Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 8 - 13 Maart
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Waarom
is Julius Malema so kwaad en destruktief?
Inligting
en menings van gemeentes benodig oor die bekamping van misdaad en geweld
Nuwe
Vorm A volgende week beskikbaar
Iemand
op reis - per motor - tussen Stellenbosch en Port Elizabeth?
Sentralisering
van gemeenteregisters op ys?
Fasilitering
deur WBGK tussen NG KERK en VGKSA
Hoe
dit gaan met klein Laraine Botha?
Om
verantwoordelik en met integriteit se stem
Splinternuwe
pamflet vir Paastyd van die Christelike Lektuurfonds
Gemeente
benodig nagmaalkelkies - help asseblief!
Nuwe Hart Stigting rig versoeke
Besonderhede van padberade - April en Mei 2009
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek
Vacant post : Lecturer, Reformed Church in Zimbabwe
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, ek plaas dit graag op ons blad.
Waarom is Julius Malema so kwaad en
destruktief?
Verlede week gesels
ek met David Stainsbury, predikant van die Anglikaanse Trinity-gemeente in die sentrale
stadsgebied van Port Elizabeth. “Wat is die grootste nood van hierdie
omgewing”, vra ek?
David vertel hoeveel jongmense hier kom
woon. Baie is studente, uit verskillende dele van die land, en selfs die
wêreld. Dis goedkoop om hier te bly, maar al die jongmense dien ook as
trekpleister vir dwelmhandelaars en ander maatskaplike euwels.
“Ons kerk,” sê hy, “ontdek ons taak is om
‘n vader vir die gemeenskap te wees”. Hy
vertel dat die jongmense almal deel van ‘n vaderlose geslag is. Daar is nie
manlike rolmodelle in hulle lewe nie. Afwesige vaders veroorsaak dat die
jongklomp in vaderskap-vakuum grootgeword het.
“Ek het geweldige deernis met hulle oor die manier hoe dit hom wreek in
hul lewens”, sê David. Wat hulle nodig het, is Christelik-volwasse gesagsfigure
op wie hulle hul lewe kan modelleer.
Waar hulle aan vaderskap blootgestel is, is dit patriargale, outoritêre,
selfgeldende figure wat geen kapasiteit het om liefde, begrip, volwasse gesag
en vergifnis te modelleer nie.
Harde woorde, David? “Ja, maar jy moet die pyn en aggressie sien
wat die afwesige vaderfiguur by jongmense skep.
Hulle smag na aanvaarding deur ‘n vaderfiguur, maar dit ontbreek. Dis
waarom ons gemeente geroep is om ‘n vader vir die vaderlose te wees”.
“Jy sien”, voeg David as ‘n nagedagte by,
“dis hoekom Julius Malema so kwaad en destruktief in sy uitsprake is. En onthou: hy verteenwoordig maar net sy
portuurgroep. Die meeste van hulle in hierdie omgewing is so.”
Inligting en menings van gemeentes
benodig oor die bekamping van misdaad en geweld
Ds Matie van Niekerk, Oos-Kaaplandse verteenwoordiger
by die Algemene Sinodale Taakspan: “Kerk , Geweld en Misdaad” skryf aan
gemeentes en leraars:
Geagte Broer/Suster,
Al oor misdaad en geweld gedink ...
seker. Daaroor gepraat ... seker. Daaraan iets gedoen ... hoop so. Ons wil as Kerk hieroor besin en ‘n verskil
maak.
Ons sal dit baie waardeer as ons ‘n
aanduiding kan kry van hoe sake staan, in ons Sinodale Gebied ten opsigte van
die bogemelde aangeleentheid.
Ek sal baie bly wees as julle voor Vrydag,
20 Maart 2009 laat weet:
* Watter bydrae die Kerk kan lewer in die
bekamping van misdaad en geweld.
* Hoe ons gemeentes / gemeenskappe kan
bemagtig in die verband.
* Wat is die rol van die Kerkraad / Gemeente
in hierdie verband?
Laat weet asseblief
hoe die gemeente / gemeenskap in jul omgewing geraak is (gee voorbeelde /
statistieke indien moontlik). NB: VERAL as daar enige aksies aan die gang is.
Ek wou sê Misdaad en Geweld groete, maar
dis seker nie gepas nie.
Baie seën en sterkte. Sien uit om van julle te hoor, kort en
kragtig asseblief.
Matie van Niekerk
Nuwe Vorm A volgende week beskikbaar
Die Sinodale
Kommissie het besluit om Vorm A (die vorm vir kerklike ondersoek deur gemeente,
ring en sinode) te hersien en te vereenvoudig. Die nuwe Vorm A is feitlik klaar
en sal volgende week op ons webblad beskikbaar wees.
Iemand op reis - per motor - tussen
Stellenbosch en Port Elizabeth?
NETACT versprei ‘n
wonderlike een-bundel Bybelkommentaar, opgestel deur teoloë uit Afrika. Tydens
die onlangse VBO-Week het ‘n klomp dominees hiervan bestel. Om vervoerkoste te
bespaar, soek ons iemand wat dit in Stellenbosch by prof Jurgens Hendriks kan
oplaai (sowat 35 boeke) en PE toe kan bring.
Indien iemand beskikbaar is, kontak asb vir Chantall Vermaak by die
sinodale kantoor by db@ngkok.co.za of
041 365-3159 tydens kantoorure.
Sentralisering van gemeenteregisters op
ys?
Dit lyk asof die
implementering van gesentraliseerde gemeenteregisters nog ‘n rukkie gaan neem.
Gemeentes hoef dus nie tans ‘n baie hoë prioriteit aan die bekom van ID-nommers
te heg nie. Moontlik sal ID-nommers nie in die nuwe stelsel gebruik word nie,
weens ernstige besware van lidmate wat bekommerd is oor ID-diefstal. Hoe gegrond lidmate se besware is, is moeilik
om te beoordeel.
Daar is ook nog heelwat beplanning
onafgehandel oor die praktiese implementering van die gesentraliseerde
registers, en dit moet nou gedoen word.
Daarna moet die implementeringsplan en die goedkeuring van kwotasies
eers afgehandel word.
ATABID het geweldige druk geplaas op sinodes
(en gemeentes, volgens besluit van die Algemene Sinode) om die sentralisering
spoedeisend goed te keur, met teikendatums waarvolgens die stelsel nou al sou
funksioneer.
Fasilitering deur WBGK tussen NG KERK en VGKSA
Dr Kobus Gerber, Algemene Sekretaris van die NG Kerk, skryf:
Julle is
waarskynlik daarvan bewus dat die die eerste fasiliterings-gesprekke tussen`n
afvaardiging van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke (WBGK), die VGKSA
en die NG Kerk verlede week in Benoni plaasgevind het. Daar het alreeds berigte
daaroor in die dagpers verskyn. Met die oog daarop dat ons sover as moontlik
deurlopend met ons lidmate wil kommunikeer, gee ons graag op hierdie stadium
die volgende inligting deur:
Ons is dankbaar
om te kan berig dat die WBGK-afvaardiging oor twee dae tydens die gesprek,
deurgaans ‘n positiewe, pastorale en ondersteunende gesindheid geopenbaar het.
1. Daar is met mekaar ooreengekom dat kommunikasie met die media slegs deur dr
Jerry Pillay, lid van die Wêreldbond se afvaardiging,
gevoer sal word.
2. Daar is ook met mekaar ooreengekom dat die verskillende kerke nie
kommentaar sal lewer voordat die ooreengekome verklaring oor die gesprek van
die WBGK ontvang is nie.
3. Die moderamen van die Algemene Sinode van die NGK (ASM) vergader volgende
week (17-18 Maart), waar daar op gepaste reaksie besluit sal word.
4. Intussen bedank ons almal wat vir die byeenkoms gebid het en versoek
voortgesette voorbidding vir die verdere proses.
Die
presidentskandidaat van COPE is vir baie NG Lidmate ‘n onbekende persoon. Hier
is Gustav Gouws se kort lewensskets van Dandala soos dit in die Christelike
Kernensiklopedie verskyn:
Dandala, Hamilton Mvumelwano (Mvume), *26.10.1951
(Mount Ayliff, Suid Afrika) +? Metodiste Biskop en Ekumeniese Kerkleier in
Afrika
Gebore as die seun van ‘n Methodiste predikant, studeer hy
aan die Teologiese seminarium in Alice (Oos Kaap), en aan Cambridge
Universiteit, England.
In 1978 is hy die eerste swart predikant om pastor te
word van ’n veelrassige gemeente (Empangeni gemeente). Hy verwerf
bekendheid as konflik mediator in die tagtigerjare in apartheid Suid-Afrika
asook tydens die hostel krisis tussen 1990 en 1994.
Sedert 1991 is
hy die senior predikant van die Central Methodist Mission in
Johannesburg, Suid Afrika se grootste veelrassige Methodiste gemeente. In 1997
word hy verkies as voorsittende biskop van die Methodiste kerk van Suidelike
Afrika met meer as 2 miljoen lede in sewe lande. Dandala dien ook as President
van die Suid Afrikaanse Raad van Kerke en as moderator van die streeksliggaam
van die Wereldraad van Kerke.
In 2003 word hy
verkies as die Algemene Sekretaris van die All Africa Conference of Churches
(AACC), ’n gemeenskap van 168 nasionale kerke in 39 lande wat ongeveer 120
miljoen lidmate verteenwoordig. Vanuit Nairobi, Kenya, beywer Dandala hom
pro-aktief vir vrede en genesing in Afrika, en om sosio-poloitieke en
ekonomiese euwels uit die weg te ruim.
Hy is ’n
ere-professor aan die Universiteit van Pretoria. Hlomla Dandala, die gewilde
akteur en regisseur, is sy seun.
Gustav Gous (Bladsy 200 Christelike
Kern-Ensiklopedie)
Hoe dit gaan met klein Laraine Botha?
‘n Rukkie
terug is almal aangegryp deur die mediese toestand van klein Laraine Botha.
Haar tannie, Janie, gee in ‘n lekker geselstrant ‘n klomp nuus:
Hallo almal!
Nog 'n bietjie nuus oor klein Laraine...
Eers wil
ek net weer baie dankie se vir elkeen se kosbare gebede. Ons het regtig
hierdie week die wonderwerkende genade van God ervaar.
Laraine het verlede Maandag chemoterapie begin kry sodat die bietjie
witbloedselle wat sy wel in haar bloed het, heeltemal vernietig kon word totdat
die telling 0 is, voordat die beenmurgoorplanting gedoen word.
Maandag
het sy erg maagkrampe gekry van die chemoterapie maar Dinsdag het dit beter
gegaan. Woensdag en Donderdag het dit sommer goed gegaan met haar.
Die dokters het haar ouers egter daarop voorberei dat Vrydag, Saterdag en
Sondag moeilike dae sou wees omdat sy dan sterker chemoterapie
moes kry. Die dokters het verwag dat sy sleg sou voel en
newe-effekte sou kry soos koors, sere in haar mond, daling van suurstofvlakke
ens. Sy was heeltyd gemonitor. Niks het gebeur nie en die dokters
was verbaas daaroor! Sy het baie goed gevoel en was gedurig lus vir
eet. Haar ouers het vertel dat sy eintlik haar hande in die lug
opsteek en met hulle "raas" as hulle nie vinnig genoeg die
volgende happie vir haar gee nie. Wanneer sy geslaap het, het sy
rustig geslaap en wanneer sy wakker was, was sy vriendelik en vol
geselsies. Sy het ook Saterdag vir die heel eerste keer dit reg
gekry om te sit sonder ondersteuning!
God het
haar beskerm teen al daardie newe-effekte!
Die
beenmurgoorplanting is vervroeg na 9 Maart, ongeveer 14:00. Dit het goed
afgeloop. Alle eer aan ons hemelse Vader!
Vir die van julle wat dalk wonder hoe dit werk: Die selletjies is in vloeistof d.m.v. die hickman-pypie,wat so twee weke gelede ingesit is, in haar aartjies ingetap. Dit het omtrent net 'n halfuur gevat en geen narkose was nodig nie. Die dokter het gesê dat sy moontlik 'n allergiese reaksie kon hê tydens die oorplanting, maar weereens het God haar beskerm en dit het nie gebeur nie!
Haar lewer
was 'n bietjie vergroot a.g.v. al die vog maar die dokter het glad nie
bekommerd gelyk daaroor nie en sy het medikasie gekry om die vog te laat
verminder. Haar hart het ook vir 'n tyd lank stadiger as gewoonlik
geklop, maar dit het self weer reggekom.
Sy het
lank geslaap na die beenmurgoorplanting en so 5h se kant wakker
geword. Vir 'n paar minute het sy 'n bietjie deur die slaap gelyk en toe
begin lag!
Volgens
die dokter kan sy vir die volgende 10 tot 12 dae nog siek voel a.g.v. die
kombinasie van die beenmurgoorplanting en chemoterapie wat gegee is, wat koors,
naarheid ens. kan veroorsaak. Bid asb. saam dat sy nog steeds deur
God se genade wonderbaarlik goed sal voel. Dit behoort so vyf tot ses weke
te neem voordat daar gesien kan word of die selletjies versprei en die
beenmurgoorplanting suksesvol was. Ons bid en vertrou dat alles sal goed
gaan. Volgens een van die dokters, verwag hy dat sy na die beenmurgoorplanting
nog drie maande in die hospitaal (UCT) sal moet bly. Daarna behoort sy
ontslaan te kan word, maar hulle sal steeds in Kaapstad of daar naby moet bly
omdat sy vir 'n tydperk elke week een dag hospitaal toe sal moet gaan.
Bid asb.
saam dat Laraine wonderbaarlik vinnig en volkome genees sal word en dat
God haar steeds sal beskerm teen enige moontlike verdere newe-effekte.
Weereens
baie dankie ook vir elkeen wat finansieel bygedra het om te help.
Laraine se fonds groei steeds elke week en help baie met betalings wat
gedurig gemaak moet word. 'n Groot deel van die prosedure moet egter
nog betaal word en daarom hou ons aan om fondse in te samel om haar gesin
daarmee te help. Elke bydrae maak 'n verskil en ons is regtig baie
dankbaar daarvoor!
Net vir
ingeval gee ek ook weer die link na Laraine se website: http://www.larainebotha.org/
Dit sal
binnekort weer opgedateer word.
Julle is welkom om my enige tyd te kontak
met enige navrae.
Geniet die
res van die dag!
Groete, Janie
084 209 4664
Ons is aan die
vooraand van 'n baie belangrike algemene verkiesing in ons land. In sommige
gebiede in ons land is daar gretige afwagting op hierdie belangrike gebeure; in
ander gebiede is mense baie bekommerd oor intimidasie en geweld.
Ons doen 'n
beroep op ons regering en alle betrokke gesagsliggame wat betrokke is by die
beplanning en uitvoering van die verkiesing om alles moontlik te doen om te
verseker dat geweld en intimidasie aan bande gelê word en 'n vrye en regverdige
verkiesing kan plaasvind.
Ons doen 'n
beroep op politieke partye en almal aktief betrokke by die verkiesingsveldtogte
om hulle daarvan te weerhou om hulle ondersteuners aan te hits, hulle aan te
moedig om hulle opponente te respekteer en om vrye inligtingsdebatte oor hulle
beleide en die geskiktheid van hulle kandidate vir leierskap toe te
laat.
Ons doen 'n
beroep op die burgers van ons land om inligting te bekom oor die verskillende
partye en kandidate, noukeurig na verkiesingstoesprake te luister, asook na die
beleide wat aangebied word om onreg te herstel, korrupsie te bekamp, misdaad te
beveg, toereikende gesondheidsorgfasiliteite daar te stel, toereikende onderwys
te verseker, werksgeleenthede te skep, armoede te verlig en omgewingsbewaring
in die hand te werk. Dit is die reg en ook die morele plig van burgers om hulle
stemme uit te bring nadat hulle al die opsies wat aan hulle gebied is,
noukeurig oorweeg het.
Ons doen op ons
predikante in die gemeentes 'n beroep om daarop te wys dat die Christelike
geloof nie aan ons die reg gee om kandidate óf te demoniseer óf te vergoddelik
nie, en op die aanvoerders van veldtogte om hulle daarvan te weerhou om
Bybeltaal of -konsepte te gebruik wanneer hulle kandidate en hulle visies vir
die toekoms van ons land voorstel.
Suid-Afrika is 'n verklaarde konstitusionele staat. Die
onderskeie howe is daar om te waak daarteen dat selfs die regeerders nie die
grondwet en wette van die land ondermyn nie. Ons is bekommerd oor die
baie gevalle waar die gedrag van regeringsamptenare daarop dui dat hulle hul
verhewe bo die reg beskou en doen 'n beroep op politieke partye om hulle van
sulke praktyke te distansieer.
Ons is bewus
van die feit dat baie Suid-Afrikaanse burgers op stemdag tydelik buite die
landsgrense sal wees en doen 'n beroep op die regering en die Onafhanklike
Verkiesingskommissie om te verseker dat soveel moontlik van hierdie burgers in
staat sal wees om hulle stemme uit te bring.
Ons verbind ons
daartoe om oor hierdie kwessies te preek en te onderrig sonder om misbruik te
maak van ons kansels vir partypolitieke doeleindes en ons verbind ons daartoe
om vir ons land, sy leierskap en al sy burgers, die komende verkiesing en die
vorming van 'n nuwe regering te bid.
Mag God se seën
op Suid-Afrika rus!
Om verantwoordelik en met integriteit
se stem
Dr Michael Cassidy van NIRSA (National Inisiative for
the Reformation of SA) skryf:
During the
course of the NIRSA National Consultation in Boksburg, April 2008, Teresa
Conradie from Christian Lawyers Association presented a plan for a ‘Vote
South Africa Campaign’ which was to focus on the April 2009 elections
specifically to encourage all South Africans to vote responsibly, intelligently
and with their moral and spiritual faculties properly engaged. This is
particularly important for Christians whose faith obliges them to be
responsible and involved citizens in caring for their societies in terms of
biblical moral standards, Godly values, strong family commitments and deep
concerns for justice, particularly as these affect the poor and
marginalised. The Consultation agreed as reflected in the NIRSA
Declaration of Intent and its resolutions to support the Vote SA Campaign
unreservedly.
From this
position we are urging nationwide support, especially from the churches
of South Africa, for the Vote SA Campaign. A
brochure and info sheet (sien hieronder -
red) from Vote SA is attached for your information and response directly to
Nerene Grobler, the Project Co-ordinator. We encourage you to take
the time to look through the details of this project and also to encourage
everyone in your sphere of influence to participate along the lines as set
forth. To ensure that as many people as possible are influenced to
vote would you be willing to commit yourself to forwarding the information from
NIRSA/Vote SA through to your network or
constituency? We would appreciate an indication from you
whether you would be prepared to do so by return mail if possible to communications@nirsa.co.za
or directly to nerene@vote-sa.co.za .
What we do have to
avoid is the apathy and disengagement which can come when people become
disillusioned with the political processes or even with the people engaged on
the political side of a nation’s life. Some people, even believers,
having concluded that politics is basically a dirty game involving both corrupt
processes and people, back away from any political involvement of any
sort. They simply become hand-wringing spectators whose postures make
their probably already faltering democracies become weaker and weaker.
This is most unfortunate.
We urge all
responsible citizens to vote intelligently and on an informed basis with their
moral faculties and Christian understandings deeply engaged. This can
only strengthen our young democracy.
We need
to try and ensure by the way we vote that our elected officials are non racist,
non sexist and non tribal. They also need to be people whose utterances
manifest wisdom, discernment, discretion and even a tolerant ability to see and
hear the other side. Candidates who hold forth in the electoral process
with inflammatory or unintelligent rhetoric should be automatically
disqualified from the Christian vote. Our country has had enough of that
in the past and we cannot afford to slip back into that again, especially when
our social fabric remains as fragile as it is.
In the
present elections there are no straightforward choices for the Christian vote
and probably several viable options. Currently there are at least 15
political parties listed with the IEC. The names of some of the parties and
their contact or website details are listed below for your use. It is
critical that when deciding on which party to vote for a careful study of its
election manifesto and/or manifesto policy documents are studied. The manifesto
of a party will reflect its basic belief and value system which in turn will
determine behaviour and delivery of the party.
Christian
leaders particularly should be encouraged to help others study and reflect
deeply on the content of political utterances from different politicians.
What world view does the utterance reflect? What moral framework or sets
of values are evident in the political statements coming forth? What kind
of character inspires this or that kind of rhetoric?
Our Lord
went to the Cross for us. We must urge all Christians to begin their
reasoning from Calvary as they think of that Greater Cross when they place
their own cross on those ballot papers. This is indeed a crossroads election
for South Africa and the consequences of choices made at this time will echo
down the corridors of time as the future unfolds before us.
Yours in the
citizenship of South Africa but also the Greater Citizenship of Heaven
(Philippians 3:20).
Dr Michael Cassidy
(Chairperson of NIRSA)
Klik hier vir die brosjure
en informasieblad
Splinternuwe pamflet vir Paastyd van
die Christelike Lektuurfonds
Amanda Carsten, publikasiehoof by die christelike
Lektuurfonds, laat weet:
Die Christelike Lektuurfonds versprei ‘n
groot aantal gratis pamflette in verskillende tale. Dit handel oor baie aktuele
temas in die samelewing vandag, soos allerlei vorme van geweld, verslawing en
afhanklikheid, MIV en Vigs asook gesins- en jeugkwessies. Daar is pamflette met
die oog op toerusting van lidmate,
evangelisasie en troos vir mense in beproewing.
Met die oog op lydenstyd en Paasfees het
die Christelike Lektuurfonds het ‘n splinternuwe pamflet beskikbaar wat handel
oor die ware betekenis van Paasfees. Die pamflet, tans nog net beskikbaar in
Engels en Afrikaans, kan van die CLF bestel word.
Met die oog op die viering van Paasfees in
die Afrika konteks het daar by die CLF
ook ‘n nuwe boek verskyn met die titel: “Seven Words from the Cross”. Hierdie
publikasie is in samewerking met die Sokhanya Bybelskool ontwikkel. Dit is ‘n
handige hulpmiddel vir leiers en gemeentes, veral in die Afrika kerke waar Paasfeesvieringe
die hoogtepunt van die kerklike jaar vorm. Die boek kos R39.50.
Daar is ook ‘n katalogus van al die jongste
publikasies beskikbaar vanaf CLF. Vir meer inligting, kontak CLF by 021 873
6964 of stuur ‘n e-pos aan info@clf.co.za
Jean Greyling laat
weet dat dié Sendingskool se Maart-werkswinkel handel oor Kinders en Sending,
en op 14 Maart van 11:00 - 17:00 op die NMMU Missionvale Kampus plaasvind, by
die Sportsentrum. Besoekers en nuwe, voornemende studente, is welkom.
Gemeente benodig nagmaalkelkies - help
asseblief!
Carl Davis laat weet
dat hulle gemeente nagmaalkelkies benodig. Is daar dalk iewers ‘n gemeente wat
te veel kelkies, of ander nagmaalbenodigdhede het? Dan kan julle vir Carl
kontak by carl@lofos.org. Help asseblief!
Nuwe Hart
Stigting
Die Nuwe Hart Stigting beywer hom vir die herstel van norme en waardes in
gemeenskappe regoor ons land. Daar is alte dikwels `n diskrepansie tussen leer
en lewe, woord en daad. Dit is van ons almal waar. Ons kan egter nie daarmee
vrede maak nie en streef na sinergie wat net deur die Gees van God bewerk kan
word.
Tans is daar meer as 170
gemeenskappe wat aangedui het dat hulle hierin medewerkers wil wees. Dit
beteken meer as `n 1000 medewerkers. Gedurende die eerste helfte van hierdie
jaar fokus ons op eerlikheid as waarde en norm. Dit is uiters relevant vir die
tyd waarin ons leef.
· Gebruik Sondag (19 April) om die
implikasie van `n eerlike lewe saam met lidmate te verken.
· Moedig lidmate aan om daaroor te
praat binne hul eie daaglikse verwysingsraamwerk.
· Praat verder daaroor by
selbyeenkomste, kategese, ander geleenthede.
Die Nuwe Hart Publikasie (en
plakkaat) met uitnemende preekstof is in die pos. Kyk asb daarvoor uit in die
possak. Ons stuur graag genoeg eksemplare vir jou hele leierskap. Skakel gerus
daarvoor. ( 011 6652017). Moenie huiwer om navraag te doen nie.
- Jannie
Pelser emb@mweb.co.za www.kryjounuwehartdag.co
Besonderhede van padberade - April en
Mei 2009
Die jaarlikse
padberade vind vanjaar weer in ringsverband plaas. Dit is ‘n geleentheid waar ons saam, deur ’n
proses van geloofsonderskeiding, vra hoe ons by die Here se werk in ons
omgewings aansluit. Wat is God aan die
doen? Hoe kan ons Sy werk voltooi? Saam met die Here Jesus sê ons: “My voedsel
is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi”
(Joh 4: 34).
Bywoning
Die Sinodale
Kommissie versoek dat die volgende persone uit gemeentes vanjaar die padberade
bywoon:
▪ Dominees
▪ Skriba’s
en ander kerkkantoor personeel (daar is weer ‘n afsonderlike opleidingsessie
vir die skriba’s);
▪ Lede van gemeentes se Diensverhoudinge-kommissies en Predikante-ondersteuningskommissies
▪ Kerkraadslede
▪ Orreliste - vanjaar is daar ook ‘n
afsonderlike werksessie vir orreliste, aangebied deur ds Attie van Wyk van Cradock
(self ‘n orrelis van formaat).
Byeenkomste
|
Datum |
Ringe |
Plek |
Gemeente |
|
Maandag, 20 April |
Sondagsrivier Uitenhage Algoa |
Despatch |
NGK Bothasrus |
|
Dinsdag, 21 April |
Humansdorp Port Elizabeth Port Elizabeth-Wes |
Port Elizabeth |
NGK PE-Heideveld |
|
Woensdag, 22 April |
VERKIESING |
|
|
|
Donderdag, 23 April |
Cradock Graaff-Reinet |
Graaff-Reinet |
NGK Graaff-Reinet |
|
|
|
|
|
|
Maandag, 4 Mei |
Burgersdorp Dordrecht |
Barkly-Oos |
NGK Barkly-Oos |
|
Dinsdag, 5 Mei |
Oos-Londen Queenstown |
Stutterheim |
NGK Stutterheim |
|
Woensdag, 6 Mei |
Albanie |
Grahamstad |
NGK Albanie |
|
Donderdag, 7 Mei |
SINODALE KOMMISSIE |
|
|
Koste
Soos gewoonlik staan die
Sinodale kommissie in vir die koste van die leraars (etes en materiaal). Vir
elke ander persoon wat die beraad bywoon, verhaal ons die nominale koste teen
‘n bedrag van sowat R65.00 (vyf-en-sestig rand) per persoon. ‘n Amptelike kennisgewing word eersdaags aan
gemeentes gestuur, waarna julle kan inskryf.
Herfsskool
vir Aanbidding en Musiek
Ons herinner predikante, orreliste,
aanbiddingsleiers, begeleidingsgroepe en "bands" net weer aan die
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek wat op 17 en 18 April 2009 by die George
Moederkerk aangebied word. Die sluitingsdatum is: 20 Maart. Skryf asb.
onmiddellik in sodat ons kan weet of ons met die Herfsskool moet voortgaan.
Hierby ingesluit is die program van die Herfsskool en die inskrywingsvorms. Die
Herfskool word VBO geakkrediteer en predikante kan VBO-punte daarvoor verdien.
Enige navrae kan gerig word aan Ester Steyn by esters@ngkerk.org.za of 082
325 4088
(Ds. Jacques Louw, voorsitter ADGO se Projekspan vir
Musiek)
Vacant post : Lecturer,
Reformed Church in Zimbabwe
The Reformed Church in Zimbabwe (RCZ) is upgrading the
level of Theological training at its Murray Theological College (M.Th.C).
A vacancy
for a suitably qualified lecturer (female or male) in the subject of New
Testament (NT) rose because of this process.
Requirements:
Minimum academic requirement: B.Th. degree or higher
qualification awarded by a reputable institution of higher learning.
Congregational experience in a Reformed/Presbyterian
context is preferable.
Theological teaching of NT would be an added
advantage.
Applicants need to provide proof of valid membership
of and good standing in a local Reformed/Presbyterian congregation.
Applications:
Interested parties are invited to submit a CV and
relevant documentation to:
Application NT at M.Th.C
General Secretary
Reformed Church in Zimbabwe
P 0 Box 670
MASVINGO
Zimbabwe
Email: rczsynod@comone.co.zw
or chrismany@hotmail.com
NB. All applications received by 30 April 2009 will be
considered. Short-listed applicants will be contacted by 31 May 2009 with full information
regarding the package offered, additional documentation, interview dates etc.
David Higgs bring hierdie onder ons aandag….
A wealthy man and his
son loved to collect rare works of art. They had everything in their
collection, from Picasso to Raphael. They would often sit together and admire
the great works of art.
When
the Vietnam conflict broke out, the son went to war. He was very courageous and
died in battle while rescuing another soldier. The father was notified and
grieved deeply for his only son.
About a
month later, just before Christmas, there was a knock at the door.
A young man stood at the door with a large package in his hands.
He
said, 'Sir, you don't know me, but I am the soldier for whom your son gave his
life. He saved many lives that day, and he was carrying me to safety when a
bullet struck him in the heart and he died instantly. He often talked about
you, and your love for art.' The young man held out this package. 'I know this
isn't much. I'm not really a great artist, but I think your son would have
wanted you to have this.'
The
father Opened the package. It was a portrait of his
son, painted by the young man. He stared in awe at the way the soldier had
captured the personality of his son in the painting. The father was so drawn to
the eyes that his own eyes welled up with tears. He thanked the young man and
offered to pay him for the picture. 'Oh, no sir, I could never repay what your
son did for me. It's a gift.'
The
father hung the portrait over his mantle. Every time visitors came to his home
he took them to see the portrait of his son before he showed them any of the
other great works he had collected.
The man
died a few months later. There was to be a great auction of his paintings. Many
influential people gathered, excited over seeing the great paintings and having
an opportunity to purchase one for their collection.
On the
platform sat the painting of the son. The auctioneer pounded his gavel. 'We
will start the bidding with this picture of the son. Who will bid for this
picture?'
There
was silence.
Then a voice in the back of the room shouted, 'We want to see the famous
paintings. Skip this one.'
But the
auctioneer persisted. 'Will somebody bid for this painting? Who will start the
bidding? $100, $200?'
Another
voice angrily. 'We didn't come to see this painting. We came to see the Van
Gogh's, the Rembrandts. Get on with the Real bids!'
But still the auctioneer continued.
'The son! The son! Who'll take the son?'
Finally,
a voice came from the very back of the room. It was the longtime gardener of
the man and his son. 'I'll give $10 for the painting..' Being a poor man, it
was all he could afford. 'We have $10, who will bid $20?'
'Give
it to him for $10. Let's see the masters.'
The
crowd was becoming angry. They didn't want the picture of the son. They wanted the more worthy investments for their collections. The auctioneer pounded the gavel. 'Going once,
twice, SOLD for $10!'
A man
sitting on the second row shouted, 'Now let's get on with the collection!'
The
auctioneer laid down his gavel. 'I'm sorry, the auction is over.'
'What
about the paintings?'
'I am
sorry. When I was called to conduct this auction, I was told of a secret
stipulation in the will. I was not allowed to reveal that stipulation until
this time. Only the painting of the son would be auctioned. Whoever bought that
painting would inherit the entire estate, including the paintings.
The man
who took the son gets everything!'
God
gave His son 2,000 years ago to die on the cross. Much like the auctioneer, His
message today is: 'The son, the son, who'll take the son?'
Because,
you see, whoever takes the Son gets everything.
Ian Venter is ‘n
opkomende jong kunstenaar van Oos-Londen. Hy vertel die volgende verhaal:
In Desember verlede jaar het ek 'n ervaring gehad wat God
aan Sy kinders belowe. Die wat regtig glo dat Hy wonderwerke in ons lewe kan
vermag , is die wat dit ervaar! Dat ons in elk geval net die instrument is
waardeer God Sy almag openbaar!
Ek het die dag
by vriendin gaan kuier wat op Geestelike gebied haar bes probeer om God te
dien. Terwyl ons so lekker gesels , sê sy vir my dat sy 'n verdikking voel in
haar keel en nekgedeelte. Dat dit kom en gaan. Sy het gesê dat sy nie bang voel
nie , want sy is nie bang vir doodgaan nie. 'n Paar jaar gelede sy kanker
onderlede gehad , maar die Here het haar daarvan bevry.
Ek het oorkant
haar gesit , by die venster uitgestaar en in my gedagtes met die Here begin
praat. Ek het vir Hom gesê dat ek glo dat hy op hierdie oomblik die verdikking
kan laat verdwyn ; in die naam van Jesus Christus vra ek dit ; nie omdat ek dit
verdien nie, maar omdat ek weet dat U kan genees , as dit U wil is.
Die Heilige
Gees het oor my gekom en ek het die bevestiging gekry dat God vandag Sy krag
gaan openbaar. Ek het opgestaan ek na haar geloop, gevra waar die verdikking is
,en dit met my vingers aangeraak. Ek het die Here toe beveel om die verdikking
weg te vat , natuurlik as dit Sy wil is , ek het die Gees weer ervaar en gevoel
hoe die verdikking stelselmatig onder my vingerpunte verwyn. Die gevoel is
onbeskryflik.
My hart was vol
blydskap , want God het my gebed verhoor. Ek het nie vir haar gesê dat ek
eintlik die heeltyd met God in gesprek was nie. Dit het die Dinsdag gebeur.
'n Hele week
het verbygevlieg toe ek op 'n Donderdag haar weer besoek het. Na 'n lekker
geselsie val sy my in die rede en vra : " Ian , toe jy verlede week hier
was , het jy miskien vir my gebid?"
Ek was
onmiddellik aangedaan en het geglimlag met die woorde : "Ja , ek het.
"
Hoekom ? vra
ek. En sy antwoord: " Want die knop is weg. Ek het 'n warmte ervaar wat
deur my hele lyf gegaan het." Ons was albei woordeloos. Ons het die
gebeurtenis probeer verduidelik en die Here geloof. Die dankbaarheid en
opgewondenheid het totaal van ons beheer geneem!
Na hierdie
aangeleentheid koester ek gebed as die belangrikste wapen in my lewe. Jy kan
enige denkbare probleem troef met die krag wat gebed inhou.
En al het die
knop net vir 'n dag weggegaan en weer teruggekom , kan ek met alle oortuiging
sê: Dit wat onder my vingerpunte plaasgevind het , is Goddelik!
Alle eer aan
Koning Jesus!!
Ian Venter
Sinodale Kommunikasie