van die
NG Kerk in Oos-Kaapland oor die volgende 4 jaar. Wat is dit wat die Here op
sleutelgebiede deur ons wil doen? Waarheen nooi Hy ons om saam met Hom te gaan?
Die NG Kerk in Oos-Kaapland
is as verband saam op reis - as gemeentes en ringe van die Oos-Kaap, maar ook
in Algemeen-Sinodale verband. Belangrike sake en verslae wat in hierdie opsig
kennisname en besluite verg, verskyn ook op die sakelys.
Die Sinode is ook ‘n
saamwees geleentheid. Ons wil nie net besluite neem nie, maar mekaar ook beter
leer ken en in ons vertroue van mekaar groei. Communitas is ‘n prioriteit.
PERSEPSIES OOR DIE NG KERK
In sy gesprek oor
persepsies wat mense oor die NG Kerk koester, noem dr Chris van Wyk dat daar heelparty
verrassend positiewe gesindhede bestaan waarvan ons kan kennis neem. Die
uitdaging vir die kerk blyk egter kommunikasie na buite te wees waarin die kerk
se beeld op positiewe wyse uitgebou kan word. Klik hier vir ‘n
uiteensetting van hierdie persepsies.
VERKIESING VAN MODERATUUR
Moderator: Dr Chris van Wyk
Assessor: Ds Hansie Schutte
Aktuarius: Ds Willie van Zyl
Addisionele lid: Ds Rethie
van Niekerk*
*Die Sinode besluit om ‘n
addisionele lid aan te wys op die moderatuur in die plek van die skriba van die
sinode (wat nie meer lid van die Moderatuur is nie aangesien ds Danie Mouton
die pos as Direkteur: Begeleiding beklee).
KERKSPIEËL: OOS-KAAP (Sien
webblad www.ngkok.co.za vir volledige
spieël)
Die vergadering neem oa
kennis daarvan dat die kerk in sy geheel besig is om noemenswaardig te krimp-
meer so op die platteland as in die
metropolitaanse gebiede. Verder is een kwart van ons provinsie se lidmate 60 en
ouer.
VISIONĘRE LEIERSKAP
Die grootste deel van die
middag is gewy aan die verslag oor Visionęre Leierskap en behels verskeie sake
soos geloofsonderskeiding, gereformeerde identiteit, leierskap, evangelisasie,
nuwe gemeente-ontwikkeling en andere.
Groete tot môre van ‘n koel
Willows.
Wicus Wait
GEBEDSONDERWERPE
Klik hier vir die Gebedsonderwerpe vir Dinsdag, 13 November 2007. Dit word
opgestel deur Rethie van Niekerk.