Amptelike Nuusblad : NG
Kerk in Oos-Kaapland
OosKaap eNuus
Visie: Een, heilige, algemene Christelike kerk, die
gemeenskap van die heiliges
Jaargang 7 - Nommer 4 - 12 Februarie
2009 - www.ngkok.co.za/enuus
Leraars:
Geleenthede vir VBO (Voortgesette Bedienings-Ontwikkeling)
Verteenwoordigers
van die Sinodale Kommissie bid vir Angus Buchan
Biduur op Twee Riviere steek grense oor
Die
Vukasebenge-Skuiling te Cradock
Uitnodiging – 100-jarige herdenking van NG
Kerkgebou, Kareedouw
Regstelling:
Kraggakamma se sendingweek
Ondersteun
asseblief die Lady Slipper Plaasmark, ten bate van Vanstadensrivier se
uitreik-bediening
Danie
Matthee wens mede-werkers geluk
Geloofsgebaseerde
Geboortevoorbereidingskursus
In
die afgelope jaar gepreek oor Johannes 4?
Herfsskool
vir Aanbidding en Musiek in George
Nuut op ons sinodale foto-album
Recently, I was diagnosed with A.A.A.D.D. - Age
Activated Attention Deficit Disorder.
Besoek gerus ons fotoblad by www.flickr.com/photos/ngkok.
Stuur julle gemeentelike foto’s asb aan my, dan plaas ek dit graag op ons blad.
Leraars: Geleenthede vir VBO
(Voortgesette Bedienings-Ontwikkeling)
In die onmiddellike
toekoms vind die volgende twee VBO-geleenthede vir predikante in Port Elizabeth
plaas:
* VBO-Week
1 - Prof Jurgens Hendriks oor Missionêre Gemeentes en dr Roelf Opperman oor
die Induksie-proses:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/Brosjure_VBO_Week_1-2009.pdf
* Opleiding
vir leraars om die lidmaatbemagtigingkursus rondom prediking en pastoraat aan
te bied:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/Brosjure_Toerusting_Opleiers_Pred-Past_Maart_2009.pdf
Verteenwoordigers van die Sinodale
Kommissie bid vir Angus Buchan
Agtergrond
Om oor grense te gaan en daar-te-wees vir (alle) mense: dit is
die missie van die Sinodale Kommissie na aanleiding van besluite deur Sinode
2007.
Om oor grense te gaan en daar te wees vir
mense, behoort deel te wees van die missie van elke kerklike vergadering en
gemeentelike aksie.
Om oor grense te gaan, beteken nóú veral vir
ons om die publieke domein te
betree, het Sinode 2007 besluit. Publieke
impak waarin ons mense of groepe oor grense ontmoet, en nie in die eerste
plek ander wil leer nié, maar by hulle wil leer: dit is ons uitdaging. Hierdie opdragte is deur die sinode aan die
Sinodale Kommissie gegee.
Droogte
Dit is versengend
droogte in baie dele van die Oos-Kaap. Dit is vir ons belangrik om publiek,
saam met ander, te bid en ons harte en lewens voor die Here uit te stort.
Met die aankondiging dat Angus Buchan in
Uitenhage ‘n gebedsbyeenkoms kom lei, het die SK-Dagbestuur om
verteenwoordigers te stuur om vir Angus en sy bediening te bid, en ook deel te
neem aan die byeenkoms.
Hierdie publieke byeenkoms is ‘n voorbeeld
wat volg op soortgelyke publieke byeenkomste waar kerke,
gemeenskapsorganisasies en landbou-instansies op verskeie Oos-Kaapse dorpe
saamgespan het om die Here aan te roep.
Wat gebeur het
So gesê, so gedaan.
Wat ‘n aangename ervaring om Angus
eerstehands te leer ken. Ons het vir hom gebid, en hy het hom oopgestel vir
ons. Hoe het ons gebid? Presies net soos Gereformeerdes doen. En hy het hom aan
ons gesteur, en ook die grens na ons oorgesteek.
Angus die boer het op ‘n regte
Skotse-Zambiese-KwaZulu-Natalse boeremanier gepreek en die byeenkoms skitterend
gelei. Hy het ‘n slag om met gewone mense te werk.
Na afloop van die openbare gebed tydens die
byeenkoms het Angus vir Chris van Wyk, moderator van die jongste sinode, gevra
om met gebed af te sluit.
Stem ons met Angus se teologie saam? Sy
bedieningspraktyk. Ja en nee. Maar dis nie die punt nie. Ons herken in sy
bediening die Here aan die werk.
Die NGK Uitenhage-Noord het besonder hard
gewerk om die Angus gebedsbyeenkoms te laat plaasvind.
Vir foto’s van die gebedsbyeenkoms kan
julle gerus die volgende skakel volg: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613442415714/
Die Burger Oos-Kaap, 7 Februarie
2009:
Moenie
na die wolke kyk vir hoop nie, want net Jesus kan reën bring. Met dié woorde
het die KwaZulu-Natalse aartappelboer en lekeprediker, Angus Buchan, gister
tydens ’n spesiale biduur vir reën in Uitenhage hoop op reën uitgespreek. Hy
het in ’n stampvol binnenshuise sportsentrum gesê “dit help nie om op reën te
hoop as die wolke donker lyk nie. Ook nie die wind kan reën van ander plekke
aanwaai nie. Net Jesus besluit waar dit wanneer moet reën”. Dié biduur is
bygewoon deur minstens 3 000 boere en gemeenskapslede. Van die teenwoordiges
moes by deure en in gange staan omdat die sitplekke vroeg reeds vol was. Selfs
’n paar motorwagte het, met een oog op die motors buite, in die deure gestaan
en luister. “Ek is nie hier om te preek oor reën nie. Ek is ook nie hier om
raad te gee oor droogtes nie. Die enigste rede hoekom ek hier is, is om te
praat oor die lewe wat God wil hê ons almal moet hê.” Buchan het gesê dat boere
in vloede nog ’n plan kan maak, maar in “droogtes is daar niks wat boere op hul
plase kan doen nie. Dít is hoekom daar vandag (gister) so baie boere hier is,”
het Buchan op ’n ligter noot gesê. Verder het hy gesê boere moet nie vir hom
bel om te bedank as die reën wel ná die biduur kom nie. “Bedank eerder vir God.
Want voor jy fisiese reën kry, moet jy eers geestelike reën ervaar,” het Buchan
gesê, waarna die gehoor, wat talle skoolkinders ingesluit het, gejuig het.
“Moenie
na die wolke kyk vir hoop nie, want net Jesus kan reën bring.” Met dié woorde
het die KwaZulu-Natalse aartappelboer en lekeprediker, Angus Buchan, gister
tydens ’n spesiale biduur vir reën in Uitenhage hoop op reën uitgespreek. Hy
het in ’n stampvol binnenshuise sportsentrum gesê “dit help nie om op reën te
hoop as die wolke donker lyk nie. Net Jesus besluit waar dit wanneer moet
reën”. Die biduur is bygewoon deur minstens 3?000 boere en gemeenskapslede. Van
die teenwoordiges moes by deure en in gange staan omdat die sitplekke vroeg
reeds vol was. Die Oos-Kaap gaan tans gebuk onder wat allerweë as die ergste
droogte in 50 jaar bestempel word.
Biduur op Twee Riviere steek grense oor
Ds
Barnard Steyn van Joubertina-gemeente vertel:
Twee Riviere in die Langkloof was ‘n stoere
gemeenskap wat gelowig en getrou in die gebaande weë van hulle voorvaders en
voormoeders geloop het. Veral in Olivier-voetspore, want gedurende die 1930’s
was net 24 van die 106 huisgesinne hier nie Olivier-nasate nie. Selfs die ander
vanne was meestal ou bekendes soos Schreiber’s en Murray’s. Toe ‘n meester lank
gelede onwillig raak om die skoolsaal te leen, bou hulle ‘n eie, trotse
monument-kerksaal vir vol bidure en boere-basare. Maar, deur die jare het ook
Twee Riviere karakter verander. Ou inwoners is gaandeweg en een vir een vervang
deur …. inkommers. Veral Engelssprekendes toegewy aan ‘n Joods-godsdienstige
leefwyse. En soos hulle intrek, hoor jy: “Hulle is nie van onse mense nie” of
“Hulle is nie in onse kerk nie” en agter die woorde word stilletjies gewonder:
“Is hulle ooit van onse God se mense?”
Asof daar nie genoeg verwikkelinge
(agteruitgang?) in die Kloof is nie en asof die resessie nie genoeg druk nie,
wurg ‘n knellende droogte ons. Twee Riviere hou biduur vir reën. Die gewone
paar mense neem gedweë hulle plekke in die agterbanke in. Die oop voorbanke is
stille getuienis van die wat in vergange se dae in die getal was. Maar toe die
biduurklok slaan, is daar afwagting in die lug asof vannaand se getal nog nie
vol is nie. En daar daag hulle toe in hulle tientalle op. Van kinders tot
bejaardes. Wanneer laas moes daar stoele ingedra word? Die vreemdes het saam
kom bid. Met die oorwig moes selfs dominee noodgedwonge aanpas en later
verskeie kere op die plaaslike sê-ding antwoord: “Het dominee se tande stomp
geraak van al die Engels praat?”
Na die oordenking uit Psalm 29 draai ons in
groepies en kyk mekaar vir die eerste keer op hierdie manier vas in die oë. Ons
sien talle verskille. Vreemde name en vanne; mans wat met biddende hande
hemelwaarts reik; kinders in vurige gebed; ‘n vrou wat haar hoof met ‘n tulband
bedek; ‘n appelboer en ‘n appelplukker wat saam buig. Met geslote oë voel ons
‘n verfrissende en opwindende en verrykende nuwe eenheid. Die Gees van God is
self hier teenwoordig. Emmanuel …. God met ons en ons met God.
Na “O Heer my God” en die laaste amen word
jare lange mede-Twee-Riviere-bewoners plegtig aan mekaar voorgestel. Tussen
lewendige geselsies deur word ons langsamerhand bewus van dié waarheid ….. dit
is hoe Twee Riviere se mense nou lyk. Daar is wins in die verlies. Ons het weer
vol geword. Ons is saam onse God se mense wat in diepe afhanklikheid smag na
reën. Ons groet met die wete dat dit nie die laaste keer nie. Die dankdiens na
reën gaan in hierdie saaltjie gehou word en agterna gaan ons soet en sout
geniet met Engelse en heuningbostee …….
Die Vukasebenge-Skuiling te Cradock
Die verskeidenheid
praktiese dienste wat die Vukasebenge-Skuiling aan die mense van Cradock lewer,
is ‘n inspirasie, ‘n getuienis, en ‘n voorbeeld om na te volg.
Die gemeentes en ander vennote te Cradock,
soos die ACVV en verskeie besighede, het saamgespan om Vukasebenge op die been
te bring.
Die Skuiling voed elke dag meer as 100
mense. Naaldwerkklasse word aangebied. ‘n Groentetuin lewer groente aan die
kombuis en verskaf werk. ‘n Klerewinkel verkoop baie goedkoop klere - skenkings
van die publiek van Cradock - aan behoeftiges. ‘n Rekenaarlokaal is in wording.
Die werkswinkel leer mense hand- en gereedskapsvaardighede. Dit was aangenaam
om ‘n toegewyde, bemagtigde personeel te ontmoet, waarvan sommige mense is wat
deur die skuiling stabiliteit gevind het.
Vir foto’s kan julle die volgende skakels
besoek: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613478207106/.
Uitnodiging
– 100-jarige herdenking van NG Kerkgebou, Kareedouw
Kobus Bohnen, dominee van
Kareedouw-gemeente stuur die volgende nota:
Dit is met groot vreugde en dankbaarheid dat ons saam met u die
100-jarige herdenking van die inwyding van die NG Kerkgebou, Kareedouw op 14 en
15 Februarie 2009 feestelik wil vier.
Met opregte dank en
waardering kyk ons terug op jare van groei en seën en met uitgerekte nekke en
hande kyk ons vorentoe na die Here se drome vir ons gemeente. Dit wil ons graag
met u deel!
Sommige van die bedrywighede
is soos volg:
Saterdag, 14 Februarie, vanaf 18H00
Voorbereidingsdiens
(18H00)
Lof en
aanbiddingsgeleentheid saam met INNIS
BENADE en gesin (19H00)
Tee en verversings
Sondag, 15 Februarie, vanaf 08H00
Biduur (08H00)
Nagmaal (09H30)
Onthulling van gedenkplaat (10H30)
Muntleggingsgeleentheid (11H00)
Fees-ete in Kerksaal (12H00) [R60 – Volwassenes; R25
–Kinders onder 10 jaar]
Ons sal dit hoog op prys stel
as u bogenoemde inligting aan gemeentes
in Sinodale gebied deurgee vir kennisname. Vir meer besonderhede, kontak
asseblief vir Vienette Möhr (tel/faks: 042 2880351 of sel: 0826682313).
By voorbaat dank vir u
teenwoordigheid en deelname.
Hoogagtend
Vienette Möhr
Namens feeskomitee
Dr Mike Muller, die
persoon wat ons kerk se betrokkenheid by 2010 Wêreldsokkerbeker-evangelisasie fasiliteer,
skryf oor The Ultimate Goal (T.U.G.,
die naam van die evangelisasie-inisiatief):
Dringende Versoek:
Sal alle ringskribas en\of enige ander
ringsafgevaardigde asseblief die bekendstelling van die 2010
evangelisasie projek bywoon. tydens die geleentheid word die totale
bedieningsstrategie van T.U.G. aan die Oos-Kaap kerke bekend gestel.
noodsaaklike inligting sal ook uitgegee word.
Reiskoste - Bydraes sal uit die sinodale
bydrae vir t.u.g. betaal word (maksimum een voertuig per ring).
Die
gegewens is as volg:
Datum: Dinsdag 17 Februarie 2009
Tyd : 11H00-13H00
Plek : Ebenezer
Sentrum, Whyteleavelaan, Algoa Park.
Roete: Is reeds op dokumentasie wat
uitgegee is aangedui.
Die roete is as Volg:
Neem die N2 na Kaapstad
tot by Uitenhageweg.
Draai af en ry in die
rigting van die binneland (weg van die see af)
Draai by Dykeweg af (tussen garage en Otto du Plessis Skool.
Daar is wegwysers by die afrit). Hou
reguit aan met Dyke tot by Whyteleavelaan.
Daar is ‘n wegwyser). Draai
links af en parkeer op die terrein voor die kerk.
Ons kerk se
betrokkenheid in hierdie aksie moet nie onderskat word nie. Kom assbelief.
Mike Muller.
Sekretaris T.U.G.
083 455 9572
Regstelling: Kraggakamma se sendingweek
Ds Veneto Keyter het verlede week laat weet:
Ons is baie dankbaar
en bevoorreg om 'n ervare sendeling, ds Murray Louw, vir ons sendingweek te
kry. Ons sendingweek vind plaas vanaf Sondagoggend 1 Maart tot Dinsdagaand 3 Maart. 1
Maart om 9:00 Aandbyeenkoms om 18:30, in die kerkgebou.
Die Maandag en Dinsdagaande se byeenkomste sal om 19:00 plaasvind in die
kerkgebou.
Vandeesweek maak Veneto die volgende regstelling:
Oor Murray Louw wat Kraggakamma se
sendingweek kom lei: hy is nie "ds"
Murray Louw nie. Daar is so 'n dominee, en nogal 'n sendingdominee wat
vertalings van die Bybel in Swart tale doen, maar die een wat ons besoek, is 'n
ingenieur, die stigter van die Global Relief organisasie, wat sedert 1999 na
rampsgeteisterde gebiede (aardbewings, tsunami) gaan om te help.
Hy is hoof uitvoerende beampte van die
Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie, SAAWE, waar hy en sy vrou sedert
1980 dien.
Ondersteun asseblief die Lady Slipper
Plaasmark, ten bate van Vanstadensrivier se uitreik-bediening
Eerstens ‘n woord van dank aan u dat
die Lady Slipper Plaasmark in jul tydskrif geadverteer word. So baie
mense reageer op die advertensie en ons kry daagliks telefoniese navrae
daaroor. Dis regtig vir ons, wat
betrokke is by die mark, baie verblydend dat daar nog mense en organisasies is
wat ons belange op die hart dra. Sal u asseblief die volgende gereeld plaas?
LADY SLIPPER PLAASMARK
Ou Kaapweg, St Albans
ELKE SATERDAG 08:00 – 12:00
‘n Keur van vrugte, groente, rooivleis,
pluimvee, suiwelprodukte, biltong/wors, tuisgebak en smul-lekker eetgoed word
aangebied. Die lekkerste plaasontbyt, pannekoek, beskuit en baie meer!!!!
Kom
ondersteun die entrepreneurs! Kom koop
jou vars produkte vir die week. Nog
stalletjies welkom!
KONTAK DENISE - 082 727 3 252 0F
NAAS – 082 789 4183
Nogmaals baie, baie dankie vir jul vriendelike en hulpvaardige
samewerking.
Die uwe
Denise Redelinghuys
Sekretaresse
Stéphan van der Watt laat weet:
Beste Medewerkers
Hierdie is ’n kort nuusflits om jou op hoogte te hou van hoe sake
verloop met ons Vrystaatse bekendstellingstoer. Tussen goudvelde van stralende
sonneblomme, manjifieke mielies en gasvrye en versorgende vriende wat ons op
reis ontmoet, ervaar ek hoe die Here ons seën bo verwagting! Dis regtig ’n
groot voorreg om oral ontvanklike medewerkers te ontmoet wat deel wil word van
die Missie Japan span. Ek is die afgelope twee dae aan die beweeg in die
Welkom-omgewing, terwyl Carina en Annlie tans ’n kosbare tydjie saam met
familie en vriende in die Kaap spandeer.
Ons program vorentoe
10 Feb – Riebeekstad-Erfdeel gemeente (10:00); Wesselsbron (19:30)
11 Feb – Hoopstad (10:30); Hertzogville (15:00); Dealesvile (18:30)
12 Febr – Boshof (18:30)
13-14 Febr – Administrasie en beplanning by Getuieniskantoor in
Bloemfontein
15 Febr – Bethlehem-Noord (09:30); Gardeniapark in Bloemfontein (18:00)
17 Febr – Berg-en-Dal in Bloemfontein (10:30)
18 Febr – Petrus Steyn (10:30); Steynsrus (14:00); Ficksburg (18:00)
22 Febr – De Aar (oggenddiens)
23 -24 Febr – Verskeie besoeke saam met Japanese afvaardiging in
Bloemfontein
25 Febr – Clarens en Reitz saam met Japanese
26-27 Febr - Missie Japan bestuursvergadering by Menuha saam met
Japanese
1 Mrt – Uitstuurdiens Aliwal-Noord (10:00); Kovsiekerk in Bloem (18:00
en 19:30)
2 Mrt – Kroonstad (oggend); Henneman (aand)
3 Mrt – Viljoenskroon (oggend en middag); Sasolburg (aand)
8 Mrt – Marquard (oggenddiens)
Ander belangrike sake
Teen vroeg Maart behoort ek
meer detail te kan gee oor die presiese stand van Missie Japan se finansiële
sake. Dit bly steeds ’n groot uitdaging om “teen” ’n geweldige sterk Yen genoeg
fondse te genereer (gaan klik by http://www.exchange-rates.org/history/JPY/ZAR/G/180).
Ons staan tans op ongeveer R24 000/maand; wat rondom 60% is van wat ons op ’n
volhoubare basis nodig het. Meer as R67 000 se eenmalige bydraes is al ontvang.
· Vir meer besonderhede oor finansiële bydraes, sien onderaan hierdie
nuusflitse
Gebedsonderwerpe
· Dankie sê dat ons goeie gesondheid beleef in hierdie tyd, nadat ons
trek uit Aliwal-Noord baie goed afgeloop het.
· Dankie sê vir ’n huis tot ons beskikking buite Bloemfontein danksy ’n
goeie vriend.
· Dankie sê vir ons ongebore baba (nou 23 weke) en vra vir krag vir
Carina in die swangerskap.
· Vra vir volharding en dissipline in die taalstudie wat ons 1 Januarie
begin het.
· Vra vir ondersteuning deur gemeentes en individue wat nog hul betrokkenheid
oorweeg.
· Bid vir al ons visum aansoeke (ook veral vir dié van ons kollegas Gys
en Linda Olivier).
· Vra vir herstel en beterskap in dr. Gideon van der Watt se
gesondheid. Hy is tans in Bloemfontein in die hospitaal na ’n intense moegheid
(moontlike hartkomplikasies).
· Vra vir wysheid en krag vir almal betrokke by voorbereidings en
reëlings vir ons Japanese broers en susters wat van 18 Februarie in die land
sal wees op toer.
Finansiële besonderhede van Missie Japan:
Rekeningnaam: Missie Japan
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekening nr: 4049690248
Alle fondse word
administreer deur me. Thea Bosman by die Getuieniskantoor van die NG Kerk
Vrystaat. Haar kontakbesonderhede is 051
406 6729 en getuienis@ngkerkovs.co.za By ’n inbetaling kan jy asseblief jou naam en
van, asook die verwysing VDW byvoeg.
Indien jy self ’n debietorder ingestel het, stuur asb 'n e-pos of faks
aan die getuienis-kantoor om te sê van watter dag en maand af dit in werking
tree.
Baie dankie vir jou bereidheid om ons roeping ’n realiteit te maak.
Jy is ’n volwaardige medewerker wat saam met ons gestuur is na
Japan.
Mag jy self God se seën op besondere maniere ervaar deur vir ons en
Missie Japan in te tree!
Vrede
Stéphan en Carina
084 513 8516
Danie Matthee wens mede-werkers geluk
Danie Matthee van die Obed-Bedieninge skryf:
Ek het
vandeesmaand gelukwensinge om te maak, dankies om te sê en voorbidding om te
vra. So hier gaan ek:
Baie geluk aan Clara Joubert en Lize de
Klerk wat tydens die pas afgelope Showtime toekennings, onderskeidelik
weggestap het met die toekennings vir 'Beste aktriese' en 'Beste
nuweling'. Beide vir hul rolle in die Obed produksie 'Kniediep in die
Warmwater' wat ons einde verlede jaar opgevoer het. Julle was puik!
So terloops Clara en Lize is altwee deel van ons splinternuwe kinderproduksie:
'Die Kaskanades van Vuiluil van Vuuren', wat ons van volgende week af by tagtig
skole in die Boland gaan opvoer.
Gebedsversoeke
Dit bring my by
die gebedsversoeke. Bid asseblief vir die produksie. Vir ons almal, ons
is 'n groep van vyf, se gesondheid. Vir bewaring op die pad. Vir
voorspoed tydens die vertonings en dat die Here ons sal gebruik wanneer ons by
die skole optree. Bid asseblief ook vir ons gesinne en die lank van die
huis af weg wees en sê asseblief ook weer baie dankie vir die geleentheid wat
ons het om met soveel kinders te kan werk.
En van dankie sê gepraat, baie dankie aan
die N.G. Gemeente Kraggakamma vir die geleentheid om by julle gemeente en
spesifiek julle jeug betrokke te kan wees. Dankie dat julle soveel moeite
doen om vir Brenda, Talana en vir my tuis te laat voel. Ek bid dat
die Here julle as gemeente sal seën en dat my werk by julle goeie vrug sal dra.
Dankie ook aan Naas en die vriendelike mense van Penny Farthing vir die hulp
met die kombi en die regmaak. Ek weet nie wat ek sonder julle sou doen
nie. Mag die Here julle ryklik beloon!
Vir foto’s uit die Obed-Bediening kan julle
hier gaan kyk: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613040568724/
Geloofsgebaseerde
Geboortevoorbereidingskursus
Vir egpare wat in 2009 'n
baba verwag, word daar DV op Saterdag21 Februarie 'n geloofsgebaseerde
geboorte-voorbereidingskursus in Jeffreysbaai aangebied. Hierdie kursus is
daarop gemik om egpare geestelik én prakties voor te berei op die koms van hul
kindjie, en word DV ook later in die jaar opgevolg met 'n
soortgelyke kursus vir die ouers van babas en kleuters.
Temas wat onder andere bespreek word, sluit
in: Bestekopname van my geloofslewe; veertig weke van verwagting uit 'n mediese
oogpunt; hoe kiesons 'n naam vir ons baba?; my verhouding met my eie ouers / my
eie verlede; werd-om-te-weet praktiese wenke, en nog vele meer. Die kursus word
aangebied deur Hanneke Friedl, 'n NG-proponent en ma van twee dogtertjies (4
jr. en 1 jr. oud), en Dr. Petro Maritz, algemene praktisyn van Jeffreysbaai en
ma van twee seuntjies (5 jr. en 2 jr. oud).Vir meer besonderhede, besoek gerus
die webblad http://50myrtleroad.synthasite.com/geloofsgebaseerde-ouerskapskursusse.php
of kontak Hanneke onder 076 874 5134 of by hak1friedl@telkomsa.net
In die afgelope jaar gepreek oor
Johannes 4?
Het jy in die
afgelope jaar of twee gepreek oor Johannes 4, die fokusteks sedert Sinode 2007
in die Oos-Kaaplandse sinodale gebied?
Indien wel, stuur asb jou preek aan ds
Hansie Schutte by schutte@ngkok.co.za.
Hansie wil tot ons almal se voordeel ‘n kompilasie van die preke maak, wat tot
almal se beskikking sal wees.
Herfsskool vir Aanbidding en Musiek in
George
Ds Jacques Louw, voorsitter
van die ADGO se Projekspan vir Musiek skryf dat ‘n Herfskool aangebied word op 17-18
April 2009 te George. Die Sluitingsdatum vir inskrywings is 20 April
2009. Die inskrywingsvorms is op ons webblad
beskikbaar by:
http://www.ngkok.co.za/Kennisgewings/ADGO_Herfsskool_April_2009_George.pdf
(klik op die skakel, of kopieer en plak dit in jou webprogram se adresveld),
of by
Nuut op ons sinodale foto-album
Die Angus Buchan gebedsbyeenkoms op Uitenhage: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613442415714/
Foto’s van die Vukasebenge-Skuiling te Cradock: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613478207106/
Skool vir leerders met spesiale behoeftes te
Cradock: http://www.flickr.com/photos/ngkok/sets/72157613370293093/.
Die datumbeplanning vir Voortgesette Bedieningsopleiding,
sinodale vergaderings, ringsitting e.s.m. is gefinaliseer en gepubliseer.
Besoek www.ngkok.co.za/datums.
Die verkiesingsdatum
van 22 April gaan waarskynlik ons padberade beïnvloed, maar ons sal weer
daaroor kommunikeer.
Recently, I was
diagnosed with A.A.A.D.D. - Age Activated Attention Deficit Disorder.
This is how it manifests:
I decide to water my garden.
As I turn on the hose in the driveway, I look over at my car and decide
it needs washing.
As I start toward the garage, I notice mail on the porch table that I
brought up from the mail box earlier.
I decide to go through the mail before I wash the car.
I lay my car keys on the table, put the junk mail in the garbage can
under the table, and notice that the can is full.
So, I decide to put the bills back on the table and take out the garbage
first.
But then I think, since I'm going to be near the mailbox when I take out
the garbage anyway, I may as well pay the bills first.
I take my check book off the table, and see that there is only one check
left.
My extra checks are in my desk in the study, so I go inside the house to
my desk where I find the can of Pepsi I'd been drinking.
I'm going to look for my checks, but first I need to push the Pepsi
aside so that I don't accidentally knock it over.
The Pepsi is getting warm, and I decide to put it in the refrigerator to
keep it cold.
As I head toward the kitchen with the Pepsi, a vase of flowers on the
counter catches my eye--they need water.
I put the Pepsi on the counter and discover my reading glasses that I've
been searching for all morning.
I decide I better put them back on my desk, but first I'm going to water
the flowers.
I set the glasses back down on the counter, fill a container with water
and suddenly spot the TV remote. left it on the kitchen table.
I realize that tonight when I go to watch TV, I'll be looking for the remote,
but I won't remember that it's on the kitchen table, so I decide to put it back
in the den where it belongs, but first I'll water the flowers.
I pour some water in the flowers, but quite a bit of it spills on the
floor.
So, I set the remote back on the table, get some towels and wipe up the
spill.
Then, I head down the hall trying to remember what I was planning to do.
At the end of the day: the car isn't washed, the bills aren't paid,
there is a warm can of Pepsi sitting on the counter, the flowers don't have
enough water, there is still only 1 check in my check book, I can't find the
remote, I can't find my glasses, and I don't remember what I did with the car
keys.T hen, when I try to figure out why nothing got done today, I'm really
baffled because I know I was busy all day, and I'm really tired.
I realize this is a serious problem, and I'll try to get some help for
it, but first I'll check my e-mail....
Do me a favour. Forward this message to everyone you know, because I
don't remember who I've sent it to.
Don't laugh -- if this isn't you yet, your day is coming!!
These are
absentee notes from parents (including original spelling) collected by schools
all over South Africa .
1. My son is under a doctor's care and
should not take P.E. today. Please execute him.
2. Please excuse Lisa for being absent.
She was sick and I had her shot.
3. Dear School : Please ekscuse Shadrak
being absent on Jan. 28, 29, 30, 31, 32, and also 33.
4. Please excuse Gloria from Jim today.
She is administrating.
5. Please excuse Blessing from P.E. for a
few days. Yesterday he fell out of a tree and misplaced his hip.
6. John has been absent because he had two
teeth taken out of his face..
7. Moses was absent yesterday because he
was playing football. He was hurt in the growing part.
8. Megan could not come to school today
because she has been bothered by very close veins.
9. Chris will not be in school cus he has
an acre in his side
10. Please excuse Justice Friday from
school. He has very loose vowels.
11. Please excuse Pedro from being absent
yesterday. He had (diahre) (dyrea) (direathe) the shits. [Words in ()'s were
crossed out.]
12. Please excuse Tommy for being absent
yesterday. He had diarrhea and his boots leak.
13. Petros was absent yesterday because he
missed his bust.
14. Please excuse Jimmy for being. It was
his father's fault.
15. I kept Beauty home because she was to
go Christmas shopping because I don't know what size she wear.
16. Please ekxcuse Wiseman for missing
school yesterday. We forgot to get the Sunday paper off verunda, and when we
found it Monday, we thought it was Sunday.
17. Sally won't be in school a week from
Friday. We have to attend her funeral.
18. My daughter was absent yesterday because
she was tired. She spent a weekend with the Marines.
19. Please excuse Jason for being absent
yesterday. He had a cold and could not breed well.
20. Please excuse Mary for being absent
yesterday. She was in bed with gramps.
21. Gloria was absent yesterday as she was
having a gangover.
22. Please excuse Burma , she has been
sick and under the doctor.
23. Maryann was absent December 11-16,
because she had a fever, sore throat, headache and upset stomach. Her sister
was also sick, fever and sore throat, her brother had a low grade fever and
ached all over. I wasn't the best either, sore throat and fever. There must be
something going around, her father even got hot last night.
24. Please excuse little Jimmy for not
being in school yesterday. His father is gone and I could not get him ready
because I was in bed with the doctor.
'n Man wat voel hy
het sy plek as die hoof van sy huis verloor het, gaan koop vir hom een van daardie
selfhelpboeke met die titel "Die Hoof van jou huis". Na hy die
boek gelees het, stap hy vol vertroue by die sitkamer in.
"Vrou, van nou af is ek die hoof van
hierdie huis", vertel hy haar terwyl sy sit en Egoli kyk. "Jy gaan
nou opstaan en vir ons 'n lekker maaltyd voorberei, na ete gaan jy die
skottelgoed was en vir my 'n lekker warm bad intap. As ek uit die bad uitklim
verwag ek my nagklere klaar uitgesit op die bed en die bed mooi netjies skoon
oorgetrek. Môre-oggend as ek opstaan, soek ek my ontbyt en as ek klaar geëet
het, raai wie gaan my klere aantrek en my hare vir my kam?"
Sy kyk ongeërg op en sê: "Die mense
van AVBOB?"
Sinodale Kommunikasie