OosKaap Algemene Sinode eNuus
Nuus uit die Algemene Sinode in sitting te Johannesburg,
4-8 Junie 2007
Uitgawe 5 - Vrydag, 8 Junie 2007
NB:
Deel
1 en 2 van die Sakelys van die Algemene, tesame met die Aanvullende Verslae is
beskikbaar by www.ngkok.co.za/as2007.
U kan dit gebruik as verwysing by die lees van hierdie nuusbrief. Vorige
uitgawes van OosKaap Algemene Sinode eNuus
is ook hier beskikbaar.
Julle
kan gerus ook kyk na ‘n paar persberigte
wat oor die Algemene Sinode verskyn het.
A. WEER EENS :
HOMOSEKSUALITEIT
‘n
Groot groep sinodegangers het berigte wat vanoggend in
Beeld verskyn het met groot ontsteltenis begroet. Dit gaan veral oor die interpretasie dat kerkrade gays wat in
vaste verhoudings lewe in die amp van ouderling en diaken kan bevestig.
Uiteindelik het die sinode ‘n voorstel
aanvaar dat al agt punte van die besluit oor homoseksualiteit as ‘n eenheid aan
die vergadering gestel is, en as eenheid verstaan moet word.m
Die
Algemene Sinode is verby. Ek groet vir oulaas uit Boksburg.
Danie
Mouton