Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 5 - 19 Februarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Sinethemba
: VGK en NGK Gemeentes bring hoop vir gestremde kinders
Hoe
die NG Kerk betrokke kan wees by die Węreldsokkerbekertoernooi in 2010
Afvalpapier: geleentheid vir ‘n ekstra geldjie
The Living Dead & The Living God : Oor
voorvaderverering
Heartlines bied Hopeville op SABC2 aan
Hoë plek in Cope vir
bekende kerkman
Leraars:
Geleenthede vir VBO (Voortgesette Bedienings-Ontwikkeling)
NG Gemeente Rietfontein-Noord : Vakature vir
Voltydse Jeugleraar
Roelof
Nel: nuwe sendelinge in Zimbabwe
Nuut in ons sinodale foto-album
Pregnancy,
Estrogen, and Women
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, dan plaas ek dit graag op ons blad.
Sinethemba : VGK en NGK Gemeentes bring
hoop vir gestremde kinders
Ds Willem Botes, leraar van die NG Kerk Mthatha en die
VGK Coligny vertel hierdie wonderlike verhaal:
Toe Mev. Felecia Twantwa die Sinethemba Sentrum vir Spesiale
Vaardighede wat kinders met verstandelike gestremdheid help, in 2003 begin het,
het sy besef dat sy al haar hoop en vertroue op God moet plaas. Sy was bereid om alles – haar lewe en
inkomste op te offer en slegs op God te vertrou om hierdie kinders te kan
help. Haar leuse het geword: “Ons het hoop, God sal voorsien vir die
kinders.” (Die Xhosa woord “Sinethemba”
beteken “Ons het hoop.”)
Aanvanklik het sy ’n huis gehuur in Ngqeleni in Transkei. Toe die eienaar die huis verkoop, het die
plaaslike hoofman 5 hektaar grond beskikbaar gestel waarop sy en die kinders
die drie-kamer “Pienk huis” van sinkplate gebou het.
Dit was in 2006 tydens ’n Kerkraad vergadering van die NGK Mthatha
gemeente, dat ek die eerste keer van Sinethemba gehoor het omdat die gemeente
toe reeds hulp aan die projek gegee het.
Met ’n besoek daar, het die Here my oortuig om meer betrokke te raak en
so is die samewerkingsprojek tussen die NGK Mthatha en die VGK Decoligny begin
om vir hierdie kinders te help.
Na talle pogings om hulp van die Regering te kry, om vir hulle ’n ordentlike
blyplek te bou, misluk het, is daar tydens ’n besoek van die Decoligny
Ondersteuning Vennootskap (DOVE) in April 2007, besluit dat die twee gemeentes,
saam met DOVE, die taak aanvaar om vir hulle ’n blyplek te bou.
Daar is baie gebid en ons het besef dat ons op God alleen ons vertroue
en hoop moet plaas om hierdie groot taak aan te pak en deur te voer. Die projek is bekendgemaak deur Decoligny se
Gebedsbriewe wat weekliks per epos uitgestuur word. Albei gemeentes het diep in hul finansiële
kas gegrawe om die nodige fondse te begin bymekaarmaak. Van oral, letterlik van oor die węreld, het
mense hul harte en beursies oopgemaak om die projek te ondersteun. Bydraes het gewissel van R50.00 tot
R100,000.00
Vanuit talle kante het praktiese hulp ingestroom: ’n Bouer bied sy
dienste gratis aan, ’n argitek teken gratis die planne vir die gebou. Mense gee voertuie om materiaal te vervoer,
maatskappye gee reuse afslag op boumateriaal.
Lidmate van Mthatha en Decoligny gemeentes, lidmate van ondersteuners gemeentes,
studente van die Transkei Werkers Aksie (TWA) van die Universiteit van
Stellenbosch, gee hulleself en hul tyd om te kom help met die bouwerk. So kan baie stories vertel word van hulp wat
gegee is om Sinethemba huis te bou.
Gedurende die Maart vakansie van 2008 word die fondamente gegooi en
uitgebou en die vloer van 510 vk. m. word binne 5 dae gegooi.
Gedurende 10 dae van die Junie – Julie 2008 vakansie, word die mure
gebou en ’n deel van die dak opgesit
deur ’n groep van 121 vrywilligers.
Behalwe die bou van die huis, is die terrein omhein en ’n vrugteboord
aangelę, waar daar ook tuin gemaak sal word vir groenteverbouing deur die
kinders.
Gedurende die September 2008 vakansie word verder gewerk: plafonne word
geslaan en werk aan die binnehof word gedoen.
Vrywilligers het weer kom werk in Oktober 2008 om die gebou te verf,
terwyl ander gehelp het met die elektrisiteit asook ablusie geriewe.
Met God se hulp en genade, word die gebou so ver voltooi dat die kinders
na die opening van die gebou op 8 November 2008, kon intrek in hul eie nuwe
huis. Die gebou beslaan ’n totaal van
690 vk. m. wat bestaan uit slaapsale vir seuns en dogters, slaapkwartiere vir
personeel, ablusie geriewe, ’n kombuis, eetsaal, klaskamers, kantoor en
vertoonkamer vir hul kralewerk.
Die gebou maak voorsiening vir 52 verstandelik gestemde kinders,
waarvan ’n paar ook fisies gestremd is.
Hier kan hulle nou met groot liefde en geduld basiese geletterdheid
geleer word. Verder word hulle praktiese
vaardighede soos tuinbou en die versorging van diere geleer. Die Here het hulle geseën met besonderse
vermoëns om kralewerk te doen wat verkoop word vir fondse om kos en ander
benodigdhede aan te koop.
Ons beplan om binnekort ’n Borg ’n Kind Projek te loods om die geringe
bydraes wat die families gee, aan te vul, sodat daar voldoende fondse kan wees
om die daaglikse uitgawes te kan dek.
Hierdie gesamentlike projek tussen die gemeentes en vrywilligers het
ons meer van God geleer; ons het geleer wat hoop en vertroue op God is, ons het
meer van mekaar geleer, ons het op ’n praktiese manier geleer om saam te werk
en ons het geleer om God te dank vir wat ons alles in die lewe het.
Die twee gemeentes, NGK Mthatha en VGK Decoligny reik saam uit na
kinders in die gemeenskap wat dikwels weggegooi word deur hul families omdat
hulle verstandelik gestremd is. Vanuit
hierdie gesamentlike projek tussen die twee gemeentes, het die projek gegroei
tot ’n gemeenskap projek, waarby die Transkei Primęre Skool, asook verskeie
organisasies van Mthatha, nou betrokke geraak het.
Met hierdie samewerkingsooreenkoms tussen die NGK Mthatha en die VGK
Decoligny, ten opsigte van Sinethemba, glo ons dat ons doen wat die Here van
ons verwag, naamlik om gesamentlik in Sy Naam uit te reik na ander en Hom so te
verheerlik.
Julle kan ook na foto’s van hierdie projek kyk deur die verhaal op ons webblad te
lees.
Węreldbiddag vir vroue vind plaas op Vrydag 6 Maart 2009 en die
tema is: In Christus is daar baie lede met slegs een liggaam. Hierdie jaar word daar
gefokus op die vroue van Papua New Guinea.
Meer
informasie is by die sinodale kantoor beskikbaar. Skakel Nellie Westraadt by
041 365-3159.
Hoe die NG Kerk betrokke kan wees by
die Węreldsokkerbekertoernooi in 2010
Ds Willie van der Merwe, van die Algemene Sinodale
Taakspan vir Diensgetuienis, skryf die volgende:
1. INLEIDING
Daar heers oral groot
verwagtings van die 2010 FIFA Węreldbeker sokkertoernooi wat vanaf 11 Junie -
11 Julie 2010 in Suid-Afrika gespeel word.
Die toernooi is so beplan dat daar in feitlik al die provinsies van Suid-Afrika
wedstryde gespeel gaan word. Dit word
selfs verwag dat daar ‘n oorspoeleffek na die buurlande kan wees aangesien
mense ook die toerisme aantreklikhede van daardie lande sal wil insluit in
hulle besoek aan Suid-Afrika.
Een van die verwagtings is ‘n groot
toestroming van mense: Spelers en hulle ondersteuningspersoneel,
sokkergeesdriftiges en mediapersoneel.
Oral in die land is groot voorbereidings aan die gang om almal te kan
vervoer en te kan huisves. Naas die verwagte ekonomiese voordele van die
sokkertoernooi is die ervaring van vorige toernooie egter dat daar ook
negatiewe aspekte is. Dit kan verwag
word dat prostitusie en kinderprostitusie asook ander misdaad kan toeneem.
Vir die kerk bied dit ‘n wonderlike
geleentheid om die evangelie van Jesus Christus te verkondig en Sy liefde en
omgee aan baie mense te bedien. Die
Algemene Sinode (2007) het die Algemene Diensgroep vir Diens en Getuienis
versoek om riglyne aan gemeentes, ringe en sinodes te voorsien hoe die kerk by
die WB 2010 sokkertoernooi betrokke kan wees.
2. DIE AARD VAN DIE TOERNOOI
Dit is belangrik om te
onthou dat FIFA die eienaar van die toernooi is en hierdie organisasie bepaal
die raamwerk waarvolgens die toernooi aangebied word. Dit is nou reeds duidelik dat FIFA streng
reëls het oor aktiwiteite wat naby rondom die wedstrydstadions en die punte
waar die TV uitsendings gesien kan word, kan plaasvind. Dit kan het ‘n beperkende uitwerking hę op
die programme wat die kerk beplan asook op die manier waarop die planne
uitgevoer kan word.
Daar is ’n wye netwerk van komitees en
strukture betrokke by die bepaning van die gebeurtenis byvoorbeeld: ‘n Nasionale reëlingskomitee wat saam met
FIFA die toernooi beplan en die reëlings koördineer. Dan is daar is verskillende sektore ook
komitees en beplanningsgroepe byvoorbeeld in Staatsdepartemente soos Vervoer,
SA Polisiedienste, Maatskaplike Ontwikkeling, ens. Naas die nasionale komitee is daar ook
provinsiale en plaaslike komitees.
Vanweë die aard van die toernooi is die organisering en koördinering ‘n
baie komplekse netwerk.
Dit blyk dat daar nie ‘n nasionale,
oorkoepelende netwerk of forum is wat die Godsdienssektor of kerke se belange
behartig nie. Kerke het of hulle eie
komitees of is deel van ekumeniese netwerke.
Die enigste nasionale forum is die South African Sports Coalition
(SASCOL) wat vanuit ‘n kantoor op Stellenbosch bedryf word.
3. NASIONALE PROJEKTE
Nasionale Kerklike Projekte
Die Algemene Diensgroep
vir Diens en Getuienis het om verskeie redes geoordeel dat dit nie sinvol is om
‘n nasionale projek waarby al die sinodes en gemeentes inskakel, te beplan nie,
maar dat projekte eerder op sinodale en plaaslike vlak beplan behoort te
word. Daar is reeds sinodes wat
taakspanne in die verband begin het. Die
rol van die ADD is om inligting van nasionale komitees en beplanning aan
sinodes te voorsien.
SASCOL Projekte
Die South African Sports
Coalition (SASCOL) beplan verskeie projekte om kinders en jongmense deur middel
van sokkerafrigting en sokkertoernooie te bereik. Hulle is tans besig met opleidingsessies
landwyd om gemeenteleiers en kerke in te lig en voor te berei vir hierdie
projekte. Inligting hieroor is reeds met
die instemming van die ADD kantoor deur SASCOL se kantoor aan sinodes gestuur. Ons wil gemeentes aanmoedig om hierdie
sessies te probeer bywoon om sodoende ’n indruk te kan kry hoe om SASCOL se
projekte in te skakel.
Die Verenigde Diensgroep vir Diens en
Getuienis van die NG Kerkfamilie (Algemene Sinodale verband) word deur ds
Victor Pillay by SASCOL verteenwoordig en ds Tinus Grobler is die
sekundus. Mev Sandra Jordaan van die
SASCOL kantoor is veral gemoeid om met die NG Kerk te skakel. Haar kontakbesonderhede is: +27 (0) 21 8874197,
sandjor@mweb.co.za
Verdere inligting oor
SASCOL projekte is beskikbaar op die volgende webblaaie:
www.iscislt.com / www.alict.org / www.ubabalo2010.com / www.thekidsgames.com / www.scas.co.za
Bybelgenootskap
Die Bybelgenootskap
beplan ook ‘n nasionale projek wat die verspreiding van Bybels en literatuur
behels. Meer besonderhede van hierdie
projek is by die Bybelgenootskap beskikbaar.
4. PLAASLIKE PROJEKTE
Gemeentes word aangemoedig
om plaaslik by ekumeniese netwerke wat reeds mag bestaan in te skakel of indien
daar nie sulke netwerke is, leiding te neem om daarmee te begin. Dit kan ook goed wees om by die plaaslike
owerheid vas te stel watter komitees daar reeds is. In sommige plaaslike owerhede is daar reeds
komitees wat graag die godsdienssektor wil betrek.
Moontlike projekte op plaaslike vlak kan wees
Dienslewering soos
inligtingssentrums wat besoekers help met ‘n verskeidenheid van sake soos waar
kerke beskikbaar is, maatskaplike werkers, gesondheidsdienste, ensovoorts.
Evangelisasieprojekte
soos literatuurverspreiding, persoon-tot-persoon evangelisasie, koffiekroeë,
spesiale multikuturele eredienste, gebedsveldtogte, ensovoorts.
Omgee-aksies soos
uitreike na kinders op straat, sekswerkers, bedelaars, ensovoorts.
Oos-Kapenaars is ook bevoorreg om dr Mike
Muller te hę wat ons direkte skakelpersoon met hierdie projek is. Mike het
reeds alle ringe besoek en die nodige informasie gedeel.
Bybel-Media vereer Malan Nel
A Faithful Witness – essays in
honour of Malan Nel. Met
dié boek onder die redaksie van prof Hennie Pieterse en dr Christo Thesnaar,
het Bybel-Media pas vir prof Malan Nel vereer vir sy jare lange bydrae tot die
kerk en teologie in Suid-Afrika. Die boek word gekenmerk deur kort, kragtige
bydraes deur vooraanstaande Suid-Afrikaanse en internasionale teoloë. Die stem
van enkele minder bekende jong Suid-Afrikaanse teoloë word ook gehoor. Lees
meer hieroor op www.bybelmedia.co.za.
Die boek is vir so
min as R150-00 eksklusief by Bybel-Media beskikbaar.
Wen 'n boekprys in die jongste Kerkbode: 20 Februarie
* Wen 'n boekprys!
Die eerste ses lesers wat hulle naam pos of e-pos, wen elk 'n kopie van Die Groot Avontuur van Leon Rousseau
(wenner van die beste nie-fiksie-prys van Naspers in 2007).
Rousseau skryf boeiend oor Charles Darwin se betekenis en
nalatenskap vir gelowiges in: Evolusieteorie
bly oop vir nuwe insigte. Darwin - wat vandeesmaand 200 jaar gelede op
12 Februarie 1809 gebore is, se evolusieteorie het al vir talle heftige
debatte in die Christelike kerk gesorg.
Lees verder in Kerkbode
* Teologiese fakulteite gereed vir nuwe jaar. Die Bybel as
ononderhandelbare vertrekpunt, maar met inagneming van God se onbegryplike
misterie. Dít is min of meer die gees waarin die drie teologiese fakulteite
waar NG Kerkpredikante opgelei word hulle akademiese jaar geopen het.
* Is die kerk gerat vir 2010? Die Węreldbeker-sokkertoernooi
2010 bied die grootste geleentheid ooit vir die kerk in Suid-Afrika en Afrika.
Is die kerk gerat hiervoor?
* Leraar en gade: twee vir die prys
van een? Ons verwag dit nie van gemeentelede nie, hoekom van die
eggenote van ’n predikant verwag om leiding in die gemeente te neem?
* Lees
dit alles en nog meer in die nuutste Kerkbode
– vandag se kerkkoerant vir vandag se kerkmense.
LIG – jóú Afrikaanse Christelike
gesinstydskrif: Maart 2009
* Lindie van Eeden gaan die lewe ligvoets,
biddend en gelowig tegemoet en Liezel van der Westhuizen borrel behoorlik oor
haar nuwe beroep as aanbieder van die Idols-reeks
op M-Net. LIG – opgewek, op en top, oopkop!
* Vir die gesinne:
Lees oor tienerswangerskappe, kinders se verslawings, die kind wat blý vergeet
en witbroodjie en swartskaap wat maar ewe swaar kry.
* Lees ook oor hoe om in 'n krisis op te tree,
die waarheid oor vitamiene, vroue in die kloue van kuberseks en ontnugterde
gelowiges wat al hoe meer hulle rug op die kerk draai.
Kruisgewys
Die Februarie-uitgawe
van Kruisgewys is propvol
interessante artikels wat op bedieningsontwikkeling
fokus.
Noudat die A-Z-beleid
vir die bediening 'n werklikheid word, wil dié uitgawe help vreugde bring en
moed gee vir die bediening. Dit bevat lusmakertjies van die talle kursusse vir
verdere bedieningsontwikkeling wat by die drie teologiese fakulteite geloop kan
word.
Aan elke predikant
(Hervormde Kerk en Afrikaanse VGK-gemeentes ingesluit) is ’n eksemplaar van Kruisgewys met inligtingspamflette oor
VBO-kursusse na sy of haar kerkkantooradres gepos. Dis vir Bybel-Media 'n voorreg om saam met die
Gemeentedienste-Netwerk (GDN) só direk by die voortgesette ontwikkeling van
kerkleiers betrokke te wees.
As die pos te stadig
is, besoek Bybel-Media se tuisblad www.bybelmedia.co.za
en laai ’n kopie daar af!
Woema vir die bediening!
Ons sluit ’n lusmakertjie by hierdie uitgawe van Kruisgewys in. Dis ’n kort animasie-CD oor die nuwe Rimpelsprogram vir gemeenteleiers.
Laasgenoemde is niks minder as ’n gereedskapskissie om predikante te help om
hoë dosisse energie in hulle bediening te sit.
Wat is die Rimpelsprogram?
* Die program is ontwikkel vir predikante,
deur predikante. (In eenvoudige taal, vir moeë karperde, deur moeë karperde.)
* Dit dek alle fasette van die bediening.
* Dit verskaf praktiese prosesse en
bedieningsgereedskap.
* Die
belangrikste hiervan is: Dit help lidmate bemagtig, sodat hulle sáám aan die
gemeente-kar trek.
* Dit gee toegang tot preke met grafiese
aanbieding.
* Die gebruiker kwalifiseer ook om aansienlike
afslag op die jongste geestelike boeke, CD’s en DVD’s te kry. Ens, ens.
Vet pret
Die kort animasie-CD
sal jou ’n vinnige oorsig oor die hele Rimpelsprogram gee. Die CD duur skaars
vyf minute en is super koel, volgens mense wat dit reeds gesien het. Dit word
vergesel van 'n 24-bladsy-handleiding. Vergewis jouself van die inhoud van die
Rimpelsprogram.
Inligting, Navrae en
Diensverskaffing:
Skakel
0860 26 33 42
* Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za.
* Of koop direk met jou kredietkaart op die
webtuiste: www.bybelmedia.co.za.
Groete uit 'n pragtige
Wellington.
Hans Steyn
Hoof: Bemarking en Fondswerwing
E-pos: hans@bmedia.co.za Tel: 021 864 8223
Afvalpapier: geleentheid vir ‘n ekstra
geldjie
Daar vloei ‘n stroom
papier uit feitlik elke huishouding. Van koerante tot melkkartonne, van
posadvertensies tot gratis tydskrifte en gemeenskapskoerante.
Hierdie afvalpapier het waarde. Het julle
al ooit daaraan gedink om ‘n houer (sommer ‘n grote) by die kerk te plaas waar
lidmate hul afvalpapier kan plaas. Mens reël dan met die maatskappy in jou
omgewing (daar is waarskynlik een) wat afvalpapier versamel vir hergebruik.
“Dit”, sę Chrisna van der Merwe van Communitas in Stellenbosch, “bring ‘n
ekstra geldjie in wat mens op baie maniere kan gebruik”. In Communitas (voorheen Buvton) se geval bring
personeel afvalpapier van die huis af, en gaan die kantoor se afvalpapier ook
in die houer. Met dié ekstra geldjie word blomme by geleentheid gekoop, of
selfs ‘n koffiemasjien. En wat nog alles.
Dit klink na ‘n blink plan vir
gemeentes! Herwinning van papier is goed
vir die omgewing. Die evangelie in
groen.
The Living Dead
& The Living God : Oor voorvaderverering
African Enterprise Leadership
Training Centre bied ‘n besondere konsultasie onder leiding van prof Klaus
Nürnberger aan - van 31 Maart tot 2
April 2009, koste R650:
Ancestor
veneration, belief in spirits and traditional approaches to healing play a
significant but often unacknowledged role in African churches. In an important
recent book, Professor Klaus
Nürnberger, one of South Africa’s leading theologians, argues that,
‘because such beliefs are usually hidden or repressed, they are causing agonies
of conscience and theological confusion among lay members and church leaders
alike.’ AELTC is pleased to host this three day consultation, led by Professor
Nürnberger, in which participants will together seek means and principles by
which the church can make clear distinctions between Christianity, African
traditional religion, and culture, while at the same time developing a faithful
African Christianity. The cost of this course is R650.00 (including
accommodation and meals) or R350.00 for day participants (including meals and
refreshments). Early registration is essential.
Heartlines bied Hopeville op SABC2 aan
Vanaf 3 Maart vertoon Heartlines weer oor ’n tydperk van ses
weke 'n reeks, Hopeville, wat verskillende waardes dra. Dit word vertoon
op SABC 2 om 19:30 saans. In aansluiting hierby, gaan preeksketse vir ses
Sondae uitgewerk word. Ook gaan hulle Bybelstudie oor Nehemia (wat opgestel is
vir onder andere kleingroepe om saam met hierdie reeks te loop), en wat tans
net in Engels gepubliseer is, elektronies in Afrikaans beskikbaar gestel word.
Vir navrae, kontak Chris Jones 021 808 3624.
(Met dank vir die informasie aan Vrydagnuus,
e-nuusblad van die NGK Wes- en Suid-Kaap.)
Hoë plek in Cope vir bekende kerkman
Burger, 18/02/2009
NEELS JACKSON ;
Pretoria. – Eerw. Mvume Dandala, een van die mees gerespekteerde kerkleiers in Suid-Afrika,
gaan die kansel vir ‘n leiersrol in Cope verruil. Dandala was vroeë r leier van
die Metodistekerk in Suid-Afrika en president van die Suid-Afrikaanse Raad van
Kerke, voordat hy die afgelope vyf jaar in Nairobi gewerk het as hoofsekretaris
van die All African Conference of Churches. Hy het pas na Suid-Afrika
teruggekeer en dit was nog nie duidelik watter rol hy hier sou speel nie. Een
van die moontlikhede waaroor onderhandel is, is dat hy ‘n teologiedosent aan
die Universiteit van Pretoria sou word. ‘n Bron het gister bevestig hy is deur
Cope genader om by hulle aan te sluit “in ‘n kernrol as leier, moontlik
presidentskandidaat” . Dandala het blykbaar reeds uit al sy kerklike poste
bedank en by Cope aangesluit. Met dié stap volg hy in die voetspore van biskop
Stanley Mogoba, sy voorganger as leier van die Metodistekerk, wat die kansel
vir die politiek verruil het. – Neels Jackson
Leraars: Geleenthede vir VBO
(Voortgesette Bedienings-Ontwikkeling)
In die onmiddellike
toekoms vind die volgende twee VBO-geleenthede vir predikante in Port Elizabeth
plaas:
* VBO-Week
1 - Prof Jurgens Hendriks oor Missionęre Gemeentes en dr Roelf Opperman oor
die Induksie-proses:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/Brosjure_VBO_Week_1-2009.pdf
* Opleiding
vir leraars om die lidmaatbemagtigingkursus rondom prediking en pastoraat aan
te bied:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/Brosjure_Toerusting_Opleiers_Pred-Past_Maart_2009.pdf
NG Gemeente
Rietfontein-Noord : Vakature vir Voltydse Jeugleraar
Rietfontein-Noord is ’n voor-stedelike gemeente in Pretoria. Die lidmaattal bestaan uit 322 doop- en 1108
belydende lidmate. Die geskikte kandidaat
sal vir ’n termyn van 3 jaar aangestel word.
PROFIEL:
Die geskikte kandidaat is ’n geordende leraar met ‘n passie en ’n gawe om
kinders en jongmense te bedien. Hy/sy
werk maklik in spanverband saam en beskik oor die vermoë om die Evangelie kreatief
en dinamies in die idioom van jong mense aan te bied. Verkieslik sal die ideale kandidaat nie ouer
as 30 jaar wees nie.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Ons verwag dat die jeugleraar verantwoordelikheid sal aanvaar vir die:
* Skoolgaande jeug d.m.v.
kinderkerk, jeugdiens en vakansieprogramme
* Pastorale versorging van kinders
in gesinsverband;
* Na-skoolse jongmense
* Jong-getroudes en enkellopendes
VERGOEDING:
Vergoeding volgens Sinodale riglyne en word op ’n totale koste tot die
gemeente, benader. Behuisingsvoordeel
word ingesluit.
AANSOEKE:
Persone wat op hierdie uitnodiging wil reageer kan die voorgeskrewe
aansoekvorm aanvra. Die vorm, vergesel
van ‘n CV van hoogstens 2 bladsye, moet teruggestuur word na:
24ste Laan 800,
Rietfontein, 0084; berdine@ngkrn.co.za; Faks: 086 6226425
Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en psigometriese toetse.
SLUITINGSDATUM: 20 Maart 2009
NAVRAE:
Kerkkantoor: Berdine
Spangenberg Tel. (012) 3313253 of 072 2064509
Diensverhoudinge: Sonia Pienaar Tel. (012) 3322740
Leraar: Francois
Naude Tel. 084
8608000
Roelof Nel: nuwe sendelinge in Zimbabwe
Marlene
Malan, Rapport 15 Februarie 2009:
Veertig rand. Dis wat die
Shona-teologiedosent van die sendingstasie en teologieskool Morgenster naby
Mavingo in Zimbabwe elke maand huis toe neem.
Sy
doktorsgraad, wat hy onlangs aan die Universiteit van Stellenbosch (US) verwerf
het, beteken geldelik byna niks.
Die skool
se sekretaresse verdien vier keer minder – maandeliks ’n bedrag gelykstaande
aan net R10.
Ds.
Roelof Nel (25), wat onlangs aan die Universiteit van Stellenbosch (US)
afgestudeer het en nou die Nuwe Testament by Morgenster doseer, het op 11
Januarie in sy Zimbabwiese Mazda-stasiewa die pad uit sy tuisdorp,
Somerset-Wes, hierheen gevat.
Die reis
was vier dae lank, hy het drie uur lank by die Beitbrug-grenspos deurgebring en
dit het hom Z$ 44 miljard (sowat R1 176,13) gekos om sy skootrekenaar in te
voer.
Die stasiewa
was volgepak met voorraad wat die NG Kerk gestuur het: handdoeke, gasbottels,
petrolkanne, flitse, watersuiweringstablette, mediese voorraad, duursame klere,
blikkieskos “en die orige spasie is die laaste dag gevul met kruideniersware en
brode”.
Nel, wat
tuisgaan by die prinsipaal van die kollege, ds. Henry Murray, en sy vrou,
Susan, sę ná drie weke pas hy aan en hy het al selfs die “cholera-handskud”
aangeleer.
“Dis ’n
groet waar albei mense net vlugtig die buitekant van hul onder-arms aan mekaar
laat raak.”
Morgenster
lę halfpad tussen Beitbrug en Harare, sę Nel.
“Dis
omring deur asemrowende groen valleie en granietkoppies so ver die oog kan
sien.”
Die
sendingstasie is in 1891 opgerig en daar is ’n opleidingskollege van die
Reformed Church in Zimbabwe. Dit is ’n kollege wat die afgelope 75 jaar
ontwikkel het tot ’n opleidingsentrum vir kerkleiers van Zimbabwe.
Daar is
’n hospitaal, wat ook verpleegsters oplei, ’n oogkliniek, ’n skool vir dowes en
’n hoër en laer skool.
Die
stasie word ook gesteun deur die Wes-Kaapse NG Kerk en die Gereformeerde
Zendingbond van Nederland.
“Daagliks
besef ek die verskriklike swaarkry van mense te midde van ’n uitmergelende
hongersnood en armoede.”
Dit was
’n moeilike besluit om te kom, sę hy.
Nel sę sy
hele lewe het verander.
“Toe ek
my twee jaar gelede uit die studenteraadsverkiesing onttrek het as
voorsitterskandidaat om meer op die teologie te fokus, het ek mense
teleurgestel. Ek het dit gedoen omdat ek iets groter gesoek het waarvoor ek my
lewe kan gee. Ek dink ek het nou in die regte rigting begin stap.
“Ek het
gekom om te leer van die kerke in Afrika, spesifiek Zimbabwe.
“Die
kerke hier is die laaste jare deur ongelooflike swaarkry gevorm. Ek is
oorweldig deur die besef dat die hele węreld se kerke tans vir die land bid.
“Ek het
die kans om iets daadwerkliks te doen. Hoe sę ’n mens nee hiervoor?”
Dis die
“rou werklikheid van hongersnood en armoede wat so swaar is. Toe die
sekretaresse haar R10-salarisstrokie ontvang, het sy net gesę ‘I am going to
die’.
“Maar net
daarna het die personeelvergadering oorgegaan in ’n gebedsessie van lofprysing
en danksegging vir die manier waarop oorlewing moontlik gemaak word.
“Van die
studente se kwalifikasies wissel van onderwysdiplomas tot een met ’n
honneursgraad in toegepaste wiskunde.
“Die
klasdrag is formeel. Hulle kom met dasse en baadjies klas toe. Dit breek my
hart dat sulke mense nie genoeg het om te eet nie.”
Wanneer
Nel preek, word dit in Shona getolk.
“Daagliks
stap ek klas toe tussen ’n trop beeste deur; smiddae tussen die bobbejane deur.
“Ons eet
wat aan die bome groei en ons leef volgens die ritme van die natuur.”
Nuut in
ons sinodale foto-album
Die Angus Buchan gebedsbyeenkoms op Uitenhage: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613442415714/
Foto’s van die Vukasebenge-Skuiling te Cradock: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613478207106/
Skool vir leerders met spesiale behoeftes te
Cradock: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613370293093/.
Die datumbeplanning vir Voortgesette Bedieningsopleiding,
sinodale vergaderings, ringsitting e.s.m. is gefinaliseer en gepubliseer.
Besoek www.ngkok.co.za/datums.
Die
verkiesingsdatum van 22 April gaan waarskynlik ons padberade beďnvloed, maar
ons sal weer daaroor kommunikeer.
Walter
Brueggemann is Professor of Old Testament at Columbia Theological Seminary,
Decatur, Georgia. This is a college for theological studies in the Presbyterian
Church in the USA.
His primary concern is the interpretation
of Scripture for the business of preaching and understanding of Christian faith
for the church community. He sees this as urgent for present-day Christians who
find themselves in a bewildering atmosphere of materialism and scientific
secularism that puts enormous pressure on their inherited faith. A common
reaction to this predicament has been either to adopt an unquestioning attitude
to Scripture which he associates with fundamentalism, or to accept the
objective, analytical approach, discarding in the text anything that does not
yield to a rational understanding of faith and theology. He acknowledges the
work of Biblical scholars in historical and literary criticism, which has
enormously enlarged our understanding of the context and language of holy writ,
but questions if it meets the everyday experience of people today. Brueggemann
offers a way of reading Scripture that links it rather with human experience –
not directly, but through the imaginative interpretation of Biblical metaphors,
myths and symbols which were the natural form of expression of the biblical
writers. He sees the main object of faith that is grounded in Scripture as the
transformation of human life, and this, he thinks, is not achieved by
expounding doctrine or ethics or by historical criticism. These do not change
people. It is in the telling of stories, in vivid images and analogies, that
human imagination is stirred to receive the word of God in Scripture.
How
valid is this approach to Biblical study? Traditionally there has been no place
for the open recognition of imagination in theological writings, since it was
seen as subjective fantasy, and unworthy of serious rational thought. However,
we are seeing a general disenchantment with scientific method which in spite of
its many practical benefits has failed to bring about a saner, more
compassionate world. The value of imagination as a guide to reality is being
increasingly explored in theological studies, and Brueggemann is one of the
many scholars contributing to what is called a post-modern approach, a feeling
after a more open, less dogmatic view of Christian faith that resonates with
the turbulent world in which we live.
A
book entitled Faith, Theology and Imagination was written in 1987 by Professor
John McIntyre. He is a highly rational and rigorous thinker who yet recognizes
the importance of an imaginative approach to the Bible and theology. He
acknowledges his debt to the Victorian writer George MacDonald who identifies
imagination as a faculty which creates new thought forms which come to a person
from beyond himself, as given to him. “Life has within it large areas of
uncertainty”, MacDonald says, “and in them a wise imagination, which is the
presence of the Spirit of God, is the best guide that a man or woman can have.”
McIntyre sees the ubiquity of imagination
in Jesus’ life and teaching, in the parables and stories, in the Church’s
worship and personal devotion, in meditation and use of images. He deplores the
wholesale destruction of images and stained glass windows by Puritans at the
time of the Reformation, and considers that much was lost. I think the Church
today is recovering a sense of beauty in imagery as an aid to worship, and is
less worried about the risk of idolatry, at least in this respect.
Cf.
Michelangelo’s painting “The creation of Adam”. We may ponder the significance
of God’s finger reaching out to Adam. What does it say about the gift of life
and Spirit, the possibility of communication between God and mankind? C. S.
Lewis said that MacDonald “baptized his imagination” and quotes MacDonald as saying
“imagination is the light lit within us by God Himself through His Spirit”.
Brueggemann’s own definition says:
“Imagination clearly means in evangelical terms the capacity to think beyond
our taken-for-granted world to a world that is promised of God.” Here is a
story from the Gospel by way of illustration: Luke 13:10-17.
Brueggemann quotes the passage as an
example of the alternative way of seeing which Jesus demonstrated as against
the closed system of conventional morality. He points out that the Christian
Gospel is a counter to the established view that is widely accepted as
objectively real. Jesus calls the woman “a daughter of Abraham”, as indeed are
her critics, one in whose body the promises of God are powerfully at work. In
her social standing she is considered a cripple and worthless – a role that she
has come to accept herself. Jesus renames her and she accepts his counter
verdict. “She stood up straight and began to praise God.” The transformation is
immediate and goes beyond the physical healing to her new sense of identity – a
change that we can recognize in people who suddenly realise their value as
children of God, or “see” life from a new perspective.
Brueggemann describes the counter world of
evangelical imagination with its contrast to the present world outlook of
materialism, prejudice and power politics, its attitudes rooted in our fearful
protectiveness. He insists that we take seriously what the Bible teaches about
the origin and purpose of the human person made in God’s image, about the world
He has created, and about the Church as a people fully in communion with
Himself. He calls this “the imaginative Or”, the imagined alternative to
present day accepted values and outlook. How can this be encouraged?
Faith,
he sees is a matter of memory – remembering God’s deliverance in the past as
the Jews remember the Exodus, as Christians remember Christ’s life, death and
resurrection: and of hope in the future rooted in the promises of God. Memory
and hope reinforce the present and give us stability in the face of threatening
circumstances. We may note the words of Jesus at the last supper: “Do this,
remembering me.” Our re-enactment at Communion brings to mind His life and
Passion and unites us with him as a living presence. And His words “Let not
your hearts be troubled” give us hope for the future. Memory and hope transform
the present, make a difference to our attitude and outlook. This is
transformation. This is how Brueggemann sees Scripture impinging on our present
day experience and our faith. He calls Scripture a form of drama, where
characters interact with God and one another, as our life does today. The drama
of Scripture is a counter-drama opposed to the worldly drama of contemporary
life.
What
is it like inside this counter-drama? He urges that we take the Bible as “the
live word of God”, the record of His dealings with His people, in all its
problematic character, not trimming the text to suit our modern sensibilities.
We are to see that the writers tell their experience in stories, metaphors and
images, and are to receive the message in all its strangeness and
“impossibility”. We are to recognize that knowledge is not always conveyed in
rational statements, but comes across in poetry and story, myth and symbol,
parable and analogy. Brueggemann points out that Jewish writing can be
paradoxical, ironic, contradictory and scandalous, and to edit the text to suit
our rational, modern way of thinking leaves it distorted and emaciated.
What resources have we to read the Bible
that go beyond the pedestrian use of 21st century rationality? He suggests that
we each have a zone of imagination which can be nurtured to supplement and
enrich our understanding. This is most clearly used in our appreciation of the
arts – of poetry, music, drama and art. Evangelical imagination is the faculty
of seeing beyond our ordinary humdrum existence to the life of the Kingdom of
God, promised in the Covenant and demonstrated by Jesus.
Brueggemann
develops his view of faith as drama by seeing it not as a set of creedal
statements, but an evolving experience in relationship with God and other
people. Biblical writing, he says, is always a dialogue. For instance the
Psalms are never a monologue, but always an engagement with God, a personal
encounter. This is a fluid and constantly changing, developing situation in
response to life’s events and experiences. With this in mind the reader becomes
involved in the play and participates in the text in an imaginative interaction
which brings about a change in outlook. He suggests that we put aside critical
questions such as “How can this happen?” and the need to fit the text into our
pre-existent doctrinal assumptions, and take it as it stands.
Karl
Barth describes God as the “wholly other”, beyond human understanding.
Brueggemann points out that in conventional interpretation the accent has been
on the “wholly”, stressing His sovereignty, the contrast and discontinuity with
humankind. He suggests that when the accent is placed on “other” there enters
the possibility of a dialogue, an interaction which is highly fruitful in
transforming the human person. It is our faith that God the Holy Spirit is
alive and active in the world, and so the Bible, discerned in the light given
by Him can afford us guidance, not least by furnishing our imagination in ways
not susceptible to our human reason alone. Cf. Psalm 77: this is a psalm of
lament which illustrates the transformation when the psalmist turns from preoccupation
with himself to God.
vv.1-6 show the speaker pouring out his
distress. He is totally preoccupied with his own suffering, and his complaint
is flung at God.
In
vv.7-9 he clearly thinks he deserves better of God and can’t understand why
this misfortune has come upon him. It is the classic reaction of a conventional
believer who asks “Why should this happen to me? I’ve done nothing to deserve
it.”
V.10 is the crucial turn in the psalm.
Brueggemann says the speaker looks both ways – back to the “I” statements of
vv. 1-6 and forward to vv.11-end: back to the loss of previous faith, but with
the chink of hope to the opening of a deeper, more mature trust. It is, he
says, a risky, dark place where we may either go back to loss and despair and
get stuck there, or move forward, uncertain whether we are right or wrong.
V.10 leaves the issue unresolved. It means
leaving behind old certainties. These were wrongly based on a misguided notion
of the nature of God. The dramatic move concerns the abandonment of self as the
prime focus, for the divine Other who is not constrained by our self-centred
expectations, the God who acts in freedom. It is a crucial move for Biblical
faith. The move from v.10 is hazardous for any of us. It is beyond reason,
beyond our natural inclination for self-preservation. The psalmist takes the
step, recognizing the free “Thou” as the origin of all life. And we recall the
words of Jesus on the same theme: “Whoever saves his life will lose it: but the
one who loses his life for my sake will gain it.” (Mk.5:35)
At the heart of this is a question about
the nature of God – the domesticated God of conventional religion, or the free,
unpredictable God who works wonders in the human soul. In the end of Ps. 77
nothing has been resolved, but everything has been put in a new context of
God’s freedom and incomparability. In the critical moment of v.10 there is an
inner change of outlook, a remembering of God’s deeds in the past providing
hope for the future. This critical point of transformation puts a whole new
complexion on present events. There may be no change in the events themselves –
but the change takes place in the psalmist’s attitude. He knows that there is a
reality beyond the present circumstances, that as it is written in Ephes.3:20
“God is able to do immeasurably more than all we can ask or imagine.” He has
the freedom to go beyond the rational expectations of human thought.
Brueggemann
calls this the impossible possibility. A similar juxtaposition of the
possibility of God confronting the impossibility of human reasoning is seen in
the story of Abraham and Sarah. You remember how Abraham entertained three
strangers – collectively identified as the Lord and depicted in Rublev’s ikon
of the Trinity. The Lord said to Abraham, “Where is Sarah your wife? I will
surely return to you in the spring and Sarah your wife shall have a son.” And
Sarah was listening at the tent door behind him. Now Abraham and Sarah were
old, advanced in age … so Sarah laughed, saying, “After I have grown old, and
my husband is old, shall I have pleasure?” The Lord said to Abraham, “Why did
Sarah laugh and say, ‘Shall I indeed have a child, now that I am old?’ Is
anything too hard for the Lord? At the appointed time I will return to you in
the spring, and Sarah shall have a son.”
Sarah’s laugh represents the normal
disbelief of a rational person. The promise of a son represents God’s
“impossible possibility” that is His freedom to go beyond human expectations:
v.14 “Is anything impossible for Jahweh?”
The question asks whether the power of God
is contained in the bounds of worldly possibility. Brueggemann says that
question, put concretely, even scandalously – is the question that the Abraham
tradition has unleashed on Biblical faith. It is a question that asks about the
freedom of God to go beyond conventional definitions of reality, and beyond the
control of modern man. Faith that is reliance upon the freedom of God against
the assumptions of human reason makes things possible that the world defines as
impossible, and brings about transformation in the human spirit that
strengthens and renews a person’s life, moving him on to a deeper, more
creative faith.
The
faith tradition of Abraham persists throughout the Bible in spite of the
extreme challenge of worldly values. Jesus worked within that tradition to the
last desperate days of His Passion, and promised no less a challenge to His
followers. Given His relationship with God and His obedience to his mission,
the life of Jesus was entirely rational, terrifyingly so. He was entirely
consistent with Himself. His teaching appealed to the common sense of his
hearers. For instance, “Everyone who hears these words of mine and does them
will be like a wise man who built his house upon the rock …” (Matt.7:24) So, to
use our imagination in interpreting Scripture does not mean that we abandon our
reason – only that we are true to the first principles of the faith that we
profess, imaginatively construed; and that we entertain the impossible
possibility of the coming Kingdom of God.
John
McIntyre. Faith, theology and imagination. Handsel Press, 1987
Walter
Brueggemann. Texts under negotiation. The Bible and postmodern imagination.
Minneapolis, 1993
The
psalms and the life of faith. Minneapolis, 1995
Praying
the psalms. Winona, 1993
An
introduction to the Old Testament. The canon and Christian imagination.
Westminster John Knox Press, 2003
The
prophetic imagination. Minneapolis, 1978
A wealthy old Gentleman decides to go on a hunting
safari in Africa, taking his faithful, elderly Jack Russell named Killer, along
for the company.
One
day the old Jack Russell starts chasing rabbits and before long, discovers that
he's lost. Wandering about, he notices a leopard heading rapidly in his
direction with the intention of having lunch.
The
old Jack Russell thinks, "Oh, oh! I'm in deep doo-doo now!" Noticing
some bones on the ground close by, he immediately settles down to chew on the bones
with his back to the approaching cat Just as the leopard is about to leap, the
old Jack Russell exclaims loudly, "Boy, that was one delicious leopard! I
wonder if there are any more around here?"
Hearing
this, the young leopard halts his attack in mid-strike, a look of terror comes
over him and he slinks away into the trees. "Whew!", says the
leopard, "That was close! That old Jack Russell nearly had me!"
Meanwhile,
a monkey who had been watching the whole scene from a nearby tree, figures he
can put this knowledge to good use and trade it for protection from the
leopard. So off he goes, but the old Jack Russell sees him heading after the
leopard with great speed, and figures that something must be up.
The
monkey soon catches up with the leopard, spills the beans and strikes a deal
for himself with the leopard.
The
young leopard is furious at being made a fool of and says, "Here, monkey,
hop on my back and see what's going to happen to that conniving canine!
Now,
the old Jack Russell sees the leopard coming with the monkey on his back and
thinks, "What am I going to do now?", but instead of running, the dog
sits down with his back to his attackers, pretending he hasn't seen them yet,
and just when they get close enough to hear, the old Jack Russell says...
"Where's
that damn monkey? I sent him off an hour ago to bring me another leopard!
Moral
of this story.....
Don't
mess with the old dogs...age and skill will always overcome youth and
treachery! BS and brilliance only come with age and experience.
Pregnancy, Estrogen, and
Women
PREGNANCY Q & A
Q: Should I have a baby after 35?
A: No, 35 children is enough.
Q : I'm two months pregnant now. When will my
baby move?
A: With any luck, right after he finishes
college.
Q : What is the most reliable method to
determine a baby's sex?
A: Childbirth.
Q: My wife is five months pregnant and so moody
that sometimes she's borderline irrational.
A: So what's your question?
Q : My childbirth
instructor says it's not pain I'll feel during labour, but pressure. Is she
right?
A: Yes, in the same way that a tornado might be
called an air current.
Q: When is the best time to get an epidural?
A: Right after you find out you're pregnant.
Q : Is there any
reason I have to be in the delivery room while my wife is in labour?
A: Not unless the word 'alimony' means anything
to you.
Q: Is there anything I should avoid while
recovering from childbirth?
A: Yes, pregnancy.
Q : Do I have to
have a baby shower?
A: Not if you change the baby's diaper very
quickly.
Q : Our baby was
born last week. When will my wife begin to feel and act normal again?
A: When the kids are in college.
10 WAYS TO KNOW IF YOU HAVE 'ESTROGEN ISSUES'
1. Everyone around you has an attitude problem.
2. You're adding chocolate chips to your cheese
omelette.
3. The dryer has shrunk every last pair of your
jeans.
4. Your husband is suddenly agreeing to
everything you say.
5. You 're using your cellular phone to dial up
every bumper sticker that says: 'How's my driving-call 0860-'.
6. Everyone's head looks like an invitation to
batting practice.
7. Everyone seems to have just landed here from
'outer space.'
9. You're sure that everyone is scheming to
drive you crazy.
10. The ibuprofen bottle is empty and you bought
it yesterday.
Sinodale Kommunikasie